Skip to content
Question paper

Economic And Management Sciences Grade 9 P1 Gauteng June 2022 QP

Grade 9 Economic And Management Sciences Paper 1 question paper from the Gauteng June Exam 2022, 7 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Subject: Economic And Management SciencesGrade 920227 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com PROVINSIALE EKSAMEN JUNIE 2022 GRAAD 9 EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE FINANSIËLE GELETTERDHEID (VRAESTEL 1) TYD: 1 uur PUNTE: 50 7 bladsye en ʼn antwoordboek van 7 bladsye b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE 2 (Vraestel 1) GRAAD 9 INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit Afdelings A en B en is gebaseer op die voorgeskrewe inhoudsraamwerk van die KABV Aangepaste Dokument en die HOJP. Hierdie vraestel bevat vrae oor die onderwerp, Finansiële Geletterdheid. AFDELING A VRAAG 1.1: Meervoudigekeuse-vrae (5) VRAAG 1.2: Voltooi die sinne (5) [10] AFDELING B VRAAG 2: Rekeningkundige Vergelyking (11) VRAAG 3: Joernale (11) VRAAG 4: Algemene Grootboek (8) VRAAG 5: Proefbalans (10) [40] 2. ALLE vrae is verpligtend. 3. Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDBOEK wat verskaf is. 4. Skryf netjies en leesbaar. b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE 3 (Vraestel 1) GRAAD 9 AFDELING A VRAAG 1 1.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE Verskeie opsies is verskaf as moontlike antwoorde vir die volgende vrae. Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommer (1.1.1 – 1.1.5) in die ANTWOORDBOEK neer. 1.1.1 ʼn … neem toe aan die kredietkant en neem af aan die debietkant. A Bate B Las C Uitgawe D Wins (1) 1.1.2 ʼn Persoon wat goedere aankoop van ʼn onderneming en belowe om op ʼn later stadium te betaal, word ʼn … genoem. A krediteur B verkoopsman C debiteur D direkteur (1) 1.1.3 Geld wat ontvang word vir die verkope van handelsvoorraad, word aangeteken in die … A Debiteurejoernaal. B Kontantontvangstejoernaal. C Krediteurejoernaal. D Algemene Grootboek. (1) 1.1.4 Wanneer ʼn transaksie meer as een rekening in die Algemene Grootboek affekteer, word dit … genoem. A geldmark B dubbelinskrywingsbeginsel C hulpjoernaal D rekeningkundige siklus (1) 1.1.5 Die verkoopsprys van handelsvoorraad is R5 200 en die winsopslag 25%. Bereken die kosprys. A 4 500 B 4 160 C 4 900 D 4 200 (1) [5] b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE 4 (Vraestel 1) GRAAD 9 1.2 VOLTOOI DIE SINNE Gebruik die woorde in die woordbank hieronder om die volgende sinne te voltooi. Skryf slegs die antwoord langs die vraagnommer in die ANTWOORDBOEK neer bv. 1.2.6 bates. debiet; EFO; Faktuur; kontantontvangste; gekrediteer; hulpjoernaal; Algemene Grootboek; bank; kontantbetalings 1.2.1 Al die geld wat die besigheid ontvang, word in die ______ rekening gedeponeer. 1.2.2 Wanneer fondse elektronies van een rekening na ʼn ander oorgeplaas word, word dit ʼn ______ genoem. 1.2.3 ʼn ______ word uitgereik wanneer goedere en dienste op krediet verkoop word. 1.2.4 ʼn ______ balans in die bankrekening word ook ʼn gunstige bankbalans in die Algemene Grootboek genoem. 1.2.5 Wanneer die eienaar vir sy persoonlike selfoon betaal uit die besigheid se bankrekening, word dit aangeteken in die _________ joernaal. (5 x 1) [5] TOTAAL AFDELING A: 10 b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE 5 (Vraestel 1) GRAAD 9 AFDELING B VRAAG 2: REKENINGKUNDIGE VERGELYKING Analiseer die volgende transaksies en dui die effek aan wat elkeen op die rekeningkundige vergelyking sal hê. No. Transaksie bv. Koop goedere van Mzimba Handelaars, R6 500 en doen ʼn EFO na sy rekening. 2.1 Koop penne en koeverte, R3 000 van JP Handelaars en betaal per EFO. 2.2 Voorraad met ʼn kosprys van R2 500 en ʼn winsopslag van 25% is verkoop aan Mnr. Marais vir kontant. [11] VRAAG 3: JOERNALE Mnr. Bubble is die eienaar van Die Borrelwinkel, ʼn plaaslike borrel- en seepwinkel. Hy moes die land verlaat vir ʼn dringende familiesaak en het jou gevra om sy transaksies vir Februarie 2022 in die Hulpjoernale aan te teken. Gebruik die transaksies hieronder om die volgende joernale vir Die Borrelwinkel vir Februarie 2022 voor te berei. VEREIS: 3.1 Kontantontvangstejoernaal vir Februarie 2022 (5) 3.2 Kontantbetalingsjoernaal vir Februarie 2022 (3) 3.3 Debiteurejoernaal vir Februarie 2022 (3) [11] NOTA: Moenie die joernale afsluit aan die einde van die maand nie. TRANSAKSIES 3 Die eienaar van Die Borrelwinkel verhoog sy kapitaalbydrae van R135 000 tot R200 000 via die besigheid se banktoepassing en ontvang kwitansie K001. Hy het ook die tariewe en belasting aan die munisipaliteit betaal, R5 500. (EFO 01) 6 Goedere met ʼn kosprys van R4 000 is verkoop aan Mnr. Z. Zulu. Faktuur 10 is uitgereik aan hom vir R5 000. 17 Ontvang ʼn kennisgewing van die bank dat R2 000 ontvang is van Mnr. Z. Zulu ter gedeeltelike betaling van sy rekening. b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE 6 (Vraestel 1) GRAAD 9 VRAAG 4: ALGEMENE GROOTBOEK Jy word voorsien van die volgende inligting vir Lekkertjie Verkopers vir Mei 2022. VEREIS: Gebruik die volgende joernaal inskrywings om die volgende rekeninge in die Algemene Grootboek te voltooi: 4.1 Bank (5) 4.2 Verkope (3) NOTA: Openingsaldo: Die bank reflekteer ʼn gunstige balans van R12 000 op 1 Mei 2022. Kontantontvangstejoernaal van Lekkertjie Verkopers vir Mei 2022 KOJ5 Dok Dag Besonder- Fol. Ontleding Bank Ver- Koste Debiteure- Diverse Rekeninge no. hede van kope van kontrole ontvang- Ver- Bedrag Fol. Besonder- stes kope hede 31 Balans a/b 7 500 6 000 4 500 3 500 Debiteurejoernaal van Lekkertjie Verkopers vir Mei 2022 DJ5 Dok no. Dag Debiteur Fol. Verkope Koste van verkope 1 Van der Merwe D1 4 000 2 800 [8] b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIESE EN 7 BESTUURSWETENSKAPPE (Vraestel 1) GRAAD 9 VRAAG 5: PROEFBALANS Bestudeer die volgende saldo’s en totale van die Algemene Grootboek van Die Hoed Verskaffer op 30 April 2022. Skryfbehoeftes 12 000 Handelsvoorraad 30 000 Onttrekkings 8 000 Lone 15 000 Verkope ? Kapitaal 60 000 Huurinkomste 5 000 Bank (Dt) 50 000 Telefoon 10 000 Toerusting 5 000 Koste van verkope 100 000 Krediteurekontrole 15 000 Die onderneming gebruik ʼn winsopslag van 50% op kosprys. VEREIS: 5.1 Klassifiseer die rekening volgens die Nominale- en Balansstaat Rekeninge afdelings en voltooi die Proefbalans in jou ANTWOORDBOEK. [10] TOTAAL AFDELING B: 40 TOTAAL: 50 EINDE

Study this subject

Revise the topics in this paper, then practise them question by question.

More papers and memos for this grade and subject.

More from Grade 9 Economic And Management Sciences

View all