Economic And Management Sciences Grade 9 P2 2021 QP (Afr)
Grade 9 Economic And Management Sciences Paper 2 question paper from the Gauteng November Exam 2021 (Afrikaans), 12 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
PROVINSIALE EKSAMEN
NOVEMBER 2021
GRAAD 9
EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE
DIE EKONOMIE EN ENTREPRENEURSKAP
(VRAESTEL 2)
TYD: 1 uur
PUNTE: 80
12 bladsye
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE 2
(VRAESTEL 2) GRAAD 9
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Hierdie vraestel bestaan uit Afdeling A, B en C en is gebaseer op die voorgeskrewe
inhoudsraamwerk in die KABV-wysigingsdokument.
AFDELING A: ALLE ONDERWERPE
VRAAG 1.1: Meervoudigekeuse-vrae (10)
VRAAG 1.2: Pasitems (5)
VRAAG 1.3: Waar of Vals (5)
[20]
AFDELING B: DIE EKONOMIE
VRAAG 2: Ekonomiese stelsels (8)
VRAAG 3: Ekonomiese kringloop (12)
VRAAG 4: Prysteorie (10)
[30]
AFDELING C: ENTREPRENEURSHIP
VRAAG 5: Sektore van die Ekonomie (8)
VRAAG 6: Ondernemingsfunksies (9)
VRAAG 7: Besigheidsplan (13)
[30]
1. Alle vrae is verpligtend.
2. Antwoord al die vrae in die ANTWOORDBOEK wat verskaf is.
3. Skryf netjies en leesbaar.
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE 3
(VRAESTEL 2) GRAAD 9
AFDELING A: ALLE ONDERWERPE
VRAAG 1
1.1 MULTIPLE-CHOICE QUESTIONS
Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae verskaf. Kies die
antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommer (1.1.1. – 1.1.5) in die
ANTWOORDBOEK verskaf.
1.1.1 ʼn Land wat nie invoer of uitvoer na of van ander lande, staan bekend as ʼn …
A globale ekonomie.
B gemengde markekonomie.
C geslote ekonomie.
D gop ekonomie. (2)
1.1.2 Watter van die volgende faktore sal die aanbod van goedere en dienste
verhoog?
A Wanneer die prys van ʼn produk hoog is
B Gebruik masjiene om goedere te produseer
C Meer ondernemings produseer dieselfde produk
D Al die bogenoemde (2)
1.1.3 Watter van die volgende ondernemings kan gevind word in die tersiêre sektor?
(i) Pick n Pay
(ii) Coca Cola fabriek
(iii) Nedbank
(iv) Galaxy Goud Ontginning
A Slegs (i)
B Slegs (iv)
C (i) en (iii)
D Al die bogenoemde (2)
1.1.4 Vakbonde mag nie …
A advies en regshulp aan werkers verskaf
B help om arbeidsgeskille tussen werkers en werkgewers op te los.
C beskermende stakings reël nie.
D enige iemand dwing om aan te sluit by ʼn vakbond nie. (2)
1.1.5 Watter van die volgende vorm nie deel van die ondernemingsfunksies nie?
A Beplanning
B Produksie
C Aankope
D Openbare betrekkinge (2)
[10]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE 4
(VRAESTEL 2) GRAAD 9
1.2 PASITEMS
Kies ʼn term in Kolom B wat ooreenstem met ʼn beskrywing in Kolom A. Skryf
slegs die letter (A – G) langs die vraagnommer (1.2.1 – 1.2.5) in jou
ANTWOORDBOEK bv. 1.2.6 H.
KOLOM A KOLOM B
1.2.1 Die vloei van goedere en dienste, geld A Teikenmark
en mense tussen lande.
B Staking
1.2.2 Besonderhede oor hoe die besigheid
beplan om hul produk te adverteer. C Primêre sektor
1.2.3 Vakbonde onderhandel oor werkers se D Globalisering
regte met werkgewers.
E Kollektiewe bedinging
1.2.4 Gee die besigheid positiewe publisiteit
F Openbare betrekkinge
1.2.5 Speel ʼn groot rol in die ekonomie van ʼn
G Bemarkingsplan
ontwikkelende land
(5 x 1) [5]
1.3 WAAR OF VALS
Dui aan of die volgende stellings WAAR of VALS is. Skryf slegs Waar of Vals
langs die vraagnommer in die ANTWOORDBOEK wat verskaf is bv. 1.3.6 Waar
1.3.1 Die aankoopfunksie het ten doel om hulpbronne teen die beste pryse
van die beste verskaffer te vind. (1)
1.3.2 Daar is ʼn positiewe verhouding tussen prys en vraag. (1)
1.3.3 Tersiêre sektor werksgeleenthede benodig slegs geskoolde werkers
en hoogs gekwalifiseerde professionele persone. (1)
1.3.4 Die ekonomiese stelsel van Suid-Afrika het ʼn balans tussen ʼn vrye mark
en ʼn beplande ekonomie. (1)
1.3.5 Die visiestelling van ʼn onderneming bepaal wat die besigheid beoog
om op medium- of lang termyn te bereik. (1)
[5]
TOTAAL AFDELING A: [20]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE 5
(VRAESTEL 2) GRAAD 9
AFDELING B: DIE EKONOMIE
VRAAG 2: EKONOMIESE STELSELS
2.1 Verwys na die volgende spotprent en beantwoord die vrae wat volg.
“GEEN BELASTING, GEEN
BESTEDING, GEEN REGERING”
“MY PLAN IS MEER EENVOUDIG AS DIE ANDER KANDIDAAT SE PLANNE
[Bron: Cartoonstock.com 1]
2.1.1 Identifiseer die ekonomiese stelsel in die bostaande spotprent. (1)
2.1.2 Gee ʼn rede vir jou antwoord in VRAAG 2.1.1. (2)
2.2 Elkeen van die volgende stellings is verteenwoordigend van ʼn ekonomiese
stelsel. Klassifiseer elkeen volgens die volgende tabel.
Skryf die volledige stelling in die regte kolom in jou ANTWOORDBOEK.
Beplande ekonomie Markekonomie Gemengde markekonomie
2.2.1 Romerige Oliebolle se doel is om wins te maak.
2.2.2 Mnr. en Mev. Smith mag nie eiendom besit nie.
2.2.3 Regerings voorsien en entrepreneurs produseer. (3)
2.3 Bespreek EEN nadeel van globalisering. (2)
[8]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE 6
(VRAESTEL 2) GRAAD 9
VRAAG 3: EKONOMIESE KRINGLOOP
Bestudeer die volgende vloeidiagram
Arbeid, kapitaal &
produksiefaktore Goedere en dienste
Openbare Belasting
goedere en
Staats-
dienste
besteding
B
Arbeid, kapitaal, ens.
Goods Market
Goods
Regering
Openbare
goedere en Taxes
dienste
Arbeid, capital en Goedere en dienste
produksiefaktore Huishouding
[Aangepas uit provinsiale lesplanne]
3.1 Identifiseer die ekonomiese deelnemers, A en B, in die bostaande diagram. (2)
3.2 3.2.1 Bespreek die rol tussen die regering en huishoudings soos aangedui in
die bostaande diagram. (2)
3.2.2 Huishoudings betaal belasting direk of indirek aan die regering.
Gee TWEE voorbeelde van belastings wat deur huishoudings aan die
regering betaal word. (2)
3.3 Voltooi die ontbrekende inligting in die volgende tabel. Voltooi die tabel in jou
ANTWOORDBOEK.
Produksiefaktor Vergoeding
Kapitaal
Wins
Huur
Arbeid (4)
3.4 Jou huishouding neem deel aan die vloei van geld asook goedere en
dienste.
Formuleer ʼn transaksie wat die vloei tussen die “Goederemark” en “Huishouding”
sal beskryf waarin jy of jou familie deelneem in die Suid-Afrikaanse ekonomie. (2)
[12]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE 7
(VRAESTEL 2) GRAAD 9
VRAAG 4: PRYSTEORIE
4.1 Definieer die “Wet van Vraag” (2)
4.2
[Bron: pricecheck.co.za]
Die volgende tabel verteenwoordig die vraag en aanbod na blou weggooibare
maskers.
Prys ( R ) Hoeveelheid gevra Hoeveelheid aangebied
150 100 900
125 300 700
100 500 500
75 700 300
50 900 100
4.2.1 Gebruik die bostaande skedule om die vraag- en aanbod kurwe op
dieselfde assestelsel te teken. (Benoem die asse, grafiek en
ewewigspunt duidelik). (5)
4.2.2 Identifiseer die ewewigsprys. (1)
4.3 Voltooi die volgende sin deur die ontbrekende woorde in te vul:
Die Wet van Aanbod dui aan dat die prys sal toeneem as die hoeveelheid
aangebied __________. Dus is daar ʼn __________ verhouding tussen prys en
die hoeveelheid aangebied. (2 x 1) (2)
[10]
TOTAAL AFDELING B: 30
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE 8
(VRAESTEL 2) GRAAD 9
AFDELING C: ENTREPRENEURSKAP
VRAAG 5: SEKTORE VAN DIE EKONOMIE
Bestudeer die volgende prentjies voordat jy die vrae beantwoord.
[www.pinterest.com 1] [medicalimages.com 1] [checkers.co.za 1]
5.1 Bespreek kortliks die interverwante verhouding tussen die drie sektore
gedurende die produksie van visvingers. (6)
5.2 Verduidelik die woord “herwinning”, as een van die moontlikhede in die
volhoubare gebruik van hulpbronne. (2)
[8]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE 9
(VRAESTEL 2) GRAAD 9
VRAAG 6: ONDERNEMINGSFUNKSIES
Lees die volgende uittreksel voordat jy die vrae beantwoord.
Thabo Dlamini is die eienaar van Fashion Stars, ʼn groot onderneming wat klere en ander
bykomstighede aan tieners verkoop. Die onderneming besit ʼn fabriek waar die items
vervaardig word. Hulle verkoop hulle produkte in ʼn besige winkelsentrum. Die volgende
mense is verantwoordelik vir die verskillende ondernemingsfunksies:
• Maria ontwerp die produkte en beheer die kwaliteit van die klere wat geproduseer
word.
• Sipho identifiseer die teikenmark deur vraelyste.
• Tasneem verskaf opleiding aan werknemers en betaal die lone en salarisse.
• John bestuur die onderneming se finansies.
Weens ʼn tekort aan personeel het hy onlangs ook die pligte van die algemene
bestuurder oorgeneem. Thabo wil hom amptelik in daardie posisie aanstel.
• Nomsa organiseer en bestuur alle liefdadigheidsgeleenthede namens die
onderneming.
• Komello is daarvoor verantwoordelik om seker te maak dat die bates van die
onderneming veilig is.
• Seema maak seker dat daar altyd genoeg voorraad beskikbaar is vir produksie.
6.1 Identifiseer die persoon wat verantwoordelik is vir elk van die volgende
ondernemingsfunksies.
Skryf slegs die naam van die persoon wat verantwoordelik is vir die
ondernemingsfunksie neer in jou ANTWOORDBOEK.
6.1.1 Menslike hulpbronne funksie.
6.1.2 Produksiefunksie.
6.1.3 Aankopefunksie.
6.1.4 Bemarkingsfunksie.
6.1.5 Risikobestuursfunksie (5)
6.2 Thabo glo dat John die posisie van “Algemene Bestuurder “ verdien. Motiveer
hoekom jy dink dat hy geskik sal wees vir die posisie. (2)
6.3 Verduidelik EEN aspek waarop die finansiële funksie sal konsentreer. (2)
[9]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE 10
(VRAESTEL 2) GRAAD 9
VRAAG 7: BESIGHEIDSPLAN
7.1 Verwys na die volgende prentjie.
“ʼn Bewonderingswaardige plan mnr. Gibbs, maar
dit kort nog inligting.
[https://sswm.info 1]
7.1.1 Verduidelik hoekom dit belangrik is om ʼn besigheidsplan op te stel. (2)
7.1.2 Differensieer tussen vaste koste en veranderlike koste en gee ʼn
voorbeeld van elk. (4)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE 11
(VRAESTEL 2) GRAAD 9
7.2 Lees die volgende gevallestudie voordat jy die vrae beantwoord.
"In die Lab" Met Sjef Jazzi – ʼn Resep vir Sukses en hoe om
Veilig te wees tydens die COVID-19 Krisis.
Matthew Hobson - April 6, 2020 – Gepubliseer In Entrepreneurskap, Leierskap
“Ek het net sopas ʼn kulinêre besigheid begin. Ek kook en verkoop kos by
basketbalwedstryde en by die plaaslike haarkapper in die gemeenskap",
verduidelik Jazzi Pridgen, ʼn 15-jarige hoërskoolstudent van Baltimore.
Sjef Jazzi praat oor inspirasie, uitdagings, wat dit verg om ʼn suksesvolle jong
entrepreneur te wees, en wat sy tydens die COVID-19-pandemie doen.
My spysenieringsonderneming, Jazzi's Kitchen, is tydelik gesluit. Ek moes
verskeie geleenthede kanselleer, maar ek is hoopvol dat dinge binnekort sal
terugkeer na normaal. Ek het op ʼn baie jong ouderdom, ongeveer nege jaar oud,
daarin begin belanggestel om te kook. Dit was iets waarvoor ek altyd lief was om
om te doen omdat ek daarmee groot geword het. Ek kom uit ʼn groot familie, so
ons kan nie elke dag uiteet nie. In plaas daarvan, het my ma groot maaltye
gekook. Ek het uiteindelik verstaan dat aangesien ek nie regtig iets na skool of
na sportoefening doen nie, hoekom help ek haar nie? Ek het al die kennis wat ek
kon ingedrink – en dit gebruik.
Die moeilikste ding om ʼn besigheid op ʼn jong ouderdom te bestuur, is om die tyd
te vind om skool toe te gaan, sport te doen en steeds die besigheid te bedryf. Ek
doen navorsing en probeer nuwe resepte. Ek doen ook baie besigheidsdinge oor
die naweke, soos spyseniering en kits-stalletjies.
Ek wil my besigheid ten volle uitbrei. Eendag wil ek graag ʼn restaurant besit of as
ʼn reisende sjef werk.
Ek mag jonk wees, maar ek is baie betroubaar. Ek is iemand op wie jy kan reken.
En wanneer dit kom by kosmaak – jy sal meer as tevrede wees! Tot dan, bly
positief, bly by die huis, en bly veilig.”
[Aangehaal en Aangepas uit:
https://iyfglobal.org/blog/lab-chef-jazzi-recipe-success-and-safety-during-covid-crisis]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
7.2.1 Maak gebruik van die bostaande gevallestudie om die volgende
SSGB-analise vir Sjef Jazzi te voltooi. Verskaf EEN sterkpunt en EEN
swakpunt volgens die gevallestudie.
Sterkpunte: Swakpunte:
• • Om tyd te vind om skool by te
woon, aan sport deel te neem
en haar besigheid te bedryf.
Geleenthede: Bedreigings:
• Sy doen spyseniering en •
kits-stalletjies op naweke
om haar besigheid te help
groei
(2 x 2) (4)
7.2.2 Maak ʼn voorstel oor hoe Sjef Jazzi haar haar swakpunte kan verander
in sterkpunte. (2)
7.2.3 Kies die regte woord tussen hakies:
Chef Jazzi sal graag haar eie restaurant wil hê of werk as ʼn reisende
sjef. Hierdie doelwit kan geklassifiseer word as ʼn (langtermyn/
korttermyn) doelwit. (1)
[13]
TOTAAL AFDELING C: 30
TOTAAL: 80
EINDE
Matching paper and memo
The question paper, memo or addendum that belongs with this document.