Skip to content
Question paper

Hospitality Studies Grade 12 IEB 2018 Question Paper (Afrikaans)

IEB Grade 12 Hospitality Studies question paper from the 2018 (Afrikaans), 16 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Publisher: IEB

Subject: Hospitality StudiesGrade 12201816 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN NOVEMBER 2018 GASVRYHEIDSTUDIES Tyd: 3 uur 200 punte LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR 1. Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye. Maak asseblief seker dat jou vraestel volledig is. 2. Lees die instruksies vir elke vraag noukeurig deur en maak seker dat jy dit uitvoer. 3. Nommer jou antwoorde presies soos die vrae genommer is. 4. Laat reëls oop tussen elke antwoord en begin elke afdeling op 'n nuwe bladsy. 5. Trek tabelle wanneer jy gevra word om jou antwoorde te tabuleer. 6. Sakrekenaars mag gebruik word. 7. Dit is in jou eie belang om leesbaar te skryf en jou werk netjies aan te bied. IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: GASVRYHEIDSTUDIES Bladsy 2 van 16 AFDELING A VRAAG 1 MEERKEUSIGE VRAE Antwoord die VRAE op die meervoudige keusevrae Antwoordblad op die binnekant van die voorblad van jou Antwoordboek. Maak 'n kruis (X) in die blokkie wat ooreenstem met die letter wat jy beskou as die korrekte een. 1.1 Die … -stelsel is 'n sentrale stelsel wat restaurantpersoneel help om hul daaglikse take te voltooi, bv. kos- en drankbestellings. A betaalpunt B kombuisbestuur C ontvangs D administratiewe kantoor 1.2 Die … verifieer die akkuraatheid en volledigheid van gaste- en nie-gaste se rekeninge teen die departementele transaksiesverslae. A besprekingsbeampte B ontvangskassier C nagouditeur D operasionele ouditeur 1.3 Die mark-… is doelwitte wat die entrepreneur vir homself stel. A doelstellings B magte C segmentasie D mengsel 1.4 … is 'n voorbeeld van 'n nie-inkomstegenererende gebied. A Kamerbediening B Sekuriteit C Wassery D Kroeë 1.5 Instellings met lisensies vir drankgebruik op die perseel word toegelaat om … A drank tydens 'n gewone ete te bedien. B gaste toe te laat om oop bottels van hul persele te verwyder. C drank sonder 'n gewone ete te bedien. D drank aan gaste te verkoop om in hul kamers te verbruik. 1.6 Spyskaartontwikkeling verwys na data oor … A bedieningsmetodes, kleur en verskeidenheid van kos. B spyskaart en voedingswaarde van bestanddele. C verkoopsvolumes, koste en wins van elke dis op die spyskaart. D dieetbehoeftes, formaat en uitleg. IEB Copyright © 2018
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: GASVRYHEIDSTUDIES Bladsy 3 van 16 1.7 'n Eienskap van 'n formele aandete: A 'n minimum van vyftig tot eenhonderd gaste. B 'n eremaaltyd. C gebruik vir ontbyt, middagetes en aandetes. D vir kleiner groepe mense gehou. 1.8 'n Eienskap van 'n banketspyskaart: A kan bestaan uit vyf, agt, nege of twaalf gange. B aanbieding is eenvoudig en bedieningstyl informeel. C aanbieding is oordadig en bedieningstyl is formeel. D slegs saans bedien. 1.9 Klein southappie-versnaperings wat uit 'n basis, bolaag en garnering bestaan, word ... genoem. A boucheés B canapés C barquettes D croûtons 1.10 … is verskillende soorte rou groente wat saam met 'n doopsous op 'n bord bedien word. A Crudités B Canapés C Croûtes D Croûtons [10] IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: GASVRYHEIDSTUDIES Bladsy 4 van 16 VRAAG 2 PAS DIE KOLOMME Pas die deegproduk in Kolom B en die eienskappe in Kolom C by die soort deeg in Kolom A. Skryf slegs die nommer, letter en Romeinse letter in jou Antwoordboek neer. Voorbeeld: 2.6 J xi. Kolom A Kolom B Kolom C Soort deeg Deegproduk Eienskappe 2.1 Choux A Samoesas i Klein met geen gaatjie. 2.2 Fillodeeg B Mille feuilles ii Krummelrige tekstuur. 2.3 Broskors C Rumaki iii Delikaat met ligte skilferige lagies. 2.4 Purrdeeg D Beignets iv Dik, taai kors. 2.5 Skilferkors E Quiche v Gemaak van meel en water. F Brochettes vi Gemaak van meel, water en eiers. G Baklava vii Bros met 'n gaatjie. H Fritots viii Dun, bros, skilferige kors. [10] VRAAG 3 3.1 Kies VIER veilige aankooppraktyke vanuit die onderstaande lys waaraan voldoen moet word wanneer aanlynaankope gedoen word. Skryf slegs die letters langs die vraagnommer neer. A Klik op enige moontlike hiperskakel (hyperlink). B Gebruik die mees onlangse weergawe van jou webblaaier (browser). C Gebruik altyd 'n veilige webblaaier. D Doen besigheid met 'n groot verskeidenheid besighede. E Aankope moet met 'n kredietkaart gedoen word. F Gebruik die oudste en betroubaarste webblaaier. G Maak seker dat jy op die korrekte webwerf is. (4) 3.2 In elk van die volgende, kies die een wat NIE PAS NIE en verskaf 'n rede vir jou keuse. 3.2.1 Verkoeling / Sterilisasie / Pasteurisasie (2) 3.2.2 Tofu / Tatins / Tempeh (2) 3.2.3 Brut / Demi-Sec / Charmat (2) [10] 30 punte IEB Copyright © 2018
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: GASVRYHEIDSTUDIES Bladsy 5 van 16 AFDELING B VRAAG 4 Lees die onderstaande inligting en beantwoord die vrae wat volg. 4.1 Die grootste kitskosfranchises in Suid-Afrika in 2017 Kitskos franchise-groei in Suid-Afrika het die afgelope jaar afgeneem, met die totale jaarlikse afname in die aantal kettings van oor die 4 841 winkels in Mei 2016 tot ongeveer 4 780 winkels in Mei 2017. KFC neem steeds die voortou as Suid-Afrika se gunsteling kitskoshandelsmerk, met 840 winkels dwarsoor die land. Steers beklee steeds die tweede plek met 542 winkels, terwyl Wimpy en Debonairs wedywer vir die derde plek met 492 en 473 winkels onderskeidelik. Suid-Afrika se nuwe kitskos- en fyngebakspelers het hul uitbreiding in die land voortgesit, met Starbucks wat nou vier winkels geopen het, Krispy Kreme verdubbel tot agt, en Dunkin Donuts en Baskin Robbins met ses afsetpunte in die Wes-Kaap as hul beginpunt. [Aangepas: <https://businesstech.co.za/news/lifestyle/173585/the-biggest-fast-food-franchises- in-south-africa-in-2017>] 4.1.1 Verduidelik die term "franchise". (2) 4.1.2 Identifiseer TWEE persoonlikheidseienskappe wat nodig is vir iemand wat 'n franchise wil begin. (2) 4.1.3 Beskryf wat bedoel word met 'n volhoubare besigheid. (3) 4.1.4 Verduidelik hoekom jy dink dat die kitskos franchisegroei in Suid- Afrika "van oor die 4 841 winkels in Mei 2016 tot ongeveer 4 780 winkels in Mei 2017" verminder het. (2) IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: GASVRYHEIDSTUDIES Bladsy 6 van 16 4.2 Bestudeer die volgende advertensies en beantwoord die vrae wat daarop volg: 31.95 for Party of 4-5 $ 1 Popcorn Chicken 1,5L 1 med Pepsi Coleslaw 2 med Whipped Potato 8 pcs [Aangepas: <https://www.google.co.za/search/kfc> <https://www.google.co.za/searchsteers+advertisement+family+meal>] 4.2.1 Identifiseer die teikenmark vir elkeen van die advertensies. (2) 4.2.2 Evalueer die doeltreffendheid van die geskrewe inligting op elke advertensie. (4) 4.3 Stel 'n gedetailleerde breinkaart op om al die noodsaaklike inligting vir 'n besigheidsplan aan te toon. (15) [30] IEB Copyright © 2018
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: GASVRYHEIDSTUDIES Bladsy 7 van 16 VRAAG 5 5.1 Bestudeer die onderstaande bestanddelelys vir Kreme Oliebolle en beantwoord die vrae wat daarop volg. Kreme Oliebolresep Tyd: 2 uur 30 min Lewer: 24 Oliebolle Bestanddele vir oliebolle 15 g suurdeeg 60 ml water 355 ml louwarm melk 120 ml suiker [Bron: <https://www.google.co.za/search/ 5 ml sout krispykremedoughnut>] 2 eiers 120 ml smeer 1 180 ml koekmeel Canola-olie 5.1.1 Skakel die volgende bestanddele van milliliters na gram toe om. 120 ml suiker 120 ml smeer 1180 ml koekmeel Gebruik die omskakelingstabel hieronder. Toon al jou berekenings. Bestanddele Omskakeling Eenheid Prys per gekoop Eenheid 250 ml suiker 200 g 2 kg R41,99 (2) 250 ml smeer 230 g 500 g R42,00 (2) 250 ml meel 120 g 2,5 kg R30,99 (2) 5.1.2 Gebruik die berekende omskakeling (Vraag 5.1.1) en bereken die prys vir elke bestanddeel. (6) 5.2 Gebruik die onderstaande inligting en beantwoord die vrae wat volg. Bestanddele van die hele resep: R78,90 Een sjef @ R100 per uur Oorhoofse koste @ R25,00 Bereken die verkoopprys van een oliebol as jy 50% netto-wins wil maak. (3) 5.3 5.3.1 Onderskei tussen 'n skemerkelkiefunksie en 'n vingerete. (4) 5.3.2 Wat is 'n "skemerkelkie dînatoire". (1) [20] IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: GASVRYHEIDSTUDIES Bladsy 8 van 16 VRAAG 6 6.1 Lees die onderstaande artikel en beantwoord die vrae wat volg. KFC reageer, winkel tot verdere kennisgewing gesluit nadat hoender op vloer gewas is 08 Mei 2015 – 17:09 deur Bernice Maune Twee afbeeldings van heel, ongekookte hoender wat oënskynlik deur KFC- personeel op 'n kaal, vuil bruin vloer gewas word, is onlangs vinnig en wyd versprei. In die twee afbeeldings kan gesien word hoe mans met 'n tuinslang groot hoeveelhede water oor hoender spuit wat op die vloer lê. Die ongekookte pluimveestukke is in een afbeelding in emmers, met bloed en water wat oor die grond spoel. Die agtergrond lyk na 'n pakhuis waar KFC-aflewerings gestoor word. Die kitskoswinkel is tot verdere kennisgewing gesluit terwyl KFC ondersoek instel. [Bron: <https://www.timeslive.co.za/news/south-africa/2015-05-08-kfc>] 6.1.1 Skryf die afkorting BGV volledig uit. (1) 6.1.2 Gee VIER maatreëls wat deur alle personeel geïmplementeer kan word om swak higiënestandaarde te verbeter. (4) 6.1.3 "Die kitskoswinkel is tot verdere kennisgewing gesluit." Maak 'n lys van VYF moontlike strafmaatreëls wat KFC in die gesig kan staar as hulle nie aan die BGV voldoen nie. (5) 6.2 6.2.1 Tuberkulose (TB) en Menslike Immuniteitsgebrekvirus (MIV) is onderling verwant. Verduidelik hierdie stelling in 'n kort paragraaf. (4) 6.2.2 Evalueer die akkuraatheid van die volgende stelling: 'n MIV-positiewe personeellid wat voedsel voorberei, hou nie 'n gesond- heidsrisiko in vir enige gas wat kos ontvang nie, maar 'n personeellid met TB mag nie in 'n kombuis werk nie. (6) [20] IEB Copyright © 2018
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: GASVRYHEIDSTUDIES Bladsy 9 van 16 VRAAG 7 7.1 Bestudeer die illustrasie van die onderstaande beeskarkas en beantwoord die vrae wat volg: 1 2 5 8 16 10 13 14 11 15 4 12 6 9 17 3 3 7 [Bron: <https://www.google.co.za/search?q=beef+carcass+cutsa>] 7.1.1 Benoem die volgende vleissnitte: (a) 14 (b) 12 (c) 6 (d) 2 (4) 7.1.2 Kies uit die snitte die nommer wat gebruik word om burgerfrikadelle (patties) te maak. (1) 7.2 7.2.1 Noem en beskryf die proses wat plaasvind wanneer vleis in beskadigde verpakking in die vrieskas gestoor word. (3) 7.2.2 Verduidelik die korrekte metode om die burgerfrikadelle te ontvries/ontdooi en verduidelik waarom dit nodig is. (2) 7.3 Maak 'n lys van DRIE voordele vir die gebruik van gemaalde soja vir die burgerfrikadelle. (3) 7.4 Verskaf DRIE redes hoekom mense verkies om 'n vegetariese leefstyl na te volg. (3) 7.5 Beskryf die volgende vegetariese produkte: 7.5.1 Miso (2) 7.5.2 Hummus (2) [20] IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: GASVRYHEIDSTUDIES Bladsy 10 van 16 VRAAG 8 Oorweeg die onderstaande nageregte op Mugg & Bean se spyskaart en beantwoord die vrae wat daarop volg. (A) Suurlemoen Meringue (B) Sjokolademousse (C) Crème Karamel [Bron: <https:www.google.co.za/desserts/midstream/muggandbean>] 8.1 Klassifiseer die nageregte. Skryf slegs die letter en klassifikasie neer. (3) 8.2 Bespreek TWEE faktore wat die skuimvermoë van die eierwit sal beïnvloed wanneer die meringue voorberei word. (2) 8.3 Onderskei tussen 'n sjokolademousse, Beierse room en chiffon, met verwysing na die gebruik van eiers. (3) 8.4 Crème brûlèe en crème karamel is soortgelyk. Wat is die hoofverskil? (2) 8.5 Beskryf kortliks die drie-fase proses van die gebruik van poeier- of korrelgelatien in die voorbereiding van sjokolademousse. (6) 8.6 Skilferkorsdeeg word gebruik vir die dop van die suurlemoen meringue. Verduidelik die volgende prosesse wat gebruik word wanneer hierdie dop voorberei word. 8.6.1 Prik ("Docking") (2) 8.6.2 Blindbak (2) [20] IEB Copyright © 2018
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: GASVRYHEIDSTUDIES Bladsy 11 van 16 VRAAG 9 9.1 Benoem die klassifikasie van wyn wat betrekking het op die onderstaande beskrywing. A Alkohol word gefiltreer; minder as 1% bly oor. B Koolstofdioksiedborrels word in die wyn ingespuit. C Druiwe gefermenteer en niks word bygevoeg nie. D Spiritualieë word by wyn gevoeg om die fermentasieproses te beëindig. (4) 9.2 Beskryf kortliks die volgende prosesse wat betrokke is by die maak van wyn: 9.2.1 Pars (2) 9.2.2 Fermentasie (3) 9.3 Noem die belangrikheid van die onderstaande inligting wat op 'n wynetiket verskyn: 9.3.1 Kultivar (2) 9.3.2 Oesjaar (2) 9.3.3 Produsent (2) 9.3.4 Egtheidseël (2) 9.3.5 Geurbeskrywing op die etiket agterop (2) 9.4 Gee die volume van 'n "sopie". (1) [20] VRAAG 10 10.1 Gee VIER voordele van voedselpreservering. (4) 10.2 Noem die bestanddeel in lemoene wat tot die jellieagtige tekstuur tydens konfytmakery sal bydra. (1) 10.3 Noem die natuurlike preserveermiddel wat in die voorbereiding van konfyt gebruik word. (1) 10.4 Maak 'n lys van VIER spesifikasies wat oorweeg moet word wanneer die regte houer vir die bottelering van konfyt gekies moet word. (4) [10] IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: GASVRYHEIDSTUDIES Bladsy 12 van 16 VRAAG 11 11.1 Voedselbedieningpersoneel moet professioneel lyk. Beskryf hoe dit bereik kan word. (3) 11.2 Bestudeer die onderstaande plekdekking en beantwoord die vrae wat daarop volg: [Bron: <https://www.google.co.za/table/setting>] (a) Identifiseer die soort spyskaart wat aangebied word. Motiveer jou keuse. (2) (b) Voorspel die korrekte volgorde van die gange wat bedien sal word. (5) [10] 150 punte IEB Copyright © 2018
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: GASVRYHEIDSTUDIES Bladsy 13 van 16 AFDELING C VRAAG 12 Oorweeg die volgende stellings: KITSKOS – Die rede vir gesondheidskwessies! KITSKOS – Die beheerbare voedselbron vir die moderne persoon Gebruik Bronne A–D wat hieronder voorsien word, asook jou eie kennis en bespreek jou opinie betreffende bogenoemde stellings, in die vorm van 'n 1-1½ bladsy opstel. Om die vraag te beantwoord, word daar van jou verwag om: • 'n Argument te formuleer wat jou uitgangspunt/opinie oortuigend ondersteun. • Ondersoek die bronne deeglik en gebruik die inligting in die bronne om jou opinie/standpunt die beste te ontwikkel. • Kombineer jou eie kennis en ervaring in jou opinie/standpunt. BRON A SUID-AFRIKA SE KITSKOSETES VIR KINDERS VAN DIE ONGESONDSTE TER WÊRELD KFC Suid-Afrika se kinder-hoenderburger het een van die hoogste soutinhoude in die wêreld, en bevat 2,91 gram sout in 'n enkele ete – meer as die helfte van die daaglikse aanbevole soutinname van 'n volwassene. Die studie het bevind dat kommerwekkende hoeveelhede sout deur gewilde kitskoskettings aan kinders bedien word – met 82% (134 van 163) etes wat meer as 1 g sout bevat. Top 5 mees soutbelaaide kinderetes # Ete Land Sout per ete (gram) 1 KFC Popcorn Nuggets Kinderete Costa Rica 5,34 2 Burger King Kaasburger Colombië 4,82 3 McDonald's Mc Crispy Hoender Costa Rica 4,81 4 KFC Popcorn Nuggets Kinderete Verenigde State 4,28 5 KFC Hoender Kleuterete Verenigde State 4,23 "Alle kinders, ongeag waarvandaan hulle kom, behoort soms te kan uiteet as 'n bederfie, sonder om hul gesondheid in gevaar te stel." [Bron: <https://businesstech.co.za/news/lifestyle/96199/south-african-fast-food-meals-for-kids-among-the- most-unhealthy-in-the-world/>] IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: GASVRYHEIDSTUDIES Bladsy 14 van 16 BRON B SA SE KINDERS EET TE VEEL GEMORSKOS, VOLGENS DISCOVERY 25 Mei 2017 – 05:01 Tamar Kahn Suid-Afrikaanse kinders eet te veel gemorskos, bring te veel tyd voor skerms deur en kry nie genoeg oefening nie, wat hulle later in die lewe aan 'n klomp lewensbedreigende siektes blootstel, volgens 'n studie wat Discovery Health Woensdag bekend gemaak het. Die regering het 'n gesonde beleid ingestel om kinders se voeding te verbeter, soos belasting op suikerversoete drankies, maar volgens Lambert kan ouers, skole en gemeenskappe veel meer doen. Baie kinders se diëte het nie voedingstofdiversiteit nie, en is dikwels swaar in goedkoop koolhidrate en laag in vrugte en groente, word berig. [Bron: <https://www.businesslive.co.za/bd/nasionale/health/2017-05-25-sas-children-eat-too-much-junk- food-says-discovery/>] BRON C KITSKOS: DIE GESONDE KEUSES 21 April 2014 Wegneemetes word blameer vir vetsug en diabetes – maar daar is sommige wat jy kan eet sonder om jou te bekommer. Kitskos is oor die algemeen 'n ongebalanseerde manier van eet. Die meeste mense kies brood, skyfies, pizza, geprosesseerde vleis, kaas en gebraaide produkte, volgens Aginsky. Dit neig om laag in vesel en hoog in sout te wees, wat die risiko van hoë bloeddruk, hartkwale, diabetes, kanker en beroerte verhoog. Beperk kitskos tot een keer per week of een keer elke twee weke – kies dan 'n gesonde maaltyd. Hoë kilojoule-, vet- en soutinhoud maak 'n kitskosete ongesond. Jy word baie dors weens die hoë soutinhoud van kitskosse, en dit is hoekom jy geneig is om soet koeldranke daarmee saam te drink. [Bron: <https://www.news24.com/You/Archive/fast-food-the-healthy-choices-20170728-2>] IEB Copyright © 2018
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: GASVRYHEIDSTUDIES Bladsy 15 van 16 BRON D DIE GESONDSTE KITSKOSETES IN SUID-AFRIKA Byna elke kitskosketting, van McDonald's tot KFC, bied gesonde ete-opsies op hul spyskaarte aan, en kan die daaglikse vereiste kilojoule-inname van 'n volwassene met minstens 22% beperk. McDonald's: Bestel een enkele McDonald's biefburger – teen 1,092 kJ per burger. Dit is die gesondste wat beskikbaar is, solank jy niks daarmee saam eet nie. Nando's: Het die Vitality-ete bekendgestel, wat so vullend is as wat dit maer is. Dit bestaan uit 'n geroosterde hoenderborsie, gebraaide mielie en 'n standaard Portugese slaai. Steers: Hoender is die beste keuse. Terwyl die tuiste van die King Steer Burger kleiner "Get Real" burger-opsies beskikbaar het, word hierdie burgers in kinderetes gebruik, dus het ons die standaard burgers gekies. Debonairs: Die gesondste pizza by Debonairs is die "ware jakob" (klein) vegetariese pizza. Nie sleg vir die franchise wat Suid-Afrika se ete-vir-een met die meeste kalorieë bied nie. Burger King: Burger King se gesondste opsie is ook 'n hoendervariëteit – die Tendergrill hoenderburger. KFC: Bekend vir sy vetterige diepgebraaide hoenderlekkerte, dra KFC die gesonde eter op die hart. 'n Geroosterde hoenderburger. Wimpy: Die gesondste "ete" op die Wimpy-spyskaart is 'n Griekse slaai. Maar omdat ons slaaie uitsluit, is die geroosterde hoendermayonnaise wrap die gesondste opsie. 'n Geroosterde ham, kaas en tamatie een is eintlik gesonder, maar dit sluit 'n vol porsie skyfies (meer as 1,800 kJ) in. Roman's Pizza: Die vegetariese pizza-opsie is die gesondste by hierdie franchise. Roman's se klein vegetariese pizza is die swaarste "gesonde" ete uit die genoemde franchises. [Bron: <https://businesstech.co.za/news/lifestyle/100574/the-healthiest-fast-food-meals-in-south-africa/>] IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: GASVRYHEIDSTUDIES Bladsy 16 van 16 Rubriek om Afdeling C Vraag 12 na te sien Punt 0–1 punte 2 punte 3 punte 4 punte toegeken Gebruik van Maak Maak ʼn paar Menigte en Maak volledige bronne oppervlakkige toepaslike toepaslike gebruik van bronne. verwysing na een verwysings na verwysing na 4 of meer bronne. bronne. bronne gemaak. Gebruik van Sommige feite buite Sommige relevante Baie relevante feite Baie relevante feite eie kennis die bronne gegee feite buite die buite die bronne buite die bronne om argument te bronne gegee om gegee om gegee om ondersteun. argument te argument te argument te ondersteun. ondersteun. ondersteun. 4 EN EN By die argument Goed by die geïntegreer. argument geïntegreer. Toepaslikheid Opstel handel nie Bespreek kitskos, Bespreek stellings Bespreek stellings van inligting oor die stellings maar wat na bestanddele deeglik wat na betreffende kitskos oppervlakkige/geen van kitskos, bestanddele van nie. verwysing na gesondheids- kitskos en 'n reeks gesondheids- implikasies en gesondheids- 4 implikasies nie. voorbeelde verwys. implikasies (siektes en allergieë) verwys en gee relevante voorbeelde. Kwaliteit Skryfwerk bestaan Redenering korrek Ondersteun die Ondersteun 'n van argument/ uit feite met min maar moeilik om te posisie. duidelike posisie besluit skakeling of volg. Redenering is sterk. redenering. Bietjie skakeling duidelik. Redenering is baie 4 sigbaar. Geringe foute in duidelik en bondig. vloei. Vloei is logies en Skakeling is soms toon duidelike afwesig. begrip. Billikheid, Een teenargument Ten minste twee d.w.s gegee. teenargumente 2 argument teen gegee. Aanbieding Toon is Toon volwasse. konsekwent. Uitstekende en Goeie en toepaslike gepaste gebruik taal. van taal. Meestal gepaste Korrekte paragrafering. paragrafering met 2 Inleiding en goeie oorgange. gevolgtrekking het Interessante meriete. inleiding, bevredigende gevolgtrekking. 20 punte Totaal: 200 punte IEB Copyright © 2018

Study this subject

Revise the topics in this paper, then practise them question by question.

More papers and memos for this grade and subject.

More from Grade 12 Hospitality Studies

View all