You're offline
Skip to content
Question paper

HISTORY QP GR10 NOV2018 Afr D

Subject: HistoryGrade 10201816 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 10 NOVEMBER 2018 GESKIEDENIS PUNTE: 150 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye en ʼn addendum van 11 bladsye.
2 GESKIEDENIS (EC/NOVEMBER 2018) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B wat op die voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is: DRIE brongebaseerde vrae onder AFDELING A en DRIE opstelvrae onder AFDELING B. AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE VRAAG 1: TRANSFORMASIE IN SUIDER-AFRIKA NA 1750 VRAAG 2: KOLONIALE UITBREIDING NA 1750 VRAAG 3: DIE SUID-AFRIKAANSE OORLOG EN UNIE AFDELING B: OPSTELVRAE VRAAG 4: TRANSFORMASIE IN SUIDER-AFRIKA NA 1750: DIE OPKOMS VAN DIE BASOETO-KONINGRYK ONDER MOSHOESHOE VRAAG 5: KOLONIALE UITBREIDING NA 1750: SAMEWERKING EN KONFLIK OP DIE HOËVELD VRAAG 6: DIE SUID-AFRIKAANSE OORLOG EN UNIE: DIE NATURELLE GRONDWET VAN 1913 2. AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gekry word. 3. AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae. 4. Beantwoord DRIE vrae soos volg: 4.1 Ten minste EEN moet ’n brongebaseerde vraag wees en ten minste EEN moet ’n opstelvraag wees. 4.2 Die DERDE vraag kan óf ’n brongebaseerde vraag óf ’n opstelvraag wees. 5. In die beantwoording van die vrae moet jy jou kennis, vaardighede en insig toepas. 6. Jy sal benadeel word deur die blote oorskryf van die bronne as antwoorde. 7. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik word. 8. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2018) GESKIEDENIS 3 AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie in hierdie afdeling. Bronmateriaal wat benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gevind word. VRAAG 1: HOE HET SHAKA SE KINDERJARE SY LEIERSKAP VAN DIE ZOELOE- NASIE BEÏNVLOED? Bestudeer Bron 1A, 1B en 1C en beantwoord die vrae hieronder. 1.1 Verwys na Bron 1A. 1.1.1 Wie, volgens die bron, was Shaka se vader? (1 x 1) (1) 1.1.2 Hoe, volgens die bron, het die Zoeloes op Nandi se swangerskap gereageer? (1 x 2) (2) 1.1.3 Gee bewyse uit die bron wat aandui dat Shaka nie die oorgeërfde opvolger sou wees nie. (1 x 2) (2) 1.1.4 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis om te verduidelik hoe Nandi se stelling dat Shaka haar klein vuurgloed was bewaarheid is.(2 x 2) (4) 1.1.5 Lewer kommentaar oor hoe Nandi tot die ontwikkeling van Shaka as ’n magtige leier bygedra het. (1 x 2) (2) 1.1.6 Haal bewyse aan uit die bron wat aandui dat Shaka moeilike kinderjare beleef het. (3 x 1) (3) 1.1.7 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis om die beste mentor wat Shaka uiteindelik sou voorberei vir sy leierskapsrol, te identifiseer. (1 x 2) (2) 1.2 Raadpleeg Bron 1B. 1.2.1 Wat, volgens die bron, was die eerste ding wat Shaka gedoen het, toe hy leier van die Zoeloes geword het? (1 x 2) (2) 1.2.2 Identifiseer die naam wat vir ’n regiment Zoeloe krygers gegee word. (1 x 2) (2) 1.2.3 Waarom, volgens die bron, het Shaka mense (opponente) doodgemaak? (2 x 1) (2) 1.2.4 Deur gebruik te maak van die inligting in die bron en jou eie kennis, verduidelik waarom die streek ’n onbewoonde, brandende puinhoop van krale geword het. (1 x 2) (2) 1.2.5 Definieer die begrip mite in jou eie woorde. (1 x 2) (2) 1.2.6 Volgens die bron, wat was die taak van die ‘lende’? (1 x 2) (2) 1.2.7 Lewer kommentaar oor waarom Shaka suksesvol was om ander stamme te verslaan. (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 GESKIEDENIS (EC/NOVEMBER 2018) 1.3 Bestudeer Bron 1C. 1.3.1 Identifiseer enige TWEE militêre wapens wat Shaka tydens sy gevegte gebruik het. Gebruik die visuele leidrade. (2 x 1) (2) 1.3.2 Gebruik jou eie kennis om te verduidelik waarom hy die kortsteel- assegaai ingebring het. (1 x 2) (2) 1.3.3 Deur gebruik te maak van die inligting in die bron en jou eie kennis, verduidelik waarom hy die eLangeni-stam eerste doodgemaak het. (2 x 2) (4) 1.4 Vergelyk Bron 1B en Bron 1C. Verduidelik hoe die inligting in Bron 1B die bewyse in Bron 1C ondersteun met betrekking tot die militêre taktieke wat Shaka in die opbou van die Zoeloe-nasie gebruik het. (2 x 2) (4) 1.5 Gebruik die inligting in die bronne en jou eie kennis en skryf ’n paragraaf van ongeveer SES reëls (ongeveer 60 woorde) waarin jy verduidelik hoe Shaka se kinderjare sy leierskap van die Zoeloe nasie beïnvloed het. (6) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2018) GESKIEDENIS 5 VRAAG 2: WAT WAS DIE IMPAK VAN BRITSE KOLONIALISME OP DIE BEVOLKING VAN DIE KAAPKOLONIE? Bestudeer Bron 2A, 2B en 2C en beantwoord die vrae wat volg. 2.1 Lees Bron 2A. 2.1.1 Waarom, volgens die bron, het die Britte besluit om beheer oor die Kaap te neem? (1 x 2) (2) 2.1.2 Definieer die term kolonialisme in jou eie woorde. (1 x 2) (2) 2.1.3 Watter nasie, volgens die bron, het die Kaap in 1652 gekoloniseer? (1 x 2) (2) 2.1.4 Gebruik jou eie kennis en verduidelik waarom die Khoi-Khoi gemeenskap verbrokkel het. (1 x 2) (2) 2.1.5 Lewer kommentaar oor die impak van kolonisasie op die inheemse mense van die Kaap. (2 x 2) (4) 2.1.6 Noem die Europese tegnologie wat aan die inheemse leiers bekendgestel is. (1 x 1) (1) 2.2 Raadpleeg Bron 2B. 2.2.1 Definieer die term vakleerlingskap in jou eie woorde. (1 x 2) (2) 2.2.2 Gebruik jou eie kennis en verduidelik waarom daar na Manisa as ’n ‘gewese slaaf’ verwys word. (1 x 2) (2) 2.2.3 Haal bewyse uit die bron aan wat bewys dat vroulike slawe ook mishandel was. (2 x 1) (2) 2.2.4 Verduidelik die bruikbaarheid van hierdie bron vir ’n historikus wat die emansipasie (vrystelling) van slawe, bestudeer. (2 x 2) (4) 2.2.5 Gebruik jou eie kennis en verduidelik waarom die Britte besluit het om die slawe vry te stel. (1 x 2) (2) 2.2.6 Deur gebruik te maak van die inligting in die bron, en jou eie kennis, verduidelik die positiewe gevolge van bevryding op die lewens van slawe. (2 x 2) (4) 2.2.7 Wie, volgens die bron, was Manisa se baas (meester)? (1 x 1) (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 GESKIEDENIS (EC/NOVEMBER 2018) 2.3 Gebruik Bron 2C. 2.3.1 Na watter kolonie verwys Piet Retief in die bron? (1 x 2) (2) 2.3.2 Lys TWEE klagtes wat deur Retief gemaak word as redes om die Kaapkolonie te verlaat. (2 x 1) (2) 2.3.3 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik waarom die Boere besluit het om die Kaap te verlaat, behalwe die bevryding van slawe. (2 x 2) (4) 2.3.4 Wie is die ‘rondlopers’ na wie Retief in paragraaf 1 van die manifes verwys? (1 x 2) (2) 2.3.5 Lewer kommentaar op die Voortrekkers se houding met betrekking tot hul toekoms in Suid-Afrika. (1 x 2) (2) 2.3.6 Haal ’n frase aan uit die bron wat aandui dat die Boere onafhanklik van die Britte wou wees. (1 x 2) (2) 2.4 Gebruik die inligting in die bronne en jou eie kennis en skryf ’n paragraaf van ongeveer SES reëls (ongeveer 60 woorde) waarin jy die impak van Britse kolonialisme op die bevolking van die Kaapkolonie, verduidelik. (6) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2018) GESKIEDENIS 7 VRAAG 3: WAT WAS DIE ROL EN ERVARINGS VAN SWART SUID- AFRIKANERS IN DIE SUID-AFRIKAANSE OORLOG (1899–1902)? Bestudeer Bron 3A, 3B en 3C en beantwoord die vrae wat volg. 3.1 Gebruik Bron 3A. 3.1.1 Identifiseer die primêre bevolkingsgroepe wat oorspronklik by die Suid- Afrikaanse Oorlog betrokke was. (2 x 1) (2) 3.1.2 Watter ander bevolkingsgroepe, volgens die bron, het ook ʼn rol in die oorlog gespeel? (4 x 1) (4) 3.1.3 Noem enige DRIE rolle wat swart Suid-Afrikaners in die oorlog gespeel het. (3 x 1) (3) 3.1.4 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis om te verduidelik waarom daar oorspronklik na hierdie oorlog as die ‘witmansoorlog’ verwys was. (2 x 2) (4) 3.1.5 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik waarom die Boere-kommando’s oorspronklik nie swartes wou bewapen nie. (1 x 2) (2) 3.1.6 Wat, volgens die bron, was die pligte van agterryers? (3 x 1) (3) 3.1.7 Verduidelik waarom ’n historikus die inligting in hierdie bron bruikbaar sal vind wanneer hy die rol van swart Suid-Afrikaners in die Suid-Afrikaanse Oorlog bestudeer. (1 x 2) (2) 3.2 Lees Bron 3B. 3.2.1 Definieer die begrip ‘krygswet’ in die konteks van die Suid-Afrikaanse Oorlog. (1 x 2) (2) 3.2.2 Noem die landdros by wie Abraham Esau om hulp gevra het. (1 x 1) (1) 3.2.3 Gebruik die bron en jou eie kennis en verduidelik waarom Abraham Esau ’n spioenasie-netwerk gestig het. (2 x 2) (4) 3.2.4 Haal bewyse uit die bron aan om te bewys dat daar ook op Abraham Esau gespioeneer was. (1 x 2) (2) 3.2.5 Hoe, volgens die bron, is Abraham Esau gemartel? (3 x 1) (3) 3.2.6 Gebruik die bron en jou eie kennis en verduidelik waarom die Britse weermag Abraham Esau vereer het. (1 x 2) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 GESKIEDENIS (EC/NOVEMBER 2018) 3.2.7 Verduidelik hoe die volgende mense op die dood van Abraham Esau sou reageer: (a) Pro-Britse simpatiseerders (1 x 2) (2) (b) Boere simpatiseerders (1 x 2) (2) 3.3 Verwys na Bron 3C. 3.3.1 Verduidelik die boodskap wat die foto oordra. Gebruik die visuele leidrade in die foto om jou antwoord te ondersteun. (1 x 2) (2) 3.3.2 Verduidelik waarom jy dink swartes gewillig was om aan die kant van die Britte te veg. (1 x 2) (2) 3.4 Vergelyk Bron 3A en Bron 3C. Verduidelik hoe die inligting in Bron 3A die bewyse in Bron 3C ondersteun met betrekking tot swart Suid-Afrikaners se bydrae tot die Suid-Afrikaanse Oorlog. (1 x 2) (2) 3.5 Gebruik die inligting in die bronne en jou eie kennis en skryf ’n paragraaf van ongeveer SES reëls (ongeveer 60 woorde) waarin jy die rol en ervarings van swart Suid-Afrikaners in die Suid-Afrikaanse Oorlog bespreek. (6) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2018) GESKIEDENIS 9 AFDELING B: OPSTELVRAE Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie afdeling. VRAAG 4: TRANSFORMASIE IN SUIDELIKE AFRIKA NA 1750 – DIE OPKOMS VAN DIE BASOETO-KONINGKRYK ONDER KONING MOSHOESHOE ‘Moshoeshoe is as ’n uitgeslape maar wyse staatsman en ’n slim beplanner beskryf.’ Stem jy saam met die hierdie stelling? Ondersteun jou antwoord met ʼn relevante voorbeelde. [50] VRAAG 5: KOLONIALE UITBREIDING NA 1750 – SAMEWERKING EN KONFLIK OP DIE HOËVELD ‘Die Hoëveld was na 1750 gekenmerk deur konflikte tussen die Boere, Britte en die Basoetoes.’ Bespreek die stelling krities. Ondersteun jou antwoord met relevante voorbeelde. [50] VRAAG 6: DIE SUID-AFRIKAANSE OORLOG EN UNIE – DIE NATURELLE GRONDWET VAN 1913 ‘Die Naturelle Grondwet van 1913 is binne drie jaar na die bewindsaanvaarding deur die Unieregering aanvaar, wat verreikende gevolge vir swart Suid-Afrikaners gehad het.’ Bespreek hierdie stelling en ondersteun jou antwoord met relevante bewyse. [50] TOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
  
 
  

 
  


Published documents with matching subject and grade metadata.

Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

More from Grade 10 History

Explore more published documents in this catalogue.

View all