Vertroulik
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
GASVRYHEIDSTUDIES
NOVEMBER 2024
PUNTE: 200
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 20 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
You're offline
Skip to contentQuestion paper 








View all



Hospitality Studies Nov 2024 Afr.pdf
Hospitality Studies · Grade 12 · November 2024 NSC · 2024. Question paper, 20 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Hospitality Studies
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2024
- Exam period
- November 2024 NSC
- Pages
- 20
- File size
- 1.2 MB
Loading document…
Loading document…
1 of 20
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Gasvryheidstudies 2 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings.
AFDELING A: Kortvrae (alle onderwerpe) (40)
AFDELING B: Kombuis- en restaurantbedrywighede;
Higiëne, veiligheid en sekuriteit (20)
AFDELING C: Voeding en spyskaartbeplanning;
Voedselkommoditeite (80)
AFDELING D: Sektore en loopbane;
Voedsel- en drankbediening (60)
2. Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
4. AFDELING A: VRAAG 1: Beantwoord al die vrae onder mekaar in die
ANTWOORDEBOEK sonder om 'n reël oop te los, soos hieronder getoon.
Korrek:
1.1.1
1.1.2
Verkeerd:
1.1.1
1.1.2
5. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Gasvryheidstudies 3 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
AFDELING A: KORTVRAE
VRAAG 1
1.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (AD) langs die vraagnommers
(1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.11 B. Nov
VOORBEELD:
1.1.11 'n Goeie bron van vitamien C is …
A melk.
B lemoene.
C vleis.
D brood.
ANTWOORD:
1.1.11 B
1.1.1 'n Eienskap van broskorsdeeg:
A Gelamineerde lae
B Veelvuldige lae
C Krummelrige tekstuur
D Onegalige tekstuur (1)
1.1.2 Kies EEN van die produkte in die prentjies (A–D) waar die
preserveringsmetode uit beroking, droging en die byvoeg van sout
bestaan:
Ham Pere Sardientjies Biltong
A B C D (1)
1.1.3 'n Waterbad wat bestaan uit 'n vlak houer met stomende water en
wat met elektrisiteit verhit word:
A Warmskinkbord
B Warmlaai
C Konfoor ('Chafing dish')
D Bain-marie (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Gasvryheidstudies 4 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
1.1.4 Kies die tegnieke wat op die beesvleis in die prentjie hieronder
toegepas is.
A Vulsel en toeskroei
B Afranding/Afwerking en voorsny
C Ontbening en lardering
D Bardering en vasbind (1)
1.1.5 Die hoofdoel van die openings-mise-en-place in 'n restaurantkombuis
is om …
A vir die volgende dag se spyskaartitems voor te berei.
B die dag se bestellings en verkope te finaliseer.
C kombuisgereedskap skoon te maak en te tel.
D die kelnerstasies vir bediening voor te berei. (1)
1.1.6 'n Aksie wat in 'n restaurantopset prioriteit moet geniet wanneer
'n gas ontevredenheid uitspreek:
A Ignoreer die situasie om konflik te vermy
B Gee vinnig en effektief aandag aan die probleem
C Gee die gas opdrag om kalm en geduldig te bly
D Raak betrokke by 'n debat om die restaurant se beleid te
bespreek (1)
1.1.7 Kies 'n koue hors d'oeuvre uit die vleis-en-vleisalternatiewe
voedselgroep in die prentjies (A–D) hieronder getoon.
MOZZARELLA- SUURROOM- PIKANT- SPESERY-
EN-TAMATIE- EN-VINKEL- RISSIE-EN- GEVULDE
STOKKIES KOMKOMMER- KAAS- EIERS
KOPPIES PALMIERS
A B C D (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Gasvryheidstudies 5 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
1.1.8 Die metode om beesvleis vakuum te verpak en dit vir twee weke in
die yskas te laat:
A Elektriese verkoeling
B Nat rypwording
C Rigor mortis
D Droë rypwording (1)
1.1.9 Die proses waartydens suiker na alkohol en koolstofdioksied
omgeskakel word:
A Fermentasie
B Fortifisering
C Karbonisering
D Verheldering (1)
1.1.10 'n Veganisdieet sluit tipies die volgende bestanddele by
voedselbereiding in:
A Sojaprodukte, groente, neute en gelatien
B Groente, vrugte, peulgroente en gis
C Groente, vrugte, eiers en peulgroente
D Heuning, peulgroente, vrugte en neute (1)
1.2 PASITEMS
Kies die beskrywing uit KOLOM B wat by die vleisproduk in KOLOM A pas.
Skryf slegs die letter (A–F) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.4) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.5 G.
KOLOM A KOLOM B
VLEISPRODUK BESKRYWING
1.2.1 Tournedos A 5–6 cm-primasnit uit die filet
1.2.2 Kebab B 5 cm dik snit uit die lende
1.2.3 Medaljons C 2–4 cm ronde snit uit die filet
1.2.4 Porterhouse D 25 mm x 25 mm blokkies vleis op 'n
stokkie
E 1–2 cm klein ronde snit uit die filet
F 10 cm of langer stertgedeelte van die filet
(4 x 1) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Gasvryheidstudies 6 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
1.3 PASITEMS
Kies die beskrywing uit KOLOM B wat by die nageregkomponent in
KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–H) langs die vraagnommers
(1.3.1 tot 1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.3.7 J.
KOLOM A KOLOM B
NAGEREGKOMPONENT BESKRYWING
1.3.1 Pralien A gegeurde, versoete, geklopte room
1.3.2 Tuilles B 'n mengsel van gesmelte sjokolade en
room
1.3.3 Ganache
C vrugtesous wat gepuree is, wat
1.3.4 Crème Chantilly gaargemaak of rou kan wees
1.3.5 Crème anglaise D fyngebreekte, verharde, gekaramelliseerde
suiker en neute
1.3.6 Coulis
E donkersjokolade met ekstra kakaobotter
F eierbasissous wat in 'n dubbelkoker berei
word
G mengsel van eier, suiker en wyn wat tot
lintstadium geklop is
H gedraaide of gekrulde papierdun beskuitjie
(6 x 1) (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Gasvryheidstudies 7 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
1.4 EENWOORDITEMS
Gee EEN term/woord vir ELK van die volgende beskrywings. Skryf slegs die
term/woord langs die vraagnommers (1.4.1 tot 1.4.10) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
1.4.1 Die soort afval wat in patee gebruik word
1.4.2 Die negatiewe reaksie van die immuunstelsel nadat 'n spesifieke
voedsel geëet is
1.4.3 Die bereiding van maaltye en die aflewering daarvan by bejaarde
mense se huise teen 'n minimale koste
1.4.4 'n Leefstylsiekte waar daar 'n hoë vlak van drukking in die slagare
is
1.4.5 'n Bevrore Italiaanse nagereg wat bestaan uit fyngebreekte
yskristalle wat gevolglik 'n korreltekstuur het
1.4.6 Die week van gelatien in koue vloeistof om vloeistof te absorbeer
en te versag
1.4.7 Die professionele werksetiek wat vereis dat personeel op gaste se
behoeftes bedag sal wees en vinnig daarop sal reageer
1.4.8 Die opdieneenheid gebruik vir die voorsny van vleisstukke,
hoender en wildsvleis voor die gaste
1.4.9 'n Bemarkingsmengselkonsep wat beskryf wat aan kliënte verkoop
word
1.4.10 Die seël wat 'n amptelike waarborg is dat dit wat op die wynetiket
staan, met die inhoud van die bottel ooreenkom (10 x 1) (10)
1.5 KEUSE
1.5.1 Kies VYF oorsake van 'n onsuksesvol gebakte vol-au-vent uit die
lys hieronder. Skryf slegs die letters (A–J) langs die vraagnommer
(1.5.1) in die ANTWOORDEBOEK neer.
A 'n Lae oondtemperatuur tydens bak
B Werk op 'n koue werksoppervlak
C Te veel meel gedurende uitrol gebruik
D Rol en vou deeg 9–11 keer
E Verkeerde afmeet van bestanddele
F Sif die meel drie keer
G Rol die deeg in een rigting
H Sluit lug in die deeg in
I Geen rus en verkoeling tussen elke uitrolstadium nie
J Rek die deeg te veel tydens uitrol (5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Gasvryheidstudies 8 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
1.5.2 Identifiseer VYF rolle en verantwoordelikhede van die
menslikehulpbron-bestuurder in die lys hieronder. Skryf slegs
die letters (A–J) langs die vraagnommer (1.5.2) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
A Dateer personeelrekenaarstelsels op
B Bestuur personeel se dissiplinêre navrae
C Organiseer opleiding vir werknemers
D Stel verslae oor die transaksies van die dag op
E Evalueer die werkverrigting van personeel
F Teken kontrakte met al die diensverskaffers
G Organiseer bemarkingsaktiwiteite
H Stel werknemerkontrakte op
I Berei werkskedules en roosters voor
J Verseker dat debiteure fakture ontvang (5)
TOTAAL AFDELING A: 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Gasvryheidstudies 9 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
AFDELING B: KOMBUIS- EN RESTAURANTBEDRYWIGHEDE;
HIGIËNE, VEILIGHEID EN SEKURITEIT
VRAAG 2
2.1 Bestudeer die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
MTT Hotel is 'n populêre
toeriste-onderneming in Suid-
Afrika.
Die hotel het tydens 'n besige
seisoen 'n groep afgetrede
onderwysers van oorsee
verwag.
Daar was skielik waarskuwings
oor 'n hepatitis A-uitbreking in
die gebied. Die hotel was
bedagsaam genoeg om die
toergroep en hotelpersoneel WEES VERSIGTIG
daarvan bewus te maak om die
nodige voorkomende maatreëls
te tref.
2.1.1 Noem die orgaan in die liggaam wat geaffekteer word wanneer 'n
persoon met hepatitis A geïnfekteer word. (1)
2.1.2 Stel EEN voorkomende maatreël voor wat die afgetrede
onderwysers moet tref voordat hulle op die toer vertrek. (1)
2.1.3 Beskryf watter van die oorsese gaste 'n groter risiko kan hê om
hepatitis A op te doen. (1)
2.1.4 Regverdig waarom die hotelpersoneel wat hepatitis A opgedoen
het, nie by die werksplek toegelaat moet word nie. (4)
2.2 Mense wat met MIV en Vigs saamleef, kan maklik tuberkulose opdoen.
Evalueer die stelling hierbo. (3)
2.3 Verduidelik hoe elektroniese betaalpuntsisteme ('POS') produktiwiteit in die
restaurant kan verhoog. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Gasvryheidstudies 10 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
2.4 Bestudeer die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Waar kliëntediens en
uitnemende diens 'n prioriteit is
Kelner (glimlag): Welkom by ons restaurant! Volg my asseblief na u tafel.
Kelner (glimlag): Kan ek vir u ons komplimentêre verwelkomingsdrankie
aanbied?
Gaste A en B: Ja, baie dankie vir julle gasvryheid.
Kelner bied die voedselspyskaart vir die gaste aan.
Gas A: Ek is glutenintolerant. Kan u enige veilige opsies aanbeveel?
Kelner: Sekerlik! Ons sjef kan geregte aanpas om voedselintoleransies te
akkommodeer en ons bied ook 'n verskeidenheid veganisgeregte aan.
Kelner (bied gereg aan): Hier is ons spesialiteitspastagereg berei met
glutenvrye pasta. Geniet dit!
Gas A: Sjoe, dis vinnig. Dankie!
Kelner (opvolg by die tafel): Is julle tevrede met alles?
Gas B: Absoluut! Die voedsel en diens is uitstekend.
Redeneer of daar aan die gaste se verwagtings oor kliëntediens en
uitstekende dienslewering voldoen is deur te verwys na:
2.4.1 Eerste indrukke van die kelner (3)
2.4.2 Voedsel en voedselbediening (3)
TOTAAL AFDELING B: 20
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Gasvryheidstudies 11 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
AFDELING C: VOEDING EN SPYSKAARTBEPLANNING;
VOEDSELKOMMODITEITE
VRAAG 3
3.1 Bestudeer die scenario en spyskaartpakket hieronder wat deur die hoofsjef
voorgestel is en beantwoord die vrae wat volg.
Slindile en Steven gaan in Julie 2025 trou. Hulle het Star Hotel as die venue
vir hulle troue gekies na aanleiding van populêre terugvoering oor hoogs
vaardige sjefs en wêreldklas-kombuise. Die bruidspaar wil graag 'n voorete-
skemerkelkfunksie vir 200 gaste hê terwyl hulle foto's neem, gevolg deur 'n
aansit-ete teen die laagste moontlike prys, aangesien hulle 'n beperkte
begroting het.
SPYSKAART SPYSKAART
SKEMERKELKFUNKSIE AANDETE
Koue Komkommersop
Roomkaas-bruschetta
Gerookte Salmwieletjies Roosmaryn-tournedos met Parmesaankors
met Kaviaar Groenpeperkorrelsous
Skaapvleisrissoles Aartappelkrokette
Hummus en Groenteskyfies Juliennewortels met Kruisement
Tempura-steurgarnale Gerolde Babamurgpampoenlinte
Donkersjokolade-bavarois met
Waatlemoen-en-Draakvrug-macédoine
Tee en Koffie
24 Julie 2025
3.1.1 Maak 'n lys van VIER riglyne wat gevolg moet word wanneer die
hors d'oeuvres berei word. (4)
3.1.2 Evalueer die geskiktheid van die hors d'oeuvres vir die Joodse
gaste wat die troue bywoon. (4)
3.1.3 Bepaal watter TWEE bestuursbeginsels van spyskaartbeplanning
die hoofsjef nie in ag geneem het gedurende die beplanning van
die spyskaarte hierbo nie en gee 'n rede vir elkeen. (4)
3.1.4 Redeneer of die getal hors d'oeuvres vir die voorete-
skemerkelkfunksie voldoende is. (2)
3.1.5 Noem TWEE ander soorte funksies, buiten die voorete-
skemerkelkfunksie, waar hors d'oeuvres bedien kan word. (2)
3.1.6 Motiveer waarom daar na die aandetefunksie vir Slindile en
Steven se troue as 'n banket verwys kan word. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Gasvryheidstudies 12 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
3.2 Bestudeer die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Sannie besit 'n klein bakkery en beplan om
20 pekanneutterte vir 'n plaaslike ouetehuis te
maak. Sy bereken dat die koste van die
bestanddele vir die pekanneutterte R840,00 sal
beloop. Om met haar bakkery se toewyding aan
volhoubaarheid ooreen te kom, besluit Sannie
om die pekanneutterte in biodegradeerbare
houers te verpak.
3.2.1 Verduidelik waarom die koste van die bestanddele vir die
pekanneutterte vir toekomstige bestellings kan verskil. (2)
3.2.2 Onderskei tussen bruto wins en netto wins. (2)
3.2.3 Bereken die verkoopprys per pekanneuttert indien Sannie 'n
40% bruto wins wil bereik. (4)
3.2.4 Bepaal die soort koste betrokke wanneer die biodegradeerbare
houers aangekoop word. (1)
3.3 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Sojaboonprodukte is veelsydig en word algemeen as 'n vleisplaasvervanger
gebruik. Dit bied 'n plantgebaseerde alternatief vir mense wat hulle
vleisinname wil verminder. Nie alle soorte vegetariërs sluit egter dierlike
proteïen by hulle dieet uit nie.
3.3.1 Noem TWEE sojaboonprodukte wat pesco-vegetariërs as 'n
proteïenplaasvervanger by hulle dieet kan insluit. (2)
3.3.2 Motiveer waarom die produkte genoem in VRAAG 3.3.1
'n voedingsvoordeel vir 'n pesco-vegetariër sal inhou. (3)
3.3.3 Gee TWEE voorbeelde van volledige proteïene, behalwe soja, wat
by 'n pesco-vegetariër se dieet ingesluit sal word. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Gasvryheidstudies 13 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
3.4 Bestudeer die prentjie hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Die sjef het agar-agar gebruik om
die vrugtejellie te berei.
3.4.1 Stel TWEE soorte gelatien voor wat die sjef kan gebruik om die
vrugtejellie hierbo te berei indien agar-agar nie beskikbaar is nie. (2)
3.4.2 Bespreek TWEE voorkomende maatreëls wat getref moet word,
wanneer die vrugte by die jellie gevoeg word om egalige
verspreiding te verseker. (2)
3.4.3 Voorspel waarom die sjef agar-agar gebruik het om die vrugtejellie
te berei, alhoewel gelatien beskikbaar was. (1)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Gasvryheidstudies 14 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
VRAAG 4
4.1 Bestudeer die deegprodukte hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
A: SKILFERKORSDEEG
BAKLAVA B: FILODEEG
4.1.1 Kies die deeg (A of B) wat in die bereiding van die baklava gebruik
word. (1)
4.1.2 Verduidelik hoe jy die uitdroog van die deeg wat by VRAAG 4.1.1
gekies is, gedurende die bereiding van die baklava sal voorkom. (2)
4.1.3 Noem VIER kwaliteitseienskappe van die suksesvol gebakte deeg
wat by die bereiding van die baklava gebruik is. (4)
4.2 Bestudeer die prentjies hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
RAFELBEESVLEISBURGER BEESKARKAS
('Pulled beef slider')
Sagte, geurige fyn repies beesvleis
op 'n bros broodrolletjie, met
'n lagie gesmelte kaas bo-op en
met 'n verskeidenheid bolae bedien
4.2.1 Kies TWEE vleissnitte met been uit die voorkwart wat gebruik kan
word om die rafelbeesvleis te berei. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Gasvryheidstudies 15 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
4.2.2 Stel die mees geskikte kombinasiegaarmaakmetode voor vir die
vleissnitte wat in VRAAG 4.2.1 gekies is. (1)
4.2.3 Motiveer die keuse van die gaarmaakmetode wat in VRAAG 4.2.2
voorgestel is, deur na die spiervesel en bindweefsel te verwys. (2)
4.2.4 Regverdig waarom springbokvleis 'n geskikte plaasvervanger vir
die rafelbeesvleis sal wees. (2)
4.2.5 Onderskei tussen die voordele daarvan om vleis met been of vleis
sonder been gaar te maak. Tabuleer jou antwoord soos volg:
MET BEEN ONTBEEN
(2)
4.3 Bestudeer die nagereg hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
CRÈME CARAMEL
4.3.1 Klassifiseer die nagereg. (1)
4.3.2 Gee 'n kort beskrywing van 'n crème caramel. (2)
4.3.3 Motiveer waarom die nagereg in 'n waterbad in die oond
gaargemaak moet word. (2)
4.4 4.4.1 Verduidelik hoe suiker tydens die bereiding van die volgende
meringues bygevoeg word:
(a) Switserse meringue (1)
(b) Franse meringue (1)
4.4.2 Noem TWEE riglyne om te volg om suksesvolle klop van die
eierwitte vir die meringues te verseker . (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Gasvryheidstudies 16 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
4.5 Bestudeer die prentjie hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Chouxpasta-poffers is bros buite en hol en droog aan die
binnekant
4.5.1 Stel voor en beskryf TWEE chouxpasta-nageregte wat met die klein
poffertjies in die prentjie hierbo gemaak kan word. (4)
4.5.2 Noem die eerste TWEE bestanddele wat in 'n kastrol op die stoof
verhit word wanneer chouxpasta berei word en beskryf ELKEEN se
funksie tydens die bereiding of gaarmaakproses. (4)
4.5.3 Redeneer hoe die korrekte oondtemperatuur tot die vorming van die
hol binnekant en bros buitekant van die chouxpasta sal bydra. (2)
4.6 Bestudeer die produk hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Lemoenmarmelade
Geurige lemoenjellie met dun
repies lemoenskil
Bestanddele: Beste bedien op
lemoene, roosterbrood en
suiker 250 g plaatkoekies
4.6.1 Regverdig waarom inmaak, as 'n preserveringsmetode, die
marmelade sal preserveer. (3)
4.6.2 Bepaal watter bestanddeel, wat noodsaaklik is om die marmelade te
laat jel (stol), op die etiket ontbreek. (1)
4.6.3 Verduidelik hoe die sjef sal toets of die konfyt gereed is om in die
gesteriliseerde flessies gegooi te word. (1)
[40]
TOTAAL AFDELING C: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Gasvryheidstudies 17 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
AFDELING D: SEKTORE EN LOOPBANE;
VOEDSEL- EN DRANKBEDIENING
VRAAG 5
5.1 Bestudeer die scenario en die opwip-('pop-up')advertensie hieronder om die
vrae wat volg, te beantwoord.
'n Groep van 150 voormalige matriekklasmaats en hulle metgeselle beplan 'n
tienjaar-reünie. Die organiseringskomitee het op Hotel MTT besluit omdat
'n spesiale aanbod op 'n opwipadvertensie op die internet hulle aandag getrek
het.
SPESIALE AANBOD
TOT 20%-AFSLAG OP AKKOMMODASIE
VIR GROEPBESPREKINGS
Maak 'n groepbespreking by Hotel MTT en
kry 'n komplimentêre private funksielokaal
van jou keuse met al die dienste ingesluit!
Om die spesiale
aanbod te eis,
gebruik die kode: MPUM08
5.1.1 Maak 'n lys van DRIE nie-inkomste-genererende areas wat dienste
aan die gaste wat die reünie bywoon, sal verskaf. (3)
5.1.2 Motiveer waarom die hotel die groep sal aanraai om die
funksielokaal vir die reünie te kies en nie die hotelrestaurant op die
perseel nie. (3)
5.1.3 Stel DRIE strategieë voor wat die hotel kan implementeer om te
verseker dat die reünie nie deur beurtkrag onderbreek word nie. (3)
5.1.4 Evalueer die effektiwiteit van die opwipadvertensie hierbo. (6)
5.1.5 Bespreek die rol wat sekuriteit by die hotel sal speel. (2)
5.1.6 Verduidelik hoe die toename in die vraag na voedsel en drank by
die hotel 'n impak op die Suid-Afrikaanse ekonomie sal hê. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Gasvryheidstudies 18 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
5.2 Bestudeer die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
JONG ENTREPRENEUR WYS DAT HARDE WERK EN
DEURSETTINGSVERMOË BELOON WORD
Trennery is die trotse eienaar van die BeeChips-kitskos-kiosk wat in die
verkoop van aartappelskyfies en burgers spesialiseer. Nadat sy 'n perfekte
plek op die strandfront bekom het, kon sy 'n klein besigheidslening by die
bank kry en die kiosk oprig. Trennery het 'n verkoopspersoon en 'n sjef in
diens geneem. Haar pa het haar gehelp om die kiosk op te rig en het
aangebied om die instandhouding teen 'n minimale koste te doen.
5.2.1 Stel DRIE bedreigings ('threats') voor wat die BeeChips-besigheid
dalk kan ondervind. (3)
5.2.2 Help Trennery om 'n bedryfsplan met gebruik van die volgende
opskrifte te ontwikkel:
(a) Bespreek wat sy oor die aankoop van voorraad vir haar
besigheid moet weet. (1)
(b) Teken 'n organogram vir die BeeChips-personeel en beskryf
kortliks EEN verantwoordelikheid van ELKE personeellid. (5)
[30]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Gasvryheidstudies 19 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
VRAAG 6
6.1 Bestudeer die prentjies hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
A B C
6.1.1 Identifiseer die proses wat die kelner by 'n gas se tafel uitvoer. (1)
6.1.2 Beoordeel die manier waarop die proses deur die kelner uitgevoer
word. (2)
6.1.3 Identifiseer die mees geskikte glas vir die wyn uit prentjies A–C. (1)
6.2 Bestudeer die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Die plaaslike drankwinkelbestuurder het 'n paar weke gelede begin om
wynproe-aande vir kliënte in 'n oop publieke area met sambrele en 'n paar
stoele buite die winkel aan te bied, waar klante die drank kon drink nadat hulle
dit aangekoop het. Die bestuurder van die winkel het die kroegdienste van
graad 10-leerders as deel van bedryfsopleiding gebruik.
6.2.1 Kritiseer die optrede van die drankwinkelbestuurder deur na die
verontagsaming van die drankwette te verwys. (2)
6.2.2 Maak aanbevelings by die drankwinkelbestuurder oor hoe om te
voldoen aan die drankwette vir die bediening van drank op die
perseel. (4)
6.3 Bestudeer die prentjie hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
6.3.1 Identifiseer die soort bedieningstyl. (1)
6.3.2 Verduidelik die voordele van die bedieningstyl wat in VRAAG 6.3.1
geïdentifiseer is. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Gasvryheidstudies 20 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
6.4 Bestudeer die prentjies hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
6.4.1 Stel voor hoe die kelner weet wanneer dit tyd is om die proses hierbo
uit te voer. (2)
6.4.2 Beskryf hoe die volledige proses hierbo deur kelners in die restaurant
uitgevoer moet word. (5)
6.5 Bestudeer die prentjies hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Sopiemaat ('tot')
Versapper
Lemoen- Mengfles
spiraal
Deurgooisif Roerlepel
A B
GRENADELLA-EN-LEMOEN-NIE- 'MOCKTAIL'-APPARAAT
ALKOHOLIESE SKEMERKELKIE
('MOCKTAIL') (GESKUD)
6.5.1 Bestudeer die apparaat in PRENTJIE B en beoordeel ELKEEN se
geskiktheid vir die bereiding van die nie-alkoholiese skemerkelkie in
PRENTJIE A. (5)
6.5.2 Beskryf TWEE verskillende garneringsmetodes, buiten die
lemoenspiraal, wat gebruik kan word om die skemerkelkie te
komplementeer. (2)
6.6 Verduidelik waarom die kroegman nooit te veel drank vir die restaurant in
voorraad moet hê nie. (2)
[30]
TOTAAL AFDELING D: 60
GROOTTOTAAL: 200
Kopiereg voorbehou
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.

Question paper
Hospitality Studies May-June 2025 Eng.pdf

Question paper
Hospitality Studies Nov 2024 Eng.pdf

Question paper
Hospitality Studies Nov 2024 MG Eng.pdf

Question paper
Hospitality Studies Nov 2024 MG Afr.pdf

Question paper
HOSPITALITY STUDIES QP GR12 SEPT 2023_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
Question paper
HOSPITALITY STUDIES QP GR12 SEPT 2023_English_hlayiso.com_.pdf
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

Question paper
Hospitality Studies May-June 2023 Eng_hlayiso.com_.pdf
Question paper
Hospitality Studies May-June 2023 MG Eng_hlayiso.com_.pdf

Question paper
Hospitality Studies May-June 2023 MG Afr_hlayiso.com_.pdf

Question paper
Hospitality Studies Nov 2023 Afr_hlayiso.com_.pdf
Question paper
Hospitality Studies Nov 2023 MG Eng_hlayiso.com_.pdf

Question paper
Hospitality Studies Nov 2023 Eng_hlayiso.com_.pdf
More from Grade 12 Hospitality Studies
Explore more published documents in this catalogue.

Annual teaching plan
Gr 12 Hos Stu ATP 2023-24.pdf

Memorandum
Hospitality Studies May-June 2025 MG Eng.pdf

Memorandum
HOSPITALITY STUDIES MEMO GR12 SEPT 2023_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
Memorandum
HOSPITALITY STUDIES MEMO GR12 SEPT 2023_English_hlayiso.com_.pdf

Question paper
HOSP STUDIES QP GR12 SEPT _Deaf_hlayiso.com_.pdf
Question paper