You're offline
Skip to content
Addendum

HISTORY GR10 ADDENDUM NOV2018 Afr D

Subject: HistoryGrade 10201816 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 10 NOVEMBER 2018 GESKIEDENIS ADDENDUM PUNTE: 150 Hierdie addendum bestaan uit 11 bladsye.
2 GESKIEDENIS (EC/NOVEMBER 2018) VRAAG 1: HOE HET SHAKA SE KINDERJARE SY LEIERSKAP VAN DIE ZOELOE-NASIE BEÏNVLOED? BRON 1A Dié bron beskryf Shaka se kinderjare. Koningin Nandi, moeder van die magtige koning Shaka, was een van die magtigste enkelouers wat ooit geleef het. Toe dit aangekondig was aan Senzangakhona en die Zoeloe-stam dat Nandi swanger was, het die Zoeloes deur ’n senior naasbestaande van Senzangakhona geantwoord en gesê dat ‘die meisie’ nie swanger was nie, maar dat sy aan ’n maagkwaal ly wat deur die iShaka kewer veroorsaak is. Toe die Zoeloe-prins gebore is, het Nandi liefderyk na Shaka as haar klein vuurgloed verwys. Vanaf die geboorte van Shaka het Nandi vernedering, verwerping en kritiek ervaar. Vroue van die eLangeni stam het nie ’n geleentheid laat verbygaan om haar te verkleineer nie. Dit was gedoen omdat sy die praktyk van ‘Ukulalobongo’(om nie swanger te raak nie) nie gedoen het nie, en verwagtend met ‘n buite-egtelike seun geraak het. Shaka se geboorte was destyds as ’n grap beskou en het gepaard gegaan met ’n gespot en minagting. Alhoewel Senzangakhona vir Nandi as sy derde vrou gevat het, was Shaka nog steeds as ’n buite-egtelike seun behandel. Nandi het nooit ophou hoop in die lewe nie, sy was dapper, het nooit onder druk geswig nie en het haar eiewaarde geken. Sy het al hierdie waardes aan haar seun oorgedra, en hom gevorm om een van die magtigste leiers op ons kontinent te word. Nandi het altyd haar seun daaraan herinner dat, ten spyte van sy omstandighede, hy eendag die magtigste koning sal wees. Alhoewel sy vyandigheid, verwerping, belediging en vernedering moes verduur, het sy haar seun na die beste van haar vermoë grootgemaak en hom geleer om wilskrag te hê en om in sy roeping as koning te glo. Sy het grootgemaak om in die krag van eenheid te glo. Sy het haar lewe aan haar seun toegewy en probeer om die beste mentors vir haar seun te vind om hom vir sy toekomstige rol voor te berei. Die paartjie het uitmekaar gegaan toe Shaka ses jaar oud was, en Nandi het haar seun teruggeneem na haar stam, die eLangeni, toe, en hulle het tussen mense gebly wat Nandi geminag het. Shaka het sy kinderjare hier spandeer, onderwerp aan baie geterg en geboelie deur ander seuns van die stam. Hy het ʼn groot haat en afkeur vir die eLangeni mense ontwikkel. Hy wou eendag oor hierdie seuns heers wat hom tydens sy kinderjare afgeknou en bespot het. Weens sy moeilike kinderjare was Shaka steeds baie aggressief, selfs nadat hy almal wat hom as kind afgeknou het, doodgemaak het. Shaka het dit gehaat om by sy moeder se familie te bly, want hulle was soos uitgeworpenes behandel en kinders het hom meedoënloos geterg en na hom as die ‘vaderlose een’ verwys. In 1802 het die eLangeni stam vir Nandi uitgedryf en sy het uiteindelik skuiling by die magtige Mthetwa onder Dingaan gevind. [Uit hppss://www.geni.com/people/Nandi-kaBhebe…Mother… Toegang op 20 Junie 2018 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2018) GESKIEDENIS 3 BRON 1B Die bron hieronder beskryf hoe Shaka sy leër geherorganiseer het, wat daartoe gelei het dat hy al die stamme in sy omgewing kon verslaan. Toe Shaka oorneem as leier van die Zoeloes het hy eerstens die leer geherorganiseer. Die Zoeloes was met beesvelskilde en dunnerige gooispiese bewapen. Shaka het eers sy krygers opgelei om met ’n kort, breë lem steekspies, die iklwa, en ’n groter beesvelskild te veg, sodat hulle van naby teen die vyand moes veg. Hy het ook die klassieke ‘buffelhoring’ formasie ontwikkel: die bors-en-horing taktiek om die vyand te omsingel, wat die handelsmerk van die Zoeloes geword het. Die beskikbare regimente, die impi’s, was in vier groepe verdeel. Die sterkste, genoem die ‘bors’, het die vyand van voor af genader om hulle vas te pen, terwyl die ‘horings’ van die kante af die vyand omsingel en hulle van agter af aangeval het. ’n Reserwe, die ‘lende’ het naby gesit en wag, met hul rûe na die geveg toe sodat hulle nie onnodig opgewonde sou word nie en hulle kon dan gestuur word om enige gedeelte van die kring te versterk indien die vyand dreig om weg te breek uit die kring. Shaka het voortgegaan om die Zoeloe-leër te moderniseer en te vernuwe. Hy het nuwe wapens, regimentvorms en oorlogtaktieke ingestel. Hy het standaardmetodes ontwikkel, wat die Zoeloes in elke geveg gebruik het. Hy het eers al die klein stamme in sy omgewing verslaan, beginnende met die eLangeni. Binne twee jaar het Shaka sy grootste opposisie, die Ndwandwe en die Qwabe, verslaan en in ̓ʼn reeks veldtogte het hy alle stamme suid van die Zoeloe-gebied verslaan. Teen 1823 het die streek ʼn onbewoonde, brandende puinhoop van krale geword en alle oorlewendes het gevlug. Toe sy moeder oorlede is, is duisende van sy onderdane vermoor, sodat hul families saam met hom kon treur, volgens gerugte van handelaars van die tyd. Maar Shaka was merkwaardig suksesvol as ’n leier en was waarskynlik nie die tiran waarvoor hy uitgemaak is nie. Hy het foute begaan, soos alle leiers en hy het meestal slegs vir politieke redes doodgemaak en om sy onderdane te dissiplineer. Die hedendaagse Zoeloe-mense word nog steeds deur die feite en mites oor Shaka beïnvloed. [Uit https://www.thefamouspeople.com/profiles/shaka-8310.php. Toegang op 20 Junie 2018 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 GESKIEDENIS (EC/NOVEMBER 2018) BRON 1C Hierdie foto wys die militêre wapens wat bekend gestel en deur Shaka tydens sy oorloë gebruik was. [Uit www.harvard.edu/catalog.php?isbn=978067487&content=reviews. Toegang op 20 Junie 2018 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2018) GESKIEDENIS 5 VRAAG 2: WAT WAS DIE IMPAK VAN BRITSE KOLONIALISME OP DIE BEVOLKING VAN DIE KAAPKOLONIE? BRON 2A Hierdie bron beskryf hoe die aankoms van die Britte die lewens van die inheemse mense wat in die Kaap gewoon het, verander het. Die aankoms van die Britte aan die Kaap het die lewens van mense wat alreeds daar gewoon het, verander. Oorspronklik was die Britse besetting daarop gemik om die handelsroete na die Ooste te beskerm, maar die Britte het gou die potensiaal besef om die Kaap vir hul eie behoeftes te ontwikkel. Met kolonialisme, wat in 1652 in Suid-Afrika begin het, het slawerny en dwangarbeid ontstaan. Dit was die oorspronklike model van kolonialisme wat deur die Hollanders in 1652 gebring is, en vanaf die Wes-Kaap na die Afrikaner-republieke van die Oranje- Vrystaat en die Zuid-Afrikaanse Republiek uitgebrei is. Baie Suid-Afrikaners is afstammelinge van slawe wat na die Kaapkolonie vanaf 1653 tot 1822 gebring is. Die veranderinge aan die swart gemeenskappe het vinnig plaasgevind as gevolg van Europese koloniale beheer … Natuurlik was alle gemeenskappe nie ewe veel getransformeer nie. Sommige het weerstand teen die koloniale indringers, slawerny en dwangarbeid vir lang periodes gebied. Anders soos die Khoi-Khoi gemeenskappe van die Suid-Wes Kaap het binne die bestek van ̓ʼn paar dekades verbrokkel … Baie belangriker, handel met die Europeërs het die swart leiers toegang tot ̓n belangrike aspek van Europese tegnologie naamlik, vuurwapens verleen … Kortliks, die besit van vuurwapens het in ̓n statussimbool verander, en dit het ̓n manier geword om politieke mag te verkry. [Uit South African History Online: Toegang op 1 Junie 2018 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 GESKIEDENIS (EC/NOVEMBER 2018) BRON 2B In April 1914 is ̓n seldsame onderhoud met ̓n voormalige slaaf met die naam van Manisa in die Cape Weekly gepubliseer. Manisa was tien jaar oud toe slawerny beëindig is, maar was verplig om ̓n verdere vier jaar as ̓n onbetaalde vakleerling te dien. In 1835 was haar waarde op R934 vasgestel: dit was die bedrag wat haar eienaars as vergoeding vir die verlies van haar dienste as ̓n slaaf sou ontvang. Sy onthou: Nee, die dae van slawerny was nie goed nie. Vroue is in blokke geplaas en is ook gestraf deurdat swaar leer-oormuwwe, net soos die oogklappe van ̓n perd, oor hul ore gebind is … Een stormagtige nag toe sy 14 was, het Haupt [haar meester] in die kombuis ingekom en al drie vrouebediendes bymekaargeroep en vir hulle gesê hulle is vry. ‘Ons het nie geweet wat dit beteken nie, en so het die meester ons laat aanbly en kos gegee totdat ons όf nuwe plekke gekry het, όf weer deur hom in die diens geneem is en as bediendes betaal is’… Nadat die slawe bevry is en die vakleerlingskapstelsel begin is, en jy toe met ̓n nota na die naaste landdros gestuur is wat veronderstel was om albei kante se saak aan te hoor, maar die meeste van ons het gevind dat hulle ons ̓n pak slae sou gee sonder om die moeite te doen om vas te stel of ons reg of verkeerd was nie, en moes ons ons werk inhaal wanneer ons terug op die plaas gekom het, so ons het verkies dat die meester ons slaan en niks verder daaroor gesê nie; slegs na ̓n ruk sou ons vir onsself ̓n goeie baas kry, en dit is waar dit goed was om vry te wees … [Uit Echoes of Slavery deur J. Loos] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2018) GESKIEDENIS 7 BRON 2C Hierdie is ̓n uittreksel uit Piet Retief se manifes, wat uit ses punte bestaan het en wat die Boere se redes uiteensit vir hulle onttrekking uit die Kaapkolonie verlaat het. 1. Ons is wanhopig dat hierdie kolonie nie gered kan word van die euwels wat dit bedreig as gevolg van die bandelose en oneerlike optrede van rondlopers wat toegelaat word om die land oral te teister [ ̓n verwysing na die Khoi-Khoi wat nie meer passe hoef te dra nie]; verder sien ons geen moontlikheid van vrede en geluk vir ons kinders in ̓n land wat so deurmekaar is as gevolg van interne opstand nie. 2. Ons maak beswaar teen die groot verliese wat ons gedwing was om te ly as gevolg van die vrystelling van ons slawe … 3. Ons maak beswaar teen die aanhoudende stelsels van plundering wat ons nog altyd moes verduur van die Xhosas en ander gekleurde klasse, en veral die laaste inval in die kolonie wat die grensdistrikte verwoes het en die meeste van die inwoners geruïneer het. 4. Ons verlaat hierdie kolonie met die volle verstandhouding dat die Engelse regering niks meer van ons kan verwag nie, en ons sal toelaat om onsself in die toekoms sonder inmenging te regeer. 5. Ons is vasbeslote dat waar ons ook al gaan, ons die regverdige beginsels van vryheid sal handhaaf, en terwyl ons sal verseker dat niemand in ̓n staat van slawerny gehou sal word nie, dit ons voorneme is om regulasies te handhaaf wat misdaad sal onderdruk en behoorlike verhoudings tussen meester en onderdaan sal behou. 6. Ons verlaat nou die vrugbare land van ons geboorte waar ons enorme verliese en ergernisse gely het, en ons gaan ̓n wilde en gevaarlike gebied binne, maar ons doen dit met ̓n onwrikbare vertroue in die alsiende, regverdige en genadige Wese vir wie ons sal streef om te vrees en nederig te gehoorsaam. [Uit New Generation History by C.A. Stephenson et. al] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 GESKIEDENIS (EC/NOVEMBER 2018) VRAAG 3: WAT WAS DIE ROL EN ERVARINGS VAN SWART SUID- AFRIKANERS IN DIE SUID-AFRIKAANSE OORLOG (1899–1902)? BRON 3A Hierdie bron beskryf die rol wat swart Suid-Afrikaners gespeel het aan die kant van die Boere tydens die Suid-Afrikaanse Oorlog. Alhoewel die Suid-Afrikaanse Oorlog hoofsaaklik tussen die Britte en Boere was, het ander bevolkingsgroepe in Suid-Afrika, soos die Zoeloe, Xhosa, Bakgatla, Shangaan, Sotho, Swazi en Basoeto ook betrokke geraak in wat oorspronklik bekend was as die ‘witmansoorlog.’ Daar was ̓n ongeskrewe ooreenkoms tussen die leiers van die Boere en Britte dat die oorlog ̓n witmansoorlog sou wees en dat swartes nie vir die stryd bewapen sou word nie. Ten spyte hiervan is daar foto’s wat getuig van die deelname van swartes in beide vegtende en nie-vegtende rolle gedurende die oorlog. Swartes was vir verskeie rolle gebruik, soos loopgrawers, spioene, boodskapdraers, vee- stropers, bestuurders, werkers, spoorsnyers en om blokhuise te bou. Agterryers was óf gewerf deur die boere óf het vrywilliglik by die kommando’s aangesluit. Die Boere het agterryers gebruik om reserwe-ammunisie op te pas, die perde te versorg, hout bymekaar te maak en gewere te laai. In sy dagboek, het C.A. Cronje geskryf oor sy agterryer, Kleinbooi Salalana, en bevestig dat ̓n geweer aan hom gegee was en dat hy aan vele gevegte deelgeneem het. Kleinbooi was slegs vyftien jaar oud toe hy by die kommando’s aangesluit het, maar het dapperheid tydens hierdie gevegte getoon. [Uit http://samilitaryhistory.org/vol113nn.htmi. Toegang op 21 Junie 2018 verkry] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2018) GESKIEDENIS 9 BRON 3B Hierdie bron verwys na die verhaal van Abraham Esau wat aan die Suid-Afrikaanse Oorlog aan die kant van die Britte deelgeneem het. Baie swart mense (nie-blankes) soos Abraham Esau van Calvinia, het uitstaande dapperheid tydens die oorlog getoon. Teen 1900, was die bruinmense van Calvinia anti-Republikeins en pro-Brits. Esau het probeer om die plaaslike landdros, Pieter Dreyer, te oorreed om die bruin gemeenskap van gewere en ammunisie te voorsien, sodat hulle hulself kon verdedig teen aanvalle van die Boere-kommando’s. Esau en luitenant Preston, ̓n Britse agent, het later ̓n spioenasie-netwerk gestig. Esau het die dienste van plaaslike mense vir die intelligensie-netwerk gewerf. Sy netwerk van spioene en informante het inligting oor die Boere se bewegings verskaf en hierdie inligting is aan die Britse intelligensie- diens oorgedra. Boere-simpatiseerders het op hul beurt inligting van Esau se aktiwiteite aan die Boere-kommando verskaf. Op 9 Januarie 1901 het ʼn Boere-kommando Calvinia beset en krygswet is afgekondig. Later is Esau in hegtenis geneem en hy is ook gemartel. Hy is aan ̓n boom vasgebind en in die openbaar geslaan. Sy ontvoerders het ook probeer om inligting oor die spioenasie-netwerk van hom te verkry. Hy het nie sy samewerking gegee nie en dit het die lede van die kommando kwaad gemaak. Op 5 Februarie 1901 is hy tussen twee perde vasgemaak en na die buitewyke van Calvinia gesleep. Hy is daarna doodgeskiet. Esau se lyk is toe weer na Calvinia teruggebring. Die volgende dag, na die kommando se onttrekking uit Calvinia, is Esau met Britse weermag eerbewyse deur die Britse weermag begrawe. [Uit New Dictionary of South African Biography] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
10 GESKIEDENIS (EC/NOVEMBER 2018) BRON 3C Hierdie is ̓n foto van swart kommando’s wat aan die Britse kant tydens die Suid- Afrikaanse Oorlog geveg het. [Uit sahistory.org. Toegang op 21 Junie 2018 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2018) GESKIEDENIS 11 ERKENNINGS Visuele bronne en ander historiese bewyse is uit die volgende geneem. http://samilitaryhistory.org/vol113nn.html. https://www.geni.com/people/Nandi-kaBhebe…Mother… https://www.thefamouspeople.com/profiles/shaka-8310.php. Loos, J. 2004 Echoes of Slavery (Vivlia Publishers) New Dictionary of South African Biography sahistory.org South African History Online Stephenson, C.A. 2011 et al New Generation History (New Generations Publishers) www.harvard.edu/catalog.php?isbn=978067487&content=reviews. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
  
 
  



Published documents with matching subject and grade metadata.

Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

More from Grade 10 History

Explore more published documents in this catalogue.

View all