Skip to content

Afrikaans HL Grade 5 ANA 2013 Question Paper

Question paperAfrikaans HLGrade 5201314 pages

Grade 5 Afrikaans HL question paper from the ANA 2013, 14 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

ANA 2013

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com PUNTE JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERING 2013 GRAAD 5 AFRIKAANS HUISTAAL TOETS PUNTE: 60 TYD: 1½ UUR PROVINSIE_________________________________________________________________________ STREEK____________________________________________________________________________ DISTRIK____________________________________________________________________________ NAAM VAN SKOOL ________________________________________________________________ OBIS-NOMMER (9 syfers) KLAS (bv. 5A) _____________________________________________________________________ VAN ________________________________________________________________________________ NAAM_______________________________________________________________________________ SEUN DOGTER GESLAG(✓) C C Y Y M M D D GEBOORTEDATUM Die toets bestaan uit 13 bladsye, die voorblad uitgesluit.
Downloaded from hlayiso.com Instruksies aan die leerder 1. Lees alle vrae en voer die instruksies uit. 2. Beantwoord al die vrae in die spasies wat voorsien word. 3. Hierdie toets duur 1½ uur. 4. Die onderwyser sal jou met die oefenvoorbeed lei, voordat jy met die toets begin. 5. Skryf netjies en leesbaar. Oefenvoorbeeld 1. Omkring die letter van die korrekte antwoord. Waar kom die son op? A weste B ooste C noorde D suide Jy het die vraag korrek beantwoord indien jy B omkring het. Die toets begin op die volgende bladsy. Grade 5 Afrikaans HL Test 1
Downloaded from hlayiso.com AFDELING A: LEES Lees die onderstaande leesstuk deur en beantwoord vrae 1-7. Die Haan en die Draak Ek is seker julle het al vroeg in die oggend, voor sonsopkoms, die voëls hoor sing. Byna al hierdie liedjies is ritmies en fyn. Slegs een voël, die haan, maak 'n harde growwe geluid. Hierdie oorverdowende geluid klink of die haan kwaad is. Hy is baie kwaad, want die draak het hom gekul. Lank gelede het hane ook pragtige liedjies gesing. Hulle was gelukkige voëls, omdat hulle pragtige veelkleurige vere gehad het. Hulle het ook fyn horings gehad. Hierdie horings het aan weerskante van hulle koppe voorgekom. 'n Draak het eendag oor die plaaswerf gevlieg en 'n pragtige haan gesien. Hy was baie jaloers op die haan se horings. Hy het gedink dat 'n paar horings hom meer aantreklik sal laat lyk. "Leen vir my jou horings", sê die draak. "Ek is op pad na die gode van die drake om my respek te gaan betoon. Ek wil op my beste lyk. Horings is net wat ek nodig het." "Hoe gaan ek weet dat jy my horings gaan terugbring?" het die haan gevra. "Jy kan my vertrou,” het die draak gesê." Ek sal vir jou my getuies wys." "Ja, jy kan hom vertrou," het 'n klein wurmpie gesê wat daar naby gestaan het. So het die draak toe die haan se horings gevat. Hy het nooit weer teruggekom nie. Nooit ooit! Die haan was baie kwaad. Die volgende oggend het hy vroeg opgestaan. Hy het behoorlik op die werf rondgeskrop. Hy het uiteindelik die wurmpie gekry en het hom toe heel ingesluk. Daarna het hy geskreeu, "Koe-ke-doe-del-doe, ek gaan jou kry!" Dit was 'n hopelose soektog. Die haan het egter nooit moed opgegee nie. Tot vandag toe hoor jy nog steeds sy harde growwe geroep."Koe-ke-doe-del-doe, ek gaan jou soek tot ek jou kry! [Uittreksel uit: Oxford Successful English Grade 5 deur Richard Blythe] Grade 5 Afrikaans HL Test 2
Downloaded from hlayiso.com 1. Omkring die letter van die korrekte antwoord vanaf vrae 1-5. Waaroor handel die storie? A Die haan en die draak B Die draak en die voël C Die haan en die voël D Die wurm en die draak (1) 2. Watter woord beskryf die draak die beste? A aangenaam B aantreklik C oneerlik D betroubaar (1) 3. Hoe dink jy het die haan gevoel toe die draak nie teruggekom het nie? A kwaad B gelukkig C opgewonde D eensaam (1) 4. Waar het die draak die haan gesien? A Op die berg B Op die plaaswerf C By die dieretuin D In die veld (1) Grade 5 Afrikaans HL Test 3
Downloaded from hlayiso.com 5. Hoekom wou die draak die haan se horings leen? A Hy wou op sy beste lyk. B Hy wou kleurvol lyk. C Hy wou sterk lyk. D Hy wou oulik lyk. (1) 6. Hoekom was die haan so kwaad? ______________________________________________________________________ ______________________________________________________________________ (2) 7. Oorsaak en Gevolg. Oorsaak en gevolg beteken dat as jy een ding doen, dan gebeur iets anders. VOORBEELD: Oorsaak: As jy in die reën speel. Gevolg: Sal jy nat word. 7.1 Voltooi die sin vir die gegewe oorsaak. Oorsaak: Haan het sy horings vir die draak geleen. Gevolg: Draak wou ___________________________ lyk. (1) 7.2 Vul die ontbrekende woord in vir die gegewe gevolg. Oorsaak: Haan het ______________________ vere gehad. (1) Gevolg: Hane was eers baie gelukkige voëls. Grade 5 Afrikaans HL Test 4
Downloaded from hlayiso.com Lees die gedig deur en beantwoord vrae 8–11. Die kas was toe en die kinders het verdwyn, Dit was slegs die sterre wat nog helder skyn. Elke keer as daar geen mense naby was, klim die speelgoed skelm uit die kas. Die kinders in die verte sê hul gebede, Saggies klouter die speelgoed teen die trappe af, baie tevrede. Die een sê aan die ander: “Ons is weg, ek en jy!” Speelgoed kan praat met niemand naby. Twee-twee stap hulle na die stad, Op soek na goeie dade op hul pad. Hulle help die arm, hartseer kinders wat treur, Speelgoed kan tog almal se lewens opbeur. [Aangepas deur Fred E. Weatherly] 8. Omkring die letter van die korrekte antwoord. Wat sal die beste titel vir die gedig wees? A Vreugde wat kinders bring B Hartseer wat kinders bring C Vreugde wat speelgoed bring (1) D Hartseer wat speelgoed bring Grade 5 Afrikaans HL Test 5
Downloaded from hlayiso.com 9. Kies en onderstreep die korrekte antwoord tussen hakies. 9.1 Jazlyn was so arm soos 'n (pop/kerkmuis/kind) toe sy haar speelding kry. (1) Die gedig handel oor speelgoed wat kan “praat”. 9.2 “Praat” is 'n voorbeeld van 'n (metafoor/vergelyking/personifikasie). (1) 10. Beantwoord die volgende vrae. 10.1 Hoe sal jy voel as jou speelgoed kon praat? _________________________________ (1) 10.2 Gee 'n rede vir jou antwoord. _____________________________________________________________ (1) 11. 'n Woord wat met man rym is kan. Kies die korrekte woorde uit die gedig wat rym met: 11.1 gebede _____________ (1) 11.2 treur _____________ (1) Grade 5 Afrikaans HL Test 6
Downloaded from hlayiso.com Lees die onderstaande gedeelte deur en beantwoord die vrae wat volg. Natalie du Toit, 'n talentvolle swemkampioen, is op 29 Januarie 1984 in Kaapstad gebore. Haar vader, Dawid, is 'n voorman en haar moeder, Deidre, is 'n ontvangsdame. Haar bynaam by die huis is “Noodle”. Sy het op die ouderdom van 14 jaar in die 1998 Statebondspele in Kuala Lampur begin deelneem. In 2001 was sy in 'n ongeluk betrokke. Haar linkerbeen moes onder haar knie afgesit word. Hierdie verlies het nie haar gees gedemp nie. In 2004 het Natalie du Toit vyf goue medaljes en een silwer medalje gewen. Dit was tydens die Paralimpiese Spele, wat in Athene gehou is. In dieselfde jaar is sy genomineer vir die Laureus Wêreld Sportpersoon van 2004. Sy is deur haar land se Olimpiese Komitee genomineer om hulle vlag in 2008 tydens die Somer Olimpiese Openingseremonie te dra. Dit het haar die eerste gestremde atleet gemaak aan wie so 'n toekening gedurende 'n Olimpiese Spele toegeken is. Natalie du Toit neem gereeld deel aan die Jaarlikse Koue Water Resies. Dit strek vanaf Robbeneiland tot by Bloubergstrand. Hiermee probeer sy om fondse in te samel vir minderbevoorregte mense. Sy is betrokke by die kankervereniging in Kaapstad en versorg siekes vrywillig. Dit maak van haar 'n wenner. Natalie du Toit lewer motiveringspraatjies in haar vrye tyd, wat haar dapper en positiewe uitkyk op die lewe bevestig. 12. Omkring die letter van die korrekte antwoord vir vraag 12 en 13. Watter les kan jy uit die bostaande teks leer? A Om 'n been in swem te verloor, beëindig jou loopbaan. B Enigiets is moontlik deur harde werk. C Sport is slegs vir normale mense. D Liggaamlik gestremde mense vaar swak in sport. (1) Grade 5 Afrikaans HL Test 7
Downloaded from hlayiso.com 13. Wat is Natalie se bynaam by die huis? A Rob B Dolfyn C Noodle D Meermin (1) 14. Watter besering het Natalie du Toit tydens 'n ongeluk in 2001 opgedoen? _________________________________________________________________ (2) 15. Hoe dink jy het sy gevoel nadat sy al haar medaljes gewen het? _________________________________________________________________ (2) 16. Mev. du Toit maak altyd macaroni en kaas, Natalie se gunsteling gereg. Resep vir macaroni en kaas: Kook 250 g macaroni en dreineer. Maak 'n witsous. Sny 'n paar tamaties in skywe en rasper die kaas. Sit macaroni in 'n oondbak. Bedek met skywe tamaties en witsous. Strooi gerasperde kaas oor en bak in 'n oond vir 30 minute. Plaas die onderstaande instruksies van Mev. du Toit se macaroni en kaas resep in die korrekte volgorde soos in die bostaande teks aangedui word. Gebruik nommers 1-4 in die tabel om die korrekte volgorde aan te dui. INSTRUKSIES KORREKTE VOLGORDE Maak 'n witsous. Sny 'n paar tamaties in skywe en rasper die kaas. Strooi gerasperde kaas bo-oor en bak vir 30 minute in die oond. Kook 250 g macaroni. (2) TOTAAL AFDELING A: 24 Grade 5 Afrikaans HL Test 8
Downloaded from hlayiso.com AFDELING B: TAALSTRUKTURE 17. Beantwoord die volgende vrae: 17.1 Skryf die volgende sin oor vanaf die teenwoordige tyd na die toekomende tyd. Natalie werk hard om suksesvol te wees. __________________________________________________________ __________________________________________________________ (2) 17.2 Skryf die volgende sin oor vanaf die verlede tyd na die toekomende tyd. Ek het dit geniet om na die Paralimpiese Spele te kyk. __________________________________________________________ ____________________________________________________________ (2) 18. Verbind die volgende twee sinne om een korrekte sin te vorm. Moenie die voegwoord ‘en’ gebruik nie. Natalie neem deel aan die Koue Water Resies. Natalie wil die minderbevoorregtes help. _______________________________________________________________ _______________________________________________________________ (2) 19. Beantwoord die volgende vrae: 19.1 Voltooi die volgende sin deur dit van die indirekte rede na die direkte rede te verander. Natalie het gesê dat sy dit geniet het om die vlag by die Somer Olimpiese Spele te dra. Natalie het gesê, _____________________________________________ __________________________________________________________ (2) 19.2 Voltooi die volgende sin deur dit van die direkte rede na indirekte rede te verander. Mev. du Toit het gesê: “Ek is baie trots op my dogter”. Mev. du Toit het gesê dat ______________________________________ __________________________________________________________ (2) Grade 5 Afrikaans HL Test 9
Downloaded from hlayiso.com 20. Skryf die sinonieme (woorde met dieselfde betekenis) van die onderstreepte woorde neer: Natalie versorg altyd die minderbevoorregtes. _________________ (1) Sy word as 'n kampioen erken. _________________ (1) 21. Skryf die korrekte vorm van die woord tussen hakies neer. Bv. Dit is (gevaar) om vanaf 'n hoë gebou te spring. Antwoord: gevaarlik. Natalie is 'n uitstekende (swem) _____________________________. (1) 22. Voltooi die onderstaande sin deur die korrekte trappe van vergelyking in te vul. Natalie het (goed) gevoel toe sy die silwer medalje gewen het, maar het nog __________ gevoel toe sy die goue medalje gewen het. (1) 23. Onderstreep die korrekte spelling van die woord tussen hakies. Natalie (gloo/glo) in haarself. (1) 24. Onderstreep die korrekte vorm van die werkwoord tussen hakies. Natalie (wen/gewen) elke jaar 'n trofee. (1) TOTAAL AFDELING B: 16 Grade 5 Afrikaans HL Test 10
Downloaded from hlayiso.com AFDELING C: SKRYF 25. Gebruik die inligting in die woordblok hieronder om die paragraaf oor die sonnestelsel te voltooi. omwenteling; vierde; Venus; Aarde; warmste; Uranus Die Sonnestelsel Mercurius Naaste planeet aan die son. Dit het geen atmosfeer nie. Dit neem 88 dae om een keer 'n omwenteling om die son te voltooi. Venus Tweede naaste planeet aan die son. Dit is die helderste ster. Dit vang die hitte van die son vas en daarom is dit die warmste planeet. Aarde Derde planeet vanaf die son. Dit neem die aarde 365 dae om 'n omwenteling om die son te voltooi. Die aarde het een maan. Mars Vierde planeet vanaf die son. Staan bekend as die “rooi” planeet. As gevolg van sy woestynagtige, sanderige landskap het dit 'n rooierige voorkoms. Mars het twee mane. Jupiter Vyfde planeet vanaf die son. Dit is die grootste planeet in die sonnestelsel. Dit het 'n baie groot rooi kol en het 63 mane. Saturnus Sesde planeet vanaf die son. Dit word omring deur drie plat ringe. Saturnus het 13 mane. Uranus Sewende planeet vanaf die son. Dit is totaal oortrek met yswolke. Dit neem 84 aard-jare om een omwenteling om die son te voltooi. Dit het 27 mane. Neptunus Laaste hoofplaneet en is blou van kleur. Dit neem 165 aard-jare om een omwenteling om die son te voltooi. Dit het 13 mane. Mars is die (25.1) ____________ planeet vanaf die son en het 'n rooierige voorkoms. (25.2) ____________ is die tweede naaste planeet aan die son en dit is die (25.3) _______________ van al die planete. Ons woon op planeet (25.4) ______________ , wat die derde planeet vanaf die son is. 'n Ander woord vir "om die son beweeg", is (25.5) ________________________. (5) Grade 5 Afrikaans HL Test 11
Downloaded from hlayiso.com 26. Skryf drie paragrawe van ten minste 12-15 sinne oor die volgende onderwerp: “Beskryf hoe jy 'n onvergeetlike dag deurgebring het.” Maak seker dat jy die korrekte spelling, punktuasie en sinskonstruksie gebruik. 'n Onvergeetlike dag __________________________________________________________________________ __________________________________________________________________________ __________________________________________________________________________ __________________________________________________________________________ __________________________________________________________________________ __________________________________________________________________________ __________________________________________________________________________ __________________________________________________________________________ __________________________________________________________________________ __________________________________________________________________________ __________________________________________________________________________ __________________________________________________________________________ __________________________________________________________________________ __________________________________________________________________________ __________________________________________________________________________ __________________________________________________________________________ __________________________________________________________________________ __________________________________________________________________________ __________________________________________________________________________ __________________________________________________________________________ __________________________________________________________________________ __________________________________________________________________________ __________________________________________________________________________ __________________________________________________________________________ __________________________________________________________________________ __________________________________________________________________________ __________________________________________________________________________ (15) TOTAAL AFDELING C: 20 GROOTTOTAAL: 60 Grade 5 Afrikaans HL Test 12
Downloaded from hlayiso.com Puntetoekenning vir Vraag 26. Verwys na memorandum vir riglyne. Vraag Kriteria Totaal Leerder se punt 26.1 Korrekte paragraafvorm 3 26.2 Spelling en Punktuasie 2 26.3 Sinskonstruksie en Taalgebruik 3 26.4 Inhoud 5 26.5 Oorspronklikheid 2 TOTAAL 15 Grade 5 Afrikaans HL Test 13

Study this subject

More from Grade 5 Afrikaans HL

View all