Skip to content

History Grade 10 North West November 2024 QP (Afr)

Question paperHistoryGrade 1020249 pages

Grade 10 History question paper from the North West November Exam 2024 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

North West November Exam 2024

Document textSearch extracted text and jump to a page.
PROVINSIALE ASSESSERING GRAAD 10 GESKIEDENIS NOVEMBER 2024 PUNTE: 150 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye. Kopiereg Voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis 2 NW/November 2024 Graad 10 INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B gebaseer op die voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument. AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE VRAAG 1: KOLONIALE UITBREIDING NA 1750 VRAAG 2: SUID-AFRIKAANSE OORLOG EN UNIE VAN 1899 TOT 1902 VRAAG 3: DIE NATURELLE GRONDWET VAN 1913 AFDELING B: OPSTELVRAE VRAAG 4: KOLONIALE UITBREIDING NA 1750 VRAAG 5: DIE SUID-AFRIKAANSE OORLOG VAN 1899 TOT 1902 VRAAG 6: SUID-AFRIKAANSE OORLOG EN UNIE VAN 1899 TOT 1913 2. AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gevind word. 3. AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae. 4. Beantwoord DRIE vrae soos volg: 4.1 Ten minste EEN moet 'n brongebaseerde vraag wees en ten minste EEN moet 'n opstelvraag wees. 4.2 Die DERDE vraag kan óf 'n brongebaseerde vraag óf 'n opstelvraag wees. 5. Jy word aangeraai om EEN uur per vraag te bestee. 6. In die beantwoording van die vrae, moet jy jou kennis, vaardighede en insig gebruik. 7. Jy sal benadeel word deur die oorskryf van die bronne as antwoorde. 8. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommerstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 9. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg Voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis 3 NW/November 2024 Graad 10 AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae in hierdie afdeling. Bronmateriaal wat benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gevind word. VRAAG 1: HET DIE BRITSE KOLONIALE BEHEER VAN SUID-AFRIKA DAARTOE GELEI DAT DIE INHEEMSE BEVOLKING IN DIE ARBEIDSMAG GEDWING IS? Bestudeer bronne 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg. 1.1 Verwys na bron 1A. 1.1.1 Van wanneer af, volgens die bron, was die Nederlanders in die Kaap? (1 x 1) (1) 1.1.2 Definieer die historiese term kolonialisme in jou eie woorde. (1 x 2) (2) 1.1.3 Haal ‘n rede uit die bron aan waarom die VOC nie meer kon bekostig om sy kolonie te administreer nie. (1 x 1) (1) 1.1.4 Lewer kommentaar op die stelling: 'Toe die Britte vir die tweede keer beheer oor die Kaap geneem het in 1806, het hulle nuwe idees van bestuur saamgebring.” (1 x 2) (2) 1.1.5 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en lewer kommentaar oor wat jy dink die redes was waarom die Britte vir die tweede keer beheer oor die Kaap geneem het. (2 x 2) (4) 1.2 Lees Bron 1B. 1.2.1 Wanneer volgens die bron, is slawehandel in Brittanje afgeskaf? (1 x 1) (1) 1.2.2 Noem TWEE groepe mense volgens die bron, wat nog verkoop kon word. (2 x 1) (2) 1.2.3 Wat was die TWEE implikasies, volgens die bron, van die afskaffing van slawehandel in die Kaapkolonie? (2 x 1) (2) 1.2.4 Noem VIER maniere hoe die lewens van slawe verbeter is deur die aanneming van nuwe wette (4 x 1) (4) 1.2.5 Lewer kommentaar op die implikasie van die stelling “Die bevryde slawe in die Kaap het niks gekry om hulle te help om 'n nuwe lewe te begin nie. Hulle het nie geld, grond of opleiding ontvang nie.” (1 x 2) (2) 1.2.6 Waarom dink jy het baie slawe na die stede verhuis om werk te kry? (2 x 2) (4) Kopiereg Voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis 4 NW/November 2024 Graad 10 1.3 Raadpleeg Bron 1C. 1.3.1 Hoekom dink jy is hierdie foto geneem? (1 x 2) (2) 1.3.2 Verduidelik waarom swart trekarbeiders gedwing is om in die mynkampong in Suid-Afrikaanse myne te bly. (1 x 2) (2) 1.4 Raadpleeg Bron 1D. 1.4.1 Wat was die rede, volgens die bron, dat baie swart mensegedwing was om trekarbeiders te word? (1 x 1) (1) 1.4.2 Verduidelik die term trekarbeider in jou eie woorde. (1 x 2) (2) 1.4.3 Lewer kommentaar op die stelling “Dit was die enigste manier om geld te verdien maar steeds bande met hul ou lewenswyse in hul plase (huis) te behou.” (2 x 2) (4) 1.4.4 Watter maatskappye, volgens die bron, moes maniere vind om landelike Afrikane tot trekarbeid te dwing? (1 x 1) (1) 1.4.5 Noem DRIE resultate volgens die bron, wat gevolg was toe die Britse en die Boere-regerings in Suid-Afrika belasting ingestel het om Swart Suid-Afrikaanse werkers tot trekarbeid te dwing. (3 x 1) (3) 1.5 Verwys na Bronne 1C en 1D. Verduidelik hoe die bewyse in Bron 1D die inligting in Bron 1C ondersteun met betrekking tot die trekarbeidstelsel in Suid- Afrika. (1 x 2) (2) 1.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ‘n paragraaf van ongeveer AGT reels (ongeveer 80 woorde) en verduidelik hoe die Britse koloniale beheer van Suid-Afrika daartoe gelei het dat die inheemse bevolkings tot die arbeidsmag gedwing is. (8) [50] Kopiereg Voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis 5 NW/November 2024 Graad 10 VRAAG 2: WAAROM HET VERSKILLENDE MAATSKAPLIKE KLASSE OTSTAAN IN SUID-AFRIKA NA DIE ONTDEKKING VAN MINERALE? Bestudeer Bronne 2A, 2B, 2C en 2D om die vrae wat volg te beantwoord. 2.1 Verwys na Bron 2A. 2.1.1 Identifiseer die VIER state wat bestaan het en wat Suid-Afrika sou word. (4 x 1) (4) 2.1.2 Wie volgens die bron het die volgende beheer: (a) Die Kaapkolonie en Natal. (1 x 1) (1) (b) Die Transvaal en die Oranje-Vrystaat. (1 x 1) (1) 2.1.3 Lewer kommentaar op die stelling: “Die meeste Afrika-koninkryke was verslaan, maar sommige het daarin geslaag om beheer oor beperkte hoeveelhede grond te behou.” (1 x 2) (2) 2.1.4 Watter mineraal, volgens die bron, het vir baie kilometers ondergronds geloop? (1 x 1) (1) 2.1.5 Lewer kommentaar oor die implikasies van die stelling “Mense van oorsee het in skepe gekom, en het van regoor Suider Afrika in ossewaens of te voet gereis en lang afstande gestap.” (1 x 2) (2) 2.2 Lees Bron 2B. 2.2.1 Wat, volgens die Bron, is die TWEE redes wat dit duur gemaak het vir individue om 'n goudmyn te bedryf? (2 x 1) (2) 2.2.2 Noem TWEE, nou bekende mans volgens die bron, wat leierskap in die vroeë goudmyn dae verskaf het. (2 x 1) (2) 2.2.3 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en lewe kommentaar oor “hoekom die mans in vennootskap begin werk en mynbou maatskappye” geskep het. (1 x 2) (2) 2.2.4 Wat, volgens die bron, was die Kamer van Mynwese? (1 x 2) (2) 2.2.5 Verduidelik die volgende stelling “Dit het 'n baie kragtige vereniging geword wat sy mag gebruik het om die myneienaars te bevoordeel?” (1 x 2) (2) 2.2.6 Definieer die historiese term kapitalis in jou eie woorde. (1 x 2) (2) 2.2.7 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik wat die doelwitte van hierdie vereniging was wat die myneienaars bevoordeel het? (1 x 2) (2) Kopiereg Voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis 6 NW/November 2024 Graad 10 2.3 Gebruik Bron 2C. 2.3.1 Wat, volgens die bron, was die TWEE hoofoorweging van die owerhede? (2 x 1) (2) 2.3.2 Verduidelik die implikasies van die stelling “die hoofoorweging was om 'n arbeidsaanbod te verseker en swart mededinging op die grond te ondermyn.” (1 x 2) (2) 2.3.3 Noem DRIE ontwerpe, volgens die bron, wat die swart mense in die arbeidsmark gedwing het. (3 x 1) (3) 2.3.4 Verduidelik wat die werkgewers en owerhede gedoen het om die arbeidsmigrasie te verskans? (1 x 2) (2) 2.3.5 Wat is die implikasie van die stelling, “Die behoud van gemeenskaplike gebiede waaruit migrante getrek kon word, het lone verlaag deur Afrikane regte binne die stedelike gebiede te ontneem”? (1 x 2) (2) 2.4 Raadpleeg Bronne 2A en 2C. Verduidelik hoe die bewyse in Bron 2C kontrasteer met die inligting in Bron 2A oor hoe mense in die algemeen na stedelike gebiede van Suid-Afrika migreer het. (1 x 2) (2) 2.5 Raadpleeg Bron 2D. 2.5.1 Hoekom dink jy is hierdie foto geneem? (1 x 2) (2) 2.5.2 Verduidelik wat hierdie prentjie oor die ontstaan van 'n kapitalistiese klas genaamd Randlords beteken en hul leefstyl. (1 x 2) (2) 2.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ‘n paragraaf van ongeveer AGT reels (ongeveer 80 woorde) waarin jy verduidelik waarom die verskillende sosiale klasse in Suid-Afrika ontstaan het na die ontdekking van minerale. (8) [50] Kopiereg Voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis 7 NW/November 2024 Graad 10 VRAAG 3: WAT WAS DIE NEGATIEWE IMPAK VAN DIE NATURELLE GRONDWET VAN 1913 OP DIE SUID-AFRIKAANSE SAMELEWING? Bestudeer Bronne 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die vrae wat volg. 3.1 Verwys na Bron 3A. 3.1.1 Watter mense, volgens die bron, het geleef en gewerk op grond in wit besit buite die reservate? (1 x 1) (1) 3.1.2 Hoekom, volgens die bron, is hulle toegelaat om op grond in wit besit te bly? (1 x 1) (1) 3.1.3 Noem DRIE tipes huurders wat in die bron genoem word. (3 x 1) (3) 3.1.4 Lewer kommentaar met wat geïmpliseer word deur die stelling: “Die ryker wit grondeienaars was gekant teen deelgewasse omdat hulle gekla het dat dit hul goedkoop arbeid wegneem, aangesien Afrikane verkies het om deelboere eerder as laagbetaalde plaaswerkers te wees.” (2 x 2) (4) 3.1.5 Waarvoor, volgens die bron, was wit grondeienaars ongelukkig? (1 x 2) (2) 3.1.6 Noem DRIE redes in die bron waarom die Wet op Naturellegrond van 1913 deur die regering aangeneem is. (3 x 1) (3) 3.2 Gebruik bron 3B. 3.2.1 Wat het volgens die bron met die duisende swart mense gebeur wat nie sulke werk kon kry nie, of dit dalk nie wil he nie? (1 x 2) (2) 3.2.2 Definieer die begrip Swart reservate/Tuislande in die konteks van die Wet op Naturellegrondwet van 1913. (1 x 2) (2) 3.2.3 Wat beteken die stelling 'Die wet het ook bepaal dat dit verbode was om aan grondlose swart persone blyplek te voorsien. ‘n Boete van 100 pond (die tyd baie geld) of ses maande’ gevangenisstraf kon opgele word? (1 x 2) (2) 3.2.4 Watter tipe toestande het volgens die bron in die reserwes bestaan? (1 x 2) (2) Kopiereg Voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis 8 NW/November 2024 Graad 10 3.3 Raadpleeg bron 3C. 3.3.1 Noem die persoon in die bron wat rondgereis het in Suid-Afrika om die gevolge van die aanneming van die Naturelle Grondwet van 1913 aan te teken. (1 x 2) (2) 3.3.2 Watter boek, volgens die bron, is in 1916 gepubliseer? (1 x 2) (2) 3.3.3 Verduidelik die implikasie van die stelling: “Ontwaak op Vrydag oggend 20 Junie 1913 [Die dag wat die Naturelle Grondwet geimplementeer is], het die Suid-Afrikaanse Naturel homself bevind, nie eintlik as ‘n slaaf, maar 'n paria [verworpene] in die land van sy geboorte.” (2 x 2) (4) 3.3.4 Definieer die konsep Gedwonge verskuiwings in die konteks van die Naturelle Grondwet van 1913. (1 x 2) (2) 3.3.5 Verduidelik die implikasie van die stelling: “Hulle het op die platteland rondgedwaal op soek na skuiling en blyplek. Dit het gelyk, skryf hy, asof hierdie mense soos vlugtelinge was wat uit die oorlog ontsnap het, met die vyand wat hard op hul hakke druk.” (2 x 2) (4) 3.4 Bestudeer Bron 3D. 3.4.1 Verduidelik hoekom die fotograaf hierdie foto van Sol Plaatje geneem het? (1 x 2) (2) 3.4.2 Hoekom, volgens jou interpretasie, het Sol Plaatje 'n reis onderneem om die uitwerking van die Naturelle Grondwet van 1913 aan te teken. (1 x 2) (2) 3.5 Verwys na Bronne 3C en 3D, verduidelik hoe die visuele bron die geskrewe bron ondersteun met betrekking tot die aantekening van die effek van die Naturelle Grondwet van 1913. (1 x 2) (2) 3.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ‘n paragraaf van ongeveer AGT reels (ongeveer 80 woorde) en verduidelik tot watter mate die impak van die Naturellegrondwet van 1913 negatief op die Suid-Afrikaanse samelewing was. (8) [50] Kopiereg Voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis 9 NW/November 2024 Graad 10 AFDELING B: OPSTELVRAE Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae uit hierdie afdeling. Jou opstel moet ongeveer DRIE bladsye lank wees. VRAAG 4: KOLONIALE UITBREIDING IN DIE BINNELAND VAN SUID AFRIKA NA 1750 “Die Voortrekkers van die Kaap het die lewe onder Britse beheer ondraaglik gevind as gevolg van verengelsing, Ordonnansie 50 en die gebrek aan vryheid om hulself te regeer.” Stem jy saam met die stelling? Gebruik relevante bewyse om jou argument te ondersteun. [50] VRAAG 5: DIE SUID-AFRIKAANSE OORLOG VANAF 1899 TOT 1902 “Die Suid-Afrikaanse Oorlog is die Anglo-Boereoorlog genoem omdat dit gesien is as ’n witmansoorlog, maar Afrikane, Kleurlinge en Indiërs het ’n rol in hierdie oorlog gespeel.” Bespreek hierdie stelling krities en gebruik relevante geskiedkundige bewyse om jou argument te ondersteun. [50] VRAAG 6: DIE SUID-AFRIKAANSE OORLOG EN DIE UNIE 1899 TOT 1910 Verduidelik tot watter mate het die segreganistiese regering daarin geslaag om die ondersteuning van swart mense vir die Unie van Suid Afrika met sy diskriminerende politieke beleid in die vroee 1900’s te werf. Gebruik relevante bewyse om jou argument te ondersteun. [50] GROOTTOTAAL: [150] Kopiereg Voorbehou

Study this subject

More from Grade 10 History

View all