Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN
NOVEMBER 2017
GASVRYHEIDSTUDIES
Tyd: 3 uur 200 punte
LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR
1. Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye en 'n Insetsel van 1 bladsy (i). Maak
asseblief seker dat jou vraestel volledig is.
2. Lees die instruksies vir elke vraag noukeurig deur en maak seker dat jy dit korrek
uitvoer.
3. Nommer die antwoorde presies soos die vrae genommer is.
4. Laat reëls oop tussen elke antwoord en begin elke afdeling op 'n nuwe bladsy.
5. Trek tabelle indien jy gevra word om jou antwoorde te tabuleer.
6. Sakrekenaars mag gebruik word.
7. Dit is in jou eie belang om leesbaar te skryf en jou werk netjies aan te bied.
IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Skip to contentQuestion paper 











View all
Hospitality Studies Grade 12 IEB 2017 Question Paper (Afrikaans)
IEB Grade 12 Hospitality Studies question paper from the 2017 (Afrikaans), 12 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Publisher: IEB
Hospitality Studies · Grade 12 · 2017 · Afrikaans. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Hospitality Studies
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2017
- Publisher
- IEB
- Curriculum
- IEB
- Pages
- 12
- File size
- 970.0 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 12
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: GASVRYHEIDSTUDIES Bladsy 2 van 12
AFDELING A
VRAAG 1 MEERKEUSIGE VRAE
Verskeie moontlike antwoorde word vir elke vraag voorsien. Kies en dui die mees
korrekte antwoord aan deur slegs die letter op die binnekant van die dekblad (die
blou bladsy) van jou Antwoordboek te merk.
1.1 BBP is die totale waarde van goedere en dienste wat in een … in 'n land
vervaardig en gelewer word.
A termyn
B week
C maand
D jaar
1.2 Produkte wat vir die gerief van 'n gas en afgevaardigde gelewer word, soos
penne en skryfblokke, word … genoem.
A gebruiksartikels
B monsters
C geskenkies
D promosie
1.3 Suksesvolle marknavorsing verseker dat voornemende besighede
lewensvatbaar en ... is.
A uniek
B betroubaar
C volhoubaar
D modern
1.4 Een van die gaste eet neute, wat gevolg word deur 'n irritasie op die vel wat
'n gejeuk, droogheid en knoppe veroorsaak. Dit kan as ('n) ... geklassifiseer
word.
A intoleransie
B ekseem
C anafilakse
D allergie
1.5 Die verskil tussen die verkoopprys en die oorspronklike voedselkoste staan
bekend as … wins.
A bruto
B netto
C primêre
D berekende
1.6 Die prys wat vir 'n kliënt vir 'n spesifieke funksie, spyskaart of gereg
bereken word.
A Oorhoofse
B Kwotasie
C Faktuur
D Balansstaat
IEB Copyright © 2017
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: GASVRYHEIDSTUDIES Bladsy 3 van 12
1.7 Hoenderlewers in spek toegedraai en gerooster.
A Fritots
B Rumaki
C Rissoles
D Kanapees
1.8 'n Ander term vir vleissap is ...
A sarkoplasma.
B kollageen.
C elastien.
D miofibrille.
1.9 ... is nie-elasties en bind die spiervesels aanmekaar en aan die
liggaamstruktuur.
A Elastien
B Spierweefsel
C Kollageen
D Sterk vesels
1.10 Tempeh word van gefermenteerde ... -bone gemaak.
A miso
B tofoe
C soja
D legume
[10]
IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: GASVRYHEIDSTUDIES Bladsy 4 van 12
VRAAG 2 PAS DIE KOLOMME
Pas die Wyn in Kolom B by die Voorbeeld van voedsel in Kolom A en by die
Soort glas in Kolom C. Skryf slegs die nommer, letter en Romeinse letter neer,
byvoorbeeld 2.6 J xi.
Kolom A Kolom B
Voorbeeld van voedsel Wyn
2.1 Forel in filomandjies A Muskadel
2.2 Sjokolademousse B Merlot
2.3 Oesters C Port
2.4 Skaapboud D Nie-alkoholiese mengeldrankies
2.5 Camembert en beskuitjies E Chenin Blanc
F Sjampanje
Kolom C
Soort glas
i ii iii iv v vi
[10]
VRAAG 3
3.1 TVP het baie voordele. Identifiseer enige VIER deur slegs die letters van
jou keuse neer te skryf.
A Dit bevat baie kilojoules en vette.
B Dit is goedkoper as dierproteïnes.
C Dit is ryk aan komplekse koolhidrate.
D Dit is 'n hoë biologiese proteïne.
E Dit het 'n baie goeie raklewe.
F Dit sal nie enige geurmiddels absorbeer nie.
G Dit het 'n lae glukemiese indeks. (4)
3.2 Kies die item wat NIE PAS NIE en verskaf 'n rede vir jou keuse.
3.2.1 Gelatien/Kollageen/Agar-agar (2)
3.2.2 Roerbraai/Diepvet-braai/Smoor (2)
3.2.3 Facebook/Skyfie-aanbiedings/Webwerwe (2)
[10]
30 punte
IEB Copyright © 2017
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: GASVRYHEIDSTUDIES Bladsy 5 van 12
AFDELING B
VRAAG 4
MSC Cruises is 'n internasionale skeepsvaartredery wat in Italië gestig is en in
Switserland geregistreer is, met sy hoofkantoor in Genève. MSC Cruises is die wêreld se
grootste skeepsvaartmaatskappy in privaatbesit, wat 16,300 mense wêreldwyd in diens
het en kantore in 45 lande sedert Julie 2014. MSC Cruises is deel van die Mediterranean
Shipping Company S.A. (MSC), die tweede grootste skeepsoperateur van
skeepvaarthouers ter wêreld.
[Vertaal vanuit: <https://en.wikipedia.org/wiki/MSC_Cruises>]
4.1 4.1.1 Jy word 'n pos as bemarkingsbestuurder van 'n MSC Cruise
passasierskip aangebied.
Gee in 'n kort paragraaf 'n beskrywing van die taak van 'n
bemarkingsbestuurder. (3)
4.1.2 Verduidelik hoe jy die bemarkingsmengsel in die proses van
bemarking van hierdie bootreise sal aanwend. (12)
4.2 Verduidelik aan die raad van direkteure hoe GASVRYHEID tot 'n bepaalde
land se ekonomie kan bydra. (7)
4.3 Onderskei tussen die verantwoordelikhede van die volgende TWEE
Menslike Hulpbronposisies:
4.3.1 Menslike hulpbronbestuurder (3)
4.3.2 Opleidingsbeampte (2)
4.4 Gee TWEE voorbeelde van promosie-idees wat gebruik kan word om die
bootreis te bemark. (2)
4.5 Sou jy "Gaste- en funksielokale" as 'n inkomste-genererende diens of 'n
nie-inkomste-genererende diens klassifiseer? (1)
[30]
IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: GASVRYHEIDSTUDIES Bladsy 6 van 12
VRAAG 5
Bestudeer die spyskaart en beantwoord die vrae wat volg:
SPYSKAART
TABLE D'HôTE
Amuse-bouche
Garnaaltempura
Gerookte varkfilet met appelsous
Pampoenpoffers met karamelsous
Diepgebraaide aartappelwiggies
Spinasie en Room
Griekse Slaai
Sjokolademousse
Nescafé koffie
5.1 Die uitvoerende sjef moet voorsiening maak vir 'n gas met diabetes.
5.1.1 Kies TWEE geregte wat nie geskik is nie. (2)
5.1.2 Maak voorstelle vir TWEE alternatiewe, meer geskikte geregte. (2)
5.1.3 Motiveer jou keuses. (2)
5.2 'n Paar tegniese foutjies het ingesluip toe die spyskaart geskryf is.
Identifiseer DRIE. (3)
5.3 5.3.1 Verduidelik wat voedselintoleransie is. (2)
5.3.2 Verwys na die spyskaart hierbo en identifiseer die voedselsoort wat
'n probleem kan veroorsaak vir 'n gas met laktose-intoleransie. (2)
5.4 Verduidelik die term "amuse-bouche". (2)
5.5 Party gaste is Joods. Dui die items op die spyskaart aan wat hulle nie sal
kan eet nie. (4)
5.6 Verduidelik wat 'n "á la carte" spyskaart is. (1)
[20]
IEB Copyright © 2017
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: GASVRYHEIDSTUDIES Bladsy 7 van 12
VRAAG 6
Wanneer voedsel ter sprake is, is higiëne altyd baie belangrik.
Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vraag.
As gevolg van die belangrikheid van die ooptyd-buffetarea op 'n passasierskip, kyk ons
na wat passasiers nie moet doen nie as hulle van die diens gebruik maak.
Moenie jou bord oorlaai nie. Die kos sal vir 'n wyle daar wees.
Een van die verkeerdste dinge wat passasiers op 'n passasierskip kan doen, is om hul
hande te gebruik wanneer hulle in die buffetry opskep. Daar sal altyd eetgerei
beskikbaar wees om die kos op die bord te plaas; indien nie, sal daar altyd 'n
personeellid beskikbaar wees om te help.
[Vertaal vanuit: <http://www.cruisehive.com>]
6.1 Voorspel die soort siekte wat kan voorkom as gevolg van die twee punte
hierbo en verduidelik hoe hierdie siekte oorgedra kon gewees het. (5)
Daar breek ongelukkig 'n virus uit op die Star Princess passasierskip. Bestudeer
die nuusberig en beantwoord die vrae.
Volgens 'n Cruise Hive-leser wat ons gekontak het, het 'n siekte tydens die vaart na
Hawaii op die Star Princess uitgebreek. Die virus is deur die Sentrums vir Siektebeheer
aangemeld, wat beteken dat meer as 33% van die passasiers tydens die reis aangetas is
ná 'n eilandbesoek.
"Die uitbraak was nie tot Hilo beperk nie en hospitaalpersoneel op die skip het bevestig
dat net minder as die helfte van die passasiers en bemanning deur die virus platgetrek
is." Hy het ook gesê: "Die bemanning was ooglopend afwesig en alle dienste is daardeur
geraak: van stadige kamerdiens aan diegene wat onder kwarantyn geplaas is ... tot die
sluiting van een van die hoof kosbufette. Gaste, oud en jonk, het siek geword en gekla
oor naarheid en braking, hartkloppings en spierkrampe."
Volgens ons leser is die situasie swak hanteer.
[Vertaal vanuit: <http://www.cruisehive.com/passasiers-became-sick-star-princess-during-
hawaii-cruise/11627>]
6.2 6.2.1 Identifiseer die siekte wat oorgedra is. (2)
6.2.2 Maak 'n lys van VYF voorsorgmaatreëls wat die voedsel-
hanteerders kon getref het om die verspreiding van die virus te
verhoed. (5)
6.3 In die artikel verwys hulle na die bemanningslede wat afwesig was en diens
wat verswak het. Watter invloede sal 'n virus soos die een wat in
Vraag 6.2.1 genoem word, op die arbeidsmag in Suid-Afrika hê, volgens
jou? (3)
6.4 Stel 'n memorandum aan die bemanning op oor die korrekte prosedure om
te volg wanneer klagtes hanteer word. (5)
[20]
IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: GASVRYHEIDSTUDIES Bladsy 8 van 12
VRAAG 7
Die volgende vleisgeregte sal as deel van die buffetete bedien word.
Blindevinke, Skaapvleissosaties, Herderspastei, Hoender Maryland, Lasagne & Eisbein
7.1 7.1.1 Maak 'n lys van VIER faktore wat die kwaliteit van die vleis voor
slagting kan beïnvloed. (4)
7.1.2 Verduidelik die term "rigor mortis". (1)
7.1.3 Verduidelik hoe die kleur van varkvleis goeie kwaliteit vleis sal
aandui. (2)
7.2 Watter vleissnit sal vir die volgende gebruik word?
7.2.1 Blindevinke (1)
7.2.2 Skaapvleissosaties (1)
7.3 Noem TWEE maniere om vleis te versag en verduidelik een metode. (3)
7.4 Identifiseer die land van oorsprong van die volgende geregte:
7.4.1 Chicken Maryland (1)
7.4.2 Eisbein (1)
7.4.3 Lasagne (1)
7.5 Vergelyk die tegnieke van die TOESKROEI en VERSEËL van vleis. (2)
[17]
VRAAG 8
8.1 Verduidelik hoekom dit baie belangrik is dat veganiste 'n gebalanseerde
dieet volg. (4)
8.2 Verduidelik wat die volgende soorte vegetariërs in hul dieet insluit en
uitsluit. Trek die volgende tabel na en voltooi dit:
Voedselsoorte Voedselsoorte
ingesluit uitgesluit
8.2.1 Pesco-vegetariër
8.2.2 Ovo-vegetariër
8.2.3 Flexitariër (6)
8.3 Skryf enige TWEE metodes neer wat gebruik kan word om vleis te
preserveer. (2)
8.4 Noem TWEE natuurlike preserveermiddels. (2)
8.5 "Dit is beter om vrugteskyfies in die oond as in die son te droog."
Lewer kommentaar op hierdie stelling en motiveer so 'n keuse. (2)
[16]
IEB Copyright © 2017
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: GASVRYHEIDSTUDIES Bladsy 9 van 12
VRAAG 9
9.1 Stel 'n memorandum op om die volgende aspekte kortliks te beskryf wat
die hors d'oeuvres sjef moet oorweeg wanneer versnaperinge vir 'n
skemerkelkiefunksie voorberei word.
Voorbereiding (2)
Aanbieding (2)
Opdiening (2)
9.2 Trek die tabel na en voltooi dit om die deeg vir Worsrolletjies en Quiche te
vergelyk.
Worsrolletjies Quiche
9.2.1 Beskrywing
9.2.2 Verhouding meel tot vet
9.2.3 Verhouding meel tot vloeistof (6)
9.3 Die sukses van chouxdeeg hang hoofsaaklik af van die
voorbereidingsmetode wat gebruik word. Motiveer die volgende
prosedures in die voorbereiding van die deeg.
9.3.1 Ekstra meel kan nie op 'n latere stadium by die deeg gevoeg word nie. (2)
9.3.2 Die temperatuur word verminder na 180 °C. (2)
9.4 Beskryf wat gebeur tydens die proses van gelatinering. (2)
[18]
VRAAG 10
10.1 Gee 'n kort beskrywing van die volgende nageregte:
10.1.1 Paris-brest (2)
10.1.2 Crêpe suzette (2)
10.1.3 Beignets (2)
10.2 Noem die sjef wat verantwoordelik is vir die nageregte. (1)
10.3 Die sjef maak 'n fout en berei 'n Italiaanse meringue in plaas van 'n
Switserse meringue voor.
Vergelyk die twee soorte meringue deur te verduidelik hoe hul verskil. (2)
10.4 10.4.1 Verduidelik VYF belangrike wenke wat nagekom moet word as daar
met baksjokolade gewerk word wat as versiering vir 'n nagereg
gebruik gaan word. (5)
10.4.2 Verduidelik die term "tempering". (2)
10.4.3 Noem die DRIE soorte kommersiële sjokolade. (3)
[19]
IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: GASVRYHEIDSTUDIES Bladsy 10 van 12
VRAAG 11
11.1 Die volgende prosesse is betrokke by die bediening van 'n formele ete.
Verduidelik wanneer hierdie prosesse moet plaasvind en hoe hulle
plaasvind:
11.1.1 Afkrummeling (4)
11.1.2 Aanbieding van rekening (4)
11.2 Verduidelik die term "Silwer diens". (2)
[10]
150 punte
IEB Copyright © 2017
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: GASVRYHEIDSTUDIES Bladsy 11 van 12
AFDELING C
VRAAG 12
"Dink jy tegnologie kan die menslike aanslag vervang wat die
gasvryheidsbedryf beweer hulle voorsien?"
Bestudeer die uittreksels hieronder. Gebruik die inligting en skryf 'n artikel vir 'n
Gasvryheidstydskrif waarin jy die gebruik van rekenaars en tegnologie in die
gasvryheidsindustrie krities bespreek. Bespreek die voordeel en nadeel daarvan.
Die artikel moet:
'n toepaslike opskrif en inleiding hê.
ongeveer 500 woorde en toepaslike paragrawe hê.
'n duidelike gevolgtrekking bereik en geldige redes vir jou antwoord gee.
Punte sal volgens die rubriek toegeken word.
Stelling 1
Hoe POS die gasvryheidsbedryf verander
Deur Joshua Smith, Prosesbestuurder by EPOS Ability
Tegnologiese vooruitgang het die manier waarop die gasvryheidsbedryf funksioneer, verander, veral
met betrekking tot gesofistikeerde verkoopspunt-stelsels. Die hedendaagse kliënt is dus gewoond
aan persoonlike en doeltreffende diens, danksy beter kliëntedata en vinniger betaalstelsels.
[Aangepas en vertaal vanuit: <http://www.hospitalitynet.org/news/4075084.htm>]
Stelling 2
Tegnologie in die gasvryheidsbedryf – verken die nuutste tendense
'n Opkomende tendens is om in 'n inboek/concierge toep (app) te belê wat die aanvanklike
diens doeltreffender en goedkoper kan maak.
[Aangepas en vertaal vanuit: <http://www.aurecongroup.com/en/thinking/insights/aurecons-successful-
hotels/tegnologie-in-die-hospitality-industry-exploring-die-very-latest-trends.aspx>]
Stelling 3
Hoe beïnvloed tegnologie die gasvryheidsbedryf?
Mobiele toestelle kan in baie gevalle tradisionele rekenaars maklik vervang. Concierge
professionele kan byvoorbeeld gaste betrek en in reële tyd na hul versoeke omsien as vaste
tafelrekenaars deur vinnige mobiele rekenaartoestelle vervang word.
[Aangepas en vertaal vanuit: <http://www.besthospitalitydegrees.com/faq/how-does-tegnologie-affect-die-
hospitality-industry>]
Stelling 4
Opstel oor: Voordele en nadele van die gasvryheidsbedryf toerisme
Gepubliseer: 23 Maart 2015
Die groei van e-handel beïnvloed die toerismebedryf. Toeriste is deesdae gewoond aan
lugversorgde busse met video- en oudiostelsels, sentrale besprekingstelsels en die gebruik van
rekenaars by reisagentskappe. Toenemende mededinging sal organisasies dwing om nuwe
tegnologie ten volle te benut. Nuwe ontwikkelings in vervoer open moontlikhede vir nuwe
langafstandbestemmings.
[Aangepas en vertaal vanuit: <https://www.ukessays.com/essays/tourism/advantages-and-disadvantages-
of- die-hospitality-industry-tourism-essay.php>]
IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: GASVRYHEIDSTUDIES Bladsy 12 van 12
Stelling 5
Sal die groeiende, magtige digitale tegnologie ooit uitbrei na gebiede wat tans menslike
oordeelsvaardighede vereis? Intelligensie word gewoonlik gedefinieer as "die vermoë om
kennis en vaardighede te verwerf en toe te pas". Die meeste definisies sluit nie die handeling
van besluitneming in nie en geeneen spreek die vermoë aan om doelstellings te kies of waardes
te hê wat die besluitnemingsproses vorm nie.
[Aangepas en vertaal vanuit: <https://theurbantechnologist.com/2015/04/12/3-human-qualities-digital-
tegnologie-cant-replace-in-die-future-economy-experience-values-and-judgement>]
Stelling 6
Pepper die robot kry werk by Pizza Hut
Die humanoïde-metgesel sal teen die einde van 2016 bestellings in Asië neem.
SoftBank se Pepper robot is gereed vir 'n nuwe beroep in die voedselbedryf. Pizza Hut en
MasterCard is besig met 'n toetslopie waar Pepper, teen die einde van 2016, gebruik sal word
om bestellings te neem en inligting te verskaf. Sodra die MasterCard gekoppel is aan die
bestelling, kan betalings gemaak word en vrae oor die kalorietelling sal deur Peper beantwoord
word. Dit lyk na 'n pynlose proses en die mensagtige helper kan die werklading van die
personeel verlig. Daar moet egter nog bepaal word of dit minder-gunstige omstandighede kan
hanteer.
[Aangepas en vertaal vanuit: <https://www.engadget.com/2016/05/24/pepper-robot-at-pizza-hut>]
20 punte
Totaal: 200 punte
IEB Copyright © 2017
Study this subject
Revise the topics in this paper, then practise them question by question.
- Grade 12 Hospitality Studies notes
CAPS revision notes with worked examples.
- Hospitality Studies questions by topic
Past exam questions sorted by CAPS topic, with memos where available.
- All Grade 12 Hospitality Studies past papers
Past papers by year, with memos where available.
- Grade 12 IEB past papers
More Hospitality Studies and other subjects in this collection.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.

Question paperIEB
Hospitality Studies Grade 12 IEB 2019 Question Paper

Question paperIEB
Hospitality Studies Grade 12 IEB 2019 Question Paper (Afrikaans)

Question paperIEB
Hospitality Studies Grade 12 IEB 2018 Question Paper

Question paperIEB
Hospitality Studies Grade 12 IEB 2018 Question Paper (Afrikaans)

Question paperIEB
Hospitality Studies Grade 12 IEB 2017 Question Paper

MemorandumIEB
Hospitality Studies Grade 12 IEB 2019 Memo
Related documents

MemorandumIEB
Hospitality Studies Grade 12 IEB 2017 Memo (Afrikaans)

AddendumIEB
Hospitality Studies Grade 12 IEB 2017 Addendum (Afrikaans)

MemorandumIEB
Hospitality Studies Grade 12 IEB 2019 Memo (Afrikaans)

MemorandumIEB
Hospitality Studies Grade 12 IEB 2018 Memo (Afrikaans)

MemorandumIEB
Hospitality Studies Grade 12 IEB 2017 Memo

AddendumIEB
