Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN
NOVEMBER 2019
GASVRYHEIDSTUDIES
Tyd: 3 uur 200 punte
LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR
1. Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye. Maak asseblief seker dat jou vraestel
volledig is.
2. Lees die instruksies vir elke vraag noukeurig deur en maak seker dat jy dit uitvoer.
3. Nommer jou antwoorde presies soos die vrae genommer is.
4. Laat reëls oop tussen elke antwoord en begin elke afdeling op 'n nuwe bladsy.
5. Trek tabelle wanneer jy gevra word om jou antwoorde te tabuleer.
6. Sakrekenaars mag gebruik word.
7. Dit is in jou eie belang om leesbaar te skryf en jou werk netjies aan te bied.
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Skip to contentQuestion paper 











View all
Hospitality Studies Grade 12 IEB 2019 Question Paper (Afrikaans)
IEB Grade 12 Hospitality Studies question paper from the 2019 (Afrikaans), 15 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Publisher: IEB
Hospitality Studies · Grade 12 · 2019 · Afrikaans. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Hospitality Studies
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2019
- Publisher
- IEB
- Curriculum
- IEB
- Pages
- 15
- File size
- 778.9 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 15
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: GASVRYHEIDSTUDIES Bladsy 2 van 15
AFDELING A
VRAAG 1 MEERVOUDIGE KEUSEVRAE
Beantwoord die vrae op die meervoudige keusevrae antwoordblad aan die
binnekant van die voorblad van jou Antwoordboek. Maak 'n kruisie (X) in die blokkie
wat ooreenstem met die letter van die antwoord wat jy as die korrekte een beskou.
1.1 Die verskil tussen die koste van die vervaardiging van 'n item en die
bedrag waarvoor dit verkoop word, staan bekend as die ...
A voedselkoste.
B bruto wins.
C netto wins.
D direkte koste.
1.2 ... is die proses waartydens die kleinbordjies en sout-en-peperstelletjies na
die hoofmaaltyd van die tafel verwyder word.
A Afdek
B Mise-en-Place
C Afkrummeling
D Silwerbediening
1.3 ... verwys na 'n baie droë vonkelwyn.
A Doux
B Sec
C Demi-sec
D Brut
1.4 ... is die metode van vakuumverpakking van beesvleis vir twee weke in die
yskas.
A Natveroudering
B Veroudering
C Rigor mortis
D Droëveroudering
1.5 ... -neute het 'n unieke groen kleur en word dikwels in fyngebak,
vleisgeregte en gesondheidsbrode gebruik.
A Pekan
B Pistachio
C Hasel
D Denne
1.6 'n Kwotasie is gewoonlik geldig vir ... dae.
A 15
B 20
C 25
D 30
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: GASVRYHEIDSTUDIES Bladsy 3 van 15
1.7 Tussenspiervet in vleis staan algemeen bekend as ...
A marmering.
B kollageen.
C elastien.
D bardering.
1.8 ... word gebruik om biltong te maak.
A Filet
B Dy
C Dikrib
D Nek
1.9 ... sjokolade is 'n natuurlike, hoë-kwaliteit, donker, melk- en wit sjokolade
wat bykomende kakaobotter bevat.
A Couverture
B Kommersiële
C Bak
D Saamgestelde (compound)
1.10 ... is die proses waardeur suiker in alkohol en koolstofdioksied omskep
word.
A Verheldering
B Fortifisering
C Karbonering
D Fermentasie
[10]
VRAAG 2 PAS DIE KOLOMME
Bestudeer die voorbeelde van vegetariese geregte in Kolom B hieronder en pas
dit by die vegetariese diëte in Kolom A. Skryf slegs die letter (A–E) langs die
vraagnommer (2.1–2.5) in die antwoordboek, byvoorbeeld 2.6 J.
Kolom A Kolom B
Vegetariese Diëte Gereg
2.1 Vegaan A Hoender en aspersie wrap
2.2 Pesco-vegetaries B Aarbeie, pynappel, kiwi en druiwe
2.3 Lakto-vegetaries C Melk, joghurt en vrugte
2.4 Pollopescotaries D Kekerertjies, pampoen, spinasie en rys
2.5 Vrugtetaries E Vis en slaai
[5]
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: GASVRYHEIDSTUDIES Bladsy 4 van 15
VRAAG 3
3.1 Kies VIER bestanddele, uit die alternatiewe wat hieronder gelys is, wat die
stolling van gelatien in 'n nagereg sal verswak. Skryf slegs die letters langs
die vraagnommer neer.
A Rou pynappel
B Heel eier
C Eierwitte
D Suurlemoensap
E Geblikte pynappel
F Haselneute (4)
3.2 Kies die opsie wat NIE pas NIE en verskaf 'n rede vir jou keuse.
3.2.1 Crudités/Canapés/Cartouche (2)
3.2.2 Hidrasie/Dispersie/Sinerese (2)
3.2.3 Lende/Dikrib/Kruis (2)
3.3 Gee die korrekte term vir die volgende:
3.3.1 'n Aansteeklike siekte wat hoofsaaklik die longe aantas. (1)
3.3.2 Fokus op data oor die gewildheid van spyskaartitems (verkoops-
volume-koste) en die wins van elke gereg. (1)
3.3.3 Biologiese molekules wat help om die natuurlike elemente af te
breek wanneer vleis versag word. (1)
3.3.4 Piramide van gevulde roompoffertjies bedek met spinsuiker. (1)
3.3.5 Die bestanddeel wat bier sy kenmerkende smaak gee. (1)
[15]
30 punte
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: GASVRYHEIDSTUDIES Bladsy 5 van 15
AFDELING B
VRAAG 4
4.1 Verwys na die volgende uittreksel om die vrae wat volg te beantwoord.
'n Kostrokkie (food truck) is 'n buigsame klein onderneming en word gesien as
'n opwindende en lewensvatbare opsie vir kos-entoesiaste wat hul drome wil
nastreef. Die voertuig is toegerus om kos gaar te maak en te verkoop.
Die suksesvolste kostrokkies skep 'n spyskaart wat gerieflik staande geëet kan
word, sonder die behoefte aan aparte borde en lastige eetgerei. Party kosse
benodig 'n beheerde omgewing en is nie geskik vir hierdie manier van eet nie.
'n Suksesvolle konsep hang af van wat jy wil skep.
[<https://articles.bplans.com/restaurant-or-food-truck-which-is-better-for-a-beginner>]
4.1.1 Watter faktore moet oorweeg word as 'n spyskaart vir 'n kostrokkie
beplan word? (5)
4.1.2 Verskaf dieetkundige riglyne vir kostrokkie-kliënte met die
volgende gesondheidstoestande. Motiveer jou voorstel.
(a) Hoë cholesterol (2)
(b) Hipertensie (2)
(c) Diabetes Mellitus (2)
4.2 Identifiseer DRIE moontlike oorhoofse kostes wat 'n kostrokkie-eienaar
moet oorweeg wanneer die finale koste om 'n kostrokkie te bestuur,
bereken word. (3)
4.3 4.3.1 Noem DRIE nadele wat kliënte mag ervaar as hulle kos van 'n
kostrokkie eet. (3)
4.3.2 Watter raad sal jy 'n kostrokkie-eienaar gee om hom/haar te help
om elk van die bogenoemde nadele te hanteer? (3)
[20]
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: GASVRYHEIDSTUDIES Bladsy 6 van 15
VRAAG 5
Ter wille van gerief gebruik kostrokkie-eienaars gepreserveerde voedselitems.
5.1 Wat is die funksie van die volgende chemikalieë wat in die preserverings-
proses gebruik word?
5.1.1 Bensoësuur (1)
5.1.2 Natriumbensoaat (1)
5.1.3 Salisielsuur (1)
5.2 Bespreek die voordele van die gebruik van die soort preserveringsmetode
wat hieronder getoon word.
[<https://www.thespruceeats.com/canning-
alkaline-and-acidic-foods-132742>] (5)
5.3 Noem twee voordele van kosberoking as 'n metode van preservering. (2)
[10]
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: GASVRYHEIDSTUDIES Bladsy 7 van 15
VRAAG 6
Bestudeer die afbeelding hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
[<https://www.google.co.za/food+truck+lines+get+longer>]
6.1 6.1.1 Gee VYF redes waarom kliëntediens baie belangrik in die
gasvryheidbedryf is. (5)
6.1.2 Definieer "voortreflike diens". (2)
6.1.3 Watter soort kliëntediens dink jy word verwag wanneer by 'n
kostrokkie gekoop word? (3)
6.2 6.2.1 Hoe kan jy tegnologie by die kostrokkie gebruik om voedseldiens
te verhoog? (4)
6.2.2 Lewer kommentaar op die effektiwiteit en impak van sosiale media
op die "eetervaring" van kostrokkie-kliënte. (6)
[20]
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: GASVRYHEIDSTUDIES Bladsy 8 van 15
VRAAG 7
Bestudeer die afbeelding van 'n kostrokkie hieronder en beantwoord die vrae wat
volg.
[<https://www.google.co.za/search?q=meat+ventures&bron>]
7.1 7.1.1 "Meatventures bied alles van spek tot borsstuk".
Verduidelik die proses waar spek gedurende die kookproses saam
met borsstuk gebruik word om die vleissnit te verbeter. (3)
7.1.2 Beskryf die kenmerke van borsstuk. (2)
7.1.3 Beveel die beste kookmetode aan vir borsstuk wat by die
"Meatventures" kostrokkie bedien word. (1)
7.2 Identifiseer EEN geskikte sous en TWEE bygeregte vir elke soort vleis wat
by die "Meatventures" kostrokkie bedien word. Teken en voltooi die tabel.
Soort vleis EEN SOUS TWEE BYGEREGTE
Vark
Skaap (6)
7.3 'n Kliënt bestel mediumgaar biefstuk by die kostrokkie.
7.3.1 Wat is die interne kooktemperatuur van mediumgaar vleis? (1)
7.3.2 Beskryf die graad van gaarheid van mediumgaar vleis. (2)
7.4 In pas met huidige tendense, verkoop hulle ook afval by die
"Meatventures" kostrokkie. Gee DRIE voorbeelde van organe wat deel
vorm van spiervleis wat hulle kan bedien. (3)
7.5 Noem TWEE kenmerke van wildsvleis wat dit 'n baie gewilde alternatief vir
rooivleis maak wat by die "Meatventures" kostrokkie bedien word. (2)
[20]
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: GASVRYHEIDSTUDIES Bladsy 9 van 15
VRAAG 8
[<https://www.google.com/search?q=Dessert+fo
od+trucks&bron>]
8.1 'n Nagereg-kostrokkie bied die volgende gevriesde nageregte:
Roomys en Granita
Onderskei tussen hierdie twee nageregte. (4)
8.2 Klassifiseer en beskryf die volgende klassieke nageregte.
8.2.1 Crêpes Suzette (3)
8.2.2 Crème Brûlèe (3)
8.3 Sjokolade éclairs kom op die nageregspyskaart van die kostrokkie voor.
Beskryf hoe éclairs gebak word. Neem temperatuurbeheer in ag. (3)
8.4 Drie soorte smeer kan gebruik word vir die voorbereiding van tertdeeg.
Noem die drie soorte en dui aan watter opsie die beste is. (4)
8.5 Op een van die kostrokkie se nageregresepte kom die woord "prik" in die
metode voor. Wat is die betekenis van hierdie term? (1)
8.6 In die nagereg-kostrokkie word verskillende tertdeeg gebruik om items
voor te berei. Identifiseer die soort tertdeeg wat gebruik word om die
volgende voor te berei:
8.6.1 Baklava (1)
8.6.2 Vol-au-vents (1)
[20]
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: GASVRYHEIDSTUDIES Bladsy 10 van 15
VRAAG 9
9.1 Die Wyn, Bier en Voedseltrokkiefees fokus
daarop om kos en wyn bymekaar te laat pas.
[<https://www.google.com/search?biw=1366&bih=651&>]
Noem een kultivar wat by die volgende kossoorte sal pas:
9.1.1 Stokvis (1)
9.1.2 Tuna (1)
9.1.3 Bief Wellington (1)
9.1.4 Volstruisfillet (1)
9.2 Onderskei tussen die fermentasie van 'n Ale, Lager en Stout. (3)
9.3 Watter maatreëls moet die kroegman van 'n kostrokkie implementeer om
die higiëniese voorbereiding en diens van mocktails te verseker? (3)
9.4 Verduidelik, in puntvorm, die voorbereiding van nie-alkoholiese drankies
vir 'n formele restaurantaand. (5)
9.5 Dranklisensies word in twee kategorieë verdeel. Onderskei tussen 'n
"perseelverbruik" en "wegverbruik" lisensie. (2)
9.6 Verskaf drie redes waarom 'n persoon gediskwalifiseer kan word, of
waarom daar nie 'n dranklisensie toegestaan word nie. (3)
[20]
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: GASVRYHEIDSTUDIES Bladsy 11 van 15
VRAAG 10
[<https://articles.bplans.com/restaurant-or-food-truck-which-is-better-for-a-beginner/>]
10.1 Die belangrikste aspek van 'n goeie kostrokkie-kombuisuitleg is dat dit take
gemakliker en geriefliker maak. Kostrokkie-eienaars kan 'n reeks onvoorsiene
uitdagings ervaar.
Bestudeer die prent hierbo en identifiseer DRIE moontlike uitdagings wat
die kostrokkie-eienaar sal ervaar. Stel voor hoe hierdie probleme deur die
eienaar opgelos kan word. (6)
10.2 Noem VIER belangrike feite om in gedagte te hou as die kostrokkie-
rekening aan die einde van die diens oorhandig word. (4)
[10]
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: GASVRYHEIDSTUDIES Bladsy 12 van 15
VRAAG 11
11.1 Ann is 18 jaar oud, kreatief en energiek en wil graag haar eie besigheid
begin. Sy besluit om 'n kostrokkie te begin.
11.1.1 Verskaf 'n sterk argument vir haar keuse. (5)
11.1.2 Verduidelik die verskil tussen verkope, bemarking en menslike
hulpbronne vir die kostrokkie en hoe dit met mekaar verband hou. (6)
11.2 Vergelyk die onderstaande advertensies en beantwoord die vrae wat volg.
Advertensie A Advertensie B
[<https://www.google.com/search? [<www.stockunlimited.com/vector/food-
Food-truck-28-Mei- truck-festival-poster_1799596.html>]
qgGqTF3nUdpMM:>]
11.2.1 Watter advertensie is die effektiefste bemarkingsinstrument vir
Ann om te gebruik? (1)
11.2.2 Verskaf DRIE redes vir jou keuse in Vraag 11.2.1. (3)
11.3 11.3.1 Verduidelik wat bedoel word met "markdoelwitte". (1)
11.3.2 Identifiseer een markdoelwit vir die kostrokkie. (1)
11.4 Wat is die beste beginsel vir die aanvangsbefondsing wat Ann moet
oorweeg wanneer sy haar besigheid begin? (1)
11.5 Verduidelik die faktore wat die teikenmark en marksegmentering vir enige
besigheidsgeleentheid beïnvloed. (4)
11.6 Watter effek het die toerismebedryf op die Suid-Afrikaanse ekonomie? (5)
11.7 Onderskei tussen inkomstegenererende en nie-inkomstegenerende areas
in die gasvryheidsbedryf. (2)
11.8 Waarvoor staan REVPAR? (1)
[30]
150 punte
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: GASVRYHEIDSTUDIES Bladsy 13 van 15
AFDELING C
VRAAG 12
Oorweeg die volgende stellings:
KOSTROKKIES – 'N VOEDSELVEILIGHEID BEKOMMERNIS
KOSTROKKIES – 'N MODERNE, GERIEFLIKE EN GESONDE MANIER OM VOEDSEL TE
BEDIEN
Gebruik die Bronmateriaal, A–D hieronder, sowel as jou eie kennis, om jou siening
oor bogenoemde stellings in 'n 1–1½-bladsy opstel te bespreek.
Om die vraag te beantwoord, word die volgende van jou verwag:
• Stel 'n argument wat jou standpunt oortuigend ondersteun.
• Bestudeer die bronmateriaal noukeurig en gebruik die inligting in die bronne
om jou argument ten beste te ontwikkel.
• Integreer jou eie kennis en ervarings in jou argument.
BRON A KOSTROKKIE KOSVEILIGHEID
Volgens die marknavorsingsfirma IBISWorld het die VSA meer as 4 000 kostrokkies in sy
strate. Die jaarlikse omsetgroei tussen 2011 en 2016 was 7,9 persent. Dit maak die
onderneming vanselfsprekend aantreklik vir baie entrepreneurs wat die potensiaal vir 'n
klein belegging met 'n groot opbrengs sien.
"Daar is reeds 'n bewustheid en erkenning dat kostrokkies nie gaan verdwyn nie en dat
hulle aan dieselfde voedselveiligheidstandaarde as ander restaurante moet voldoen,"
verduidelik Erin DiCaprio. "Dieselfde kleinhandelvoedselkodes wat geld vir baksteen-en-
sement restaurante, geld ook vir kostrokkies."
Daardie kode kan op sigself nogal uitdagend vir verkopers wees om na te kom, wat 'n
gevaar vir voedselveiligheid inhou. Volgens dr. DiCaprio lê die uitdaging vir verkopers
daarin om te kan waarborg dat hulle voldoende toegerus is met behoorlike fasiliteite om
skoonmaak en sanitasie, loodgietery en handhigiëne, asook verkoeling en plaagbeheer,
te verseker.
[<https://www.foodqualityandsafety.com/article/food-truck-food-safety/>]
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: GASVRYHEIDSTUDIES Bladsy 14 van 15
BRON B HOE VEILIG IS KOSTROKKIES?
BUTLER COUNTY – Die groeiende gewildheid van kostrokkies het 'n nuwe uitdaging vir
gesondheidsinspekteurs teweeggebring wat die veiligheid van elke voedseldiensoperasie
moet evalueer, hetsy dit vier wiele of 'n voordeur het. Plaaslike kostrokkies word jaarliks
gelisensieer, maar hul aanvanklike inspeksie vind plaas wanneer die mobiele eenheid nie
enige kos bedien nie. Sodra die trokkies op die pad is, moet gesondheidsinspekteurs op
steekproewe staatmaak om te evalueer hoe streng voedselhanteringskodes nagekom
word. Maar die resensie het ook bevind dat kostrokkies met 'n ander stel reëls as
tradisionele restaurante werk en dit is moeiliker vir kliënte om inspeksieresultate te
monitor om vas te stel of 'n trokkie probleme ondervind.
Restaurant- en kostrokkie-inspeksies is een aspek van optrede teen die soort
voedseloordraagbare siektes wat, volgens die Sentrum vir Siektebeheer en -voorkoming,
jaarliks ongeveer een uit elke ses Amerikaners siek maak. Die SSB beraam dat 48 miljoen
mense siek word, 128 000 word in die hospitaal opgeneem en 3 000 sterf jaarliks van
voedseloordraagbare siektes.
Gesondheidsinspekteurs dwing die Ohio Uniform Food Safety Code af op alle voedsel-
bedrywighede waartoe die publiek toegang het met die oog op die voorkoming van sulke
uitbrake. Hulle toets verkoelingstoerusting om seker te maak dat koue kos koud genoeg
bly en hulle toets plekke waar kos gehou word om seker te maak dat gekookte kos by 'n
temperatuur gehou word wat bakterieëverspreiding sal verhoed wat tot
voedseloordraagbare siektes kan lei of dit vererger. Hulle maak seker dat warm water
beskikbaar is om hande en skottelgoed te was en dat voldoende gekonsentreerde
ontsmettingsmiddel beskikbaar is om kieme tydens die was van skottelgoed dood te
maak.
[<https://www.journal-news.com/news/how-safe-are-food-trucks/llq0rgaVlYGLF4xEo3JsUM/>]
BRON C NUWE STUDIE TOON DAT KOSTROKKIES VEILIGER AS
RESTAURANTE IS
Hier is goeie nuus vir die kwynende kostrokkiebedryf: 'n Nuwe studie toon dat
kostrokkies dikwels 'n veiliger plek is om by te eet as restaurante. 'n Verslag van die
Instituut van Justisie het bevind dat kostrokkies en waentjies geneig is om minder
gesondheids- en veiligheidoortredings as restaurante te begaan.
Dit is voorwaar goeie nuus vir kostrokkie-eienaars wat baie uitdagings ondervind het as
gevolg van streng beperkings deur beleidmakers – waarvan baie met voedselveiligheid
te doen het.
[<https://www.eater.com/2014/6/16/6206837/new-study-shows-food-trucks-are-safer-than-restaurants>]
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: GASVRYHEIDSTUDIES Bladsy 15 van 15
RUBRIEK OM AFDELING C VRAAG 12 NA TE SIEN
Punt
0 1 punt 2 punte 3 punte 4 punte
toegeken
Gebruik van Geen verwysings na Oppervlakkige verwysing 'n Paar toepaslike verwysings Verskeie en toepaslike Volledige gebruik van
4
bronne bronne nie. na een of meer bronne. na bronne. verwysings na bronne. bronne.
Gebruik van Slegs irrelevante of Enkele feite buiten die Sommige relevante feite Baie toepaslike feite Baie relevante feite buiten
eie kennis onakkurate feite bronne gegee om buiten die bronne gegee om buiten die bronne gegee die bronne gegee om
gegee. argument te ondersteun. argument te ondersteun. om argument te argument te ondersteun EN 4
EN by die argument ondersteun. goed by die argument
geïntegreer. geïntegreer.
Toepaslikheid Opstel handel nie oor Bespreek veiligheid Bespreek veiligheid Bespreek stellings wat Bespreek stellings
van inhoud die stellings oppervlakkig en sonder oppervlakkig of sonder verwys na gesondheid en breedvoerig wat verwys na
betreffende die implikasies of verwysing na die veiligheidspraktyke en gesondheid en
gesondheid en verwysing na kostrokkies. gesondheidsimplikasie of gee enkele voorbeelde veiligheidspraktyke in
veiligheid van sonder verwysing na van hoe om 'n veilige kostrokkies en gee 4
kostrokkies nie. kostrokkies. standaard te handhaaf. voorbeelde van hoe
kosvoorbereiding in
kostrokkies kosoordraag-
bare siektes kan voorkom.
Kwaliteit van Antwoord maak geen Skryfwerk bestaan uit feite Redenering korrek, maar Ondersteun die posisie. Ondersteun 'n duidelike
argument sin nie. met min skakeling of moeilik om te volg. Redenasie is duidelik. posisie sterk.
redenering. Geringe skakeling Geringe foute in vloei. Redenasie is baie duidelik
4
teenwoordig. Skakeling is soms en bondig.
afwesig. Vloei is logies en toon
duidelike begrip.
Billikheid, Geen teenargument Een teenargument gegee. Minstens twee
d.w.s teen- gegee nie. teenargumente gegee. 2
argument
Aanbieding Min of geen struktuur Toon is konsekwent. Volwasse toon.
in die antwoord nie. Goeie en gepaste taal. Uitstekende en gepaste
Meestal gepaste taalgebruik.
paragrafering. Korrekte paragrafering met 2
Inleiding en goeie oorgange.
gevolgtrekking het Interessante inleiding,
meriete. bevredigende slot.
20 punte
Totaal: 200 punte
IEB Copyright © 2019
Study this subject
Revise the topics in this paper, then practise them question by question.
- Grade 12 Hospitality Studies notes
CAPS revision notes with worked examples.
- Hospitality Studies questions by topic
Past exam questions sorted by CAPS topic, with memos where available.
- All Grade 12 Hospitality Studies past papers
Past papers by year, with memos where available.
- Grade 12 IEB past papers
More Hospitality Studies and other subjects in this collection.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.

Question paperIEB
Hospitality Studies Grade 12 IEB 2019 Question Paper

Question paperIEB
Hospitality Studies Grade 12 IEB 2018 Question Paper

Question paperIEB
Hospitality Studies Grade 12 IEB 2018 Question Paper (Afrikaans)

Question paperIEB
Hospitality Studies Grade 12 IEB 2017 Question Paper

Question paperIEB
Hospitality Studies Grade 12 IEB 2017 Question Paper (Afrikaans)

MemorandumIEB
Hospitality Studies Grade 12 IEB 2019 Memo
Related documents

MemorandumIEB
Hospitality Studies Grade 12 IEB 2019 Memo (Afrikaans)

MemorandumIEB
Hospitality Studies Grade 12 IEB 2018 Memo (Afrikaans)

MemorandumIEB
Hospitality Studies Grade 12 IEB 2017 Memo (Afrikaans)

AddendumIEB
Hospitality Studies Grade 12 IEB 2017 Addendum (Afrikaans)

MemorandumIEB
Hospitality Studies Grade 12 IEB 2018 Memo

MemorandumIEB
