Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
LEWENSORIËNTERING
ALGEMENE ASSESSERINGSTAAK
4 SEPTEMBER 2015
PUNTE: 80
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye.
3
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to content%202019%20Preparatory%20Examination%20Question%20Paper_hlayiso.com_--01f25f0e-98d4-4c22-8f6c-6d4e56a46820/v1-2caffe1cb5e2f97514e4/card.webp)
%20X05%202019%20Preparatory%20Examination%20Question%20Paper_hlayiso.com_--8aebc5a4-b1bd-45aa-996a-694038bb618d/v1-fe0355eda46f51e26994/card.webp)
%20Preparatory%202017%20Question%20Paper_hlayiso.com_--8293bcdb-1708-4f6a-8d90-7365cd6f6e64/v1-98efea1c2f52bcc1f70c/card.webp)
%202019%20Preparatory%20Examination%20Answer%20Book_hlayiso.com_--851567c2-e990-4563-9c2e-4e3620fc28c7/v1-7796af76d1b5c249874a/card.webp)


View all/Gr%2012%20Teacher_s%20Guide%20(moderated)--edfad90f-26e9-4c9a-8675-fb4b70efa861/v1-fce5bfae6ca1b85fe904/card.webp)

/Life%20Orientation%20Survival%20Kit--d44546d3-bbeb-4310-83d2-878410571d70/v1-9d4138c4a1086bc15399/card.webp)



Life Orientation Grade 12 Gauteng Mock 2015 QP (Afr)
Grade 12 Life Orientation question paper from the Gauteng Mock Exam 2015 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.
Life Orientation · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2015 · Afrikaans. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Life Orientation
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2015
- Exam period
- Gauteng Mock Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 9
- File size
- 440.8 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 9
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Lewensoriëntering 2 DBE/September 2015
NSS – Algemene Assesseringstaak
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit drie afdelings, naamlik AFDELING A,
AFDELING B en AFDELING C.
2. Die vrae in AFDELING A en AFDELING B is VERPLIGTEND.
3. Beantwoord enige TWEE vrae in AFDELING C.
4. Lees AL die vrae aandagtig deur.
5. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
6. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewensoriëntering 3 DBE/September 2015
NSS – Algemene Assesseringstaak
AFDELING A (VERPLIGTEND)
Beantwoord AL die vrae in hierdie afdeling.
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
(1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 D.
1.1.1 Mediaverslaggewing in 'n demokratiese samelewing is duidelik
wanneer …
A onderwerpe al die beste nuus oor krieket en rugby dek om die
sportsoorte te bevorder.
B onderwerpe 'n wye verskeidenheid stories insluit sodat dit in
die smaak van 'n groot verskeidenheid lesers val.
C ruimte hoofsaaklik aan sensasionele nuus afgestaan word
sodat meer mense die koerant koop.
D die standpunte van die redakteurs gebruik word om mense
te beïnvloed om die storie op dieselfde manier as hulle in
te sien.
1.1.2 'n Kinestetiese leerder leer die beste deur mimiek, drama, …
A flitskaarte en bespreking.
B debat en memorisering.
C hardop lees en geskrewe instruksies.
D speletjies speel en rolspel.
1.1.3 Die begrip ratsheid, as 'n vaardigheid van fisiese fiksheid, word die
beste beskryf as die vermoë om …
A die postuur effektief regop te hou terwyl daar gestaan of
beweeg word.
B die gebruik van die sintuie en liggaamsdele te kombineer.
C liggaamsposisie en bewegings vinnig te verander en te
beheer.
D krag met spoed te gebruik.
1.1.4 Xenofobiese aanvalle op buitelandse winkeleienaars moet
uitgeskakel word. 'n Manier waarop ingegryp kan word, is om …
A 'n platform vir alle belanghebbendes te skep waar tersaaklike
kwessies bespreek kan word.
B buitelandse winkeleienaars van basiese dienste uit te sluit.
C te verhinder dat buitelandse winkeleienaars in die sentrale
sakegebied handel dryf.
D slegs plaaslike lede van die gemeenskap toe te laat om
besighede te bedryf.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewensoriëntering 4 DBE/September 2015
NSS – Algemene Assesseringstaak
1.1.5 'n Voorbeeld van intrapersoonlike konflik is wanneer …
A jou vriend(in) saam met jou fliek toe wil gaan, maar jy eerder
tuis wil bly om 'n opdrag klaar te maak wat die volgende dag
ingelewer moet word.
B jou sportaktiwiteite te veel van jou tyd in beslag neem en jou
ouers jou meer dikwels tuis wil sien.
C jy universiteit toe wil gaan, maar jou ouers wil hê jy moet
eerder gaan werk.
D jy onseker is of jy aan jou begeerte om te rook moet toegee
en of jy volgens jou eie waardes en oortuigings oor rook moet
optree.
1.1.6 Volgens die SAID is die belastingverpligtinge vir 'n entrepreneur
wat 'n besigheid besit, dat hy/sy die inkomste uit die besigheid …
A by sy/haar persoonlike inkomstebelastingopgawe moet insluit
en slegs moet betaal indien hy/sy 'n groot wins maak.
B by sy/haar persoonlike inkomstebelastingopgawe moet insluit
en dat hy/sy vir die betaal van belasting verantwoordelik is.
C nie by sy/haar persoonlike inkomstebelastingopgawe moet
insluit nie en dat hy/sy nie vir die betaal van belasting
verantwoordelik is nie.
D nie by sy/haar persoonlike inkomstebelastingopgawe moet
insluit nie en dat daar slegs betaal moet word indien 'n groot
wins gemaak word.
1.1.7 Studiestrategieë kan as … gedefinieer word.
A stappe wat jy doen om op die doeltreffendste wyse te studeer
B metodes om op hoogte van jou formele assessering te bly
C die insameling van inligting oor visuele hulpmiddels
D maniere om probleme op te los en besluite te neem
1.1.8 'n Strategie om leefstylsiektes te voorkom, kan behels om …
A mense te help en aan te moedig om behandelingsvoorskrifte
te volg en om hulle medikasie te neem.
B die gewoontes en gedrag wat tot leefstylsiektes bydra, te
vermy.
C mediese behandeling, soos chemoterapie en bestraling, te
ontvang.
D simptome raak te sien en om vroegtydig behandeling te kry
wanneer die siekte begin.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewensoriëntering 5 DBE/September 2015
NSS – Algemene Assesseringstaak
1.1.9 Die doel van opwarmingsoefeninge voordat daar geoefen word,
is om …
A die kardiovaskulêre stelsel te versterk.
B op die doel van oefening te fokus.
C spierbeserings te voorkom.
D met fisiese vaardighede te spog.
1.1.10 Skoolgebaseerde assessering is belangrik want dit …
A gee terugvoering oor die leerders se prestasies.
B behandel alle voorgeskrewe inhoud vir die graad.
C is vir alle leerders in die land gestandaardiseer.
D sluit toetse en eksamens uit. (10 x 1) (10)
1.2 Beantwoord die volgende vrae deur die antwoord langs die vraagnommer
(1.2.1–1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK te skryf.
1.2.1 Georganiseerde arbeid kan in twee verskillende kategorieë
ingedeel word. Noem enige TWEE kategorieë. (2)
1.2.2 Wat is die term wat gebruik word om 'n stel oortuigings en waardes
te beskryf wat mense se wêreldbeskouings sterk beïnvloed? (1)
1.2.3 Watter leestegniek is die geskikste om die volgende in 'n koerant
te vind:
(a) Hoofidees, byvoorbeeld om stereotipering te identifiseer (1)
(b) Spesifieke inligting, byvoorbeeld sporttellings (1)
1.2.4 Noem die skryfvaardigheid wat in 'n eksamen gebruik word om te
bepaal wat jou begrip en ontleding van 'n onderwerp is. (1)
1.2.5 Verduidelik TWEE maniere waarop jou persoonlike missiestelling
jou kan help om 'n werk/loopbaan te kies. (2 x 2) (4)
TOTAAL AFDELING A: 20
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewensoriëntering 6 DBE/September 2015
NSS – Algemene Assesseringstaak
AFDELING B (VERPLIGTEND)
Beantwoord AL die vrae in hierdie afdeling. Skryf jou antwoorde in volsinne.
VRAAG 2
Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
GELYKHEID IN DIE WERKPLEK
Steven Botha het by 'n bekende geoktrooieerderekenmeester-maatskappy vir werk
aansoek gedoen. Hy het 'n uitstekende verwysing van sy vorige werkgewer gehad en
ook 'n goeie reputasie as 'n geoktrooieerde rekenmeester (GR). Steven is 'n
*parapleeg. Toe hy die vertrek waar die onderhoud gehou sou word, binnery, het hy
die verbaasde uitdrukkings op die gesigte van die onderhoudkomitee gesien. Een van
die komiteelede het Steven oor sy werksondervinding begin uitvra, maar is gou deur 'n
ander komiteelid onderbreek wat versoek het dat die onderhoudpaneel vir 'n 'private'
bespreking buite moes bymekaarkom. Steven is alleen in die onderhoudvertrek gelaat
terwyl die onderhoudpaneel buite vergader het. Met hulle terugkoms het die voorsitter
van die komitee Steven ingelig dat die onderhoud verby was. Hulle het verskoning
gevra en gesê dat hulle nie sy tyd onnodig wou mors nie en hom gevra om te gaan.
*Parapleeg: Iemand wat die gebruik van sy twee bene en onderlyf verloor het.
[Anoniem]
2.1 Waarom, dink jy, het die komitee die onderhoud beëindig? Gee 'n rede vir jou
antwoord. (2 x 1) (2)
2.2 Uit die verbaasde uitdrukkings op die onderhoudvoerders se gesigte wil dit
voorkom asof Steven nie sy gestremdheid bekend gemaak het nie. Stel
TWEE moontlike redes voor waarom mense met gestremdhede nie hulle
status bekend maak wanneer hulle vir werk aansoek doen nie. (2 x 2) (4)
2.3 Identifiseer 'n arbeidswet wat op die uittreksel hierbo betrekking het en bewys
hoe Steven se nie-bekendmaking van sy gestremdheid deur daardie
spesifieke wet in Suid-Afrika gedek word. (1 + 2) (3)
2.4 Stel DRIE riglyne voor wat die werwingskomitee in ag moet neem wanneer dit
oor die beginsels van gelykheid in die werkplek, met betrekking tot applikante
met gestremdhede, gaan. (3 x 2) (6)
[15]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewensoriëntering 7 DBE/September 2015
NSS – Algemene Assesseringstaak
VRAAG 3
Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
'N VEILIGE EN GESONDE LEWENSWYSE:
WIE SE VERANTWOORDELIKHEID IS DIT?
Begunstigdes van behuising vrees vir hulle lewens aangesien hulle pasgeboude
laekostehuise besig is om te verbrokkel. Inwoners beweer dat die huise in minder as 'n
jaar strukturele defekte toon, met krake en oorstromings wanneer dit reën. Ongeveer
duisend huise is sedert 2012 gebou.
'n Vyftigjarige huiseienaar sê haar gesin het verlede jaar in haar laekostehuis ingetrek
en drie maande later het 'n muur ingetuimel.
Die gemeenskap beweer dat plaaslike owerhede nie aan hulle klagtes aandag gegee
het nie. 'Ons het ons kommer met die uitvoerende bestuurder bespreek, maar hy het
nooit enige besorgdheid getoon nie,' sê 'n gemeenskapsleier. Die LUR vir menslike
nedersettings in die provinsie het gesê dat hulle geen klagtes van die gemeenskap
ontvang het nie.
Die projek is vir 'n totale koste van R56,2 miljoen goedgekeur en die tender is aan
'n plaaslike sakeman toegeken.
[Aangepas uit www.sabc.co.za. Op 7 April 2015 herwin.]
3.1 Identifiseer EEN basiese mensereg, soos in die Handves van Menseregte
gestipuleer, wat in die artikel hierbo geskend word. Gee 'n rede vir jou
antwoord. (1 + 1) (2)
3.2 Gee DRIE moontlike verduidelikings vir die lae gehalte van die huise. (3 x 1) (3)
3.3 Stel TWEE maniere voor waarop die gemeenskap hulle kommer op 'n
verantwoordelike wyse kan uitspreek om te verseker dat die regering veilige
omgewings vir gemeenskappe sal verskaf. (2 x 2) (4)
3.4 Beveel DRIE strategieë aan wat die plaaslike owerheid kan instel om te
verseker dat etiese en veiligheidsbeginsels toegepas sal word wanneer hoë
gehalte behuising verskaf word. (3 x 2) (6)
[15]
TOTAAL AFDELING B: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewensoriëntering 8 DBE/September 2015
NSS – Algemene Assesseringstaak
AFDELING C
Beantwoord enige TWEE vrae in hierdie afdeling.
Jou antwoord moet in opstelvorm wees.
VRAAG 4
Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
NASKOOLSE UITDAGINGS
Die oorgang van hoërskool na die naskoolse lewe is 'n mylpaal in enige mens se lewe.
Wanneer jy met hoërskool klaar is, sal jy met baie veranderinge gekonfronteer word
wat dalk opwindend is, maar ook skrikwekkend kan wees. Studies het bevind dat baie
jong skoolverlaters onvoorbereid is op die uitdagings wat in beide die loopbaan- en
persoonlike gebiede van hulle lewens kan voorkom.
[Anoniem]
Skryf 'n opstel oor die lewensvaardighede wat vereis word om by verandering tydens
die oorgang tussen skool en die naskoolse bestemming aan te pas. Sluit die volgende
inligting in:
Noem DRIE uitdagings waarvoor jy te staan sal kom wanneer jy weg van die
huis af werk. (3 x 1) (3)
Gee skoolverlaters raad oor DRIE maniere om 'n positiewe ingesteldheid
teenoor verandering te ontwikkel wat hulle sal help om by 'n werksomgewing
aan te pas. (3 x 2) (6)
Assesseer hoe 'n persoonlike leefstylplan jou kan help om tydens verandering
lewensgehalte te ervaar deur die volgende komponente van so 'n plan te
bespreek:
Dieet en voeding (2)
Verhouding met vriende en familie (2)
Rekreasie en ontspanning (2) (6)
[15]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewensoriëntering 9 DBE/September 2015
NSS – Algemene Assesseringstaak
VRAAG 5
Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
TB IS 'N REUSE- ARMOEDESKEPPENDE MEGANISME
TB (Tuberkulose), die siekte van die armes, is 'n leefstylsiekte. Daar bestaan 'n
*simbiotiese verhouding tussen TB en armoede. Nuwe TB-infeksies is nie net die
produk van armoede nie, maar skep ook armoede. Om die verwantskap tussen TB en
armoede te begryp, is 'n kragdadige eerste stap om hierdie bose kringloop te verbreek.
Dit is nodig om TB en armoede saam te beveg om ekonomiese en maatskaplike groei
te versnel en sodoende die globale las van TB te verlig.
*Simbiotiese: 'n Verhouding van gesamentlike voordeel of afhanklikheid
[Aangepas uit www.stoptb.org. Op 2 April 2015 herwin.]
Skryf 'n opstel oor die impak van leefstylsiektes en sluit die volgende in:
Definieer 'n leefstylsiekte en dui aan waarom TB as so 'n siekte beskou word.
(1 + 2) (3)
Bespreek DRIE wyses waarop armoede 'n bydraende faktor tot die styging in
TB-infeksies kan wees. (3 x 2) (6)
Stel DRIE maniere voor waarop die plaaslike regering die gemeenskap by
volhoubare programme kan betrek wat TB en armoedeverligting sal aanpak.
(3 x 2) (6)
[15]
VRAAG 6
Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
INFORMELE WERK
Informele werk is algemeen in ontwikkelende lande. Die besigheid behoort aan die
eienaar en die regering is nie betrokke nie. Aangesien informelewerk-eienaars in
afsondering werk, is daar pogings om hulle te verenig deur middel van verenigings,
byvoorbeeld SASTA (Suid-Afrikaanse Swart Taxivereniging).
[Aangepas uit www.mindset.co.za. Op 3 April 2015 herwin.]
Skryf 'n opstel oor innoverende oplossings om werkloosheid teen te werk en sluit die
volgende in:
Definieer 'n informele werk en verduidelik hoe dit 'n innoverende manier is om
werkloosheid in die land teë te werk. (1 + 2) (3)
Bespreek DRIE uitdagings wat mense met informele werk kan ervaar. (3 x 2) (6)
Stel DRIE strategieë voor wat plaaslike besighede kan gebruik om jong mense
te help om informele werk in gemeenskappe vol te hou. (3 x 2) (6)
[15]
TOTAAL AFDELING C: 30
GROOTTOTAAL: 80
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject
%202019%20Preparatory%20Examination%20Question%20Paper_hlayiso.com_--01f25f0e-98d4-4c22-8f6c-6d4e56a46820/v1-2caffe1cb5e2f97514e4/card.webp)
Question paper
Life Orientation Grade 12 Gauteng Mock 2019 QP (Afr)
%20X05%202019%20Preparatory%20Examination%20Question%20Paper_hlayiso.com_--8aebc5a4-b1bd-45aa-996a-694038bb618d/v1-fe0355eda46f51e26994/card.webp)
Question paper
Life Orientation Grade 12 Gauteng Mock 2019 QP (Afr)
%20Preparatory%202017%20Question%20Paper_hlayiso.com_--8293bcdb-1708-4f6a-8d90-7365cd6f6e64/v1-98efea1c2f52bcc1f70c/card.webp)
Question paper
Life Orientation Grade 12 Gauteng Mock 2017 QP (Afr)
%202019%20Preparatory%20Examination%20Answer%20Book_hlayiso.com_--851567c2-e990-4563-9c2e-4e3620fc28c7/v1-7796af76d1b5c249874a/card.webp)
Addendum
Life Orientation Grade 12 Gauteng Mock 2019 Addendum (Afr)

Question paper
Life Orientation Grade 12 Gauteng Mock 2017 Question Paper

Question paper
Life Orientation Grade 12 Life Orientation 2024 QP
More from Grade 12 Life Orientation
/Gr%2012%20Teacher_s%20Guide%20(moderated)--edfad90f-26e9-4c9a-8675-fb4b70efa861/v1-fce5bfae6ca1b85fe904/card.webp)
Study guide
Gr 12 Teacher s Guide (moderated)

Annual teaching plan
Gr 12 LO ATP 2023 24
/Life%20Orientation%20Survival%20Kit--d44546d3-bbeb-4310-83d2-878410571d70/v1-9d4138c4a1086bc15399/card.webp)
Study guide
Life Orientation Survival Kit

Memorandum
Life Orientation Grade 12 NSC November 2025 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Life Orientation Grade 12 NSC November 2025 Memo (English)

Question paper