Skip to content
Question paper

Economic And Management Sciences Grade 9 P2 Gauteng June 2022 QP

Grade 9 Economic And Management Sciences Paper 2 question paper from the Gauteng June Exam 2022, 8 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Subject: Economic And Management SciencesGrade 920228 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com PROVINSIALE EKSAMEN JUNIE 2022 GRAAD 9 EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE: DIE EKONOMIE EN ENTREPRENEURSKAP (VRAESTEL 2) TYD: 1 uur PUNTE: 50 8 bladsye en ʼn antwoordboek van 6 bladsye
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE 2 (VRAESTEL 2) GRAAD 9 INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit Afdelings A, B en C en is gebaseer op die voorgeskrewe inhoudsraamwerk van die KABV Aangepaste Dokument en HJOP. AFDELING A: ALLE ONDERWERPE VRAAG 1.1: Pasitems (5) VRAAG 1.2: Kies die korrekte woord (5) [10] AFDELING B: DIE EKONOMIE VRAAG 2: Ekonomiese Stelsels (6) VRAAG 3: Ekonomiese Kringloop (10) VRAAG 4: Prysteorie (9) [25] AFDELING C: ENTREPRENEURSKAP VRAAG 5: Sektore van die ekonomie (15) [15] 2. AL die vrae is verpligtend. 3. Beantwoord al die vrae in die ANTWOORDBOEK wat verskaf is. 4. Skryf netjies en leesbaar. b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE 3 (VRAESTEL 2) GRAAD 9 AFDELING A: ALLE ONDERWERPE VRAAG 1 1.1 PASITEMS Kies die term in Kolom B wat by die beskrywing in Kolom A pas. Skryf slegs die letter (A – G) langs die vraagnommer (1.1.1 – 1.1.5) in jou ANTWOORDBOEK neer b.v. 1.1.6 H. KOLOM A KOLOM B 1.1.1 Verbruikers koop finale produkte direk van A Ekonomiese hierdie besighede af probleem 1.1.2 Om te besluit om die onbeperkte behoeftes en B Vraag begeertes van mense te bevredig met slegs beperkte hulpbronne beskikbaar C Groothandelaars 1.1.3 Die hoeveelheid van ʼn goed of diens wat D Handelaars verbruikers teen ʼn spesifieke prys wil koop E Tersiëre sektor 1.1.4 Ondernemings wat hoofsaaklik in landelike gebiede geleë is F Aanbod 1.1.5 Ook bekend as die dienstesektor G Primȇre sektor (5 x 1) [5] 1.2 KIES DIE REGTE WOORD Vir elk van die volgende stellings, kies die regte woord/e tussen hakies. Skryf slegs die regte woord/e langs die vraagnommer in jou ANTWOORDBOEK neer b.v 1.2.6 goedere. 1.2.1 ʼn Land met ʼn (geslote ekonomie/oop ekonomie) sal nie deelneem aan die invoer en uitvoer, na en van ander lande nie. (1) 1.2.2 ʼn Konstruksiemaatskappy vorm deel van die (primȇre/sekondȇre) sektor. (1) 1.2.3 Daar kan ook na ʼn vrye mark ekonomie verwys word as ʼn (kommunistiese/kapitalistiese) ekonomie. (1) 1.2.4 Die wet van aanbod stel dat hoe hoër die prys, hoe (hoër/laer) die hoeveelheid aangebied. (1) 1.2.5 Die meerderheid arbeidsmag of werkers in die sekondȇre sektor is (ongeskoold/halfgeskoold). (1) [5] TOTAAL AFDELING A: 10 b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE 4 (VRAESTEL 2) GRAAD 9 AFDELING B: DIE EKONOMIE VRAAG 2: EKONOMIESE STELSELS 2.1 Noem die ekonomiese stelsel waarin die regering die prys van goedere en dienste bepaal. (1) 2.2 Verwys na die volgende prentjie en beantwoord die vrae wat volg. [Bron: https://biz-at-it.blogspot.com/2021/03/illustration-mixed-economy.html] 2.2.1 Identifiseer die tipe ekonomiese stelsel wat deur die bostaande prentjie uitgebeeld word. (1) 2.2.2 Bespreek EEN eienskap van die bogenoemde ekonomiese stelsel. (2) 2.3 Lees die volgende scenario voordat die vrae beantwoord word. Jou ma koop ʼn paar ou denims van ʼn tweedehandse winkel. Sy betaal R20 per paar en herwin elke denim in drie handsakke. Sy verkoop dan die handsakke aan ʼn groot groep klante oor naweke by die plaaslike opwip mark teen R50 per handsak. Motiveer hoekom die bostaande scenario met ʼn vryemark ekonomie geïdentifiseer kan word. Gee EEN feit. (2) [6] b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE 5 (VRAESTEL 2) GRAAD 9 VRAAG 3: EKONOMIESE KRINGLOOP Bestudeer die volgende ekonomiese kringloop diagram en beantwoord die vrae wat volg. G. Inkomste goedere-en dienste mark F. C. Goedere en Dienste D. Goedere en Dienste Koop goedere en dienste Netto Netto belasting belasting dienste dienste ACME firmas Regering huishoudings Huur vanaf die A. faktormark Produksiefaktore B. Produksiefaktore H. Faktormark E. Produksiefaktorvergoeding [Bron: Aangepas uit: https://www.cengage.com/economics/tomlinson/lecture/8471.pdf] 3.1 Noem die deelnemer in die ekonomiese kringloop wat openbare goedere en dienste verskaf. (1) 3.2 Verskaf beskrywings vir die vloeie wat aangedui is as F en H in die bostaande ekonomiese kringloop diagram. (4) 3.3 Identifiseer die “Reële Vloei” in die bostaande diagram uit die volgende opsies. Kies die korrekte opsie en skryf slegs Opsie 1 of Opsie 2 neer in jou ANTWOORDBOEK: (2) Opsie 1: A → B → C → D Opsie 2: E → F → G → H b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE 6 (VRAESTEL 2) GRAAD 9 3.4 Thato is ʼn man uit ʼn plaaslike huishouding. Hy is in diens van Golden Ribbons, ʼn besigheid wat funksioneer in die ekonomie van die bostaande ekonomiese kringloop. Identifiseer die volgende vir Thato: 3.4.1 Die produksiefaktor wat Thato aan die ekonomie verskaf (1) 3.4.2 Die vergoeding wat Thato verdien vir sy bydrae tot hierdie produksiefaktor (1) 3.4.3 Die betaling wat Thato aan die regering maak (1) [10] VRAAG 4: PRYSTEORIE 4.1 Noem EEN faktor wat die vraag na ʼn produk wat verbruikers kan hȇ, sal beïnvloed. (1) 4.2 Jy het geld gespaar om ʼn PlayStation 4 te koop en het na goeie aanbiedings by verskeie winkels gesoek. Jy het opgemerk dat die prys van tyd tot tyd verander en dat verskillende winkels dit teen verskillende pryse verkoop. Hieronder is die vraag- en aanbodskedule vir ʼn PlayStation 4 by ʼn groot speletjieswinkel in die land. Prys ( R ) Hoeveelheid gevra Hoveelheid aangebied 10 000 5 25 8 000 10 20 6 000 15 15 4 000 20 10 3 000 25 5 [Bron:https://www.playstation.com/en-us/ps4/] 4.2.1 Gebruik die inligting wat verskaf is in die bostaande skedule om ʼn vraag- en aanbodgrafiek vir ʼn PlayStation-toestel te teken. (Benoem die kurwes en ewewigspunt duidelik.) (5) 4.2.2 Identifiseer die ewewigsprys. (1) 4.2.3 Identifiseer EEN komplementȇre produk en EEN substituut produk vir ʼn PlayStation-toestel. (2) , [9] TOTAAL AFDELING B: 25 b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE 7 (VRAESTEL 2) GRAAD 9 AFDELING C: ENTREPRENEURSKAP VRAAG 5: SEKTORE VAN DIE EKONOMIE 5.1 Voltooi die volgende tabel. Sektor Primȇre Sekondȇre 5.1.1 Beskrywing Ontginning van 5.1.2 Geproduseerde goedere rou materiale word vervoer en aan die uit die natuur verbruiker verkoop. Voorbeeld 5.1.3 Vrugtesap fabriek Supermark (3) 5.2 Bespreek kortliks die belangrikheid daarvan om hulpbronne in die primȇre sektor op ʼn volhoubare manier te gebruik. (4) 5.3 Lees die volgende gevallestudie en beantwoord die vrae wat volg. COVID-19 en die tekstiel-, klere-, leer- en skoene industrieë Die volhoubaarheid van die tekstiel-, klere-, leer- en skoene industrieë is besig om te wankel as werkers aangesȇ word om tuis te bly, fabrieke sluit en werȇldwye verskaffingskettings tot stilstand gebring word. Die kansellasie van bestellings het duisende fabrieke en miljoene werkers veral hard getref. Ons het dringend solidariteit en samewerking nodig tussen die bedryf se verskaffingskettings. Die ILO is daartoe verbind om regerings te ondersteun om die gesondheid en ekonomiese welstand van werkers en besighede in die tekstiel-, klere-, leer- en skoene industrieë te beskerm. [Bron: https://www.ilo.org/global/topics/coronavirus/sectoral/lang--en/index.htm] 5.3.1 Wat is die hoofoorsaak dat die tekstiel-, klere-, leer- en skoene industrieë negatief geaffekteer word? (1) 5.3.2 Identifiseer TWEE maniere hoe die bostaande industrieë negatief geaffekteer is. (4) b.o.
Downloaded from hlayiso.com 5.3.3 Stel EEN manier voor hoe die regering die ekonomiese welstand van werkers in die tekstiel-, klere-, leer- en skoene industrieë kan beskerm. (2) 5.3.4 Die bostaande gevallestudie kan relevant wees vir baie lande in die werȇld. Kies EEN van die opsies wat hieronder verskaf is om te voorspel watter land ernstiger geaffekteer kan word in die gevallestudie hierbo. A Nieu-Seeland B Kanada C Bangladesh D Verenigde Koninkryk (1) TOTAAL AFDELING C: 15 TOTAAL: 50 EINDE

Study this subject

Revise the topics in this paper, then practise them question by question.

More papers and memos for this grade and subject.

More from Grade 9 Economic And Management Sciences

View all