Province of the
EASTERN CAPE
EDUCATION
SENIOR FASE
GRAAD 9
NOVEMBER 2010
NATUURLIKE WETENSKAPPE
PUNTE: 100
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan 13 bladsye.
Skip to contentAll 2010 papers 


-QP_hlayiso.com_--0173a23a-0f01-4166-a72c-56159d041186/v1-cb0064e46ed6e6fa8fcc/card.webp)
-QP_hlayiso.com_--3a195ed7-3d56-404e-88d8-284f648c146d/v1-f710246a2b25c737f16c/card.webp)

View all

%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--2c41d124-6fd7-4816-8c4c-71aaf5fc6b41/v1-732b2906914230d04e80/card.webp)
%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--7c82b136-933b-449d-a6ec-0f4de4e6d8e4/v1-3ef9f584048e463c0067/card.webp)


Natural Sciences Grade 9 November EC 2010 Question Paper
Grade 9 Natural Sciences question paper from the November EC 2010, 13 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Natural Sciences · Grade 9 · November EC · 2010. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Natural Sciences
- Grade
- Grade 9
- Document type
- Question paper
- Year
- 2010
- Exam period
- November EC
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 13
- File size
- 1.1 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 13
This exam
November EC 2010
- Other filesQuestion paperQuestion paper (2)MemoMemo (2)
Document textSearch extracted text and jump to a page.
2 NATUURLIKE WETENSKAPPE (NOVEMBER 2010)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Lees die vrae noukeurig voordat jy dit beantwoord.
2. Beantwoord alle vrae.
3. Alle vrae moet korrek genommer word, in ooreenstemming met die vraestel.
4. Skryf netjies en leesbaar.
(NOVEMBER 2010) NATUURLIKE WETENSKAPPE 3
VRAAG 1
Verskillende moontlikhede word as antwoorde vir die onderstaande vrae voorgestel.
Kies die korrekte antwoord en skryf die slegs die gepaste LETTER langsaan die
vraagnommer.
1.1 Van watter bron kry dierselle hul voedsel?
A. Bloed
B. Suurstof
C. Ander selle
D. Koolstofdioksied (1)
1.2 Waarom is suurstof so belangrik vir die bloed en die selle?
A. Suurstof help die bloed om klonte te vorm.
B. Suurstof neem voedsel na die selle.
C. Suurstof is noodsaaklik vir selgroei en energie.
D. Suurstof is nie belangrik nie; koolstofdioksied is die belangrikste middel in die
liggaam. (1)
1.3 Die draai van die aarde om sy eie as eenkeer binne 24 uur veroorsaak …
A. dag en nag.
B. weerverandering.
C. verduistering van die maan.
D. sonsverduistering. (1)
1.4 ʼn Instrument om reënval te meet word die … genoem.
A. reënmeter
B. manometer
C. barometer
D. termometer (1)
1.5 Watter van die volgende kenmerke is op sure van toepassing?
A. Dit smaak bitter.
B. Dit maak blou lakmoes rooi.
C. Dit voel seperig en los in water op.
D. Dit het ʼn pH van 9. (1)
1.6 Wanneer ʼn stof met suurstof reageer word die volgende gevorm:
A. Oksied
B. Water
C. Sulfaat
D. Karbonaat (1)
1.7 Roes is die reaksie van yster met …
A. suurstof in water.
B. ʼn suur.
C. waterstof in water.
D. metaaloksiede. (1)
4 NATUURLIKE WETENSKAPPE (NOVEMBER 2010)
1.8 ʼn Atoom is elektries neutraal, wanneer …
A. dit ʼn gelyke aantal protone en elektrone het.
B. protone beweeg.
C. elektrone in wentelbane beweeg.
D. dit ʼn gelyke aantal neutrone en protone het. (1)
1.9 Verbranding behels die reaksie van ʼn stof met …
A. water.
B hout.
C. suurstof.
D. koper. (1)
1.10 Die hooffunksie van die rooibloedliggaampies in die bloed is om …
A. klonte in bloed te vorm.
B. siektes te beveg.
C. suurstof na die liggaam se selle te neem.
D. koolstofdioksied na die liggaam se selle te vervoer en wegneem van suurstof
vanaf die selle. (1)
[10]
VRAAG 2
2.1 Pas elk van die beskrywings in KOLOM A wat die beste by die term in KOLOM B
pas. Skryf die vraagnommer met die letter van die korrekte antwoord langsaan
neer.
KOLOM A KOLOM B
2.1 Die vermoë van diere om saam met hul omgewing te smelt. A. Resistor
2.2 Die eenheid van energie. B. Half-geleier
2.3 ʼn Meganisme wat die vloei van elektrone vertraag. C. Skakelaar
2.4 ʼn Stof wat, wanneer dit met ʼn ander stof gekombineer word, in ʼn D. Aanpassing
geleier of insulator verander kan word.
2.5 Die vloei van elektrone van een gebied na ʼn ander. E. Joule
2.6 Die meganisme wat die oop- en toemaak van ʼn elektriese stroom F. Kamoefleer
beheer.
2.7 ʼn Deeltjie wat los in ʼn wentelbaan rondom die nukleus van die G. Elektriese
atoom gehou word. lading
2.8 Die potensiaal van elektrone of protone om mekaar aan te trek. H. Insulator/Nie-
geleier
2.9 Omskep alternatiewe elektriese stroom na direkte elektriese I. Watt
stroom.
2.10 ʼn Materiaal wat nie elektrisiteit toelaat om deur dit te vloei nie. J. Elektriese
stroom
K. Elektron
L. AS-
kragaanpasser
M. Geleier
(10 x 1) [10]
(NOVEMBER 2010) NATUURLIKE WETENSKAPPE 5
VRAAG 3 Lewe en Lewende Dinge
Bestudeer die onderstaande diagramme en beantwoord die vrae wat volg:
A.
1
5
4
2 3
B.
3.1 Identifiseer die selle A en B. (2)
3.2 Voorsien die byskrifte genommer 1 – 5. (5)
3.3 Verduidelik die funksies van die dele genommer 2 en 5. (2)
[9]
VRAAG 4 Leef en om te Lewe
Bestudeer die onderstaande tabel wat die persentasie van koolhidrate-, proteïene- en
vetinhoud van vier verskillende kossoorte en beantwoord die vrae wat volg.
% Samestelling
Voedsel Koolhidrate Proteïne Vet Ander
Brood 47 10 3 40
Botter 0 1 82 17
Vis 8 20 10 62
Gebraaide rys 37 4 19 40
4.1 Watter kos, as dit in ewe veel hoeveelhede geëet word, sal die meeste energie
verskaf? (1)
4.2 Watter kos is die beste om die liggaam mee te bou? (1)
6 NATUURLIKE WETENSKAPPE (NOVEMBER 2010)
4.3 Voltooi ʼn staafgrafiek om die persentasie van voedingstowwe van die vier
kossoorte voor te stel.
Gebruik die grafiekblad wat voorsien is. (Aanhegsel 1)
Voorsien die grafiek van:
ʼn Sleutel wat die kossoorte verteenwoordig
ʼn Gepaste opskrif (7)
4.4 Noem enige TWEE voedingstowwe wat by die kolom genaamd “Ander” ingesluit
kan word. (2)
4.5 Sal jy hierdie kosse by jou dieet voeg? Verduidelik jou antwoord. (3)
[14]
VRAAG 5 Energie en Verandering
Onderaan is ʼn lys met gasse. Bestudeer die name van hierdie gasse en verbind die
gas met een van die onderstaande funksies.
Suurstof (O2), Koolstofdioksied (CO2), Stikstof (N2), Chloor (Cl2), Fluoor (F), Neon (Ne),
Helium (He)
5.1 Om ʼn vuur te blus (1)
5.2 In ʼn warm lugballon (1)
5.3 Wanneer ʼn persoon sukkel om asem te haal (1)
5.4 In skoonmaakmiddels (1)
5.5 In plante om voedsel te maak (1)
[5]
VRAAG 6 Materie en Materiaal
ʼn Graad 9-leerder neem ʼn beker met ys en plaas ʼn termometer daarin om die
temperatuur vas te stel en aan te teken. Die beker word verhit en die temperatuur word
na elke 2 minute aangeteken.
Hieronder is hoe die leerder inligting oor die temperatuur in die tabel aangeteken het:
Tyd in minute Temperatuur in °C
0 0
2 4
4 15
6 35
8 57
10 76
12 100
(NOVEMBER 2010) NATUURLIKE WETENSKAPPE 7
6.1 Teken ʼn lyndiagram om die inligting op die tabel voor te stel.
Gebruik die aangehegte grafiekblad. (Aanhegsel 2) (5)
6.2 Teken op jou grafiek aan waar die volgende plaasgevind het:
freezing, melting, boiling. (3)
6.3 Veronderstel jou klasmaats het besluit dat hulle ʼn bottel koeldrank vinnig wil laat
afkoel. Hulle plaas dit in ʼn vrieskas en vergeet daarvan. Na ses ure ontdek hulle
dat die bottel in stukkies gebreek het.
Verduidelik, met redes, wat gebeur het. (2)
6.4 5 g koeldrank beslaan ʼn volume van 4cm3. Bereken die digtheid.
(Gebruik die formule: Digtheid = massa ÷ volume) (2)
[12]
VRAAG 7 Materie en Materiaal
Voltooi die onderstaande reaksies en vergelykings en balanseer waar nodig. Die
algemene reaksie van ʼn suur met ʼn karbonaat is:
Suur + Karbonaat → Sout + Gas
Vul die ontbrekende antwoorde (a – e) in.
7.1 Soutsuur + Kalsiumkarbonaat → Kalsiumchloried +....(a).... + ...(b)... (2)
7.2 ...(c)...+ CaCO3 → CaCl2 + ...(d)...+ ...(e)... (3)
7.3 Die algemene reaksie van ʼn suur met ʼn metaaloksied is:
Suur + metaaloksied → sout + water
As Swawelsuur by Koper(II)oksied gevoeg word, sal die reaksie as volg wees:
Vul die ontbrekende antwoorde (f – h) in hieronder.
Swawelsuur + Koper(II)oksied → Kopersulfaat + ...(f)... (1)
7.4 H2SO4 + ...(g)... → ...(h)... + H2O (2)
7.5 Die volgende is die reaksie tussen ʼn verdunde suur en ʼn hidroksied.
Vul die ontbrekende antwoorde(i – j) in:
Natriumhidroksied + soutsuur → ...(i)...+ ...(j)... (2)
[10]
8 NATUURLIKE WETENSKAPPE (NOVEMBER 2010)
VRAAG 8 Energie en Verandering
Bestudeer die onderstaande diagram en beantwoord die vrae wat volg:
9V
6V 3V
V V
2A
A
8.1 Bereken die weerstand van Resistor 1 en Resistor 2 in die diagram hierbo.
Gebruik die formule:
Volt V
Weerstand = OF R =
Stroom I
(3)
8.2 Daar is sekere faktore wat die weerstand van ʼn metaal-geleier beïnvloed. Noem
TWEE van hierdie faktore. (2)
[5]
(NOVEMBER 2010) NATUURLIKE WETENSKAPPE 9
VRAAG 9 Materie en materiaal
Bestudeer die onderstaande eksperiment en beantwoord die vrae wat volg.
termometer
37 °C
Glukose gasborrels
oplossing +
gis kalkwater
9.1 Hierdie eksperiment is vir 2 dae so gelaat. Watter stof sal nou vrygestel word? (1)
9.2 Hoe sal jy hierdie gas toets? (2)
9.3 Noem die belangrikheid van hierdie gas in die lewe van ʼn plant. (2)
[5]
10 NATUURLIKE WETENSKAPPE (NOVEMBER 2010)
VRAAG 10 Die Wêreld en Verder
Lees die onderstaande leesstuk en beantwoord die vrae wat volg.
Mynbou is die uitgrawe van waardevolle minerale of ander geologiese materiaal uit die
aarde, gewoonlik uit ʼn ertsliggaam of ʼn soom. Die aard van mynprosesse skep ʼn
potensieel negatiewe uitwerking op die omgewing beide gedurende die
mynbedrywighede en vir jare nadat die myn gesluit is. Hierdie uitwerkings het daartoe
gelei dat die meeste nasies in die wêreld regulasies wat hierdie negatiewe uitwerking
kon hok slaan aangeneem het. Veiligheid was lank ʼn kopseer, alhoewel moderne
praktyke veiligheid in myne betekenisvol verbeter het. Omgewingskwessies kan insluit:
erosie, sinkgat-formasie, verlies aan biodiversiteit, die besoedeling van grond,
grondwater en oppervlakwater deur chemikalieë, wat deur mynprosesse veroorsaak
word. In sommige gevalle word bome afgekap om plek te maak vir die stoor van puin
en grond naby die myne. Besoedeling afkomstig van die lekkasie van chemikalieë kan
die gesondheid van die plaaslike bevolking beïnvloed as dit nie noukeurig beheer word
nie.
Daar is baie soorte ystererts-neerslae. Dit is magnetiet, massiewe hematiete en
pisolistiese ysterklip neerslae. Hematiet ystererts neerslae word huidiglik op alle
vastelande ontgin.
Ystererts bevat suurstof en yster-atome wat saamgeflans in een molekule. Om dit na
metaalagtige yster om te skakel, moet dit gesmelt word, of deur ʼn direkte
verminderingproses om suurstof te verwyder. Suurstof-yster bande is sterk, en om die
suurstof van die yster te skei, moet ʼn sterker elementale band aangebied word om aan
die suurstof gebind te word. Koolstof word gebruik omdat die sterkte van ʼn koolstof-
suurstof band teen hoë temperature groter is as die band van die yster-suurstof band.
10.1 Noem TWEE soorte ystererts waarvan yster metaal verkry word. (2)
10.2 Beskryf die ekonomiese belangrikheid van mynbou. (5)
10.3 Beskryf die negatiewe gevolge van mynbou op die omgewing. (5)
[12]
(NOVEMBER 2010) NATUURLIKE WETENSKAPPE 11
VRAAG 11 Energie en Verandering
Lees die kort uittreksel uit die The Eastern Province Herald en beantwoord die vrae wat
volg. (Herald; Maandag 08 Februarie 2010)
Maandag 08 Februarie 2010
WETENSKAPLIKES VREES DIE BEDREIGING VAN DIE YSBEER SE BESTAAN
Washington (VSA) – Die ys in Antarktika en die Noordpool is besig om teen ʼn
geweldige snelheid te smelt as gevolg van hoë temperature veroorsaak deur die
uitskeiding van koolstofdioksied en ander kweekhuisgasse in die atmosfeer.
Wetenskaplikes het hul besorgdheid oor die moontlike uitwissing van een van die
wêreld se mees bekende en asemrowende skeppinge, die ysbeer uitgespreek ...
11.1 Wat word hierdie verskynsel in die uittreksel genoem? (1)
11.2 Watter ander verpletterende gevolge kan hierdie verskynsel, behalwe vir die
uitwissing van spesies, op ons omgewing hê? (4)
11.3 Stel maniere voor om die planeet van hierdie probleem te red. (3)
[8]
TOTAAL: 100
12 NATUURLIKE WETENSKAPPE (NOVEMBER 2010)
AANHEGSEL 1
NAAM: _____________________________________ Gr: ____
(NOVEMBER 2010) NATUURLIKE WETENSKAPPE 13
AANHEGSEL 2
NAAM: _____________________________________ Gr: ____
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Natural Sciences Grade 9 November EC 2010 Question Paper

Memorandum
Natural Sciences Grade 9 November EC 2010 Memo

Memorandum
Natural Sciences Grade 9 November EC 2010 Memo
-QP_hlayiso.com_--0173a23a-0f01-4166-a72c-56159d041186/v1-cb0064e46ed6e6fa8fcc/card.webp)
Question paper
Natural Sciences Grade 9 June Common 2010 QP (Eng)
-QP_hlayiso.com_--3a195ed7-3d56-404e-88d8-284f648c146d/v1-f710246a2b25c737f16c/card.webp)
Question paper
Natural Sciences Grade 9 June Common 2010 QP (Afr)

Question paper
Natural Sciences Grade 9 November EC 2016 QP (Eng)
More from Grade 9 Natural Sciences

CAPS document
CAPS SP NATURAL SCIENCES GR 7 9 WEB

Memorandum
Natural Sciences Grade 9 P1 November Mock 2026 Memo (Eng)
%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--2c41d124-6fd7-4816-8c4c-71aaf5fc6b41/v1-732b2906914230d04e80/card.webp)
Memorandum
Natural Sciences Grade 9 Gauteng June 2024 Memo (Afrikaans)
%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--7c82b136-933b-449d-a6ec-0f4de4e6d8e4/v1-3ef9f584048e463c0067/card.webp)
Memorandum
Natural Sciences Grade 9 Gauteng June 2024 Memo (English)

Memorandum
Natural Sciences Grade 9 North West June 2024 Memo

Question paper and memo