Skip to content

Information Technology Grade 12 P1 NSC November 2012 QP

Question paperInformation TechnologyGrade 12201220 pages

Grade 12 Information Technology Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2012 (Afrikaans), 20 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 NOVEMBER 2013 PUNTE: 120 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye en 3 bylae. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 2 DBE/November 2013 NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Die duur van hierdie eksamen is drie uur. As gevolg van die aard van hierdie eksamen is dit belangrik om kennis te neem dat jy nie toegelaat sal word om die eksamenlokaal voor die einde van die eksamensessie te verlaat nie. 2. Geen onderskeid is in hierdie vraestel getref tussen die twee programmeringstale met betrekking tot die formulering van die vrae oor programmering nie. Waar nodig, word spesifieke instruksies vir onderskeidelik Delphi- en Java-kandidate gegee. 3. Jy het die lys lêers hieronder nodig om die vrae te beantwoord. Die toesighouer/onderwyser sal vir jou sê waar om dit te vind. Vraag1_Delphi: Vraag1_Java: tblDansPare.txt tblDansPare.txt tblUitslae.txt tblUitslae.txt Vraag1DB.mdb ToetsVraag1.java Vraag1P.dpr Vraag1.java Vraag1P.res Vraag1DB.mdb Vraag1U.dfm Vraag1U.pas Vraag2_Delphi: Vraag2_Java: uDansPaar.pas DansPaar.java Vraag2P.dpr ToetsVraag2.java Vraag2P.res Vraag2U.dfm Vraag2U.pas Vraag3_Delphi: Vraag3_Java: DataV3.txt DataV3.txt KeuselysV3_Java.txt Indien jy die lêers hierbo op 'n eksterne medium (CD, stiffie of flitsaandrywer) ontvang het, skryf jou eksamennommer op die etiket. 4. Tik jou eksamennommer as 'n kommentaar in die eerste reël van elke programlêer wat jou programmeringskode bevat. 5. Jou program moet altyd gekodeer word om die vraag op so 'n manier te beantwoord dat dit met verskillende stelle toevoerdata uitgevoer kan word. 6. Lees AL die vrae aandagtig deur. Moenie meer doen as wat die vrae vereis nie. 7. Lees die hele vraag voordat jy enige subvrae beantwoord. 8. Stoor jou werk met gereelde tussenposes as 'n voorsorgmaatreël teen kragonderbrekings. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 3 DBE/November 2013 NSS 9. Gedurende die eksamen mag jy die handleidings gebruik wat oorspronklik saam met die apparatuur en programmatuur verskaf is. Jy mag ook die HELP-funksies van die programmatuur gebruik. Java-kandidate mag die Java API-lêers gebruik. Jy mag NIE enige ander hulpbronmateriaal gebruik NIE. 10. Aan die einde van hierdie eksamensessie moet jy die eksterne medium met al jou werk daarop gestoor, inlewer OF jy moet seker maak dat al jou werk op die netwerk gestoor is, soos deur die toesighouer/onderwyser aan jou verduidelik is. 11. Maak seker dat alle lêers wat op die eksterne medium of netwerk gestoor is, gelees kan word. 12. Indien dit vereis word, maak drukstukke van die programmeringskode van al die vrae wat jy gedoen het. 13. Alle drukwerk van die vrae wat jy gedoen het, sal binne een uur nadat hierdie eksamen afgehandel is, plaasvind. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 4 DBE/November 2013 NSS SCENARIO Jou gemeenskap het verskillende geleenthede beplan om fondse vir die plaaslike gemeenskapsentrum in te samel. Een geleentheid wat beplan is, is 'n jaarlikse danskompetisie. VRAAG 1: PROGRAMMERING EN DATABASIS Die danskompetisie word oor 'n tydperk van 12 weke gehou. Dit begin met 14 danspare wat teen mekaar meeding. Sommige van die deelnemers is professionele dansers. Elke week word een van die danspare uitgeskakel na aanleiding van hul optrede by die weeklikse uitdunrondte. Gedurende die finale week van die kompetisie sal daar twee uitdunrondtes gehou word om te bepaal watter danspaar die wenners gaan wees. 'n Microsoft Office Access-databasis met die naam Vraag1DB.mdb, twee tekslêers (tblDansPare.txt en tblUitslae.txt) en 'n onvoltooide program word in die lêergids met die naam Vraag1_XXXX gegee, waar XXXX verwys na die programmeringstaal wat jy bestudeer het. Die ontwerp van die tabelle in die Vraag1DB-databasis en voorbeelddata uit elke tabel verskyn in BYLAAG A. Doen die volgende: • Maak 'n rugsteunkopie van die Vraag1DB-databasis VOORDAT jy begin om die vrae te beantwoord. Jy sal 'n kopie van die oorspronklike databasis nodig hê om jou program deeglik te kan toets. • Hernoem die lêergids vir VRAAG 1 deur die naam van die programmeringstaal wat jy bestudeer het, met jou eksamennommer te vervang. • Maak die onvoltooide program vir VRAAG 1 oop. • Sleutel jou eksamennommer as 'n kommentaar in die eerste reël van die programlêer in. • Kompileer en voer die program uit. Die koppelvlak vertoon agt keuselysopsies: Opsie A tot Opsie G en 'n 'Verlaat'-opsie. LET WEL: o 'n Foutboodskap sal vertoon word indien enige van Opsie A tot Opsie G gekies word as gevolg van die onvoltooide SQL-stellings. o Indien jy enige probleme ondervind om die databasis te gebruik of om met die databasis te koppel, verwys na BYLAAG B (Delphi)/BYLAAG C (Java) vir foutopsporingswenke. o Indien jy steeds databasisprobleme ondervind, moet jy nogtans die SQL-kode doen en dit inlewer om nagesien te word. Punte sal slegs toegeken word vir die programmeringskode wat die SQL-stellings bevat. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 5 DBE/November 2013 NSS • Voltooi die kode vir elke keuselysopsie deur 'n toepaslike SQL-stelling te formuleer om die resultate van die onderskeie navrae ('queries') te vertoon soos in VRAAG 1.1 tot 1.7 hieronder beskryf. LET WEL: Die kode van sommige toevoerstellings en die kode om die SQL-stelling uit te voer en die resultate van die navrae te vertoon, is reeds as deel van die gegewe kode geskryf. 1.1 Keuselysopsie A Vertoon al die inligting in die tblUitslae-tabel. Sorteer die data alfabeties volgens die TipeDans-veld en daarna volgens die RoetineNr-veld in dalende volgorde. Voorbeeld van die afvoer van die eerste vier rekords: RoetineNr Week Rondte DansPaarID TipeDans Liedjie Punt Uitslag 116 12 2 8 American Smooth Can't Help Falling in Love 39 Finaal 107 11 1 11 American Smooth Time After Time 36 Veilig 103 10 1 14 American Smooth Singin' in the Rain 37 Veilig 101 10 1 10 American Smooth Pretty Woman 34 Veilig : (3) 1.2 Keuselysopsie B Bepaal die dansroetines met punte tussen 25 en 35 (beide ingesluit) wat gedurende die vyfde week en die negende week van die kompetisie uitgevoer is. Vertoon die RoetineNr, Week, TipeDans en die Punt vir hierdie roetines. Voorbeeld van die afvoer van die eerste vier rekords: RoetineNr Week TipeDans Punt 55 5 Tango 32 57 5 Paso Doble 31 58 5 American Smooth 35 60 5 Tango 34 : (4) 1.3 Keuselysopsie C Laat die gebruiker toe om die naam van 'n tipe dans in te sleutel, byvoorbeeld Rumba. Tel en vertoon die getal kere wat hierdie tipe dans gedurende die kompetisie uitgevoer is. Noem die berekende veld GetalOptredes. Vertoon die TipeDans en die GetalOptredes. Voorbeeld van die afvoer indien Rumba deur die gebruiker ingesleutel is: TipeDans GetalOptredes Rumba 7 (5) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 6 DBE/November 2013 NSS 1.4 Keuselysopsie D Bepaal die titels van die liedjies wat met die woord 'Love' begin of die woord 'you' of enige variasies van die woord 'you' bevat en waarop professionele danspare hul dansroetines uitgevoer het. Vertoon die titels van die liedjies en die name van die danspare wat dansroetines op hierdie liedjies uitgevoer het. Voorbeeld van die afvoer: Liedjie Dansmaat1 Dansmaat2 Love Man Robbie Ola Love Ain't Here Anymore Robbie Ola Let Me Entertain You Robbie Ola You Sexy Thing Robbie Ola You Can't Stop the Beat Anita Robin I've Got You Under My Skin Anita Robin Love Potion No. 9 Chelsee Pasha Spice Up Your Life Chelsee Pasha Because of You Chelsee Pasha (7) 1.5 Keuselysopsie E Bereken en vertoon die gemiddelde punt vir elke danspaar in 'n berekende veld met die naam GemiddeldePunt. Die gemiddelde punt vir elke danspaar moet bereken word deur die totale punte en die getal dansroetines wat hulle uitgevoer het, te gebruik. Vertoon die gemiddelde punt, korrek tot drie desimale plekke. Vertoon die DansPaarID en die GemiddeldePunt van al die danspare. Voorbeeld van die afvoer van die eerste vier rekords: DansPaarID GemiddeldePunt 1 32.727 2 23.000 3 24.833 4 22.714 : (6) 1.6 Keuselysopsie F Vertoon 'n lys met die name van al die danspare wat tot die laaste week (week 12) van die kompetisie uitgeskakel is. Die name van elke danspaar moet slegs een keer op die lys verskyn. Voorbeeld van die afvoer (op die volgende bladsy): Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 7 DBE/November 2013 NSS Dansmaat1 Dansmaat2 Alex James Anita Robin Audley Natalie Dan Katya Edwina Vincent Holly Artem Lulu Brendan Nancy Anton Robbie Ola Rory Erin Russell Flavia (5) 1.7 Keuselysopsie G Danspaar 8 word as die wenners van die kompetisie aangekondig. Dateer die inhoud van die Uitslag-veld vir Danspaar 8 op om die woord 'WENNERS' vir die tweede rondte van die finale week van die kompetisie te bevat. Sodra die rekords suksesvol opgedateer is, sal 'n geskikte boodskap vertoon word. Die kode vir hierdie boodskap word voorsien. (5) LET WEL: Gebruik jou rugsteunkopie van die Vraag1DB-databasis indien jy die keuselysopsies op hierdie stadium wil toets. • Sleutel jou eksamennommer in as 'n kommentaar in die eerste reёl van die lêer wat die SQL-stellings bevat. • Stoor jou program. • Maak 'n drukstuk van die kode indien dit vereis word. [35] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 8 DBE/November 2013 NSS VRAAG 2: OBJEK-GEORIËNTEERDE PROGRAMMERING 'n Program word benodig om inligting te verskaf oor hoe die beoordelaars vir die danspare punte gee. Die lêers wat vir hierdie vraag benodig word, kan in die lêergids met die naam Vraag2_XXXX gevind word, waar XXXX verwys na die programmeringstaal wat jy bestudeer het. Jy is voorsien van 'n onvolledige program wat bestaan uit: Delphi Java • 'n Klaseenheid ('class unit') met die • 'n Objekklas ('object class') met die naam uDansPaar wat die attribute van naam DansPaar wat die attribute van 'n danspaar beskryf en 'n paar 'n danspaar beskryf en 'n paar metodes bevat metodes bevat • 'n Hoofvormeenheid ('main form unit') • 'n Toetsklas ('test class') met die naam met die naam Vraag2U ToetsVraag2 Die gegewe uDansPaar/DansPaar-klas bevat die verklaring en kodering van: • Drie attribute wat 'n danspaar beskryf • Een konstruktor ('constructor') • Drie haal ('get/accessor')-metodes Die drie attribute wat 'n danspaar beskryf, is: Name van attribute Beskrywing Delphi Java Die naam van die eerste dansmaat fDansM1 dans_m1 Die naam van die tweede dansmaat fDansM2 dans_m2 Die karakter A, B, C of D wat die fProfessioneel professioneel professionele dansstatus van die danspaar aandui LET WEL: Die professionele dansstatus kan een van die volgende wees: • A – Beide dansmaats is professionele dansers. • B – Die eerste dansmaat is 'n professionele danser. • C – Die tweede dansmaat is 'n professionele danser. • D – Nie een van die dansmaats is 'n professionele danser nie. Enige ander karakter as A, B, C of D sal ook aanvaar word en dus hoef die karakters nie gevalideer te word nie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 9 DBE/November 2013 NSS Doen die volgende: • Hernoem die lêergids vir VRAAG 2 deur die naam van die programmeringstaal wat jy bestudeer het, met jou eksamennommer te vervang. Delphi Java • Maak die onvoltooide programlêer • Maak die ToetsVraag2.java- Vraag2P.dpr oop. toetsklaslêer oop. • Maak die uDansPaar.pas- • Maak die onvoltooide objekklas klaseenheid oop. DansPaar.java oop. • Voeg jou eksamennommer by as 'n • Voeg jou eksamennommer by as 'n kommentaar in die eerste reël van kommentaar in die eerste reël van beide die uDansPaar.pas- beide die DansPaar.java-objekklas klaseenheid en die Vraag2U.pas- en die ToetsVraag2.java-toetsklas. hoofvormeenheid. • Kompileer en voer die program uit. Die koppelvlak vertoon vier keuselysopsies: Opsie A, Opsie B, Opsie C en 'n 'Verlaat'-opsie. LET WEL: Voer die keuselysopsies in volgorde uit wanneer jy die program toets, dit wil sê, eers Opsie A, dan Opsie B en dan Opsie C. 2.1 Doen die volgende om die kode in die gegewe uDansPaar/DansPaar-klas te voltooi: 2.1.1 Skryf kode vir 'n konstruktor ('constructor') wat parameters gebruik om die drie attribute van die klas te inisialiseer. Die attribute is die name van die twee dansmaats en die professionele dansstatus van die danspaar (sien vorige bladsy). (5) 2.1.2 Skryf kode vir 'n metode genaamd getGewigswaarde wat 'n gewigswaarde vir 'n danspaar sal bepaal en sal terugstuur, op grond van die professionele dansstatus van die danspaar. 'n Hoër gewigswaarde is tot voordeel van die danspaar. Die volgende is van toepassing: • Indien nie een van die dansmaats 'n professionele danser is nie, word die gewigswaarde op 3 gestel. • Indien een van die dansmaats 'n professionele danser is, word die gewigswaarde op 2 gestel. • Indien beide dansmaats professionele dansers is, word die gewigswaarde op 1 gestel. • Indien die professionele dansstatus enige ander karakter as A, B, C of D is, word die gewigswaarde op 0 gestel. (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 10 DBE/November 2013 NSS 2.1.3 Skryf kode vir 'n metode met die naam berekenFinalePunt wat 'n skikking sal ontvang wat die vier beoordelaars se punte vir 'n dansroetine as 'n parameter bevat. Hierdie metode moet die finale punt vir die dansroetine bereken en terugstuur. Die finale punt vir 'n dansroetine word soos volg bereken: • Die punte van die eerste beoordelaar en die derde beoordelaar word elk vermenigvuldig met die danspaar se gewigswaarde, wat deur hul professionele dansstatus bepaal word. • Daarna word die punte van al vier beoordelaars bymekaargetel sodra die gewigswaarde in berekening gebring is. (7) 2.1.4 Skryf kode vir 'n toString-metode wat 'n string sal saamstel en terugstuur met byskrifte en inligting oor 'n danspaarobjek in die volgende formaat: Danspaar: <dansmaat 1> & <dansmaat 2> Professionele dansstatus: <karakter wat die professionele dansstatus van die danspaar aandui> Voorbeeld van die afvoer vir Sarah en John met C as hulle professionele dansstatus: Danspaar: Sarah & John Professionele dansstatus: C (6) 2.2 Doen die volgende om die kode in die hoofvormeenheid ('main form unit') (Delphi)/toetsklas ('test class') (Java) te voltooi: 2.2.1 Skryf kode om Keuselysopsie A te voltooi om die volgende te doen: • Laat die gebruiker toe om die name van die danspaar in te sleutel – eers die naam van dansmaat 1 en dan die naam van dansmaat 2. • Laat die gebruiker toe om die professionele dansstatus (A, B, C of D) van die danspaar in te sleutel. Die professionele dansstatus kan een van die volgende wees: o A– Beide dansmaats is professionele dansers. o B– Die eerste dansmaat is 'n professionele danser. o C– Die tweede dansmaat is 'n professionele danser. o D– Nie een van die dansmaats is 'n professionele danser nie. LET WEL: Enige ander karakter kan aanvaar word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 11 DBE/November 2013 NSS • Verklaar en instansieer 'n danspaarobjek deur die gebruiker- toevoerwaardes te gebruik. • Vertoon die inligting vir 'n danspaar soos in die voorbeeld hieronder getoon. Voorbeeld van die afvoer indien die name van die dansmaats Sarah en John is en hul professionele dansstatus C is: Danspaar: Sarah & John Professionele dansstatus: C (8) 2.2.2 Skryf kode om Keuselysopsie B te voltooi om die volgende te doen: • Verklaar 'n heelgetalskikking om die individuele punte van die vier beoordelaars vir 'n dansroetine te stoor. Die punte het 'n moontlike maksimumwaarde van 10. Voorbeeld van die vier moontlike punte: 8, 6, 7, 9 • Laat die gebruiker toe om die vier punte een vir een in te sleutel. Ken 'n waarde van nul vir 'n punt toe indien 'n ongeldige punt, byvoorbeeld 'n negatiewe punt of 'n punt groter as 10, ingesleutel word. • Roep die relevante metodes op om die finale punt vir die dansroetine te bereken en vertoon die afvoer in die volgende formaat: Danspaar: <dansmaat1> & <dansmaat2 > Punte van die beoordelaars: <punt1> <punt2> <punt3> <punt4> Gewigswaarde: <gewigswaarde> Finale punt: <berekende finale punt> Voorbeeld van die afvoer vir die danspaar Sarah en John indien die punte van die beoordelaars 8, 6, 7 en 9 is: Danspaar: Sarah & John Punte van die beoordelaars: 8 6 7 9 Gewigswaarde: 2 Finale punt: 45 (10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 12 DBE/November 2013 NSS 2.2.3 Skryf kode om Keuselysopsie C te voltooi om die volgende te doen: Skryf die name van die danspaar en hul finale punt na 'n nuwe tekslêer met die naam Punte.txt in die volgende formaat: <dansmaat 1>,<dansmaat 2>,<finale punt> Voorbeeld van data in Punte.txt: Sarah,John,45 Vertoon 'n boodskap wat aandui dat die inligting na 'n tekslêer geskryf is. (7) • Maak seker dat jou eksamennommer as 'n kommentaar in die eerste reël van die klaseenheid ('class unit') (Delphi)/objekklas ('object class') (Java) asook die hoofvormeenheid ('main form unit') (Delphi)/toetsklas ('test class') (Java) ingesleutel is. • Stoor al die lêers. • Maak 'n drukstuk van die kode indien dit vereis word. Druk die klaseenheid (Delphi)/objekklas (Java) en die hoofvormeenheid (Delphi)/toetsklas (Java). [51] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 13 DBE/November 2013 NSS VRAAG 3: PROBLEEMOPLOSSINGSPROGRAMMERING Gedurende die vyfde week van die danskompetisie besluit die organiseerders om lede van die publiek toe te laat om vir hul gunstelingdanspaar te stem. Elke danspaar het 'n unieke kompetisienommer. Persone van 18 jaar en ouer mag stem deur 'n SMS met die nommer van hulle gunstelingdanspaar te stuur. Vier van die oorspronklike 14 danspare is reeds gedurende vorige rondtes uitgeskakel. Die publiek mag slegs vir die danspare stem wat nog in die kompetisie is. Die danspaar met die kleinste getal stemme van die publiek kan in hierdie rondte uitgeskakel word. Die lêergids vir VRAAG 3 bevat 'n tekslêer met die naam DataV3.txt vir Delphi en twee tekslêers (DataV3.txt en KeuselysV3.txt) vir Java. Elke reël teks in die tekslêer (DataV3.txt) bevat inligting van 'n SMS wat ontvang is in die volgende formaat: <naam van die persoon wat gestem het>;<die persoon se ouderdom in jare>#<selfoonnommer>;<die kompetisienommer van die danspaar vir wie die persoon gestem het> Voorbeeld van die data vir die eerste drie SMS'e in die tekslêer met die naam DataV3.txt: Armando Harris;56#+27848283872;8 Luca Huonti;49#+2585514394;1 Venere Laconi;47#+27768984873;12 Die data van die eerste twee reëls teks kan soos volg geïnterpreteer word: • Armando Harris, wat 56 jaar oud is, het selfoonnommer +2784 828 3872 gebruik om vir Danspaar 8 te stem. • Luca Huonti, wat 49 jaar oud is, het selfoonnommer +258 551 4394 gebruik om vir Danspaar 1 te stem. Doen die volgende: • Hernoem die lêergids vir VRAAG 3 deur die naam van die programmeringstaal wat jy bestudeer het, met jou eksamennommer te vervang. • Skep 'n nuwe program/projek/toepassing. • Sleutel jou eksamennommer in as 'n kommentaar in die eerste reël van die programlêer(s) wat jy geskep het wat jou kode sal bevat. • Stoor die programlêer(s) deur die vraagnommer as deel van die lêernaam in die hernoemde lêergids vir VRAAG 3 te gebruik. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 14 DBE/November 2013 NSS • Ontwikkel 'n koppelvlak soos volg: Delphi Java • Gebruik 'n MainMenu-komponent en • Kopieer die gegewe kode om 'n keuselys ontwikkel 'n koppelvlak met drie te vertoon uit die KeuselysV3.txt- keuselysopsies: Opsie A, Opsie B tekslêer. Die koppelvlak moet drie en 'n 'Verlaat'-opsie. keuselysopsies vertoon: Opsie A, Opsie B en 'n 'Verlaat'-opsie. • Voeg 'n RichEdit-komponent met die naam redV3 op die vorm in om die inligting te vertoon. Verander die Align-attribuut na alClient. • Gebruik die volgende kode om die • Gebruik die volgende kode om die 'Verlaat'-keuselysopsie te voltooi: 'Verlaat'-keuselysopsie te voltooi: Application.Terminate; System.exit(0); • Voltooi die kode vir elke keuselysopsie soos volg: LET WEL: Voer die keuselysopsies in volgorde uit wanneer jy die program toets, dit wil sê, eers Opsie A en dan Opsie B. 3.1 Keuselysopsie A Sommige van die SMS'e wat in die tekslêer vasgelê is, is ongeldig. 'n SMS is ongeldig as: • Die stem vir 'n danspaar wat reeds uitgeskakel is, uitgebring is • Die stem deur 'n persoon wat jonger as 18 jaar is, uitgebring is Laat die gebruiker toe om die kompetisienommers van die vier danspare wat reeds uitgeskakel is, in te sleutel. Die gebruiker kan enige vier waardes in die reeks van 1 tot 14 insleutel. Valideer waardes wat ingesleutel is om aan die volgende voorwaardes te voldoen: • Die waarde moet 'n getal wees en nie 'n karakter nie. • Die waarde moet binne die reeks van 1 tot 14 wees. LET WEL: • Die program mag slegs voortgaan sodra al vier toevoerwaardes gevalideer is. • Die gevalideerde vier getalle moet beskikbaar wees vir gebruik in Keuselysopsie B. Indien die selfoonnommer met die voorvoegsel '+27' begin, word die stem as 'n stem van binne Suid-Afrika se grense beskou. Andersins word dit as 'n internasionale stem beskou. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 15 DBE/November 2013 NSS Vertoon 'n genommerde lys van die kontakbesonderhede van al die persone wat geldige stemme uitgebring het. Dui aan of die persoon 'n internasionale stem uitgebring het deur die frase 'Internasionale stem' as deel van sy/haar kontakbesonderhede te vertoon soos in die voorbeeld hieronder aangedui. Vertoon die totale getal geldige en ongeldige stemme onderaan die lys. Voorbeeld 1: 'n Voorbeeld van die afvoer nadat Opsie A uitgevoer is en Danspaar 1, 2, 3 en 4 uitgeskakel is: Nr. Naam Selfoonnommer 1 Armando Harris +27848283872 2 Venere Laconi +27768984873 3 Gabriella Thao +27839161414 : 302 Lucas Herder +2581101571 Internasionale stem 303 Giacobbe Spina +2582751425 Internasionale stem 304 Rachel Delarosa +27833054860 Ongeldige stemme: 196 Geldige stemme: 304 Voorbeeld 2: 'n Voorbeeld van die afvoer nadat Opsie A uitgevoer is en Danspaar 1, 5, 6 en 8 uitgeskakel is: Nr. Naam Selfoonnommer 1 Venere Laconi +27768984873 2 Gabriella Thao +27839161414 3 Tim Anger +2645519196 Internasionale stem : 272 Estotz Lizarazu +27833247494 273 Lucas Herder +2581101571 Internasionale stem 274 Rachel Delarosa +27833054860 Ongeldige stemme: 226 Geldige stemme: 274 (22) 3.2 Keuselysopsie B Die organiseerders benodig 'n opsommende verslag met 'n lys van die totale getal geldige stemme wat vir elke danspaar uitgebring is. Meer as een danspaar mag dieselfde getal stemme hê. Die danspaar/-pare met die kleinste getal geldige stemme mag uitgeskakel word. Dui die volgende in die verslag aan: • 'n Lys met opskrifte en subopskrifte met die totale getal stemme wat vir elke danspaar uitgebring is. Dui die vier danspare aan wat reeds uitgeskakel is. • Die danspaar/-pare wat moontlik volgende uitgeskakel kan word, op grond van die kleinste getal stemme. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 16 DBE/November 2013 NSS Skryf kode om die vereiste verslag te genereer en te vertoon soos in die volgende voorbeelde aangedui. Voorbeeld 1: 'n Voorbeeld van die afvoer nadat Opsie A uitgevoer is en Danspaar 1, 2, 3 en 4 uitgeskakel is: Stemme gedurende week 5 ontvang: Danspaar Stemme 1 (Uitgeskakel) 2 (Uitgeskakel) 3 (Uitgeskakel) 4 (Uitgeskakel) 5 30 6 30 7 30 8 43 9 27 10 25 11 25 12 33 13 25 14 36 Danspaar/-pare wat moontlik volgende uitgeskakel kan word: 10 11 13 Voorbeeld 2: 'n Voorbeeld van die afvoer nadat Opsie A uitgevoer is en Danspaar 1, 5, 6 en 8 uitgeskakel is: Stemme gedurende week 5 ontvang: Danspaar Stemme 1 (Uitgeskakel) 2 31 3 22 4 20 5 (Uitgeskakel) 6 (Uitgeskakel) 7 30 8 (Uitgeskakel) 9 27 10 25 11 25 12 33 13 25 14 36 Danspaar/-pare wat moontlik volgende uitgeskakel kan word: 4 (12) • Sleutel jou eksamennommer as 'n kommentaar in die eerste reёl van die program in. • Stoor al die lêers. • Maak 'n drukstuk van die kode indien dit vereis word. [34] TOTAAL: 120 Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 DBE/November 2013 NSS BYLAAG A: DATABASISSTRUKTUUR EN VOORBEELDDATA Hierdie bylaag toon die databasisstruktuur en voorbeelddata vir die tabelle wat in die Vraag1DB.mdb-databasis in VRAAG 1 gebruik word. tblUitslae: Hierdie tabel bevat data oor die uitslae van al die dansroetines wat gedurende die twaalf weke van die kompetisie uitgevoer is. Field Name Type Size Description RoetineNr Autonumber Long Integer 'n Unieke nommer vir elke dansroetine wat gedurende die kompetisie uitgevoer is Week Number Integer 'n Nommer wat die week aandui waarin die dansroetine uitgevoer is. Die kompetisie strek oor 12 weke. Rondte Number Integer 'n Nommer wat die rondte aandui waarin die dansroetine uitgevoer is. Die finale week het twee rondtes. Al die ander weke het slegs een rondte. DansPaarID Number Long Integer 'n Unieke nommer om die danspaar wat die dansroetine uitgevoer het, te identifiseer TipeDans Text 30 Die tipe dans wat uitgevoer is, byvoorbeeld wals, samba, cha-cha, ensovoorts Liedjie Text 40 Die titel van die liedjie wat tydens die dansroetine gebruik is Punt Number Integer Die totale punt van die beoordelaars vir die dansroetine Uitslag Text 15 Dui die uitslag aan nadat die dansroetine uitgevoer is. Die uitslag kan een van die volgende wees: • Veilig – Die danspaar is nog in die kompetisie. • Uitgeskakel – Die danspaar is uitgeskakel. • Finaal – Die danspaar is in die finale week. Voorbeelddata: RoetineNr Week Rondte DansPaarID TipeDans Liedjie Punt Uitslag 1 1 1 1 Cha-cha Who's That Chick? 28 Veilig 2 1 1 2 Waltz Are You Lonesome 24 Veilig Tonight? 3 1 1 3 Cha-cha I've Got The Music in 17 Veilig Me 4 1 1 4 Waltz Angel 20 Veilig 5 1 1 5 Cha-cha Bad Boys 19 Veilig 6 1 1 6 Waltz Three Times a Lady 28 Veilig 7 1 1 7 Cha-cha Venus 21 Veilig 8 1 1 8 Cha-cha Moves Like Jagger 28 Veilig : Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 DBE/November 2013 NSS tblDansPare: Hierdie tabel bevat die data van die 14 danspare wat aan die danskompetisie deelgeneem het. Field Name Type Size Description DansPaarID AutoNumber Long Integer 'n Unieke nommer wat aan elke danspaar toegeken is Dansmaat1 Text 10 Die voornaam van dansmaat 1 Dansmaat2 Text 10 Die voornaam van dansmaat 2 ProfessioneleDansers Text 1 Die simbool wat aandui of die dansmaats professionele dansers is. Die volgende is van toepassing: • B – Beide dansmaats is professionele dansers. • E – Een van die dansmaats is 'n professionele danser. • G – Nie een van die dansmaats is 'n professionele danser nie. VorigeDansmaats Yes/No 'n Aanduiding of die danspaar dansmaats in vorige danskompetisies was Voorbeelddata: DansPaarID Dansmaat1 Dansmaat2 ProfessioneleDansers VorigeDansmaats 1 Holly Artem B  2 Dan Katya E  3 Lulu Brendan G  4 Audley Natalie E  5 Robbie Ola B  6 Anita Robin B  7 Russell Flavia G  8 Harry Aliona G  9 Rory Erin G  10 Alex James E  11 Chelsee Pasha B  12 Edwina Vincent E  13 Nancy Anton B  14 Jason Kristina G  Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 DBE/November 2013 NSS BYLAAG B: DELPHI – FOUTOPSPORING VIR DATABASISPROBLEME B.1 Indien jy nie die gegewe databasis kan gebruik nie: • Skep jou eie databasis met die naam Vraag1DB wat twee tabelle met die naam tblUitslae en tblDansPare insluit, in dieselfde lêergids as jou program vir VRAAG 1. • Voer ('Import') die twee tekslêers (tblUitslae.txt en tblDansPare.txt) in om as data vir die verskillende tabelle te gebruik. • Die eerste reël van die tekslêers bevat die veldname wat gebruik moet word. B.2 Indien jou program nie met die databasis kan koppel nie, maak seker dat die databasis Vraag1DB in dieselfde lêergids as jou program vir VRAAG 1 is. As dit nie die geval is nie, kopieer die databasislêer na dieselfde lêergids as jou program. B.3 Indien jou program met die databasis koppel, maar geen data word vertoon nie: • Klik op die 'ADOQuery'-komponent met die naam qryRec. • Klik op die ellipsknoppie (drie kolletjies) regs van die 'ConnectionString'- eienskap in die 'Object Inspector'. • Klik op die 'Build'-knoppie, wat jou na die 'Data Link Properties'- dialoogvenster lei. • Klik op die 'Provider-tab' om die 'Provider-tab sheet' oop te maak en kies 'Microsoft Jet 4.0 OLE DB Provider'. Klik op die 'Next'-knoppie. • Die 'Connection-tab sheet' sal vertoon word. Die eerste opsie op die 'Connection-tab sheet' bevat 'n ellipsknoppie (drie kolletjies) wat jou toelaat om deur te blaai en die Vraag1DB-lêer te soek. Jy sal hierdie lêer in die Vraag1-lêergids ('folder') kry. Sodra jy dit gekry het, kies die Vraag1DB-lêer en klik dan op die 'Open'-knoppie. • Verwyder die gebruikernaam ('username') 'Admin'. • Klik op die 'Test Connection'-knoppie. • Klik 'OK' op elk van die oop dialoogvensters. Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 DBE/November 2013 NSS BYLAAG C: JAVA – FOUTOPSPORING VIR DATABASISPROBLEME C.1 Indien jy nie die gegewe databasis kan gebruik nie: • Skep jou eie databasis met die naam Vraag1DB wat twee tabelle met die naam tblUitslae en tblDansPare insluit, in dieselfde lêergids as jou program vir VRAAG 1. • Voer ('Import') die twee tekslêers (tblUitslae.txt en tblDansPare.txt) in om as data vir die verskillende tabelle te gebruik. • Die eerste reël van die tekslêers bevat die veldname wat gebruik moet word. C.2 Indien jou program nie met die databasis kan koppel nie, maak seker dat die databasis Vraag1DB in dieselfde lêergids as jou program vir VRAAG 1 is. As dit nie die geval is nie, kopieer die databasislêer na dieselfde lêergids as jou program. C.3 Indien jy nie met die gegewe lêers met die databasis kan koppel nie, gebruik die volgende bronkode om databasiskonnektiwiteit te verseker: try { Class.forName ('sun.jdbc.odbc.JdbcOdbcDriver'); String filename = ' Vraag1DB.mdb'; String database = 'jdbc:odbc:Driver={Microsoft Access Driver (*.mdb)};DBQ='; database += filename.trim () + ';DriverID=22;READONLY=true}'; Connection conn = DriverManager.getConnection (database, '', ''); } catch (Exception e) { System.out.println ('Databasiskonneksie onsuksesvol'); } Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Information Technology

View all