Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN
NOVEMBER 2017
GASVRYHEIDSTUDIES
NASIENRIGLYNE
Tyd: 3 uur 200 punte
Hierdie nasienriglyne word voorberei vir gebruik deur eksaminatore en
hulpeksaminatore. Daar word van alle nasieners vereis om 'n standaardiserings-
vergadering by te woon om te verseker dat die nasienriglyne konsekwent vertolk
en toegepas word tydens die nasien van kandidate se skrifte.
Die IEB sal geen gesprek aanknoop of korrespondensie voer oor enige
nasienriglyne nie. Daar word toegegee dat verskillende menings rondom sake van
beklemtoning of detail in sodanige riglyne mag voorkom. Dit is ook voor die hand
liggend dat, sonder die voordeel van bywoning van 'n standaardiserings-
vergadering, daar verskillende vertolkings mag wees oor die toepassing van die
nasienriglyne.
IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Skip to contentMemorandum 











View all
Hospitality Studies Grade 12 IEB 2017 Memo (Afrikaans)
IEB Grade 12 Hospitality Studies memorandum from the 2017 (Afrikaans), 10 pages. Read online or get the free PDF download, question paper linked when available.
Publisher: IEB
Hospitality Studies · Grade 12 · 2017 · Afrikaans. Memorandum. Read online or download the PDF.
- Subject
- Hospitality Studies
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2017
- Publisher
- IEB
- Curriculum
- IEB
- Pages
- 10
- File size
- 303.1 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 10
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: GASVRYHEIDSTUDIES – NASIENRIGLYNE Bladsy 2 van 10
AFDELING A
VRAAG 1 MEERKEUSIGE VRAE
1.1 D jaar
1.2 A gebruiksartikels
1.3 C volhoubaar
1.4 B ekseem
1.5 A bruto
1.6 B Kwotasie
1.7 B Rumaki
1.8 A sarkoplasma
1.9 C Kollageen
1.10 C soja
VRAAG 2 PAS DIE KOLOMME
Kolom A Kolom B Kolom C
Voorbeeld van voedsel Wyn Soort glas
2.1 Forel in filomandjies E Chenin Blanc iii
2.2 Sjokolademousse A Muskadel v
2.3 Oesters F Sjampanje i
2.4 Skaapboud B Merlot iv
2.5 Camembert en beskuitjies C Port ii
VRAAG 3
Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letters neer.
3.1 B Dit is goedkoper as dierproteïnes.
C Dit is ryk aan komplekse koolhidrate.
E Dit het 'n baie goeie raklewe.
G Dit het 'n lae glukemiese indeks.
3.2 3.2.1 Agar-agar: Seewier; ander is diergebaseerd.
3.2.2 Diepvet-braai: Droë kookmetode; die ander twee is kombinasie
kookmetodes; of Roerbraai en Smoor is 'n vlakbraai-metode.
3.2.3 Skyfie-aanbiedings: Oudiovisuele bemarkingshulpmiddel; ander is
elektroniese bemarkingshulpmiddels; ander twee is deel van sosiale
media/internet.
IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: GASVRYHEIDSTUDIES – NASIENRIGLYNE Bladsy 3 van 10
AFDELING B
VRAAG 4
4.1 4.1.1 • Moet in paragraafvorm wees.
• Verduidelik dat die bemarkingsbestuurder alle bemarkings-
aktiwiteite soos promosies en spesiale gebeure organiseer.
4.1.2 • Produk – Verduidelik wat die bootvaart vir 'n kliënt kan bied.
• Promosie – Spesiale aanbiedings, soos kinders onder die
ouderdom van 18 gratis.
• Prys – Sê byvoorbeeld waarom die prys hoog is, wat dit insluit.
Bekostigbaar
• Plek – Waarheen die vaart gaan en watter eiland jy kan besoek,
ens.
• Persone – Noem wie ... as dit vir 'n matriekvakansie is, sal
matrikulante en hul ouers die teikenmark wees.
• Aanbieding – Die manier waarop die advertensie vir die kliënt
aangebied word.
4.2 • Dra ongeveer 9.1% by tot die bruto binnelandse produk van die
ekonomie van Suid-Afrika.
• Skep werk vir plaaslike inwoners.
• Verskaf produkte aan die vervaardigers.
• Vaardigheidsontwikkelingprogramme vergroot hul bydrae tot die
ekonomie.
• Inkomste-gegenereerde besighede dra by tot die ontwikkeling van die
land se infrastruktuur.
• Toeriste bring waardevolle buitelandse valuta die land in.
• Die gemeenskap se selfagting en lewenstandaard verbeter.
4.3 4.3.1 • Hou toesig oor alle personeelsake soos indiensneming, opleiding,
verlof, salarisse, en enige probleme wat deur personeel
ondervind word.
• Stel indiensnemingskontrakte, gedragskodes, prosedures,
werkskedules en roosters op.
• Hanteer dissiplinêre optrede en die evaluering van prestasie in
die werkplek.
4.3.2 • Opleiding en toesighouding van nuwe personeel.
• Ontwikkel personeel waar nodig.
4.4 Kompetisies, gratis produkte, gelukkigstrekkings of enige twee moontlike
idees.
4.5 Inkomste-genererende diens.
IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: GASVRYHEIDSTUDIES – NASIENRIGLYNE Bladsy 4 van 10
VRAAG 5
5.1 5.1.1 Kies die TWEE geregte op die spyskaart wat gewysig moet word
om die gas te akkommodeer:
Garnaaltempura/Pampoenpoffers/Diepgebraaide aartappel/Spinasie
en Room/Sjokolademousse (Enige twee)
5.1.2 Gee alternatiewe geregte om dit te vervang.
Garnaaltempura → Garnaalkelkie sonder die deeg
Pampoenpoffers → Gestoomde pampoen – geen olie
Diepgebraaide aartappel → Kapokaartappels – geen olie
Spinasie en Room → Spinasie sonder die room
Sjokolademousse → Sjokolademousse vir diabete
(Enige twee voorbeelde)
5.1.3 Verduidelik hoekom.
Vermy of beperk verfynde stysel.
Beperk suikerinname.
Verminder totale vette, veral versadigde vette en dieet cholesterol.
Vermy of beperk die inname van geprosesseerde vleis.
Beheer porsiegrootte.
(Enige twee voorbeelde)
5.2 • Elke selfstandige naamwoord moet met 'n hoofletter begin.
• Volgorde van hoofgereg.
• Geen datum nie.
• Nescafé koffie – mag nie handelsname gebruik nie.
• Amuse-bouche nie nodig op spyskaart nie.
5.3 5.3.1 Die onvermoë van die liggaam om sekere voedselsoorte ten volle te
verteer en te prosesseer. Hierdie onvermoë kan die gevolg wees van
die afwesigheid van ensieme van chemikalieë wat noodsaaklik is vir
spysvertering. Dit is geneties en word aan kinders oorgedra. Die
simptome vererger met ouderdom en verskyn later in die lewe.
5.3.2 Spinasie en room
Sjokolademousse
Room, pampoenpoffertjies met karamel sous en Griekse slaai.
5.4 'n Klein happiegrootte hors d'œuvre (aptytwekker) wat as geskenk van
die sjef bedien word; word gratis aan alle tafelgaste gebied. Die doel is om
die aptyt aan te wakker en die sjef se vaardighede ten toon te stel.
5.5 • Garnaaltempura – Geen skulpvis
• Gerookte varkfilet – Geen vark
• Spinasie en room – Suiwelprodukte nie saam met vleis verbruik nie
• Sjokolademousse – Suiwelprodukte nie saam met vleis verbruik nie
• Room
• Karamel sous
• Griekse slaai
5.6 'n Spyskaart waar jy uit 'n verskeidenheid geregte kan kies wat jy wil eet.
IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: GASVRYHEIDSTUDIES – NASIENRIGLYNE Bladsy 5 van 10
VRAAG 6
6.1 Gastro-enteritis
As mense aan kos raak en nie hul hande deeglik gewas het nadat hulle die
toilet gebruik het nie of as hulle aan hul neuse raak en nie hul hande
ordentlik was nie.
As kos vir 'n lang ruk staan teen die verkeerde temperatuur.
Indien 'n voedselhanteerder gastro-enteritis opdoen en met die kos werk.
6.2 6.2.1 Cholera
6.2.2 • Alle vloeistowwe moet chemies behandel word.
• Kos moet skoongemaak en deeglik gaargemaak word – vermy
rou en halfgaar kos.
• Dis belangrik dat hande deeglik met antiseptiese seep gewas
word.
• Moenie rou vis of skulpvis gebruik nie.
• Bedek kos om vlieë weg te hou.
• Voedselhanteerder wie met die siekte besmet is moet dit aan die
bestuurder aanmeld en eerder van die werk af wegbly.
• Gebruik slegs voedsel van betroubare verskaffers.
• Gebruik behandelde water vir ys.
• Gebruik slegs behandelde water om vrugte en groente te was.
6.3 Afwesigheid weens cholera beïnvloed bedryfsproduksie negatief en lei tot 'n
verlies aan handel en inkomste.
6.4 • Klagtes moet altyd positief en professioneel hanteer word.
• Beheer jou emosies; wees kalm, bedagsaam en behulpsaam.
• Behou oogkontak en positiewe liggaamstaal.
• Toon begrip en bereidwilligheid om die kwessie op te los.
• Moet nooit met die kliënt argumenteer nie.
• Luister en gee aandag.
• Gee erkenning.
• Vra opreg verskoning.
• Roep die bestuurder of kry hulp by iemand met meer ervaring.
• Moet nooit iets aanbied wat jy nie kan verskaf nie.
• Moet nooit jouself of iemand anders blameer nie.
(Enige vyf)
VRAAG 7
7.1 7.1.1 • Voeding – goeie voeding waarborg goeie kwaliteit vleis.
• Marmering – goeie voeding lei tot marmering van spiere.
• Ouderdom – die vleis van jonger diere is sagter en bevat minder
vet, terwyl die vleis van ouer diere smaakliker en geuriger is.
• Spieraktiwiteit – spiere wat nie baie gebruik word nie, het sagter
vleis tot gevolg as spiere wat by baie beweging betrokke is.
• Hantering – die dier moet so kalm as moontlik gehou word omdat
stres voor slagting tot vleis kan lei wat minder sag is.
7.1.2 Na dood tree rigor mortis in as gevolg van biochemiese veranderings
wat in die spierweefsel plaasvind.
7.1.3 Gryserige ligrooi of gryserige pienk.
IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: GASVRYHEIDSTUDIES – NASIENRIGLYNE Bladsy 6 van 10
7.2 7.2.1 Stertstuk/Dy/Binneboud/Bolo
7.2.2 Dikrib/Skenkelkant
7.3 • Meganies – vleishamer of versag deur die slagter.
• Chemies – vleisversagmiddels, suur, pynappel of papaja. (merk vir
enige verduideliking beide meganies of chemies)
7.4 7.4.1 Amerika
7.4.2 Duitsland
7.4.3 Italië
7.5 Toeskroei Verseël
• 'n Tegniek waar vleis aan hoë • Om te begin: maak vleis gaar
temperature blootgestel word deur dit oor middelmatige hitte
sodat 'n gekaramelliseerde kleur te braai tot ferm, maar nie bruin
vorm. nie.
VRAAG 8
8.1 • Moet 'n gebalanseerde inname van bone en graan hê om die volle
komplement van noodsaaklike aminosure in te kry.
• Party noodsaaklike aminosure is afwesig van plantproteïen en die
liggaam is nie in staat om behoorlike spiere en ander weefsel te
vervaardig nie – dit kan lei tot 'n verlies aan spiere en 'n toename in vet.
• Vegetariese kos neig om dik te wees en groente se water- en
veselinhoud is hoog.
• Om tekorte in die dieet te vermy, moet vegetariërs diëte volg wat ryk
aan kalsium, yster, sink, Vit B12, Vit C, Vit D en Vit E is.
• Vegetariërs en veganiste mag aanvullings benodig om te verseker dat
hulle al die noodsaaklike voedingstowwe inkry.
• Vegetariese diëte moet voedsel van peulgewasse, volgrane, groente en
vrugte insluit.
• Vleis, vleis-alternatiewe en suiwelprodukte word uit die dieet uitgesluit,
daarom moet die vegetariese dieet sorgvuldig beplan word om te
verseker dat alle voedselgroepe ingesluit word.
• Die voedselpiramide sal verskil, afhangende van die soort vegetariër.
8.2 8.2.1 Sluit in Sluit uit
Vis en ander seekos Rooivleis
Melk en suiwelprodukte Pluimvee
Eiers
Groente en vrugte soos vir veganiste
8.2.2 Sluit in Sluit uit
Eiers Vleis en vleisprodukte, vis
Groente en vrugte of seekos en melk en
suiwelprodukte
8.2.3 Sluit in Sluit uit
Mense wat beweer dat hul Rooivleis word soms
eetgewoontes op vegetariese uitgesluit/ verminder omdat
kossoorte fokus, maar wat soms vleis hul na 'n semi-vegetariese
in klein hoeveelhede eet leefstyl oorslaan
IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: GASVRYHEIDSTUDIES – NASIENRIGLYNE Bladsy 7 van 10
8.3 • Berook
• Natuurlike preserveermiddels (sout)
• Behandel met bymiddels; Chemikalieë (Bensoësuur)
• Droging
• Verwerking
• Inlegging
• Bevriesing
• Vakuum
• Pekel
(Enige twee)
8.4 • Sout
• Suiker
• Suur
(Enige twee)
8.5 Die oond se hitte is beter omdat dit die vog verwyder en 'n bros tekstuur
daaraan gee vir skyfies en die son sal ook die vog verwyder, maar dit sal 'n
sagte eindproduk oplewer. of met sondroging sal verkleuring plaasvind indien
nie daarvoor behandel word nie.
Oonddroog is ook 'n vinniger proses.
VRAAG 9
9.1 • Voorbereiding
‒ Happiegrootte.
‒ Aantreklik en kleurvol.
‒ Smaaklik en goed gegeur.
‒ Sluit 'n verskeidenheid geure in.
‒ Bestanddele moet maklik herken word.
‒ Deeglik voorberei en van hoë kwaliteit bestanddele gemaak.
‒ Gebruik groente en vrugte wat in seisoen is.
‒ Gebruik vars bestanddele.
‒ Tydrowend.
‒ Hoë vorm van higiëne.
(Enige twee)
• Aanbieding
‒ Moenie te veel kos op borde plaas nie.
‒ Plaas diagonaal en eweredig verspreid.
‒ Oorweeg mengsel van kleure, smake en teksture.
‒ Verskaf genoeg spasie om tafels.
‒ Pak borde in logiese volgorde uit.
‒ Voorsien praktiese dinge soos 'n plek om tandestokkies te plaas.
• Opdiening
‒ Maak seker dat alle skinkborde skoon is.
‒ Begin met 'n verskeidenheid koue hors d'oeuvres en bedien warm
in die aand.
‒ Een of twee soorte soethappies kan aan die einde van die aand
bedien word.
‒ Kan vooraf opgedien, of op 'n skinkbord, trollie, tafel of volgens
silwer diens bedien word.
IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: GASVRYHEIDSTUDIES – NASIENRIGLYNE Bladsy 8 van 10
9.2 Worsrolletjies Quiche
Nie-gelamineerd:
Aparte Vet word in
gelamineerde lae meelmengsel
9.2.1 Beskrywing neem langer om ingesny.
voor te berei. Of Vinnig en maklik
skilferdeeg. om te maak. Of
broskors.
9.2.2 Verhouding meel tot vet 1:1 1:½
Verhouding meel tot
9.2.3 1:½ 1:¼
vloeistof
9.3 9.3.1 Meel gelatiniseer wanneer dit met die water en botter gekook word.
As nog meel bygevoeg word, sal die ongelatiniseerde stysel die
poffertjies laat platval en geen holte sal vorm nie.
Of as jy die digtheid verander sal daar nie 'n holte vorm nie.
9.3.2 Die deeg droog heeltemal uit sodat die holte omhul word deur 'n
delikate bros dop, terwyl brand verhoed word.
Poffertjies wat nie heeltemal gaar is nie en steeds lig van kleur is
wanneer dit uit die oond verwyder word, sal platval as gevolg van hul
hoë voginhoud.
9.4 Die proses wat plaasvind wanneer klam hitte met stysel in aanraking kom.
Die styselkorreltjies word sag en swel uit, verdik en word deurskynend.
'n Gaar smaak ontwikkel en die stysel word meer verteerbaar.
(Enige twee)
VRAAG 10
10.1 10.1.1 Die gereg is deur die Tour de France-fietstoer geïnspireer.
Chouxdeeg word in 'n sirkel gespuit om 'n fietswiel te simboliseer.
Amandelvlokkies word bo-oor gesprinkel en die gebakte ring word
met crème pâtissière gevul.
10.1.2 Crêpes in 'n lemoensous wat met brandewyn gevlam word, met
ander woorde, flambé.
10.1.3 Chouxdeeg-gebaseerde poffertjies. Gewoonlik met suiker of
strooisuiker bestrooi. Of diepgebraaide choux-deeg
10.2 Chef Patissier / Fyngebak sjef / Nagereg sjef
10.3 Italiaans Switsers
Klop eierwitte tot sagte punte Meng eierwitte en suiker en verhit
vorm mengsel oor Bain Marie
Voeg warm suikerstroop stadig Verhit totdat suiker oplos
by terwyl geklop word
Klits tot koel en stywe punte vorm Verwyder en klits totdat stywe punte vorm
IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: GASVRYHEIDSTUDIES – NASIENRIGLYNE Bladsy 9 van 10
10.4.1 • Kap of breek sjokolade in kleiner stukkies om te smelt.
• Smelt indirek met stoom of mikrogolf.
• As sjokolade te warm word, sal dit draderig word en skroei.
• Kontak sal veroorsaak dat sjokolade hard word of 'n stywe
draderige mengsel vorm wat nie sal smelt nie.
• As sjokolade draderig word, ... voeg nog warm vloeistof by en
probeer die pasta oplos.
• As jy water, room of alkohol moet byvoeg, doen dit voordat die
sjokolade smelt, anders mag die sjokolade dalk 'n stywe
mengsel vorm as dit na die tyd bygevoeg word.
• Moenie water toelaat om te kook nie.
• Matige hitte/lae hitte.
(Enige vyf)
10.4.2 Verhit en verkoel sjokolade tot spesifieke temperature. Dit sal
verhoed dat dit maklik smelt en glad, hard en blink word. Meng
aanhoudend.
10.4.3 • Donker (bittersoet en semisoet) sjokolade
• Melksjokolade
• Witsjokolade
VRAAG 11
11.1 11.1.1 • Na die hoofgereg en voordat nagereg bedien word.
• Hou die bord plat op jou linkerhand.
• Vou 'n diensdoek en hou dit in jou regterhand of tussen 'n lepel
en vurk.
• Staan tussen twee gaste.
• Borsel in die middel tussen twee gaste die krummels af.
• Verskuif die nagereglepel en -vurk reg voor jou in posisie.
• Haal alle glase van die tafel af.
11.1.2 • Gee dit van die linkerkant af aan die gasheer/gasvrou.
• Rekening moet toegevou word en op 'n kleinbordjie of in 'n vouer
geplaas word sodat die bedrag betaalbaar nie deur die ander
gaste gesien kan word nie.
• As daar geen gasheer/gasvrou is nie, plaas die rekening in die
middel van die tafel.
• Laat genoeg tyd toe vir die klant om die korrekte bedrag geld in
die vouer te plaas.
• Neem die vouer met die geld en die rekening na die kassier toe.
11.2 • Formele diens
• Bedien van die linkerkant.
• Bedieningtoerusting is 'n lepel en 'n vurk.
• Skep direk op die gas se bord.
• Korrekte plasing van die kos op die bord.
IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: GASVRYHEIDSTUDIES – NASIENRIGLYNE Bladsy 10 van 10
AFDELING C
VRAAG 12
Die artikel moet:
• 'n toepaslike opskrif en inleiding hê.
• ongeveer 500 woorde en toepaslike paragrawe bevat.
• 'n woordtelling bevat.
• 'n duidelike gevolgtrekking en standpunt bevat.
Punte sal volgens die rubriek toegeken word.
Punt
1 punt 2 punte 3 punte 4 punte
toegeken
Inhoud: Verstaan nie Bespreek Bespreek óf Leerder bespreek
Deeglikheid waaroor die vraag rekenaars en tegnologie óf tegnologie sowel
handel nie. tegnologie, maar rekenaars, maar as rekenaars en 4
noem nie voordele nie albei nie. noem moontlike
en nadele nie. voor- en nadele.
Inhoud: Opstel handel nie Bespreek Gee 'n paar Argument toepaslik
Toepaslikheid oor rekenaars en tegnologie en voorbeelde, maar en soveel moontlik
tegnologie in die rekenaars, maar maak nie 'n menings word
gasvryheidbedryf nie relevant tot die duidelike genoem.
nie. bedryf nie. gevolgtrekking oor 8
die belangrikheid
van mense in die
bedryf nie.
×2 ×2 ×2 ×2
Ondersteun: Feitelike skryfwerk Beredenering Ondersteun die Ondersteun 'n
Mense is het weinig korrek, maar standpunt. duidelike
belangrik/ skakeling of moeilik om te volg. Beredenering is standpunt.
Tegnologie beredenering. Alledaags. duidelik. Beredenering is
kan mense Beredenering Vloei nie heeltemal duidelik en bondig. 8
vervang foutief. korrek nie. Stewige Vloei is logies en
skakels ontbreek toon bewys van
soms. duidelike begrip.
×2 ×2 ×2 ×2
Billikheid, Een teenargument Twee Drie
m.a.w. word gegee. teenargumente teenargumente 3
Argument teen word gegee. word gegee.
Standpunt Duidelike besluit
1
geneem.
Aanbieding Skryfwerk is amper Toon, taal en Toon is Toon is volwasse
onverstaanbaar. terminologie is konsekwent en pas en gepas;
Toon, taal en swak. by wetenskaplike toepaslike
terminologie 'n Poging tot argument. Goeie professionele en
onwetenskaplik en korrekte en toepaslike taal wetenskaplike
uiters swak. paragrafering. en terminologie. argument.
Inleiding en/of slot Bevat 'n inleiding Paragrafering is Uitstekende en
ontbreek. en slot, ongeag meestal toepaslik. toepaslike gebruik
4
hoe swak dit is. Inleiding en slot van taal en
het meriete. terminologie.
Korrekte
paragrafering met
goeie oorgange.
Interessante
inleiding,
bevredigende slot.
28 punte verwerk na punt uit: 20
Totaal: 200 punte
IEB Copyright © 2017
Study this subject
Revise the topics in this paper, then practise them question by question.
- Grade 12 Hospitality Studies notes
CAPS revision notes with worked examples.
- Hospitality Studies questions by topic
Past exam questions sorted by CAPS topic, with memos where available.
- All Grade 12 Hospitality Studies past papers
Past papers by year, with memos where available.
- Grade 12 IEB past papers
More Hospitality Studies and other subjects in this collection.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.

MemorandumIEB
Hospitality Studies Grade 12 IEB 2019 Memo

MemorandumIEB
Hospitality Studies Grade 12 IEB 2019 Memo (Afrikaans)

MemorandumIEB
Hospitality Studies Grade 12 IEB 2018 Memo

MemorandumIEB
Hospitality Studies Grade 12 IEB 2018 Memo (Afrikaans)

MemorandumIEB
Hospitality Studies Grade 12 IEB 2017 Memo

Question paperIEB
Hospitality Studies Grade 12 IEB 2019 Question Paper
Related documents

Question paperIEB
Hospitality Studies Grade 12 IEB 2017 Question Paper (Afrikaans)

AddendumIEB
Hospitality Studies Grade 12 IEB 2017 Addendum (Afrikaans)

Question paperIEB
Hospitality Studies Grade 12 IEB 2019 Question Paper (Afrikaans)

Question paperIEB
Hospitality Studies Grade 12 IEB 2018 Question Paper (Afrikaans)

Question paperIEB
Hospitality Studies Grade 12 IEB 2017 Question Paper

AddendumIEB
