Skip to content

Economic and Management Sciences Grade 9 2010 Memo (Afr)

MemorandumEconomic and Management SciencesGrade 9201011 pages

Grade 9 Economic and Management Sciences memorandum from the June Common 2010 (Afrikaans), 11 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Province of the EASTERN CAPE EDUCATION SENIOR PHASE GRAAD 9 JUNIE 2010 EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE MEMORANDUM PUNTE: 100 TYD: 1 uur Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye.
2 EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE (JUNIE 2010) VRAAG 1 (LO2: AS2 AND LO4: AS3) 1.1 VEELVOUDIGEKEUSE-VRAE Lees die vrae wat volg sorgvuldig deur en omring die korrekte antwoord. Drie antwoorde word vir elke vraag voorsien. 1.1.1 MTN (Bpk) edms. is ʼn voorbeeld van ʼn. . . A beslote korporasie. B private maatskappy. C publieke maatskappy. 1.1.2 ʼn Besigheid met ʼn minimum van een en ʼn maksimum van tien lede is ʼn... A beslote korporasie. B maatskappy. C alleeneienaar. 1.1.3 Ewewigsprys is die punt waar . . . A aanbod groter as aanvraag is. B aanvraag gelyk is aan aanbod. C aanvraag groter is as aanbod. 1.1.4 … is die vermoë van ʼn land om die lewenstandaard van sy inwoners te verbeter. A Ekonomiese groei B Ekonomiese ontwikkeling C Ekonomiese volhoubaarheid 1.1.5 ʼn Begroting is . . . A ʼn skatting van die staat se verwagte inkomste en uitgawe vir die komende jaar. B ʼn skatting van die wins en verlies vir die jaar. C ʼn skatting van die monetêre beweging. (5 x 1) (5)
(JUNIE 2010) EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE 3 1.2 Kies die term in KOLOM B wat pas by die beskrywing in KOLOM A. Skryf slegs die gekose term (A – E) langs die vraagnommer wat verskaf word, neer. KOLOM A KOLOM B 1.2.1 Die fisiese en verstandelike pogings wat A Nasionale Begroting gebruik word om goedere en dienste te lewer 1.2.2 Die drie jaar begrotingsperiode wat B COSATU bestaan uit die huidige jaar en die voorspelling vir die volgende twee jaar 1.2.3 Die regering se finansiële plan vir die drie C Globalisering jaar plan 1.2.4 Die grootste vakbond in Suid-Afrika D NAPTOSA 1.2.5 ʼn Neiging tot vrye handel tussen alle E MTUR lande in die wêreld F Arbeid G Ekonomiese Ontwikkeling ANTWOORDE 1.2.1 Arbeid 1.2.2 MTUR 1.2.3 Nasionale Begroting. 1.2.4 COSATU 1.2.5 Globalisering (5 x1) (5) [10]
4 EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE (JUNIE 2010) VRAAG 2 (LO1 AS1) (a) Bestudeer die vloeidiagram(ekonomiese kringloop) hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg. VLOEIDIAGRAM/EKONOMIESE KRINGLOOP A D Besigheid Regering Huishoudings (2) (1) (3) C C Goedere en dienste B a. Voltooi die diagram deur die woorde wat weggelaat is, A – D, in te vul. A. Besighede betaal lone aan huishoudings B. Regering voorsien goedere en dienste aan besighede C. Huishoudings betaal belasting aan regering D. Huishoudings betaal vir goedere en dienste aan besighede (4) b. Beskryf kortliks die vloei van geld deur te verwys na die nommers 1, 2 en 3. 1. Regering:  Kollekteer belasting vanaf huishoudings en besighede.  Voorsien publieke goedere en dienste aan huishoudings en besighede.  Koop goedere en dienste vanaf besighede. 2. Besighede:  Voorsien goedere en dienste aan huishoudings en in ruil ontvang geld.  Hulle betaal lone aan lede van huishoudings.  Hulle betaal belasting aan die regering op winste gemaak. 3. Huishoudings:  Ontvang geld (lone/salarisse) vanaf besighede vir dienste gelewer (arbeid).
(JUNIE 2010) EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE 5  Hulle betaal belasting aan die regering vanaf hul lone/salarisse.  Hulle koop goedere en dienste vanaf die regering en besighede (9) c. Differensieer tussen invoer en uitvoer. Invoer − goedere of dienste wat van ʼn ander land aangekoop word en in eie land ingebring word. Uitvoer – goedere en dienste wat in een land gelewer word vir gebruik in ʼn ander land verkoop word. (2 x 2) (4) [17] VRAAG 3 (LO1 AS1; LO4 AS1) Lees die gevallestudie hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Nomzamo het ʼn suurlemoenboom, vol suurlemoene by die huis. Dit was baie warm gedurende die somer en sy het besluit om verfrissende, yskoue limonade te maak. Sy het dit aan mense in haar besige straat verkoop. Die besigheid het so gegroei dat sy besluit het om ʼn masjien te koop en om ʼn assistent aan te stel om te help met die produksie proses. Sy kon nie haar finansiële rekords ordentlik doen nie en moet nog opleiding in boekhou ontvang. Toe die winter aanbreek, het sy opgelet dat daar minder mense yskoue limonade wou hê, en sy het toe met die idée gekom om warm sop te verkoop. 3.1 Is Nomzamo ʼn entrepreneur? Verduidelik jou antwoord. Ja. Sy het die behoefte in haar gemeenskap identifiseer en het onmiddellik beplan hoe om dit te bevredig en terselfdertyd ʼn wins te maak. (2) 3.2 Identifiseer die VIER produksiefaktore in die gevallestudie. Gee voorbeelde van elk asook die vergoeding daaraan verbonde. PRODUKSIEFAKTORE VOORBEELDE VERGOEDING Natuurlike Hulpbronne Suurlemoenboom Huur Arbeid Assistent Lone/Salarisse Kapitaal Masjien Rente Entrepreneur Nomzamo Profyt/Wins (1 punt vir elke produksiefaktor; ½ punt vir elke voorbeeld en 1 punt vir elke vergoeding van die produksiefaktore) (4 + 2 + 4) (10) 3.3 Wat is die uitsette van Nomzamo se besigheid? Limonade en sop (1) 3.4 Watter vorm van eienaarskap is Nomzamo se besigheid? Alleeneienaarskap (1)
6 EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE (JUNIE 2010) 3.5 Noem en verduidelik TWEE voordele van die vorm van eienaarskap hierbo genoem.  Maklik om te begin.  Eienaar maak alle besluite.  Eienaar kry alle wins.  Vereis nie groot bedrag kapitaal nie.  Minimum regsvereistes  Maklik om besigheid te sluit indien nodig (Enige twee = 2 x 1) (2) 3.6 Wat sal met haar besigheid gebeur as sy sterwe? Die besigheid sal ophou bestaan. (1) 3.7 Doen ʼn “SWOT”-ontleding van Nomzamo se besigheid gegrond op die gevallestudie: STERK PUNTE Sy het ʼn suurlemoenboom by die huis. SWAK PUNTE Nomzamo kan nie haar eie boekhouding/finansiële rekords doen nie. GELEENTHEDE: Sy woon in ʼn besige straat. Besigheid groei. BEDREIGINGS Veranderde seisoen. Mededinging in die mark. (Een punt elk = 1 x 8) (8) [25]
(JUNIE 2010) EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE 7 VRAAG 4 (LO1 AS3) Die tabel hieronder verteenwoordig die aanbod en aanvraag skedules vir Bafana Bafana T-hemde wat deur Woolworths verkoop word vir die 2010 Fifa Wêreldbeker. Prys van T-Hemde Hoeveelheid aangevra Hoeveelheid aangebied R310 500 100 R320 400 200 R330 300 300 R340 200 400 R350 100 500 4.1 Teken die aanvraag en aanbod kurwes/kromme van die Bafana Bafana T- hemde deur die inligting hierbo te gebruik. Voorsien alle byskrifte. Prys R360 D S R350 R340 Prys van T-hemde R330 R320 R310 D S R300 0 100 200 300 400 500 Hoeveelheid Puntetoekenning 2 punte vir markewewigsprys 1 punt vir die benoeming van die vertikale as en 1 punt vir die horisontale as 1 punt vir die aanbodkromme A-------A 1 punt vir die aanvraagkromme V……….V ½ punt vir elke punt anders dan die markewewigspunt = 4 punte (10) 4.2 Wat let jy op aangaande die hoeveelheid aangevra as die prys styg? Wanneer die prys styg daal die hoeveelheid aangevra. (1) 4.3 Wat let jy op aangaande die hoeveelheid aangebied as die prys daal? Wanneer die prys daal, daal die hoeveelheid aangebied ook. (1)
8 EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE (JUNIE 2010) 4.4 Noem TWEE faktore wat aanvraag beïnvloed.  Prys van die produk  Prys van aanvullende produkte  Prys van plaasvervangers/ander produkte  Effektiewe advertering  Verskillende smake en voorkeure  Verandering in grootte van bevolking/inwoners  Verandering in inkomste van verbruikers (Enige twee = 2 x 1) (2) 4.5 Definieer die Wet van Aanbod. As alle ander faktore gelyk bly; hoe hoer die prys van ʼn artikel, hoe groter sal die aanbod van die artikel wees. Hoe hoër die prys, hoe groter die aanbod en hoe laer die prys hoe minder is die aanbod. Daar is ʼn positiewe verhouding tussen die prys en hoeveelheid aangebied. (1) 4.6 Identifiseer die markewewigsprys vanaf die grafiek. R330,00 (1) 4.7 Bereken die totale verkope by die ewewigspunt. Totale Verkope = Prys x Hoeveelheid = R330 x 300 = R99 000,00 (½ punt vir R330,00; ½ punt vir 300 en 1 punt vir R99 000 = 3 punte) (2) [18]
(JUNIE 2010) EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE 9 VRAAG 5 (LO2, AS1) R1,2 MILJARD VIR LANDELIKE WATER EN SANITASIE Landelike ontwikkeling was nie vergete tydens die Minister van Finansies se Nasionale Begrotingsrede gister. “Bo en behalwe die fondse wat aan die Departement van Landelike Ontwikkeling en Grondsake toegeken is vir die Omvattende Landelike Ontwikkelingstrategie, het ons ʼn nuwe toelaag in werking gestel vir die ondersteuning van die water en sanitasie infrastruktuur as deel van die landelike behuisingprogram. Voorsiening is gemaak vir ʼn aanvanklike R1,2 miljard oor ʼn tydperk van drie jaar.” In die Afdeling Inkomste Regulasies, wat in die staatskoerant in Januarie verskyn het, het armoedige, sukkelende plaasboere hulp ontvang in voorwaardelike toekennings. In die Oos-Kaap was ʼn voorwaardelike toekenning van R20 miljoen gemaak aan ‘Llima/Letsema Project Grants’ – gemik om plaasgemeenskappe te help om landbouproduksie te verhoog. ʼn Addisionele R8,7 miljoen is aan die provinsie toegeken as deel van die grondsorg armoede verligtingsprogram.” [Uittreksel van Begroting 2010, Daily Dispatch, Donderdag, 18 Februarie 2010] 5.1 Wie is die nuwe Minister van Finansies? Minister Pravin Gordhan (1) 5.2 Waar kry die regering die fondse wat toegeken is aan die ontwikkeling van landelike water en sanitasie? Vanaf belastings. (1) 5.3 Volgens die uittreksel, hoe gaan landelike inwoners baat by die toekennings? Gee TWEE antwoorde. Inwoners sal water en sanitasie infrastrukture kry. Plaasboere sal ondersteun word om landproduksie te verhoog. Inwoners sal ook baat by die Grondsorgarmoede Verligtingsprogram. (2) 5.4 Lys TWEE departemente, wat jy sterk voel, waaraan geld/fondse vanuit die Nasionale Begroting bestee moet word. Verduidelik redes vir jou antwoord. Antwoorde sal verskil. (4) [8]
10 EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE (JUNIE 2010) VRAAG 6 (LO4, AS1, AS2, AS3) 6.1 Waarom is dit vir ʼn besigheid nodig om ʼn besigheidsplan op te trek? Dit kan dien as riglyn of ‘padkaart’ vir die bedryf van jou besigheid om jou op koers te hou en sal jou help om jou doelwit te bereik. (Enige soortgelyke antwoord is aanvaarbaar) (1) 6.2 CHAOS NEEM TOE – MUNISIPALE STAKING GAAN VOORT Die versperring van paaie, strooi van vullis in strate, intimidasie van werkers en oues van dae wat besig was met ʼn vergadering by die ouditorium in Newton Park wat die gebou moes ontruim, terwyl die munisipale staking in Nelson Mandela Baai sy tweede dag beleef. Die staking het gister voortgegaan ongeag die nuwe 13% loonverhoging aanbod deur die SA Plaaslike Regerings Assosiasie (Sapra) in antwoord op die aanvraag deur die unie van 15%. Mike Schussler, ʼn ekonoom, het geskat dat die staking Suid-Afrika in die omgewing van R15 miljoen kos. “Ek kan nie die skade aan besighede en sakeondernemings bepaal nie, maar die koste is om en by R15 miljoen per dag aan werkers se lone.”, het hy gesê. Hoe langer die staking voortduur, hoe meer is die koste. [The Herald, 29 Julie 2009] (a) Waaroor het die staking gegaan? Die staking was oor die aanvraag vir loonverhogings deur die werknemers. (1) (b) Verduidelik die uitwerking van die munisipale staking op: (1) Besighede Die beraamde skade (koste) aan besighede beloop R15 miljoen. Dit sluit nie die skade aan besighede en sakeondernemings in nie. (2) Die Suid-Afrikaanse ekonomie Die verlies aan produksie deur besighede sowel as die verlies van lone/inkomste deur die werknemers. (2 x 2) (4)
(JUNIE 2010) EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE 11 6.3 Tom vra jou om hom by te staan om ʼn geprojekteerde inkomstestaat voor te berei vir sy besigheid. Hy beplan om kantoor lessenaars te verkoop. Die koste van een lessenaar is R750 en hy beplan om ʼn wins van 50% per lessenaar te maak. Hy het geskat dat hy teen die einde van die maand omtrent 50 lessenaars sal verkoop. Hy voorsien jou met die volgende bykomende inligting: Lone aan werkers R3 700 Telefoon R800 Water en elektrisiteit R1 200 Vervoer R1 500 Advertering R700 Verkope (R1 125 x 50) = R56 250,00 Koste van verkope (R750 x 50) = R37 500,00 Bruto wins = (R18 750,00) Minus Uitgawes R 7 900,00 Lone = R 3 700,00 Telefoon = R 800,00 Huur = R 700,00 Water en Elektrisiteit = R 500,00 Vervoer = R 1 500,00 Advertering = R 700,00 Netto Wins = R10 850,00 (10) PUNTETOEKENNING Verwerking van verkope (berekeninge van wins 750 x 50/100 = 375 (2 punte); berekening van verkoop prys 750 + 375= 1 125 (1 punt), berekening van verkope 1 125 x 50= 56 250 (2 punte) Koste van verkope (2 punte); Alle uitgawes (1/2 punt elk); Totale uitgawes (1 punt) Bruto wins (1 punt); Netto wins (1 punt) 6.4 Jou vriend vra jou om hom raad te gee oor die beste vorm van eienaarskap tussen ʼn vennootskap en beslote korporasie. Om hom te kan help, moet jy eers die volgende verduidelik: VENNOOTSKAP BESLOTE KORPORASIE Samestelling 2 − 20 1 − 10 Wins deling Deel volgens winsdeling Deel volgens % bydrae van verhouding lede Laste Lede betaal individueel Beslote korporasie betaal volgens glyskaal teen vaste koers soos maatskappye (6) (1 punt vir elke opmerking 1 x 6 = 6) [22] TOTAAL: 100

Study this subject

More from Grade 9 Economic and Management Sciences

View all