Downloaded from hlayiso.com
GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
VOORBEREIDENDE EKSAMEN
2020
10601
WISKUNDIGE GELETTERDHEID
VRAESTEL 1
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
11 bladsye + 1 antwoordblad
b.o.
Skip to contentAll 2020 papers %20Preparatory%202017%20Question%20Paper_hlayiso.com_--11d028b9-4280-4bd2-bf13-aaf3c412ade3/v1-7d01bb76199b3362da1d/card.webp)
%202015%20Preparatory%20Examination%20Question%20Paper_hlayiso.com_--f7c020f8-b359-4c5f-b0a6-9c6dc19d3778/v1-88ad7c83485df6c87a8e/card.webp)
%202019%20Preparatory%20Examination%20Addendum_hlayiso.com_--657f6e9a-3626-48fa-9c6e-11d49700db5a/v1-800bfe1d1d09f06cc902/card.webp)
%20Preparatory%202018%20Possible%20Answer_hlayiso.com_--b82b5337-d583-4576-8235-f8c6a3fe1432/v1-e0fc9a9293c5b8d6ade2/card.webp)
%20Preparatory%202017%20Addendum_hlayiso.com_--f52aff5c-abbe-4fde-b6ac-05165475dabd/v1-5415ac530376df944eb8/card.webp)
%20SEP%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--f0172261-2f96-4a22-9154-bd5d38da865a/v1-5701240b47614d0b0a9c/card.webp)
View all





Mathematical Literacy Grade 12 P1 Gauteng Mock 2020 QP (Afr)
Grade 12 Mathematical Literacy Paper 1 question paper from the Gauteng Mock Exam 2020 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.
Mathematical Literacy · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2020 · Afrikaans. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Mathematical Literacy
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2020
- Exam period
- Gauteng Mock Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 13
- File size
- 405.9 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 13
This exam
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
WISKUNDIGE GELETTERDHEID 2
(Vraestel 1) 10601/20
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit VYF vrae. Beantwoord AL die vrae.
2. ANTWOORDBLAD (bl. 12): Skryf jou naam in die spasie wat voorsien word en handig jou
ANTWOORDBLAD saam met jou ANTWOORDBOEK in.
3. Gebruik die ADDENDUM soos volg:
• Gebruik BYLAAG A om Vraag 2.3 te beantwoord
• Gebruik BYLAAG B om Vraag 3.2 te beantwoord
• Gebruik BYLAAG C om Vraag 4.1 te beantwoord
• Gebruik BYLAAG D om Vraag 4.2 te beantwoord
• Gebruik BYLAAG E om Vraag 5.2 te beantwoord
4. Nommer jou antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in die vraestel gebruik word.
5. ʼn Goedgekeurde sakrekenaar (nieprogrammeerbaar en nie-grafies) mag gebruik word tensy
anders vermeld.
6. Toon ALLE berekeninge duidelik aan.
7. Rond ALLE finale antwoorde toepaslik af volgens die gegewe konteks, tensy anders vermeld.
8. Dui meeteenhede aan, waar van toepassing.
9. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy.
10. Skryf netjies en leesbaar.
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
WISKUNDIGE GELETTERDHEID 3
(Vraestel 1) 10601/20
VRAAG 1
1.1
1.1.1 Waarvoor staan die akroniem BTW? (2)
1.1.2 Bereken die bedrag BTW wat betaal word op ʼn koffie koppie wat R75,90
(BTW uitgesluit) kos. (2)
1.1.3 Pryse verhoog jaarliks as gevolg van inflasie. Indien die prys van 1 kg
piesangs R13,99 in 2020 kos, en die prys in 2021 met 9,5% styg as gevolg
van inflasie, bereken die nuwe prys vir 1 kg piesangs in 2021. (2)
1.1.4 Indien Joan ʼn maandelikse bruto inkomste van R13 500 verdien, bepaal
hoeveel sy maandeliks tot WVF bydra. (2)
1.1.5 Definieer die term bruto inkomste. (2)
1.1.6 ABC Bank bied ʼn rentekoers van 8,5% per jaar. Bereken die rentekoers
indien dit daagliks saamgestel word. Rond jou antwoord af tot 4 desimale
plekke. (2)
1.1.7 Gebruik die rentekoers in VRAAG 1.1.6 en bereken die bedrag rente wat
John vir een dag sal ontvang indien hy R2 000 belê het. (2)
1.2 Nick wil een van die heinings van sy erf met ʼn betonheining vervang. Die afmetings van die
erf is soos volg: Die lengte is 30 m en die wydte is 800 duim. Verwys na die diagram
hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
30 m
Huis
800 duim
1.2.1 Herlei die wydte van die erf na cm.
Gebruik die herleidingskoers van 1 duim = 2,5 cm. (2)
1.2.2 Indien die wydte van die erf 20 m is, bereken die totale omtrek van die erf in
meter.
Gebruik die volgende formule: Omtrek = (2 x lengtes) + (2 x wydtes) (2)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
WISKUNDIGE GELETTERDHEID 4
(Vraestel 1) 10601/20
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
WISKUNDIGE GELETTERDHEID 5
(Vraestel 1) 10601/20
1.2.3 Die lengte van een betonblad is 1,5 m. Bepaal hoeveel betonblaaie hy sal
gebruik indien hy slegs een van die lengtes van die heining in sy erf vervang. (2)
1.2.4 Die ideale uithardingstemperatuur vir beton mag nie 90˚F oorskry nie.
Herlei hierdie temperatuur na ˚C. Rond jou antwoord af tot die naaste
heelgetal.
Gebruik die volgende formule:
𝟓
℃= (℉ − 𝟑𝟐)
𝟗
(2)
1.3 Die Graad 12 klas het ʼn klastoets geskryf en die punte wat hieronder getabuleer is,
behaal. Die klastoets was uit ʼn totaal van 50 punte. Gebruik die inligting in die tabel
voorsien en beantwoord die vrae wat volg.
Tabel 1: Punte behaal uit 50
17 25 30 17 45
16 21 9 22 40
33 28 15 14 18
1.3.1 Bepaal die modale punt wat vir die toets behaal is. (2)
1.3.2 Bepaal die waarskynlikheid om lukraak ʼn leerder te kies wat meer as 38 uit
50 vir die toets behaal het. (2)
1.3.3 Bepaal die omvang vir die punte behaal. (2)
1.3.4 Bepaal die persentasie vir die leerder wat die minimum punt behaal het. (2)
[30]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
WISKUNDIGE GELETTERDHEID 6
(Vraestel 1) 10601/20
VRAAG 2
2.1 Nico het ʼn klein winkel in sy gemeenskap oop gemaak. Hy kry meeste van sy
produkte van ʼn grootmaatwinkel of ʼn plaas in sy omgewing. Hy voeg ʼn winsopslag
van 20% by die kosprys om die verkoopprys te bepaal.
2.1.1 Nico verkoop sy lemoene teen R7,99 per kilogram. Bepaal sy verkoopprys
vir 3,8 kg lemoene. (2)
2.1.2 Nico koop 120 botterskorsies van ʼn boer vir R720,00. Wat is sy kosprys vir
een botterskorsie? (2)
2.1.3 Bereken die totale inkomste wat Nico sal ontvang indien hy 240
botterskorsies met ʼn 20% winsopslag verkoop. (3)
2.1.4 Nico wil meer wins maak deur sy tamaties teen ʼn hoër prys te verkoop as
gevolg van die hoër aanvraag. Bereken die persentasie verhoging indien die
oorspronklike prys van die tamaties R15,50 per kilogram was en hy die prys
na R23,25 per kilogram verhoog het.
Nuwe Prys - Ou Prys
Gebruik die formule: % Verhoging = × 𝟏𝟎𝟎 (2)
Ou Prys
2.2 Sabir gaan na ʼn Universiteit om ʼn graad in aptekerswese te studeer. Sy pa het besluit
om vir hom ʼn nuwe Toyota Aygo te koop vir sy wonderlike Graad 12 resultate. Die
Toyota Aygo het huidiglik ʼn spesiale, redelike prys van R174 900 BTW ingesluit.
Hulle het besluit om die motor op huurkoop te koop en die balans in 60 maandelikse
paaiemente af te betaal. Enkelvoudige rente word gehef teen 14% per jaar. ʼn Deposito
van 10% word vereis.
2.2.1 Hoeveel jaar sal dit hul neem om die motor af te betaal? (2)
2.2.2 Bereken die bedrag wat hul as deposito moet betaal. (2)
2.2.3 Bereken die leningsbedrag nadat die deposito betaal was. (2)
2.2.4 Bepaal die totale bedrag rente wat oor die 60-maande tydperk op die
uitstaande balans betaal sal word. (3)
2.2.5 Daarna, bereken sy maandelikse paaiement indien die totale bedrag
betaalbaar R267 597 is. (2)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
WISKUNDIGE GELETTERDHEID 7
(Vraestel 1) 10601/20
2.3 Die jaarlikse regering besteding state vir 2017/18 en 2018/19 finansiële jaar was
vrygestel. Verwys na die statistiek in BYLAAG A, in die ADDENDUM en
beantwoord die vrae wat volg.
2.3.1 Bereken die verskil tussen die gekonsolideerde besteding van 2017/18 en die
gekonsolideerde besteding van 2018/19. (6)
2.3.2 Watter gekonsolideerde besteding het die meeste verhoog vanaf 2017/18 tot
2018/19 en bereken die verskil tussen hierdie twee jare. (3)
2.3.3 Bereken die persentasie verlaging in die gesondheidsbesteding vanaf
2017/18 tot 2018/19. (4)
[33]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
WISKUNDIGE GELETTERDHEID 8
(Vraestel 1) 10601/20
VRAAG 3
3.1 Gedurende ʼn hittegolf het Mlungisi besluit om roomys-toebroodjies aan haar mede-
skoliere te verkoop. Hierdie toebroodjies is silindries en word in ʼn reghoekige prisma
verpak. Die afmetings van die silindriese roomys-toebroodjies is soos volg: Die radius
van een van die roomys-toebroodjies is 3,5 cm en die hoogte van een van die roomys-
toebroodjies is 3 cm. Verwys na die skets en die inligting hieronder en beantwoord die
vrae wat volg.
[Aangepas vanuit: patandstick.com.au]
Formules:
Omtrek = 𝟐 × 𝝅 × 𝒓 Gebruik 𝝅 = 3,142
Oppervlak = 𝝅 × (𝒓𝒂𝒅𝒊𝒖𝒔)𝟐
Volume = 𝝅 × (𝒓𝒂𝒅𝒊𝒖𝒔)𝟐 × 𝒉𝒐𝒐𝒈𝒕𝒆
3.1.1 Definieer die term omtrek. (2)
3.1.2 Die hoogte van die reghoekige prisma, waarin die roomys-toebroodjies
gepak word, is 17 cm. Bepaal hoeveel roomys-toebroodjies in een boksie
gestapel kan word. (2)
3.1.3 Bereken die volume van een roomys-toebroodjie. (4)
3.1.4 Mlungisi is bekommerd oor haar gewig nadat sy te veel roomys-
toebroodjies geëet het. Haar Liggaamsmassa-Indeks (LMI) is huidiglik
29,38 kg/m2 en sy is 1,65 m lank. Bepaal haar haar huidige massa (in kg)
en rond jou antwoord af tot die naaste kg.
Massa in kg
Gebruik die volgende formule: LMI= (Lengte in m)2 (3)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
WISKUNDIGE GELETTERDHEID 9
(Vraestel 1) 10601/20
3.1.5 Mlungisi moet na die winkel loop om die bestanddele vir aandete te koop.
Die winkel is 450 meter van haar huis af. Dit neem haar 6 minute om
vanaf haar huis na die winkel te loop.
(a) Bereken haar gemiddelde spoed in meter per minuut.
Afstand
Gebruik die formule: Gemiddelde spoed = (2)
Tyd
(b) Die winkel sluit om 17:00 en sy moet geld by haar ouma kry wat
halfpad na die winkel is. Sy spandeer 12 minute by haar ouma om
die geld te kry. Indien sy die huis om 16:40 verlaat, teen watter tyd
sal sy die winkel bereik? (2)
3.1.6 Mlungisi het ʼn druppende kraan in haar kombuis. Die water drup teen ʼn
tempo van 12 ml elke minuut. Bepaal die hoeveelheid water, in liter, wat
in een volle dag gemors word. (4)
3.2 Johnny gebruik die Gautrain om by die skool te kom. Bestudeer die tydrooster van die
vertrekke en aankomstye van die Gautrain in die ADDENDUM, BYLAAG B, om die
vrae wat volg te beantwoord.
3.2.1 Op watter tydsintervalle verlaat die trein elke stasie? (2)
3.2.2 Hoeveel stasies word op die tydrooster vir die Gautrain aangedui? (2)
3.2.3 Word die tyd in die tydrooster in digitale of analogiese formaat voorgestel? (2)
3.2.4 Hoe lank neem dit die Gautrain om vanaf Sandton na Hatfield te reis? (2)
[27]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
WISKUNDIGE GELETTERDHEID 10
(Vraestel 1) 10601/20
VRAAG 4
4.1 Pete en ʼn paar van sy vriende het besluit om vir ʼn naweek na die voorbereidende
eksamens weg te gaan. Die Kosama oord waar hul sal bly, word op BYLAAG C in die
ADDENDUM getoon. Verwys na BYLAAG C, en beantwoord die vrae wat volg.
4.1.1 Indien elke kamer ʼn maksimum van twee mense kan akkommodeer, bepaal
hoeveel mense by die oord kan bly. (2)
4.1.2 Bepaal die aantal mense wat in die eetkamer geakkommodeer kan word
indien al die sitplekke gevul word. (2)
4.1.3 Wat is die verskil tussen die aantal mense wat in die oord kan bly en die
aantal mense wat by die oord kan uiteet? (2)
4.1.4 Definieer die term vloerplan. (2)
4.1.5 Op watter aansig is die eetkamer vensters geleë? (2)
4.1.6 Skryf die lengte van die muur op die Noordelike aansig neer. (2)
4.2 Suzy en haar vriende besoek Hartbeespoort Natuurreservaat om navorsing vir ʼn
Lewenswetenskap Taak te doen. Hulle sal vanaf Magaliespark (A op die kaart op
BYLAAG D) na Hartbeespoort Natuurreservaat (B op die kaart) reis. Verwys na die
GPS-plan op BYLAAG D en beantwoord die vrae wat volg.
4.2.1 In watter algemene rigting sal Suzy en haar vriende reis? (2)
4.2.2 Meet die reguitlyn afstand vanaf Magaliespark na Hartbeespoort
Natuurreservaat. Gee jou antwoord in sentimeter. (2)
4.2.3 Daarna, bereken die skaal van die kaart indien die werklike reguitlyn
afstand 3,9 km is. Rond jou antwoord af tot die naaste tien duisend. (4)
4.2.4 Verduidelik wat die skaal wat jy in VRAAG 4.2.3 bereken het, beteken. (2)
4.2.5 Identifiseer die plaaslike roete wat hul sal gebruik wanneer hul vanaf
Magaliespark na Hartbeespoort Natuurreservaat reis. (2)
[24]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
WISKUNDIGE GELETTERDHEID 11
(Vraestel 1) 10601/20
VRAAG 5
5.1 Thato doen navorsing oor die jaarlikse weervoorspelling van Hartbeespoort.
Hieronder is die gemiddelde temperature en reënvalmetings oor `n tydperk van
een jaar. Hierdie inligting sal vir jou ʼn duidelike aanduiding gee oor watter tipe
weer jy oor die tydperk van ʼn tipiese jaar kan verwag. Gebruik die inligting in
die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Gemiddelde temperatuur en reënval vir die jaar in Hartbeespoort
Laagste Hoogste Aantal
Maand temperatuur temperatuur reënval
in ˚C in ˚C dae
Januarie 18 29 8
Februarie 18 30 6
Maart 16 28 6
April 12 25 3
Mei 8 23 1
Junie 5 21 0
Julie 5 21 0
Augustus 7 23 0
September 12 28 1
Oktober 15 28 8
November 16 28 8
Desember 18 29 8
5.1.1 Verduidelik die verskil tussen diskrete data en kontinue data. (2)
5.1.2 In watter maand was die hoogste temperatuur aangeteken? (2)
5.1.3 Hoeveel maande het minder as 3 reëndae gehad? (2)
5.1.4 Bepaal die omvang van die aantal reëndae aangeteken. (2)
5.1.5 Gebruik die kolom met die laagste temperature aangeteken en
rangskik dit in stygende volgorde. (2)
5.1.6 Gebruik die inligting in VRAAG 5.1.5 en bepaal die mediaan
temperatuur vir die jaar. (2)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
WISKUNDIGE GELETTERDHEID 12
(Vraestel 1) 10601/20
5.1.7 Bereken die gemiddelde aantal reënval dae vir die jaar. (3)
5.18 Die houer-en-punt diagram hieronder verteenwoordig die
kwartielwaardes vir die laagste temperature aangeteken vir die jaar.
Gebruik die houer-en-punt diagram of die 5-getal opsomming
(hieronder) om die Interkwartiel-omvang te bepaal.
Die 5-getal opsomming:
Minimum K1 K2 K3 Maksimum
6,5 8,5 13,4 16,2 17 (4)
5.1.9 Die grafiek op die ANTWOORDBLAD verteenwoordig die laagste
temperature aangeteken vir die jaar. Gebruik die inligting in die tabel
op die vorige bladsy om ʼn grafiek op dieselfde assestelsel te teken
wat die hoogste temperature vir die jaar verteenwoordig. Onthou om
jou ANTWOORDBLAD uit te skeur en dit in jou
ANTWOORDBOEK in te sit. (5)
5.2 Misdaadsyfers het verander vanaf 1995 tot 2018. Verwys na die grafiek in
BYLAAG E aangaande die Suid-Afrikaanse jaarlikse persentasie verandering in
moordsyfers en beantwoord die vrae wat volg.
5.2.1 Gedurende watter jaar was die grootste afname in moordsyfer? (2)
5.2.2 Indien die totale aantal moorde gedurende die 15/16 periode 31 320
was, hoeveel moorde was daar in 16/17? (2)
5.2.3 Bereken die gemiddelde persentasie toename in moordsyfer vanaf die
jaar 12/13 tot 17/18. (3)
5.2.4 Bepaal hoeveel jare ʼn afname in moordsyfer toon. (2)
5.2.5 Bereken die verskil tussen die jaar met die hoogste afname en die jaar
met die hoogste toename in moordsyfer. (3)
[36]
TOTAAL 150
EINDE
Downloaded from hlayiso.com
WISKUNDIGE GELETTERDHEID 13
(Vraestel 1) 10601/20
ANTWOORDBLAD
Naam: ________________________________________________ GR 12- ____
VRAAG 5.1.9
Gemiddelde temperatuur vir die jaar
Laagste temperatuur .
32
30
28
26
24
22
20
Temperatuur in ˚C
18
16
14
12
10
8
6
4
2
0
Junie Julie
Maart
Januarie
November Desember
Februarie Oktober
April Mei
September
Augustus
Maand
Study this subject
Recommended for this subject
%20Preparatory%202017%20Question%20Paper_hlayiso.com_--11d028b9-4280-4bd2-bf13-aaf3c412ade3/v1-7d01bb76199b3362da1d/card.webp)
Question paper
Mathematical Literacy Grade 12 P1 Gauteng Mock 2017 QP (Afr)
%202015%20Preparatory%20Examination%20Question%20Paper_hlayiso.com_--f7c020f8-b359-4c5f-b0a6-9c6dc19d3778/v1-88ad7c83485df6c87a8e/card.webp)
Question paper
Mathematical Literacy Grade 12 P1 Gauteng Mock 2015 QP (Afr)
%202019%20Preparatory%20Examination%20Addendum_hlayiso.com_--657f6e9a-3626-48fa-9c6e-11d49700db5a/v1-800bfe1d1d09f06cc902/card.webp)
Addendum
Mathematical Literacy Grade 12 P1 Gauteng Mock 2019 Addendum
%20Preparatory%202018%20Possible%20Answer_hlayiso.com_--b82b5337-d583-4576-8235-f8c6a3fe1432/v1-e0fc9a9293c5b8d6ade2/card.webp)
Addendum
Mathematical Literacy Grade 12 P1 Gauteng Mock 2018 Addendum
%20Preparatory%202017%20Addendum_hlayiso.com_--f52aff5c-abbe-4fde-b6ac-05165475dabd/v1-5415ac530376df944eb8/card.webp)
Addendum
Mathematical Literacy Grade 12 P1 Gauteng Mock 2017 Addendum
%20SEP%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--f0172261-2f96-4a22-9154-bd5d38da865a/v1-5701240b47614d0b0a9c/card.webp)
Question paper
Mathematical Literacy Grade 12 P2 Gauteng Mock 2022 QP (Afr)
More from Grade 12 Mathematical Literacy

Memorandum
Mathematical Literacy Grade 12 P1 2025 Memo (Afr)

Addendum
Mathematical Literacy Grade 12 P2 2025 Addendum (Afr)

Memorandum
Mathematical Literacy Grade 12 P1 Free State Mock 2025 Memo

Addendum
Mathematical Literacy Grade 12 P1 KZN Mock 2025 Addendum

Memorandum
Mathematical Literacy Grade 12 P1 Limpopo Mock 2025 Memo

Errata