Vertroulik
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
FISIESE WETENSKAPPE: CHEMIE (V2)
NOVEMBER 2025
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye en 4 gegewensblaaie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2025 papers 





View all





Physical Sciences Grade 12 P2 NSC November 2025 QP (Afr)
Grade 12 Physical Sciences Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2025 (Afrikaans), 20 pages. Read online or download the free PDF.
Physical Sciences · Grade 12 · NSC November Exam · 2025. Question paper, 20 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Physical Sciences
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2025
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 20
- File size
- 1.2 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 20
This exam
NSC November Exam 2025
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Fisiese Wetenskappe/V2 2 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Skryf jou sentrumnommer en eksamennommer in die toepaslike ruimtes op die
ANTWOORDEBOEK neer.
2. Hierdie vraestel bestaan uit NEGE vrae. Beantwoord AL die vrae in die
ANTWOORDEBOEK.
3. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy in die ANTWOORDEBOEK.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
5. Laat EEN reël tussen twee subvrae oop, bv. tussen VRAAG 2.1 en
VRAAG 2.2.
6. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
7. Toon ALLE formules en substitusies in ALLE berekeninge.
8. Rond jou FINALE numeriese antwoorde tot 'n minimum van TWEE desimale
plekke af.
9. Gee kort (bondige) motiverings, besprekings, ens. waar nodig.
10. Jy word aangeraai om die aangehegte GEGEWENSBLAAIE te gebruik.
11. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Fisiese Wetenskappe/V2 3 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE 2025
Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Elke vraag
het slegs EEN korrekte antwoord. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs
die vraagnommers (1.1 tot 1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.11 E.
1.1 Watter EEN van die volgende is die naam van die funksionele groep van
propan-1-ol?
A Karboksiel
B Karboniel
C Hidroksiel
D Formiel (2)
1.2 Die organiese verbinding C2H4 word na 'n alkaan omgeskakel, soos in die
reaksie hieronder getoon.
C2H4 → Alkaan
Watter EEN van die volgende is 'n geskikte katalisator vir hierdie reaksie?
A Lood
B Platinum
C Waterstof
D Yster (2)
1.3 Watter van die volgende stellings is ALTYD van toepassing op verbindings wat
strukturele isomere van mekaar is?
(i) Hulle behoort aan dieselfde homoloë reeks.
(ii) Hulle het dieselfde struktuurformule.
(iii) Hulle het dieselfde molekulêre formule.
A Slegs (iii)
B Slegs (i) en (iii)
C Slegs (i) en (ii)
D (i), (ii) en (iii) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Fisiese Wetenskappe/V2 4 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
1.4 Magnesiumlint met 'n massa van 2 g reageer met oormaat soutsuur met 'n
konsentrasie van 0,1 mol·dm-3 by 20 °C:
Mg(s) + 2HCℓ(aq) → MgCℓ2(aq) + H2(g)
Watter EEN van die volgende veranderinge sal NIE die aanvanklike
reaksietempo verhoog NIE?
A Gebruik 2 g verpoeierde magnesium
B Verhoog die temperatuur van HCℓ tot 30 °C
C Gebruik 'n langer stuk van die magnesiumlint
D Verdubbel die volume van die soutsuur gebruik (2)
1.5 Die volgende reaksie bereik ewewig in 'n geslote houer:
H2(g) + S(s) ⇌ H2S(g) ΔH < 0
Die reaksietempo-teenoor-tydgrafiek vir die reaksie word hieronder gegee.
Reaksietempo
t1 Tyd
Watter verandering is by tyd t1 aan die sisteem gemaak?
A Die druk is by 'n konstante temperatuur verhoog.
B Die volume van die houer is vergroot.
C Die temperatuur is verhoog.
D Meer waterstof is by die sisteem gevoeg. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Fisiese Wetenskappe/V2 5 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
1.6 'n Hipotetiese endotermiese reaksie word hieronder gegee.
A(g) + B(g) ⇌ AB(g)
Die aktiveringsenergie vir die terugwaartse reaksie is 50 kJ∙mol-1.
Watter EEN van die volgende is moontlik vir die reaksie hierbo?
A Die reaksiewarmte is +70 kJ∙mol-1.
B Die aktiveringsenergie vir die voorwaartse reaksie is 50 kJ∙mol-1.
C Die energie van die geaktiveerde kompleks is 40 kJ∙mol-1.
D Die aktiveringsenergie vir die voorwaartse reaksie is 40 kJ∙mol-1. (2)
1.7 Die produkte vir die reaksie tussen 'n metaaloksied en 'n suur is ...
A 'n sout en water.
B 'n sout en waterstofgas.
C 'n sout en koolstofdioksied.
D 'n sout, water en koolstofdioksied. (2)
1.8 Die konsentrasie van elk van die vier oplossings hieronder is 0,1 mol·dm-3.
HNO3(aq), NH3(aq), NaOH(aq) en H2CO3(aq)
Watter EEN van die volgende plaas die oplossings in die KORREKTE volgorde
van TOENEMENDE pH?
A H2CO3 ; HNO3 ; NH3 ; NaOH
B HNO3 ; H2CO3 ; NH3 ; NaOH
C NaOH ; NH3 ; H2CO3 ; HNO3
D HNO3 ; H2CO3 ; NaOH; NH3 (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Fisiese Wetenskappe/V2 6 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
1.9 'n Galvaniese sel bestaan uit die volgende halfselle:
Fe3+(aq)|Fe2+(aq)
Ni2+(aq)|Ni(s)
Watter EEN van die volgende stellings is KORREK vir hierdie sel?
A Ni2+ is gereduseer en Fe2+ is geoksideer.
B Ni2+ is geoksideer en Fe3+ is gereduseer.
C Pt is die elektrode by die katode.
D Ni is die elektrode by die katode. (2)
1.10 Die opstelling vir die elektroplatering van 'n ystermedalje met silwer word in die
vereenvoudigde diagram hieronder getoon.
Energie-
bron
Silwerstaaf
Ystermedalje
Elektroliet
Watter EEN van die volgende kombinasies vir die ANODE en REAKSIE BY
DIE KATODE is KORREK?
ANODE REAKSIE BY DIE KATODE
A Ystermedalje Ag+(aq) + e- → Ag(s)
B Silwerstaaf Fe2+(aq) + 2e- → Fe(s)
C Ystermedalje Ag(s) → Ag+(aq) + e-
D Silwerstaaf Ag+(aq) + e- → Ag(s) (2)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Fisiese Wetenskappe/V2 7 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
VRAAG 2 (Begin op 'n nuwe bladsy.)
Die letters A tot G in die tabel hieronder verteenwoordig organiese verbindings.
H H
H O H H
H Cℓ C C H
H C C C C H
H C H H
A H H B
H C H H H H H
H C C C C C C H
H
H Cℓ H H H H
C CH3CH(CH3)CH2CHO D C4H10O
E C3H8 F Pentaan
H
H C H
H H H
H C C C C C H
G H H H
H C H
H C H
H C H
H
2.1 Skryf die LETTER(S) neer wat ELK van die volgende verteenwoordig:
2.1.1 'n Alkohol (1)
2.1.2 TWEE verbindings wat funksionele isomere van mekaar is (1)
2.1.3 TWEE verbindings wat aan dieselfde homoloë reeks behoort (1)
2.2 Skryf neer die:
2.2.1 IUPAC-naam van verbinding A (3)
2.2.2 IUPAC-naam van verbinding B (3)
2.2.3 IUPAC-naam van verbinding G (3)
2.2.4 STRUKTUURFORMULES van twee REGUITKETTING-
posisionele isomere van verbinding D (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Fisiese Wetenskappe/V2 8 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
2.3 Verbinding E, C3H8(g), reageer met suurstof, O2(g), volgens die gebalanseerde
vergelyking:
C3H8(g) + 5O2(g) → 3CO2(g) + 4H2O(g)
Aanvanklik is 8 cm3 van verbinding E en 50 cm3 suurstof in 'n houer met
veranderbare volume ingespuit en toegelaat om te reageer.
Reaksiemengsel
2.3.1 Skryf die naam van hierdie tipe reaksie neer. (1)
2.3.2 Bereken die TOTALE volume van die GASSE wat teen die einde van
die reaksie in die houer teenwoordig is. (5)
[22]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Fisiese Wetenskappe/V2 9 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
VRAAG 3 (Begin op 'n nuwe bladsy.)
Twee bottels bevat verbindings A en B met dieselfde molekulêre formule, C4H8O2.
Hierdie verbindings is reguitketting- organiese molekules wat aan twee verskillende
homoloë reekse behoort.
A B
C4H8O2 C4H8O2
Die kookpunte word gebruik om tussen die twee verbindings te onderskei.
3.1 Definieer die term homoloë reeks. (1)
3.2 Identifiseer die TWEE homoloë reekse waaraan hierdie verbindings behoort. (2)
Die volgende is die dampdrukke van hierdie verbindings by 'n gegewe
temperatuur:
Verbinding A 0,071 kPa Verbinding B 9,7 kPa
3.3 Skryf neer die:
3.3.1 STRUKTUURFORMULE van verbinding A (2)
3.3.2 IUPAC-naam vir 'n moontlike verbinding B (2)
3.4 Skryf neer die sterkste tipe Van der Waalskrag tussen die molekules in:
3.4.1 Verbinding A (1)
3.4.2 Verbinding B (1)
3.5 Watter verbinding, A of B, het 'n hoër kookpunt? Gee 'n rede vir die antwoord
deur na die sterkte van die intermolekulêre kragte te verwys. (2)
3.6 Die kookpunt van verbinding A word weer gemeet op 'n ander dag wanneer die
atmosferiese druk heelwat laer is.
Hoe sal die kookpunt van hierdie verbinding nou beïnvloed word? Kies uit
TOENEEM, AFNEEM of BLY DIESELFDE. (1)
[12]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Fisiese Wetenskappe/V2 10 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
VRAAG 4 (Begin op 'n nuwe bladsy.)
4.1 Bestudeer die drie organiese reaksies I, II en III hieronder. Verbindings T en
W is organiese verbindings. R en S is anorganiese stowwe. Neem slegs die
hoofprodukte in ag.
I HBr(g) + T W
II W + NaOH(aq) CH3CH(OH)CH2CH3 + R
S
III CH3CH(OH)CH2CH3 T + H2O(ℓ)
Skryf neer die:
4.1.1 IUPAC-naam van verbinding W (2)
4.1.2 NAAM of FORMULE van R (1)
4.1.3 TWEE name vir die tipe reaksie in reaksie I (2)
4.1.4 NAAM of FORMULE van S (1)
4.1.5 STRUKTUURFORMULE van verbinding T (2)
Verbinding W kan in een stap na verbinding T omgeskakel word.
4.1.6 Noem, behalwe hitte, EEN ander reaksietoestand vir hierdie reaksie. (1)
4.2 'n Verbinding met die formule C10H22 ondergaan 'n krakingsreaksie volgens die
vergelyking:
C10H22(ℓ) → 2X(g) + C4H10(g)
Die mengsel van die twee produkte word in 'n donker vertrek in broomwater,
Br2(aq), geborrel.
4.2.1 Definieer die term kraking. (2)
4.2.2 Noem EEN verandering, behalwe 'n verandering in temperatuur, wat
waargeneem sal word wanneer die mengsel in Br2(aq) geborrel
word. (1)
4.2.3 Skryf die STRUKTUURFORMULE van verbinding X neer. (2)
4.2.4 Watter verbinding, X of C4H10, reageer vinniger met Br2(aq)?
Verduidelik die antwoord. (3)
[17]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Fisiese Wetenskappe/V2 11 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
VRAAG 5 (Begin op 'n nuwe bladsy.)
5.1 Definieer die term reaksietempo. (2)
5.2 Koolstofmonoksied, CO(g), reageer met suurstof, O2(g), om koolstofdioksied,
CO2(g), in 'n verseëlde houer te vorm, volgens die gebalanseerde vergelyking:
2CO(g) + O2(g) → 2CO2(g)
Die grafiek hieronder toon die konsentrasie van O2(g) teenoor tyd.
Grafiek van konsentrasie van O2(g) teenoor tyd
0,30
Konsentrasie van O2(g) (mol∙dm-3)
0,25
0,20
0,15
0,10
0,05
0
0 10 20 30 40 50 60
Tyd (s)
5.2.1 By watter tyd, 10 s of 30 s, is die reaksietempo hoër? (1)
5.2.2 Die reaksie vind plaas in 'n 3 dm3-houer. Bereken die gemiddelde
tempo (in mol·s-1) waarteen CO2(g) in die eerste 10 s gevorm word. (5)
5.2.3 Watter reaktans is in oormaat, CO of O2? (1)
5.2.4 Hierdie reaksie is herhaal deur 'n kleiner verseëlde houer te gebruik.
Hoe sal dit die grootte van die gradiënt van die grafiek aan die begin
van die reaksie beïnvloed? Kies uit VERHOOG, VERLAAG of BLY
DIESELFDE.
Gee 'n rede vir die antwoord. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Fisiese Wetenskappe/V2 12 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
5.3 Die reaksie tussen swaeldioksied, SO2(g), en suurstof, O2(g), vind plaas in 'n
verseëlde houer volgens die gebalanseerde vergelyking hieronder.
2SO2(g) + O2(g) ⇌ 2SO3(g) ΔH = -196 kJ·mol-1
5.3.1 Was daar 'n netto vrystelling of netto absorpsie van energie tydens
die TERUGWAARTSE reaksie? (1)
5.3.2 Definieer die term geaktiveerde kompleks. (2)
5.3.3 'n Katalisator, vanadiumpentoksied, word by die reaksie gevoeg.
Verduidelik, in terme van die botsingsteorie, waarom die
reaksietempo sal toeneem. (3)
Kurwe X is die Maxwell Boltzmann-verspreidingskurwe vir die reaksie hierbo.
Aantal deeltjies
X
Kinetiese energie
Meer SO2(g) word nou by konstante temperatuur in die houer bygevoeg.
5.3.4 Hoe sal hierdie verandering die reaksiewarmte beïnvloed? Kies uit
TOENEEM, AFNEEM of BLY DIESELFDE. (1)
5.3.5 Teken die grafiek hierbo in die ANTWOORDEBOEK oor. Teken op
dieselfde assestelsel die kurwe wat nou verkry sal word. Benoem dit
as kurwe Y. (2)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Fisiese Wetenskappe/V2 13 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
VRAAG 6 (Begin op 'n nuwe bladsy.)
6.1 Ewewig word by 25 °C in 'n versadigde kalsiumhidroksiedoplossing volgens die
vergelyking bereik:
Ca(OH)2(s) ⇌ Ca2+(aq) + 2OH─(aq)
6.1.1 Stel Le Chatelier se beginsel. (2)
6.1.2 'n Paar druppels gekonsentreerde soutsuur, HCℓ(gekons.), word by
die ewewigsmengsel gevoeg. Watter effek het hierdie byvoeging op
die massa van Ca(OH)2(s)? Kies uit TOENEEM, AFNEEM of BLY
DIESELFDE. (1)
6.1.3 Verduidelik die antwoord op VRAAG 6.1.2 deur van Le Chatelier se
beginsel gebruik te maak. (2)
6.2 Aanvanklik word 70 g NH4HS(s) in 'n 3 dm3-houer by 250 °C geplaas. Die houer
word verseël en die reaksie word toegelaat om ewewig te bereik volgens die
gebalanseerde vergelyking:
NH4HS(s) ⇌ NH3(g) + H2S(g)
Die Kc-waardes vir die ontbinding van NH4HS(s) by verskillende temperature
word in die tabel hieronder gegee.
TEMPERATUUR (°C) Kc
200 7,5 x 10-2
250 18 x 10-2
300 40 x 10-2
6.2.1 Is die ontbinding van NH4HS(s) 'n EKSOTERMIESE of
ENDOTERMIESE reaksie? (1)
6.2.2 Verduidelik die antwoord op VRAAG 6.2.1 deur van Le Chatelier se
beginsel gebruik te maak. (3)
6.2.3 Bereken die massa NH4HS(s) wat by ewewig by 250 °C teenwoordig
sal wees. (8)
[17]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Fisiese Wetenskappe/V2 14 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
VRAAG 7 (Begin op 'n nuwe bladsy.)
7.1 Fosforsuur, H3PO4(aq), is 'n voorbeeld van 'n suur wat in drie stappe kan
ioniseer, soos hieronder getoon.
─
H3PO4(aq) + H2O(ℓ) ⇌ H3O⁺(aq) + H2PO4 (aq) Ka = 6,9 x 10-3
─ 2─
H2PO4 (aq) + H2O(ℓ) ⇌ H3O⁺(aq) + HPO4 (aq) Ka = 6,2 x 10-8
2─ 3─
HPO4 (aq) + H2O(ℓ) ⇌ H3O⁺(aq) + PO4 (aq) Ka = 4,8 x 10-13
─ 2─
7.1.1 Watter een is die sterkste suur, H2PO4 of HPO4 ?
Gee 'n rede vir die antwoord deur na die data hierbo te verwys. (2)
─
7.1.2 Skryf die FORMULE vir die gekonjugeerde basis van H2PO4 (aq)
neer. (1)
7.1.3 Identifiseer 'n stof wat as 'n amfoliet in die reaksies hierbo optree. (1)
Natriumwaterstoffosfaat, Na2HPO4(s), word in water opgelos.
7.1.4 Sal die gevolglike oplossing SUUR of BASIES wees? (1)
7.1.5 Skryf 'n gebalanseerde vergelyking om die antwoord op
VRAAG 7.1.4 te verduidelik. (3)
7.2 Bariumhidroksied, Ba(OH)2, los op in water volgens die gebalanseerde
vergelyking:
Ba(OH)2(s) → Ba2+(aq) + 2OH─(aq)
'n Oplossing van 100 cm3 word berei deur 'n onbekende hoeveelheid Ba(OH)2
by 25 °C op te los.
25 cm3 van hierdie Ba(OH)2-oplossing word in 'n fles met 15 cm3 van
'n 0,2 mol·dm-3-HCℓ-oplossing gereageer, volgens die gebalanseerde
vergelyking:
Ba(OH)2(aq) + 2HCℓ(aq) → BaCℓ2(aq) + 2H2O(ℓ)
Die finale pH van die oplossing is 12,62 by 25 °C.
Bereken die:
7.2.1 Finale konsentrasie van die hidroksiedione in die fles (4)
7.2.2 Aantal mol Ba(OH)2 wat gebruik is om die 100 cm3-oplossing te
berei (8)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Fisiese Wetenskappe/V2 15 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
VRAAG 8 (Begin op 'n nuwe bladsy.)
Die diagram hieronder verteenwoordig 'n sel wat aanvanklik onder standaardtoestande
werk.
V
Aℓ Zn
Aℓ3+(aq) Zn2+(aq)
8.1 Definieer die term elektroliet. (2)
8.2 Watter ioonkonsentrasie, Aℓ3+(aq) of Zn2+(aq), sal toeneem? Gee 'n rede vir die
antwoord. (2)
8.3 Skryf die selnotasie vir hierdie sel neer. (3)
Die elektroliet vir die aluminiumhalfsel word voorberei deur 'n hoeveelheid
aluminiumsulfaat, Aℓ2(SO4)3(s), in water op te los.
8.4 Bereken die massa Aℓ2(SO4)3(s) wat benodig word om 250 cm3 van hierdie
oplossing te berei sodat die sel aanvanklik onder STANDAARDTOESTANDE
werk. (4)
[11]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Fisiese Wetenskappe/V2 16 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
VRAAG 9 (Begin op 'n nuwe bladsy.)
Die diagram hieronder verteenwoordig 'n sel wat vir die raffinering van koper gebruik
word.
•
•
Elektrode Q Elektrode R
Elektroliet
Die onsuiwer koper bevat sink as die enigste onsuiwerheid.
9.1 Is dit 'n ELEKTROLITIESE of 'n GALVANIESE sel? (1)
9.2 Wanneer die skakelaar gesluit word, word daar ná T-uur gevind dat die
hoeveelheid Cu2+(aq)-ione in die elektroliet met 0,05 mol verander het en dat
0,15 mol Cu(s) op elektrode Q neergeslaan het.
9.2.1 Hoe sal die konsentrasie van die sink-ione in die elektroliet tydens
die raffinering van die koper beïnvloed word? Kies uit TOENEEM,
AFNEEM of BLY DIESELFDE. (1)
9.2.2 Sal die hoeveelheid Cu2+(aq)-ione AFNEEM of TOENEEM?
Verduidelik die antwoord volgens die relatiewe sterktes van die
oksideermiddels teenwoordig. (3)
9.2.3 Bereken die verandering in die massa van elektrode R ná T-uur. (6)
[11]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Fisiese Wetenskappe/V2 1 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
DATA FOR PHYSICAL SCIENCES GRADE 12
PAPER 2 (CHEMISTRY)
GEGEWENS VIR FISIESE WETENSKAPPE GRAAD 12
VRAESTEL 2 (CHEMIE)
TABLE 1: PHYSICAL CONSTANTS/TABEL 1: FISIESE KONSTANTES
NAME/NAAM SYMBOL/SIMBOOL VALUE/WAARDE
Standard pressure
1 1,013 x 105 Pa
Standaarddruk
Molar gas volume at STP
Vm 22,4 dm3∙mol-1
Molêre gasvolume by STD
Standard temperature
Tθ 273 K
Standaardtemperatuur
Charge on electron
e 1,6 x 10-19 C
Lading op elektron
Avogadro's constant
NA 6,02 x 1023 mol-1
Avogadro-konstante
TABLE 2: FORMULAE/TABEL 2: FORMULES
m N
n= n=
M NA
n m V
c= or/of c= n=
V MV Vm
ca Va a n
= pH = -log[H3O+]
c V
b b n b
Kw = [H3O+][OH-] = 1 x 10-14 at/by 298 K
Eθcell = Eθcathode - Eθanode /Eθsel = Eθkatode - Eθanode
or/of
θ θ θ θ θ θ
Ecell = Ereduction - Eoxidation /Esel = Ereduksie - Eoksidasie
or/of
θ θ θ θ θ θ
Ecell = Eoxidising agent - Ereducing agent /Esel = Eoksideermiddel - Ereduseermiddel
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Fisiese Wetenskappe/V2 2 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
TABLE 3: THE PERIODIC TABLE OF ELEMENTS
TABEL 3: DIE PERIODIEKE TABEL VAN ELEMENTE
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18
(I) (II) (III) (IV) (V) (VI) (VII) (VIII)
Atomic number
1 KEY/SLEUTEL Atoomgetal 2
2,1 H He
1 29 4
3 4 Electronegativity Symbol 5 6 7 8 9 10
1,9 Cu
1,0 Li 1,5 Be Elektronegatiwiteit
63,5
Simbool 2,0 B 2,5 C 3,0 N 3,5 O 4,0 F Ne
7 9 11 12 14 16 19 20
11 12 13 14 15 16 17 18
0,9 Na 1,2 Mg Approximate relative atomic mass 1,5 Aℓ 1,8 Si 2,1 P 2,5 S 3,0 Cℓ Ar
23 24 Benaderde relatiewe atoommassa 27 28 31 32 35,5 40
19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 34 35 36
0,8 K 1,0 Ca 1,3 Sc 1,5 Ti 1,6 V 1,6 Cr 1,5 Mn 1,8 Fe 1,8 Co 1,8 Ni 1,9 Cu 1,6 Zn 1,6 Ga 1,8 Ge 2,0 As 2,4 Se 2,8 Br Kr
39 40 45 48 51 52 55 56 59 59 63,5 65 70 73 75 79 80 84
37 38 39 40 41 42 43 44 45 46 47 48 49 50 51 52 53 54
0,8 Rb 1,0 Sr 1,2 Y 1,4 Zr Nb 1,8 Mo 1,9 Tc 2,2 Ru 2,2 Rh 2,2 Pd 1,9 Ag 1,7 Cd 1,7 In 1,8 Sn 1,9 Sb 2,1 Te 2,5 I Xe
86 88 89 91 92 96 101 103 106 108 112 115 119 122 128 127 131
55 56 57 72 73 74 75 76 77 78 79 80 81 82 83 84 85 86
0,7 Cs 0,9 Ba La 1,6 Hf Ta W Re Os Ir Pt Au Hg 1,8 Tℓ 1,8 Pb 1,9 Bi 2,0 Po 2,5 At Rn
133 137 139 179 181 184 186 190 192 195 197 201 204 207 209
87 88 89
0,7 Fr 0,9 Ra Ac 58 59 60 61 62 63 64 65 66 67 68 69 70 71
226
Ce Pr Nd Pm Sm Eu Gd Tb Dy Ho Er Tm Yb Lu
140 141 144 150 152 157 159 163 165 167 169 173 175
90 91 92 93 94 95 96 97 98 99 100 101 102 103
Th Pa U Np Pu Am Cm Bk Cf Es Fm Md No Lr
232 238
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Fisiese Wetenskappe/V2 3 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
TABLE 4A: STANDARD REDUCTION POTENTIALS
TABEL 4A: STANDAARD-REDUKSIEPOTENSIALE
Half-reactions/Halfreaksies EΘ (V)
F2(g) + 2e− ⇌ 2F
−
+ 2,87
Co3+ + e− ⇌ Co2+ + 1,81
H2O2 + 2H+ +2e− ⇌ 2H2O +1,77
−
MnO 4 + 8H+ + 5e− ⇌ Mn2+ + 4H2O + 1,51
Cℓ2(g) + 2e− ⇌ 2Cℓ
−
+ 1,36
2−
Cr2O 7 + 14H+ + 6e− ⇌ 2Cr3+ + 7H2O + 1,33
O2(g) + 4H+ + 4e− ⇌ 2H2O + 1,23
Increasing strength of reducing agents/Toenemende sterkte van reduseermiddels
MnO2 + 4H+ + 2e− ⇌ Mn2+ + 2H2O + 1,23
Increasing strength of oxidising agents/Toenemende sterkte van oksideermiddels
Pt2+ + 2e− ⇌ Pt + 1,20
Br2(ℓ) + 2e− ⇌ 2Br
−
+ 1,07
NO 3− + 4H+ + 3e− ⇌ NO(g) + 2H2O + 0,96
Hg2+ + 2e− ⇌ Hg(ℓ) + 0,85
Ag+ + e− ⇌ Ag + 0,80
NO 3− + 2H+ + e− ⇌ NO2(g) + H2O + 0,80
Fe3+ + e− ⇌ Fe2+ + 0,77
O2(g) + 2H+ + 2e− ⇌ H2O2 + 0,68
I2 + 2e− ⇌ 2I
−
+ 0,54
Cu+ + e− ⇌ Cu + 0,52
SO2 + 4H+ + 4e− ⇌ S + 2H2O + 0,45
2H2O + O2 + 4e− ⇌ 4OH
−
+ 0,40
Cu2+ + 2e− ⇌ Cu + 0,34
2−
SO 4 + 4H+ + 2e− ⇌ SO2(g) + 2H2O + 0,17
Cu2+ + e− ⇌ Cu+ + 0,16
Sn4+ + 2e− ⇌ Sn2+ + 0,15
S + 2H+ + 2e− ⇌ H2S(g) + 0,14
2H+ + 2e− ⇌ H2(g) 0,00
Fe3+ + 3e− ⇌ Fe − 0,06
Pb2+ + 2e− ⇌ Pb − 0,13
Sn2+ + 2e− ⇌ Sn − 0,14
Ni2+ + 2e− ⇌ Ni − 0,27
Co2+ + 2e− ⇌ Co − 0,28
Cd2+ + 2e− ⇌ Cd − 0,40
Cr3+ + e− ⇌ Cr2+ − 0,41
Fe2+ + 2e− ⇌ Fe − 0,44
Cr3+ + 3e− ⇌ Cr − 0,74
Zn2+ + 2e− ⇌ Zn − 0,76
2H2O + 2e− ⇌ H2(g) + 2OH− − 0,83
Cr2+ + 2e− ⇌ Cr − 0,91
Mn2+ + 2e− ⇌ Mn − 1,18
Aℓ3+ + 3e− ⇌ Aℓ − 1,66
Mg2+ + 2e− ⇌ Mg − 2,36
Na+ + e− ⇌ Na − 2,71
Ca2+ + 2e− ⇌ Ca − 2,87
Sr2+ + 2e− ⇌ Sr − 2,89
Ba2+ + 2e− ⇌ Ba − 2,90
Cs+ + e- ⇌ Cs − 2,92
K+ + e− ⇌ K − 2,93
Li+ + e− ⇌ Li − 3,05
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Fisiese Wetenskappe/V2 4 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
TABLE 4B: STANDARD REDUCTION POTENTIALS
TABEL 4B: STANDAARD-REDUKSIEPOTENSIALE
Half-reactions/Halfreaksies EΘ (V)
Li+ + e− ⇌ Li − 3,05
K+ + e− ⇌ K − 2,93
Cs+ + e− ⇌ Cs − 2,92
Ba2+ + 2e− ⇌ Ba − 2,90
Sr2+ + 2e− ⇌ Sr − 2,89
Ca2+ + 2e− ⇌ Ca − 2,87
Na+ + e− ⇌ Na − 2,71
Mg2+ + 2e− ⇌ Mg − 2,36
Increasing strength of oxidising agents/Toenemende sterkte van oksideermiddels Increasing strength of reducing agents/Toenemende sterkte van reduseermiddels
Aℓ3+ + 3e− ⇌ Aℓ − 1,66
Mn2+ + 2e− ⇌ Mn − 1,18
Cr2+ + 2e− ⇌ Cr − 0,91
2H2O + 2e− ⇌ H2(g) + 2OH− − 0,83
Zn2+ + 2e− ⇌ Zn − 0,76
Cr3+ + 3e− ⇌ Cr − 0,74
Fe2+ + 2e− ⇌ Fe − 0,44
Cr3+ + e− ⇌ Cr2+ − 0,41
Cd2+ + 2e− ⇌ Cd − 0,40
Co2+ + 2e− ⇌ Co − 0,28
Ni2+ + 2e− ⇌ Ni − 0,27
Sn2+ + 2e− ⇌ Sn − 0,14
Pb2+ + 2e− ⇌ Pb − 0,13
Fe3+ + 3e− ⇌ Fe − 0,06
2H+ + 2e− ⇌ H2(g) 0,00
S + 2H+ + 2e− ⇌ H2S(g) + 0,14
Sn4+ + 2e− ⇌ Sn2+ + 0,15
Cu2+ + e− ⇌ Cu+ + 0,16
2−
SO 4 + 4H+ + 2e− ⇌ SO2(g) + 2H2O + 0,17
Cu2+ + 2e− ⇌ Cu + 0,34
2H2O + O2 + 4e− ⇌ 4OH
−
+ 0,40
SO2 + 4H+ + 4e− ⇌ S + 2H2O + 0,45
Cu+ + e− ⇌ Cu + 0,52
I2 + 2e− ⇌ 2I
−
+ 0,54
O2(g) + 2H+ + 2e− ⇌ H2O2 + 0,68
Fe3+ + e− ⇌ Fe2+ + 0,77
NO 3− + 2H+ + e− ⇌ NO2(g) + H2O + 0,80
Ag+ + e− ⇌ Ag + 0,80
Hg2+ + 2e− ⇌ Hg(ℓ) + 0,85
NO 3− + 4H+ + 3e− ⇌ NO(g) + 2H2O + 0,96
Br2(ℓ) + 2e− ⇌ 2Br
−
+ 1,07
Pt2+ + 2 e− ⇌ Pt + 1,20
MnO2 + 4H+ + 2e− ⇌ Mn2+ + 2H2O + 1,23
O2(g) + 4H+ + 4e− ⇌ 2H2O + 1,23
2−
Cr2O 7 + 14H+ + 6e− ⇌ 2Cr3+ + 7H2O + 1,33
Cℓ2(g) + 2e− ⇌ 2Cℓ
−
+ 1,36
−
MnO 4 + 8H+ + 5e− ⇌ Mn2+ + 4H2O + 1,51
H2O2 + 2H+ +2 e− ⇌ 2H2O +1,77
Co3+ + e− ⇌ Co2+ + 1,81
F2(g) + 2e− ⇌ 2F
−
+ 2,87
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Physical Sciences Grade 12 P2 North West Mock 2025 QP

Question paper
Physical Sciences Grade 12 P2 NSC June 2025 QP (Eng)

Question paper
Physical Sciences Grade 12 P2 NSC November 2023 QP (Eng)

Question paper
Physical Sciences Grade 12 P2 NSC November 2022 QP (Afr)

Question paper
Physical Sciences Grade 12 P2 NSC November 2020 QP (Afr)

Question paper
Physical Sciences Grade 12 P2 NSC November 2019 QP (Afr)
More from Grade 12 Physical Sciences

Memorandum
Physical Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape June 2025 Memo

Memorandum
Physical Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2025 Memo

Memorandum
Physical Sciences Grade 12 Paper 1 Limpopo June 2025 Memo

Memorandum
Physical Sciences Grade 12 Paper 2 Limpopo June 2025 Memo

Memorandum
Physical Sciences Grade 12 Paper 1 Limpopo Mock 2025 Memo

Question paper