Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 10
NOVEMBER 2020
GESKIEDENIS (WEERGAWE 2)
(EKSEMPLAAR)
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye en ʼn addendum van 13 bladsye.
Skip to contentAll 2020 papers 

/HISTORY%20P2%20GR%2010%20NOV2020%20MEMO%20Afrikaans--bb5e6e0c-b600-4321-b92b-3bb58ac61341/v1-e1edbbb952834b80e42d/card.webp)



View all





History Grade 10 P2 Eastern Cape November 2020 QP (Afr)
Grade 10 History Paper 2 question paper from the Eastern Cape November 2020 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.
History · Grade 10 · Eastern Cape November · 2020 · Afrikaans. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 10
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2020
- Exam period
- Eastern Cape November
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 9
- File size
- 221.3 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 9
This exam
Eastern Cape November 2020
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 GESKIEDENIS V2 (EC/NOVEMBER 2020)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B, wat op die
voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is.
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
VRAAG 1: TRANSFORMASIE IN SUIDELIKE AFRIKA NA 1750
VRAAG 2: KOLONIALE UITBREIDING NA 1750
VRAAG 3: SUID-AFRIKAANSE OORLOG EN UNIEWORDING
AFDELING B: OPSTELVRAE
VRAAG 4: TRANSFORMASIE IN SUIDELIKE AFRIKA NA 1750: DIE
OPKOMS VAN DIE SOTHO-KONINKRYK ONDER KONING
MOSHOESHOE
VRAAG 5: KOLONIALE UITBREIDING NA 1750: SAMEWERKING EN
KONFLIK OP DIE HOËVELD
VRAAG 6: SUID-AFRIKAANSE OORLOG EN DIE UNIE: DIE NATURELLE
GRONDWET VAN 1913
2. AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat
benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gevind
word.
3. AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae.
4. Beantwoord DRIE vrae soos volg:
4.1 Minstens EEN moet ’n brongebaseerde vraag wees en minstens EEN
moet ’n opstelvraag wees.
4.2 Die DERDE vraag kan όf ʼn brongebaseerde vraag όf ʼn opstelvraag
wees.
5. Jy word aangeraai om ten minste EEN uur per vraag te spandeer.
6. In die beantwoording van die vrae moet jy jou kennis, vaardighede en insig
toepas.
7. Jy sal benadeel word deur die blote oorskryf van die bronne as antwoorde.
8. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik word.
9. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020) GESKIEDENIS V2 3
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae in hierdie
afdeling nie. Bronmateriaal wat benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan
in die ADDENDUM gevind word.
VRAAG 1: HOE HET SHAKA OPGANG GEMAAK AS ‘N MAGTIGE
ZOELOE-LEIER?
Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg.
1.1 Verwys na Bron 1A.
1.1.1 Wanneer, volgens die bron, het Shaka die hoof van die Zoeloes
geword? (1 x 1) (1)
1.1.2 Waarom, volgens die bron, het Shaka besluit om die kort spies te
gebruik? (1 x 2) (2)
1.1.3 Noem hoe Shaka bewys het dat hy 'n briljante militêre organiseerder
was. (1 x 2) (2)
1.1.4 Gee ‘n konsep vir die ‘destabilisering van die streek wat gelei het
tot 'n groot golf migrasies deur ontwortelde stamme’. (1 x 2) (2)
1.1.5 Hoe het die Zoeloe-nasie so vinnig onder Shaka se leierskap
gegroei? (1 x 2) (2)
1.2 Raadpleeg Bron 1B.
1.2.1 Hoe, volgens die bron, het Shaka sy reputasie as die 'Swart
Napoleon' gekry? (2 x 1) (2)
1.2.2 Identifiseer die wapens wat Shaka besluit het om nie meer te
gebruik nie. (2 x 1) (2)
1.2.3 Met watter Europese leier is Shaka vergelyk? (1 x 1) (1)
1.2.4 Identifiseer TWEE items waarna Henry Francis en sy party gesoek
het. (2 x 1) (2)
1.2.5 Lewer kommentaar op die vriendskap tussen Shaka en Henry
Francis Fynn en sy geselskap (mense by hom). (2 x 2) (4)
1.2.6 Watter land word deur die Union Jack verteenwoordig? (1 x 1) (1)
1.2.7 Gebruik die bron en jou eie kennis om te verduidelik hoe Shaka
daarin geslaag het om sy ryk te konsolideer. (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 GESKIEDENIS V2 (EC/NOVEMBER 2020)
1.3 Bestudeer Bron 1C.
1.3.1 Wanneer, volgens die bron, is Shaka gebore? (1 x 1) (1)
1.3.2 Wat, volgens die bron, was die rede vir Senzangakhona om sy
seun (Shaka) uit sy stam te verbied? (1 x 2) (2)
1.3.3 Haal ʼn bewys uit die bron aan wat Shaka se dapperheid toon.
(1 x 2) (2)
1.3.4 Gee die name van Shaka se ouers. (2 x 1) (2)
1.4 Raadpleeg Bron 1D.
1.4.1 Wat dink jy was die bedoeling van die kunstenaar toe hy hierdie
prent geteken het? (2 x 2) (4)
1.4.2 Gebruik die bron en jou eie kennis om te verduidelik hoe 'n Zoeloe-
man vandag sou voel indien hy hierdie tekening sou sien. (2 x 2) (4)
1.5 Vergelyk Bron 1C met Bron 1D. Verduidelik hoe die inligting in Bron 1C die
getuienis in Bron 1D weerspreek met betrekking tot die militêre taktieke wat
Shaka gebruik het om die Zoeloe-nasie op te bou. (2 x 2) (4)
1.6 Gebruik die inligting in die bronne en jou eie kennis en skryf ʼn paragraaf
van ongeveer SES reëls (ongeveer 60 woorde) waarin jy verduidelik hoe
Shaka opgang gemaak het as ‘n magtige Zoeloeleier. (6)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020) GESKIEDENIS V2 5
VRAAG 2: WAT WAS DIE IMPAK VAN BRITSE KOLONIALISME OP DIE
BEVOLKING VAN DIE KAAPKOLONIE?
Bestudeer Bron 2A, 2B, 2C en 2D beantwoord die vrae wat volg.
2.1 Lees Bron 2A.
2.1.1 Wat, volgens die bron, was die voorvaderlike profesieë wat na
bewering (vermoedelik) deur die 'voorouers' aan Nongqawuse
gegee is?
(2 x 1) (2)
2.1.2 Noem wat die verhouding tussen Mhlakaza en Nongqawuse was.
(1 x 1) (1)
2.1.3 Lewer kommentaar op, ‘Sy het teruggekeer en die probleem in haar
mond gedra’. (2 x 2) (4)
2.1.4 Waar het Nongqawuse die 'voorouers' ontmoet? (1 x 1) (1)
2.1.5 Na watter nasie word in die bron verwys as 'die onskuldige nasie
van Phalo’? (1 x 1) (1)
2.1.6 Noem of Nongqawuse se profesie waar geword het of nie. (1 x 2) (2)
2.2 Raadpleeg Bron 2B.
2.2.1 Watter wet, volgens die bron, is deur Ordonnansie 50 herroep
(gekanselleer)? (1 x 1) (1)
2.2.2 Identifiseer die positiewe gevolge van Ordonnansie 50 vir die
Hottentotte. (4 x 1) (4)
2.2.3 Lewer kommentaar op waarom jy dink die Britse owerhede besluit
het om Ordonnansie 50 deur te voer. (2 x 2) (4)
2.2.4 Identifiseer die enigste tekortkoming van Ordonnansie 50. (1 x 1) (1)
2.3 Gebruik Bron 2C.
2.3.1 Gebruik die bron en jou eie kennis om die konsep Die Groot Trek te
definieer. (1 x 2) (2)
2.3.2 Noem VIER klagtes, soos in die bron vervat, wat deur die Boere as
redes aangevoer is waarom hul die Kaapkolonie verlaat het. (4 x 1) (4)
2.3.3 Wat is die ander naam wat aan Ordonnansie 50 gegee is? (1 x 1) (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 GESKIEDENIS V2 (EC/NOVEMBER 2020)
2.3.4 Wanneer het grondpryse toegeneem? (1 x 2) (2)
2.3.5 Lewer kommentaar op die redes waarom grond die oorsaak van
konflik tussen die Boere en die Xhosas in die Kaap was. (2 x 2) (4)
2.3.6 Noem EEN trekleier wat ook ʼn slawe-eienaar was. (1 x 1) (1)
2.4 Gebruik Bron 2D.
2.4.1 Noem waarom die Groot Trek in 1938 herdenk is. (1 x 1) (1)
2.4.2 Verduidelik die boodskap wat deur die tekening oorgedra word.
(2 x 2) (4)
2.5 Hoe ondersteun Bron 2B en 2C mekaar aangaande die impak van Britse
kolonialisme op die Afrikaners? (2 x 2) (4)
2.6 Gebruik die inligting in die bronne en jou eie kennis en skryf ʼn paragraaf
van ongeveer SES reȅls (ongeveer 60 woorde) om die impak van Britse
kolonialisme op die bevolking aan die Kaap te, verduidelik. (6)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020) GESKIEDENIS V2 7
VRAAG 3: WAT WAS DIE GEVOLGE VAN DIE SUID-AFRIKAANSE
OORLOG (1899–1902) OP BEIDE SWART EN AFRIKANER
SUID-AFRIKANERS?
Bestudeer Bron 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die vrae wat volg.
3.1 Gebruik Bron 3A.
3.1.1 Wat, volgens die bron, het die lewensbestaan van Swartes in
Transvaal en die Oranje-Vrystaat vernietig? (1 x 1) (1)
3.1.2 Hoeveel Swart mans was, volgens die bron, gedwing om arbeiders
te wees? (1 x 1) (1)
3.1.3 Naam die DRIE soorte Swart boere wat vanaf blanke boere na die
konsentrasiekamp geneem is. (3 x 1) (3)
3.1.4 Haal bewyse uit die bron aan wat daarop dui dat almal na die
konsentrasiekampe geneem is. (1 x 2) (2)
3.1.5 Wat dink jy was die redes waarom Swart mans eerder vir die Britte
in stede van die Afrikaners wou werk? (2 x 2) (4)
3.1.6 Wanneer, volgens die bron, is afsonderlike konsentrasiekampe vir
Swartes opgerig? (1 x 1) (1)
3.2 Lees Bron 3B.
3.2.1 Identifiseer die mense wat gedwing is om in die kampe in te trek.
(3 x 1) (3)
3.2.2 Watter ander land, benewens Suid-Afrika, het konsentrasiekampe
gebruik? (1 x 1) (1)
3.2.3 Waarom dink jy het die Britte die 'Verskroeide-aarde-beleid'
toegepas? (1 x 2) (2)
3.2.4 Haal bewyse uit die bron aan wat bewys dat die
konsentrasiekampe swak geadministreer is. (4 x 1) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 GESKIEDENIS V2 (EC/NOVEMBER 2020)
3.3 Verwys na Bron 3C.
3.3.1 Verduidelik die boodskap wat deur die foto oorgedra word. Gebruik
die visuele leidrade in die foto om jou antwoord te ondersteun.
(2 x 2) (4)
3.3.2 Verduidelik waarom jy dink die vrou probeer het om haar trane van
haar metgeselle weg te steek. (1 x 2) (2)
3.3.3 Wat het op die jong Boervrou in die konsentrasiekamp gewag?
(1 x 2) (2)
3.4 Raadpleeg Bron 3D.
3.4.1 Wie, volgens die bron, was die hoofbevelvoerder van die Britse
magte? (1 x 1) (1)
3.4.2 Gebruik die bron en jou eie kennis om die konsep Guerrilla-oorlog
te definieer. (1 x 2) (2)
3.4.3 Wat, volgens Rees-Mogg was die redes vir die stigting van die
kampe? (3 x 1) (3)
3.4.4 Lewer kommentaar oor of die rol wat Emily Hobhouse gespeel het
om die omstandighede in die kampe oop te vlek, suksesvol was
om meer sterftes in die kampe te voorkom. (2 x 2) (4)
3.5 Vergelyk Bron 3B en 3D. Verduidelik hoe die inligting in Bron 3B die
getuienis in Bron 3D ondersteun aangaande die impak van die Suid-
Afrikaanse oorlog op beide Swart en Afrikaner gemeenskappe. (2 x 2) (4)
3.6 Gebruik die inligting in die bronne en jou eie kennis en skryf ʼn paragraaf
van ongeveer SES reȅls (sowat 60 woorde) om die gevolge van die Suid-
Afrikaanse Oorlog op beide die Afrikaner en Swart Suid-Afrikaners te
verduidelik. (6)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020) GESKIEDENIS V2 9
AFDELING B: OPSTELVRAE
Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as twee vrae in hierdie afdeling
nie.
Jou opstel moet sowat DRIE bladsye lank wees.
VRAAG 4: TRANSFORMASIE IN SUIDER-AFRIKA NA 1750 – DIE
OPKOMS VAN DIE SOTHO-KONINKRYK ONDER KONING
MOSHOESHOE
‘Daar is na Moshoeshoe verwys as ʼn militêre strateeg, diplomaat, versoener,
nasiebouer en onderhandelaar.'
Bepaal die geldigheid van hierdie stelling deur te verwys na die rol wat Moshoeshoe
gespeel het om die Basotho-koninkryk te verenig. [50]
VRAAG 5: KOLONIALE UITBREIDING NA 1750 – SAMEWERKING EN
KONFLIK OP DIE HOËVELD
‘Verduidelik tot watter mate die Koloniale Uitbreiding na 1750 gelei het tot
samewerking en konflik op die Hoëveld tussen die Boere, Britte en die Basotho.’
Ondersteun jou argument deur relevante bewyse te gebruik. [50]
VRAAG 6: SUID-AFRIKAANSE OORLOG EN DIE UNIE – DIE
NATURELLE GRONDWET VAN 1913
‘Die Grondwet van 1913 het ʼn negatiewe uitwerking op die lewens van Swart Suid-
Afrikaners gehad.’
Bespreek hierdie stelling krities met verwysing na die maatskaplike en ekonomiese
toestande van Swart Suid-Afrikaners ná 1913. Staaf jou antwoord met relevante
historiese bewyse. [50]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Addendum
History Grade 10 P1 Eastern Cape November 2020 Addendum

Memorandum
History Grade 10 P1 Eastern Cape November 2020 Memo (Afr)
/HISTORY%20P2%20GR%2010%20NOV2020%20MEMO%20Afrikaans--bb5e6e0c-b600-4321-b92b-3bb58ac61341/v1-e1edbbb952834b80e42d/card.webp)
Memorandum
History Grade 10 P2 2020 Memo (Afr)

Question paper
History Grade 10 Eastern Cape November 2017 QP (Afr)

Memorandum
History Grade 10 Eastern Cape November 2018 Memo (Afrikaans)

Memorandum
History Grade 10 Eastern Cape November 2017 Memo (Afrikaans)
More from Grade 10 History

Annual teaching plan
Gr 10 His ATP 2023 24

Question paper and memo
History Grade 10 Eastern Cape March Test 2025 Paper & Memo

Question paper and memo
History Grade 10 Eastern Cape March Test 2025 Paper & Memo

Addendum
History Grade 10 NSC Term 1 Controlled Test 2023 Addendum

Addendum
History Grade 10 Eastern Cape November 2019 Addendum (Eng)

Addendum