VOORBEREIDENDE EKSAMEN
2025
NASIEN RIGLYNE
BESIGHEIDSTUDIES ( VRAESTEL 1) (10721)
29 bladsye
Skip to contentMemorandum %20June%202025%20Possible%20Answers--f4a2fe3f-aebb-41a3-958b-d0e7753b1b85/v1-a090b324ce237899a944/card.webp)





%202020%20Preparatory%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--48729a29-53d6-4800-bf7a-8ddb1d000fc1/v1-c0247759dd52e188bca8/card.webp)


%20June%202025%20%20Possible%20Asnwers--4ebc816c-e285-4ea9-908e-0168044732f4/v1-46f460592da3f68239bc/card.webp)
%202020%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--f8c01536-6bfb-46a9-a239-5be24871bd21/v1-c9ca7e0ece876c8b71ba/card.webp)

View all

%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--11936e49-b2e2-4b0c-a897-9ba405666580/v1-16192050a36172f1cbdf/card.webp)



Business Studies Grade 12 P1 Gauteng Mock 2025 Memo (Afrikaans)
Grade 12 Business Studies Paper 1 memorandum from the Gauteng Mock Exam 2025 (Afrikaans), 30 pages. Read online or get the free PDF download, question paper linked when available.
Business Studies · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2025 · Afrikaans. Memorandum, 30 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Business Studies
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2025
- Exam period
- Gauteng Mock Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 30
- File size
- 1.6 MB
Loading document…
Loading document…
1 of 30
Document textSearch extracted text and jump to a page.
10721/25
NOTAS AAN NASIENERS
INLEIDING
Die notas aan nasieners word verskaf vir gehalteversekeringsdoeleindes om die volgende te
verseker:
(a) Regverdigheid, konsekwentheid en betroubaarheid in die standaard van nasien
(b) Fasiliteer die moderering van kandidate se skrifte op die verskillende vlakke
(c) Stroomlyn die nasienproses met inagneming van die breë spektrum van nasieners
regoor die provinsie
(d) Toepaslike maatreëls in die onderrig, leer en assessering van die vak by
skole/leerinstellings te implementeer
1. Vir nasien- en modereringsdoeleindes word die volgende kleure aanbeveel:
Merker: Rooi
Departementele hoof: Groen
Distriksmoderator: Oranje
Provinsialemoderator Pienk
Hoofprovinsialemoderator Liggroen
2. Kandidate se antwoorde moet in volsinne vir AFDELINGS B en C wees. Dit sal
egter afhang van die aard van die vraag.
3. 'n Omvattende nasienriglyn is verskaf, maar dit is geensins volledig nie. Behoorlike
oorweging moet gegee word aan 'n antwoord wat korrek is, maar:
• 'n ander uitdrukking as wat in die nasienriglyn verskyn gebruik
• uit 'n ander geloofwaardige bron kom
• oorspronklik is
• 'n ander benadering gebruik
NOTA: Daar is net EEN korrekte antwoord in AFDELING A.
4. Neem kennis van ander relevante antwoorde wat deur kandidate verskaf word en
ken punte dienooreenkomstig toe. (In gevalle waar die antwoord onduidelik is of dui
op 'n mate van begrip, moet deelpunte toegeken word, byvoorbeeld een punt in
plaas van die maksimum van twee punte.)
5. Die woord 'Submaks' word gebruik om die toekenning van punte binne 'n vraag of
subvraag te vergemaklik.
6. Die doel van sirkelpunte (gelei deur 'maksimum' in die uiteensetting van punte) aan
die regterkant is om konsekwentheid en akkuraatheid in die nasien van skrifte te
verseker, asook vir berekenings- en modereringsdoeleindes.
7. Subtotale van vrae moet in die regterkantlyn geskryf word. Omkring die subtotale
soos aangedui deur die toekenning van punte. Dit moet gelei word deur 'maks' in
die nasienriglyne. Slegs die totaal vir elke vraag moet in die linkerkantlyn langs die
toepaslike vraagnommer verskyn.
2
10721/25
8. In 'n indirekte vraag moet die teorie sowel as die antwoord relevant wees en
verband hou met die vraag.
9. Korrekte nommering van antwoorde op vrae of subvrae word aanbeveel in
AFDELINGS A en B. As die nommering egter verkeerd is, volg die volgorde van die
kandidaat se antwoorde. Kandidate sal gepenaliseer word indien laasgenoemde nie
duidelik is nie.
10. Geen bykomende krediet moet gegee word vir herhaling van feite nie. Dui aan met
'n 'H'.
11. Die onderskeid tussen 'evalueer' en 'krities evalueer' kan soos volg verklaar word:
11.1 Wanneer 'evalueer' gebruik word, word daar van kandidate verwag om op 'n
positiewe/negatiewe wyse te reageer of 'n neutrale (positiewe en negatiewe)
standpunt in te neem, bv. Positief: 'COIDA elimineer tyd en koste√ wat aan
lang siviele hofverrigtinge bestee word.' ✓
11.2 Wanneer 'krities evalueer' gebruik word, word daar van kandidate verwag om
op 'n positiewe/negatiewe wyse te reageer of 'n neutrale (positiewe en
negatiewe) standpunt in te neem. In hierdie geval word daar ook van
kandidate verwag om hul antwoorde met meer diepte te ondersteun, bv.
'COIDA elimineer tyd en koste wat ✓ aan lang siviele hofverrigtinge bestee
word ✓ omdat die werkgewer nie aanspreeklik sal wees vir vergoeding aan
die werknemer vir beserings wat gedurende werksure opgedoen is nie,
solank daar bewys kan word dat die besigheid nie nalatig was nie.' ✓
NOTA: 1. Bogenoemde kan ook van toepassing wees op 'ontleding'.
2. Let op die plasing van die regmerkie (✓) in die toekenning van punte.
12. Die toekenning van punte moet gelei word deur die aard van die vraag, kognitiewe
werkwoord wat gebruik word, puntetoekenning in die nasienriglyn en die konteks
van elke vraag.
Kognitiewe werkwoorde, soos:
12.1 Noem, gee, skets, beskryf kortliks, motiveer, haal aan, identifiseer, beveel
aan, stel voor, adviseer (lys nie volledig nie) vereis gewoonlik nie veel diepte
in kandidate se antwoorde nie. Daarom verskyn die puntetoekenning vir elke
stelling/antwoord aan die einde.
12.2 Definiëer, beskryf, verduidelik, bespreek, brei uit, onderskei, vergelyk,
tabuleer, ontleed, evalueer, krities evalueer (lys nie volledig nie) vereis meer
diepte van begrip, toepassing en redenasie. Daarom moet die punte meer
objektief toegeken word om te verseker dat assessering volgens gevestigde
norme uitgevoer word sodat eenvormigheid, konsekwentheid en billikheid
bereik word.
13. Merk slegs die EERSTE antwoord waar kandidate meer as een antwoord bied vir
AFDELING B- en C-vrae wat eenwoord- antwoorde vereis.
3
10721/25
14. AFDELING B
14.1 As byvoorbeeld VYF feite vereis word, merk die kandidaat se EERSTE VYF
antwoorde en ignoreer die res van die antwoorde. Dui aan deur 'n streep oor
die ongemerkte gedeelte te trek.
NOTA: 1. Dit geld slegs vir vrae waar die aantal feite gespesifiseer
word.
2. Bogenoemde geld ook vir antwoorde in AFDELING C (waar
van toepassing).
14.2 As twee feite in een sin geskryf is, ken die kandidaat VOLLE krediet toe. Punt
14.1 hierbo is steeds van toepassing.
14.3 Indien daar van kandidate verwag word om hul eie voorbeelde/sienings te
verskaf, dinkskrum hieroor om alternatiewe antwoorde te finaliseer en met die
interne moderator te konsulteer.
14.4 Gebruik van die kognitiewe werkwoorde en toekenning van punte:
14.4.1 Indien die aantal feite gespesifiseer word, kan vrae wat vereis dat
kandidate 'beskryf/bespreek/verduidelik' soos volg gemerk word:
• Feit 2 punte (of soos aangedui in die nasienriglyne)
• Verduideliking 1 punt (twee punte sal in Afdeling C toegeken
word)
Die 'feit' en 'verduideliking' word afsonderlik in die nasienriglyn
gegee om puntetoekenning te vergemaklik.
14.4.2 Indien die aantal feite wat vereis word nie gespesifiseer word nie,
moet die toekenning van punte gelei word deur die aard van die
vraag en die maksimum punt wat in die nasienriglyn toegeken
word.
14.5 EEN punt kan toegeken word vir antwoorde wat maklik is om te herroep,
eenwoord-antwoorde vereis of direk uit 'n scenario/gevallestudie
aangehaal word. Dit geld veral vir AFDELINGS B en C (waar van
toepassing).
15. AFDELING C
15.1 Die uiteensetting van die puntetoekenning vir die opstelle is soos volg:
Inleiding
Maksimum:
Inhoud
32
Gevolgtrekking
Insig 8
TOTAAL 40
4
10721/25
15.2 Insig bestaan uit die volgende komponente:
Uitleg/Struktuur Is daar 'n inleiding, paragrawe en 'n gevolgtrekking? 2
Analise en Is die kandidaat in staat om die vraag in 2
interpretasie opskrifte/subopskrifte op te deel/dit korrek te interpreteer
om begrip te toon van wat gevra word?
Punte wat met behulp van hierdie riglyn toegeken:
Alle opskrifte aangespreek: 1 (Een 'A')
Interpretasie (16 tot 32 punte): 1 (Een 'A')
Sintese Is daar relevante besluite/feite/antwoorde op grond van 2
die vrae?
Opsie 1: Slegs relevante feite: 2 punte (Geen '-S')
Waar 'n kandidaat 50% of meer (twee tot vier
subvrae) van die vraag beantwoord met slegs
relevante feite; geen '-S' verskyn in die
linkerkantlyn nie. Ken die maksimum van
TWEE (2) punte vir sintese toe.
Opsie 2: Enkele relevante feite: 1 punt (Een '-S')
Waar 'n kandidaat minder as 50% (slegs een
subvraag) van die vraag beantwoord met
slegs OF 'n paar relevante feite; een '-S'
verskyn in die linkerkantlyn. Ken 'n maksimum
van EEN (1) punt vir sintese toe.
Opsie 3: Enkele relevante feite: 1 punt (Een '-S')
Waar 'n kandidaat VIER subvrae beantwoord,
maar een/twee/drie subvrae(s) sonder
relevante feite; een '-S' verskyn in die
linkerkantlyn. Ken 'n maksimum van EEN (1)
punt vir sintese toe.
Opsie 4: Geen relevante feite nie: 0 punt (Twee '-S')
Waar 'n kandidaat minder as 50% (slegs een
subvraag) van die vrae beantwoord sonder
relevante feite; twee '-S' verskyn in die
linkerkantlyn. Ken 'n NUL-punt toe vir sintese.
Oorspronklikheid Is daar bewyse van een voorbeeld, in enige TWEE van die 2
vier subvrae, nie ouer as twee (2) jaar nie, wat gebaseer is
op onlangse inligting, huidige tendense en ontwikkelings?
TOTAAL VIR INSIG: 8
TOTALE PUNTE VIR FEITE: 32
TOTALE PUNTE VIR OPSTEL (8 + 32): 40
5
10721/25
NOTA: 1. Geen punte sal toegeken word vir inhoud wat vanaf die inleiding
en slot herhaal word nie.
2. Die kandidaat verbeur punte vir uitleg indien die woorde
INLEIDING en GEVOLGTREKKING nie vermeld word nie.
3. Geen punte sal vir uitleg toegeken word nie, indien die opskrifte
INLEIDING en GEVOLGTREKKING nie deur 'n verduideliking
ondersteun word nie.
15.3 Dui insig in die linkerkantlyn aan met 'n simbool bv. (‘L, A, -S en/of O’).
15.4 Die uiteensetting van punte word aan die einde van die voorgestelde antwoord-
/nasienriglyn vir elke vraag aangedui.
15.5 Merk ALLE relevante feite/antwoorde totdat die SUBMAKS/MAKS-punt in ELK
van die vier subafdelings bereik is. Skryf SUBMAKS/MAKS nadat maksimum
punte behaal is, maar lees verder vir oorspronklikheid 'O'.
15.6 Aan die einde van elke opstel dui die toekenning van punte vir feite en punte vir
insig soos volg aan: (L – Uitleg, A – Analise, S – Sintese, O – Oorspronklikheid)
soos in die tabel hieronder.
INHOUD PUNTE
Feite 32 (maksimum)
L 2
A 2
S 2
O 2
TOTAAL 40
15.7 Wanneer punte vir feite toegeken word, let op die aangeduide submaks, veral as
kandidate nie van dieselfde subopskrifte gebruik maak nie. Onthou, opskrifte en
subopskrifte word aangemoedig en dra by tot insig (strukturering/logiese
vloei/volgordebepaling) en dui op duidelikheid van denke. (Sien MERK
UITEENSETTING aan die einde van elke vraag.)
15.8 As die kandidaat die vraag VERKEERD identifiseer/interpreteer, kan hy/sy steeds
punte vir uitleg kry.
15.9 Indien 'n ander benadering deur kandidate gebruik word, maak seker dat die
antwoorde beoordeel word volgens die puntetoekenning/subopskrifte soos
aangedui in die nasienriglyn.
6
10721/25
15.10 15.10.1 Ken TWEE punte toe vir volledige sinne. Ken EEN punt toe vir frases,
onvolledige sinne en vae antwoorde.
15.10.2 Met ingang van November 2015 sal die TWEE punte nie noodwendig
aan die einde van elke voltooide sin verskyn nie. Die merkie (✓) sal
geskei word en langs elke feit aangedui word, bv.
"Produkontwikkeling is 'n groeistrategie, ✓ waar besighede poog om
nuwe produkte in bestaande markte bekend te stel." √
Dit sal gelei word deur die aard en konteks van die vraag, sowel as die
kognitiewe werkwoord wat gebruik word.
15.11 Met ingang van November 2017 sal die maksimum van TWEE (2) punte vir feite
wat as opskrifte in die nasienriglyne aangedui word, nie noodwendig op elke
vraag van toepassing wees nie. Dit sal ook afhang van die aard van die vraag.
7
10721/25
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1
1.1 1.1.1 C ✓✓
1.1.2 A ✓✓
1.1.3 D ✓✓
1.1.4 B ✓✓
1.1.5 A ✓✓
(5 x 2) (10)
1.2 1.2.1 aflegging ✓✓
1.2.2 (Wet op Basiese Diensvoorwaardes)WBDV ✓✓
1.2.3 werwing ✓✓
1.2.4 wetlike vereistes ✓✓
1.2.5 openbare betrekkinge ✓✓
(5 x 2) (10)
1.3 1.3.1 F ✓✓
1.3.2 J ✓✓
1.3.3 H ✓✓
1.3.4 G ✓✓
1.3.5 A ✓✓
(5 x 2) (10)
UITEENSETTING VAN PUNTE
VRAAG 1 PUNTE
1.1 10
1.2 10
1.3 10
TOTALE 30
TOTAAL AFDELING A: 30
8
10721/25
AFDELING B
Merk slegs die antwoorde van die EERSTE TWEE vrae.
VRAAG 2: BESIGHEIDSOMGEWINGS
2.1 PESTWO analise faktore
- Politieke ✓
- Ekonomiese ✓
- Sosiale ✓
- Tegnologiese ✓
- Wetlike ✓
- Omgewings ✓
LET WEL: Merk slegs die eerste VIER (4).
(4 x 1) (4)
2.2 Voordele van intensiewe strategieë
- Toename in verkope/inkomste/winsgewendheid as gevolg van 'n
verskeidenheid advertensieveldtogte. ✓✓
- Gereelde verkope aan bestaande kliënte kan toeneem. ✓✓
- Verkry kliëntelojaliteit deur effektiewe promosieveldtogte. ✓✓
- Verbeterde dienslewering kan verkope positief beïnvloed/verhoog. ✓✓
- Skakel mededingers uit en oorheers markpryse. ✓✓
- Daling in prys kan kliënte beïnvloed om meer produkte/dienste te koop. ✓✓
- Besighede kan meer beheer hê oor die pryse van produkte/dienste. ✓✓
- Stel die besigheid in staat/verbeter die fokus op markte/goed nagevorste
gehalte produkte wat aan die behoeftes van verbruikers voldoen. ✓✓
- Verhoogde markaandeel verminder die besigheid se kwesbaarheid vir die
optrede van mededingers. ✓✓
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die voordele van
intensiewe strategieë.
Maks (6)
9
10721/25
2.3 Uitdagings van besigheidsomgewings en die mate van beheer
UITDAGINGS BESIGHEIDS- MATE VAN
(2.3.1) OMGEWINGS BEHEER
(2.3.2) (2.3.3)
1. GR ervaar tans 'n tekort aan Mark ✓ Gedeeltelik/Beperkte/
elektriese komponente van hul Minder/min beheer ✓√
verskaffer. ✓
2. Hulle het geld by Fine Bank geleen Makro ✓ Geen beheer ✓
teen 'n hoë rentekoers weens
onstabiele ekonomie. ✓
Maksimum (2) Maksimum (2) Maksimum (2)
NOTA: 1. Merk slegs die eerste TWEE (2) uitdagings.
2. As die besigheidsomgewing nie aan die uitdaging gekoppel is
nie, merk slegs die uitdaging.
3 Ken punte vir die besigheidsomgewings toe selfs al word die
mate van beheer nie aangedui nie/verkeerd aangedui.
4. Die mate van beheer moet gekoppel word aan die
besigheidsomgewing.
5. Moenie punte toeken vir die mate van beheer as die
besigheidsomgewing nie genoem word nie.
6. Aanvaar antwoorde in enige volgorde.
2.4 Befondsing van sektoronderwys- en opleidingsowerheid/SOOO/SETA
- Vaardigheidsontwikkelingsheffings word deur werkgewers betaal ✓ aan die
SAID as 'n invorderingsagentskap vir die regering. ✓
- Werkgewers met 'n salarisrekening van meer as R500 000 per jaar ✓, moet
een persent (1%) van hul jaarlikse salarisse as 'n heffing betaal. ✓
- Die verskillende SOOO’s/SETA's ontvang tagtig persent (80%) van die heffing
vir organisatoriese uitgawes ✓ en die oorblywende twintig persent (20%) word
aan die Nasionale Vaardigheidsfonds betaal. ✓
- Skenkings/toelaes ontvang ✓ van die publiek/besighede/KMI-programme. ✓
- Surplusfondse ✓ wat van regeringsinstellings ontvang word. ✓
- Fondse ontvang ✓ vir die lewering van hul dienste. ✓
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met hoe SOOO’s/SETA's
befonds word.
Maks (6)
2.5 Wet op Verbruikersbeskerming/WVB
2.5.1 Aksies wat beskou word as nie-nakoming van die WVB uit die scenario
- Daar is ontdek dat CB die kwaliteit van goedere wissel wanneer dit in
verskillende gebiede verkoop word. ✓
- CB het hul kliënte behoorlike inligting oor hul dienste geweier. ✓
NOTA: 1. Merk slegs die eerste TWEE (2).
2. Ken slegs punte toe vir antwoorde wat aangehaal word uit die
scenario.
(2 x 1) (2)
10
10721/25
2.5.2 Boetes vir nie-nakoming van die Wet op Verbruikersbeskerming/WVB
- Besighede wat nie daaraan voldoen nie, kan 'n nakomingsbevel ontvang √ wat
die besigheid dwing om aan die WVB te voldoen. ✓
- Besighede wat versuim om aan die WVB te voldoen, kan groot boetes kry, kan
tronkstraf/gevangenisstraf opgelê word ✓, wat sal afhang van die erns van die
nie-nakoming. ✓
- Lisensies van besighede kan herroep word ✓ vir onbillike
verbruikerspraktyke. ✓
- 'n Kontrak kan nietig verklaar word ✓ en 'n boetetydperk van direkte
gevangenisstraf kan opgelê word. ✓
- Besighede kan boetes/gevangenisstraf opgelê word vir 'n tydperk van
hoogstens 10 jaar ✓ wat sal afhang van die erns van die nie-nakoming. ✓
- Regeringsagentskappe kan oudits doen en boetes instel ✓ of jou besigheid
heeltemal ontbind. ✓
- Besighede sal gedwing word om verbruikers te vergoed in ooreenstemming
met die mate ✓ waarin hul regte geskend is. ✓
- 'n Besigheid kan deur die Nasionale Verbruikerskommissie\NVK versoek word
om aktiwiteite ✓ onbepaald op te skort. ✓
- Besighede kan verplig word om rente/skadevergoeding te betaal ✓ wat aan
die verbruiker verskuldig is. ✓
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met boetes wat besighede in
die gesig staar vir nie-nakoming van die WVB.
Maks (4)
2.6 Doel van die Wet op Gelyke Indiensneming/WGI
- Die WGI laat toe dat werknemers wat dieselfde werk doen, ✓ gelyk betaal word. ✓
- Elimineer/voorkom diskriminasie ✓ op grond van geslag/ras/gestremdheid in die
werkplek. ✓
- Bevorder gelyke geleenthede ✓ en billike behandeling in die werkplek. ✓
- Bevorder diversiteit in die werkplek ✓ deur te verseker dat mense van diverse
agtergronde aangestel word. ✓
- Beskerm werknemers teen viktimisasie ✓ as hulle die regte uitoefen wat deur die
WGI aan hulle gegee word. ✓
- Verseker gelyke verteenwoordiging in die werkplek ✓ deur die implementering van
regstellende aksie. ✓
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die doel van die WGI.
Maks (6)
2.7 Stappe in strategie-evaluering
- Ondersoek die onderliggende basis van 'n besigheidstrategie. ✓✓
- Kyk vorentoe en agtertoe in die implementeringsproses. ✓✓
- Vergelyk die verwagte resultate om die redes vir afwykings te bepaal en hierdie
redes te ontleed. ✓✓
- Neem regstellende stappe sodat afwykings reggestel kan word. ✓✓
- Stel spesifieke datums vir beheer en opvolg. ✓✓
- Stel 'n tabel op van die voor- en nadele van 'n strategie. ✓✓
- Besluit oor die gewenste uitkoms wat sal lei tot die bereiking van
besigheidsdoelwitte wat in die vooruitsig gestel word wanneer strategieë
geïmplementeer word. ✓✓
- Oorweeg die impak van die strategie se implementering in die interne/
eksterne omgewings van die besigheid. ✓✓
11
10721/25
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die stappe in strategie-
evaluering.
NOTA: Die stappe kan in enige volgorde wees.
Maks (6)
UITEENSETTING VAN PUNTE
VRAAG 2 PUNTE
2.1 4
2.2 6
2.3.1 2
2.3.2 2
2.3.3 2
2.4 6
2.5.1 2
2.5.2 4
2.6 6
2.7 6
TOTAAL 40
VRAAG 3: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE
3.1 Voorbeelde van byvoordele
- Mediese Fonds/Gesondheidsversekeringsfonds. ✓
- Pensioenfonds. ✓
- Voorsorgfonds. ✓
- Begrafnis voordeel. ✓
- Motor/Reis/Behuising/Selfoon/Klere toelaes. ✓
- Prestasie-gebaseerde aansporings. ✓
- Uitreiking van bonusaandele. ✓
- Personeelafslag/Gratis of laekoste-ete/Kantiengeriewe. ✓
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met voorbeelde van byvoordele
NOTA: Merk slegs die eerste VIER (4).
(4 x 1) (4)
3.2 Rol van die kandidaat tydens die onderhoud
- Groet die onderhoudvoerder by die naam met 'n stewige handdruk en 'n
vriendelike glimlag. ✓✓
- Luister aandagtig na die vrae voordat jy antwoord. ✓✓
- Maak oogkontak en behou ʼn goeie postuur/lyftaal. ✓✓
- Toon selfvertroue met 'n positiewe houding/wees selfgeldend. ✓✓
- Wees nuuskierig en toon belangstelling in die besigheid. ✓✓
- Toon respek en behandel die onderhoud met die nodige belangrikheid. ✓✓
- Wees eerlik oor foute en verduidelik hoe jy dit hanteer het. ✓✓
- Ken jou sterk- en swakpunte en wees bereid om dit te verduidelik. ✓✓
- Vra vrae vir duidelikheid oor die pos wat aangebied word. ✓✓
- Bedank die onderhoudvoerder vir die geleentheid om deel van die onderhoud te
wees. ✓✓
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die rol van die kandidaat tydens
die onderhoud.
Maks (6)
12
10721/25
3.3 Werwing metodes
3.3.1 Metode van werwing uit die scenario
Interne werwing. ✓✓ (2)
3.3.2 Voordele van interne werwingsmetode
- Die werwingsproses is vinniger/goedkoper ✓ as die kandidate aan die besigheid
bekend is. ✓/Goedkoper/Vinniger om ✓ die pos te vul. ✓
- Die besigheid werf bestaande werknemers ✓ deur promosies/oordragte van binne
die besigheid. ✓
- Geleenthede vir bevordering beloon goeie werk ✓ en motiveer huidige
werknemers. ✓
- Bied geleenthede vir loopbane ✓ binne die besigheid. ✓
- Betroubare/sleutelpersoneellede word behou ✓ indien hulle binne die besigheid
bevorder/oorgeplaas word. ✓
- Personeel se moraal en produktiwiteit neem toe ✓ indien geskikte personeellede
gereeld bevorder word. ✓
- Verminder die kanse om werknemers te verloor ✓ aangesien toekomstige
loopbaanvooruitsigte beskikbaar is. ✓
- Plasing is maklik ✓ aangesien die bestuur die werknemers se vaardighede/
persoonlikheid/ervaring/sterk punte ken. ✓
- Die werknemer verstaan reeds ✓ die bedrywighede/funksies van die besigheid. ✓
- Die besigheid ken die persoonlikheid, sterkpunte, en swakhede ✓ van die
kandidate. ✓
- Gedetailleerde/betroubare inligting kan verkry word ✓ uit die toesighouers/
werknemerrekords. ✓
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die voordele van interne
werwing.
NOTA: Aanvaar relevante feite indien die metode van werwing verkeerdelik as
'n antwoord in VRAAG 3.3.1 geïdentifiseer is.
Maks (4)
3.4 Doel van induksie
- Stel nuwe werknemers bekend aan bestuur/kollegas om verhoudings te vestig ✓
met mede-kollegas op verskillende vlakke. ✓
- Gee nuwe werknemers 'n toer/inligting ✓ oor die uitleg van die gebou/kantoor. ✓
- Laat nuwe werknemers welkom voel ✓ deur hulle aan hul fisiese werkspasie
bekend te stel. ✓
- Verbeter vaardighede ✓ deur indiensopleiding. ✓
- Nuwe werknemers vertroud te maak ✓ met die organisasiestruktuur/hul
toesighouers. ✓
- Gee nuwe werknemers die geleentheid om vrae te vra ✓ wat hulle op hul gemak sal
stel/onsekerheid/angs/vrees sal verminder. ✓
- Skep geleenthede vir nuwe werknemers ✓ om verskillende departemente te
ervaar/verken. ✓
- Verduidelik veiligheidsregulasies en -reëls ✓, sodat nuwe werknemers hul rolle/
verantwoordelikhede in hierdie verband sal verstaan. ✓
- Maak seker dat werknemers hul rolle/verantwoordelikhede verstaan ✓ sodat hulle
meer doeltreffend/produktief sal wees. ✓
- Kommunikeer inligting oor die produkte/dienste ✓ wat deur die besigheid aangebied
word. ✓
- Kommunikeer besigheid se beleide ✓ rakende etiese/professionele
gedrag/prosedures/dienskontrak/diensvoorwaardes. ✓
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die doel van induksie.
Maks (4)
13
10721/25
3.5 Betekenis van gehaltebeheer
- Stelsel wat verseker dat die verlangde gehalte ✓ bereik word deur die finale
produk te inspekteer. ✓
- Maak seker dat voltooide produkte ✓ aan die vereiste standaarde voldoen ✓.
- Proses om te verseker dat produkte konsekwent vervaardig word ✓ volgens hoë
standaarde. ✓
- Die nagaan van grondstowwe/werknemers/masjinerie/vakmanskap/produkte ✓
om te verseker dat hoë standaarde gehandhaaf word. ✓
- Sluit in die stel van teikens/meting van prestasie ✓ en die neem van regstellende
maatreëls. ✓
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die betekenis van
gehaltebeheer.
Maks (4)
3.6 Bydrae van die produksiefunksie tot die sukses van 'n besigheid
- Verskaf dienste/produkte van hoë gehalte ✓ volgens spesifikasies. ✓
- Die produksie-/bedryfsprosesse van 'n besigheid moet korrek gedoen word ✓
deur behoorlike produksiebeplanning en beheer. ✓
- Produkte en dienste moet teen die laagste moontlike koste geproduseer word ✓
om winsmaksimering moontlik te maak. ✓
- Besighede moet hul rolle en verantwoordelikhede ✓ duidelik aan die
produksiearbeidsmag kommunikeer. ✓
- Produkte moet aan kliënte se vereistes voldoen ✓ deur veilig, betroubaar en
duursaam te wees. ✓
- Besighede moet goeie na-verkope dienste ✓ en waarborge hê. ✓
- Bemagtig werkers ✓ sodat hulle trots kan wees op hul vakmanskap. ✓
- Kry akkreditasie van die SABS/ISO 9001 ✓ om te verseker dat kwaliteit produkte
vervaardig word. ✓
- Spesifiseer die produk- of diensstandaarde ✓ en neem kennis van die faktore
wat verbruikers gebruik om kwaliteit te beoordeel. ✓
- Monitor prosesse ✓ en vind die oorsake van produksieprobleme. ✓
- Implementeer gehaltebeheerstelsels ✓ om te verseker dat gehalte produkte
konsekwent vervaardig word. ✓
- Gebruik masjiene en toerusting ✓ optimaal. ✓
- Akkurate berekening ✓ van die produksiekoste. ✓
- Kies die toepaslike produksiestelsel ✓ soos massa/bondel/stukwerk. ✓
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met hoe die gehalte van prestasie
van die produksiefunksie kan bydra tot die sukses van 'n besigheid.
Maks (4)
3.7 Maniere waarop TGB die koste van gehalte kan verminder
3.7.1 Maniere waarop TGB die koste van gehalte kan verminder uit die
sceanrio
- Werknemers word op alle vlakke opgelei sodat almal hul rolle in gehaltebestuur
verstaan. ✓
- HM implementeer proaktiewe instandhoudingsprogramme vir toerusting om
onderbrekings in produksie te verminder. ✓
NOTA: 1. Merk slegs die eerste TWEE (2).
2. Ken slegs punte toe vir antwoorde wat uit die scenario
aangehaal word.
(2 x 1) (2)
14
10721/25
3.7.2 Ander maniere waarop TGB die koste van gehalte kan verminder
- Stel gehaltesirkels bekend ✓ om maniere te bespreek om die gehalte van werk/
vakmanskap te verbeter. √
- Beplan aktiwiteite ✓ om duplisering van take uit te skakel. ✓
- Deel verantwoordelikheid vir gehalte uitset ✓ onder bestuur en werkers. ✓
- Ontwikkel werkstelsels wat werknemers bemagtig ✓ om nuwe maniere te vind
vir die verbetering van gehalte. ✓
- Werk nou saam met verskaffers ✓ om die gehalte van grondstowwe/insette te
verbeter. ✓
- Verbeter kommunikasie oor die gehalteuitdagings/afwykings ✓ sodat almal uit
ervaring kan leer. ✓
- Verminder belegging op duur, maar ondoeltreffende inspeksieprosedures ✓ in
die produksie proses. ✓
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met ander maniere waarop TGB die
koste van gehalte kan verminder.
NOTA: Moenie punte toeken vir antwoorde wat in VRAAG 3.7.1 aangehaal is nie.
Maks (4)
3.8 Die impak van impak van TGB as dit swak geïmplementeer word
- Stel onrealistiese sperdatums wat dalk nie bereik word nie. ✓✓
- Werknemers is dalk nie voldoende opgelei nie, wat produkte van swak gehalte
tot gevolg het. ✓✓
- Afname in produktiwiteit as gevolg van onderbrekings. ✓✓
- Besighede kan dalk nie die nodige veranderinge aan produkte/dienste aanbring
om aan die behoeftes van kliënte te voldoen nie. ✓✓
- Besighede se reputasie/beeld kan ly as gevolg van swak gehalte/gebrekkigge
goedere. ✓✓
- Kliënte sal baie alternatiewe hê om van te kies en die impak kan verwoestend
wees vir besighede. ✓✓
- Beleggers kan beleggings onttrek as daar 'n afname in winste is. ✓✓
- Afname in verkope namate meer goedere deur ontevrede kliënte terugbesorg
word. ✓✓
- Hoë personeelomset as gevolg van swak vaardigheidsontwikkeling. ✓✓
- Ongedokumenteerde/onbeheerde gehaltebeheerprosesse/stelsels kan lei tot
foute/afwykings van voorafbepaalde gehaltestandaarde. ✓✓
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die impak van TGB as dit
swak deur besighede geïmplementeer word.
Maks (6)
UITEENSETTING VAN PUNTE
VRAAG 2 PUNTE
3.1 4
3.2 6
3.3.1 2
3.3.2 4
3.4 4
3.5 4
3.6. 4
3.7.1 2
3.7.2 4
3.8 6
TOTAAL 40
15
10721/25
VRAAG 4: DIVERSE ONDERWERPE
BESIGHEIDSOMGEWINGS
4.1 Porter se vyf kragte model
- Krag van verskaffers ✓
- Krag van kopers ✓
- Krag van mededingers/Mededingende wedywering ✓
- Bedreiging van substitute/plaasvervangers ✓
- Bedreiging/hindernisse vir nuwe toetreders tot die mark ✓
NOTA: Merk slegs die eerste VIER (4).
(4 x 1) (4)
4.2 Besigheid strategieë
4.2.1 Diversifikasiestrategie uit die scenario
Konsentriese diversifikasie ✓✓ (2)
Motivering
PS het besluit om nuwe musiekspeelgoed vir tieners by te voeg, wat by nuwe
kliënte sal aanklank vind. ✓ (1)
NOTA: Moenie punte vir die motivering toeken as die diversifikasiestrategie
verkeerd geïdentifiseer is nie.
Maks (3)
4.2.2 Ander diversifikasiestrategieë
Horisontale diversifikasie ✓✓
- Die besigheid voeg nuwe produkte of dienste by wat nie verwant is nie/verskil
van bestaande produkte, maar wat aanklank kan vind by bestaande/huidige
kliënte. ✓
- Kom voor wanneer 'n besigheid 'n ander besigheid verkry of saamsmelt wat in
dieselfde produksiestadium is, maar 'n ander produk kan aanbied. ✓
- Die besigheid brei die produksie van produkte/dienste/bo/buite die mark/bedryf
waarin dit tans bedrywig is uit. ✓
- Kom voor wanneer die besigheid sy ontwikkelingspotensiaal verhoog/sy
handelsmerk uitbrei en risiko aansienlik verminder aangesien die nuwe
produkte op bestaande kliënte/verbruikers gemik is. ✓
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met horisontale
diversifikasiestrategie.
Maks (3)
OF
Konglomeraatdiversifikasie ✓✓
- Die besigheid voeg nuwe produkte of dienste by wat nie verband hou met
bestaande produkte nie, wat by nuwe groepe kliënte kan aanklank vind. ✓
- Konglomeraatdiversifikasie beteken dat 'n besigheid groei tot nuwe
produkte/dienste en markte. ✓
- Kom voor wanneer die besigheid verskeie produklyne/sake-entiteite vir
heeltemal verskillende bedrywe/verbruikers/kliënte bedryf. ✓
- Kom voor wanneer die besigheid algehele produk-/diensbuigsaamheid/
vaardigheid kan verhoog deur aktiwiteite uit te brei na onontginde/onbekende
markte. ✓
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met konglomeraat diversifikasie
strategie.
LET WEL: Merk slegs die eerste EEN (1). Maks (3)
16
10721/25
4.3 Die regte van verbruikers ingevolge die NKW
Verbruikers het die reg om:
- Aansoek te doen vir krediet ✓ en om vry van diskriminasie te wees. ✓
- Redes te kry ✓ waarom krediet geweier word. ✓
- Beskerming van hul persoonlike inligting ✓ te ontvang. ✓
- Ontvang vooraf-ooreenkoms dokumentasie/kredietkwotasie wat vir 7 jaar geldig
is ✓ voordat enige krediettransaksie gesluit word. ✓
- Ontvang inligting ✓ in eenvoudige en verstaanbare taal. ✓
- Ontvang dokumente/state ✓ soos vereis deur die wet. ✓
- Regverdige en verantwoordelike bemarking ✓ deur die kredietverskaffer. ✓
- Toegang ✓ tot kredietrekords en inligting. ✓
- Goedere terug te stuur/gee aan die kredietverskaffer ✓ om die uitstaande
bedrag/skuld te vereffen. ✓
- Aansoek te doen vir skuldhersiening/berading ✓ as die verbruikers nie kan
bekostig om hul skuld terug te betaal nie. ✓
- Beskerming ontvang om aanspreeklik gehou te word vir die gebruik van hul
kredietfasiliteit ✓ nadat hulle die verlies/diefstal aangemeld het. ✓
- Weiering ✓ van 'n kredietlimiet verhoging. ✓
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die regte van verbruikers
ingevolge die NKW.
Maks (6)
4.4 Maniere waarop besighede aan die COIDA kan voldoen
- Vertoon 'n opsomming van COIDA in die werkplek waar dit vir alle werknemers
sigbaar is. ✓✓
- Organiseer opleiding oor COIDA met alle relevante belanghebbendes sodat
werknemers, hulle regte ken in die konteks van COIDA, maar ook om
gesondheid en veiligheid in die werkplek te beskerm en te bevorder. ✓✓
- Verskaf/verbeter die kapasiteit om gesondheid en 'n veilige werksomgewing te
bevorder. ✓✓
- Rapporteer alle ongelukke, beserings, siektes en sterftes aan die
Vergoedingskommissaris soos dit voorkom. ✓✓
- Maak seker dat die perseel/toerusting/masjinerie in goeie werking toestand
is. ✓✓
- Registreer by die Vergoedingskommissaris en verskaf die besonderhede van
die besigheid. ✓✓
- Rapporteer alle voorvalle wat die dood/besering/siekte van werknemers
veroorsaak. ✓✓
- Heffings moet aan die Vergoedingsfonds betaal word. ✓✓
- Hou rekords van werknemers se inkomste en besonderhede van werk vir vier
jaar. ✓✓
- Dien jaarliks opgawes van verdienste teen nie later nie as 1 Maart in. ✓✓
- Laat gereelde assessering van die werkplek deur inspekteurs toe om die vlak
van risiko waaraan hul werknemers blootgestel word, te bepaal. ✓✓
- Werkgewers mag nie aftrekkings vir COIDA van werknemers se
vergoedingspakkette maak nie. ✓✓
- Besighede moet verseker dat eise binne twaalf maande na die datum van die
ongeluk ingedien word. ✓✓
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met maniere waarop besighede
aan COIDA kan voldoen.
Maks (4)
17
10721/25
BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE
4.5 Aspekte wat in 'n dienskontrak ingesluit moet word
- Persoonlike besonderhede van die werknemer. ✓
- Besonderhede van die besigheid/werkgewer soos die naam en adres. ✓
- Postitel/posisie. ✓
- Posbeskrywing soos pligte/verantwoordelikhede en werksomstandighede. ✓
- Posspesifikasie soos formele kwalifikasies en bereidwilligheid om te reis. ✓
- Datum van indiensneming/aanvang van indiensneming. ✓
- Plek waar werknemer die meeste van sy/haar werktyd sal deurbring. ✓
- Ure se werk soos normale tyd en oortyd. ✓
- Vergoeding soos weeklikse of maandelikse betaling. ✓
- Voordele/Byvoordele/Toelaes. ✓
- Verlof soos siekte-/kraam-/jaarlikse/aannemingsverlof. ✓
- Werknemeraftrekkings soos verpligtend/nie-verpligtend. ✓
- Duur/Tydperk van dienskontrak/Besonderhede van beëindiging/Vervaldatum van
dienskontrak. ✓
- Proeftydperk. ✓
- Handtekeninge van beide die werkgewer en werknemer. ✓
- Lys van dokumente wat deel uitmaak van die kontrak soos
aanstellingsbrief/gedragskode/etiek. ✓
- Dissiplinêre beleid soos reëls/dissiplinêre prosedure vir onaanvaarbare
gedrag. ✓
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met aspekte wat in 'n dienskontrak
ingesluit moet word.
NOTA: Merk slegs die eerste VIER (4).
(4 x 1) (4)
4.6 Komponente van posontleding uit die scenario
KOMPONENTE VAN 'N MOTIVERINGS
POSONTLEDING
1 Posspesifikasie ✓✓ Lk het aangedui dat aansoekers 'n graad
in besigheidsbestuur moet hê. ✓
2 Posbeskrywing ✓✓ Die suksesvolle kandidaat sal
voorleggings moet maak van die
besigheid se verkope en wins. ✓
Submaksimum (4) Submaksimum (2)
NOTA: 1. Merk slegs die eerste TWEE (2).
2. Ken punte toe vir komponente van posontleding, selfs al is die
motiverings onvolledig.
3. Moenie punte vir motiverings toeken as die komponente van
posontleding verkeerd geïdentifiseer is nie.
4. Aanvaar antwoorde in enige volgorde.
Maks (6)
18
10721/25
4.7 Toepassing van PDCA-model/stappe
Beplan ✓✓
- Die besigheid moet die probleem identifiseer en 'n plan ontwikkel vir verbetering
van prosesse en stelsels. ✓
- Beantwoord vrae soos 'wat om te doen' en 'hoe om dit te doen'. ✓
- Beplan die nuwe metode en benadering om die gehalte van hul produkte te
verbeter. ✓
- Die plan moet logies/opeenvolgend wees vir implementeerders om dit te
verstaan. ✓
Stap (2)
Verduideliking (1)
Submaksimum (3)
Doen ✓✓
- Besighede moet die verandering op klein skaal implementeer. ✓
- Implementeer die prosesse en stelsels soos beplan. ✓
- Tydens hierdie stap poog die implementeerders om die verandering
effektief/akkuraat uit te voer op grond van die plan/metode. ✓
- Hierdie stap is noodsaaklik om te bepaal of die verandering
lewensvatbaarheid/potensiaal het. ✓
Stap (2)
Verduideliking (1)
Submaksimum (3)
Kontroleer/ontleed ✓✓
- Gebruik data om die resultate van verandering te ontleed. ✓
- Bepaal of dit 'n verskil gemaak het en wat verbeter moet word. ✓
- Kyk of die prosesse doeltreffend werk. ✓
- Besighede moet assesseer, beplan en vasstel of dit werk/of dinge volgens plan
verloop. ✓
Stap (2)
Verduideliking (1)
Submaksimum (3)
Handel/Tree op soos nodig ✓✓
- Institusionaliseer die verbetering om aan die behoeftes van die besigheid te
voldoen. ✓
- Bedink strategieë oor hoe om voortdurend te verbeter. ✓
- As die verandering suksesvol was, implementeer dit op 'n groter skaal. ✓
- Die besigheid moet die proses voortdurend hersien totdat hulle dit regkry. ✓
Stap (2)
Verduideliking (1)
Submaksimum (3)
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met hoe besighede die BDKH-
model/stappe kan toepas om die gehalte van hul produkte te verbeter.
NOTA: Merk slegs die eerste TWEE (2)
(3 x 2) (6)
19
10721/25
4.8 Voordele van voldoende finansiering en kapasiteit as ʼn Tolale Gehalte Bestuur/
TGB element op groot besighede
- Groot besighede het voldoende finansiering om alles te toets voordat dit
geïmplementeer word. ✓✓
- Hulle kan bekostig om stelsels in plek te hê om foute in prosesse/defekte in
grondstowwe/produkte te voorkom. ✓✓
- In staat om produknavorsing/marknavorsers te bekostig om inligting oor
produkte/kliënte in te samel. ✓✓/Groot ondernemings kan programme finansier
wat daarop gemik is om gehalteprosesse te verbeter. ✓✓
- Groot besighede kan bekostig om gehalte grondstowwe en toerusting aan te
koop. ✓✓
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die voordele van voldoende
finansiering en kapasiteit as 'n Totale Gehalte Bestuur/TGB -element op groot
besighede.
Maks (4)
UITEENSETTING VAN PUNTE
VRAAG 2 PUNTE
4.1 4
4.2.1 3
4.2.2 3
4.3 6
4.4 4
4.5 4
4.6 6
4.7 6
4.7 4
TOTAAL 40
TOTAAL VIR AFDELING B: 80
20
10721/25
AFDELING C
Merk slegs die antwoord van die EERSTE vraag.
VRAAG 5: BESIGHEIDSOMGEWINGS (WETGEWING)
5.1 Inleiding
- Die hoofdoel van BBSEB is om die ekonomiese deelname van swart mense
aan die Suid-Afrikaanse ekonomie te verbeter. ✓
- BBSEB is bekendgestel om ongelykheid aan te spreek en die meerderheid
Suid-Afrikaners in die hoofstroom van die ekonomie te bring. ✓
- BBSEB het die aantal swart mense wat die ekonomie bestuur/besit/beheer,
verhoog. ✓
- Die BBSEB-pilare fokus op alle sektore van die samelewing, veral die
voorheen benadeelde mense en gemeenskappe.
- BBSEB stel groot besighede in staat om besighede in swart besit te bemagtig
en sosio-ekonomiese ontwikkeling te verbeter. ✓
Enige ander relevante inleiding wat verband hou met die doel van BBSEB/impak
van BBSEB/implikasies van bestuursbeheer/eienaarskap en sosio-ekonomiese
ontwikkeling op besighede/boetes vir nie-nakoming van die BBSEB-wet.
Enige (2 x 1) (2)
5.2 Doel van die Breëbasis Swart Ekonomiese Bemagtiging/BBSEB Wet
- BBSEB-wet maak dit moontlik om rykdom wyer oor alle bevolkingsgroepe te
versprei. ✓✓
- Bied gebiede wat die regering 'n platform sal gee om billike verspreiding van
rykdom te bewerkstellig. ✓✓
- Maak voorsiening vir die ontwikkeling van kodes van goeie praktyk. ✓✓
- Bemagtig die Minister om kodes van goeie praktyk uit te reik en
transformasiehandveste te publiseer. ✓✓
- Stig die Adviesraad vir Swart Ekonomiese Bemagtiging, wat sake aanspreek
wat verband hou met swart bemagtiging. ✓✓
- Skep kapasiteit binne die breër ekonomiese landskap op alle vlakke deur die
implementering van die BBSEB-pilare. ✓✓
- BBSEB-wet het ten doel om ongelykheid in die Suid-Afrikaanse ekonomie te
teiken. ✓✓
- Verhoog die aantal swart mense wat Suid-Afrikaanse besighede
bestuur/beheer. ✓✓
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die doel van die BBSEB-
wet.
Maks (10)
21
10721/25
5.3 Impak van die BBSEB op besighede
Positiewe/voordele
- Moedig besighede aan om die eise vir regstelling/billikheid ✓ direk in die
werkplek aan te spreek. ✓
- Besighede wat aan BBSEB voldoen ✓ sal hoog op die BBSEB-telkaart
gegradeer word/kan staatstenders kry/kan ander BBSEB-sakevennote/
verskaffers lok. ✓
- Verskaf 'n verskeidenheid besigheidskodes ✓ om diensbillikheid te
verbeter. ✓
- Maak voorsiening vir verbeterde menslike hulpbronontwikkeling ✓ deur
opleiding en ontwikkeling. ✓
- Verbeter die beeld van die besigheid ✓ omdat 'n goeie BBSEB-gradering
meer beleggers na die besigheid lok. ✓
- Frontering word ontmoedig, ✓ aangesien dit kan lei tot die diskwalifikasie van
'n besigheid se hele telkaart/BBSEB-status. ✓
- Bevorder ondernemingsontwikkeling ✓ deur entrepreneursvaardighede van
aangewese mense te ontwikkel om hul eie besighede te begin. ✓
- Besighede sal 'n goeie oorsig hê van hoe dit presteer ✓ in vergelyking met
ander besighede in die res van die land. ✓
- Deur op BBSEB te fokus, sal die besigheid toewyding toon ✓ teenoor die
sosiale/opvoedkundige/ekonomiese ontwikkelings in die gemeenskap/land. ✓
- Sodra dit gegradeer is, sal die besigheid verstaan hoe om BBSEB-strategieë
te ontwikkel ✓ wat sy BBSEB-graderings op 'n jaarlikse basis sal verhoog. ✓√
- Aandeelpryse van BBSEB-voldoenende besighede sal waarskynlik styg ✓
namate hulle meer besigheid lok. ✓
- Besighede wat klein-, mikro- en mediumondernemings (KMMO's)
ondersteun, ✓ kan hul eie BBSEB-graderings verhoog. ✓
- Voldoening aan BBSEB-vereistes gee besighede ervaring/blootstelling ✓ om
beter werksgeleenthede/personeelontwikkeling te kan bied. ✓
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die positiewe impak/
voordele van BBSEB op besighede.
EN/OF
Negatief/nadele
- Die implementering van BBSEB is tydrowend/duur/voorskriftelik en
administratief intensief ✓, veral die verkryging van BBSEB-telkaartgraderings
en opleiding van werknemers. ✓
- Koste styg namate besighede geld moet spandeer op die korrekte nakoming
van die vyf BBSEB-pilare ✓ om 'n goeie BBSEB-gradering te verkry. ✓
- Besighede moet rigiede prosesse verduur om hul BBSEB-nakoming te meet/
verfieer ✓ deur 'n onafhanklike BBSEB-verifikasie-agentskap. ✓
- Besighede kan groot finansiële implikasies/boetes ervaar ✓ as hulle nie aan
BBSEB voldoen nie. ✓
- Sommige prosesse wat met BBSEB geassosieer word, as dit nie behoorlik
gemonitor word nie, ✓ kan lei tot korrupsie/nepotisme. ✓
- Prosesse en prosedures kan duur wees vir 'n besigheid ✓ aangesien daar
baie wetlike vereistes is om genoeg punte aan te teken om aan die vereistes
te voldoen. ✓
- BBBEE bepleit ondernemings- en verskaffersontwikkeling (OVO), wat beteken
dat sekere besighede wat nie deur BBSEB-verskaffers goedgekeur is nie ✓
uitgesluit kan word van die verskaffing van goedere en dienste. ✓
22
10721/25
- Beleggings-/eienaarskapkwessies kan ongelukkigheid √ onder bestaande
aandeelhouers/eienaars veroorsaak. ✓
- Maak voorsiening vir voorkeurverkryging ✓, sodat sekere besighede uitgesluit
kan word van die verskaffing van goedere/dienste. ✓
- Besighede wat staatstenders wil bekom en sake met die staat wil doen, moet
hul BBSEB-status jaarliks laat beoordeel ✓, dit verhoog die administratiewe
las van besighede. ✓
- Baie besighede is benadeel weens BBSEB-graderings ✓ aangesien hulle dalk
nie aan al die tellings kan voldoen nie. ✓
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die negatiewe impak/
nadele van BBSEB op besighede.
Maks (12)
5.4 Implikasies van BBSEB-pilare op besighede
5.4.1 Bestuursbeheer
- Besighede moet verseker dat transformasie ✓ op alle vlakke geïmplementeer
word. ✓
- Stel swart mense aan ✓ in senior uitvoerende poste/in bestuur. ✓
- Betrek swart mense ✓ by die strategiese besluitnemingsprosesse. ✓
- Maak seker dat swart vroue ✓ in bestuur verteenwoordig word. ✓
- Besigheid verdien punte vir bestuursbeheer ✓ wanneer meer as 25% van hul
aandele aan swart beleggers verkoop word sodat sommige van hulle
direkteure kan word. ✓
- As gevolg van 'n tekort aan bekwame swart bestuurders/direkteure ✓, vind
sommige besighede moeilik om aanstellings te maak. ✓
- Besighede word direk beboet ✓ omdat hulle nie hierdie pilaar implementeer
nie. ✓
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die implikasie van
bestuursbeheer as 'n BBSEB-pilaar op besighede.
Submaksimum (4)
5.4.2 Eienaarskap
- Besighede moet swart mense insluit ✓ in aandeelhouding/vennootskappe/
franchises. ✓
- Moedig klein swart beleggers aan ✓ om in groot maatskappye te belê en
eienaarskap te deel. ✓
- Skep meer geleenthede vir swart mense ✓ om eienaars en entrepreneurs te
word. ✓
- Vrygestelde mikro-ondernemings (VMO's) met 'n eienaarskap van 50% of meer
van swart mense ✓ word bevorder word tot vlak 3 van die BBSEB-telkaart. ✓
- Groot besighede moet gesamentlike ondernemings vorm met klein swart besit
besighede ✓ en besigheidsrisiko's deel ✓.
- Besighede vind dit moeilik ✓ om geskikte swart sakevennote/aandeelhouers te
vind. ✓
- Baie swart mense kan nie aandele in maatskappye/bydraers tot
vennootskappe ✓ bekostig nie. √
Enige ander relevante antwoord hou verband met die implikasie van eienaarskap as
'n BBSEB-pilaar op besighede.
Submaksimum (4)
23
10721/25
5.4.3 Sosio-ekonomiese ontwikkeling/Maatskaplike verantwoordelikheid
- Besighede moet bydra tot maatskaplike beleggingsprojekte ✓ en
gemeenskapsontwikkeling. ✓
- Besighede moet fokus op kritieke areas ✓ wat groei en ontwikkeling in die land
kan beïnvloed, soos omgewingsbewustheid/onderwys/behuising/
armoede/werkloosheid. ✓
- Hulle moet skaars KMI-hulpbronne ✓ aan geselekteerde begunstigdes in die
gemeenskap versprei. ✓
- Volhoubare gebruik van natuurlike hulpbronne bevorder ✓ en besighede
ondersteun wat van volhoubare produksietegnieke en volhoubare
energiebenuttingspraktyke gebruik maak. ✓
- Dra by ✓ tot maatskaplike beleggings-/gemeenskapsprojekte ✓
- Besighede is dalk nie kundig oor maatskaplike kwessies nie ✓ wat lei tot die
vermorsing van finansiële hulpbronne op betekenislose
gemeenskapsprojekte. ✓
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die implikasie van sosio-
ekonomiese ontwikkeling/maatskaplike verantwoordelikheid as 'n BBSEB-pilaar op
besighede.
Submaksimum (4)
Maks (12)
5.5 Boetes vir nie-nakoming van die BBSEB-wet
- Besighede wat nie aan BBSEB voldoen nie, kan 'n nakomingsbevel van die
Arbeidshof ontvang, wat die besigheid dwing om aan BBSEB te voldoen. ✓✓
- Besighede wat versuim om aan BBSEB te voldoen, kan groot boetes kry vir
fronteringspraktyke. ✓✓
- Besighede kan tronkstraf/gevangenisstraf opgelê word, wat sal afhang van die
erns van die nie-nakoming. ✓✓
- Die staat kan besluit om nie besigheidslisensies te hernu nie/die
besigheidslisensie te herroep/te weier om magtigings te verleen om
sakebedrywighede te bedryf. ✓✓
- Die staat kan enige kontrak wat toegeken word aan besighede wat dit verkry
het, kanselleer op grond van vals inligting rakende hul BBSEB-status. ✓✓
- Goedgekeurde BBSEB-voldoenende verskaffers sal hul kontrakte met nie-
voldoenende besighede terugtrek. ✓✓
- Besighede kan 'n boete van tot 10% van die maatskappy se jaarlikse omset
beboet word. ✓✓
- Die regering sal enige kontrak wat toegeken is wat gebaseer is op vals inligting
rakende BBEE-status kanselleer. ✓✓
- 'n Besigheid kan vir 10 jaar verbied word om aan regeringskontrakte deel te
neem. ✓✓
- Besigheidslisensies sal nie hernu word nie, en magtigings sal nie uitgereik word
nie. ✓✓
- Die staat kan besluit om nie besigheidslisensies te hernu nie, die
besigheidslisensie te herroep of te weier om magtigings te verleen om
sakebedrywighede uit te voer. ✓✓
- Besighede wat nie ten minste 'n minimum van 40% voldoening aan
eienaarskap, vaardigheidsontwikkeling en ondernemings- en
verskaffersontwikkeling bereik nie, sal outomaties met een vlak afgegradeer
word. ✓✓
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met boetes wat besighede in die
gesig staar vir nie-nakoming van die BBSEB-wet.
Maks (12)
24
10721/25
5.6 Gevolgtrekking
- Die implementering van BBSEB het gelei tot 'n toename in die aantal swart
mense wat besighede in die Suid-Afrikaanse ekonomie bestuur/besit/beheer. ✓✓
- BBSEB skep geleenthede vir entrepreneurskap/indiensneming/welvaart terwyl
groter ekonomiese transformasie/insluiting bevorder word. ✓✓
- Deur eienaarskap in sleutelbedrywe te hê, kan swart Suid-Afrikaners groter
invloed/besluitnemingsmag verkry en help om die rigting van nywerhede te
vorm. ✓✓
- Maatskappye wat BBSEB-nakom kan 'n mededingende voordeel kry bo nie-
voldoenende besighede, aangesien baie kliënte en verskaffers verkies om met
BBSEB-voldoenende firmas te werk. ✓✓
- Maatskappye wat BBSEB-pilare toepas dra by tot sosio-ekonomiese
ontwikkeling, wat die handelsmerk se beeld en kliëntelojaliteit verbeter. ✓✓
Enige ander relevante gevolgtrekking wat verband hou met die doel van BBSEB/
impak van BBSEB/implikasies van BBSEB-pilare op besighede/boetes vir nie-
nakoming van die BBSEB-wet.
Enige (1 x 2) (2)
UITEENSETTING VAN PUNTETOEKENNING
BESONDERHEDE MAKSIMU TOTALE
M
Inleiding 2
Doel van BBSEB 10
Impak van BBSEB op besighede 12
Implikasies van die BBSEB-pilare op besighede:
o Bestuursbeheer Maksimum
o Eienaarskap 12 32
o Sosio-ekonomiese ontwikkeling/Maatskaplike
verantwoordelikheid
Boetes vir nie-nakoming van die BBSEB-wet 12
Gevolgtrekking 2
INSIG
Uitleg 2
Analise/Interpretasie 2 8
Sintese 2
Oorspronklikheid/Voorbeelde 2
TOTALE PUNTE 40
LASO – Vir elke komponent:
Ken 2 punte toe as aan alle vereistes voldoen word.
Ken 1 punt toe as slegs aan sommige van die vereistes
voldoen word.
Ken 0 punte toe waar daar glad nie aan vereistes voldoen
word nie.
25
10721/25
VRAAG 6: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE: (GEHALTE VAN PRESTASIE)
6.1 Inleiding
- Gehaltebestuur is die proses om toesig te hou oor alle aktiwiteite en take wat
uitgevoer moet word om die verlangde vlak van uitnemendheid te handhaaf. ✓
- Gehalteprestasie stel besighede in staat om dienste te produseer en aan te
bied op grond van die gestelde standaarde. ✓
- 'n Goeie gehaltebestuurstelsel bevoordeel besighede deur te verseker dat
gehalte produkte voortdurend geproduseer word. ✓
- Deurlopende vaardigheidsontwikkeling dra by tot die produksie van volhoubare
produkte. ✓
- Besighede wat voortdurend kliënte se behoeftes ontleed, is in staat om leemtes
in kliënte-tevredenheid te identifiseer en strategieë te ontwikkel om hul kliënte
tevrede te stel. ✓
- Gehaltesirkels maak goeie aanbevelings aan besighede aangesien dit
spesialiste van verskillende departemente insluit. ✓
Enige ander relevante inleiding wat verband hou met die verskille tussen
gehaltebestuur en gehalteprestasie/voordele van 'n goeie gehalte bestuurstelsel/
impak van deurlopende vaardigheidsontwikkeling en totale kliënte- tevredenheid/rol
van gehaltesirkels as deel van voortdurende verbetering van prosesse en stelsels.
Enige (2 x 1) (2)
6.2 Verskille tussen gehaltebestuur en gehalteprestasie
GEHALTEBESTUUR GEHALTEPRESTASIE
- Tegnieke/gereedskap wat gebruik - Totale prestasie van elke
word om die gehalte van 'n produkte departement gemeet aan
te ontwerp/verbeter. ✓✓ gespesifiseerde standaarde. ✓✓
- Kan gebruik word vir - Kan verkry word as alle
aanspreeklikheid binne elk van die departemente saamwerk na
besigheidsfunksies. ✓✓ dieselfde gehaltestandaarde. ✓✓
- Doel is om te verseker dat die - Gehalte word gemeet deur
kwaliteit van goedere/dienste fisiese produk/statistiese uitset
konsekwent is/Fokus op die middele van prosesse/opnames van die
om konsekwentheid te gebruikers en/of kopers van
bewerkstellig. ✓✓ goedere/dienste. ✓✓
Enige ander relevante antwoord wat Enige ander relevante antwoord wat
verband hou met gehaltebestuur. verband hou met gehalteprestasie.
Submaksimum (4) Submaksimum (4)
NOTA: 1. Die antwoord hoef nie in tabelformaat te wees nie.
2. Die verskille hoef nie te skakel nie, maar moet duidelik wees.
3. Ken 'n maksimum van VIER (4) punte toe indien die verskille nie
duidelik is nie/merk óf gehaltebestuur óf gehalteprestasie.
Maks (8)
26
10721/25
6.3 Voordele van 'n goeie gehaltebestuurstelsel
- Effektiewe kliëntediens word gelewer ✓ wat lei tot verhoogde kliënte
tevredenheid. ✓
- Tyd en hulpbronne ✓ word doeltreffend gebruik. ✓
- Produktiwiteit neem toe ✓ deur behoorlike tydsbestuur/die gebruik van
hulpbronne van hoë gehalte. ✓
- Produkte/dienste word voortdurend verbeter ✓ wat lei tot verhoogde vlakke van
kliëntetevredenheid. ✓
- Visie/Missie/Besigheid se doelwitte ✓ kan bereik word. ✓
- 'n Besigheid het 'n mededingende voordeel ✓ bo sy mededingers. ✓
- Gereelde opleiding die kwaliteit van werknemers se vaardighede/kennis ✓
voortdurend verbeter. ✓
- Werkgewers en werknemers sal 'n gesonde werksverhouding hê ✓ wat
gelukkige/produktiewe werkers tot gevolg het. ✓
- Verhoogde markaandeel/finansiële volhoubaarheid ✓ namate meer kliënte
winsgewendheid verbeter. ✓
- Verbeter die besigheid se beeld ✓ aangesien daar minder defekte/terugsendings
is. ✓
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die voordele van 'n goeie
gehaltebestuurstelsel.
Maks (12)
6.4 Impak van totale gehaltebestuur/TGB-elemente op groot besighede
6.4.1 Deurlopende vaardigheidsontwikkeling/Onderwys en opleiding
Positiewe/voordele
- Groot besighede het 'n menslike hulpbronafdeling ✓ toegewy aan
vaardigheidsopleiding en -ontwikkeling. ✓
- Menslike hulpbronkundiges verseker dat opleidingsprogramme relevant is ✓ om
kliëntetevredenheid te verhoog. ✓
- Vermoë om gespesialiseerde/geskoolde werknemers ✓ te bekostig. ✓
- Groot besighede doen vaardigheidsoudits om die bevoegdheids-/
opvoedingsvlakke van personeel vas te stel ✓ wat die kwaliteit van produkte
positief kan beïnvloed. ✓
- Kan gekwalifiseerde opleiers aanstel ✓ om werknemers op 'n gereelde basis op
te lei. ✓
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die positiewe impak/voordele
van deurlopende vaardigheidsontwikkeling/onderwys en opleiding as 'n TGB-
element op groot besighede.
EN/OF
27
10721/25
Negatiewe/nadele
- Swak kommunikasiestelsels in groot besighede ✓ kan effektiewe opleiding
voorkom. ✓
- Opgeleide werknemers kan na beter werk vertrek ✓ nadat hulle meer
vaardighede opgedoen het. ✓
- Demotiveer werknemers ✓ as hulle nie erkenning vir opleiding ontvang nie. ✓
- Werknemers wat spesialiseer in eng gedefinieerde poste ✓ kan gefrustreerd/
gedemotiveerd raak. ✓
- Werknemers is dalk nie bewus van die vlak van bevoegdheid ✓ wat hulle moet
bereik om hul teikens te bereik nie. ✓
- Dit kan moeilik wees om ✓ die doeltreffendheid van opleiding te monitor/
evalueer. ✓
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die negatiewe impak/nadele
van deurlopende vaardigheidsontwikkeling/onderwys en opleiding as 'n TGB-
element op groot besighede.
Submaks (8)
Maks (14)
6.4.2 Totale kliënte-tevredenheid
Positiewe/voordele
- Groot besighede gebruik marknavorsing/kliënte-opnames ✓ om kliënte-
tevredenheid te meet/te monitor/kliënte se behoeftes te ontleed. ✓
- Bevorder voortdurend ✓ 'n positiewe beeld van die maatskappy. ✓
- Kan 'n toestand van totale kliënte-tevredenheid bereik ✓ as besighede gesonde
sakepraktyke volg wat alle belanghebbendes insluit. ✓
- Streef daarna om kliënte se verwagtinge te verstaan/te vervul ✓ deur
kruisfunksionele spanne oor kritieke prosesse in lyn te bring. ✓
- Verseker dat kruisfunksionele spanne hul kernvaardighede verstaan ✓ en dit
ontwikkel/versterk. ✓
- Kan lei tot hoër kliëntebehoud/lojaliteit ✓ en besighede kan dalk hoër pryse
hef. ✓
- Groot besighede kan moontlik toegang verkry ✓ tot die globale mark. ✓
- Kan lei tot verhoogde ✓ mededingendheid/winsgewendheid. ✓
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die positiewe impak/voordele
van totale kliënte-tevredenheid as 'n TGB-element op groot besighede.
EN/OF
Negatiewe/nadele
- Werknemers wat selde kliënte ontmoet ✓ het dikwels nie 'n duidelike idee van
wat hul behoeftes sal bevredig nie. ✓
- Monopolistiese maatskappye het 'n groter bedingingsmag ✓ so hulle hoef nie
noodwendig kliënte tevrede te stel nie. ✓
- Nie alle werknemers is betrokke/toegewyd ✓ tot die totale kliënte bevrediging
nie. ✓
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die negatiewe impak/nadele
van totale kliënte tevredenheid as 'n TGB-element op groot besighede.
Submaksimum (8)
Maks (14)
28
10721/25
6.5 Rol van gehaltesirkels as deel van voortdurende verbetering van prosesse en
stelsels
- Los probleme op wat verband hou met gehalte en implementeer
verbeterings. ✓✓
- Ondersoek probleme en stel oplossings aan bestuur voor. ✓✓
- Maak seker dat daar geen duplisering van aktiwiteite/take in die werkplek is
nie. ✓✓
- Maak voorstelle vir die verbetering van prosesse en stelsels in die werkplek. ✓✓
- Verbeter die kwaliteit van produkte/dienste/produktiwiteit deur gereelde
hersiening van gehalteprosesse. ✓✓
- Monitor/versterk strategieë om die gladde verloop van sakebedrywighede te
verbeter. ✓✓
- Verhoog werknemers se moraal/motivering om die spangees 'n hupstoot te gee
om organisatoriese doelwitte te bereik. ✓✓
- Dra by tot die verbetering en ontwikkeling van die organisasie. ✓✓
- Verminder koste van oortolligheid en verkwistende pogings op die lang
termyn. ✓✓
- Verhoog die vraag na produkte/dienste van die besigheid. ✓✓
- Skep harmonie en hoë prestasie in die werkplek. ✓✓
- Bou 'n gesonde werkplekverhouding tussen die werkgewer en werknemer. ✓✓
- Verbeter werknemers se lojaliteit/toewyding aan die organisatoriese
doelwitte. ✓✓
- Verbeter werknemers se kommunikasie op alle vlakke van die besigheid. ✓✓
- Ontwikkel 'n positiewe houding/gevoel van betrokkenheid by
besluitnemingsprosesse van die dienste wat aangebied word. ✓✓
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die rol van gehaltesirkels as
deel van voortdurende verbetering van prosesse en stelsels.
Maks (14)
6.6 Gevolgtrekking
- Gehaltebestuur stel besighede in staat om rekening te hou met uitgawes en 'n
raamwerk te bied vir die verbetering van die gehalte van die produk. ✓✓
- Besighede wat gehalte van prestasie implementeer, sal waarskynlik
gemeenskaplike/dieselfde standaarde in alle besigheidsfunksies bereik. ✓✓
- Besighede wat deurlopende vaardigheidsontwikkeling korrek implementeer,
ervaar nie hoë personeelomset nie. ✓✓
- Die implementering van 'n goeie gehaltebestuurstelsel vereis dat besighede
deurlopende navorsing doen oor nuwe maniere om gehalte te verbeter. ✓✓
- Totale kliënte-tevredenheid is die kern van enige suksesvolle besigheidstrategie,
aangesien hulle verseker dat alle aspekte van hul bedrywighede in lyn is met
kliënte se behoeftes en verwagtinge. ✓✓
- Gehaltesirkels stel besighede in staat om operasionele stelsels en riglyne in plek
te stel wat daarop gemik is om hul doelwitte te bereik. ✓✓
Enige ander relevante gevolgtrekking wat verband hou met die verskille tussen
gehaltebestuur en gehalteprestasie/voordele van 'n goeie gehaltebestuurstelsel/
impak van deurlopende vaardigheidsontwikkeling en totale kliënte-tevredenheid/rol
van gehaltesirkels as deel van voortdurende verbetering van prosesse en stelsels.
Enige (1 x 2) (2)
29
10721/25
VRAAG 6: UITEENSETTING VAN PUNTETOEKENNING
BESONDERHEDE MAKSIMUM TOTALE
Inleiding 2
Verskille tussen gehaltebeheer en 8
gehalteversekering
Voordele van 'n goeie gehalte bestuurstelsel 12
Impak van TGB-elemente op groot besighede:
• Deurlopende vaardigheidsontwikkeling/ 14 Max. 32
Onderwys en opleiding
• Totale kliënte-tevredenheid
Rol van gehaltesirkels as deel van voortdurende 12
verbetering van prosesse en stelsels
Gevolgtrekking 2
INSIG
Uitleg 2
Analise/interpretasie 2 8
Sintese 2
Oorspronklikheid/Voorbeelde 2
TOTALE PUNTE 40
LASO – Vir elke komponent:
Ken 2 punte toe as aan alle vereistes voldoen word.
Ken 1 punt toe as slegs aan sommige van die vereistes
voldoen word.
Ken 0 punte toe waar daar glad nie aan vereistes voldoen
word nie.
TOTAAL AFDELING C: 40
TOTAAL: 150
30
Study this subject
Revise the topics in this paper, then practise them question by question.
- Grade 12 Business Studies notes
CAPS revision notes with worked examples.
- Business Studies questions by topic
Past exam questions sorted by CAPS topic, with memos where available.
- Grade 12 Business Studies quizzes
Short topic quizzes with instant feedback.
- All Grade 12 Business Studies past papers
Past papers by year, with memos where available.
- Grade 12 past papers
More Business Studies and other subjects in this collection.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.
%20June%202025%20Possible%20Answers--f4a2fe3f-aebb-41a3-958b-d0e7753b1b85/v1-a090b324ce237899a944/card.webp)
Memorandum
Business Studies Grade 12 P1 Gauteng June 2025 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Business Studies Grade 12 KZN March Test 2025 Memo

Memorandum
Business Studies Grade 12 Paper 1 KZN Mock 2025 Memo

Memorandum
Business Studies Grade 12 Paper 1 Mpumalanga Mock 2025 Memo

Memorandum
Business Studies Grade 12 Paper 2 Mpumalanga Mock 2025 Memo

Memorandum
Business Studies Grade 12 Paper 2 KZN Prelim 2024 Memo
Related documents
%202020%20Preparatory%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--48729a29-53d6-4800-bf7a-8ddb1d000fc1/v1-c0247759dd52e188bca8/card.webp)
Memorandum
Business Studies Grade 12 P1 Gauteng Mock 2020 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Business Studies Grade 12 P2 Gauteng Mock 2018 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Business Studies Grade 12 P1 Eastern Cape June 2023 Memo (Afr)
%20June%202025%20%20Possible%20Asnwers--4ebc816c-e285-4ea9-908e-0168044732f4/v1-46f460592da3f68239bc/card.webp)
Question paper
Business Studies Grade 12 P2 Gauteng June 2025 QP (Afr)
%202020%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--f8c01536-6bfb-46a9-a239-5be24871bd21/v1-c9ca7e0ece876c8b71ba/card.webp)
Question paper
Business Studies Grade 12 P2 Gauteng Mock 2020 QP (Afr)

Question paper
Business Studies Grade 12 P1 North West June 2024 QP (Afr)
More from Grade 12 Business Studies

Question paper
Business Studies Grade 12 P1 Free State Mock 2025 Question Paper

Question paper
Business Studies Grade 12 P1 NSC November 2025 Question Paper
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--11936e49-b2e2-4b0c-a897-9ba405666580/v1-16192050a36172f1cbdf/card.webp)
Question paper
Business Studies Grade 12 P2 Gauteng June 2024 QP (Afr)

Memorandum
Business Studies Grade 12 Paper 1 Limpopo June 2024 Memo

Memorandum
Business Studies Grade 12 Paper 2 Limpopo June 2024 Memo

Question paper