Skip to content

History Grade 10 P1 Eastern Cape November 2020 Addendum

AddendumHistoryGrade 10202012 pages

Grade 10 History Paper 1 addendum from the Eastern Cape November 2020 (Afrikaans), 12 pages. Read online or get the free PDF download.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 10 NOVEMBER 2020 GESKIEDENIS (WEERGAWE 1) ADDENDUM (EKSEMPLAAR) Hierdie addendum bestaan uit 12 bladsye.
2 GESKIEDENIS (ADDENDUM) (EC/NOVEMBER 2020) VRAAG 1: HOE HET SHAKA, DIE KRYGER, ’N MAGTIGE ZOELOE-KONINKRYK GEKONSOLIDEER? BRON 1A Hierdie onderstaade bron fokus op Shaka se opvoeding en hoe hy ʼn kryger geword het. Nandi en haar seun het toevlug in die Mhlathuze-vallei van die Langeni-volk gesoek. Hier het Shaka as ʼn vaderlose kind grootword, en was klaarblyklik die slagoffer van vernedering en wrede behandeling deur die Langeni-seuns. In daardie tyd was daar twee sterk mededingende Nguni-groepe, die Mthethwa gelei deur die opperhoof Dingiswayo, en die Ndwandwe onder leiding van die wrede Zwide ... Hy het dus in die hof van Dingiswayo grootgeword, wat hulle met vriendelikheid verwelkom het. Shaka het egter baie gely as gevog van die afknouery en lollery (terg) van die Mthethwa-seuns, wat ook sy aansprake op leierskap verafsku het. Namate hy tot manlikheid gegroei het, het Shaka nuwe talente en bekwaamhede begin ontdek. Uiterlik, was hy lank en kragtig gebou, en sy vaardigheid en waagmoed het hom ʼn natuurlike voordeel oor die jeugdiges in sy ouderdomsgroep gegee; innerlik, het hy ʼn dors na mag ontwikkel. Toe hy omtrent drie-en-twintig jaar oud was, is hy in een van die Mthethwa-regimente opgeneem waar hy ʼn bevrediging soos nooit vantevore ondervind het. Met die impi in die iziCwe-regiment het hy die kameraadskap gehad wat hy voorheen ontbreek het, terwyl die slagveld ʼn stadion verskaf het waarin hy sy talente en dapperheid (moed) kon demonstreer. Sy uitstaande dade van moed het die aandag van sy opperheer gelok en namate hy vinnig in Dingiswayo se leër opgang gemaak het, het hy een van sy voorste bevelvoerders geword ... Terwyl hy in die Mthethwa-weermag was, was Shaka oorweldig (vasgevang) met probleme van strategie en oorlogvoeringstaktieke, en Dingiswayo het baie bygedra tot Shaka se latere prestasies in oorloë. Militarisme was daarna ʼn lewenswyse vir hom, en een wat hy op duisende ander sou toepas. [Uit https://www.sahistory.org.za/people/shaka-zulu. Toegang 18 November 2020 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020 GESKIEDENIS (ADDENDUM) 3 BRON 1B Die onderstaade bron beskryf hoe Shaka sy koninkryk opgebou het. KwaBulawayo. Shaka se eerste hoofstad was op die oewer van die Mhodi, ʼn klein sytak (tak) van die Mkhumbanerivier in die Babanango-distrik. Hy het sy groot vesting KwaBulawayo (‘by die plek van die moord’) genoem. Namate sy koninkryk gegroei het, het hy ʼn veel groter KwaBulawayo gebou, ... Ekonomiese en sosiale veranderinge: Die ontwikkeling van die militêre stelsel het groot ekonomiese en sosiale veranderinge veroorsaak. Dat soveel jeugdiges by die koninklike- barakke gekonsentreer was, het gelei tot ʼn massiewe oordrag van ekonomiese potensiaal na ʼn gesentraliseerde staat. Die vee-rykdom van die hele gemeenskap dwarsdeur die koninkryk is egter aansienlik verbeter; alhoewel die meeste van die kuddes deur die koning en sy hoofmanne en indunas besit is, het almal in die trots wat deur die grootheid van die koninklike kuddes meegebring is gedeel, asook die trots om aan die ongeëwenaarde militêre mag van die Zoeloe te behoort. Gevolge van Shaka se oorloë: Sy oorloë het gepaard gegaan met groot slagting en het baie migrasies veroorsaak. Die gevolge daarvan was selfs ver noord van die Zambezirivier gevoel. Omdat hulle Shaka gevrees het, het leiers soos Zwangendaba, Mzilikazi en Shoshangane noordwaarts ver in die sentraal-Afrikaanse binneland ingetrek en op hul beurt oorlog en verwoesting gesaai voordat hulle hul eie koninkryke ontwikkel het. Sommige skat dat Shaka tydens sy bewind die dood van meer as ʼn miljoen mense veroorsaak het. Shaka se oorloë tussen 1818 en 1828 het bygedra tot ʼn reeks gedwonge migrasies bekend in verskeie dele van Suidelike-Afrika as die Mfecane, Difaqane, Lifaqane of Fetcani. Groepe vlugtelinge van Shaka se aanvalle, eers Hlubi en Ngwane- stamme, later gevolg deur die Mantatees en die Matabele van Mzilikazi, het die Drakensberge aan die weste oorgesteek en kapteinskappe wat in hul pad gestaan het, verwoes. Hongersnood en chaos het na die algehele uitwissing (moord) gevolg ... Ou kapteinskappe het verdwyn en nuwes is geskep. [Uit: https://www.sahistory.org.za/people/shaka-zulu. Toegang op 18 November 2020 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 GESKIEDENIS (ADDENDUM) (EC/NOVEMBER 2020) BRON 1C Hierdie artikel handel oor Shaka se reaksie op die aankoms van witmense in Port Natal. Teen die tyd dat die eerste wit handelaars in 1824 by Port Natal aangekom het, was Shaka in beheer van ʼn gesentraliseerde monargie, wat oor die hele oostelike kusgordel van die Pongolarivier in die noorde tot by die lande buite die Tugela in die suide gestrek het. Daardie jaar het Henry Francis Fynn en Francis Farewell Shaka besoek ... Shaka het die wit handelaars die mees gunstelingste behandeling gegee, grond aan hulle gesedeer (gegee) en hulle toegelaat om ʼn nedersetting by Port Natal te bou. Hy was nuuskierig oor hul tegnologiese ontwikkelings, was angstig om baie meer oor oorlogvoering te leer en hy was veral geïnteresseerd in die kultuur wat hulle verteenwoordig het. Verder was hy waaksaam oor die voordele wat hulle handel aan hom kon bring. In 1826, ten einde nader en meer toeganklik aan die setlaars by Port Natal te wees, het Shaka ʼn groot militêre barakke by Dukuza gebou, (‘die plek waar ʼn mens verlore raak’) ... Gedurende sy leeftyd was daar geen konflikte tussen die wit mense en die Zoeloes nie, aangesien Shaka nie onverwagse botsings met die militêre magte van die Kaapse koloniale regering wou ontketen nie. H F Fynn, wat hom goed geken het, het hom intelligent en dikwels bewonderenswaardig (vriendelik) gevind, en het geleethede genoem wat geen twyfel gelaat het dat Shaka in staat was tot vrygewigheid. Bevry van die beperkings wat die meeste hoofmanne beperk het, het Shaka as ʼn onbetwiste, almagtige heerser opgetree. ʼn Wrede tiran, hy het mans tereggestel met ʼn wink van sy kop. Die lojaliteite van sy mense was erg gespanne namate die gereelde wreedhede van hulle groot koning geleidelik toegeneem het. [Uit https://www.sahistory.org.za/people/shaka-zulu. Toegang 20 November 2020 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020 GESKIEDENIS (ADDENDUM) 5 BRON 1D Hierdie portret is ʼn skildery van ʼn Zoeloe-kryger gedurende Shaka se heerskappy. [Uit https://www.google.com/search?q=shaka%20zulu% 20warrior&tbm =isch&tbs=rimg: Cfs1gVAfwZN9Y RxRlzuPdzl6&hl=en&sa=X&ved=0CBsQuIIBahcKEwigqIy74pLtAhUAAAAAHQAAAAAQEA&biw=1235&bi h=597#imgrc=cWzkniEjtqUDdM. Toegang 20 November 2020 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 GESKIEDENIS (ADDENDUM) (EC/NOVEMBER 2020) VRAAG 2: HOE HET BRITSE KOLONIALISME DIE LEWENS VAN DIE INWONERS VAN DIE KAAPKOLONIE, BEÏNVLOED? BRON 2A Hierdie bron fokus op Nongqawuse se profesie aan die Xhosa-mense. Nongqawuse, ... was ʼn profetes van die Groot Xhosa-slagting van 1856–1857. Nongqawuse was 'n weeskind wat saam met haar oom Mhlakaza by die Gxarha-rivier in onafhanklike Xhosa-land gewoon het ... Eendag in April 1856 het sy haar huishouding ingelig dat sy twee onbekende geeste van ʼn ander wêreld teëgekom het wat vir haar gesê het dat die hele nasie uit die dood sou opstaan mits die Xhosa al hul beeste geslag en al hul koring vernietig het. Die rede wat gegee is, was dat mense en diere deur towery besoedel (bederf) is en dat die lewendes hulself moet reinig van alle besmetting (onreinheid) sodat nuwe mense en suiwer beeste sou opstaan. Nongqawuse se profesieë was verwelkom deur die oorweldigende meerderheid van die Xhosa-mense ... Nog erger, hulle het gesien hoe hul beeskuddes afgemaai (doodgemaak) was deur 'n uitheemse siekte van bees longsiekte, en dus het hulle geloofwaardigheid (vertroue) aan die profetiese boodskap gegee dat, “hulle is boos en dat alles wat aan hulle behoort sleg is”. ʼn Klein minderheid Xhosas, bekend as amagogotya (suiniges) het geweier om te slag en hierdie weiering is deur Nongqawuse gebruik om die mislukking van die profesie oor 'n tydperk van vyftien maande (April 1856–Junie 1857) te regverdig. [Uit xhosaculture.co.za/nongqawuse-xhosa-cattle-killings-1856-57/. Toegang 21 Januarie 2020 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020 GESKIEDENIS (ADDENDUM) 7 BRON 2B Hierdie artikel omskryf Ordonansie 50 en die gevolge daarvan op die lewens van die mense in die Kaapkolonie. Soms die ‘Magna Carta van die Bruinmense’ genoem, het hierdie wet (Ordonnansie 50) in 1828 ‘Hottentotte en ander vrye persone van kleur’ dieselfde regte as blankes in die Kaapkolonie gegee. Toe die Nederlanders hulle in 1652 aan die Kaap gevestig het, was die inheemse mense wat hulle in die omgewing gevind het, Khoi-khoi (voorheen Hottentotte genoem). Volgens die wet was hierdie mense vry ... Met verloop van tyd het baie Khoi-khoi hul beeste en ekonomiese onafhanklikheid verloor en arbeiders vir blankes geword. Met verloop van tyd, is ʼn groeiende groep mense van gemengde afkoms (blankes, Khoi-khoi en slawe) geskep waarby bevryde slawe ook aangesluit het ... Gelyktydig met die Britse besetting van die Kaap in die 1790’s, het sendelinge, vars uit Brittanje wat reeds by die anti-slawerny beweging betrokke was, opgedaag om met hierdie einste mense te begin werk. Vir die volgende paar dekades het hulle die stryd om diskriminasie en uitbuiting te verlig, gelei. Oor die algemeen wou die Britse koloniale amptenare moeilikheid van die wit setlaars vermy en was huiwerig (twyfelagtig) om aksie te neem ... Sendelinge het egter steeds gekla oor misbruik en die ongelykheid wat die ‘Kleurling Mense’ gely het. ... Ordonnansie 50 was die resultaat. Dit het verklaar dat ‘Hottentotte en ander vrye persone van kleur’ voortaan nie aan enige wette onderhewig sou wees waaraan wittes ook onderhewig was nie, insluitend die ‘ronddwaal’-praktyke en pasvereistes. Vryheid om te beweeg en vryheid om grond te besit is eksplisiet (duidelik) verorden. Dit het dus enige rassediskriminerende wetgewing verbied (gestaak) en gelykheid voor die wet bepaal (verklaar) ... [Uit smu-facweb.smu.ca/~wmills/course322/50th_Ordinance.html. Toegang 24 Januarie 2020 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 GESKIEDENIS (ADDENDUM) (EC/NOVEMBER 2020) BRON 2C Die volgende bron fokus op die oorsake van die Groot Trek. Die Groot Trek was ʼn massiewe (groot) beweging – Groot Reis of migrasie van die ontevrede Afrikaners. Die Afrikaners (Boere en hul diensknegte) van die Kaapkolonie het in die binneland van Suid-Afrika ingetrek om ʼn vrye veilige hawe te kry, aangesien hulle ook gehoop het om ʼn plek van hul eie te stig, vry van Britse invloed en inmenging ... Hulle het ook wegbeweeg van die koloniale administrasie van die Britte en diegene wat getrek het was semi-nomadiese pastoraliste wat tussen 1830–1840’s groot dele van grond wou hê. Die beweging van die Boere het effens meer as 14 000 mense betrek wat nedersettings van hul eie wou vestig ... Toe die Britte hulle aan die Kaap gevestig het, het hulle met Verengelsing begin en die gebied het ʼn Britse kolonie geword. Die Boere is gedwing om Engels as ʼn amptelike taal te aanvaar wat sommige onsteld oor was en baie ongelukkig gemaak het. ... Toe die Britte aan die Kaapkolonie kom, het hulle die Swartes bevoordeel, die swart Kringhowe bekend gestel waar Swartes hul Boeremeesters kon dagvaar ... Die Britte het die 50ste Ordonnansie in 1828 bekendgestel. Die Ordinansie het Swartes bevoordeel om te werk vir die mense wat hulle vrywillig gekies het. Die rol van Christelike sendelinge het gelei tot die ontevredenheid van die Boere wat nou ontevrede met die sukses van laasgenoemde se werk was. Die slawehandel en slawerny is in 1834 in die Kaapkolonie afgeskaf ... Daar was ook grondtekort as gevolg van oor bevolking, wat die Boere gedwing het om weg te beweeg ... Die Boere het hulself as ʼn uitverkore ras van God beskou. Hulle wou nie met die Swartes meng nie. [Uit https:/mubulahistory.blogspot.com/2016/12/causes-of-great-trek.html. Toegang 24 Januarie 2020 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020 GESKIEDENIS (ADDENDUM) 9 BRON 2D Hierdie foto toon Nongqawuse met haar mede-profetes, Nonkosi. [Uit www.sahistory.org.za. Toegang op 20 November 2020 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
10 GESKIEDENIS (ADDENDUM) (EC/NOVEMBER 2020) VRAAG 3: HOE HET DIE SUID-AFRIKAANSE OORLOG DIE LEWENS VAN BEIDE DIE BOERE EN SWART SUID-AFRIKANERS TYDENS DIE JARE 1899–1902 BEĪNVLOED? BRON 3A Die volgende artikel fokus op die betrokkenheid van swart bevolkingsgroepe in die Anglo- Boereoorlog van 1899 tot 1902. “Die Suid-Afrikaanse Oorlog het op 11 Oktober 1899 tussen die twee voormalige Boere republieke (Transvaal en die Oranje-Vrystaat) en die Britte uitgebreek. Maar oorlog raak die lewens van alle inwoners van die geaffekteerde land en dit sal onaanvaarbaar wees om nie die baie maniere waarop dit die lewens van die swart bevolkingsgroepe vernietig het, insluitend die Khoi, San, Zoeloe, Xhosa, Tsonga, en Swati, te erken nie. Óf hul rol vrywillig óf onwillekeurig was; vegter of nie-vegter, sou ons ons geskiedenis ʼn onreg aandoen as ons hulle uit hierdie oorlog sou verwyder. Swartmense was met dwang opgeroep en as slawe en diensknegte as verkenners, boodskappers, wagters in blokhuise, stuur hardlopers, veeteelers, loopgraafgrawers, drywers, arbeiders, agterryers en hulpdienste, gebruik. Die agterryers is deur die Boere gebruik om ammunisie te bewaak, te kook, brandhout te versamel, perde reg te maak en vuurwapens vir die stryd te laai. Dit is belangrik om daarop te let dat hulpdienste ook in gevegte gebruik is, duidelik in sommige van die foto's wat tydens die oorlog geneem is. Minstens 15 000 swartes is deur die Britte as vegters gebruik en ook deur beide Britte en Boere as wabestuurders gebruik." [Uit https://www.religiousleftlaw.com/2017/05/black-african-concentration-camps-in-the-second-anglo- boer-war-11-october-1899-31-may-1902.html. Toegang 17 November 2020 verkry.] BRON 3B Hierdie uittreksel beskryf die toestande in die konsentrasiekampe. 30 Mei 1902 is die datum waarop die dood van minstens 15 000 Swartes in konsentrasiekampe wat gedurende die Tweede Anglo-Boereoorlog ongeveer 115 000 van hulle gehuisves het, aandui (26,370 Boerevroue en kinders het in afsonderlike ‘konsentrasiekampe’ gesterf en daardie kampe het Swart diensknegte’) ingesluit. Die datum is betekenisvol omdat dit die dag voor die ondertekening van die “vredesooreenkoms,” die Verdrag van Vereeniging, by Melrose House in Pretoria op 31 Mei 1902, kom. Latere skattings plaas die getal op ongeveer 20,000 Swartes, waarvan die meerderheid kinders was, met die oorsake van dood hoofsaaklik mediese verwaarlosing, blootstelling, aansteeklike siektes (bv. masels, kinkhoes, tifoonkoors, diftheria en disenterie) en wanvoeding. Die stigting van hierdie kampe was maar een deel van die “Verskroeide Aarde-beleid” wat deur die Britse bevelvoerder Lord Kitchener tydens die Suid-Afrikaanse Oorlog (‘eens die laaste gentleman’s war’) aanvaar is as ʼn teenmaatreël vir die Boere se guerrilla-strategie wat aan die einde van 1900’s ingestel is. [Uit https://www.religiousleftlaw.com/2017/05/black-african-concentration-camps-in-the-second-anglo- boer-war-11-october-1899-31-may-1902.html. Toegang 17 November 2020 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020 GESKIEDENIS (ADDENDUM) 11 BRON 3C Hierdie bron toon Emily Hobhouse, ʼn uitgesproke kritikus van die Britse buitelandse beleid se bevindinge oor die toestande in die konsentrasiekampe vir vroue en kinders. Lizzie van Zyl was ʼn tingerige (skraal), swak kind wat desperaat ʼn behoefte aan goeie sorg nodig gehad het. Maar omdat haar ma egter een van die ‘ongewenstes’ was as gevolg van die feit dat haar pa nóg oorgegee of sy mense verraai het. Lizzie is op die laagste rantsoene geplaas en so byna vergaan van honger dat sy ná ʼn maand in die kamp na die nuwe klein hospitaal oorgeplaas is. Hier was sy sleg behandel. Die kwaadgesinde Engelse dokter en sy verpleegsters het nie haar taal verstaan nie omdat sy nie Engels kon praat nie, en het haar as ʼn idioot bestempel hoewel sy geestelik geskik en normaal was ... Sy vat die redes vir die hoë sterftesyfer saam, en skryf: “Getalle wat in klein tente opgehoop is: sommige siek, sommige besig om te sterwe, soms ʼn dooie een onder hulle; klein rantsoene wat rou uitgedeel word; die gebrek aan brandstof om dit te kook; gebrek aan water om te drink, vir kook, vir wasgoed; gebrek aan seep, borsels en ander instrumente van persoonlike higiëne; gebrek aan beddegoed of beddens om die liggaam van die koue aarde weg te hou; gebrek aan klere vir warmte en in baie gevalle vir ordentlikheid ....” Haar gevolgtrekking is dat die hele stelsel wreed is en afgeskaf moet word. [Uit https://www.sahistory.org.za/topic/women-children-white-concentration-camps-during-anglo-boer-war- 1900-1902. Toegang op 12 Februarie 2020 verkry.] BRON 3D Hierdie foto toon die Swart konsentrasiekampe tydens die Tweede Anglo-Boereoorlog (11 Oktober 1899–1902). [Uit https://www.religiousleftlaw.com/2017/05/black-african-concentration-camps-in-the-second-anglo- boer-war-11-october-1899-31-may-1902.html. Toegang op 17 November 2020 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
12 GESKIEDENIS (ADDENDUM) (EC/NOVEMBER 2020) ERKENNINGS Visuele bronne en ander historiese bewyse is verkry uit die volgende: https://www.sahistory.org.za/people/shaka-zulu. https://www.bing.com/images/search?q=shaka+zulu&FORM=HDRSC2. https://www.google.com/search?q=shaka%20zulu%20warrior&tbm=isch&tbs=rimg:Cf s1gVAfwZN9YRxRlzuPdzl6&hl=en&sa=X&ved=0CBsQuIIBahcKEwigqIy74pLtAhUAA AAAHQAAAAAQEA&biw=1235&bih=597#imgrc=cWzkniEjtqUDdM. smu-facweb.smu.ca/~wmills/course322/50th_Ordinance.html https:/mubulahistory.blogspot.com/2016/12/causes-of-great-trek.html www.sahistory.org.za. https://www.sahistory.org.za/article/role-black-people-south-african-war. https://www.religiousleftlaw.com/2017/05/black-african-concentration-camps-in-the- second-anglo-boer-war-11-october-1899-31-may-1902.html. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 10 History

View all