NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 10
NOVEMBER 2020
GESKIEDENIS (WEERGAWE 2)
NASIENRIGLYN
(EKSEMPLAAR)
PUNTE: 150
Hierdie nasienriglyn bestaan uit 19 bladsye.
Skip to contentAll 2020 papers /HISTORY%20P1%20GR10%20QP%20NOV2020_Afrikaans--93442bec-8d54-436f-8013-9d69ded46fb3/v1-dfbb6c79fb041cc72b3b/card.webp)





View all





History Grade 10 P2 2020 Memo (Afr)
Grade 10 History Paper 2 memorandum from the Mpumalanga National Exemplar Exam (NSC) 2020 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.
History · Grade 10 · Mpumalanga National Exemplar Exam (NSC) · 2020 · Afrikaans. Memorandum, 19 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 10
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2020
- Exam period
- Mpumalanga National Exemplar Exam (NSC)
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 19
- File size
- 708.5 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 19
This exam
Mpumalanga National Exemplar Exam (NSC) 2020
- Paper 1Question paper
- Paper 2Question paper · EngMemo · Afr
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
2 GESKIEDENIS V2 (EC/NOVEMBER 2020)
1. BRONGEBASEERDE VRAE
1.1 Kognitiewe vlakke en vermoëns gedek gedurende die assessering van
bron gebaseerde vrae:
KOGNITIEWE GEWIGSTOE-
VLAKKE HISTORIESE VAARDIGHEDE KENNING VAN
VRAE
• Onttrek bewyse uit bronne
VLAK 1 • Selektering en organisering van 30%
relevante inligting vanaf bronne (15)
• Definieer historiese begrippe/terme
• Eenvoudige interpretasie uit bronne
• Verduidelik inligting ingesamel van 40%
VLAK 2
die bron (20)
• Analiseer bewyse vanuit die bron
• Interpreteer en evalueer bewyse uit
bronne
• Vra vrae oor vooroordeel,
betroubaarheid en bruikbaarheid en 30%
VLAK 3
beperking van bronne (15)
• Vergelyk en kontrasteer interpretasies
en perspektiewe in die bron en maak
ʼn onafhanklike afleiding.
1.2 Die inligting hieronder dui aan hoe brongebaseerde vrae geassesseer
word:
• By die nasien van brongebaseerde vrae moet krediet gegee word vir
enige ander geldige en toepaslike standpunte, argument, bewyse of
voorbeelde.
• Met die toekenning van punte moet aandag gegee word aan hoe daar
aan die vereistes van die vraag voldoen is.
• In die nasienriglyn word die vereistes van die vraag (vaardighede
waaraan aandag gegee moet word) sowel as die vlak van die vraag in
kursiefgedrukte skrif aangedui.
• By die assessering van die oop brongebaseerde vrae moet die
kandidaat krediet kry vir enige ander relevante antwoord.
• Daar word van leeerlinge verwag om ʼn standpunt in te neem in die
beantwoording van ‘tot watter mate’ vrae om enige punte te verdien.
1.3 Assesseringsprosedure vir brongebaseerde vrae
• Gebruik ʼn regmerk (√) vir elke korrekte antwoord
• Gee aandag aan die puntetoekenning bv. (2 x 2) wat neerkom op twee
redes en word twee punte elk toegeken(√√√√); (1 x 2) wat neerkom op
een rede en twee punte tooegeken word (√√)
• Indien ʼn vraag 4 punte tel word 4 regmerke (√√√√) aangedui
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) GESKIEDENIS V2 3
Paragraafvraag
Paragrawe moet globaal (holisties) geassesseer word. Beide die inhoud
en die struktuur van die paragraaf moet in berekening gebring word
wanneer punte toegeken word. Die volgende stappe moet gebruik word
wanneer ʼn antwoord op ʼn paragraafvraag geassesseer word:
Lees die paragraaf en plaas ʼn kolpunt (•) by elke punt binne – in die
teks waar die kandidaat relevante bewyse gebruik het om die vraag
te
beantwoord
• Lees die paragraaf weer om die mate waartoe die kandidaat in staat
was om relevante bewyse te gebruik om die paragraaf te
beantwoord, te evalueer.
• Maak regmerkies (√) wat aan die kandidaat vir die paragraaf
toegeken is, aan die einde van die paragraaf, sowel as die vlak (1, 2
of3) soos in die holistiese rubriek aangedui en gee kommentaar, bv.
___________ ˖ __________________________ ˖ _________________
_________________ ˖ __________________________ ˖ ___________
√√√√
Vlak 2
Gebruik meestal relevante bewyse om die paragraaf te skryf.
• Tel al die regmerkies vir die brongebaseerde vrae op en skryf dan die
punt onder in die regterkantse kantlyn.
32
50
• Maak seker dat die punte akkuraat na die buiteblad van die
antwoordeboek oorgedra word.
2. OPSTELVRAE
2.1 Die opstelvrae vereis dat kandidate:
• In staat sal wees om hul argument op ʼn logiese en samehangende
wyse te stel. Hulle moet die relevante inligting kan selekteer,
organiseer en bymekaarvoeg sodat dit vir hulle mooontlik sal wees
om ʼn redelike reeks feite of ʼn effektiewe argument te kan weergee
om sodoende die gestelde vraag te beantwoord. Dit is noodsaaklik
dat ʼn opstel ʼn inleiding, ʼn samehangende en gebalanseerde liggaam
van bewyse en ʼn slot het.
2.2 Nasien van opstelvrae
• Nasieners moet daarop let dat die inhoud van die antwoord gelei sal
word deur die handboeke wat by ʼn spesifieke sentrum gebruik is.
• Kandidate mag enige ander toepaslike inleiding en/of samevatting hê
as dit wat ingesluit is by ʼn riglyn vir nasien van ʼn spesifieke opstel.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 GESKIEDENIS V2 (EC/NOVEMBER 2020)
2.3 Globale assessering van ʼn opstel
Die opstel sal holisties (globaal) geassesseer word. Hierdie benadering
vereis dat die onderwyser die totale produk as ʼn geheel sal bepunt sonder
om doe samestellende dele individueel te bepunt. Hierdie benadering
moedig die leerder aan om ʼn individuele mening aan te bied deur gebruik
te maak van geselekteerde feitelike bewyse om ʼn argument te ondersteun.
Daar sal nie van die leerder verwag word om slegs ‘feite’ neer te skryf om ʼn
beter punt te behaal nie. Hierdie benadering sal leerders ook ontmoedig
om ‘model – antwoorde’ voor te berei en te reproduseer sonder om die
spesifieke vereistes van die vraag in ag te neem. Holistiese nasien van
opstelle gee krediet aan leerders se mening, ondersteun deur bewyse.
Anders as by inhoudsgebaseerde nasien, word leerders met holistiese
assessering nie vir ontoereikende taalgebruik gepenaliseer nie, aangesien
die klem op die volgende val:
• Die konstruksie/ daarstelling van ʼn argument
• Die toepaslike seleksie van feitelike bewyse om sodanige argument te
ondersteun
• Die leerder se interpretasie van die vraag
2.4 Assessering prosedures van ʼn opstel
2.4.1 Hou die sinopsis in gedagte wanneer jy die opstel assesseer.
2.4.2 Gedurende die eerste lees van die opstel moet punte gegee word
vir ʼn relevante inleiding,(aangedui deur ʼn bullet in die
nasienriglyne) elk van die hoof punte/aspekte wat korrek
gekontekstuleer is (ook aangedui deur ʼn bullet in die
nasienriglyne) en ʼn relevante slot,(aangedui deur ʼn bullet in die
nasienriglyne). Bv in ʼn antwoord waar daar 5 hoofpunte is sal daar
7 punte wees.
2.4.3 Hou die PEEL struktuur in gedagte by die assessering van die
opstel.
P: Punt Die kandidaat lei die opstel in met ʼn
argument/ʼn duidelike hoofpunt.
Elke paragraaf moet ʼn punt bevat wat die
hoofpunt (argument) wat in die inleiding
gemaak is, ondersteun.
E: Verduideliking Die kandidaat moet in groter detail
bespreek waaroor die hoofpunt
(argument) gaan en hoe dit verband hou
met die vraag wat gevra is.
E: Voorbeeld Die kandidaat moet die vraag beantwoord
deur inhoud te selekteer wat relevant is tot
die argument, Relevante voorbeelde moet
gegee word om argument volt e hou.
L: Skakel Kandidate moet seker maak dat die
argument deurgaans in die opstel
onderhou word en samehangend geskryf
is.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) GESKIEDENIS V2 5
2.4.4 Die volgende addisionele simbole kan ook gebruik word:
• Inleiding, hoof aspekte en slot nie korrek gekontekstueer
• Verkeerde stelling
• Irrelevante stelling
• Herhaling H
• Analise A√
• Interpretasie I√
• Lyn van argument LVA
2. Die matriks
2.5.1 Gebruik die matriks vir die assessering van opstelle
In die assessering van ʼn opstel moet die gegewe kriteria in die rubriek
gebruik word. In die assessering van die opstel moet aandag gegee
word aan beide die inhoud en die aanbieding. By die punt van kruising
tussen die inhoud en die aanbieding moet ʼn punt gegee word..
(a) Die eerste lesing van die opstel sal wees om te bepaal tot watter
mate die hoof aspekte gedek is en om die inhoudsvlak te
bepaal (in die rubriek).
I VLAK 4
(b) Die tweede lesing van die opstel sal verband hou met die vlak
van aanbieding (in die rubriek).
I VLAK 4
A VLAK 5
(c) Gee ʼn algehele punt deur die matriks te gebruik
I VLAK 4
A VLAK 5 30–33
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 GESKIEDENIS V2 (EC/NOVEMBER 2020)
Rubriek vir die assessering van opstel: TOTAAL: 50
VLAK 7 VLAK 6 VLAK 5 VLAK 4 VLAK 3 VLAK 2 VLAK 1
Baie goed en Goed Goed beplan Argument Toon soms Poging Weinig of
AANBIEDING gestruktureerd beplan en en bepal en bewyse van aangewend geen poging
. gestrukturee gestruktureerd gestruktureer ʼn om ʼn Om die
Goeie sintese rde opstel. e opstel. gestrukturee antwoord te opste te
van inligting. Getuienis rde en struktureer. struktureer.
ʼn Relevante ʼn Duidelike gebruik om beplande
ʼn Goed argumentsly argumentslyn argument te argument. Grootliks
gebalanseerde n gevolg. ontwikkel. ondersteun. beskrywend
INHOUD en Gevolgtrekkin Poog om ʼn of poog om
onafhanklike Bewyse gs vanaf Slotsom op argumentsly argument te
argumentslyn gebruik om bewyse grond van n vol te hou. ontwikkel.
is ontwikkel die verkry. getuienis.
met bewyse. argument te Onafhanklike Gevolgtrekki
verdedig. gevolgtrekking ng nie
Argument . Bewyse duidelik
deurgans gebruik om ondersteun
volgehou en gevolgtrekking deur
verdedig. te ondersteun. getuienis
nie.
VLAK 7
Vraag is ten volle
beantwoord. 47-50 43-46
VLAK 6
Vraag is
beantwoord.Inhou
dseleksierelevant 43-46 40-42 38-39
tot die argument
wat gevolg is.
VLAK 5
Vraag grotendeels
beantwoord.
Inhoud 38-39 36-37 34-35 30-33 28-29
genoegsaam en
relevant.
VLAK 4
Vraag herkenbaar
in antwoord.
Gebreke ten 30-33 28-29 26-27
opsigte van inhoud
of irrelevante
inhoudseleksie.
VLAK 3
Inhoudseleksie
hou verband met
die vraag, maar 26-27 24-25 20-23
beantwoord dit
nie. Hou soms nie
verband met die
vraag
nie.Weglatings.
VLAK 2
Vraag
ontoereikend
beantwoord. 20-23 18-19 14-17
Inhoud skraal.
VLAK 1
Vraag
ontoereikend
beantword. 14-17 0-13
Ontoereikende of
irrelevante inhoud.
Riglyne vir toekenning van Vlak 1 punt:
• Vraag nie geaddreseer/total irrelevante inhoud; geen poging om opstel te struktueer nie = 0
• Inhoud keuse sluit basiese en algemene irrelevante inligting; geen poging om opstel te
konstrueer nie = 1-6
• Vraag ontoereikend geaddresseer en vaag; geen poging om opstel te struktueer =7-13
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) GESKIEDENIS V2 7
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
VRAAG 1: HOE HET SHAKA OPGANG GEMAAK AS 'N MAGTIGE
ZOELOE-LEIER?
1.1 1.1.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1]
• 1816 (1 x 1) (1)
1.1.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1]
• ‘dit was dodelik en maklik om te swaai ...’ (1 x 2) (2)
1.1.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1A – V2]
• Hy het goed gekommandeerde regimente gevorm
• Hy het sy krygers met kort assegaaie bewapen
• Enige ander relevante antwoord (1 x 2) (2)
1.1.4 [Verduideliking van ʼn historiese konsep Bron 1A-V2]
Mfekane/Difekane (1 x 2) (2)
1.1.5 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1A-V2]
• Die Zoeloes het naburige stamme vinnig aangeval
• Hulle het die oorlewendes in hul geledere opgeneem
• Enige ander relevante antwoord (1 x 2) (2)
1.2 1.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1B – V1]
• ‘Hy het ander stamme verower’
• ‘Hy het ander stamme van hul rykdomme/skatte, jong mans en jong
vrouens ontneem’ (2 x 1) (2)
1.2.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1B – V1]
• ‘lang gooispies’
• ‘vollengte liggaamskild’ (2 x 1) (2)
1.2.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1B – V1]
• Napoleon (1 x 1) (1)
1.2.4 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1B – V1]
• ‘ivoor’
• ‘eksotiese dierevelle’ (2 x 1) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 GESKIEDENIS V2 (EC/NOVEMBER 2020)
1.2.5 [Interpretasie van historiese konsep uit Bron 1B – V2]
• Hulle het ʼn goeie verhouding gehad
• Hulle het handel met mekaar gedryf
• Shaka het hulle gebiedsregte in Durban gegee
• Enige ander relevante verduideliking (2 x 2) (4)
1.2.6 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1B – V1]
• Brittanje (1 x 1) (1)
1.2.7 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1B – V2]
• Hy het enorme militêre barakke op strategiese plekke gebou
• Hy het die barakke met groot getalle nuwe rekrute aangevul
• Hy het vroue hulpregimente geskep
• Hy het huwelike binne die korps gemanipuleer
• Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
1.3 1.3.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1C – V1]
• 1878 (1 x 1) (1)
1.3.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1C – V1]
• Hy het toegelaat dat 'n hond wat aan sy sorg toevertrou was ʼn skaap
doodmaak. Toe hy deur sy pa daaroor aangespreek is, het sy ma sy
kant gekies. (1 x 2) (2)
1.3.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1C – V1]
• Hy het 'n swart mamba, een van Afrika se gevaarlikste slange, wat 'n
bul in sy sorg gebyt en vermoor het, doodgemaak (1 x 2) (2)
•
1.3.4 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1C –V1]
• Nandi en Senzangakhona (2 x 1) (2)
1.4 1.4.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1C – V2]
• Om ons te wys hoe ‘n Zoeloe-kryger volgens hom sou lyk
• Om vir ons die wapens te wys wat hy gedink het deur die Zoeloes
gebruik is
• Hy het die Zoeloe-kryger verkeerd voorgestel met langhandige
assegaai en 'n groot skild
• Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
1.4.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1C – V2]
• Hy sou nooit daarop trots voel om 'n Zoeloe te wees nie
• Hy sou nooit trots wees op hul kultuur en drag nie
• Hy sou nooit gemotiveerd wees om ʼn sterk man te wees en vir die
Zoeloes te veg nie
• Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) GESKIEDENIS V2 9
1.5 [Vergelyking van bewyse uit Bronne 1B en 1C – V3]
• Bron 1C praat oor Shaka wat die lang assegaai met ʼn kort assegaai vervang
het
• In Bron 1D dra Shaka ʼn lang assegaai
• In Bron 1C vervang Shaka die vollengte liggaamskild met ʼn klein skild, terwyl
Shaka in Bron 1D ʼn vollengte liggaamskild dra.
• Enige ander relevante antwoord (2 x 2) (4)
1.6 [Interpretasie, evaluering en sintese van inligting uit die bronne – V3]
Kandidate kan die volgende aspekte in hul antwoorde insluit:
• Shaka was ʼn briljante militêre organiseerder (Bron 1A)
• Hy het goed gekommandeerde regimente gehad wat met dodelike assegaaie
toegerus was (1A)
• Shaka was ʼn dapper man wat een keer ʼn swart mamba (Bron 1B)
doodgemaak het
• Shaka het dodelike nuwe taktieke en wapens bedink (Bron 1C)
• Shaka is beskou as die Swart Napoleon (Bron 1C)
• Hy het stamme in alle rigtings oorwin en van hulle ontslae geraak (Bron 1C)
• Die Zoeloe-nasie was die grootste en mees bevolkte stam wat nog ooit in
suidoostelike Afrika gesien is (Bron 1C)
• Enige ander relevante antwoord
Gebruik die volgende rubriek om ʼn punt toe te ken:
• Gebruik bewyse op ʼn elementêre wyse, bv. toon min
of geen begrip oor hoe Shaka opgang gemaak het
PUNTE
VLAK 1 as ‘n magtige Zoeloe-leier.
0–2
• Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie ʼn paragraaf
skryf nie.
• Bewyse is meestal relevant en hou tot ʼn groot mate
verband met die onderwerp, bv. toon begrip oor hoe
Shaka opgang gemaak het as ‘n magtige Zoeloe- PUNTE
VLAK 2
leier. 3–4
• Gebruik bewyse op ʼn basiese wyse om ʼn paragraaf
te skryf.
• Gebruik relevante bronne bv. demonstreer ʼn
deeglike begrip oor hoe Shaka opgang gemaak
PUNTE
VLAK 3 het as 'n magtige Zoeloe leier.
5–6
• Gebruik bewyse baie effektief in ʼn georganiseerde
paragraaf en toon begrip van die onderwerp. (6)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
10 GESKIEDENIS V2 (EC/NOVEMBER 2020)
VRAAG 2: WAT WAS DIE IMPAK VAN BRITSE KOLONIALISME OP DIE
BEVOLKING VAN DIE KAAPKOLONIE?
2.1 2.1.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1]
• Al die lewende vee moes geslag word
• Dat die dooies uit hulle grafte sou opstaan
• Die son sou in die middag sak
• Nuwe graangate moes gegrawe word omdat daar baie voedsel sou
wees
• Die dooies sou vreugde en rykdom bring (Enige 2 x 1) (2)
2.1.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A-V1]
• Nongqawuse was Mhlakaza se niggie (1 x 1) (1)
2.1.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2A – V2]
• Sy het haar valse profesie aan hulle oorvertel
• Haar profesie is nooit bewaarheid nie (2 x 2) (4)
2.1.4 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A]
• Die rivieroewer (1 x 1) (1)
2.1.5 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1]
• Xhosas (1x 1) (1)
2.1.6 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2A –V2]
• Niks het op daardie dag gebeur nie
• Geen beeste kom uit die see nie
• Die son het nooit teen die middag gestak nie
• Enige ander relevante antwoord (1 x 2) (2)
2.2 2.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2B – V1]
• Hottentot Proklamasie van 1809 (1 x 1) (1)
2.2.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2B – V1]
• Passe vir die Khoi-Khoi is afgeskaf
• Hul reg op grondbesit is uiteindelik duidelik gemaak
• Khoikhoi was nie meer onderhewig aan enige verpligte arbeid nie
• Hul kinders kon nie sonder ouerlike toestemming vakleerlinge word
nie
• (Huurarbeid)kontrakte van meer as 'n maand moes skriftelik wees
(4 x 1) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) GESKIEDENIS V2 11
2.2.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2B – V2]
• Hulle het gehoop dit sou die kolonies se ekonomie verbeter
• Om die Boere die reg te ontsê om die Hottentotte te beheer
• Om slawerny te beëindig
• Enige ander relevante antwoord (2 x 2) (4)
2.2.4 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2B–V1]
• Dat dit op 'Hottentotte en ander vrye persone van kleur', toegepas
was in plaas daarvan om kleurblind te wees (1 x 1) (1)
2.3 2.3.1 [Definisie van historiese konsep uit Bron 2C – V2]
• Dit is die massamigrasie van die Afrikaners uit die Kaap na die
binneland
• Enige ander relevante antwoord (1 x 2) (2)
2.3.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2C – V1]
• Voortdurende konflik tussen hierdie boere en die Xhosa-inwoners op
die grens
• Groeiende wrok tussen die boere en die Britse koloniale owerhede
• Die boere het aangevoer dat die koloniale regering die aktiwiteite van
die Boerekommando‘s beperk het
• Die koloniale regering het geweier om hulle toe te laat om self wet en
orde op die grens te handhaaf
• Hulle het die regering geblameer omdat hulle geen finansiële
ondersteuning tydens die grensoorloë en ander konfrontasies met die
Xhosa gekry het nie
• Gebrek aan arbeid
• Hul kon hulself nie teen Xhosa-aanvalle beskerm nie
(Enige 4 x 1) (4)
2.3.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2C – V1]
• Die Magna Carta van die Khoikhoi (1 x 1) (1)
2.3.4 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2C – V1]
• 1820’s en 1830’s (1 x 2) (2)
2.3.5 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2C – V2]
• Die regering het Ordonnansie 50 bekragtig wat te veel vryheid aan
die Khoikhoi gegee het
• Die Khoikhoi is nie meer gedwing om passe te dra nie
• Slawerny is afgeskaf
• Enige ander relevante antwoord (2 x 2) (4)
2.3.6 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2C – V1]
• Gert Maritz (1 x 1) (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
12 GESKIEDENIS V2 (EC/NOVEMBER 2020)
2.4 2.4.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2D –V2]
• Dit was presies honderd jaar ná die Groot Trek (1 x 1) (1)
2.4.2 [Interpretasie van relevante inligting uit Bron 1D – V2]
• Dit wys dat die Voortrekkers die Groot Trek herdenk
• Dit wys die ondersteuning wat hulle van Afrikaners ontvang het
• Dit wys die eenheid onder die Afrikaners
• Kinders het hulle dopgehou terwyl hulle in die strate gereis het
• Enige ander relevante antwoord (2 x 2) (4)
2.5 [Vergelyking van bewyse uit Bron 2B en 2C –V3]
• In Bron 2B het die Khoikhoi vryheid ontvang met die aankoms van die Britse
koloniste. In Bron 2C word die Boere se vryheid om die Khoikhoi te beheer,
weggeneem
• In Bron 2B is die Khoikhoi vry van slawerny en was tevrede met die Britse
aankoms
• Bron 2C wys dat die afskaffing van slawerny die Afrikaners nadelig
beïnvloed het
• Enige ander relevante antwoord (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) GESKIEDENIS V2 13
2.6 [Interpretasie, evaluering en sintese van inligting uit die bronne – V3]
Kandidate kan die volgende aspekte in hul antwoorde insluit:
• Die onskuldige nasie van Phalo is doodgemaak deur Nongqawuse se valse
profesie (Bron 2A)
• Die Xhosa het op die ou end vir die Britte gewerk
• Ordonnansie 50 het die Khoikhoi vryheid gegee (Bron 2B)
• Khoikhoi het nie meer passe gedra nie(Bron 2B)
• Slawerny is afgeskaf (Eie kennis)
• Gelei tot die Groot Trek (Bron 2C)
• Boere ontevrede met Britse kolonisasie (Bron 2C)
• Boere wou onafhanklik wees (Bron 2C)
• Boere blameer die Britte vir die toestande waarin hulle hulself bevind het
(Bron 2C)
• Enige ander relevante antwoord
Gebruik die volgende rubriek om ʼn punt toe te ken:
• Gebruik bewyse op ʼn elementêre
wyse, bv. toon min of geen begrip
van die impak van Britse
VLAK 1 kolonialisme op die bevolking PUNTE
van die Kaapkolonie nie. 0–2
• Gebruik bewyse gedeeltelik of kan
nie ʼn paragraaf skryf nie.
• Bewyse is meestal relevant en hou
tot ʼn groot mate verband met die
onderwerp, bv. toon begrip van
die impak van Britse
PUNTE
kolonialisme op die bevolking
3–4
VLAK 2 van die Kaapkolonie.
• Gebruik bewyse op ʼn basiese wyse
om ʼn paragraaf te skryf.
• Gebruik relevante bronne bv.
demonstreer ʼn deeglike begrip
van die impak van Britse
kolonialisme op die bevolking PUNTE
VLAK 3
van die Kaapkolonie. 5–6
• Gebruik bewyse baie effektief in ʼn
georganiseerde paragraaf wat ʼn
begrip van die onderwerp toon. (6)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
14 GESKIEDENIS V2 (EC/NOVEMBER 2020)
VRAAG 3: WAT WAS DIE GEVOLGE VAN DIE SUID AFRIKAANSE OORLOG
(1899–1902) OP BEIDE SWART EN AFRIKANER
SUID-AFRIKANERS?
3.1 3.1.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3A – V1]
• Verskroeide-aarde-beleid (1 x 1) (1)
3.1.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3A – V1]
• 13 000 mans (1 x 1) (1)
3.1.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3A – V1]
• Huurarbeiders
• Kontanthuurders
• Deelboere (3 x 1) (3)
3.1.4 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3A – V1]
• Kampe hoofsaaklik gevul met vroue, kinders, bejaardes en die
swakkes (1 x 2) (2)
3.1.5 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3A –V2]
• Hulle het 'n loon gekry
• Rantsoen is nou aan hulle gegee
• Hulle sou vry wees van die Afrikaner-bewind wat sleg was
• Enige ander relevante reaksie (Enige 2 x 2) (4)
3.1.6 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3A – V1]
• In 1901 (1 x 1) (1)
3.2 3.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3B – V1]
• Mans
• Vroue
• Kinders (3 x 1) (3)
3.2.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3B – V1]
• Spanje (1 x 1) (1)
3.2.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3B –V2]
• Om te verhoed dat Boere van 'n tuisbasis hulself kan hervoorsien van
voorrade
• Om dit vir die Boere onmoontlik te maak om hulp van hul gesinne te
kry
• Enige ander relevante antwoord (1 x 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) GESKIEDENIS V2 15
3.2.4 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3B – V1]
• Toenemend oorbevolk
• Swak higiëne
• Slegte sanitasie
• Die voedselrantsoene was karig
• Wanvoeding en endemiese aansteeklike siektes
• 'n Tekort aan moderne mediese fasiliteite (Enige 4 x 1) (4)
3.3 3.3.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3C –V2]
• Dit wys die pyn wat die vroue ervaar het as gevolg van die
Verskroeide-aarde-beleid
• Dit wys ons dat vroue sterk was
• Dit impliseer dat vroue tydens die Suid-Afrikaanse oorlog na
konsentrasiekampe gestuur is
• Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
3.3.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3C –V2]
• Sy wou nie vir die ander wys dat sy bang was nie
• Sy wou nie die ander vroue demoraliseer nie
• Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2)
3.3.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3C –V2]
• Sy het geweet dat sy baie swaar sou kry
• Sy het geweet dat die lewe baie hard sou wees vir al die gevangenes
• Enige ander relevante antwoord (1 x 2) (2)
3.4 3.4.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3D – V1]
• Lord Roberts (1 x 1) (1)
3.4.2 [Definisie van historiese konsep uit Bron 3D – V1]
• Die gebruik van tref-en-hardlooptaktieke
• 'n Vorm van oorlogvoering waarin klein groepe militêre
taktieke soos hindernisse, sabotasie gebruik.
• Klopjag om 'n groter tradisionele weermag te beveg
• Enige ander relevante antwoord (1 x 2) (2)
3.4.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3D – V1]
• Beskerming
• Veiligheid
• Voedsel (3 x 1) (3)
3.4.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3D –V2]
• Die Britse regering het die toestande in die kampe verbeter
• Lord Milner het die administrasie van die kampe oorgeneem
• Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
16 GESKIEDENIS V2 (EC/NOVEMBER 2020)
3.5 [Vergelyking van bewyse uit Bronne 3B en 3D – V3]
• Albei bronne toon dat Boerevroue tydens die oorlog na konsentrasiekampe
gestuur is
• Bron 3 C noem dat vroue in die kampe gevestig is. Bron 3 D wys dat families
teen hul wil geneem is
• Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
3.6 [Interpretasie, evaluering en sintese van inligting uit die bronne – V3]
Kandidate kan die volgende aspekte in hul antwoord insluit:
• Die oorlog het verskriklike resultate vir Swartes gehad (Bron 3A)
• Swartes het by die Britse weermag (Bron 3A) aangesluit
• Die meerderheid van die Boere is na die konsentrasiekampe gestuur (Bron
3B)
• Die kampe is swak bestuur (Bron 3B)
• Die toestande in die kamp het gelei tot siektes en wanvoeding (Bron 3B)
• Vroue was nie daarmee tevrede om in die kampe te wees nie (Bron 3C)
• Emily Hobhouse het die betreurenswaardige toestande in die kampe
blootgestel (Bron 3D)
• Almal was na konsentrasiekampe gestuur (Eie kennis)
• Baie mense het in konsentrasiekampe gesterf (Eie kennis)
• Enige ander relevante antwoord
Gebruik die volgende om 'n punt toe te ken:
• Gebruik bewyse op ʼn elementêre wyse, bv. toon
geen of min begrip van die gevolge van die Suid-
Afrikaanse Oorlog op beide die Afrikaners en PUNTE
VLAK 1
Swart Suid Afrikaners. 0–2
• Gebruik bewyse gedeeltelik om oor die onderwerp
verslag te doen of kan nie ʼn paragraaf skryf nie.
• Bewyse is meestal relevant en hou tot ʼn groot mate
verband met die onderwerp, bv. toon ʼn mate van
begrip van die gevolge van die Suid Afrikaanse
PUNTE
VLAK 2 Oorlog op beide die Swart en Afrikaner en Suid-
3–4
Afrikaners.
• Gebruik bewyse op 'n baie basiese wyse om ʼn
paragraaf te skryf.
• Gebruik relevante bronne, bv. toon ʼn deeglike
begrip van die impak van die gevolge van die Suid
Afrikaanse Oorlog (1899–1902) op beide die PUNTE
VLAK 3
Afrikaners en Swart Suid Afrikaners. 5–6
• Gebruik bewyse baie effektief in ʼn georganiseerde
paragraaf wat ʼn begrip van die onderwerp toon. (6)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) GESKIEDENIS V2 17
AFDELING B: OPSTELVRAE
Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae in hierdie afdeling nie.
VRAAG 4: DIE OPKOMS VAN DIE SOTHO-KONINKRYK ONDER KONING
MOSHOESHOE
[Beplan en bou 'n oorspronklike argument gebaseer op relevante bewyse met behulp
van analitiese en interpretatiewe vaardighede]
SINOPSIS
Kandidate moet krities bespreek hoe Moshoeshoe strategies beplan, diplomasie,
versoening, en onderhandelingsvaardighede gewys het ten einde sy nasie op te bou.
Kandidate moet hul gegewe argument met relevante historiese bewyse ondersteun.
HOOFASPEKTE
Kandidate moet die volgende aspekte insluit:
Inleiding: Kandidate moet Moshoeshoe se vaardighede bespreek en wys hoe hy dit
gebruik het in die opkoms van sy koninkryk.
UITBREIDING
• Moshoehoe het sy nasie versterk deur modernisering en kompromieë
• Hy het sy mense opgevoed
• Hy het Christenskap bevorder om sy mense te moderniseer
• Die sendelinge het ʼn groot invloed op die vorming van die Basotho-nasie gehad
• Hy het kennis en tegnologie verwerf om sy nasie teen Boere- en Britse aanvalle te
beskerm.
• Thaba Bosiu was die middelpunt van sy koninkryk waar sy mense veilig gevoel het
• Thaba Bosiu was nie maklik toeganklik nie
• Moshoeshoe het ook sy weermag gemoderniseer.
• Hy het perde en onwettige vuurwapens gekoop
• Hy het ʼnkragtige en formidabele leër van berede skerpskutters gehad
• Hy het die Boere toegelaat om by Caledon-vallei as gaste te stop
• Hy het swak mense beskerm en vir hulle grond gegee
• Moshoeshoe het mense wat arm was, ondersteun
• Hy het die Mafisa-stelsel gebruik wat beeste aan mense geleen het
• Hy het die waarde van Europeërs besef
• Hy het magtige leiers erken en het nie probeer om hulle te beveg of vir grond met
hulle mee te ding nie
• Hy het vreedsaam met beide sy bure en trekboere geleef
• Toe Trekboere hulp vra oor die aanval op die Ndebele, het hy geweier
• Moshoeshoe het handel met die Boere gedryf
• Hy het gewere van die Boere ontvang in ruil vir graan en beeste
• Toe die Boere nie tevrede was met die Napier-verdrag nie, het Moshoeshoe ʼn stuk
grond aan die Voortrekkers geleen
• Moshoeshoe het met Sir George Grey onderhandel omdat hy nogʼnoorlog met die
Britte vermy nadat hy hulle verslaan het, om sodoende sy ondergang te vermy
• Enige ander relevante antwoord.
Gevolgtrekking: Kandidate moet hul argument met ʼn relevante gevolgtrekking afsluit. [50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
18 GESKIEDENIS V2 (EC/NOVEMBER 2020)
VRAAG 5: KOLONIALE UITBREIDING NA 1750 – SAMEWERKING EN
KONFLIK OP DIE HOËVELD
SINOPSIS
Kandidate moet bepaal tot watter mate koloniale uitbreiding na 1750 tot samewerking
en konflik tussen die Boere, Britte en die Basotho gelei het. Kandidate moet hul gegewe
argument met relevante historiese bewyse ondersteun.
HOOFASPEKTE
Kandidate moet die volgende aspekte insluit:
Inleiding: Kandidate kan die opkoms van Moshoeshoe uitlig en sy verhouding met
sowel die Boere as die Britte in die Hoëveld.
UITBREIDING
• Moshoeshoe het die Hoëveld beset en die aankoms van Boere en Britte het die
Basotho-voorspoed verander
• Grond was die oorsaak van die konflik tussen die drie nasies
• Toe die Boere in die Hoëveld aankom, het Moshoeshoe hulle toegelaat om die
land in die Caledon-vallei te gebruik
• Die trekkers het later die grond as hul eie geëis
• Die Griekwas, die Tlokwa en die Barolong wou ook deel van die grond hê
• Die Boere het in getalle toegeneem en meer grond benodig
• Moshoeshoe het besef dat hy nie die Boere kon verslaan nie, en het Britse
beskerming gesoek
• Hy het 'n verdrag met die Britte onderteken en ooreengekom op 'n grens vir die
Sotho-koninkryk, wat die Caledonriviervallei ingesluit het
• Moshoeshoe het 'n driehoekige stuk grond tussen die Caledon- en die
Oranjeriviere vir blanke nedersetting prysgegee
• Henry Warden, Britse agent, het vier van Moshoeshoe se hoofmanne se
onafhanklikheid van sy gesag toegestaan
• Dit het gelei tot ʼn oorlog tussen Moshoeshoe en die Britte
• Die Britte is twee keer deur die Basotho verslaan
• Die Britte het besluit om die Boere die reg te gee om hulle in die Caledon-vallei te
vestig
• Die Basotho het die beeste van die Boere gestroop en dit het gelei tot ʼn reeks
oorloë tussen die Boere en die Sotho
• Die Britte het die Boere van wapens voorsien en wapenverkope aan die Basotho
verbied
• 'ʼn Tweede Sotho-Boereoorlog van 1865–1869 het rampspoedige resultate vir
Moshoeshoe gehad
• Hy het ondersteuning en lojaliteit van sy ondergeskikte hoofmanne verloor
• Moshoeshoe het die Britte vir beskerming gevra om Basotho-land te behou
• In 1868 is die Sotho-koninkryk as ʼn Britse kolonie verklaar en Basoetoland
genoem
• Moshoeshoe het sy koninkryk gered deur te verseker dat dit nie deur die trekkers
oorgeneem word nie
Enige ander relevante antwoord.
Slot: Kandidate moet hul argument met 'n relevante gevolgtrekking saamvat. [50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) GESKIEDENIS V2 19
VRAAG 6: SUID-AFRIKAANSE OORLOG EN DIE UNIE-DIE NATURELLE
GRONDWET VAN 1913
[Beplan en bou 'n oorspronklike argument gebaseer op relevante bewyse met behulp
van analitiese en interpretatiewe vaardighede]
SINOPSIS
Kandidate moet standpunt inneem of hulle saamstem dat die Naturelle Grondwet ʼn
negatiewe uitwerking op Swart Suid-Afrikaners gehad het.
HOOFASPEKTE
Kandidate moet die volgende aspekte insluit:
Inleiding: Kandidate moet standpunt inneem wat toon of hul saamstem of nie.
UITBREIDING
• Die regering het die Naturelle Grondwet van 1913 deurgevoer as gevolg van druk
vanaf polities invloedryke wit boere
• Voordat die Grondwet deurgevoer is, was baie swart boere suksesvolle deelboere
• Hulle het die grond verbou en die gewasse wat hulle geproduseer het, verkoop
• Die bekendstelling van die Grondwet het nadelige gevolge vir die deelboere
gehad
• Die Grondwet het deelboerdery stopgesit
• Deelboere is gedwing om vir blanke boere te werk of op die myne te gaan werk
• Sommige deelboere het aanvanklik geweier om vir die blankes te werk en het hul
vee geneem en na die reservate gegaan
• Hulle is gedwing om die vee te verkoop om te oorleef aangesien daar nie genoeg
grond vir die vee was nie
• Die Grondwet het die kanse dat Swartes suksesvolle kommersiële boere in
kompetisie met blankes sou word, beëindig
• Sosiaal het die Grondwet die swartes erg geraak
• Die grond wat aan Swartes toegewys is, was nie genoeg nie
• Die reservate was oorbevolk
• Die grond in die reservate was weens gronderosie nie geskik vir landbou nie
• Die reservate was ver weg van mediesesorgsentrums geleë wat tot 'n hoë
babasterftesyfer gelei het
• Die toestande in die reservate was sleg wat tot wanvoeding en siektes gelei het
• ʼn Grondlose swart persoon is nie toegelaat om ʼn plek te kry om te lewe nie
• Hulle is met 100 pond of ses maande gevangenisstraf gepenaliseer
• Die SANNC was die eerste organisasie wat die Wet beveg het
• Die lede van SANNC het verskeie kere oproepe vir die herroeping van die Wet
gemaak, maar dit was tevergeefs
• Hulle het selfs ʼn afvaardiging na Brittanje gestuur oor die Wet, maar dit was ook
onsuksesvol
• Enige ander relevante antwoord.
Slot: Kandidate moet hul argument met 'n relevante gevolgtrekking saamvat. [50]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject
/HISTORY%20P1%20GR10%20QP%20NOV2020_Afrikaans--93442bec-8d54-436f-8013-9d69ded46fb3/v1-dfbb6c79fb041cc72b3b/card.webp)
Question paper
History Grade 10 P1 2020 QP (Afr)

Question paper
History Grade 10 P2 Eastern Cape November 2020 QP (Afr)

Addendum
History Grade 10 P1 Eastern Cape November 2020 Addendum

Memorandum
History Grade 10 Eastern Cape November 2018 Memo (Afrikaans)

Memorandum
History Grade 10 National November 2018 Memo (Afrikaans)

Memorandum
History Grade 10 Eastern Cape November 2017 Memo (Afrikaans)
More from Grade 10 History

Annual teaching plan
Gr 10 His ATP 2023 24

Question paper and memo
History Grade 10 Eastern Cape March Test 2025 Paper & Memo

Question paper and memo
History Grade 10 Eastern Cape March Test 2025 Paper & Memo

Question paper
History Grade 10 North West November 2024 QP (Afr)

Question paper
History Grade 10 Gauteng March Test 2023 Question Paper

Question paper