You're offline
Skip to content
Addendum

HISTORY ADDENDUM AFR

Subject: HistoryGrade 10201716 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 10 NOVEMBER 2017 GESKIEDENIS ADDENDUM PUNTE: 150 *XHISA3* Hierdie addendum bestaan uit 9 bladsye.
2 GESKIEDENIS (EC/NOVEMBER 2017) VRAAG 1: HOE WAS SHAKA BESKOU IN DIE BOU VAN DIE ZOELOE- NASIE? BRON 1A Hierdie bron beskryf Shaka as ʼn brutale en wrede man tydens sy bewind in die opbou van die Zoeloe-Nasie. Sy reputasie vir brutaliteit is saam geflans deur partydige wit geskiedkundiges tydens die koloniale era en onbetroubare Zoeloe-storievertellers wat ʼn mite van die man gemaak het. Dr. Wylie beskryf sy boek Myth of Iron: Shaka in History, as ʼn anti-biografie omdat die inhoud vir ʼn betroubare biografie nie bestaan het nie. ‘Daar is baie wat ons nie weet nie en nooit sal weet nie’, het hy gesê. Erger nog, het die akademikus bevind dat wit skrywers in die koloniale era swak historiese rekords so verdraai en oordryf het sodat Shaka as ʼn despotiese monster voorgehou is. Nathaniel Isaacs, wat oor Shaka geskryf het in Travels and Adventures in Eastern Africa, (1936), het ʼn mede-skrywer, Henry Francis Fynn, aangeraai om Shaka en sy opvolger, Dingaan, swart te smeer: ‘Maak hulle so bloeddorstig as wat jy kan en probeer ʼn beraming maak van hoeveel mense hul gedurende hul tydperke as regeerders vermoor het.’ Dit sou Fynn se boekverkope asook Britse anneksasie van Zoeloe-grond bevorder en vir albei skrywers ʼn ‘fortuin’ inbring. Dr. Wylie het gesê dit was die voorloper van latere verdraaiings soos die 1980’s se televisiereeks, ‘Shaka Zoeloe,’ waarin Henry Cele gespeel het. Nie almal aanvaar die ontmaskering nie. Sibani, ʼn geskiedkundige en toergids van die Zoeloe-oologsterreine, sê daar is geen twyfel dat Shaka ‘’n wrede en roekelose man was nie, maar dit was ʼn wrede en roekelose tyd’. [Vanuit: http://www.guardian.co.uk/world/2006/may/22/rorycarroll.mainsection. Toegang op 30 Junie 2017 verkry.] BRON 1B In hierdie bron word beide Shaka se positiewe en negatiewe leierskapvaardighede uitgebeeld. Sy lewensbeskouing was dié van sy tyd, en wanneer dit in aanmerking geneem word, en wanneer alles wat tot sy oneer gesê kan word, gesê is, verrys hierdie legendariese koning as ʼn briljante generaal, en ʼn heerser met groot dapperheid, intelligensie en kundigheid. Nietemin het Shaka wel party van die gebruike van sy mense verbreek, en dit was sy ondergang. Hy het veral die leërmag oormatig gebruik en sy soldate min tyd gegun vir die normale aktiwiteite van vrede. Met die verloop van jare, het sy ambisies die oorhand oor hom gekry. Dat hy despoties was (soos ʼn diktator opgetree het) was waarskynlik nie so belangrik nie, maar sy mense het verwag dat hul koning dit sou balanseer met welwillendheid (deernis of goedaardigheid). Shaka se heerskappy het hardvogtiger geword… Op die ou einde het Shaka egter die weg van die meeste tiranne gevolg… Die weermag het blykbaar selfs die planne beraam vir sy sluipmoord deur sy halfbroer, Dingaan. Shaka se dood was nie betreur deur die nasie wat hy uit onbekendheid opgehef het nie. [Vanuit: Let my People Go deur Hoofman A. Luthuli] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2017) GESKIEDENIS 3 BRON 1C Hierdie bron poog om die siening van Shaka as ʼn gemene barbaar te verander. In 1986 het die Suid-Afrikaanse Uitsaai Korporasie (SABC) ʼn multi-miljoen rand televisie-reeks, Shaka Zoeloe, vrygestel. Die reeks het ʼn enorme gehoor bereik en wye dekking ontvang. Dit propageer inter-rassige samewerking deur ʼn uitgebreide ondersoek van die verhouding tussen Shaka en die eerste blanke besoekers wat sy hoofstad besoek het. Die doel van die reeks was deur die direkteur, Bill Faure verduidelik: ‘Shaka se lewe was oorspronklik aangeteken deur blanke setlaars wie bevooroordeelde en sensasionele waardes – dikwels die Zoeloes as wrede barbare beskryf’. Shaka het verrys as ʼn uitgeslape leier, wat menslike warmte ontbreek het. Nietemin, die reeks was wyd gekritiseer oor die uitbeelding van die beheer wat handelaars oor die Zoeloe-koning gehad het en ook die gebruik van ʼn blanke verteller. [Vanuit: New Generation History deur C.A. Stephenson et al] BRON 1D Hierdie foto van Shaka as ʼn jong krygsman word deur ʼn Europese kunstenaar uitgebeeld wie nog nooit vir Shaka gesien het nie. [Vanuit: History Online: Toegang op 30 Junie 2017 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 GESKIEDENIS (EC/NOVEMBER 2017) VRAAG 2: HOE HET BRITSE BEHEER DIE POLITIEKE, EKONOMIESE EN SOSIALE LANDSKAP VAN DIE KAAP VERANDER? BRON 2A Hierdie bron handel oor die redes en gevolge van die emansipasie (vrystelling) van slawe. Die lewe van slawe was hard, omdat hulle vir lang ure onder haglike omstandighede moes werk. Hulle het dikwels nie genoeg gesonde kos gekry nie en in oorbewoonde en vuil omstandighede geleef. Slawe het geen vryheid gehad nie, toegesluit snags en moes ʼn pas hê om hul werksplek te verlaat. Omdat hulle beskou was as besitting, kon hulle nie trou nie, en as hulle kinders het, het die kinders ook aan die slawe-eienaars behoort en hulle was ook slawe. Hulle het geen geleentheid vir opvoeding gekry nie. Vroue-slawe het altyd die risiko geloop om verkrag te word deur hul meesters of ander slawe. Terwyl daar baie wette was wat die lewens en beweging van slawe gestrem het, was daar ook reëls wat hulle beskerm het, byvoorbeeld vroulike slawe kon nie geslaan word nie. Teoreties kon slawe-eienaars wie hulle slawe sleg behandel het gestraf word, maar die wette was dikwels geïgnoreer. Die Afskaffing van Slawerny Wet het slawerny amptelik in 1834 in die Kaap beëindig. Meer as 35 000 slawe wat ingevoer was is vanaf Indië, Ceylon, Maleisië en van ander lande na Suid-Afrika, was nou amptelik vry. Die Afskaffing van Slawerny Wet en die emansipasie van slawe het groot ontevredenheid en opposisie van die Kaapse koloniste ontlont teen anti-slawe werwingsgroepe wat deel van die Londen Sendinggenootskap was en druk op die Britse regering geplaas het om die besluit te neem. Selfs voor emansipasie, het gepubliseerde sake bewys van sendelinge ingryping namens mishandelde swart plaaswerkers, en sommige keer is Boere skuldig bevind. En dit het veroorsaak dat hulle die vyand van die oorgrote Afrikaner Boere-gemeenskap in die Kaap geword het. [Vanuit: History Online: Toegang op 30 Junie 2017 verkry.] BRON 2B Hierdie bron is ʼn uittreksel van Kate Jacob se storie, ʼn voormalige slaaf oor wat in die Kaap gebeur het toe slawe geëmansipeer was. ‘My baas en miesies, alhoewel ietwat geïrriteerd deur die nuus van ons moontlike vryheid, was oor die algemeen goed, en ek was nie bly oor die moontlikheid om hulle te verlaat nie. So op 1 Desember 1838, terwyl ek besig was met my daaglikse roetine, was ek verskrik deur ʼn woedende stem wat eis of ek gaan en of ek bly. Toe ek omdraai sien ek dis my (toekomstige) man wat oorkook van die woede. Sy baas was wreed en baie keer sy slawe met ʼn sambok te lyf gegaan. Hy (die eienaar) was mal van woede op die dag van ons emansipasie. Vroeg die môre het hy bewapen, te perd al die gewese slawe van sy plaas afgedryf.’ [Vanuit: New Generation History deur C.A. Stephenson et al] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2017) GESKIEDENIS 5 BRON 2C Hierdie bron fokus op die redes vir die anneksasie van die Xhosas se land deur die Britte. Dit is duidelik dat die begeerte na grond onder die oppervlak is van…argumente vir anneksasie as ʼn manier om die vrede te bewaar… Die koloniste het geen waarde geheg aan die Xhosa-kultuur en -samelewing nie en het gedink die Xhosas moet loonarbeiders word. Ander koloniste het gehoop dat hulle sou kwyn en verdwyn onder die impak van wat hulle geglo het ʼn ‘sterker ras en hoër beskawing’ was as die inheemse mense soos wat gebeur het met sommige kolonies in ander dele van die wêreld. Die goewerneurs aan die Kaap is beïnvloed deur hierdie idees en het besluit om die grense uit te brei en meer gebied te annekseer. [Hulle]… het amper altyd die argument aanvaar dat uitbreiding verdere oorlog sou verhoed. [Vanuit: In the Years of conquest deur R. Cope] BRON 2D Hierdie bron handel oor Sarhili, ʼn Xhosa-opperhoof wat homself vir die veeslagting blameer. Ek was ʼn groot dwaas om na leuens te luister. Ek is nie meer ʼn hoofman nie. Ek was ʼn goeie hoofman, die seun van Hintsa, wat my ryk nagelaat het met beeste en mense, maar ek is mislei om my beeste te vernietig en om my mense te beveel om dieselfde te doen; en nou word ek alleen agtergelaat terwyl my mense skarrel om kos te vind; ek is dus nie meer ʼn hoofman nie. Dit is alles my skuld; ek het net myself om te blameer. As gevolg hiervan het die Xhosas 600 000 hektaar vrugbare grond verloor, 400 000 vee was doodgemaak, 150 000 mense moes hul land verlaat en 40 000 mense het van hongerte gesterf. [Vanuit: George Grey and the Xhosas deur G. Weldon] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 GESKIEDENIS (EC/NOVEMBER 2017) VRAAG 3: HOE HET DIE SUID-AFRIKAANSE OORLOG NIE NET DIE AFRIKANERS, MAAR OOK DIE SWART SUID-AFRIKANERS GEAFFEKTEER? BRON 3A Hierdie bron beskryf die redes waarom Swart Suid-Afrikaners besluit het om aan die Suid-Afrikaanse Oorlog deel te neem. Swart armoede was ʼn belangrike aansporing om in die Britse leër aan te sluit. Vir menige swart families het die oorlog rampspoedige gevolge gehad omdat dit die trekarbeid sisteem ontwrig het, wat hulle ontneem het van ʼn inkomste om graan te koop, belasting en huur te betaal. Ook het die terugkeer van duisende mans na die platteland druk op voedselhulpbronne in sommige oorbevolkte distrikte van Natal, Zoeloeland en die Transkei geplaas. In die Transvaal en Oranje Vrystaat het die Britse verskroeide-aarde-beleid die lewensonderhoud van duisende swartes verwoes. In 1901 is afsonderlike konsentrasiekampe vir Swartes ingestel om diegene wat uit die land ontwortel is, te akkommodeer. Die meeste het op Boereplase gewoon as huurarbeiders, kontanthuurders of deelsaaiers. Die wat die kampe betree het, het min of geen kos gehad nie. Slegs in uitsonderlike gevalle was vry rantsoene gegee, dus het die meeste swart mans geen ander keuse gehad as om by die Britse magte aan te sluit om te oorleef nie. Teen April 1902, het oor die 13 000 vlugtelinge in die Britse leër gedien. As gevolg hiervan was die kampe hoofsaaklik met vroue, kinders, bejaardes en die siekes gevul. Die Britte het mans verwerf op ʼn drie maandelikse basis met ʼn loon van 40 en 50 sjielings. ʼn Groot troos vir swartes wat die Britse leër betree het, was die feit dat rantsoene gewoonlik ingesluit was. [Vanuit: Black involvement in the Anglo-Boer War, 1899 – 1902 deur N. Nkuna] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2017) GESKIEDENIS 7 BRON 3B Hierdie bron beskryf hoe swart Suid-Afrikaners in die konsentrasiekampe behandel is. Die Swart mense is in konsentrasiekampe regoor die land aangehou. Die Britte het aan die begin van die oorlog aparte kampe vir swartes geskep. Volle woongebiede en selfs sendingstasies was in konsentrasiekampe omskep. Die mans is in arbeidskampe geplaas en teen die einde van die oorlog was daar omtrent 115 000 swartes in 66 kampe regoor die land. Onderhoud wat aan wit kampe bestee is, was baie hoër as wat op die swart kampe bestee is, omdat swartes hul eie hutte moes bou en aangemoedig was om hulle eie voedsel/kos aan te plant. Minder as ʼn derde van swart gevangenes het rantsoene ontvang. Swartmense was basies in hongersnood in hierdie kampe gedompel. Swartes in die konsentrasiekampe het nie genoeg kos gekry en het nie regte mediese sorg gekry nie, wat baie sterftes veroorsaak het. Watervoorrade was somtyds besoedel en die toestande waar hulle in gewoon het, was haglik, wat duisende sterftes van disenterie, tifus en diarree veroorsaak het. Die dodetal van swartes in die konsentrasiekampe was aangeteken as 14 154, maar daar word geglo dat die werklike getal veel hoër was. Die meeste van die sterftes het onder kinders plaasgevind. [Vanuit: South African History Online. Toegang op 30 Junie 2017 verkry.] BRON 3C Hierdie bron fokus op Lord Roberts se beleid aangaande die afbrand van plase. Toe die Britte nie beheer kon verkry oor die Boere kommando’s nie, het hulle net meer brutaal begin optree teenoor die burgerlikes wat die Boere ondersteun het. Voor sy terugkeer na Engeland het Roberts met ʼn beleid van kollektiewe straf vir burgerlikes wat naby die gebiede gewoon het waar daar guerrilla-aanvalle voorgekom het – plase is afgebrand, damme is verwoes en daar is op vee beslag gelê. ‘Tensy die mense oor die algemeen ly vir die misdade van die gewapendes teen ons,’ het Roberts in September 1900 gesê, ‘sal die oorlog nooit ophou nie.’ [Vanuit: Diamonds, Gold and War deur M. Meredith] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 GESKIEDENIS (EC/NOVEMBER 2017) BRON 3D Hierdie bron verduidelik hoe Boere-vroue betrokke in die Suid-Afrikaanse Oorlog geword het. GESKREWE BRON Sarah Raal verdien dat ʼn rolprent oor haar lewe gemaak word. Gebore in ʼn ryk familie in die suidelike Vrystaat buite Jagersfontein. Met die uitbreek van die oorlog, het haar pa en vier broers onmiddellik in die weermag geregistreer, en los Sarah, haar moeder en twee jonger kinders alleen op die plaas. Haar vader wie weens gesondheidsredes nie in die kommando kon bly nie is na ʼn konsentrasiekamp gestuur. Haar moeder en jonger susters was ook in konsentrasiekampe geplaas as straf omdat hulle verbygaande Boere gevoed het. Dit het Sarah alleen met die plaaswerkers op die plaas gelaat. Vir ʼn paar maande het sy van plaas tot plaas beweeg om van die Britse magte te ontsnap, maar was onvermydelik gevang en na ʼn konsentrasiekamp in Springfontein geneem waar sy ontsnap het. Omdat die landskap ooglopend onveilig vir ʼn vrou alleen was, is sy toegelaat om by haar broers se kommando onder kommandant Niewoudt aan te sluit. Daar het sy deelgeneem in ʼn aantal guerrilla-aanvalle, en in meer as een geval onder die spervuur deurgeloop waar sy dapperheid getoon het tydens hierdie aksies. By meer as een geleentheid was sy in fisiese gevegte betrokke met die vyand, en in noue ontkomings beserings, die dood en gevangenis ontduik. Sy was uiteindelik gevang en in ʼn konsentrasiekamp geplaas tot aan die einde van die oorlog. Sy het later ʼn boek geskryf, genaamd, Met die Boere in die Veld, wat in 1936 gepubliseer was en weer in Engels in 2000. [Vanuit: South African Military History Society/scribe@samilitaryhistory.org Toegang op 30 Junie 2017 verkry.] VISUELE BRON Hierdie is die monument wat opgerig is om Afrikaner vroue te herdenk vir hul rol in die Suid-Afrikaanse Oorlog. [Vanuit: Focus deur B. Johanneson et al] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2017) GESKIEDENIS 9 ERKENNINGS Visuele bronne en ander historiese bewyse is uit die volgende geneem: Cope, R. 2007 In The Years of Conquest (Maskew Miller Longman) Geskiedenis Aanlyn http://www.guardian.co. uk/world/2006/may/22/rorycarroll.mainsection. Johanneson, B. et al 2010 Verken (Maskew Miller Longman) Luthuli, A. 1962 Let My People Go (Oxford University Press) Meredith, M. 2007 Diamonds, Gold and War Nkuna, N. 1999 Black involvement in the Anglo Boer War, 1899 – 1902 (Military history Journal, Vol 11 No 3/4) Stephenson, C.A. et al 2011 Nuwe Generasie Geskiedenis (Nuwe Generasie Publishers) Suid-Afrikaanse Militêre Geskiedenis: Society/scribe@samilitaryhistory.org Weldon, G. 2011 George Grey and the Xhosas (Vivlia Publishers) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Published documents with matching subject and grade metadata.

Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

More from Grade 10 History

Explore more published documents in this catalogue.

View all