You're offline
Skip to content
Memorandum

HISTORY GR10 MEMO Afrikaans

Subject: HistoryGrade 10201721 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 10 NOVEMBER 2017 GESKIEDENIS NASIENRIGLYN PUNTE: 150 Hierdie nasienriglyn bestaan uit 21 bladsye.
2 GESKIEDENIS (EC/NOVEMBER 2017) 1. BRONGEBASEERDE VRAE 1.1 Kognitiewe vlakke en vermoëns gedek gedurende die assessering van brongebaseerde vrae: GEWIGSTOE- KOGNITIEWE HISTORIESE VAARDIGHEDE KENNING VLAKKE VAN VRAE  Onttrek inligting uit bronne VLAK 1  Selektering en organisering van 40% (V1) relevante inligting vanaf bronne (20)  Definieer historiese konsepte/terme  Eenvoudige interpretasie van die bronne  Wat word deur die skrywer of skepper VLAK 2 40% van die bron gesê? Wat is die menings (V2) (20) of opinies oor ʼn kwessie wat in die bron uitgedruk word?  Vergelyk inligting in die bronne  Interpreteer en evalueer inligting en data uit bronne  Vra vrae oor vooroordeel, VLAK 3 betroubaarheid, bruikbaarheid en 20% (V3) beperkings van bronne (10)  Vergelyk en kontrasteer interpretasie en perspektiewe in die bronne aangebied en maak onafhanklike gevolgtrekkings 1.2 Die inligting hieronder dui aan hoe brongebaseerde vrae geassesseer word:  By die nasien van brongebaseerde vrae moet krediet gegee word vir enige ander geldige en toepaslike standpunte, argument, bewyse of voorbeelde.  Met die toekenning van punte moet aandag gegee word aan hoe daar aan die vereistes van die vraag voldoen is.  In die nasienriglyn word die vereistes van die vraag (vaardighede waaraan aandag gegee moet word) sowel as die vlak van die vraag in kursiefgedrukte skrif aandui. 1.3 Assesseringsprosedure vir brongebaseerde vrae  Gebruik ʼn regmerk () vir elke korrekte antwoord  Gee aandag aan die puntetoekenning bv. (2 x 2) wat neerkom op twee redes en word twee punte elk toegeken ( ); (1 x 2) wat neerkom op een rede en √twee punte tooegeken word ()  Indien ʼn vraag 4 punte tel word 4 regmerke () aangedui Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2017) GESKIEDENIS 3 Paragraafvraag Paragrawe moet globaal (holisties) geassesseer word. Beide die inhoud en die struktuur van die paragraaf moet in berekening gebring word wanneer punte toegeken word. Die volgende stappe moet gebruik word wanneer ʼn antwoord op ʼn paragraafvraag geassesseer word:  Lees die paragraaf en plaas ʼn kolpunt (•) by elke punt binne-in die teks waar die kandidaat relevante bewyse gebruik het om die vraag te beantwoord.  Lees die paragraaf weer om die mate waartoe die kandidaat in staat was om relevante bewyse te gebruik om die paragraaf te beantwoord, te evalueer.  Maak regmerkies () wat aan die kandidaat vir die paragraaf toegeken is, aan die einde van die paragraaf, sowel as die vlak (1, 2 of 3) soos in die holistiese rubriek aangedui en gee kommentaar, bv. ___________ . __________________________ . __________________ _________________ . ____________________________ . __________  Vlak 2 Gebruik meestal relevante bewyse om die paragraaf te skryf.  Tel al die regmerkies vir die brongebaseerde vrae op en skryf dan die punt onder in die regterkantse kantlyn bv. 32 50  Maak seker dat die punte akkuraat na die buiteblad van die antwoordboek oorgedra word. 2. OPSTELVRAE 2.1 Die opstelvrae vereis dat kandidate: In staat sal wees om hul argument op ʼn logiese en samehangende wyse te stel. Hulle moet die relevante inligting kan selekteer, organiseer en bymekaarvoeg sodat dit vir hulle moontlik sal wees om ʼn redelike reeks feite of ʼn effektiewe argument te kan weergee om sodoende die gestelde vraag te beantwoord. Dit is noodsaaklik dat ʼn opstel ʼn inleiding, ʼn samehangende en gebalanseerde liggaam van bewyse en ʼn slot het. 2.2 Nasien van opstelvrae  Nasieners moet daarop let dat die inhoud van die antwoord gelei sal word deur die handboeke wat by ʼn spesifieke sentrum gebruik is.  Kandidate mag enige ander toepaslike inleiding en/of samevatting hê as dit wat ingesluit is by ʼn riglyn vir nasien van ʼn spesifieke opstel.  By die assessering van die oop brongebaseerde vrae moet kandidate krediet kry vir enige ander relevante antwoord. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 GESKIEDENIS (EC/NOVEMBER 2017) 2.3 Globale assessering van ʼn opstel Die opstel sal holisties (globaal) geassesseer word. Hierdie benadering vereis dat die onderwyser die totale produk as ʼn geheel sal bepunt sonder om die samestellende dele individueel te bepunt. Hierdie benadering moedig die leerder aan om ʼn individuele mening aan te bied deur gebruik te maak van geselekteerde feitelike bewyse om ʼn argument te ondersteun. Daar sal nie van die leerder verwag word om slegs ‘feite’ neer te skryf om ʼn beter punt te behaal nie. Hierdie benadering sal leerders ook ontmoedig om ‘model-antwoorde’ voor te berei en te reproduseer sonder om die spesifieke vereistes van die vraag in ag te neem. Holistiese nasien van opstelle gee krediet aan leerders se mening, ondersteun deur bewyse. Anders as by inhoudsgebaseerde nasien, word leerders met holistiese assessering nie vir ontoereikende taalgebruik gepenaliseer nie, aangesien die klem op die volgende val:  Die konstruksie/daarstelling van ʼn argument  Die toepaslike seleksie van feitelike bewyse om sodanige argument te ondersteun  Die leerder se interpretasie van die vraag 2.4 Assesseringprosedures van ʼn opstel 2.4.1 Hou die sinopsis in gedagte wanneer jy die opstel assesseer. 2.4.2 Gedurende die eerste lees van die opstel moet punte gegee word vir ʼn relevante inleiding, elk van die hoof punte/aspekte wat korrek gekontekstualiseer is en ʼn relevante slot, bv. in ʼn antwoord waar daar 5 hoofpunte is sal daar 7 punte wees. 2.4.3 Die volgende addisionele simbole kan ook gebruik word:  Inleiding, hoofaspekte en slot nie korrek gekontekstualiseer  Verkeerde stelling  Irrelevante stelling  Herhaling H  Analise A√  Interpretasie I√ Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2017) GESKIEDENIS 5 2.5 Die matriks 2.5.1 Gebruik die analitiese matriks om die opstel na te sien. Die gebruik die matriks vir die assessering van opstelle (bladsy 6) in die assessering van ʼn opstel, met verwysing na bladsy 6, moet die gegewe kriteria in die rubriek gebruik word. In die assessering van die opstel moet aandag gegee word aan beide die inhoud en die aanbieding. By die punt van kruising tussen die inhoud en die aanbieding moet ʼn punt gegee word. (a) Die eerste lesing van die opstel sal wees om te bepaal tot watter mate die hoofaspekte gedek is en om die inhoudsvlak te I VLAK 4 bepaal (in die rubriek). (b) Die tweede lesing van die opstel sal verband hou met die vlak van aanbieding (in die rubriek). I VLAK 4 A VLAK 3 (c) Gee ʼn algehele punt deur die I VLAK 4 matriks te gebruik. 26–27 A VLAK 3 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 GESKIEDENIS (EC/NOVEMBER 2017) RUBRIEK VIR DIE ASSESSERING VAN OPSTEL: TOTALE PUNT: 50 VLAK 7 VLAK 6 VLAK 5 VLAK 4 VLAK 3 VLAK 2 VLAK 1 Baie goed en Goed beplan en Goed beplan en Argument Toon soms Poging Weinig of gestruktureerd. gestruktureerde gestruktureerde bepaal en bewyse van ʼn aangewend geen poging AANBIEDING Goeie sintese opstel. opstel. gestruktureer. gestruktureerd om ʼn antwoord Om die van inligting. ʼn Duidelike Getuienis e en beplande te struktureer. opstel te ʼn Goed ʼn Relevante argumentslyn gebruik om argument. Grootliks struktureer. gebalanseerde argumentslyn ontwikkel. argument te Poog om ʼn beskrywend of en onafhanklike gevolg. Gevolgtrekkings ondersteun. argumentslyn poog om argumentslyn is vanaf bewyse Slotsom op vol te hou. argument te ontwikkel met Bewyse gebruik verkry. grond van Gevolgtrekking ontwikkel. INHOUD bewyse. om die argument Onafhanklike getuienis. nie duidelik Argument te verdedig. gevolgtrekking. ondersteun deurgaans Bewyse gebruik deur getuienis volgehou en om nie. verdedig.. gevolgtrekking te ondersteun. VLAK 7 Vraag is ten volle beantwoord. Inhoudseleksie 47–50 43–46 relevant tot argument wat gevolg is. VLAK 6 Vraag is beantwoord. Inhoudseleksie 43–46 40–42 38–39 relevant tot die argument wat gevolg is. VLAK 5 Vraag grotendeels beantwoord. Inhoud 38–39 36–37 34–35 30–33 28–29 genoegsaam en relevant. VLAK 4 Vraag herkenbaar in antwoord. Gebreke ten 30–33 28–29 26–27 opsigte van inhoud of irrelevante inhoudseleksie. VLAK 3 Inhoudseleksie hou verband met die vraag, maar beantwoord dit nie. 26–27 24–25 20–23 Hou soms nie verband met die vraag nie. Weglatings. VLAK 2 Vraag ontoereikend 20–23 18–19 14–17 beantwoord. Inhoud skraal. VLAK 1 Vraag ontoereikend beantwoord. 14–17 0–13 Ontoereikende of irrelevante inhoud. *Riglyne vir die toekenning van ʼn punt in Vlak 1:  Vraag glad nie beantwoord nie/totaal irrelevante inhoud; geen poging om die opstel te struktureer nie = 0  Vraag sluit basiese en algemene irrelevante inligting in; geen poging om die opstel te struktureer nie= 1–6  Vraag ontoereikend en vaag beantwoord; klein poging om die opstel te struktureer = 7–13 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2017) GESKIEDENIS 7 AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE VRAAG 1: HOE WAS SHAKA IN DIE BOU VAN DIE ZOELOE-NASIE BESKOU? 1.1 1.1.1 [Onttrekking van inligting vanaf Bron 1A – V1]  Francis Fynn  Nathaniel Isaacs (2 x 1) (2) 1.1.2 [Interpretasie van bewyse vanaf Bron 1A – V2]  Hulle wou hul werk interessant maak  Hulle wou hul boeke verkoop  Hulle wou hê dat die Britse owerhede Port Natal moes beheer  Dit sou ʼn fortuin vir beide skrywers beteken Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4) 1.1.3 [Onttrekking van bewyse vanaf Bron 1A – V1]  Bloeddorstig  Moordenaar (2 x 1) (2) 1.2 1.2.1 [Onttrekking van inligting vanaf Bron 1B – V1]  Briljant  Dapper  Intelligent (3 x 1) (3) 1.2.2 [Verduideliking van ʼn begrip vanaf Bron 1B – V1]  Is ʼn leier wat nie na ander se standpunte luister nie  ʼn Absolute heerser wie nie opposisie duld nie Enige ander relevante verduideliking (Enige 1 x 2) (2) 1.2.3 [Evalueer die bruikbaarheid van Bron 1B – V3]  Dit gee ʼn gebalanseerde weergawe van Shaka  Dit wys die positiewe kant van Shaka  Die bron dui aan dat Shaka gedoen het wat hy kon om ʼn sterk Zoeloe-nasie op te bou  Hy herdenk Shaka as ʼn legende vir die bou van die Zoeloe-nasie Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4) 1.2.4 [Onttrekking van bewyse vanaf Bron 1B – V1]  Shaka het die gebruike van die mense verbreek  Hy het die leërmag oorverbruik  Hy het sy soldate min tyd gegun vir die normale aktiwiteite van vrede (3 x 1) (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 GESKIEDENIS (EC/NOVEMBER 2017) 1.3 1.3.1 [Onttrekking van bewyse vanaf Bron 1C – V1] Die reeks het ʼn enorme gehoor bereik en wye dekking ontvang. (1 x 2) (2) 1.3.2 [Onttrekking van bewyse vanaf Bron 1C – V1]  Dit het inter-rassige samewerking gepropageer  Wou die siening van mense verander wat die Zoeloes as barbare beskou het (Enige 1 x 2) (2) 1.3.3 [Onttrekking van bewyse vanaf Bron 1C – V1]  Oor die uitbeelding van die beheer wat handelaars oor Shaka gehad het  Die gebruik van ʼn Blanke verteller (Enige 1 x 2) (2) 1.4 1.4.1 [Onttrekking van bewyse vanaf Bron 1D – V1]  Spies  Skild (2 x 1) (2) 1.4.2 [Interpretasie van bewyse vanaf Bron 1D – V2]  Verkorte spies  Val in bul-horingvorm aan  Streng dissipline op sy krygsmanne toegepas  Laat hulle kaalvoet oor dorings/warme kole hardloop Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4) 1.4.3 [Interpretasie van bewyse vanaf Bron 1D – V2]  Hy was ʼn krygsman  Hy is magtig  Hy is vol selfvertroue Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4) 1.4.4 [Interpretasie van bewyse vanaf Bron 1D – V2]  Om sy vyande van naby dood te maak  Dit was makliker om te hanteer en na die vyand te gooi Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4) 1.4.5 [Interpretasie van bewyse vanaf Bron 1D – V2]  Om hulself tydens gevegte te beskerm  Om te verhoed dat hulle tydens gevegte gesteek word  Om nie met die knopkierie geslaan te word nie Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2017) GESKIEDENIS 9 1.5 [Interpretasie, analise en evaluering van bewyse uit relevante bronne en eie kennis – V3] Kandidate kan die volgende aspekte by hulle antwoorde insluit:  Shaka was beskou as ʼn despotiese man (Bron 1A en 1C)  Shaka was bloeddorstige en ʼn moordenaar (Bron 1A)  Shaka was ʼn magtige, kreatiewe en charismatiese leier wie vegtende stamme in ʼn nasie verenig het (Bron 1B)  Shaka was ʼn slim man met visie en intuïsie (Bron 1B)  Shaka het duisende van sy eie mense doodgemaak (Bron 1A)  Shaka het ʼn sterk Zoeloe-nasie gebou (Eie kennis)  Shaka was ʼn legendariese koning en briljante generaal (Bron 1B)  Die televisiereeks was vrygestel om sienswyse te verander  Sterk krygsman (Bron 1D) Enige ander relevante antwoord Gebruik die volgende rubriek om ʼn punt toe te ken:  Gebruik bewyse op ʼn elementêre wyse, bv. toon geen of min begrip oor hoe Shaka aanskou was PUNTE: VLAK 1 in die opbou van die Zoeloe-nasie 0–2  Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie ʼn paragraaf skryf nie  Bewyse meestal relevant en hou in ʼn groot mate verband met die onderwerp, bv. toon begrip oor hoe Shaka aanskou was in die opbou van die PUNTE: VLAK 2 Zoeloe-nasie 3–4  Gebruik bewyse op ʼn basiese manier om ʼn paragraaf te skryf  Gebruik relevante bewyse, bv. demonstreer ʼn deeglike begrip oor hoe Shaka aanskou was in PUNTE: VLAK 3 die opbou van die Zoeloe-nasie 5–6  Gebruik bewyse baie effektief in ʼn georganiseerde paragraaf en toon begrip van onderwerp (6) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
10 GESKIEDENIS (EC/NOVEMBER 2017) VRAAG 2: HOE HET BRITSE BEHEER DIE POLITIEKE, EKONOMIESE EN SOSIALE LANDSKAP VAN DIE KAAP VERANDER? 2.1 2.1.1 [Definisie van historiese begrip vanaf Bron 2A – V1]  ʼn Slaaf is ʼn persoon wie iemand anders se besitting is  ʼn Slaaf is ʼn persoon wat werk sonder betaling Enige ander relevante verduideliking (Enige 1 x 2) (2) 2.1.2 [Onttrekking van bewyse vanaf Bron 2A – V1]  Hulle het lang ure onder haglike omstandighede gewerk  Dikwels nie genoeg gesonde kos gekry nie  In oorbewoonde en vuil omstandighede geleef (Enige 1 x 2) (2) 2.1.3 [Onttrekking van bewyse vanaf Bron 2A – V1]  Volgens die Britse wet was slawerny ongrondwetlik  Die manier waarop hulle behandel was, was onregverdig en onmenslik  Sendelinge het druk op die Britse regering geplaas om hul beleid te verander  Dit was immoreel Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2) 2.1.4 [Onttrekking van bewyse vanaf Bron 2A – V1] Afskaffing van Slawerny-wet (1 x 2) (2) 2.1.5 [Interpretasie van bewyse vanaf Bron 2A – V2] (a)  Was vrygestel  Kon met hul families herenig  Kon loonarbeiders word  Die meeste word toe werkers vir gewese eienaars Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2) (b)  Verloor arbeiders  Verloor geld Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2) 2.2 2.2.1 [Onttrekking van inligting vanaf Bron 2B – V1]  Miesies  Baas (2 x 1) (2) 2.2.2 [Onttrekking van inligting vanaf Bron 2B – V1]  Hulle was mal van woede  Hulle was geïrriteerd (Enige 1 x 2) (2) 2.2.3 [Interpretasie van bewyse vanaf Bron 2B – V2]  Sommige slawe was goed behandel deur hul meesters  Sommige eienaars was besorg oor hul slawe  Sommige eienaars was wreed  Sommige eienaars het hul slawe nie reg gevoed en rantsoene was baie keer klein  Slawe was dikwels deur hul eienaars gesweep Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2017) GESKIEDENIS 11 2.2.4 [Analise van bewyse vanaf Bron 2B – V3] REGVERDIG  Omdat die Britte slawerny afgeskaf het  Hy was uiteindelik vry van die wrede behandeling van sy meester  Sy meester het sy slawe van sy plaas af weggejaag Enige ander relevante antwoord OF NIE-REGVERDIG  Omdat Katie se meesteres goed was vir haar  Katie se eienaar het haar nie van haar plaas verdryf nie Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4) 2.3 2.3.1 [Definisie van konsepte vanaf Bron 2C – V1]  Om iemand ander se land met geweld oor te neem Enige ander relevante verduideliking (Enige 1 x 2) (2) 2.3.2 [Interpretasie van bewyse vanaf Bron 2C – V2]  Hulself hoër geag  Hulself beskou as ʼn sterker ras en meer opgevoed  Het geen waarde in Xhosa-kultuur en -samelewing gesien nie Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2) 2.3.3 [Interpretasie van bewyse vanaf Bron 2C – V2]  Hulle het wapens gehad  Hulle het perde gehad  Hulle was militêr sterker (Enige 1 x 2) (2) 2.3.4 [Onttrekking van bewyse vanaf Bron 2C – V1]  Hulle wou die Xhosas in loonarbeiders verander  Hulle geen waarde in Xhosa-kultuur en -samelewing gesien nie  Hulle het beweer dat dit gedoen is om vrede te verseker Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2) 2.4 2.4.1 [Onttrekking van inligting vanaf Bron 2D – V1] Xhosa-hoof (1 x 1) (1) 2.4.2 [Interpretasie van bewyse vanaf Bron 2D – V2]  Hy het geglo dat dit die koloniste van hul land af in die see sal dryf  Hy het in die voorvaders geglo  Ook geglo dat hulle beter/meer vee en graan sou hê Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2) 2.4.3 [Interpretasie van bewyse vanaf Bron 2D – V2] Die profesie wat deur ʼn jong Xhosa-meisie gemaak is dat die Xhosas hul vee moes doodmaak en hul graan verbrand (1 x 2) (2) 2.4.4 [Onttrekking van inligting vanaf Bron 2D – V1]  Vee en mense wat hy gelei het  Hy verloor sy hoofmanskap  Sy mense hom gelos en geskarrel om kos te vind en word arbeiders (3 x 1) (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
12 GESKIEDENIS (EC/NOVEMBER 2017) 2.4.5 [Onttrekking van inligting vanaf Bron 2D – V1] Nongqawuse (1 x 2) (2) 2.4.6 [Interpretasie van bewyse vanaf Bron 2D – V2]  Hul land aan die Britte verloor  Word toe arbeiders  Lei tot hongersnood Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2) 2.5 [Interpretasie, analise en evaluering van bewyse uit relevante bronne – V3] Kandidate kan die volgende aspekte by hulle antwoorde insluit:  Slawe was vrygestel (Bron 2A  Verenig met hul families (eie kennis)  Word vakleerlinge (eie kennis)  Mense verloor hul vrugbare grond en vee (Bron 2D)  Xhosas word werkers van wit setlaars (Bron 2C)  Mense word dakloos (Bron 2D)  Menige swartes moes in blanke industrieë en myne gaan werk (eie kennis)  Xhosa-land geannekseer deur die Britte (Bron 2C) Enige ander relevante antwoord Gebruik die volgende rubriek om ʼn punt toe te ken:  Gebruik bewyse op ʼn elementêre wyse, bv. toon geen of min begrip oor hoe Britse beheer die politieke, ekonomiese en sosiale landskap van PUNTE: VLAK 1 die Kaap verander het 0–2  Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie ʼn paragraaf skryf nie  Bewyse meestal relevant en hou in ʼn groot mate verband met die onderwerp, bv. toon begrip oor hoe Britse beheer die politieke, ekonomiese en PUNTE: VLAK 2 sosiale landskap van die Kaap verander het 3–4  Gebruik bewyse op ʼn basiese manier om ʼn paragraaf te skryf  Gebruik relevante bewyse, bv. demonstreer ʼn deeglike begrip oor hoe Britse beheer die politieke, ekonomiese en sosiale landskap van PUNTE: VLAK 3 die Kaap verander het 5–6  Gebruik bewyse baie effektief in ʼn georganiseerde paragraaf en toon begrip van onderwerp (6) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2017) GESKIEDENIS 13 VRAAG 3: HOE HET DIE SUID-AFRIKAANSE OORLOG NIE NET DIE AFRIKANERS, MAAR OOK DIE SWART SUID-AFRIKANERS GEAFFEKTEER? 3.1 3.1.1 [Onttrekking van inligting vanaf Bron 3A – V1]  Trekarbeid sisteem ontwrig  Ontneem van ʼn inkomste om graan te koop, huur en belasting te betaal  Swartes moes terugkeer na die alreeds oorbevolkte landelike gebiede (3 x 1) (3) 3.1.2 [Interpretasie van bewyse vanaf Bron 3A – V2]  Hulle het baie min of geen kos in die kampe gehad nie  Geen mediese sorg ontvang  Vry rantsoene was slegs in uitsonderlike gevalle gegee  Behuising was onvoldoende en moes hul eie hutte bou  Lewensomstandighede was swak Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4) 3.1.3 [Onttrekking van bewyse vanaf Bron 3A – V1]  Huurarbeiders  Kontanthuurders  Deelsaaiers (3 x 1) (3) 3.1.4 [Interpretasie van bewyse vanaf Bron 3A – V2]  Rantsoene is gewoonlik voorsien  Hulle het ʼn loon van tussen 40 en 50 sjielings ontvang  Hulle het nie van die Boere gehou nie a.g.v. diskriminasie  Hulle was van mening dat hul beter lewens in Suid-Afrika sou wees as die Britte die oorlog wen Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4) 3.2 3.2.1 [Onttrekking van inligting vanaf Bron 3B – V1]  Die Britte het aan die begin van die oorlog aparte kampe vir swartes geskep  Meer geld is op die instandhouding van wit kampe as swart kampe omdat swartes die land moes bou (Enige 1 x 2) (2) 3.2.2 [Onttrekking van inligting vanaf Bron 3B – V1] 14 154 (1 x 1) (1) 3.2.3 [Evalueer die bruikbaarheid van getuienis in Bron 3B – V3]  Dit wys die wyse hoe swartes in die konsentrasie-kampe mishandel is en weinig voedsel kry  Lewensomstandighede vir swartes was moeiliker as vir blankes  Hoër sterftesyfer in swart konsentrasie-kampe Enige ander relevante antwoord (1 x 2) (2) 3.3 3.3.1 [Verduideliking van historiese konsepte 3C – V1] (a)  Is ʼn gevegstaktiek om die vyand onverwags aan te val  Tref-en-traptaktiek Enige ander relevante verduideliking (Enige 1 x 2) (2) (b)  ʼn Klein groepie Boeresoldate wat guerrilla-taktiek beoefen Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
14 GESKIEDENIS (EC/NOVEMBER 2017) 3.3.2 [Onttrekking van bewyse vanaf Bron 3C – V1]  Plase is afgebrand  Verwoes damme  Beslag gelê op vee (3 x 1) (3) 3.3.3 [Interpretasie van bewyse vanaf Bron 3C – V2] Britse verskroeide-aarde beleid (1 x 2) (2) 3.3.4 [Interpretasie van bewyse vanaf Bron 3C – V2]  Om die oorlog te beëindig  Om die Boere van voedsel en mediese sorg af te sny  Om vroue en kinders die veld in te jaag wie hulp aan hul mans verleen het  Om die Boere moreel af te breek wat hulle sal forseer om oor te gee Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4) 3.3.5 [Interpretasie van bewyse vanaf Bron 3C – V2]  Boere ontwikkel ʼn diep haat teenoor die Britte  Sommige Boere het geweier om die oorlog te eindig – bittereinders  Lei tot die einde van die oorlog  Verdrag van Vereeniging geteken Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4) 3.4 3.4.1 [Onttrekking van inligting van Bron 3D – V1] Sarah se moeder en jonger kinders was ook in konsentrasie-kampe geplaas as straf omdat hulle verbygaande Boere gevoed het (1 x 2) (2) 3.4.2 [Onttrekking van inligting vanaf Bron 3D – V1] Om van die Britse magte te ontsnap, het sy vir vele maande van plaas tot plaas beweeg (1 x 2) (2) 3.4.3 [Interpretasie van bewyse vanaf Bron 3D – V2]  Vroue het kos vir vegtende mans voorsien  Vroue het mediese sorg vir die siek en gewondes gegee  Sommige het sy aan sy met mans geveg Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2) 3.4.4 [Analise van bewyse vanaf Bron 3D – V3]  Beide bronne herdenk vroue  Geskrewe bron verwys na die dapperheid van Sarah  Visuele bron wys die monument wat vir dapperheid opgerig is  Beide bronne wys dat Boere vroue ʼn belangrike rol gedurende die oorlog gespeel het  Beide bronne meld dat vroue na konsentrasie-kampe gestuur is Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2017) GESKIEDENIS 15 3.5 [Interpretasie, analise en evaluering van bewyse uit relevante bronne – V3] Kandidate kan die volgende aspekte by hulle antwoorde insluit:  Swartes van plase verwyder en in konsentrasie kampe geplaas (Bron 3A)  Meeste swartes verloor ʼn inkomste (Bron 3A)  Swartes sterftesyfer hoog a.g.v. ondervoeding en siektes (Bron 3B)  Vee afgeneem en plase afgebrand (Bron 3C)  Damme vernietig (Bron 3C)  Vroue en kinders na konsentrasie-kampe geneem (Bron 3D)  Vroue nie veilig en sluit aan by oorlog met vegtende mans (Bron 3D) Enige ander relevante antwoord Gebruik die volgende rubriek om ʼn punt toe te ken:  Gebruik bewyse op ʼn elementêre wyse, bv. toon geen of min begrip oor die negatiewe impak wat die Suid-Afrikaanse Oorlog op Afrikaners en PUNTE: VLAK 1 Swart Suid-Afrikaners gehad het 0–2  Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie ʼn paragraaf skryf nie  Bewyse meestal relevant en hou in ʼn groot mate verband met die onderwerp, bv. toon begrip oor die negatiewe impak wat die Suid-Afrikaanse Oorlog PUNTE: VLAK 2 op Afrikaners en Swart Suid-Afrikaners gehad het 3–4  Gebruik bewyse op ʼn basiese manier om ʼn paragraaf te skryf  Gebruik relevante bewyse, bv. demonstreer ʼn deeglike begrip oor die negatiewe impak wat die Suid-Afrikaanse Oorlog op Afrikaners en Swart PUNTE: VLAK 3 Suid-Afrikaners gehad het 5–6  Gebruik bewyse baie effektief in ʼn georganiseerde paragraaf en toon begrip van onderwerp (6) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
16 GESKIEDENIS (EC/NOVEMBER 2017) AFDELING B: OPSTELVRAE Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie afdeling. VRAAG 4: TRANSFORMASIE IN SUIDELIKE AFRIKA NA 1750: DIE OPKOMS VAN DIE BASOETO-KONINKRYK ONDER MOSHOESHOE. “In die opbou van die Sotho-koninkryk was Moshoeshoe ʼn diplomaat. Stem jy saam met die hierdie stelling? Ondersteun jou antwoord met relevante bewyse. [Beplan en konstrueer ʼn oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante bewyse deur gebruik te maak van analitiese- en interpretasie-vaardighede] SINOPSIS Kandidate moet verduidelik hoe diplomaties Moshoeshoe in die opbou van die Basoetoe-koninkryk was. HOOFASPEKTE Kandidate kan die volgende aspekte in hulle antwoord insluit: Inleiding: Kandidate moet ʼn standpunt inneem en aandui op hulle saamstem of nie saamstem met die aanhaling. Uitbreiding: o Moshoeshoe se diplomasie  Moshoeshoe was ʼn slim, liefdevolle leier wie vlugtelinge plek gegee het om te woon  Suidelike Sotho’s was verenig in ʼn nasie deur Moshoeshoe, ʼn leier met beide militêre en diplomatieke vaardighede  Hy verwelkom en beskerm bevreesde vlugtelinge  In sy hantering van Kora- en Griekwa-aanvalle het hy diplomasie en geweld gebruik  Hy koop sy vyande om met geskenke – vee  Verdedig sy mense deur na Thaba Bosiu-berg te beweeg om maklik teen aanvallers te beskerm  Min roete na die berg, met genoeg water om 3000 mense en vee te ondersteun o Mafisa  Moshoeshoe leen vee aan verarmdes  Moshoeshoe help vlugtelinge deur Mafisa-stelsel o Verhouding met Trekboere  Moshoeshoe aanvaar die trekboere  Hy gee hulle die reg om sy grond te gebruik  Hy leef in vrede met trekboere  Versigtig om geen dokumente of geskenke van hulle te aanvaar  Wou verseker dat hulle nie later beweer dat hulle die grond gekoop het nie Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2017) GESKIEDENIS 17 o Boere en Moshoeshoe  Moshoeshoe het sommige Boere toegelaat om as gaste in die Caledonvallei aan te bly  Handel tussen hulle het toegeneem  In ruil vir graan en vee het die Basoetoes gewere en buskruit gekry  Konflik tussen die Boere en Moshoeshoe het in 1840’s begin toe die Boere beweer het dat die grond wat hulle bewoon het hul eiendom is o Moshoeshoe se verhouding met sy bure  Gebruik sy verhouding met sy bure om sy koninkryk te versterk  Stuur soms beeste as geskenke aan Shaka in die hoop dat Shaka hom in vrede sou laat  Nadat hy die Ndebele verslaan het, het hy hulle goed behandel  Sendelinge genooi wat hom gehelp en adviseur het in sy hantering van wit mense  Na baie gevegte het Moshoeshoe beskerming van die Britte in 1868 gevra  Basoetoland het ʼn Britse gebied geword, en so sy land behou vir sy mense Enige ander relevante antwoord Slot: Kandidate moet hul argument met ʼn relevante slot saamvat. Gebruik die rubriek op bladsy 6 om hierdie opstel na te sien. [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
18 GESKIEDENIS (EC/NOVEMBER 2017) VRAAG 5: KOLONIALE UITBREIDING NA 1750: SAMEWERKING EN KONFLIK OP DIE HOËVELD Hoe het die koloniale uitbreiding na 1750 tot samewerking en konflik op die Hoëveld gelei? Bespreek krities die konflik tussen die Britte, Boere en die Basoetoes en die pogings aangewend deur Brittanje om dit op te los. [Beplan en konstrueer ʼn oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante bewyse deur gebruik te maak van analitiese- en interpretasie-vaardighede] SINOPSIS Kandidate moet krities die konflik tussen die Britte, Boere en Moshoeshoe bespreek en hoe dit opgelos is. HOOFASPEKTE Kandidate kan die volgende aspekte in hulle antwoord insluit: Inleiding: Kandidate kan agtergrond gee oor die opkoms van Moshoeshoe en sy verhouding met die Boere Uitbreiding: o Boere wat die Kaap verlaat het, het in kontak met Moshoeshoe gekom onderwyl hulle op soek was na grond om in te vestig o Bitter stryd om grond ontstaan tussen Moshoeshoe en die Boere o Redes vir konflik tussen die Boere en die Basoetoes  Konflik oor land tussen die Caledonrivier en Oranjerivier  Die mees vrugbare land was langs die Caledonrivier  Die Boere en Basoetoes het eers in vrede geleef  Teen 1830 was die Basoetoes onder druk geplaas deur verskillende groepe woonagtig in die gebied  Boere-bevolking groei en so ook die eis vir meer grond o Pogings om konflik op te los  In 1843 het Napier en Moshoeshoe ʼn Verdrag van Vriendskap onderteken  Boere was ontevrede en om konflik te vermy leen Moshoeshoe hulle grond  Spanning verhoog toe Boere die grond as hul permanente eiendom beskou  In 1850 het majoor Warden ʼn nuwe grenslyn bepaal wat die Boere bevoordeel het Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2017) GESKIEDENIS 19 o Moshooeshoe se reaksie teen die Warden-lyn  Wit setlaars ontvang feitlik al die grond wat hulle gevra het  Warden se plan was om te verdeel en te regeer  Die Warden-lyn was verwoestend vir die Basoetoes  Hulle verloor die meeste van hul vrugbare landbougrond  Moshoeshoe sou gesag oor duisende Basoetoe-onderdane verloor  Hy weier om die Warden-lyn te aanvaar  Veestropery duur voort en Moshoeshoe word blameer  In 1851 het Warden die Basoetoes aangeval, maar word by Viervoet verslaan  Dit was vernederend vir die Britte  In 1852 word die Basoetoes deur Cathcart aangeval  Die Britte word by Bereaberg verslaan  Hy stuur ʼn brief aan Cathcart want hy hoop om vrede o Die Bloemfontein-konvensie  Oranje-vrystaat word onafhanklik  Gebiede tussen die Vaal- en Oranjerivier word aan die Boere gegee  Moshoeshoe word nie in die besluit geken nie  Dit veroorsaak verdere konflik o Spanning tussen Moshoeshoe en die Boere neem toe  In 1854 het die Basoetoes vee en perde van Boere-plase gestroop  Brittanje weier om verder wapens aan die Basoetoes te verkoop en dit verswak hulle  In 1858 het die Oranje-vrystaat oorlog teen die Basoetoes verklaar  Vredesverdrag onderteken  In 1865 het die Oranje-vrystaat weer oorlog teen die Basoetoes verklaar  Basotho’s wen, maar groot slag vir Basoetoes – Moshoeshoe wou vrede hê o Basoeto onder Britse beheer  Moshoeshoe doen ʼn beroep op Brittanje vir hulp  Britte stem in om die Basotho koninkryk in 1868 oor te neem  Basoeto-land word geannekseer – en sy mense word Britse onderdane  Moshoeshoe sterf in 1870 en begrawe op Thaba Bosiu Enige ander relevante antwoord Slot: Kandidate moet hul argument met ʼn relevante slot saamvat. Gebruik die rubriek op bladsy 6 om hierdie opstel na te sien. [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
20 GESKIEDENIS (EC/NOVEMBER 2017) VRAAG 6: DIE SUID-AFRIKAANSE OORLOG EN UNIE: DIE NATURELLE GRONDWET VAN 1913 ‘Die Naturelle Grondwet van 1913 was die finale spyker in die kis vir Swart Suid- Afrikaners in die 20ste eeu en ʼn stap na Apartheid.’ Bespreek hierdie stelling met verwysing na die sosiale en ekonomiese impak van die Naturelle Grondwet en hoe dit die fondasie vir die sisteem van Apartheid gelê het. [Beplan en konstrueer ʼn oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante bewyse deur gebruik te maak van analitiese- en interpretasie-vaardighede] SINPOSIS Kandidate moet die sosiale en ekonomiese impak van die 1913-Naturelle Grondwet op swartes bespreek en hoe dit die fondasie vir die sisteem van Apartheid gelê het. HOOFASPEKTE Kandidate kan die volgende aspekte in hulle antwoord insluit: Inleiding: Kandidate moet ʼn standpunt inneem en wys hoe Swart Suid-Afrikaners deur die Naturelle Grondwet van 1913 geaffekteer was. Uitbreiding: o In 1913, het die nuwe wit parlement die Naturelle Grondwet geproklameer o Die hoofdoel van die Wet was om Suid-Afrika wettig in wit- en swartgebiede te verdeel o Om aan blanke Boere meer grond te gee om op te boer en om swart arbeid geredelik beskikbaar te maak vir wit Boere, myne en nywerhede o Hoofbepalings van die Wet  Swart mense wat 70% van die bevolking uitgemaak het, was tot 7–8% van die land beperk  Wit mense wat slegs 20% van die bevolking uitgemaak het, het 92–93% van die land besit  Swart mense kon slegs binne wit Suid-Afrika’ bly indien hulle wettiglik in diens geneem is  Op landelike gebiede kon hulle slegs woon as huurarbeiders, huurders of deelsaaiers o Ekonomiese gevolge van die Wet  Duisende swart mense is werkloos gelaat  Duisende wat nie wou werk nie is van plase afgegooi met hul lewende hawe  Swartes word geforseer om lae betaalde of huurarbeiders te word  Meeste van die land wat aan swartes geallokeer was, was ongeskik vir boerdery  Dit het beteken swartes moes werk soek om hul families te onderhou  As gevolg van die wet kon swartes nie suksesvolle kommersiële boerdery beoefen wat kompetisie vir wit Boere sou wees a.g.v. die 1913 Grondwet  Afrikane se lot was om werk te vind by mynmaatskapppye en landhere en was bitter min betaal Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2017) GESKIEDENIS 21 o Sosiale gevolge van die Wet  Swartes was van plase af met hul lewende hawe afgegooi  Hulle het in alle weersomstandighede rondgedwaal  Die wet het ook bepaal dat dit verbode was om ʼn hawelose swart mens ʼn woonplek te gee en so ʼn oortreding was strafbaar met ʼn boete van 100 pond of ses maande gevangenisstraf  Die reservate was dikwels ver en oorbevolk  Toestande in reservate was haglik met gronderosie, wanvoeding en toenemende siektes  Hulle moes dikwels hul lewende hawe dood maak of dit verkoop  Die hoeveelheid land wat aan swartes toegeken was, was onvoldoende o Reaksie teen die Naturelle Wet  Stigting van die SANNC was die eerste opposisie teen die wet  Sol Plaatje en ander SANNC-lede het die toestande in die landelike gebiede ondersoek  Hulle het die ontbering gesien wat swart mense a.g.v. die wet moes verduur  Sol Plaatje en die SANNC het herhaaldelik versoek dat die wet herroep word  In 1914 het ʼn delegasie van die SANNC na die Eerste Minister, Louis Botha, gegaan om teen die wet te protesteer  Hul appèl was onsuksesvol  Die SANNC het ook na Brittanje met hul versoek gegaan  Die poging was onsuksesvol aangesien Brittanje geweier het om in te meng  Die SANNC was gestig om diskriminasie teen swartes te beveg o Naturelle Grondwet as voorloper van apartheidswetgewing  In 1923 het die Stedelike Gebiedewet segregasie afgedwing  In 1924 is die ‘beskaafde werkersbeleid’ uitgevaardig  In 1950 is die Tuisland beleid geskep  In 1950 is die Groepsgebiede Wet uitgevaardig wat gedwonge verskuiwing veroorsaak het  Hierdie wette het ʼn negatiewe impak op die meerderheid van die bevolking gehad, terwyl dit slegs wittes bevoordeel het Enige ander relevante antwoord Slot: Kandidate moet hul argument met ʼn relevante slot saamvat. Gebruik die rubriek op bladsy 6 om hierdie opstel na te sien. [50] TOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Published documents with matching subject and grade metadata.

Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

More from Grade 10 History

Explore more published documents in this catalogue.

View all