Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2
NOVEMBER 2013
PUNTE: 180
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2012 papers 
%20(English%20and%20Afrikaans)%20June%202012%20QP_hlayiso.com_--48082933-856d-4044-a34d-c3c2952614eb/v1-a52d38d34bbb677fc423/card.webp)




View all





Information Technology Grade 12 P2 NSC November 2012 QP
Grade 12 Information Technology Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2012 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.
Information Technology · Grade 12 · NSC November Exam · 2012. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Information Technology
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2012
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 17
- File size
- 522.4 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 17
This exam
NSC November Exam 2012
Questions in this paper
- Question 1.1Systems Technologies1 marks
- Question 1.2Systems Technologies1 marks
- Question 1.3Systems Technologies1 marks
- Question 1.4Systems Technologies1 marks
- Question 1.5Systems Technologies1 marks
- Question 1.6Solution Development and Software Engineering1 marks
Show all 15 questions
- Question 1.7Social Implications1 marks
- Question 1.8Social Implications1 marks
- Question 1.9Systems Technologies1 marks
- Question 1.10Systems Technologies1 marks
- Question 2Systems Technologies49 marks
- Question 3Systems Technologies10 marks
- Question 4Social Implications13 marks
- Question 5Solution Development and Software Engineering47 marks
- Question 6Systems Technologies50 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2 2 DBE/November 2013
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit VYF afdelings wat soos volg verdeel is:
AFDELING A: Meervoudigekeuse-vrae (10)
AFDELING B: Apparatuur en programmatuur (49)
AFDELING C: Toepassings en implikasies (23)
AFDELING D: Programmering en programmatuurontwikkeling (48)
AFDELING E: Geïntegreerde scenario (50)
2. Beantwoord AL die vrae.
3. Lees AL die vrae aandagtig deur.
4. In die algemeen gee die puntetoekenning 'n aanduiding van die getal
feite/redes wat verlang word.
5. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
6. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2 3 DBE/November 2013
NSS
AFDELING A: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
VRAAG 1
Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (1.1–1.10) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
1.1 'n ... is die kleinste adresseerbare eenheid spasie op 'n hardeskyf.
A Sektor
B Kluster
C Baan
D Partisie (1)
1.2 Die enkripsieprotokol wat openbaresleutel-enkodering gebruik om data te
enkodeer wat oor die Internet gestuur word, staan as … bekend.
A HTML
B FTP
C TCP/IP
D BSL ('SSL') (1)
1.3 Watter EEN van die volgende is NIE deel van die masjiensiklus NIE?
A Gaan haal data.
B Dekodeer instruksie.
C Enkodeer data.
D Voer instruksie uit. (1)
1.4 'n Apparatuuronderbreking …
A is 'n metode wat deur randapparatuur gebruik word om die SVE se
aandag te kry as hulle moet kommunikeer.
B word gebruik om 'n drukker te stop wanneer dit aanhou om 'n
ongevraagde druktaak te druk.
C word deur die geheue van 'n rekenaar gebruik om 'n randtoestel te
onderbreek (of te stop) wanneer dit met die SVE kommunikeer.
D is die proses wat plaasvind wanneer die kragvoorsieningseenheid
ingee en die rekenaar ophou werk. (1)
1.5 'Quad pumping' is …
A om vier keer per kloksiklus toegang tot LSG ('RAM') te verkry.
B om die SVE vier keer per kloksiklus te gebruik.
C 'n pyplynverwerkingstegniek.
D 'n alternatief vir hiperryging ('hyperthreading'). (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2 4 DBO/November 2012
NSS
1.6 Watter EEN van die volgende Boolese uitdrukkings is korrek?
UITDRUKKING UITSLAG
A TRUE AND NOT FALSE FALSE
B FALSE AND (TRUE OR NOT FALSE) TRUE
C TRUE OR NOT (TRUE OR NOT FALSE) TRUE
D TRUE AND NOT (TRUE AND FALSE) FALSE (1)
1.7 'n Skimverklikker ('Rootkit') is …
A 'n agterdeurprogram ('backdoor program').
B kwaadwillige programmatuur wat geaktiveer word wanneer 'n
rekenaarstelsel selflaai.
C 'n program wat sleuteldrukke aanteken.
D 'n stel programme wat 'n kuberkraker ('hacker') gebruik om
rekenaarstelsels in te dring. (1)
1.8 … vind plaas wanneer die adres van die afsender en ander dele van 'n
e-posopskrif verander word sodat dit lyk asof die e-pos van 'n ander bron
afkomstig is.
A Gekskeerdery ('Hoaxing')
B Strikroof ('Phishing')
C Spoef ('Spoofing')
D Domeinfoppery ('Pharming') (1)
1.9 Watter EEN van die volgende is 'n voorbeeld van 'n URL wat reg saamgestel
is vir 'n veilige webtuiste?
A http://www.questionbank.co.za
B https://www.myonlineshop.co.za
C http://www.secure.co.za
D htts://www.secureweb.com (1)
1.10 Die twee lêers hieronder is voorbeelde van musieklêers.
Watter EEN van die volgende lêeruitbreidings sal waarskynlik met hierdie
twee lêers geassosieer word?
A wma
B docx
C bmp
D ico (1)
TOTAAL AFDELING A: 10
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2 5 DBE/November 2013
NSS
SCENARIO
'n Landswye kompetisie word gehou in 'n poging om talent in sang, dans en toneelspel
onder jongmense te ontdek. 'n Webtuiste is geskep om die kompetisie te bemark.
Uitdunrondtes sal elke week by verskillende sentrums regoor die land gehou word.
Bestuurders is by die sentrums aangestel om uitslae vas te lê en te stoor, verslae te tik en
seker te maak dat video-opnames van elke optrede gemaak word.
AFDELING B: APPARATUUR EN PROGRAMMATUUR
VRAAG 2
2.1 Die bestuurders by die sentrums kon een van die volgende twee toestelle kies
om hulle take te verrig:
TOESTEL SPESIFIKASIES
Skootrekenaar - Intel Core i7 2.4 GHz SVE ('CPU')
- 8 GG LSG ('8 GB RAM')
- 1.5 TG HSS ('1.5 TB HDD')
Tablet - nVidia Tegra 1.2 GHz SVE ('CPU')
- 1 GG LSG ('1 GB RAM')
- 32 GG STS ('32 GB SSD')
2.1.1 Gee TWEE redes waarom die bestuurders gevra het om eerder die
skootrekenaar as die tablet te ontvang. (2)
2.1.2 'n Tablet gebruik 'n STS ('SSD') vir die stoor van data en lêers.
(a) Waarvoor staan die akroniem STS ('SSD')? (1)
(b) Noem DRIE vergelykbare verskille tussen die eienskappe en
werkverrigting van 'n STS ('SSD') en 'n HSS ('HDD') in
tabelformaat. (3)
2.1.3 Die tablet het 'n stelselherstelpartisie op sy STS ('SSD').
(a) Verduidelik wat partisionering ('partitioning') van 'n skyf
beteken. (2)
(b) Verduidelik kortliks waarom daar 'n behoefte aan 'n
stelselherstelpartisie is, veral op tablette. (1)
2.1.4 Beide 'n tablet en 'n skootrekenaar gebruik kasgeheue. Verduidelik
die doel van kasgeheue in 'n rekenaarstelsel. (3)
2.1.5 DDR LSG ('DDR RAM') verbeter die oordrag van data tussen die
LSG ('RAM') en die SVE ('CPU') wanneer dit met
SD LSG ('SD RAM') vergelyk word. Verduidelik hoe hierdie
verbetering verkry word. (3)
2.1.6 Gee TWEE redes waarom 'n tablet en 'n skootrekenaar nie
dieselfde tipe LSG ('RAM') kan gebruik nie. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2 6 DBO/November 2012
NSS
2.2 Al die skootrekenaars en die tafelrekenaars wat tydens die kompetisie gebruik
gaan word, het Intel Core i7-SVE's ('CPUs') terwyl die tablette ARM SVE's
('CPUs') het.
2.2.1 Noem VIER van die basiese komponente wat 'n SVE ('CPU') moet
bevat om instruksies te kan uitvoer. (4)
2.2.2 Verskillende SVE's ('CPUs') gebruik verskillende instruksiestelle.
Wat is 'n SVE-instruksiestel? (2)
2.2.3 Beide tipes SVE ('CPU') ondersteun multi-inryging
('multithreading'). Verduidelik die begrip multi-inryging. (2)
2.2.4 Noem TWEE fisiese aspekte van SVE's ('CPUs') wat tydens die
vervaardigingsproses ingebou word om die werkverrigting van
SVE's te verbeter. (2)
2.3 Die bestuurders is meegedeel dat hulle FireWire 800 of USB 3.0 kan gebruik
om videomateriaal van die deelnemers se optredes op die kompetisie se
webtuiste te laai.
2.3.1 Noem TWEE voordele van USB bo FireWire. (2)
2.3.2 Sal die programmatuur wat vir die redigering van video's gebruik
word as toepassingsprogrammatuur of stelselprogrammatuur
beskou word? (1)
2.4 Sellulêre modems word gebruik om met die Internet te koppel en elke week
die uitslae van die kompetisies op te laai. Die uitslae word in 'n wolk ('cloud')
gestoor.
2.4.1 Noem die tipe verbinding wat die modem met die oplaai van
uitslae sal gebruik. (1)
2.4.2 Verduidelik wat met die term wolk ('cloud') in hierdie konteks
bedoel word. (2)
2.4.3 Is die stoor van uitslae in 'n wolk ('cloud') 'n goeie idee? Motiveer
jou antwoord. (2)
2.5 Die uitslae moet elke week gedruk word. Die volume drukwerk is groot as
gevolg van die groot getal deelnemers by elke sentrum.
2.5.1 Die bestuurders het besluit om inkspuit ('inkjet')-drukkers te gebruik
omdat dit nie so duur is nie. Oorreed hulle om eerder laserdrukkers
te gebruik deur TWEE goeie argumente ten gunste van
laserdrukkers te gee. (2)
2.5.2 Tussentydse databuffering ('Spooling') is 'n tegniek wat gebruik
word om groot volumes drukwerk te akkommodeer. Verduidelik wat
tussentydse databuffering is. (2)
2.5.3 Die USB-poort wat gebruik word om met die drukker te koppel,
gebruik serie-dataoordrag. Verduidelik die verskil tussen serie- en
parallel-dataoordrag. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2 7 DBO/November 2012
NSS
2.6 Die bestuurders hou elke week 'n groepkonferensie-oproep om uitslae en
sommige van die uitstaande optredes te bespreek. Daar word voorgestel dat
hulle VolP gebruik om koste te bespaar.
2.6.1 Verduidelik kortliks die basiese konsep VolP. (2)
2.6.2 Noem 'n VoIP-kliënt wat die bestuurders kan gebruik om die
konferensie-oproep te hou. (1)
2.6.3 Noem EEN ander manier (buiten 'n konferensie-oproep) waarop
die bestuurders besprekings kan hou en aanlyn kan saamwerk
('collaborate'). (1)
2.7 Die foutboodskap 'Missing DLL files' (DLL-lêers ontbreek) het verskyn toe een
van die bestuurders programmatuur wat op sy skootrekenaar geïnstalleer is,
wou gebruik.
2.7.1 Gee EEN moontlike rede waarom die DLL-lêers nie opgespoor kon
word nie. (1)
2.7.2 Wat moet gedoen word sodat die bestuurder weer die
programmatuur kan gebruik? (1)
2.7.3 Wanneer nuwe programmatuur op 'n rekenaar wat op 'n Windows-
bedryfstelsel loop, geϊnstalleer word, word 'n inskrywing in die
register ('registry') van die stelsel gemaak. Verduidelik in
rekenaarterme wat die register ('registry') is. (2)
TOTAAL AFDELING B: 49
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2 8 DBO/November 2012
NSS
AFDELING C: TOEPASSINGS EN IMPLIKASIES
VRAAG 3: e-KOMMUNIKASIE
Vriende en familie van die deelnemers het versoek dat video-opnames van die twee
beste optredes na afloop van elke rondte aan hulle beskikbaar gestel moet word om
weer daarna te kyk.
3.1 Iemand het die bestuurders versoek om die videomateriaal as 'n aanhangsel
per e-pos aan hulle stuur. Gee TWEE redes waarom hierdie versoek
waarskynlik nie prakties is nie. (2)
3.2 Die organiseerders het die video's as podsendings/potgooie ('podcasts')
beskikbaar gestel.
3.2.1 Verduidelik die konsep van podsending/potgooi ('podcasting'). (1)
3.2.2 Hoekom sal podsending/potgooi ('podcasting') voordelig wees vir
mense wat meer as een keer na die video's wil kyk? (1)
3.2.3 Noem EEN voorbeeld van 'n elektroniese medium wat gebruik kan
word om vriende en familie in kennis te stel wanneer daar 'n nuwe
podsending/potgooi ('podcasting') beskikbaar is. (1)
3.3 Vriende en familie wat multimedialêers van al die optredes wil aflaai, moet
verkieslik 'n breëband ('broadband')-Internetverbinding hê.
3.3.1 Verduidelik die term breëband. (2)
3.3.2 ADHL ('ADSL') is 'n voorbeeld van 'n kabelbreëbandverbinding
('cabled broadband connection').
(a) Is ADHL ('ADSL') 'n digitale of analoogverbinding? (1)
(b) Gee EEN voordeel van 'n ADHL ('ADSL')-verbinding. (1)
3.3.3 Gee 'n voorbeeld van 'n ander kabelbreëbandverbinding. (1)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2 9 DBO/November 2012
NSS
VRAAG 4: SOSIALE EN ETIESE KWESSIES
Die organiseerders onderhou 'n webtuiste vir die kompetisie waar uitslae en inligting
oor die deelnemers gepubliseer word.
4.1 Die deelnemers se ouers is bekommerd oor persoonlike inligting soos
kontakbesonderhede wat op die kompetisie se webtuiste gepubliseer word.
4.1.1 Regverdig die ouers se kommer deur TWEE maniere te beskryf
waarop persoonlike inligting wat op 'n webtuiste verskaf word,
misbruik kan word. (2)
4.1.2 Stel EEN maatreël voor wat 'n deelnemer kan tref om persoonlike
inligting wat op die Internet gepubliseer moet word, te beskerm. (1)
4.2 Selfs al kan persoonlike inligting beskerm word, kan 'n aktiwiteit bekend as
sosiale ingenieurswese ('social engineering') gebruik word om toegang tot die
inligting te verkry.
4.2.1 Verduidelik wat sosiale ingenieurswese is. (2)
4.2.2 Beskryf EEN manier waarop sosiale ingenieurswese voorkom kan
word. (1)
4.3 Een van die deelnemers is uit die kompetisie verwyder omdat hy beledigende
aanmerkings oor 'n ander deelnemer getwiet het.
4.3.1 Wat word met die term twiet ('tweet') bedoel? (1)
4.3.2 Watter term word gebruik om te verwys na die praktyk waar
beledigende aanmerkings oor mense op 'n aanlyn of openbare
forum gepubliseer word? (1)
4.4 Sommige deelnemers wil hê dat die organiseerders 'n blog vir die kompetisie
moet skep.
4.4.1 Wat is 'n blog? (1)
4.4.2 Hoe sou die deelnemers deur die blog bevoordeel word? (1)
4.5 Inskrywings moet elektronies op die webtuiste gedoen word. Daar is 'n
versoek gerig dat daar 'n alternatiewe manier moet wees om inskrywings te
hanteer as gevolg van die digitale kloof ('digital divide') in Suid-Afrika. Wat
beteken die term digitale kloof? (1)
4.6 Lede van die IT-span kan van die huis af aan die stemstelsel werk in plaas
van by die hoofkantoor. Bespreek die nadele daarvan om van die huis af te
werk uit die IT-spanlede se oogpunt. (2)
[13]
TOTAAL AFDELING C: 23
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2 10 DBE/November 2013
NSS
AFDELING D: PROGRAMMERING EN PROGRAMMATUURONTWIKKELING
VRAAG 5: ALGORITMES EN BEPLANNING
Die organiseerders van die kompetisie moet inligting oor die deelnemers vaslê, stoor
en bestuur. 'n IT-span is aangestel om programmatuur te ontwikkel wat die
organiseerders sal help om hierdie take uit te voer.
5.1 Voordat die kompetisie begin het, moes die IT-span 'n gebruikersvriendelike
koppelvlak vir die organiseerders skep om inligting oor die deelnemers vas te
lê. Hulle moes besluit op geskikte kontroles vir die GUI vir die vaslegging van
die inligting.
5.1.1 Die kategorie-opsies vir die kompetisie is Dans, Drama en Musiek.
Die volgende twee kontroles is voorgestel:
Voorstel A:
Voorstel B:
Gee TWEE redes waarom Voorstel A die beste keuse is. (2)
5.1.2 Die toevoerkontrole in die skermkopie hieronder kan veroorsaak
dat gebruikers beide opsies selekteer wanneer hulle die geslag van
'n deelnemer vaslê.
Stel voor hoe hierdie situasie voorkom kan word. (1)
5.1.3 Slegs deelnemers tussen die ouderdom van 13 en 18 word
toegelaat om aan die kompetisie deel te neem.
Die volgende kontrole word gebruik om die ouderdom van die
deelnemers vas te lê:
Verduidelik hoekom data wat met hierdie kontrole vasgelê word,
geldig sal wees, maar nie noodwendig korrek nie. Gebruik 'n
voorbeeld met werklike waardes as deel van jou verduideliking. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2 11 DBE/November 2013
NSS
5.2 'n Databasis met twee tabelle (tblDeelnemers en tblSkole) is geskep wat
data oor die deelnemers bevat. Bestudeer die struktuur van die
databasistabelle saam met die addisionele inligting hieronder en beantwoord
die vrae wat volg.
Struktuur van databasistabelle:
Addisionele inligting:
• Deelnemers mag vir tot drie items inskryf.
• Elke item word in 'n spesifieke kategorie gelewer.
• Die LysVanItems-veld bevat die lys van items waarvoor die deelnemer
ingeskryf het in die volgende formaat:
<Kategorie, Beskrywing van die eerste item>;<Kategorie,
Beskrywing van die tweede item >;<Kategorie, Beskrywing van
die derde item>
VOORBEELD: Joanne Johnson is geregistreer om 'n monoloog in die
dramakategorie en 'n klawerborditem in die musiek-
kategorie te lewer. Vir hierdie deelnemer bevat die
LysVanItems-veld in die tblDeelnemers-tabel die
volgende inligting:
Drama,Monoloog;Musiek,Klawerbord
5.2.1 As die sekretaresse probeer om data van nuutgeregistreerde
deelnemers in die tblDeelnemers-tabel te voeg, word 'n
foutboodskap vertoon as sy 'n waarde in die Skool_ID-veld intik.
(a) Kies die tipe fout wat in hierdie geval voorkom uit die lys
hieronder. Skryf slegs die letter (A–C) langs die vraagnommer
(5.2.1(a)) neer.
A Opdateerteenstrydigheid ('anomaly')
B Invoegteenstrydigheid
C Uitveeteenstrydigheid (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2 12 DBE/November 2013
NSS
(b) Wat moet gedoen word om die nuwe deelnemers wat tans nie
geregistreer kan word nie, te kan registreer? (1)
5.2.2 Daar is besluit om eerder 'n databasis as 'n tekslêer te gebruik om
data oor die deelnemers te stoor.
(a) Gee TWEE redes waarom 'n databasis 'n beter struktuur as 'n
tekslêer is om data oor deelnemers te stoor. (2)
(b) Watter tipe sleutel is die Skool_ID-veld in die
tblDeelnemers-tabel? (1)
(c) Nog 'n tabel moet bygevoeg word om die databasis na eerste
normaalvorm om te skakel. Teken die nuwe tabel en dui die
naam van die tabel en geskikte velde en sleutels aan.
LET WEL: Teken slegs die nuwe tabel en NIE die twee
gegewe tabelle NIE. (5)
(d) Verduidelik die verwantskap tussen die nuutgedefinieerde
tabel in VRAAG 5.2.2(c) en die relevante gegewe tabel
(tblDeelnemers of tblSkole) met spesifieke verwysing na die
velde wat betrokke is. (2)
5.2.3 Tydens die ontwikkeling van 'n program om die databasis te
manipuleer, is daar besluit om met objekte te werk.
(a) Definieer 'n objek in rekenaarprogrammeringsterme. (2)
(b) Gee EEN voorbeeld van 'n objek wat vir hierdie program
geskep moet word. (1)
(c) 'n Klas vir hierdie program is met publieke attribute
gedefinieer. Gee TWEE redes waarom dit NIE goeie
programmeringspraktyk is NIE. (2)
5.3 Die naam en punt van elke deelnemer in die Drama-kategorie van die
kompetisie is in twee parallelle skikkings genaamd arrName en arrPunte
gestoor. Die punte is waardes in die reeks 0–100 (beide ingesluit).
Die volgende algoritme is ontwikkel om die wenner te bepaal:
Rëel
1 hoogste punt 100
2 Inisialiseer lusteller
3 Herhaal vir al die elemente van arrPunte
4 as hoogste punt < arrPunte [teller]
5 arrPunte [teller] hoogste punt
6 Eindig as
7 Vermeerder lusteller
8 Eindig herhaal
9 Vertoon hoogste punt
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2 13 DBE/November 2013
NSS
5.3.1 Die afvoer sal as gevolg van TWEE logikafoute verkeerd wees.
Identifiseer die instruksies wat die logikafoute veroorsaak en skryf
hulle reëlnommers en die korrekte instruksies neer. (4)
5.3.2 Die naam van die deelnemer met die hoogste punt moet ook
vertoon word.
Skryf reël(s) pseudokode neer wat by die gegewe algoritme
gevoeg moet word om hierdie taak te verrig. Gebruik die
reëlnommers om die posisie waar die nuwe reël(s) pseudokode in
die gegewe algortime ingevoeg moet word, aan te dui. (4)
5.4 Programmeerders wat die programmatuur geskep het, is versoek om 'n
toetsplan te skep, sowel as ander tegniese dokumentasie om te verseker dat
die programmatuur op standaard is.
5.4.1 Die stelselontwerpdokument (SOD) is een van die eerste
dokumente wat ontwikkel word. Noem DRIE aspekte wat deel vorm
van die SOD. (3)
5.4.2 Noem DRIE aspekte wat by die toetsplan ingesluit moet word. (3)
5.4.3 Hoekom is dit belangrik om apparatuur- en programmatuur-
vereistes by gebruikersdokumentasie in te sluit? (1)
5.5 'n Tekslêer word gebruik om die datum, tyd en wagwoord van elke gebruiker
te stoor wat op die lokale bediener aanteken by elke sentrum waar die
uitdunrondtes van die kompetisie plaasvind.
Voorbeeld van die inhoud van die tekslêer:
Datum: 15/08/2013
Tyd: 15:00:00
Wagwoord: AB1002
Datum: 15/08/2013
Tyd: 15:30:00
Wagwoord: PS1022
:
Aktiwiteite is verdag as enigeen van die volgende van toepassing is:
• 'n Persoon teken voor 07:30 in die oggend of na 16:00 in die middag
op die netwerk aan.
• Die wagwoord is nie in die voorgeskrewe formaat nie – twee
hoofletters en vier syfers.
'n Algoritme is voorsien wat die data uit die tekslêer behoort te kan lees, te
kan toets of die tyd of die wagwoord verdag is (die voorwaardes nakom wat
hierbo uiteengesit is) en al die inligting van 'n verdagte aktiwiteit na 'n nuwe
tekslêer te kan skryf.
(Die algoritme word op die volgende bladsy gegee.)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2 14 DBE/November 2013
NSS
Reël
1 Maak tekslêer met aantekeninligting oop
2 Maak nuwe lêer vir verdagte-aktiwiteite-lêer oop
3 Herhaal terwyl nie einde van aantekenlêer nie
4 Lees drie reëls uit die aantekenlêer
5 Onttrek die datum, tyd en wagwoord
6 geldigTyd roep kode om te toets vir 'n geldige
aantekentyd met die uur en minuut waarop die
gebruiker aangeteken het as parameters
7 geldigWagw roep kode om te toets vir 'n geldige
wagwoord met die wagwoord as parameter
8 AS ...
9 Stoor datum, tyd en wagwoord in die verdagte-aktiwiteite-
lêer
10 Maak aantekenlêer toe
11 Eindig herhaal
12 Maak verdagte-aktiwiteite-lêer toe
5.5.1 Die funksie/metode wat in reël 6 geroep word, gebruik die
volgende twee parameters:
• Uur
• Minuut
(a) Wat is parameters in terme van programmering? (2)
(b) Stel 'n geskikte datatipe vir hierdie parameters voor.
Verduidelik jou keuse van datatipe. (2)
5.5.2 Die funksie/metode wat in reël 7 geroep word, sal 'try …'-
beskermingsblokke gebruik.
Skryf die algemene struktuur van 'n 'try …'-beskermingsblok neer
en verduidelik kortliks die doel van elke gedeelte. (3)
5.5.3 Skryf die logikavoorwaarde neer om die IF-stelling in reël 8 van die
gegewe algoritme te voltooi. (2)
5.5.4 As hierdie algoritme reg gekodeer en uitgevoer word, sal dit 'n fout
in reël 4 veroorsaak as gevolg van 'n fout wat in reël 10 gemaak is.
(a) Verduidelik die oorsaak van die fout. (1)
(b) Verduidelik kortliks hoe om die fout reg te stel. (1)
TOTAAL AFDELING D: 48
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2 15 DBE/November 2013
NSS
AFDELING E: GEÏNTEGREERDE SCENARIO
VRAAG 6
Tydens die eindrondte van die kompetisie stem die gehoor in die ouditorium regstreeks
vir deelnemers om 'n wenner te bepaal. Die geleentheid word ook regstreeks op
televisie uitgesaai. Lede van die televisiegehoor by die huis kan ook deur middel van
SMS'e stem.
6.1 Die gehoor in die ouditorium ontvang afstandbeheerde stemtoestelle ('voting
controllers') wat hulle in staat stel om 'n knoppie te druk om hulle stem met
Bluetooth-tegnologie na 'n lokale bediener by die ouditorium te stuur.
6.1.1 Is Bluetooth 'n geskikte tegnologie om in hierdie scenario te
gebruik? Motiveer jou antwoord. (2)
6.1.2 Wat is die transmissietempo van standaard Bluetooth-toestelle
(3 Mbps of 3 Gbps)? (1)
6.1.3 'n Lid van die gehoor se stemtoestel koppel nie met die kabellose
netwerk nie, hoewel die lid binne trefafstand van die
bediener is.
Noem TWEE moontlike foutopsporingstappe wat gevolg kan word
om die probleem op te los. Dit is nie 'n opsie om die stemtoestel te
vervang nie. (2)
6.2 Al die stemme wat van die gehoor in die ouditorium ontvang word en die
SMS'e van die televisiegehoor word in 'n relasionele ('relational') databasis
gestoor. Die databasis word deur 'n databasisadministrateur in stand gehou.
6.2.1 Verduidelik wat 'n relasionele databasis is. (2)
6.2.2 Gee die naam van EEN bestaande databasisstelsel wat gebruik
kan word om hierdie databasis te skep. (1)
6.2.3 Noem TWEE spesifieke verantwoordelikhede van 'n databasis-
administrateur. (2)
6.3 Die regstreekse uitsending van die eindrondte van die geleentheid kan
gestroom ('stream') word.
6.3.1 Verduidelik wat met stroom ('stream') bedoel word. (2)
6.3.2 Noem TWEE komponente wat nodig is om 'n regstreekse
geleentheid te kan stroom ('stream'). (2)
6.3.3 'n Enterpreneur is besig om die regstreekse uitsending op sy
tuisrekenaar op te neem. Hy beplan om kopieë van die opname te
verkoop. Bespreek die etiese aspekte van hierdie aktiwiteite. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2 16 DBE/November 2013
NSS
6.4 'n Bestaande kabelnetwerk word deur die beoordelaars by die sentrum waar
die geleenthede plaasvind, gebruik om hulle punte elektronies na die
bediener by die sentrum te stuur. Die organiseerders beplan om in die
toekoms 'n kabellose netwerk vir hierdie doel te gebruik.
6.4.1 Noem TWEE voordele van 'n kabellose netwerk bo 'n
kabelnetwerk. (2)
6.4.2 Noem TWEE addisionele apparatuurkomponente wat nodig is om
die kabellose netwerk te skep. (2)
6.4.3 Watter netwerkprotokol sal geskik wees om vir die kabellose
netwerk te gebruik? (1)
6.5 Terwyl uitslae opgelaai word, merk een van die organiseerders verdagte
aktiwiteite op sy rekenaar op. Hy vermoed dat ongemagtigde programmatuur
op sy rekenaar uitgevoer word om toegang tot die uitslae van die kompetisie
te kry.
6.5.1 Noem TWEE tipes programme wat gebruik kan word om data van
'n rekenaar te onttrek sonder die toestemming of wete van die
gebruiker. (2)
6.5.2 Verduidelik hoe die organiseerder kan toets of daar enige
ongemagtigde programmatuur op sy rekenaar uitgevoer word. (1)
6.5.3 Beskryf TWEE maniere waarop die organiseerders kan voorkom
dat ongemagtigde programmatuur toegang tot hulle rekenaars
verkry. (2)
6.6 Sommige beoordelaars gebruik Apple Mac-rekenaars, terwyl ander rekenaars
gebruik wat op die Microsoft Windows-bedryfstelsel loop. Albei hierdie
bedryfstelsels is outeursreg ('proprietary')-programmatuur.
6.6.1 Beskryf DRIE funksies van 'n bedryfstelsel. (3)
6.6.2 Noem TWEE voordele van 'n geslotebronbedryfstelsel bo 'n
oopbron ('open-source')-bedryfstelsel. (2)
6.6.3 Verduidelik waarom programmatuur wat vir die Apple Mac ontwerp
is, nie op 'n rekenaar wat die Microsoft Windows- bedryfstelsel
gebruik, uitgevoer kan word nie. (2)
6.7 Die organiseerders van die kompetisie is aangeraai om wolk ('cloud')-berging
vir die videomateriaal te gebruik.
6.7.1 Die wolkbediener gebruik waarskynlik RAID-tegnologie. Verduidelik
kortliks wat RAID is. (Uitbreiding van die akroniem sal NIE as 'n
antwoord aanvaar word NIE.) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2 17 DBE/November 2013
NSS
6.7.2 Verskeie vlakke van RAID kan geïmplementeer word. Motiveer
waarom die wolkbediener waarskynlik RAID 1 eerder as RAID 0
sal gebruik. (2)
6.7.3 Wolkrekenarisering ('Cloud computing') kan voordelig wees vir
groen oplossings met betrekking tot apparatuur. Verduidelik hierdie
stelling kortliks. (2)
6.8 Projekte soos hierdie skep 'n verskeidenheid IT-verwante werksgeleenthede.
6.8.1 Gee 'n opsomming van die hoofverantwoordelikhede van 'n
stelselontleder. (2)
6.8.2 Behalwe 'n databasisadministrateur en 'n stelselontleder, noem
TWEE ander tipes IT-spesialiste wat waarskynlik deur die
organiseerders van hierdie projek in diens geneem sal word. (2)
6.9 IKT verskaf meer doeltreffende oplossings vir die vaslegging van data en
skep van uitslae as 'n papiergebaseerde stemstelsel.
Motiveer waarom die stelling hierbo geldig is deur na TWEE van die volgende
aspekte te verwys:
• Vinniger en beter dataverwerking
• Beter stoor van data
• Beter kommunikasie (2)
6.10 Sommige van die ouers wat nie die Internet gereeld gebruik nie, het dikwels
basiese inligting oor rondblaai ('browsing') op die Internet nodig.
6.10.1 Gee EEN voorbeeld van 'n bekende Internetsoekenjin. (1)
6.10.2 Gee TWEE wenke om 'n effektiewe Internetsoektog te doen EN
gee 'n voorbeeld by elke wenk wat geskik is vir 'n soektog na die
webtuiste van hierdie kompetisie. (4)
TOTAAL AFDELING E: 50
GROOTTOTAAL: 180
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Information Technology Grade 12 P2 NSC November 2012 Memo
%20(English%20and%20Afrikaans)%20June%202012%20QP_hlayiso.com_--48082933-856d-4044-a34d-c3c2952614eb/v1-a52d38d34bbb677fc423/card.webp)
Question paper
Information Technology Grade 12 P2 NSC June 2012 QP (Afr)

Question paper
Information Technology Grade 12 P2 NSC November 2022 QP

Question paper
Information Technology Grade 12 P2 NSC November 2019 QP

Question paper
Information Technology Grade 12 P2 NSC November 2018 QP

Question paper
Information Technology Grade 12 P2 NSC November 2017 QP
More from Grade 12 Information Technology

Memorandum
Information Technology Grade 12 P1 NSC June 2025 Memo (Eng)

Memorandum
Information Technology Grade 12 P1 2024 Memo (Eng)

Memorandum
Information Technology Grade 12 P2 2024 Memo (Eng)

Memorandum
Information Technology Grade 12 P1 2023 Memo (Afr)

Memorandum
Information Technology Grade 12 P2 2023 Memo (Afr)

Memorandum