Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 10
NOVEMBER 2017
GESKIEDENIS
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye en ʼn addendum van 9 bladsye.
You're offline
Skip to contentQuestion paper 







View all



HISTORY QP GR10 NOV2017_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
History · Grade 10 · Eastern Cape November · 2017 · Afrikaans. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 10
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2017
- Exam period
- Eastern Cape November
- Pages
- 9
- File size
- 206.1 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 9
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 GESKIEDENIS (EC/NOVEMBER 2017)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B, wat op die
voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is.
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
VRAAG 1: TRANSFORMASIE IN SUIDER-AFRIKA NA 1750
VRAAG 2: KOLONIALE UITBREIDING NA 1750
VRAAG 3: DIE SUID-AFRIKAANSE OORLOG EN UNIE
AFDELING B: OPSTELVRAE
VRAAG 4: TRANSFORMASIE IN SUIDER-AFRIKA NA 1750
DIE OPKOMS VAN DIE BASOETO-KONINGKRYK ONDER
MOSHOESHOE
VRAAG 5: KOLONIALE UITBREIDING NA 1750
SAMEWERKING EN KONFLIK OP DIE HOËVELD
VRAAG 6: DIE SUID-AFRIKAANSE OORLOG EN UNIE
DIE NATURELLE GRONDWET VAN 1913
2. AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat
benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gekry
word.
3. AFDELING B bestaan uit DRIE opsteltipe vrae.
4. Beantwoord DRIE vrae soos volg:
4.1 Ten minste EEN moet ʼn brongebaseerde vraag wees en ten minste
EEN moet ʼn opsteltipe vraag wees.
4.2 Die DERDE vraag kan óf ʼn brongebaseerde vraag óf ʼn opstelvraag
wees.
5. In die beantwoording van die vrae moet jy jou kennis, vaardighede en insig
gebruik.
6. Jy sal benadeel word deur die blote oorskryf van die bronne as antwoorde.
7. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringsstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
8. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017) GESKIEDENIS 3
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie
afdeling. Bronmateriaal wat gebruik moet word om hierdie vrae te beantwoord, is in
die ADDENDUM vervat.
VRAAG 1: HOE WAS SHAKA IN DIE BOU VAN DIE ZOELOE-NASIE BESKOU?
Bestudeer Bronne 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg.
1.1 Verwys na Bron 1A
1.1.1 Wie, volgens die bron, was die TWEE skrywers wie negatiewe dinge oor
Shaka geskryf het? (2 x 1) (2)
1.1.2 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik waarom
hulle negatiewe dinge oor Shaka in hul boeke geskryf het. (2 x 2) (4)
1.1.3 Onttrek TWEE negatiewe woorde wat in hul boeke gebruik is om Shaka
te beskryf. (2 x 1) (2)
1.2 Raadpleeg Bron 1B.
1.2.1 Noem DRIE positiewe woorde in die bron wat gebruik word om Shaka
as ʼn leier te beskryf. (3 x 1) (3)
1.2.2 Verduidelik die konsep despoties. (1 x 2) (2)
1.2.3 Verduidelik hoe bruikbaar die bron vir ʼn historikus sal wees wat die
bewind van Shaka bestudeer. (2 x 2) (4)
1.2.4 Wat, volgens die bron, was die redes vir die val van Shaka?
(3 x 1) (3)
1.3 Gebruik Bron 1C.
1.3.1 Onttrek bewyse uit die bron wat aandui dat dit ʼn populêre reeks was.
(1 x 2) (2)
1.3.2 Wat, volgens die bron, was die doel van die reeks? (1 x 2) (2)
1.3.3 Waarom, volgens die bron, was die reeks gekritiseer? (1 x 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 GESKIEDENIS (EC/NOVEMBER 2017)
1.4 Bestudeer Bron 1D.
1.4.1 Identifiseer TWEE tradisionele wapens in die foto. (2 x 1) (2)
1.4.2 Gebruik jou eie kennis en verduidelik die militêre taktieke wat Shaka
gebruik het om sy vyande te verslaan. (2 x 2) (4)
1.4.3 Watter boodskap word deur die foto van Shaka oorgedra? (2 x 2) (4)
1.4.4 Gebruik jou eie kennis en verduidelik waarom Shaka besluit het om die
kortsteel assegaai tydens oorloë te gebruik. (2 x 2) (4)
1.4.5 Gebruik jou eie kennis om te verduidelik waarom krygers die lang skild
tydens oorloë gebruik het. (2 x 2) (4)
1.5 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ʼn
paragraaf van ongeveer ses reëls (60 woorde) om te verduidelik hoe Shaka in
die opbou van die Zoeloe-nasie aanskou was. (6)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017) GESKIEDENIS 5
VRAAG 2: HOE HET BRITSE BEHEER DIE POLITIEKE, EKONOMIESE EN
SOSIALE LANDSKAP VAN DIE KAAP VERANDER?
Bestudeer Bronne 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die vrae wat volg.
2.1 Raadpleeg Bron 2A.
2.1.1 Definieer die historiese konsep slaaf. (1 x 2) (2)
2.1.2 Hoe, volgens die bron, was slawe behandel? (1 x 2) (2)
2.1.3 Gebruik die bron en jou eie kennis om te verduidelik waarom Brittanje
slawe aan die Kaap geëmansipeer het. (1 x 2) (2)
2.1.4 Watter wet, volgens die bron, het slawerny afgeskaf? (1 x 2) (2)
2.1.5 Gebruik die bron en jou eie kennis en verduidelik die gevolge wat die
vrystelling van slawe gehad het op:
(a) Slawe (1 x 2) (2)
(b) Slawe-eienaars (1 x 2) (2)
2.2 Verwys na Bron 2B.
2.2.1 Haal TWEE woorde uit die bron aan wat aandui hoe slawe hulle slawe-
eienaars aangespreek het. (2 x 1) (2)
2.2.2 Wat, volgens die bron, was Kate Jacob se meester se reaksie op die
vrystelling van slawe? (1 x 2) (2)
2.2.3 Gebruik die bron en jou eie kennis en verduidelik waarom slawe
verskillend op die nuus van emansipasie gereageer het. (2 x 2) (4)
2.2.4 Gebruik jou eie kennis en verduidelik of Katie Jacob se toekomstige
man se reaksie geregverdig was. Motiveer jou antwoord. (2 x 2) (4)
2.3 Bestudeer Bron 2C.
2.3.1 Definieer die term anneksasie in jou eie woorde. (1 x 2) (2)
2.3.2 Gebruik die bron en jou eie kennis en beskryf die houding van die
koloniste teenoor die Xhosas. (1 x 2) (2)
2.3.3 Gebruik jou eie kennis en verduidelik waarom dit moontlik vir die
koloniste was om die Xhosas se land te annekseer. (1 x 2) (2)
2.3.4 Onttrek die redes vir die Britse anneksasie van die Xhosa se grond uit
die bron. (1 x 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 GESKIEDENIS (EC/NOVEMBER 2017)
2.4 Verwys na Bron 2D.
2.4.1 Wie, volgens die bron, was Sarhili? (1 x 1) (1)
2.4.2 Gebruik jou eie kennis en verduidelik waarom Sarhili die profesie
geïmplementeer het. (1 x 2) (2)
2.4.3 Gebruik jou eie kennis en verduidelik na watter leuens Sarhili verwys
het. (1 x 2) (2)
2.4.4 Wat, volgens die bron, het Sarhili verloor omdat hy na die leuens
geluister het? (3 x 1) (3)
2.4.5 Gee die naam van die meisie wie die profesie van die veeslagting
gemaak het. (1 x 2) (2)
2.4.6 Gebruik die bron en jou eie kennis en verduidelik die rampspoedige
gevolge wat die veeslagting op die Xhosas gehad het. (1 x 2) (2)
2.5 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ʼn
paragraaf van ongeveer SES reëls (60 woorde) om te verduidelik hoe Britse
beheer die politieke, ekonomiese en sosiale landskap van die Kaap verander
het. (6)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017) GESKIEDENIS 7
VRAAG 3: HOE HET DIE SUID-AFRIKAANSE OORLOG NIE NET DIE
AFRIKANERS, MAAR OOK DIE SWART SUID-AFRIKANERS
GEAFFEKTEER?
Bestudeer Bronne 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die vrae wat volg.
3.1 Raadpleeg Bron 3A.
3.1.1 Haal bewyse aan uit die bron wat die nadelige gevolge wat die oorlog op
swart families gehad het, aandui. (3 x 1) (3)
3.1.2 Gebruik die bron en jou eie kennis en verduidelik die lyding wat Swartes
in die konsentrasie-kampe verduur het. (2 x 2) (4)
3.1.3 Identifiseer die DRIE tipe swart plaaswerkers wat vanaf die boere plase
na konsentrasie-kampe geneem is. (3 x 1) (3)
3.1.4 Gebruik die bron en jou eie kennis en verduidelik waarom die meeste
Swartes verkies het om in die Britse leër te werk. (2 x 2) (4)
3.2 Verwys na Bron 3B.
3.2.1 Onttrek bewyse uit die bron wat aandui dat aparte konsentrasie-kampe
gedurende die oorlog geskep was. (1 x 2) (2)
3.2.2 Hoeveel Swartes het, volgens die bron, in die konsentrasie-kampe
gesterf? (1 x 1) (1)
3.2.3 Verduidelik die bruikbaarheid van hierdie bron vir ʼn historikus wat die
behandeling van Swartes in die konsentrasie-kampe bestudeer. (1 x 2) (2)
3.3 Bestudeer Bron 3C.
3.3.1 Definieer die volgende historiese begrippe:
(a) Guerilla-taktieke (1 x 2) (2)
(b) Kommando’s (1 x 2) (2)
3.3.2 Hoe, volgens die bron, het Lord Robert die burgers gestraf? (3 x 1) (3)
3.3.3 Gebruik jou eie kennis en noem die beleid wat deur die Britte gebruik is
om boere se plase af te brand. (1 x 2) (2)
3.3.4 Gebruik jou eie kennis en verduidelik waarom die Britte besluit het om
die boere se eiendom te vernietig. (2 x 2) (4)
3.3.5 Gebruik jou eie kennis en verduidelik die effek wat die afbrand van plase
op die boere gehad het. (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 GESKIEDENIS (EC/NOVEMBER 2017)
3.4 Lees Bron 3D.
3.4.1 Onttrek bewys uit die geskrewe bron wat aandui dat vroue en kinders
ook konsentrasie-kampe toe gestuur is as straf. (1 x 2) (2)
3.4.2 Hoe, volgens die bron, kon Sarah die Britse magte ontduik? (1 x 2) (2)
3.4.3 Gebruik die bron en jou eie kennis en verduidelik watter rol vroue tydens
die oorlog gespeel het. (1 x 2) (2)
3.4.4 Verduidelik hoe die geskrewe bron die visuele bron ondersteun ten
opsigte van die rol wat vroue gedurende die Suid-Afrikaanse oorlog
gespeel het. (1 x 2) (2)
3.5 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ʼn
paragraaf van ongeveer SES reëls (ongeveer 60 woorde) en verduidelik hoe die
Suid-Afrikaanse Oorlog nie net die Afrikaners, maar ook die Swart Suid-
Afrikaners geaffekteer het. (6)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017) GESKIEDENIS 9
AFDELING B: OPSTELVRAE
Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie
afdeling.
VRAAG 4: TRANSFORMASIE IN SUIDELIKE AFRIKA NA 1750 – DIE OPKOMS
VAN DIE BASOETO-KONINKRYK ONDER MOSHOESHOE
‘In die opbou van die Sotho-koninkryk was Moshoeshoe ʼn diplomaat.’
Stem jy saam met die hierdie stelling? Ondersteun jou antwoord met relevante
bewyse. [50]
VRAAG 5: KOLONIALE UITBREIDING NA 1750 – SAMEWERKING EN KONFLIK
OP DIE HOËVELD
Hoe het die koloniale uitbreiding na 1750 tot samewerking en konflik op die Hoëveld
gelei?
Bespreek krities die konflik tussen die Britte, Boere en die Basoetoes en die pogings
aangewend deur Brittanje om dit op te los. [50]
VRAAG 6: DIE SUID-AFRIKAANSE OORLOG EN UNIE – DIE NATURELLE
GRONDWET VAN 1913
‘Die Naturelle Grondwet van 1913 was die finale spyker in die kis vir Swart Suid-
Afrikaners in die 20ste eeu en ʼn stap na Apartheid.’
Bespreek hierdie stelling met verwysing na die sosiale en ekonomiese impak van die
Naturelle Grondwet en hoe dit die fondasie vir die sisteem van Apartheid gelê het. [50]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.

Question paper
GR10-HISTORY-QP-AFR.pdf

Question paper
Gr 10 History Term 1 Controlled Test Question Paper_hlayiso.com_.pdf
Question paper
Gr 10 History Term 1 Test 2023 Grid Analysis_hlayiso.com_.pdf

Question paper
Exemplar-Geography-Grade-10-2022-P2-only.pdf

Question paper
Gr 10 History Term 1 Controlled Test Question Paper.pdf
Question paper
HISTORY P1 GR10 QP NOV2020_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.
Memorandum
HISTORY GR10 MEMO_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf

Question paper
HISTORY P2 GR 10 NOV2020 QP Afrikaans_hlayiso.com_.pdf

Addendum
HISTORY P1 GR10 ADDENDUM NOV2020_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
Memorandum
HISTORY P1 GR10 MEMO NOV2020_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf

Memorandum
HISTORY P2 GR 10 NOV2020 MEMO Afrikaans_hlayiso.com_.pdf

Memorandum
HISTORY GR 10 MEMO NOV2018_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
More from Grade 10 History
Explore more published documents in this catalogue.

Annual teaching plan
Gr 10 His ATP 2023-24.pdf
Question paper and memo
EC-History-Grade-10-March-2025-QP-and-Memo.pdf

Question paper and memo
LP-MW-History-Grade-10-March-2025-QP-and-Memo.pdf

Addendum
Gr 10 History Term 1 Controlled Test 2023 Addendum_hlayiso.com_.pdf

Question paper and memo
Exemplar-Geography-Grade-10-2022-P1-and-Memo.pdf
Addendum