Skip to content

Life Orientation Grade 12 Gauteng Mock 2017 QP (Afr)

Question paperLife OrientationGrade 12201712 pages

Grade 12 Life Orientation question paper from the Gauteng Mock Exam 2017 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Gauteng Mock Exam 2017

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT GRAAD 12 LEWENSORIËNTERING ALGEMENE ASSESSERINGSTAAK 8 SEPTEMBER 2017 PUNTE: 80 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye en 'n voorblad. 3 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Lewensoriëntering 2 DBE/September 2017 NSS – Algemene Assesseringstaak INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit drie afdelings, naamlik AFDELING A, AFDELING B en AFDELING C. 2. Die vrae in AFDELING A en AFDELING B is VERPLIGTEND. 3. Beantwoord enige TWEE vrae in AFDELING C. 4. Lees AL die vrae aandagtig deur. 5. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 6. Skryf netjies en leesbaar. LET WEL:  'n Voorblad verskyn agter op die vraestel.  Vul al jou besonderhede in op die spasies wat verskaf word.  Maak die voorblad los.  Kram jou los antwoordvelle aan hierdie voorblad vas.  Handig in by die toesighouer aan die einde van die eksamensessie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Lewensoriëntering 3 DBE/September 2017 NSS – Algemene Assesseringstaak AFDELING A (VERPLIGTEND) Beantwoord AL die vrae in hierdie afdeling. VRAAG 1 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (1.1.1–1.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.6 D. 1.1.1 'n Werkskontrak moet die volgende insluit: A Tipe werk, werksure en betaling B Betaling, werksure en gelykheid C Tipe werk, salarisonderhandelinge en verlof D Beëindiging, salarisonderhandelinge en gelykheid 1.1.2 Kardiorespiratoriese fiksheid kan met die … gemeet word. A 12-minute-hardlooptoets en sit-en-strektoets B hardloop-op-een-plek-toets en 12-minute-hardlooptoets C halwe opsitte en hardloop-op-een-plek-toets D skouerstrek en 12-minute-hardlooptoets 1.1.3 'n Munisipaliteit kan munisipale regulasies vir ... hê. A nooddienste, straathandel en waterdienste B straathandel, padverkeer en nooddienste C waterdienste, landbou en padverkeer D landbou, behuising en straathandel 1.1.4 Jou visie het 'n invloed op jou aksies en optrede. Dit sal ... A jou toegewyd maak om jou ouers se ambisies vir jou te bereik. B verseker dat jy slegs op 'n spesifieke loopbaankeuse fokus. C jou hard laat werk om sukses op alle gebiede van die lewe te bereik. D slegs jou besluite rakende jou loopbaan beïnvloed. 1.1.5 'n Persoon pleeg bedrog wanneer hy/sy ... A vir familie en vriende werksgeleenthede gee. B geld of gunste deur dwang of dreigemente bekom. C spesiale gunste aan mense gee wat dit nie verdien nie. D sy/haar werkgewer oor sy/haar kwalifikasies mislei. (5 x 1) (5) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Lewensoriëntering 4 DBE/September 2017 NSS – Algemene Assesseringstaak 1.2 Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die woord/term langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. 1.2.1 Die studiestyl wat prente, kaarte en kleure gebruik om inligting te organiseer (1) 1.2.2 'n Beplande reeks projekte, gebeurtenisse en aksies om diskriminasiekwessies en menseregteskendings te beveg, verander of bevorder (1) 1.2.3 'n Tipe stressor wat ontstaan as gevolg van destruktiewe verhoudings met ander (1) 1.2.4 'n Ontspanningsaktiwiteit waarmee jy binne 'n spesifieke tyd jou pad van punt tot punt in vreemde plekke vind (1) 1.2.5 'n Regstellingsaksie wat poog om ongelyke toegang tot basiese dienste te herstel (1) 1.3 Beantwoord die volgende vrae deur die antwoord langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.4) in die ANTWOORDEBOEK te skryf. Skryf jou antwoorde in volsinne. 1.3.1 Bespreek kortliks enige funksie van die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA). (2) 1.3.2 Waarom is tydsbestuur 'n belangrike aspek wat by 'n studieplan ingesluit moet word? (2) 1.3.3 Onderskei tussen diskriminasie en xenofobie. (2 x 2) (4) 1.3.4 Behalwe geen betaling vir dienste gelewer nie, verduidelik 'n nadeel van vrywillige werk as 'n manier om werkloosheid teë te werk. (2) TOTAAL AFDELING A: 20 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Lewensoriëntering 5 DBE/September 2017 NSS – Algemene Assesseringstaak AFDELING B (VERPLIGTEND) Beantwoord AL die vrae in hierdie afdeling. Skryf jou antwoorde in volsinne. VRAAG 2 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. MIDDELMISBRUIK VERNIETIG SUID-AFRIKA SE JEUG Middelmisbruik kan 'n wye verskeidenheid kort- en langtermyn, direkte en indirekte effekte op 'n persoon se fisiese, geestelike en emosionele gesondheid hê. Hierdie gesondheidseffekte kan ná slegs een keer se gebruik voorkom. Studies toon dat al hoe meer jongmense in Suid-Afrika gesondheidsverwante probleme weens middelmisbruik ervaar. Een van die hooffaktore wat middelmisbruik onder jong mense kan beïnvloed, is die beskikbaarheid van middels in ons gemeenskappe en die ondoeltreffendheid van dwelmhandelwette. [Aangepas uit www.fanews.co.za/healthcare, www.drugabuse.gov/nida. Toegang op 5 Mei 2017 verkry.] 2.1 Identifiseer 'n leefstylsiekte wat deur middelmisbruik veroorsaak word en verduidelik hoe dit tot swak gesondheid lei. (1 + 2) (3) 2.2 Bespreek EEN sielkundige faktor wat tot middelmisbruik kan lei. (1 x 2) (2) 2.3 Noem 'n ingrypingstrategie vir jongmense en dui aan hoe dit hulle kan verhinder om middels te misbruik. (1 x 2) (2) 2.4 Evalueer hoe fisiese deelname aan sport die emosionele welstand van 'n rehabiliterende dwelmverslaafde positief kan beïnvloed. (2 x 2) (4) 2.5 Stel TWEE maniere voor waarop gemeenskappe hulle griewe oor dwelmhandel op 'n wettige en verantwoordelike wyse kan oplos. (2 x 2) (4) [15] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Lewensoriëntering 6 DBE/September 2017 NSS – Algemene Assesseringstaak VRAAG 3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. 'SELFGESENTREERDE' WERKSETIEK HOU JONG WERKNEMERS TERUG Sommige deskundiges, wat spesialiseer in die oorbrugging van die gaping tussen die verwagtinge van verskillende generasies, sê dit is nie dat jonger generasies geen werksetiek het nie. Cam Marston sê hulle het 'selfgesentreerde werksetiek'. Hy het dit gesê nadat 'n jong werker nie daarin kon slaag om sy verpligtinge na te kom nie omdat hy meer oor sy persoonlike sake begaan was. 'Dit is net nie gerieflik nie.' Dit was die presiese woorde wat 'n jong kontrakwerker gebruik het toe hy aan sy werkgewer verduidelik het waarom hy nie 'n projek, wat die vorige dag voltooi moes gewees het, klaargemaak het nie. Ter verdediging het die werker gesê: 'Dit was nie so maklik soos wat ek gedink het dit sou wees nie. Ek het met die verloop van tyd 'n paar probleme ondervind. Boonop is daar baie dinge wat aangaan. Ek het 'n lewe, jy weet. Dit is my reg. My vakbond sal my beskerm.' Die werkgewer het dit nie aanvaar nie. 'Ek gee nie om aan watter generasie jy behoort nie, daar is iets soos werksetiek. Dit gaan nie daaroor of dit gerieflik is of nie.' [Aangepas uit Career Consultant deur Andrea Kay] 3.1 Noem EEN beginsel van werksetiek en verduidelik kortliks hoe die kontrakwerker in die scenario hierbo dit nie nagekom het nie. (1 + 2) (3) 3.2 Verwys na die werker se woorde: 'My vakbond sal my beskerm'. Verduidelik hoe die vakbond in hierdie geval tussenbeide kon tree. (1 x 2) (2) 3.3 Beskryf EEN kommunikasievaardigheid wat belangrik is om 'n positiewe verhouding tussen 'n werkgewer en 'n werknemer te bou. (1 x 2) (2) 3.4 Evalueer hoe die werkskontrak die belange en regte van die werkgewer in die scenario hierbo beskerm. (2 x 2) (4) 3.5 Gee die jong werker raad oor hoe hy die situasie anders kon hanteer het in plaas daarvan om verskonings aan te bied oor hoekom sy werk nie voltooi is nie. (2 x 2) (4) [15] TOTAAL AFDELING B: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Lewensoriëntering 7 DBE/September 2017 NSS – Algemene Assesseringstaak AFDELING C Beantwoord enige TWEE vrae in hierdie afdeling. Jou antwoorde moet in die vorm van 'n KORT OPSTEL wees. Punte sal slegs toegeken word vir antwoorde wat in volsinne geskryf is. VRAAG 4 Lees die uittreksel hieronder. MUNISIPALITEIT TREE TEEN ONWETTIGE STORTING OP Die Langeni-munisipaliteit het 'n onwettigestorting-bewustheidsprojek bekend gestel. Hierdie projek volg nadat gemeenskapslede 'n hele klomp vullis in die strate en markterreine gestort het. Sommige ouers het aan die munisipaliteit gerapporteer dat hulle gesien het hoe hulle kinders met vuil naalde, gebruikte verbande en medisynebottels, waarvan die inhoud verval het, gespeel het. Dit is buite die gesondheidskliniek gestort. [Aangepas uit www.thenewage.co.za. Toegang op 14 Februarie 2017 verkry.] Skryf 'n kort opstel oor die gemeenskap se verantwoordelikheid om omgewings en dienste daar te stel wat 'n veilige en gesonde leefwyse bevorder. Gebruik die volgende as 'n riglyn: • DRIE moontlike faktore wat tot die probleem van afvalstorting, soos hierbo beskryf, kon gelei het • DRIE gevolge van afvalstorting vir die gemeenskap • DRIE strategieë wat die munisipaliteit kan gebruik om te verseker dat die onwettigestorting-bewustheidsprojek suksesvol is [15] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Lewensoriëntering 8 DBE/September 2017 NSS – Algemene Assesseringstaak VRAAG 5 Lees die uittreksel hieronder. BESTUUR EN TEKSBOODSKAPPE STUUR ('TEXTING') Die Nasionale Hoofweg- Verkeersveiligheidsadministrasie sê dat selfoongebruik tydens bestuur jaarliks tot 1,6 miljoen ongelukke lei. *'Texting' of die maak van selfoonoproepe terwyl daar bestuur word, is by verre die gevaarlikste aktiwiteit wat noodlottige/dodelike ongelukke onder tienerbestuurders veroorsaak. 'n Gemiddeld van 11 tieners sterf elke dag op Suid-Afrikaanse paaie as gevolg van hierdie sosiale faktor. [Aangepas uit Driver Electronic Device Use. Traffic Safety Facts: National Highway Traffic Safety Administration. Toegang op 12 Februarie 2017 verkry.] *'Texting' beteken om 'n teksboodskap met 'n selfoon te stuur. Skryf 'n kort opstel oor menslike faktore wat tot ongelukke lei. Gebruik die volgende as 'n riglyn: • Definisie van die term sosiale faktor en verduidelik hoekom die stuur van teksboodskappe ('texting') terwyl jy bestuur, geklassifiseer kan word as 'n sosiale faktor wat ongelukke veroorsaak • DRIE redes hoekom tieners aanhou om hulle selfone te gebruik terwyl hulle bestuur, ten spyte van die risiko wat dit inhou • DRIE praktiese maniere om tienerbestuurders van die gevare van die stuur van teksboodskappe ('texting') terwyl hulle bestuur, bewus te maak [15] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Lewensoriëntering 9 DBE/September 2017 NSS – Algemene Assesseringstaak VRAAG 6 Lees die uittreksel hieronder. VRYHEID VAN UITDRUKKING EN DIE MEDIA Alhoewel die Muilbandwet (Wetsontwerp op die Beskerming van Staatsinligting) nasionale veiligheid beskerm, kan dit ons vryheid van uitdrukking beperk. Fluitjieblasers en ondersoekende joernaliste kan soos misdadigers hanteer word omdat hulle hulle werk doen. Oral in die wêreld, selfs in lande wat as van die mees demokratiese lande beskou word, word nasionale veiligheid as 'n verskoning gebruik om inligting wat van uiterste belang vir die publiek is, geheim te hou. [Aangepas uit Challenges To Media Freedom in South Africa. Toegang op 22 April 2017 verkry.] Skryf 'n kort opstel oor die rol en verantwoordelikheid van die media in 'n demokratiese samelewing. Gebruik die volgende as 'n riglyn: • DRIE grondwetlike beperkings op die reg tot vryheid van uitdrukking • DRIE rolle van die media en bespreek die negatiewe uitwerking van die beperking van ELK van hierdie rolle in 'n demokratiese samelewing • DRIE verantwoordelike stappe wat die media kan neem om burgers te betrek om die media se reg tot vryheid van uitdrukking te beskerm [15] TOTAAL AFDELING C: 30 GROOTTOTAAL: 80 Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com LET WEL:  'n Voorblad verskyn agter op die vraestel.  Vul al jou besonderhede in op die spasies wat verskaf word.  Maak die voorblad los.  Kram jou los antwoordvelle aan hierdie voorblad vas.  Handig in by die toesighouer aan die einde van die eksamensessie.
Downloaded from hlayiso.com September 2017 ----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------- NSC Answer Book NSS Antwoordeboek National Senior Certificate/Nasionale Senior Sertifikaat (Grade 12/Graad 12) CENTRE NUMBER SENTRUMNOMMER Sequence no. on marksheet: Volgnommer op puntestaat: LEARNER'S NAME LEERDER SE NAAM EXAMINATION NUMBER EKSAMENNOMMER DATE BOOK NUMBER OF BOOKS DATUM 8 September 2017 BOEKNOMMER VAN BOEKE SUBJECT CODE VAKKODE MODERATOR’S INITIALS IN MARKER RELEVANT BLOCK Marker's Code Question Marks Marks SM DCM CM & Initials 1 2 3 4 5 6 TOTAL Staple all loose answer sheets to the back of this cover page./ Kram alle los antwoordblaaie aan die agterkant van hierdie voorblad. CONTROLLED AND CERTIFIED CORRECT (SURNAME AND INITIALS OF MARKER)
Downloaded from hlayiso.com September 2017 MULTIPLE-CHOICE ANSWERS / MEERVOUDIGEKEUSE-ANTWOORDE CENTRE NUMBER SENTRUMNOMMER EXAMINATION NUMBER EKSAMENNOMMER QUESTION/VRAAG: 1.1 Subquestion no. Indicate your choice with an ‘X’ Subvraagnr. Dui jou keuse aan met ‘n ‘X’ 1.1.1 A B C D 1.1.2 A B C D 1.1.3 A B C D 1.1.4 A B C D 1.1.5 A B C D 1.1.6 A B C D 1.1.7 A B C D 1.1.8 A B C D 1.1.9 A B C D 1.1.10 A B C D

Study this subject

More from Grade 12 Life Orientation

View all