Skip to content

History Grade 10 P1 2020 QP (Afr)

Question paperHistoryGrade 1020209 pages

Grade 10 History Paper 1 question paper from the Mpumalanga National Exemplar Exam (NSC) 2020 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Mpumalanga National Exemplar Exam (NSC) 2020

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 10 NOVEMBER 2020 GESKIEDENIS (WEERGAWE 1) (EKSEMPLAAR) PUNTE: 150 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye en ʼn addendum van 12 bladsye.
2 GESKIEDENIS (EC/NOVEMBER 2020) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B, wat op die voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is. DRIE brongebaseerde vrae in AFDELING A en DRIE opstelvrae in AFDELING B. AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE VRAAG 1: TRANSFORMASIE IN SUIDER-AFRIKA NA 1750 VRAAG 2: KOLONIALE UITBREIDING NA 1750 VRAAG 3: DIE SUID-AFRIKAANSE OORLOG EN UNIE AFDELING B: OPSTELVRAE VRAAG 4: TRANSFORMASIE IN SUIDER-AFRIKA NA 1750 – DIE OPKOMS VAN DIE BASOETO-KONINKRYK ONDER KONING MOSHOESHOE VRAAG 5: KOLONIALE UITBREIDING NA 1750: SAMEWERKING EN KONFLIK OP DIE HOËVELD VRAAG 6: DIE SUID-AFRIKAANSE OORLOG EN UNIE – DIE NATURELLE GRONDWET VAN 1913 2. AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gevind word. 3. AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae. 4. Beantwoord DRIE vrae soos volg: 4.1 Ten minste EEN moet ʼn brongebaseerde vraag wees en ten minste EEN moet ʼn opstelvraag wees. 4.2 Die DERDE vraag kan óf ʼn brongebaseerde vraag óf ʼn opstelvraag wees. 5. In die beantwoording van die vrae moet jy jou kennis, vaardighede en insig gebruik. 6. Jy sal benadeel word deur die blote oorskryf van die bronne as antwoorde. 7. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 8. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) GESKIEDENIS 3 AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae uit hierdie afdeling. Bronmateriaal wat gebruik moet word om hierdie vrae te beantwoord, is in die ADDENDUM vervat. VRAAG 1: HOE HET SHAKA, ’N KRYGER, DIE MAGTIGE ZOELOE-KONINKRYK GEKONSOLIDEER? Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg. 1.1 Verwys na Bron 1A. 1.1.1 Wie, volgens die bron, was Shaka se moeder? (1 x 1) (1) 1.1.2 Verduidelik wat word met, ‘grootword as ʼn vaderlose kind’ bedoel. (1 x 2) (2) 1.1.3 Noem die hoofmanne van die volgende Nguni-groepe: (a) Mthethwa (b) Ndwandwe (2 x 1) (2) 1.1.4 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis om te verduidelik hoe Shaka tot ʼn kryger ontwikkel het. (2 x 2) (4) 1.1.5 Verduidelik hoe Dingiswayo tot Shaka se prestasies bygedra het. (2 x 2) (4) 1.2 Lees Bron 1B. 1.2.1 Wat, volgens die bron, was die naam van Shaka se hoofstad? (1 x 1) (1) 1.2.2 Gee ʼn ander betekenis vir die woord ‘KwaBulawayo’. (1 x 1) (1) 1.2.3 Verduidelik die term, ‘Mfekane’, in die konteks van Shaka se oorloë gedurende sy bewind. (1 x 2) (2) 1.2.4 Verskaf DRIE name van hoofmanne of stamleiers wat uit vrees vir Shaka noordwaarts gevlug het. (3 x 1) (3) 1.2.5 Hoe, volgens die bron, het die ontwikkeling van die militêre stelsel groot ekonomiese en maatskaplike veranderinge in die Zoeloe-koninkryk veroorsaak? (3 x 1) (3) 1.2.6 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis om te verduidelik wat die gevolge van Shaka se oorloë was. (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 GESKIEDENIS (EC/NOVEMBER 2020) 1.3 Raadpleeg Bron 1C. 1.3.1 Noem TWEE blanke handelaars wie Shaka in 1824 besoek het. (2 x 1) (2) 1.3.2 Wat was die rede, volgens die bron, waarom Shaka die blanke handelaars verwelkom het? (3 x 1) (3) 1.3.3 Verskaf bewyse uit die bron wat daarop dui dat Shaka ʼn aangename en vriendelike karakter gehad het. (2 x 1) (2) 1.3.4 Hoe, volgens die bron, was Shaka waargeneem? (2 x 1) (2) 1.3.5 Verduidelik wat jy dink die handelaars se bymotief vir die besoek aan Shaka was? (1 x 2) (2) 1.4 Lees Bron 1D. 1.4.1 Watter boodskap dra die foto rakende Shaka oor? Gebruik die visuele leidrade in die bron om jou antwoord te ondersteun. (1 x 2) (2) 1.4.2 Vergelyk Bron 1A en Bron 1D. Verduidelik hoe die inligting in Bron 1A die bewyse in Bron 1D met betrekking tot Shaka se konsolidasie van die Zoeloe-koninkryk, ondersteun. (2 x 2) (4) 1.5 Deur gebruik te maak van die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis, skryf ‘n paragraaf van ongeveer SES reëls (ongeveer 60 woorde) waarin jy verduidelik hoe Shaka, die kryger, die Zoeloe-koninkryk in ʼn magtige Zoeloe- koninryk gekonsolideer het. (6) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) GESKIEDENIS 5 VRAAG 2: HOE HET BRITSE KOLONIALISME DIE LEWENS VAN DIE INWONERS VAN DIE KAAPKOLONIE, BEĪNVLOED? Bestudeer Bron 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die vrae wat volg. 2.1 Verwys na Bron 2A. 2.1.1 Definieer die term kolonialisme in jou eie woorde. (1 x 2) (2) 2.1.2 Wie, volgens die bron, het aan Nongqawuse verskyn? (1 x 1) (1) 2.1.3 Watter instruksies, volgens die bron, was deur die twee vreemde geeste aan Nongqawuse aangaande die Xhosa-nasie gegee? (2 x 1) (2) 2.1.4 Haal bewyse uit die bron aan wat Nongqawuse gebruik het om die mislukking van die voorspelling te regverdig. (1 x 1) (1) 2.1.5 Gebruik jou eie kennis om die gevolge van die vee-slagting op die Xhosa-nasie te verduidelik. (2 x 2) (4) 2.2 Raadpleeg Bron 2B. 2.2.1 Wie, volgens die bron, was die inheemse mense van die Kaap in 1652? (1 x 1) (1) 2.2.2 Verskaf bewyse uit die bron wat die positiewe veranderinge aandui wat deur die sendelinge sedert hulle aankoms in die Kaapkolonie gemaak is. (2 x 1) (2) 2.2.3 Lewer kommentaar oor die gevolge (eindresultaat) van die Ordinansie 50 op die Boere. (2 x 2) (4) 2.3 Bestudeer Bron 2C. 2.3.1 Haal bewyse uit die bron aan wat die verwagtinge van die Boere wat vanaf die Kaapkolonie na die binneland beweeg het, voorstel. (3 x 1) (3) 2.3.2 Wat, volgens die bron, was die Boere se reaksie teenoor Verengelsing? (2 x 1) (2) 2.3.3 Gebruik die bron en identifiseer die redes vir die Boere se ontevredenheid met die sendelinge wat tot die Groot Trek gelei het. (4 x 1) (4) 2.3.4 Verduidelik waarom die Boere daarin belanggestel het om meer grond te kry. (2 x 2) (4) 2.3.5 Lewer kommentaar op die Boere se houding teenoor Swartes in die Kaapkolonie. (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 GESKIEDENIS (EC/NOVEMBER 2020) 2.4 Lees Bron 2D. 2.4.1 Wie, volgens die bron, was vir die Xhosa vee-slagting verantwoordelik? (1 x 2) (2) 2.4.2 Watter boodskap dra die prent aangaande die Xhosa vee-slagting krisis tussen 1856–1857, oor? (2 x 2) (4) 2.4.3 Lewer kommentaar oor die bruikbaarheid van hierdie bron vir ‘n geskiedkundige wat die Xhosa vee-slagting van 1856–1857 navors. (2 x 2) (4) 2.5 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ʼn paragraaf van ongeveer SES reëls (ongeveer 60 woorde) waarin jy die impak van die Britse kolonialisme op die inwoners van die Kaapkolonie verduidelik. (6) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) GESKIEDENIS 7 VRAAG 3: HOE HET DIE SUID-AFRIKAANSE OORLOG DIE LEWENS VAN BEIDE DIE BOERE EN SWART SUID-AFRIKANERS TYDENS DIE JARE 1899–1902 BEÏNVLOED? Bestudeer Bron 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die vrae wat volg. 3.1 Verwys na Bron 3A. 3.1.1 Identifseer TWEE Boer-republieke wat by die Suid-Afrikaanse Oorlog betrokke was. (2 x 1) (2) 3.1.2 Wanneer, volgens die bron, het die Suid-Afrikaanse Oorlog uitgebreek? (1 x 1) (1) 3.1.3 Noem die swart bevolkingsgroepe wat ook deur die oorlog geaffekteer was. (4 x 1) (4) 3.1.4 Gebruik jou eie kennis en verduidelik waarom die oorlog as ‘n ‘witmensoorlog’ bekend gestaan het. (1 x 2) (2) 3.1.5 Lewer kommentaar oor waarom die swart bevolkingsgroepe die Suid- Afrikaanse Oorlog as hul voordeel beskou het. (2 x 2) (4) 3.2 Lees Bron 3B. 3.2.1 Verduidelik wat met ‘verskroeide aarde beleid’ bedoel word. (1 x 2) (2) 3.2.2 Wat, volgens die bron, was die redes vir die toename in die aantal sterftes in die Swart konsentrasiekampe? (3 x 1) (3) 3.2.3 Gebruik jou eie kennis om te verduidelik waarom die behandeling van Swartes en Blankes in die kampe verskil het. (1 x 2) (2) 3.2.4 Lewer kommentaar op die belangrikheid van die ondertekening van die Verdrag van Vereeniging. (2 x 2) (4) 3.3 Raadpleeg Bron 3C. 3.3.1 Identifiseer TWEE toestande wat daarop dui dat Lizzie ʼn behoefte aan goeie sorg gehad het. (2 x 1) (2) 3.3.2 Waarom, volgens die bron, was Lizzie se ma as “ongewens” beskou? (2 x 1) (2) 3.3.3 Verskaf bewyse, uit die bron, wat die redes vir die hoë sterftesyfers in die konsentrasiekampe aandui. (4 x 1) (4) 3.3.4 Gebruik jou eie kennis om die verhouding tussen die Boere en die Britte te verduidelik. (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 GESKIEDENIS (EC/NOVEMBER 2020) 3.4 Bestudeer Bron 3D. 3.4.1 Watter boodskap word deur die prent oorgedra? (2 x 2) (4) 3.4.2 Vergelyk Bron 3B en Bron 3D. Verduidelik hoe die inligting in Bron 3B die bewyse in Bron 3D met betrekking tot die toestande in die konsentrasiekampe ondersteun. (2 x 2) (4) 3.5 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ʼn paragraaf van ongeveer SES reëls (ongeveer 60 woorde) waarin jy die impak van die Suid-Afrikaanse Oorlog op die lewens van beide die Boere en Swart Suid-Afrikaners gedurende die jare 1899–1902 verduidelik. (6) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) GESKIEDENIS 9 AFDELING B: OPSTELVRAE VRAAG 4: TRANSFORMASIE IN SUIDER-AFRIKA NA 1750 – DIE OPKOMS VAN DIE BASOETO-KONINKRYK ONDER KONING MOSHOESHOE Moshoeshoe was ‘n wonderlike militêre strategeeg, diplomaat en nasiebouer. Stem jy saam met die stelling? Motiveer jou antwoord met relevante geskiedkundige bewyse. [50] VRAAG 5: KOLONIALE UITBREIDING NA 1750 – SAMEWERKING EN KONFLIK OP DIE HOȄVELD Daar was baie konflik en samewerking op die Hoëveld tussen die Britte, Boere en die Basoeto. Bespreek hierdie stelling met verwysing na hoe die Britte die konflik suksesvol opgelos het. [50] VRAAG 6: DIE SUID-AFRIKAANSE OORLOG EN DIE UNIE – DIE NATURELLE GRONDWET VAN 1913 Bespreek krities die maatskaplike en ekonomiese impak van die Naturelle Grond- wet van 1913 op die Swart bevolking. Gebruik relevante bewyse om jou argument te staaf. [50] TOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 10 History

View all