Province of the
EASTERN CAPE
EDUCATION
SENIOR FASE
GRAAD 9
JUNIE 2010
NATUURLIKE WETENSKAPPE
PUNTE: 100
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye.
Skip to contentAll 2010 papers -QP_hlayiso.com_--0173a23a-0f01-4166-a72c-56159d041186/v1-cb0064e46ed6e6fa8fcc/card.webp)
Memo_hlayiso.com_--eab976da-d825-4051-962a-a3a69152f3d7/v1-1d5f438a39b3fcd6aa55/card.webp)
-Memo_hlayiso.com_--f112a08c-a584-4a0c-be16-24e074d1d8d6/v1-8fc6c9e9de77cbe6ec97/card.webp)



View all

%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--2c41d124-6fd7-4816-8c4c-71aaf5fc6b41/v1-732b2906914230d04e80/card.webp)
%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--7c82b136-933b-449d-a6ec-0f4de4e6d8e4/v1-3ef9f584048e463c0067/card.webp)


Natural Sciences Grade 9 June Common 2010 QP (Afr)
Grade 9 Natural Sciences question paper from the June Common 2010 (Afrikaans), 10 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Natural Sciences · Grade 9 · June Common · 2010. Question paper, 10 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Natural Sciences
- Grade
- Grade 9
- Document type
- Question paper
- Year
- 2010
- Exam period
- June Common
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 10
- File size
- 972.1 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 10
This exam
June Common 2010
Document textSearch extracted text and jump to a page.
2 NATUURLIKE WETENSKAPPE (JUNIE 2010)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye.
2. Lees al die vrae deeglik voor jy begin skryf.
3. Beantwoord al die vrae op die antwoordblad voorsien.
4. Nommer jou antwoorde presies soos dit op die vraestel verskyn.
5. Skryf netjies en leesbaar.
(JUNIE 2010) NATUURLIKE WETENSKAPPE 3
VRAAG 1
Verskeie moontlikhede word as antwoorde vir die volgende vrae voorgestel. Kies die
korrekte antwoord en skryf die letter wat jou keuse van antwoord naas die korrekte
vraagnommer op jou antwoordblad.
1. 1.1 Watter van die volgende natuurlike verskynsels kan aan statiese
elektrisiteit gekoppel word?
A. ʼn wolk
B. ʼn reënboog
C. weerlig
D. reën (2)
1.2 ʼn Elektriese stroom is die beweging van … in ʼn elektriese stroombaan.
A. atome
B. elemente
C. molekules
D. elektriese lading (2)
1.3 As drie selle van 1 V , 1,5 V en 3,5 V in serie gekoppel word, sal die totale
lesing op ʼn voltmeter … wees.
A. 1V
B. 1,5 V
C. 3,5 V
D. 6V (2)
1.4 Die basiese eenheid van lewe is die …
A. sitoplasma.
B. weefsel.
C. sel.
D. orgaan. (2)
1.5 Watter van die volgende strukture word in ʼn plantsel gevind, maar nie in ʼn
diersel nie?
A. selmembraan
B. selkern
C. vakuool
D. selwand (2)
1.6 Kimberley is bekend vir die Groot Gat en sy … myne.
A. diamant
B. platinum
C. goud
D. koper (2)
4 NATUURLIKE WETENSKAPPE (JUNIE 2010)
1.7 Uit hoeveel verskillende elemente bestaan magnesiumhidroksied
[Mg(OH)2]?
A. 3
B. 6
C. 5
D. 2 (2)
1.8 Gesmelte rots wat binne-in die aarde gevind word staan bekend as …
A. magma.
B. rots.
C. lawa.
D. aardkors. (2)
1.9 Verbranding behels reaksie van ʼn stof met …
A. water.
B. swawel.
C. suurstof.
D. warmte. (2)
1.10 Watter van die volgende oksiede is verkeerdelik geskryf?
A. H2O
B. CO2
C. FeO
D. MgO2 (2)
[20]
VRAAG 2
Pas elk van die beskrywings in kolom A met ʼn term in kolom B . Skryf die vraagnommer
op die antwoordblad en die letter van jou keuse teenoor de vraagnommer.
KOLOM A KOLOM B
2.1 Die energie van beweging A Swaartekrag
2.2 Die eenheid van weerstand B Diffusie
2.3 Die oordrag van warmte energie deur lug C Kinetiese energie
2.4 ʼn Nie-kontak krag tussen twee massas D Watt
2.5 Die eenheid van drywing E Kondensasie
2.6 Die oordrag van warmte energie deur ʼn vloeistof of ʼn F Stroming
gas
2.7 Die fase verandering van ʼn vloeistof na ʼn gas G Newton
2.8 Die eenheid van stroomvloei H Ohm
2.9 Die fase verandering van vloeistof na ʼn vaste stof I Verdamping
2.10 ʼn Gestruktureerde krag tussen twee voorwerpe oor J Wrywing
mekaar skuur
K Straling
L Potensiële energie
M Bevriesing
N Ampère
O Coulomb
(10 x 1=10) [10]
(JUNIE 2010) NATUURLIKE WETENSKAPPE 5
VRAAG 3: Lewe en Lewende Dinge
Organismes benodig energie, wat belangrik is vir alle lewensprosesse. Plante maak
voedsel deur middel van die fotosintese proses. Suurstof word gedurende
selrespirasie, in beide plante en diere gebruik, om energie in voedsel vry te stel .
Bestudeer die onderstaande vergelyking waar energie deur E verteenwoordig word:
Vergelyking 1
Koolhidrate + suurstof koolstofdioksied + water + E
Vergelyking 2
Koolstofdioksied + water + E koolhidrate + suurstof
3.1 Watter vergelyking verteenwoordig die proses van selrespirasie? (1)
3.2 Waar kom die energie wat deur E verteenwoordiging in vergelyking 2 vandaan?
(1)
3.3 Noem TWEE verbindings in vergelyking 1. (2)
3.4 Gebruik die bogenoemde inligting, waarom dit nie ʼn goeie idee is om plante te
hê wanneer ons snags slaap nie. (2)
[6]
6 NATUURLIKE WETENSKAPPE (JUNIE 2010)
VRAAG 4 Lewe en Lewende Dinge
Bestudeer die volgende uittreksel en beantwoord die onderstaande vrae.
Beantwoord die vrae so deeglik moontlik.
Patogeniese Organismes: Virusse en Bakterieë
Patogeniese organismes is organismes wat siekte veroorsaak. Hulle leef dus parasities op
ander organismes. Bakterieë en virusse is patogeniese organismes.
ʼn Virus kan nie as ʼn ware sel beskou word nie. Dit bevat slegs ʼn proteïen-omhulsel wat ʼn
nukleïensuur omsluit. (ʼn Nukleïensuur is ʼn molekule wat genetiese energie inligting dra
byvoorbeeld DNS en RNS). Bakterieë aan die een kant, is eensellige organismes wat
kernmateriaal bevat en deur ʼn membraan omring word.
Virusse is baie klein, hul grootte wissel van 10 nm (nanometer) en 200 nm. Hulle vorm is
simmetries. Normaalweg word virusse deur voedsel, deur kontak of deur draers versprei.
Virusse toon geen eienskappe van lewe nie. Dit kan slegs binne lewende organismes
vermeerder. Virusse is ook in staat om bakterieë te besmet. So ʼn virus word ʼn bakteriofaag
genoem. Voorbeelde van siekte wat deur virusse veroorsaak word, is verkoue, griep, polio,
waterpokkies, koorsblare en Vigs.
Bakterieë word oral op aarde aangetref; in die lug, in water, in grond, in dooie- of lewende
materiaal. Sommige kan in suurstof leef en ander weer in die afwesigheid van suurstof. Hul
grootte wissel van 5 µm (mikrometer) tot minder as 1 µm. Hulle plant baie vinnig voort en
vorm sigbare kolonies. Bakterieë word hoofsaaklik in drie groepe ingedeel volgens hul vorm:
sferies [cocci], staafvormig [bacilli] en spiraalvormig [spirilium].
Sommige bakterieë is nuttig, byvoorbeeld gistingbakterieë (asynsuurbakterieë en
melksuurbakterieë – hierdie bakterieë maak melk suur) wat van ekonomiese belang vir die
mens is. Bakterieë wat skadelik is veroorsaak siektes (tuberkulose, witseerkeel en
maagkoors) en verrotting van voedsel.
Tuberkulose, wat deur bakterieë veroorsaak word, is die voorste sekondêre infeksie wat
mense wat aan HIV ly, se dood kan veroorsaak. TB kan genees word as dit vroeg genoeg
behandel kan word. Multi-dwelm weerstandige TB (MDW-TB) en Uitgebreide-dwelm
weerstandige TB (UDW-TB) is nou aan die toeneem veral in lande met ʼn hoë MIV gevalle.
Wanneer HIV-positiewe mense aan UDW-TB en MDW-TB ly, sterf baie nog voordat hulle
gediagnoseer kan word.
4.1 Hoe groot is ʼn:
a) Virus? (1)
b) Bakterium? (1)
4.2 Dui ten minste TWEE verskille tussen ʼn virus en ʼn bakterium aan. (4)
4.3 Waarom word siekte soos TB as ʼn sekondêre infeksie beskou? (2)
4.4 Noem DRIE siektes wat deur skadelike bakterieë veroorsaak word. (3)
4.5 Waarvoor staan die afkortings?
a) Vigs (1)
b) UDW-TB (1)
c) MDW-TB (1)
[14]
(JUNIE 2010) NATUURLIKE WETENSKAPPE 7
VRAAG 5: Energie en Verandering
Beskou die onderstaande diagram van ʼn elektriese stroom en beantwoord die vrae wat volg.
24 Ώ
60 V
A
36 Ώ
V
5.1 Bereken die effektiewe elektriese weerstand van die elektriese stroom. Gebruik die
formule:
Totale Weerstand = Weerstand 1 + Weerstand 2 of RT = R1 + R2 (3)
5.2 Wat sal die lesing op die ammeter wees? Gebruik formule:
Elektriese stroom (I) = Volt (V)
Weerstand (R) (3)
5.3 Wat sal die lesing op die ammeter wees? Gebruik formule:
Volt (V) = Elektriese stroom (I) x Weerstand (R) (3)
5.4 Watter effek sal dit op die effektiewe weerstand hê as nog ʼn resistor van 36Ώ in
parallel bygevoeg word? (2)
[11]
VRAAG 6: Materie en Materiale
Bestudeer die Periodieke Tabel (Appendiks A) en beantwoord die vrae wat volg.
6.1 Die elemente op die periodieke tabel word in twee hoofgroepe ingedeel:
Aan die linkerkant kry ons 6.1 (a) en aan die regterkant 6.1 (b) . (2)
6.2 Noem TWEE elemente wat as vloeistof by kamertemperatuur voorkom. (2)
6.3 Noem enige VIER elemente wat as gasse by kamertemperatuur voorkom. (4)
6.4 Noem die groep elemente wat nooit met ander elemente sal reageer nie. (1)
6.5 Watter element is die “ligste” (laagste digtheid)? (1)
8 NATUURLIKE WETENSKAPPE (JUNIE 2010)
6.6 Bestudeer die onderstaande simbole en gee die naam van die elemente of
verbindings wat hierdeur voorgestel word:
a) He
b) NaCl
c) CuSO4
d) Pb 4x1 (4)
6.7 Skryf neer die formules en die name van die volgende verbindings wat bestaan:
a) uit kalsium, koolstof en suurstof in verhouding van 1:1:3.
b) uit natrium, swawel, en suurstof in verhouding van 2:1:4.
c) uit stikstof, waterstof en chloor in verhouding van 1:4:1. 3x1 (3)
[17]
VRAAG 7
Skryf neer of die onderstaande diagramme ʼn element, verbinding of ʼn mengsel voor stel.
A B C D [4]
(JUNIE 2010) NATUURLIKE WETENSKAPPE 9
VRAAG 8
Gebruik die model-sleutel vir elke element en skryf die naam van elk neer.
Koolstof - C
Waterstof - H
Suurstof - O Stikstof - N
1 bv. H2O 2 3
4 5 6
7 8 9
[8]
VRAAG 9
Bestudeer die onderstaande reaksies, skryf die vergelykings neer en balanseer dit waar
nodig.
9.1 koperkarbonaat koper(II)oksied + koolstofdioksied (1)
9.2 kwikoksied kwik + suurstof (2)
9.3 ammoniumkarbonaat ammoniak + koolstofdioksied + waterdamp (2)
9.4 sink + soutsuur sinkchloried + waterstof (2)
9.5 kalsiumkarbonaat + H2SO4 kalsiumsulfaat + koolstofdioksied + water (2)
9.6 natriumhidroksied + soutsuur natriumchloried + water (1)
[10]
TOTALE PUNT: 100
10 NATUURLIKE WETENSKAPPE (JUNIE 2010)
Appendiks A
Study this subject
Recommended for this subject
-QP_hlayiso.com_--0173a23a-0f01-4166-a72c-56159d041186/v1-cb0064e46ed6e6fa8fcc/card.webp)
Question paper
Natural Sciences Grade 9 June Common 2010 QP (Eng)
Memo_hlayiso.com_--eab976da-d825-4051-962a-a3a69152f3d7/v1-1d5f438a39b3fcd6aa55/card.webp)
Memorandum
Natural Sciences Grade 9 June Common 2010 Memo
-Memo_hlayiso.com_--f112a08c-a584-4a0c-be16-24e074d1d8d6/v1-8fc6c9e9de77cbe6ec97/card.webp)
Memorandum
Natural Sciences Grade 9 June Common 2010 Memo

Question paper
Natural Sciences Grade 9 November EC 2010 Question Paper

Question paper
Natural Sciences Grade 9 November EC 2010 Question Paper

Memorandum
Natural Sciences Grade 9 November EC 2010 Memo
More from Grade 9 Natural Sciences

CAPS document
CAPS SP NATURAL SCIENCES GR 7 9 WEB

Memorandum
Natural Sciences Grade 9 P1 November Mock 2026 Memo (Eng)
%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--2c41d124-6fd7-4816-8c4c-71aaf5fc6b41/v1-732b2906914230d04e80/card.webp)
Memorandum
Natural Sciences Grade 9 Gauteng June 2024 Memo (Afrikaans)
%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--7c82b136-933b-449d-a6ec-0f4de4e6d8e4/v1-3ef9f584048e463c0067/card.webp)
Memorandum
Natural Sciences Grade 9 Gauteng June 2024 Memo (English)

Memorandum
Natural Sciences Grade 9 North West June 2024 Memo

Question paper and memo