You're offline
Skip to content
Memorandum

HISTORY GR 10 MEMO NOV2018 Afrikaans

Subject: HistoryGrade 10201821 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 10 NOVEMBER 2018 GESKIEDENIS NASIENRIGLYN PUNTE: 150 Hierdie nasienriglyn bestaan uit 21 bladsye.
2 GESKIEDENIS (EC/NOVEMBER 2018) 1. BRONGEBASEERDE VRAE 1.1 Kognitiewe vlakke en vermoëns gedek gedurende die assessering van brongebaseerde vrae: GEWIGSTOE- KOGNITIEWE HISTORIESE VAARDIGHEDE KENNING VLAKKE VAN VRAE  Onttrek inligting uit bronne VLAK 1  Selektering en organisering van 40% (V1) relevante inligting vanaf bronne (20)  Definieer historiese konsepte/terme  Eenvoudige interpretasie van die bronne  Wat word deur die skrywer of skepper VLAK 2 40% van die bron gesê? Wat is die menings (V2) (20) of opinies oor ʼn kwessie wat in die bron uitgedruk word?  Vergelyk inligting in die bronne  Interpreteer en evalueer inligting en data uit bronne  Vra vrae oor vooroordeel, VLAK 3 betroubaarheid, bruikbaarheid en 20% (V3) beperkings van bronne (10)  Vergelyk en kontrasteer interpretasie en perspektiewe in die bronne aangebied en maak onafhanklike gevolgtrekkings 1.2 Die inligting hieronder dui aan hoe brongebaseerde vrae geassesseer word:  By die nasien van brongebaseerde vrae moet krediet gegee word vir enige ander geldige en toepaslike standpunte, argument, bewyse of voorbeelde.  Met die toekenning van punte moet aandag gegee word aan hoe daar aan die vereistes van die vraag voldoen is.  In die nasienriglyn word die vereistes van die vraag (vaardighede waaraan aandag gegee moet word) sowel as die vlak van die vraag in kursiefgedrukte skrif aandui. 1.3 Assesseringsprosedure vir brongebaseerde vrae  Gebruik ʼn regmerk () vir elke korrekte antwoord  Gee aandag aan die puntetoekenning bv. (2 x 2) wat neerkom op twee redes en word twee punte elk toegeken (); (1 x 2) wat neerkom op een rede en √ twee punte tooegeken word ()  Indien ʼn vraag 4 punte tel word 4 regmerke () aangedui Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2018) GESKIEDENIS 3 Paragraafvraag Paragrawe moet globaal (holisties) geassesseer word. Beide die inhoud en die struktuur van die paragraaf moet in berekening gebring word wanneer punte toegeken word. Die volgende stappe moet gebruik word wanneer ʼn antwoord op ʼn paragraafvraag geassesseer word:  Lees die paragraaf en plaas ʼn kolpunt (•) by elke punt binne-in die teks waar die kandidaat relevante bewyse gebruik het om die vraag te beantwoord.  Lees die paragraaf weer om die mate waartoe die kandidaat in staat was om relevante bewyse te gebruik om die paragraaf te beantwoord, te evalueer.  Maak regmerkies () wat aan die kandidaat vir die paragraaf toegeken is, aan die einde van die paragraaf, sowel as die vlak (1, 2 of 3) soos in die holistiese rubriek aangedui en gee kommentaar, bv. ___________ . __________________________ . __________________ _________________ . ____________________________ . __________  Vlak 2 Gebruik meestal relevante bewyse om die paragraaf te skryf.  Tel al die regmerkies vir die brongebaseerde vrae op en skryf dan die punt onder in die regterkantse kantlynbv. 32 50  Maak seker dat die punte akkuraat na die buiteblad van die antwoordeboek oorgedra word. 2. OPSTELVRAE 2.1 Die opstelvrae vereis dat kandidate: In staat sal wees om hul argument op ʼn logiese en samehangende wyse te stel. Hulle moet die relevante inligting kan selekteer, organiseer en bymekaarvoeg sodat dit vir hulle moontlik sal wees om ʼn redelike reeks feite of ʼn effektiewe argument te kan weergee om sodoende die gestelde vraag te beantwoord. Dit is noodsaaklik dat ʼn opstel ʼn inleiding, ʼn samehangende en gebalanseerde liggaam van bewyse en ʼn slot het. 2.2 Nasien van opstelvrae  Nasieners moet daarop let dat die inhoud van die antwoord gelei sal word deur die handboeke wat by ʼn spesifieke sentrum gebruik is.  Kandidate mag enige ander toepaslike inleiding en/of samevatting hê as dit wat ingesluit is by ʼn riglyn vir nasien van ʼn spesifieke opstel.  By die assessering van die oop brongebaseerde vrae moet kandidate krediet kry vir enige ander relevante antwoord. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 GESKIEDENIS (EC/NOVEMBER 2018) 2.3 Globale assessering van ʼn opstel Die opstel sal holisties (globaal) geassesseer word. Hierdie benadering vereis dat die onderwyser die totale produk as ʼn geheel sal bepunt sonder om die samestellende dele individueel te bepunt. Hierdie benadering moedig die leerder aan om ʼn individuele mening aan te bied deur gebruik te maak van geselekteerde feitelike bewyse om ʼn argument te ondersteun. Daar sal nie van die leerder verwag word om slegs ‘feite’ neer te skryf om ʼn beter punt te behaal nie. Hierdie benadering sal leerders ook ontmoedig om ‘model-antwoorde’ voor te berei en te reproduseer sonder om die spesifieke vereistes van die vraag in ag te neem. Holistiese nasien van opstelle gee krediet aan leerders se mening, ondersteun deur bewyse. Anders as by inhoudsgebaseerde nasien, word leerders met holistiese assessering nie vir ontoereikende taalgebruik gepenaliseer nie, aangesien die klem op die volgende val:  Die konstruksie/daarstelling van ʼn argument  Die toepaslike seleksie van feitelike bewyse om sodanige argument te ondersteun  Die leerder se interpretasie van die vraag 2.4 Assesseringsprosedures van ʼn opstel 2.4.1 Hou die sinopsis in gedagte wanneer jy die opstel assesseer. 2.4.2 Gedurende die eerste lees van die opstel moet punte gegee word vir ʼn relevante inleiding, elk van die hoofpunte/aspekte wat korrek gekontekstualiseer is en ʼn relevante slot, bv. in ʼn antwoord waar daar 5 hoofpunte is sal daar 7 punte wees. 2.4.3 Die volgende addisionele simbole kan ook gebruik word:  Inleiding, hoofaspekte en slot nie korrek gekontekstualiseer  Verkeerde stelling  Irrelevante stelling  Herhaling H  Analise A√  Interpretasie I√ Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2018) GESKIEDENIS 5 2.5 Die matriks 2.5.1 Gebruik die analitiese matriks om die opstel nate sien. Die gebruik van die matriks vir die assessering van opstelle (bladsy 6) in die assessering van ʼn opstel, met verwysing na bladsy 6, moet die gegewe kriteria in die rubriek gebruik word. In die assessering van die opstel moet aandag gegee word aan beide die inhoud en die aanbieding. By die punt van kruising tussen die inhoud en die aanbieding moet ʼn punt gegee word. (a) Die eerste lesing van die opstel sal wees om te bepaal tot watter mate die hoofaspekte gedek is en om die inhoudsvlak te I VLAK 4 bepaal (in die rubriek). (b) Die tweede lesing van die opstel sal verband hou met die vlak van aanbieding (in die rubriek). I VLAK4 A VLAK3 (c) Gee ʼn algehele punt deur die I VLAK4 matriks te gebruik. 26–27 A VLAK 3 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 GESKIEDENIS (EC/NOVEMBER 2018) RUBRIEK VIR DIE ASSESSERING VAN OPSTEL: TOTALE PUNT: 50 VLAK 7 VLAK 6 VLAK 5 VLAK 4 VLAK 3 VLAK 2 VLAK 1 Baie goed en Goed beplan en Goed beplan en Argument Toon soms Poging Weinig of gestruktureerd. gestruktureerde gestruktureerde beplan en bewyse van ʼn aangewend geen poging AANBIEDING Goeie sintese opstel. opstel. gestruktureer. gestruktureerd om ʼn antwoord Om die van inligting. ʼn Duidelike Getuienis e en beplande te struktureer. opstel te ʼn Goei ʼn Relevante argumentslyn gebruik om argument. Grootliks struktureer. gebalanseerde argumentslyn ontwikkel. argument te Poog om ʼn beskrywend of en onafhanklike gevolg. Gevolgtrekkings ondersteun. argumentslyn poog om argumentslyn is vanaf bewyse Slotsom op vol te hou. argument te ontwikkel met Bewyse gebruik verkry. grond van Gevolgtrekking ontwikkel. INHOUD bewyse. om die argument Onafhanklike getuienis. nie duidelik Argument te verdedig. gevolgtrekking. ondersteun deurgaans Bewyse gebruik deur getuienis volgehou en om nie. verdedig.. gevolgtrekking te ondersteun. VLAK 7 Vraag is ten volle beantwoord. Inhoudseleksie 47–50 43–46 relevant tot argument wat gevolg is. VLAK 6 Vraag is beantwoord. Inhoudseleksie 43–46 40–42 38–39 relevant tot die argument wat gevolg is. VLAK 5 Vraag grotendeels beantwoord. Inhoud 38–39 36–37 34–35 30–33 28–29 genoegsaam en relevant. VLAK 4 Vraag herkenbaar in antwoord. Gebreke ten 30–33 28–29 26–27 opsigte van inhoud of irrelevante inhoudseleksie. VLAK 3 Inhoudseleksie hou verband met die vraag, maar beantwoord dit nie. 26–27 24–25 20–23 Hou soms nie verband met die vraag nie. Weglatings. VLAK 2 Vraag ontoereikend 20–23 18–19 14–17 beantwoord. Inhoud skraal. VLAK 1 Vraag ontoereikend beantwoord. 14–17 0–13 Ontoereikende of irrelevante inhoud. *Riglyne om ʼn punt op Vlak1 toe te ken:  Vraag glad nie aangespreek nie / heeltemal ontoereikend, geen poging aangewend om te struktureer = 0  Vraag sluit basiese en oor die algemeen irrelevante inligting in; geen poging om te struktureer nie = 1–6  Vraag ontoereikend beantwoord; min poging om argument te struktureer = 7–13 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2018) GESKIEDENIS 7 AFDELING A: BRONGEBASEERDE-VRAAG VRAAG 1: HOE HET SHAKA SE KINDERJARE SY LEIERSKAP VAN DIE ZOELOE-NASIE BEÏNVLOED? 1.1 1.1.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1]  Senzangakhona (1 x 1) (1) 1.1.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1]  Hulle het gesê dat sy ’n maagkwaal het wat deur die iShaka kewer veroorsaak is. (1 x 2) (2) 1.1.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1]  Hy was ʼn buite-egtelike kind. (1 x 2) (2) 1.1.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1A – V2]  Shaka het ’n onverskrokke leier geword  Hy het ’n vurige vegter geword  Hy was verantwoordelik vir die opbou van ’n sterk Zoeloe-nasie  Hy het ’n magtige koning geword  Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4) 1.1.5 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1A – V2]  Nandi het hom grootgemaak om wilskrag te hê  Sy het hom grootgemaak om te glo in sy bestemming  Sy het hom laat glo in die krag van eenheid  Sy het hom opgelei om nie onder druk te swig nie  Enige ander relevante antwoord. (Enige 1 x 2) (2) 1.1.6 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A –V1]  Afgeknou  Geterg  Gemartel  Uitgetart  Behandel soos uitgeworpenes  Bespot (Enige 3 x 1) (3) 1.1.7 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1A – V2]  Dingiswayo (1 x 2) (2) 1.2 1.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1B – V1]  Om die leër te herorganiseer. (1 x 2) (2) 1.2.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1B – V1]  Impi (1 x 2) (2) 1.2.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1B – V1]  Politieke redes  Disiplinêre redes (2 x 1) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 GESKIEDENIS (EC/NOVEMBER 2018) 1.2.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1B – V2]  Shaka het al die stamme in die omgewing verslaan  Hy het hulle krale afgebrand en hul vee gestroop  Die mense wat vir hul lewens gevrees het, het gevlug en die gebiede onbewoon gelaat  Enige ander relevante antwoord, (Enige 1 x 2) (2) 1.2.5 [Verduideliking van historiese begrip uit Bron 1B – V1]  Is ’n storie wat nie op feite gebaseer is nie  Enige ander relevante verduideliking (1 x 2) (2) 1.2.6 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1B – V1]  Om enige gedeelte van die kring te versterk indien die vyand dreig om uit te breek (1 x 2) (2) 1.2.7 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1B – V2]  Hy het die Zoeloe-leër heeltemal verander  Hy het nuwe wapens, regiment-strukture en veldslag formasies/strategieë ingestel  Hy het in ʼn bul-horing vorm aangeval  Hy het die spies verkort  Enige ander relevante antwoord. (Enige 2 x 2) (4) 1.3 1.3.1 Onttrekking van bewyse uit Bron 1C – V1]  Steek-assegaai  Bul-horing vorm aanvalle  Oorlogskild  Gooi-assegaai  Knopkierie (Enige 2 x 1) (2) 1.3.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1C – V2]  Om die vyand van naby dood te maak.  Sy impi’s moes vreesloos wees  Enige ander relevante antwoord. (Enige 1 x 2) (2) 1.3.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1C – V2]  Hy en sy moeder was deur hulle mishandel  Hy was altyd deur ander seuns van die stam geterg en afgeknou  Hulle was as uitgeworpenes behandel  Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4) 1.4 [Vergelyking van bewyse uit Bron 1B en 1C – V3]  Beide bronne verwys na nuwe militêre taktieke en metodes wat deur Shaka ingestel was  Bron 1B verduidelik die bors-en-horing taktiek om die vyand teomsingel.  Bron 1C wys visueel hoe die bors-en-horing taktiek werk  Enige ander relevante antwoord (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2018) GESKIEDENIS 9 1.5 [Interpretasie, evaluering en sintese van inligting uit al die bronne – V3] Kandidate kan van die volgende aspekte in hul antwoorde insluit:  Shaka was ’n buite-egtelike kind (Bron 1A)  Hy sou nie die oorerflike opvolger wees nie (eie kennis)  Hy was geterg en gemartel (Bron 1A)  Het eerste die eLangeni mense vermoor (Bron 1A en 1B)  Herorganiseer die Zoeloe-leër (Bron 1B)  Nuwe militêre metodes ingestel (Bron 1B)  Verkort die steekspies (Bron 1B en 1C)  Duisende van sy onderdane vermoor met sy moeder se dood (Bron 1B)  Val in bul-horing vorm aan (Bron 1B en 1C)  Enige ander relevante antwoord. Gebruik die volgende rubriek om ’n punt toe te ken:  Gebruik bewyse op ’n elementêre wyse, bv. toon geen of min begrip van hoe Shaka se kinderjare PUNTE: VLAK 1 sy leierskap van die Zoeloe-nasie beïnvloed het. 0–2  Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie ’n paragraaf skryf nie.  Bewyse meestal relevant en hou in ’n groot mate verband met die onderwerp, bv. toon begrip oor hoe Shaka se kinderjare sy leierskap van die Zoeloe- PUNTE: VLAK 2 nasie beïnvloed het. 3–4  Gebruik bewyse op ’n basiese manier om ’n paragraaf te skryf.  Gebruik relevante bewyse bv. demonstreer ʼn deeglike begrip oor hoe Shaka se kinderjare sy PUNTE: VLAK 3 leierskap van die Zoeloe-nasie beïnvloed het. 5–6  Gebruik bewyse baie effektief in ’n georganiseerde paragraaf en toon begrip van onderwerp. (6) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
10 GESKIEDENIS (EC/NOVEMBER 2018) VRAAG 2 WAT WAS DIE IMPAK VAN BRITSE KOLONIALISME OP DIE BEVOLKING VAN DIE KAAPKOLONIE? 2.1 2.1.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1]  Die handelsroete na die Ooste te beskerm (1 x 2) (2) 2.1.2 [Verduideliking van historiese begrip uit Bron 2A – V1]  Is ’n proses waar ’n sterker land beheer van ’n ander land oorneem  Enige ander relevante verduideliking (1 x 2) (2) 2.1.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1]  Hollanders (1 x 2) (2) 2.1.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2A – V2]  Hulle het gesterf van siektes wat deur die kolonialiste gebring is  Was weggedryf van hul land  Het dwangarbeiders geword  Botsings met trekboere  Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2) 2.1.5 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2A – V2]  Die Khoi-khoi gemeenskap het verbrokkel  Lei tot die bevryding van slawe  Nuwe tegnologie, soos vuurwapens word aan swart leiers bekendgestel  Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4) 2.1.6 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1]  Vuurwapens (1 x 1) (1) 2.2 2.2.1 [Verduideliking van historiese begrip uit Bron 2B – V1]  Iemand wat ’n ambag of geskoolde werk aanleer  Enige ander relevante verduideliking (1 x 2) (2) 2.2.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2B – V2]  Die Afskaffing van Slawerny Wet het die bevryding van slawe verklaar  Enige ander relevante antwoord (1 x 2) (2) 2.2.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2B – V1]  In blokke geplaas  Swaar leer-oormuwwe was oor hul ore getrek (2 x 1) (2) 2.2.4 [Evaluering van die bruikbaarheid van Bron 2B – V3] BRUIKBAAR  Primêre bron  Sy was in slawerny gebore en het die ontberings ondervind wat slawe moes deurmaak  Sy het getuienis gelewer oor die ‘vryheid’ wat hulle gekry het  Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2018) GESKIEDENIS 11 2.2.5 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2B – V2]  Humanitêre redes  Het geglo dat vry, betaalde werkers harder sou werk  Betaalde arbeiders sou ’n mark vir Britse geproduseerde goedere word  Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2) 2.2.6 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2B – V2]  Hulle kon trou  Word betaalde arbeiders  Toestande van slawe verbeter  Word vakleerlinge  Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4) 2.2.7 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2B – V1]  Haupt (1 x 1) (1) 2.3 2.3.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2C – V1]  Kaapkolonie (1 x 2) (2) 2.3.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2C – V1]  Die Khoi-khoi wat nie meer passe moes dra nie  Die Xhosa en ander gekleurde klasse plunder die trekboere se plase (2 x 1) (2) 2.3.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2C – V2]  Die vrystelling van slawe  Arbeidstekort  Beleid van verengelsing  Boere wou onafhanklik wees  Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4) 2.3.4 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2C – V1]  Khoikhoi (1 x 2) (2) 2.3.5 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2C – V2]  Hulle het geen toekoms in die Kaap gesien as gevolg van hul verliese  Enige ander relevante antwoord (1 x 2) (2) 2.3.6 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2C – V1] • ‘om ons toe te laat om onsself sonder toekomstige inmenging te regeer’ (1 x 2) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
12 GESKIEDENIS (EC/NOVEMBER 2018) 2.4 [Interpretasie, evaluering en sintese van inligting uit bronne – V3] Kandidate kan van die volgende aspekte in hul antwoorde insluit:  Nuwe tegnologie, vuurwapens aan swart leiers voorgestel (Bron 2A)  Lei tot die emansipasie van slawe (Bron 2B)  Slawe word vakleerlinge (Bron 2B)  Toestande van slawe verbeter (eie kennis)  Lei tot die Groot Trek (Bron 2C)  Boere ongelukkig met Britse kolonisasie (Bron 2C)  Boere wou onafhanklik wees (Bron 2C)  Khoikhoi hoef nie langer passe saam te dra nie (Bron 2C)  Enige ander relevante antwoord Gebruik die volgende rubriek om ’n punt toe te ken:  Gebruik bewyse op ’n elementêre wyse, bv. toon geen of min begrip oor die impak wat Britse kolonialisme op die bevolking van die PUNTE: VLAK 1 Kaapkolonie gehad het. 0-2  Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie ’n paragraaf skryf nie.  Bewyse meestal relevant en hou in ’n groot mate verband met die onderwerp, bv. toon begrip oor die impak wat Britse kolonialisme op die bevolking PUNTE: VLAK 2 van die Kaapkolonie gehad het. 3–4  Gebruik bewyse op ’n basiese manier om ’n paragraaf te skryf.  Gebruik relevante bewyse bv. demonstreer ʼn deeglike begrip oor die impak wat Britse kolonialisme op die bevolking van die PUNTE: VLAK 3 Kaapkolonie gehad het. 5–6  Gebruik bewyse baie effektief in ’n georganiseerde paragraaf en toon begrip van onderwerp. (6) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2018) GESKIEDENIS 13 VRAAG 3: WAT WAS DIE ROL EN ERVARINGS VAN SWART SUID– AFRIKANERS IN DIE SUID–AFRIKAANSE OORLOG (1899–1902)? 3.1 3.1.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3A – V1]  Boere  Britte (2 x 1) (2) 3.1.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3A – V1]  Zoeloe  Xhosa  Bakgatla  Shangaan  Sotho  Swazi  Basoeto (Enige 4 x 1) (4) 3.1.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3A – V1]  Loopgrawers  Spioene  Boodskapdraers  Vee-stropers  Bestuurders  Werkers  Spoorsnyers  Blokhuise gebou  Agterryers (Enige 3 x 1) (3) 3.1.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3A – V2]  Dit was ’n oorlog tussen die Boere en Britte  Oorspronklik was dit ’n oorlog tussen die wit rasse  Oorpronklik was swartes nie bewapen nie  Swartes was nie toegelaat om aktief in die oorlog deel te neem nie  Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4) 3.1.5 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3A – V2]  Dit was ’n witman-oorlog  Hulle het geglo dat die militêre metodes van swartes meer brutaal was  Swart soldate sal geen genade betoon aan blanke vroue en kinders  Hulle het gevrees dat swart weerstand teen wit oorheersing in die toekoms sal toeneem  Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2) 3.1.6 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3A – V1]  Reserwe-ammunisie op te pas  Perde te versorg  Kook  Hout bymekaar maak  Gewere laai (Enige 3 x 1) (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
14 GESKIEDENIS (EC/NOVEMBER 2018) 3.1.7 [Evaluering van die bruikbaarheid van Bron 3A – V3] BRUIKBAAR  Hulle was as vegters/krygsmanne rolle gebruik  Hulle is bewapen  C.A. Cronje het bevestig dat hy aan sy agterryer ’n geweer gegee het en hy het aan vele gevegte deelgeneem  Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2) 3.2 3.2.1 [Verduideliking van historiese begrip uit Bron 3B – V1]  Die Boere magte het die dorp onder militêre beheer geplaas  Instelling van militêre beheer om Afrikaner beheer af te dwing  Enige ander relevante antwoord (1 x 2) (2) 3.2.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3B – V1]  Pieter Dreyer (1 x 1) (1) 3.2.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3B – V2]  Hy was anti-Republikeins  Wou hê die Britte moes die oorlog wen  Inligting aan die Britte aangaande die bewegings van die Boere verskaf  Enige ander relevante antwoord. (Enige 2 x 2) (4) 3.2.4 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3B – V1]  Boere-simpatiseerders het op hul beurt inligting van Esau se aktiwiteite aan die Boere-kommando verskaf (1 x 2) (2) 3.2.5 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3B – V1]  Hy is aan ’n boom vasgebind  In die openbaar geslaan  Tussen twee perde vasgemaak  Na die buitewyke van Calvinia gesleep (Enige 3 x 1) (3) 3.2.6 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3B – V2]  Vir sy toegewydheid aan die Britse leër  Hy het gespioeneer op die beweging van die Boere vir die Britte  Hy het tot die nederlaag van die Boere bygedra  Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2) 3.2.7 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3B – V2] (a)  Hartseer  Kwaad  Walglik  Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2) (b)  Verlig  Verheug  Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2018) GESKIEDENIS 15 3.3 3.3.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3C – V2]  Dit wys dat swartes bewapen was  Dit impliseer dat swart Suid-Afrikaners aktief aan die oorlog deelgeneem het  Dit wys dat hulle die Britse blokhuise bewaak het  Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2) 3.3.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3C – V2]  Swartes sal politieke regte in Suid-Afrika kry  Sou beter lewensomstandighede in Suid-Afrika kry  Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2) 3.4 [Vergelyking van bewyse uit Bron 3A en 3C]  Beide bronne wys dat swart soldate tydens die Suid-Afrikaanse Oorlog bewapen was  Bron 3A verklaar dat gewere aan swart Suid-Afrikaners gegee was Bron 3C wys dat swartes gewere het/bewapen was.  Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2) 3.5 [Interpretasie, evaluering en sintese van inligting uit bronne – V3] Kandidate kan van die volgende aspekte in hul antwoorde insluit:  Tydens die vroeë stadiums van die oorlog was die swartes nie bewapen nie (Bron 3A)  Gebruik as loopgrawers, spioene, agterryers, ens. (Bron 3A)  Betrokke in gevegte teen Boere (Bron 3B)  Abraham Esau het spioenasiewerk vir die Britte gedoen (Bron 3B)  Esau het sy lewe verloor vir sy bydrae in die oorlog (Bron 3B)  Swartes is bewapen om deel te neem aan die oorlog (Bron 3A en Bron 3C)  Gewapen om strategiese installasies soos blokhuise te bewaak (Bron 3C)  Na konsentrasiekampe gestuur (eie kennis)  Baie swartes sterf in die konsentrasiekampe (eie kennis)  Enige ander relevante antwoord Gebruik die volgende rubriek om ‘n punt toe te ken:  Gebruik bewyse op ’n elementêre wyse, bv. toon geen of min begrip oor die rol en ervarings van Swart Suid- PUNTE: VLAK 1 Afrikaners in die Suid-Afrikaanse Oorlog. 0–2  Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie ’n paragraaf skryf nie.  Bewyse meestal relevant en hou in ’n groot mate verband met die onderwerp, bv. toon begrip van die rol en ervarings van PUNTE: VLAK 2 Swart Suid-Afrikaners in die Suid-Afrikaanse Oorlog. 3–4  Gebruik bewyse op ’n basiese manier om ’n paragraaf te skryf.  Gebruik relevante bewyse bv. demonstreer ’n deeglike begrip van die rol en ervarings van Swart Suid-Afrikaners PUNTE: VLAK 3 in die Suid-Afrikaanse Oorlog. 5–6  Gebruik bewyse baie effektief in ’n georganiseerde paragraaf en toon begrip van onderwerp. (6) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
16 GESKIEDENIS (EC/NOVEMBER 2018) AFDELING B: OPSTELTIPE VRAE VRAAG 4: DIE OPKOMS VAN DIE BASOETO-KONINKRYK ONDER MOSHOESHOE [Beplan en konstrueer ’n oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante bewyse deur gebruik te maak van analitiese en interpretasie-vaardighede] SINOPSIS Kandidate moet verduidelik hoe Moshoeshoe ’n uitgeslape, maar wyse staatsman en ’n slim beplanner was. HOOFASPEKTE Kandidate kan die vogende aspekte in hulle antwoord insluit:  Inleiding: Kandidate moet ’n standpunt inneem en aandui op hulle saamstem of nie met die aanhaling. UITBREIDING  Moshoeshoe se diplomasie o Moshoeshoe was ’n slim, liefdevolle leier wat vir vlugtelinge ’n heenkome gegee het o Suidelike Sotho was verenig in ʼn nasie deur Moshoeshoe, ʼn leier met beide militêre en diplomatieke vaardighede o Hy het die bevreesde en angsbevange vlugtelinge verwelkom en beskerm o In sy hantering van Kora en Griekwa aanvalle het hy diplomasie en geweld gebruik o Hy koop sy vyande om met geskenke – vee o Verdedig sy mense deur na Thaba Bosiu toe te trek o Min roetes na die berg, met genoeg water om 3 000 mense sowel as vee te ondersteun o Toe ander groepe sien Moshoeshoe kon hul beskerming bied, het hulle by hom aangesluit  Mafisa o Moshoeshoe het vee aan verarmdes geleen o Hy help vlugtelinge deur die Mafisa-stelsel  Verhouding met trekboere o Moshoeshoe aanvaar die trekboere o Hy gee hulle die reg om sy grond te gebruik o Leef in vrede met hulle o Versigtig om geen dokumente te onderteken of geskenke van hulle te aanvaar nie o Wou verseker dat hulle nie later beweer dat hulle die grond gekoop het nie Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2018) GESKIEDENIS 17  Die Boere en Moshoeshoe o Moshoeshoe het sommige Boere toegelaat om as gaste in die Caledonvallei aan te bly o Handel tussen hulle het toegeneem o In ruil vir graan en vee het die Basotho’s gewere en buskruit gekry o Konflik tussen die Boere en Moshoeshoe het in 1840 begin toe die Boere beweer dat die grond wat hulle bewoon hul eiendom is  Moshoeshoe se verhouding met sy bure o Gebruik sy verhoudings met sy bure om sy koninkryk te versterk o Stuur soms beeste as geskenke aan Shaka in die hoop dat Shaka hom in vrede sou laat o Nadat hy die Ndebele verslaan het, het hy hulle goed behandel o Sendelinge genooi wat hom gehelp en adviseer het in sy handelinge met die wit mense o Na vele gevegte het Moshoeshoe in 1868 beskerming van die Britte gevra o Basoetoland het ’n Britse gebied geword, maar Moshoeshoe het steeds daarin geslaag om sy koninkryk te behou o Enige ander relevante antwoord  Slot: Kandidate moet hul argument met ’n relevante slot saamvat. Gebruik die rubriek op bladsy 6 om die opstelvraag te assesseer. [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
18 GESKIEDENIS (EC/NOVEMBER 2018) VRAAG 5: KOLONIALE UITBREIDING NA 1750 – SAMEWERKING EN KONFLIK OP DIE HOËVELD [Beplan en konstrueer ’n oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante bewyse deur gebruik te maak van analitiese en interpretasie vaardighede] SINOPSIS Kandidate moet krities die konflikte tussen die Boere, die Britte en Moshoeshoe en hoe dit opgelos is. HOOFASPEKTE Kandidate kan die volgende aspekte in hulle antwoord insluit: Inleiding: Kandidate kan agtergrond oor die opkoms van Moshoeshoe gee en sy vehouding met sy bure. UITBREIDING  Boere wat die Kaap verlaat het, het in kontak met Moshoeshoe gekom terwyl hulle na grond gesoek het om hulle te vestig  Bitter stryd om grond het tussen Moshoeshoe en die Boere onstaan  Redes vir konflik tussen Boere en Basotho o Konflik oor grond tussen die Caledon- en Oranjeriviere o Die mees vrugbare land was langs die Caledonrivier o Die Boere en Basotho het eers in vrede geleef o Teen 1830 was die Basotho onder druk geplaas deur verskillende groepe in die gebied o Boere-bevolking groei en so ook die eis vir nog grond  Pogings om konflik op te los o In 1843 het Napier en Moshoeshoe ’n Verdrag van Vriendskap onderteken o Boere was ontevrede en om konflik te vermy leen Moshoeshoe hulle grond o Spanning verhoog toe Boere dit as hul eiendom beskou o In 1950 het Majoor Warden nuwe grense, wat die Boere bevoordeel het bepaal – Warden-lyn  Moshoeshoe se reaksie teen die Warden-lyn  Wit setlaars ontvang feitlik al die grond wat hulle gevra het  Warden se plan was om te verdeel en om so te regeer  Die Warden-lyn was verwoestend vir die Basotho  Hulle verloor die meeste van hul vrugbare landbougrond  Moshoeshoe sou mag verloor oor duisende Basotho onderdane  Hy weier om die Warden-lyn te aanvaar  Veestropery duur voort en Moshoeshoe word blameer  In 1851 het Warden die Basotho aangeval, maar hy is by Viervoet verslaan  Dit was vernederend vir die Britte  In 1852 word die Basotho deur Cathcart aangeval  Die Britte word by Bereaberg verslaan  Moshoeshoe het ʼn brief aan Cathcart gestuur want hy wou vrede hê Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2018) GESKIEDENIS 19  Die Bloemfontein-Konvensie o Oranje-Vrystaat word onafhanklik o Gebiede tussen die Vaalriver en Oranjerivier word aan die Boere gegee o Moshoeshoe word nie in die besluit geken nie o Dit veroorsaak verdere konflik  Spanning neem toe tussen Moshoeshoe en die boere o In 1854 het die Basotho’s vee en perde van Boere se plase gestroop o Brittanje weier om verder wapens aan die Basotho te verkoop en dit verswak Moshoeshoe se koninkryk o In 1858 het die Oranje-Vrystaat oorlog teen die Basotho verklaar o Vredesverdrag geteken o In 1865 het die oorlog tussen die Basotho en Oranje-Vrystaat uitgebreek o Die Basotho’s het gewen maar groot verliese gely – Moshoeshoe wou vrede hê  Moshoeshoe onder Britse beheer o Moshoeshoe doen ’n beroep op Brittanje om hulp o Britte stem in om die Basotho koninkryk in 1868 oor te neem o Basotholand word geannekseer – en sy mense word Britse onderdane o Moshoeshoe sterf in 1870 en is op Thaba Bosiu begrawe o Enige ander relevante antwoord. Slot: Kandidate moet hul argument saamvat met ’n relevante slot. Gebruik die rubriek op bladsy 6 om die opstelvraag te assesseer. [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
20 GESKIEDENIS (EC/NOVEMBER 2018) VRAAG 6: SUID-AFRIKAANSE OORLOG EN UNIE – DIE NATURELLE GRONDWET VAN 1913 [Beplan en konstrueer ʼn oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante bewyse deur van analitiese en interpretasie vaardighede gebruik te maak] SINOPSIS Kandidate moet die verreikende gevolge wat die Naturelle Grondwet op swart Suid- Afrikaners gehad het bespreek. HOOFASPEKTE Kandidate moet die die volgende aspekte in hul respons insluit. Inleiding: Kandidate moet die stelling bespreek en wys hoe swart Suid-Afrikaners deur die Naturelle Grondwet van 1913 geaffekteer was. UITBREIDING  In 1913 het die nuwe wit parlement die Naturelle Grondwet geproklameer  Die hoofdoel van die Wet was om Suid-Afrika wettig in wit- en swartgebiede te verdeel  Om aan blanke boere meer grond te gee om op te boer en om swart arbeid geredelik vir wit boere, myne en nywerhede beskikbaar te maak  Hoofbepalings van die Wet o Swartmense wat 70% van die bevolking uitgemaak het, was tot 7–8% van die grond beperk o Witmense wat slegs 20% van die bevolking uitgemaak het, het 92–93% van die grond besit o Swartmense kon slegs binne ‘wit Suid-Afrika’ bly indien hulle wettiglik in diens geneem is o Op landelike gebiede kon hulle slegs woon as huurarbeiders, huurders of deelsaaiers  Ekonomiese gevolge van die Wet o Duisende swartmense is werkloos gelaat o Die wat nie wou werk nie, is van plase met hul lewende hawe weggejaag o Swartes was gedwing om lae betaalde of huurarbeiders te word o Meeste van die land wat aan swartes toegeken was, was nie geskik vir boerdery nie o Dit het beteken hulle moes werk soek om hul gesinne te onderhou o As gevolg van die wet kon swartes nie suksesvolle kommersiële boerdery beoefen nie wat kompetisie vir wit boere sou wees o Afrikane se lot was om werk te vind by mynmaatskappye en landhere waar hulle min betaal is Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2018) GESKIEDENIS 21  Sosiale gevolge van die Wet o Swartes was van plase af weggedryf met hul lewende hawe o Hulle het rondgedwaal in alle weersomstandighede o Die wet het ook bepaal dat dit verbode was om ’n hawelose swart mens ’n woonplek te gee en so ’n oortreding was strafbaar met ’n boete van 100 pond of ses maande gevangenisstraf o Die reservate was dikwels ver en oorbevolk o Toestande in reservate was haglik met gronderosie, wanvoeding en toenemende siektes o Hulle moes dikwels hul lewende hawe doodmaak of verkoop o Die grond wat aan swartes toegeken was, was onvoldoende  Reaksie teen die Naturelle Grond Wet o Stigting van die SANNC was die eerste opposisie teen die wet o Sol Plaatje en ander SANNC-lede het die toestande in die landelike gebiede ondersoek o Hulle het die ontberings gesien wat swartmense a.g.v. die wet moes verduur o Sol Plaatje en die SANNC het herhaaldelik versoek dat die wet herroep word o In 1914 het ’n delegasie van die SANNC na die eerste minister, Louis Botha gegaan om teen die wet te protesteer o Hul appél was onsuksesvol o Die SANNC het ook na Brittanje met hul versoek gegaan o Die poging was onsuksesvol aangesien Brittanje geweier het om in te meng o Die SANNC was gevorm om diskriminasie teen swart Suid-Afrikaners te beveg  Die Naturelle Grond wet as die voorloper van die apartheidstelsel o In 1923 het die Stedelike Gebiedewet segregasie afgedwing o In 1924 is die ‘beskaafde werkersbeleid’ uitgevaardig o In 1950 is die tuisland-beleid geskep o In 1950 is die Groepsgebiede Wet uitgevaardig wat gedwonge verskuiwing veroorsaak het o Hierdie wette het ’n negatiewe impak op die meerderheid van die bevolking gehad, terwyl dit slegs wittes bevoordeel het o Enige ander relevante antwoord Slot: Kandidate moet hul argument met ’n relevante slot saamvat. Gebruik die rubriek op bladsy 6 om die opstelvraag te assesseer. [50] TOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Published documents with matching subject and grade metadata.

Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

More from Grade 10 History

Explore more published documents in this catalogue.

View all