Skip to content

Information Technology Grade 12 P1 NSC November 2013 QP

Question paperInformation TechnologyGrade 12201322 pages

Grade 12 Information Technology Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2013 (Afrikaans), 22 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 NOVEMBER 2012 PUNTE: 120 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye en 5 bylae. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 2 DBE/November 2012 NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Die duur van hierdie eksamen is drie uur. As gevolg van die aard van hierdie eksamen is dit belangrik om kennis te neem dat jy nie toegelaat sal word om die eksamenlokaal voor die einde van die eksamensessie te verlaat nie. 2. Daar is geen onderskeid getref in die formulering van die vrae in terme van programmering tussen die twee programmeringstale in hierdie vraestel nie. Waar dit vereis word, word spesifieke instruksies verskaf vir Delphi-en Java- kandidate onderskeidelik. 3. Jy het die lys lêers hieronder nodig om die vrae te beantwoord. Dit sal op 'n stiffie OF 'n CD aan jou verskaf word OF die toesighouer/onderwyser sal vir jou sê waar om dit op die hardeskyf van die werkstasie wat jy gebruik, te vind OF in watter netwerklêergids ('network folder') dit is: Vraag1_Delphi: Vraag1_Java: DieretuinDB.mdb Dieretuin.java tblKarnivore.txt DieretuinDB.mdb tblVeeartsBesoeke.txt tblKarnivore.txt Vraag1P.dpr tblVeeartsBesoeke.txt Vraag1P.res ToetsVraag1.java Vraag1U.dfm Vraag1U.pas Vraag2_Delphi: Vraag2_Java: DataV2.txt DataV2.txt uVr2.pas ToetsVraag2.java Vraag2P.dpr Vr2.java Vraag2P.res Vraag2U.dfm Vraag2U.pas Vraag3_Delphi: Vraag3_Java: DataV3_Delphi.txt DataV3_Java.txt Indien jy die lêers hierbo op 'n skyf (CD of stiffie) ontvang het, skryf jou eksamennommer op die etiket. 4. Tik jou eksamennommer in as 'n kommentaar in die eerste reël van elke programlêer wat jou programmeringskode bevat. 5. Jou program moet altyd gekodeer word om die vraag, soos wat dit geformuleer is, te beantwoord. Jy mag nie slegs die gegewe afvoer wat in die vraestel verskaf word, naboots nie. 6. Lees AL die vrae aandagtig deur. Moenie meer doen as wat die vrae vereis nie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 3 DBE/November 2012 NSS 7. Om jou te help om elke vraag beter te verstaan, moet jy die hele vraag eers deurlees voordat jy enige subvrae beantwoord. 8. Stoor jou werk met gereelde tussenposes as 'n voorsorgmaatreël teen kragonderbrekings. 9. Daar kan moontlik 'n tegniese onderbreking voorkom wat jou verhoed om die eksamen te skryf, soos 'n kragonderbreking. Wanneer jy voortgaan om die eksamen te skryf, sal die oorblywende tyd vandat die onderbreking begin het en 'n addisionele 10 minute aan jou gegee word. 10. Gedurende die eksamen mag jy die handleidings wat oorspronklik saam met die apparatuur en programmatuur verskaf is, gebruik. Jy mag ook die HELP- funksies van die programmatuur gebruik. Java-kandidate mag die Java API- lêers gebruik. Jy mag NIE enige ander hulpbronmateriaal gebruik NIE. 11. Aan die einde van hierdie eksamensessie moet jy die skyf of CD met al jou werk daarop gestoor, inlewer OF jy moet seker maak dat al jou werk op die hardeskyf/netwerk gestoor is, soos deur die toesighouer/onderwyser aan jou verduidelik is. Maak seker dat al die lêers gelees kan word. 12. Maak drukstukke van die programmeringskodes van al die programmeringsvrae wat jy gedoen het. 13. Al die drukwerk van die programmeringsvrae wat jy gedoen het, sal binne een uur nadat hierdie eksamen afgehandel is, plaasvind. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 4 DBE/November 2012 NSS SCENARIO Die Afrika-dieretuin huisves 'n groot verskeidenheid diere. Die diere word in verskillende kampe binne spesifieke areas in die dieretuin gehou. Die dieretuin het ook 'n akwarium en reptielpark. Die dieretuin benodig nuwe sagteware vir die administrasie van die verskeie aktiwiteite by die dieretuin. Daar word van jou verwag om die volgende DRIE vrae te voltooi deur die programmeringstaal wat jy bestudeer het, te gebruik. VRAAG 1: PROGRAMMERING EN DATABASIS 'n Microsoft Office Access-databasis met die naam DieretuinDB.mdb, twee tekslêers (tblKarnivore.txt en tblVeeartsBesoeke.txt) en 'n onvoltooide program word in die lêergids met die naam Vraag1_XXXX, waar XXXX verwys na die programmeringstaal wat jy bestudeer het, verskaf. Die ontwerp van die tabelle in die DieretuinDB-databasis en voorbeelddata vir elke tabel kan in BYLAAG A gevind word. Doen die volgende: • Maak 'n rugsteunkopie van die DieretuinDB-databasis VOORDAT jy begin om VRAAG 1 te beantwoord. Jy sal 'n kopie van die oorspronklike databasis nodig hê om jou program deeglik te kan toets. • Hernoem die gegewe lêergids vir VRAAG 1 deur die naam van die programmeringstaal wat jy bestudeer het, met jou eksamennommer te vervang. • Maak die gegewe onvoltooide program vir VRAAG 1 oop. • Voeg jou eksamennommer by as 'n kommentaar in die eerste reël van die programlêer. • Kompileer en voer die program uit. Die koppelvlak vertoon agt keuselysopsies soos aangedui in die afdeling met die naam VRAAG 1 in BYLAAG B (Delphi)/ BYLAAG C (Java). LET WEL: o 'n Foutboodskap sal vertoon word indien enige van die opsies A–G gekies word, as gevolg van die onvoltooide SQL-stellings. o Indien jy enige probleme ondervind om die databasis te gebruik of om met die databasis te koppel, verwys na BYLAAG D (Delphi)/ BYLAAG E (Java) vir foutopsporingswenke. o Indien jy steeds databasisprobleme ondervind, moet jy nogtans die SQL-kode doen en dit inlewer om nagesien te word. Punte sal slegs toegeken word vir die programmeringskode wat die SQL-stellings bevat. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 5 DBE/November 2012 NSS • Voltooi die kode vir elke keuselysopsie deur 'n toepaslike SQL-stelling te formuleer om die resultate van die onderskeie navrae ('queries') te vertoon soos beskryf in VRAAG 1.1 tot 1.7 hieronder. LET WEL: Die kode van sommige toevoerstellings en die kode om die SQL- stelling uit te voer en die resultate van hierdie navrae te vertoon, is reeds geskryf as deel van die gegewe kode. 1.1 Keuselysopsie A Vertoon al die inligting van die diere wat in die tblKarnivore-tabel gestoor is, eerstens volgens die FamilieNaam-veld en tweedens volgens die WetenskaplikeNaam-veld in alfabetiese volgorde gesorteer. Voorbeeld van die afvoer van die eerste vyf rekords: KampNr FamilieNaam WetenskaplikeNaam AlgemeneNaam TelVolwassenes TelKleintjies KampGrootteBedreig ZE7 Canidae Canis adustus Witkwasjakkals 6 3 46 MB ZE8 Canidae Canis mesomelas Rooijakkals 3 3 52 MB ZF1 Canidae Lycaon pictus Wildehond 2 1 60 BE ZE9 Canidae Otocyon megalotis Bakoorjakkals 2 3 52 MB ZE6 Canidae Vulpes chama Silwervos 7 4 46 MB : (3) 1.2 Keuselysopsie B Die gebruiker sleutel die familienaam van 'n dier in via die sleutelbord. Vertoon die wetenskaplike naam, algemene naam, kampnommer en kampgrootte van die diere wat tot die familie, wat deur die gebruiker ingesleutel is, behoort en wat in die ZE-area van die dieretuin gehuisves word. Die KampNr-veld dui die spesifieke kamp binne 'n area aan waar die diere gehuisves word, byvoorbeeld in kamp nommer ZE5. (ZE verteenwoordig die area van die dieretuin en 5 die spesifieke kamp in daardie area). Voorbeeld van die afvoer van die diere in die Canidae-familie in die ZE-area: WetenskaplikeNaam AlgemeneNaam KampNr KampGrootte Vulpes chama Silwervos ZE6 46 Canis adustus Witkwasjakkals ZE7 46 Canis mesomelas Rooijakkals ZE8 52 Otocyon megalotis Bakoorjakkals ZE9 52 (5) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 6 DBE/November 2012 NSS 1.3 Keuselysopsie C Vertoon die kategorieë van bedreigde spesies en die totale getal dierspesies in elke kategorie wat by die dieretuin gehuisves word. Gebruik 'n berekende veld met die opskrif TelDiere vir die berekening. Voorbeeld van die afvoer: Bedreig TelDiere BE 1 MB 37 NB 1 KW 3 (4) 1.4 Keuselysopsie D Vertoon die kampnommer en 'n berekende veld, wat die spasie wat beskikbaar is vir elke dier van die verskillende muishondspesies en wat in die AlgemeneNaam-veld aangedui is, sal vertoon. Bereken die spasie beskikbaar per dier deur 'n formule te skep wat die kampgrootte deel deur die totale getal diere wat in die kamp gehuisves word. Die berekende waardes moet tot 'n maksimum van twee desimale plekke vertoon word. Vertoon die berekende veld met die opskrif SpasiePerDier. WENK: Gebruik die TelVolwassenes-, TelKleintjies- en KampGrootte- velde as deel van die formule. Voorbeeld van die afvoer van die eerste vyf rekords: KampNr SpasiePerDier ZD1 6.8 ZD2 5.5 ZD3 3.09 ZD4 10.5 ZD5 3.25 : LET WEL: Die formaat van die SpasiePerDier-veld mag verskil van die gegewe voorbeeld. (6) 1.5 Keuselysopsie E Vermeerder die getal jong diere in die ZF1-kamp met 3. Indien die opdatering van die rekord suksesvol gedoen is, sal 'n afvoerboodskap wat aandui dat die rekord suksesvol verwerk is, vertoon word. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 7 DBE/November 2012 NSS 1.6 Keuselysopsie F Die gebruiker word versoek om die dag van die maand waarop die veearts die diere besoek het, byvoorbeeld 23, in te sleutel. Vertoon die kampnommer, die algemene naam, die datum van die besoek, die ID's van die spesifieke diere wat besoek is en die rede waarom elk van die diere besoek is op die spesifieke dag van die maand wat deur die gebruiker ingesleutel is. WENK: Gebruik die DAY()-SQL-funksie in die SQL-stelling. Voorbeeld van die afvoer van die eerste vyf rekords vir 23 September 2012: KampNr AlgemeneNaam BesoekDatum Dier_ID RedeVirBesoek ZF1 Wildehond 2012-09-23 ZF1_5 Bygestaan met geboorte ZD3 Kaapse grysmuishond 2012-09-23 ZD3_3 Velprobleem ZD8 Selous se muishond 2012-09-23 ZD8_1 Roetinebesoek ZE6 Silwervos 2012-09-23 ZE6_5 Roetinebesoek ZE4 Bruin hiëna 2012-09-23 ZE4_5 Roetinebesoek : LET WEL: Die formaat van die datums in die BesoekDatum-veld mag verskil van die gegewe voorbeeld. (7) 1.7 Keuselysopsie G Op 25 September 2012 moes die veearts die dier met die ID ZD5_3 in kamp ZD5 ondersoek vir 'n oorinfeksie. Hy het aangedui dat 'n opvolgbesoek nodig sou wees. Voeg hierdie data as 'n nuwe rekord in die tblVeeartsBesoeke- tabel by. Indien die rekord suksesvol in die tabel bygevoeg is, sal 'n afvoerboodskap wat aandui dat die rekord suksesvol verwerk is, vertoon word. WENK: Gebruik opsie F om die byvoeging van die rekord in die databasis te verifieer. Gebruik 25 September 2012 as toevoerdata. (6) • Sleutel jou eksamennommer in as 'n kommentaar in die eerste reёl van die lêer wat die SQL-stellings bevat. • Stoor jou program. • Maak 'n drukstuk van die kode. [35] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 8 DBE/November 2012 NSS VRAAG 2: OBJEK-GEORIËNTEERDE PROGRAMMERING Diere word van tyd tot tyd na die dieretuin oorgeplaas. Die administrateur van die dieretuin benodig programmatuur wat kan help met die plasing van hierdie diere in geskikte, beskikbare kampe. Die diere by die dieretuin word volgens hul grootte in drie kategorieë geklassifiseer: • G – Groot dier • M – Mediumgrootte dier • K – Klein dier Verskillende spesies diere word in verskillende groottes kampe gehuisves. Die lêers wat vir hierdie vraag benodig word, kan gevind word in die lêergids met die naam Vraag2_XXXX waar XXXX verwys na die programmeringstaal wat jy bestudeer het. Jy is voorsien van 'n tekslêer met die naam DataV2.txt en 'n onvolledige program wat bestaan uit: • 'n Klaseenheid ('class unit') (Delphi)/objekklas ('object class') (Java) wat die eienskappe van 'n kamp beskryf en wat ook 'n paar metodes bevat • 'n Hoofvormeenheid ('main form unit') (Delphi)/toetsklas ('test class') (Java) Die tekslêer bevat die data van 'n onbekende aantal kampe in die dieretuin. Die besonderhede van elke kamp verskyn in een reël met die data-items geskei deur kommapunte (;) en huts ('hash') (#) -karakters in die volgende formaat: <Soort dier>;<Getal diere tans in die kamp>#<Grootte van die kamp in vierkante meter>;<Kategorie van diere gebaseer op grootte># Voorbeeld van die data vir die eerste vyf kampe in die DataV2.txt-tekslêer: Jagluiperd;3#80.2;G# Ratel;7#50;K# XXX;0#20;X# Tierboskat;5#80.75;M# XXX;0#36;X# LET WEL: XXX verteenwoordig 'n leë kamp en daarom is die kategorie van die diere onbekend en word deur 'n X aangedui. Doen die volgende: • Hernoem die gegewe lêergids vir VRAAG 2 deur die naam van die programmeringstaal wat jy bestudeer het, met jou eksamennommer te vervang. • Delphi-programmeerders: o Maak die onvoltooide programlêer Vraag2P.dpr oop. o Voeg jou eksamennommer by as 'n kommentaar in die eerste reël van beide die klaseenheid (uVr2) en die hoofvormeenheid (Vraag2U). Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 9 DBE/November 2012 NSS • Java-programmeerders: o Maak die gegewe, onvoltooide objekklas Vr2 en die toetsklas ToetsVraag2 oop. o Voeg jou eksamennommer by as 'n kommentaar in die eerste reël van beide die objekklas (Vr2) en die toetsklas (ToetsVraag2). • Kompileer en voer die program uit. Die koppelvlak vertoon drie keuselysopsies soos aangedui in die afdeling met die naam VRAAG 2 in BYLAAG B (Delphi)/BYLAAG C (Java). 2.1 Doen die volgende om die kode in die klaseenheid ('class unit' (Delphi))/objekklas ('object class') (Java) te voltooi: Die gegewe uVr2-eenheid (Delphi)/Vr2-klas (Java) bevat die verklaring van vier attribute vir 'n kamp-objek en die wysigings- ('set/mutator') en die haal ('get/accessor')-metodes vir hierdie attribute. Skryf kode vir addisionele metodes soos hieronder beskryf. 2.1.1 Skryf kode vir 'n konstruktor-metode deur parameterwaardes te gebruik om die volgende attribute te inisialiseer: • Soort dier (fDTipe/tipe) • Totale getal van hierdie diersoort in die kamp (fAantal/aantal) • Grootte van die kamp in vierkante meter (fGrootte/grootte) • Die kategorie van die diere in die kamp volgens hul grootte, dit is G, M of K. (fKat/kat) (4) 2.1.2 Skryf kode vir 'n metode met die naam isGeskik om te bepaal of 'n kamp geskik is om 'n spesifieke groep diere te huisves. Die metode ontvang die getal diere waaruit die groep bestaan en hulle kategorie gebaseer op grootte as parameters. Die metode stuur 'n Boolese waarde terug. Die volgende is van toepassing: • Diere kan slegs in 'n leë kamp gehuisves word. 'n Leë kamp word aangedui met "XXX" as diersoort. • Die kamp moet groot genoeg wees om die groep diere te kan huisves. Die kriteria vir die grootte van die kampe is (op die volgende bladsy): Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 10 DBE/November 2012 NSS o 'n Groot dier (G) het 'n minimum ruimte van 18 vierkante meter nodig. o 'n Mediumgrootte dier (M) het 'n minimum ruimte van 12 vierkante meter en 'n maksimum ruimte van minder as 18 vierkante meter nodig. o 'n Klein diertjie (K) het 'n minimum ruimte van 7 vierkante meter en 'n maksimum ruimte van minder as 12 vierkante meter nodig. (7) 2.1.3 Skryf kode vir 'n toString-metode wat 'n string sal saamstel en terugstuur wat byskrifte en inligting oor die objek in die volgende formaat insluit: <Soort dier>...<Kategorie van die diere in die kamp> Kampgrootte: <Kampgrootte> Getal diere: <Getal diere in die kamp> <Leë reël> Voorbeeld van die afvoer van die eerste twee objekte wanneer hul stringe deur die toString-metode teruggestuur en vertoon word: Jagluiperd...G Kampgrootte: 80.2 Getal diere: 3 Ratel...K Kampgrootte: 50.0 Getal diere: 7 (4) 2.2 Doen die volgende om die kode in die hoofvormeenheid ('main form unit' (Delphi))/toetsklas ('test class') (Java) te voltooi: 2.2.1 Verklaar 'n skikking wat in staat is om 30 kamp-objekte te kan stoor en 'n tellerveranderlike om tred te hou met die getal objekte in die skikking. (2) 2.2.2 Skryf kode om te toets of die tekslêer bestaan. Indien die lêer bestaan, skryf kode om reëls met teks vanuit die tekslêer te lees. Vir elke reël met teks, onttrek die data, skep 'n kamp-objek en ken die objek aan die skikking toe. Indien die tekslêer nie bestaan nie, vertoon 'n gepaste boodskap en staak die program. LET WEL: Die objekte moet aan die skikking toegeken word voordat die keuselysopsies vertoon word. (15) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 11 DBE/November 2012 NSS 2.2.3 Voltooi elke keuselysopsie soos volg: Keuselysopsie A Skryf kode om 'n genommerde lys van al die inligting vir al die kampe te vertoon deur die toString-metode te gebruik. Voorbeeld van die afvoer van 'n paar van die kampe: Lys van al die kampe ==================== Kampnommer: 1 Jagluiperd...G Kampgrootte: 80.2 Getal diere: 3 Kampnommer: 2 Ratel...K Kampgrootte: 50.0 Getal diere: 7 Kampnommer: 3 XXX...X Kampgrootte: 20.0 Getal diere: 0 : (4) Keuselysopsie B 'n Aantal diere moet na die dieretuin oorgeplaas word en 'n geskikte leë kamp moet geïdentifiseer word om hulle te gehuisves. Skryf kode wat die gebruiker toelaat om die volgende in te sleutel: • Die soort dier, byvoorbeeld Tier • Die getal diere van hierdie soort dier • Die kategorie van die diere, op hul grootte gebaseer (byvoorbeeld G, M of K) Gebruik 'n voorwaardelike lus en die isGeskik-metode om vir 'n geskikte leë kamp in die skikking te soek. Indien 'n geskikte leë kamp gevind word, moet die attribute van die leë kamp-objek in die skikking opgedateer word deur die relevante wysigings-('set/mutator') metodes te gebruik. 'n Boodskap wat die kampnommer aandui, moet vertoon word. WENK: Gebruik keuselysopsie A om al die kampe te vertoon om te sien of die leë kamp waarna in die boodskap verwys word, met die relevante inligting opgedateer is. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 12 DBE/November 2012 NSS Indien 'n geskikte leë kamp nie gevind kan word nie, moet 'n gepaste boodskap vertoon word. Toets jou program met die volgende toetsdata: Inligting vir toetsdata stel 1: Soort dier: Tier Getal diere: 2 Grootte van die diere: G Voorbeeld van die afvoer: Hierdie diere is in kamp nommer 5 geplaas. Lys van al die kampe ==================== : Kampnommer: 5 Tier...G Kampgrootte: 36.0 Getal diere: 2 : Inligting vir toetsdata stel 2: Soort dier: Meerkat Getal diere: 12 Grootte van die diere: K Voorbeeld van die afvoer: Geen geskikte kamp is gevind nie. (11) • Maak seker dat jou eksamennommer as 'n kommentaar in die eerste reël van die klaseenheid (Delphi)/objekklas (Java) asook die hoofvormeenheid ('main form unit') (Delphi)/toetsklas ('test class') (Java) ingesleutel is. • Stoor al die lêers. • 'n Drukstuk van die kode sal vereis word. • Druk beide die klaseenheid ('class unit') (Delphi)/objekklas ('object class') (Java) en die hoofvormeenheid ('main form unit') (Delphi)/toetsklas ('test class') (Java). [47] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 13 DBE/November 2012 NSS VRAAG 3: PROBLEEMOPLOSSINGSPROGRAMMERING Die akwarium en die reptielpark in die dieretuin het besluit om 'n kompetisie te hou om besoekers oor hul aktiwiteite in te lig. Vier uitstallings met die name A, B, C en D is deur die dieretuinopsigters in beide die akwarium en reptielpark opgerig. Besoekers neem deel aan die kompetisie deur inskrywingsvorms te voltooi waarop hulle aandui watter uitstalling hulle as die beste beskou. Die inligting wat deur elke deelnemer op sy/haar inskrywingsvorm verskaf is, word as 'n string in die volgende formaat vasgelê: <Afdeling><Uitstalling><Geslag><Kaartjienommer> • Afdeling dui die afdeling van hul gunstelinguitstalling aan. Die afdeling kan die letter A (Akwarium) of die letter R (Reptielpark) wees. • Uitstalling verwys na die spesifieke uitstalling wat hulle as hul gunstelinguitstalling in die aangeduide afdeling gekies het. Elke uitstalling in elke afdeling word aangedui deur die letters A, B, C of D. • Geslag verwys na die deelnemer se geslag. Die hoofletter M of V dui aan dat die inskrywingsvorm ingevul is deur 'n volwasse man (M) of volwasse vrou (V). Die kleinletter m of v dui aan dat die inskrywingsvorm deur 'n seun (m) of 'n dogter (v) ingevul is. • Kaartjienommer verwys na die nommer wat op die inskrywingsvorm gedruk is. Voorbeelde van die stringe wat vasgelê is: • RCv15: 'n Dogter met kaartjienommer 15 het uitstalling C van die reptielpark (R)- afdeling as die beste uitstalling gekies. • ADM33: 'n Volwasse man met kaartjienommer 33 het uitstalling D van die akwarium (A)-afdeling as die beste uitstalling gekies. Die lêergids Vraag3_XXXX bevat 'n tekslêer DataV3_XXXX.txt waar XXXX verwys na die programmeringstaal wat jy bestudeer het. Die gegewe tekslêer bevat die volgende: • Kode vir die verklaring van 'n skikking met die naam arrTic. Die skikking bevat 32 stringe wat die data wat van die voltooide inskrywingsvorms verkry is, verteenwoordig. • Java-kode om 'n keuselys met drie opsies te vertoon. Inhoud van die arrTic-skikking: RCm158, ADM33, RCv250, RAv5, BRM32, ADm236, RCm23, RDM54, RCv17, RAm12, ADm9, RCV43, RDm140, RDm23, ACV113, ABv30, RDm22, ARv38, RCV8, RAv53, RCv12, ABV156, ADM31, ADM47, RAv48, ABV246, ABv59, RRM321, ABm36, RCV31, RAm445, ACn26 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 14 DBE/November 2012 NSS Doen die volgende: • Hernoem die gegewe lêergids vir VRAAG 3 deur die naam van die programmeringstaal wat jy bestudeer het met jou eksamennommer te vervang. • Skep 'n nuwe program/projek/toepassing. • Voeg jou eksamennommer in as 'n kommentaar in die eerste reël van die programlêer(s) wat jy geskep het en wat jou kode gaan bevat. • Java-programmeerders: Indien jou oplossing uit meer as een klaslêer bestaan, maak seker dat jy jou eksamennommer as kommentaar in al die klaslêers byvoeg. • Stoor die programlêer(s) in die hernoemde lêergids vir VRAAG 3 deur die vraagnommer as deel van die lêernaam te gebruik. • Ontwerp 'n koppelvlak soos volg: o Delphi-programmeerders: Ontwikkel 'n koppelvlak om 'n keuselys te vertoon soos aangedui in die afdeling met die naam VRAAG 3 in BYLAAG B. o Java-programmeerders: Kopieer en gebruik die kode uit die DataV3_Java-tekslêer om 'n keuselys te vertoon soos aangedui in die afdeling met die naam VRAAG 3 in BYLAAG C. • Maak gebruik van die volgende kode om die "Verlaat"-keuselysopsie te voltooi: o Delphi-programmeerders:  Application.Terminate; o Java-programmeerders:  System.exit(0); • Kopieer die teks vir die verklaring van die skikking, wat in die tekslêer verskaf is, na jou programlêer. • Voltooi die kode vir elke keuselysopsie wat soos volg beskryf word: LET WEL: Toets jou program deur die keuselys opsies in volgorde uit te voer, dit is opsie A, dan opsie B en laastens opsie C. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 15 DBE/November 2012 NSS 3.1 Keuselysopsie A Die data is die gegewe skikking arrTic moet gevalideer word. 'n Inskrywing is geldig indien daar aan die volgende voorwaardes vir die eerste drie karakters voldoen word: • Die eerste karakter wat die gekose afdeling aandui, kan slegs die letter A of die letter R wees. • Die tweede karakter wat die gekose uitstalling aandui, kan slegs die letters A, B, C of D wees. • Die derde karakter wat die geslag aandui, kan slegs die letters M, V, m of v wees. Skryf kode om ongeldige inskrywings in die skikking arrTic te identifiseer. Vir elke ongeldige inskrywing: • Vertoon die ongeldige inskrywing • Vervang die ongeldige inskrywing in die arrTic-skikking met die letter 'Z'. Voorbeeld van die afvoer: Ongeldige inskrywings: BRM32 ARv38 RRM321 ACn26 (8) 3.2 Keuselysopsie B Die program moet 'n getal ewekansig kies. Die getal verteenwoordig die posisie van die wenkaartjie in die skikking. Vertoon die nommer wat ewekansig gegenereer is en die kode van die wenkaartjie met gepaste byskrifte. Indien 'n ongeldige inskrywing gekies word, moet die program die woord 'Ongeldig' vertoon en aanhou om kaartjies ewekansig te kies totdat 'n geldige inskrywing gekies word. LET WEL: • Jy mag aanneem dat keuselysopsie A reeds gekies en uitgevoer is. • As gevolg van die 'random'-funksie mag die getal wat deur jou program gegenereer word, verskil van dié wat in die voorbeelde hieronder getoon word. Voorbeeld 1: Die posisie van die wenkaartjie in die skikking: 24 Die wenkaartjie: ABM47 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 16 DBE/November 2012 NSS Voorbeeld 2: Indien 'n paar ongeldige inskrywings ewekansig gekies is voordat 'n geldige wenkaartjie gekies is, sal die afvoer soos volg wees: Ongeldig Ongeldig Die posisie van die wenkaartjie in die skikking: 6 Die wenkaartjie: ADm236 (11) 3.3 Keuselysopsie C Die bestuur wil medaljes aan die drie uitstallings, wat as die beste deur die deelnemers aangewys is, toeken. Hulle benodig 'n verslag wat die drie uitstallings wat medaljewenners is, vertoon. Punte word soos volg aan die uitstallings toegeken: • 'n Uitstalling wat deur 'n volwassene as die beste aangedui is, ontvang 12 punte. • 'n Uitstalling wat deur 'n kind as die beste aangedui is, ontvang 5 punte. Die medaljes word soos volg toegeken: • Die uitstalling met die hoogste totale punte ontvang die goue medalje. • Die uitstalling met die tweede hoogste totale punte ontvang die silwermedalje. • Die uitstalling met die derde hoogste totale punte ontvang die bronsmedalje. Slegs data van geldige kaartjie-inskrywings moet gebruik word om die verslag saam te stel. LET WEL: 'n Ongeldige inskrywing word deur die enkele karakter 'Z' in die skikking aangedui nadat opsie A uitgevoer is. Voorbeeld van die afvoer: Uitstallings wat medaljes wen: Medalje Uitstalling Punte Goud RC 61 Silwer AD 46 Brons AB 39 (19) • Maak seker dat jou eksamennommer as 'n kommentaar in die eerste reёl van enige programlêer wat jou kode bevat, ingesleutel is. • Stoor al die lêers. • 'n Drukstuk van die kode sal vereis word. [38] TOTAAL: 120 Kopiereg voorbehou
Inligtingstegnologie/V1 Downloaded from hlayiso.com DBE/November 2012 NSS BYLAAG A: DATABASISSTRUKTUUR EN VOORBEELDDATA Hierdie bylaag vertoon die datastruktuur en voorbeelddata vir die tabelle wat in die DieretuinDB-databasis in VRAAG 1 gebruik word. tblKarnivore: Hierdie tabel bevat data oor al die karnivore wat in die dieretuin gehuisves word. Tabelstruktuur: Field Name Type Size Description KampNr Text 4 'n Unieke kode wat aan elke kamp toegeken is FamilieNaam Text 15 Die wetenskaplike klassifikasie van die dierspesie wat in die kamp gehuisves word WetenskaplikeNaam Text 30 Die wetenskaplike naam van die diere wat in die kamp gehuisves word AlgemeneNaam Text 30 Die algemene naam van die diere wat in die kamp gehuisves word TelVolwassenes Number Integer Die getal volgroeide diere wat in die kamp gehuisves word TelKleintjies Number Integer Die getal jong diere (nie volgroeid nie) wat in die kamp gehuisves word KampGrootte Number Integer Die grootte van die kamp in vierkante meter Bedreig Text 2 Die bedreigdespesie-kategorie wat gebruik is. Die kategorieë is: MB – Minste bedreig beteken dat daar tans geen identifiseerbare risiko's vir die spesie is nie. KW – Kwesbaar beteken dat die spesie 'n hoë risiko van uitwissing in die natuur in die gesig staar. NB – Nie bedreig beteken dat daar aan geen kriteria voldoen word, om as uitwissingsrisiko gekategoriseer te word nie, maar dit sal heel moontlik in die toekoms daaraan voldoen. BE – Bedreig beteken die spesie staar 'n uiters hoë risiko van uitwissing in die natuur in die gesig. Voorbeelddata: Kopiereg voorbehou
Inligtingstegnologie/V1 Downloaded from hlayiso.com DBE/November 2012 NSS tblVeeartsBesoeke: Hierdie tabel bevat data oor die veearts se besoeke aan sommige diere gedurende een week van September. Tabelstruktuur: Field Name Type Size Description BesoekID Autonumber Long integer Nommer om elke besoek deur die veearts uniek te identifiseer BesoekDatum Date/Time Short date Datum waarop die veearts die kamp besoek het (yyyy/mm/dd) KampNr Text 4 Kode vir die kamp wat besoek is RedeVirBesoek Text 30 Rede waarom die veearts die dier in die kamp besoek het Opvolg Yes/No Is 'n opvolgbesoek geskeduleer? (Ja/Nee) Dier_ID Text 10 Kode om die dier wat in die kamp besoek is, unieke te identifiseer Voorbeelddata: Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 DBE/November 2012 NSS BYLAAG B: DELPHI – GUI-KOPPELVLAKKE PER VRAAG VRAAG 1 Wanneer jy die program uitvoer, sal die koppelvlak hieronder vertoon word. VRAAG 2 Wanneer jy die program uitvoer, sal die koppelvlak hieronder vertoon word. VRAAG 3 Daar word van jou verwag om die volgende koppelvlak as deel van die oplossing vir VRAAG 3 te skep. Wanneer jy die program uitvoer, moet die koppelvlak hieronder vertoon word. LET WEL: Gebruik die MainMenu-komponent om die keuselys te skep. Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 DBE/November 2012 NSS BYLAAG C: JAVA – KOPPELVLAKKE PER VRAAG VRAAG 1 Wanneer jy die program uitvoer, sal die koppelvlak hieronder vertoon word. VRAAG 2 Wanneer jy die program uitvoer, sal die koppelvlak hieronder vertoon word: VRAAG 3 Kopieer en gebruik die kode in die DataV3_Java-tekslêer om die volgende koppelvlak as deel van die oplossing vir VRAAG 3 te skep. Wanneer jy die program uitvoer, moet die koppelvlak hieronder vertoon word. Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 DBE/November 2012 NSS BYLAAG D: DELPHI – FOUTOPSPORING VIR DATABASISPROBLEME D.1 Indien jy nie die gegewe databasis kan gebruik nie: • Skep jou eie databasis met die naam DieretuinDB wat 'n tabel met die naam tblKarnivore en nog 'n tabel met die naam tblVeeartsBesoeke insluit, in dieselfde lêergids as jou program vir VRAAG 1. • Voer ('Import') die twee tekslêers (tblKarnivore.txt en tblVeeartsBesoeke.txt) in om as data vir die verskillende tabelle te gebruik. • Die eerste reël in die tekslêers bevat die veldname wat gebruik moet word. D.2 Indien jou program nie met die databasis kan koppel nie: • Maak seker dat die databasislêer DieretuinDB in dieselfde lêergids as jou program vir VRAAG 1 is. As dit nie die geval is nie, kopieer die databasislêer na dieselfde lêergids as jou program. D.3 Indien jou program met die databasis kan koppel, maar geen data word vertoon nie: • Kliek op die 'ADOQuery'-komponent met die naam qryRec. • Kliek op die 'Ellipsis'-knoppie (drie kolletjies) regs van die 'ConnectionString'-eienskap in die 'Object Inspector'. • Kliek op die 'Build'-knoppie wat jou na die 'Data Link Properties'- dialoogvenster lei. • Kliek op die 'Provider tab' om die 'Provider tab sheet' oop te maak en kies 'Microsoft Jet 4.0 OLE DB Provider'. Kliek op 'Next'-knoppie. • Die 'Connection tab sheet' sal vertoon word. Die eerste opsie op die 'Connection tab sheet' voorsien 'n 'Ellipsis'-knoppie (drie kolletjies) wat jou toelaat om rond te blaai en die DieretuinDB-lêer te soek. Jy sal hierdie lêer in die lêergids ('folder') vir VRAAG 1 kry. Sodra jy dit gekry het, kliek op die DieretuinDB-lêer en kliek dan op die 'Open'-knoppie. • Verwyder die gebruikersnaam ('user name') 'Admin'. • Kliek op die 'Test Connection'-knoppie. • Kliek 'OK' op elk van die oop dialoogvenstertjies. Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 DBE/November 2012 NSS BYLAAG E: JAVA – FOUTOPSPORING VIR DATABASISPROBLEME E.1 Indien jy nie die gegewe databasis kan gebruik nie: • Skep jou eie databasis met die naam DieretuinDB wat 'n tabel met die naam tblKarnivore en nog 'n tabel met die naam tblVeeartsBesoeke insluit, in dieselfde lêergids as jou program vir VRAAG 1. • Voer ('Import') die twee tekslêers (tblKarnivore.txt en tblVeeartsBesoeke.txt) in om as data vir die verskillende tabelle te gebruik. • Die eerste reël in die tekslêers bevat die veldname wat gebruik moet word. E.2 Indien jou program nie met die databasis kan koppel nie: • Maak seker dat die databasislêer DieretuinDB in dieselfde lêergids as jou program vir VRAAG 1 is. As dit nie die geval is nie, kopieer die databasislêer na dieselfde lêergids as jou program. E.3 Indien jy nie met die gegewe programlêers met die databasis kan koppel nie, gebruik die volgende bronkode om databasiskonnektiwiteit te verseker: try { Class.forName ("sun.jdbc.odbc.JdbcOdbcDriver"); String filename = "DieretuinDB.mdb"; String database = "jdbc:odbc:Driver={Microsoft Access Driver (*.mdb)};DBQ="; database += filename.trim () + ";DriverID=22;READONLY=true}"; Connection conn = DriverManager.getConnection (database, "", ""); } catch (Exception e) { System.out.println ("Databasiskoppeling onsuksesvol"); } Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Information Technology

View all