Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2
NOVEMBER 2017
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2017 papers 




_hlayiso.com_--053b6720-3be0-4739-8737-7f0b610b5f60/v1-3d19c9dfc8e924c4cf55/card.webp)
View all





Information Technology Grade 12 P2 NSC November 2017 QP
Grade 12 Information Technology Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2017 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.
Information Technology · Grade 12 · NSC November Exam · 2017. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Information Technology
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2017
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 17
- File size
- 444.2 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 17
This exam
NSC November Exam 2017
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2 2 DBE/November 2017
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit SES afdelings:
AFDELING A: Kortvrae (15)
AFDELING B: Stelseltegnologieë (27)
AFDELING C: Kommunikasietegnologie en Netwerktegnologie (22)
AFDELING D: Data- en Inligtingsbestuur (20)
AFDELING E: Oplossingsontwikkeling (25)
AFDELING F: Geïntegreerde Scenario (41)
2. Lees AL die vrae noukeurig deur.
3. Beantwoord AL die vrae.
4. Die puntetoekenning gee oor die algemeen 'n aanduiding van die aantal
feite/redes wat vereis word.
5. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
6. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2 3 DBE/November 2017
NSS
AFDELING A: KORTVRAE
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
(1.1.1–1.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.6 D.
1.1.1 Die wysiging van die sender se adres en ander dele van 'n e-pos se
opskrif sodat dit lyk asof die e-pos van 'n ander bron af kom, word …
genoem.
A spoef ('spoofing')
B domeinfoppery ('pharming')
C gekskeerdery ('hoaxing')
D spammery ('spamming') (1)
1.1.2 Watter EEN van die volgende verwys NIE na 'n eienskap van LAG
('ROM') NIE?
A Kleiner kapasiteit as ETG ('RAM')
B Kan geprogrammeer word
C Permanente geheue
D Meer LAG kan in gleuwe op die moederbord ingeprop word (1)
1.1.3 Die volgende is rekenaarlêer-bestuurstegnieke:
(i) Lêersamepersing ('File compression')
(ii) Lêeromskakeling ('File conversion')
(iii) Lêerargivering ('File archiving')
Watter kombinasie van rekenaarlêer-bestuurstegnieke word gebruik
wanneer 'n prentlêer van 'n bmp-formaat na 'n jpeg-formaat
verander word deur beeldsagteware te gebruik?
A (i) en (ii)
B (i) en (iii)
C (ii) en (iii)
D (i), (ii) en (iii) (1)
1.1.4 Die kommunikasiestandaard wat die algemeenste gebruik word om
selfone aan handvrye ('hands-free') motorstelle te koppel, is …
A infrarooi.
B 802.11g kabelloos ('wireless').
C Bluetooth.
D 'n USB-kabel. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2 4 DBE/November 2017
NSS
1.1.5 Die volgende Delphi-stellings kom in kode voor wat uitgevoer is:
sReel :='We love the Delphi programming language';
sAntwoord := copy(sLine, pos('l', sLine), 4);
Wat sal die inhoud van die sAntwoord-veranderlike wees?
A We l
B love
C lphi
D lang (1)
1.2 Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs
die woord/term langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.10) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
1.2.1 'n Area wat tipies by lughawens en in koffiewinkels voorkom waar
kabellose netwerkkonnektiwiteit aan die publiek beskikbaar is (1)
1.2.2 Die vermoë om 'n toestel by 'n rekenaar in te prop of te verwyder
sonder om die rekenaar af te skakel (1)
1.2.3 Kwaadwillige sagteware ('malware') wat hulself oor netwerke
versprei, gewoonlik deur hulself per e-pos aan al die kontakte in
'n gebruiker se adresboek te stuur (1)
1.2.4 'n Netwerk van rekenaars wat oor 'n afstand deur kwaadwillige
sagteware ('malware') beheer word en dan deur misdadigers gebruik
word om sagteware te installeer en uit te voer soos wat hulle dit
nodig het (1)
1.2.5 'n Webtoepassing wat mense in staat stel om inhoud op 'n aanlyn
kennisbron ('knowledge resource') by te voeg of om dit te verander (1)
1.2.6 Hardeware en/of sagteware wat die verkeer tussen 'n rekenaar en
die Internet monitor om dit teen veiligheidsoortredings te beveilig (1)
1.2.7 Die tipe fout wat in 'n databasis kan voorkom wanneer 'n
verandering in data dit noodsaak dat dieselfde data in veelvuldige
rekords in 'n tabel verander moet word (1)
1.2.8 'n Tegnologie wat deur toestelle gebruik word om e-pos outomaties
af te laai nadat 'n kennisgewing van die posbediener ontvang is (1)
1.2.9 'n Stel programme wat ontwerp is om administrateursregte op
bedrieglike wyse te gebruik om beheer van 'n rekenaar oor te neem
om onwettige aktiwiteite uit te voer (1)
1.2.10 'n Fouttoestand wat voorkom wanneer daar nie genoeg bisse
beskikbaar is om 'n heelgetalwaarde akkuraat voor te stel nie (1)
TOTAAL AFDELING A: 15
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2 5 DBE/November 2017
NSS
AFDELING B: STELSELTEGNOLOGIEË
VRAAG 2
'n Skool het 'n tafelrekenaar met die spesifikasies hieronder vir administratiewe
doeleindes aangekoop. Bestudeer die spesifikasies en pakketbesonderhede en
beantwoord die vrae wat volg.
Intel Axom X5-Z8350 Quad Core-verwerker – 2 MG('MB')-kasgeheue
10.1 LED-raakskerm
4 GG ('GB') ETG ('RAM')
500 GG ('GB') HDD
Windows 10
24-maande-kontrak, 2 GG ('GB') dataprysplan en 'n LTE-Wi-Fi-roeteerder
Office 365 Home – eenjaar-inskrywing vir vyf PR'e
10 GG ('GB') OneDrive-stoorspasie
4x USB 3.0-poorte
2.1 Alle rekenaarstelsels het 'n bedryfstelsel.
2.1.1 Identifiseer die bedryfstelsel wat op hierdie rekenaarstelsel hierbo
geïnstalleer is. (1)
2.1.2 Noem DRIE funksies van 'n bedryfstelsel in die algemeen. (3)
2.1.3 Bedryfstelsels ondersteun 'n verskeidenheid verwerkingstegnieke.
Verduidelik kortliks ELKEEN van die volgende verwerkingstegnieke:
(a) Multitaakverwerking ('Multitasking') (2)
(b) Multi-inryging ('Multithreading') (2)
2.2 Waarna verwys Quad Core in die beskrywing van die verwerker in die
rekenaarstelsel? (1)
2.3 Gee TWEE redes waarom die hoeveelheid ETG ('RAM') in 'n rekenaar beperk
is en gewoonlik minder is as die hoeveelheid sekondêre stoorspasie. (2)
2.4 Die pakket sluit 'n roeteerder ('router') in.
2.4.1 Wat is die funksie van 'n roeteerder? (1)
2.4.2 Watter kabellose kommunikasietegnologie word as deel van die
pakket verskaf? (1)
2.5 Verduidelik hoekom die gebruik van 'n toegewyde videokaart verhoogde
verwerkingspoed van 'n rekenaarstelsel tot gevolg het. (2)
2.6 Hoekom verbeter kasgeheue die werkverrigting van die SVE ('CPU') in 'n
rekenaarstelsel? (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2 6 DBE/November 2017
NSS
2.7 Wanneer 'n toestel, soos 'n flitsaandrywer ('flash drive') of 'n drukker, by
'n USB-poort ingeprop word, word 'n boodskap dikwels vertoon wat aandui
dat dit 'n inprop-en-speel('plug-and-play')-toestel is.
2.7.1 Verduidelik kortliks die inprop-en-speel-proses. (2)
2.7.2 Wanneer 'n toestel soos 'n flitsaandrywer of 'n drukker gebruik word,
hoe dui dit aan dat dit die SVE ('CPU') se aandag nodig het? (1)
2.8 OneDrive is 'n voorbeeld van 'n aanlyn stoordiens wat die sinchronisering van
lêers toelaat.
Wat is die voordeel van lêersinchroniseringsdienste? (2)
2.9 Indeksering van lêers kan deur 'n bedryfstelsel toegepas word as dit opdrag
kry om dit te doen.
Verduidelik kortliks wat indeksering van lêers beteken EN noem die voordeel
van die toepassing van hierdie fasiliteit. (2)
2.10 Die skool wil 'n skootrekenaar of 'n tablet aankoop om mobiele fasiliteite te
verskaf wanneer dit nodig is.
2.10.1 Waar word die bedryfstelsel op 'n mobiele toestel gestoor? (1)
2.10.2 Noem TWEE faktore wat in aanmerking geneem moet word
wanneer sagteware vir mobiele toestelle ontwikkel word. (2)
TOTAAL AFDELING B: 27
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2 7 DBE/November 2017
NSS
AFDELING C: KOMMUNIKASIETEGNOLOGIE EN NETWERKTEGNOLOGIE
VRAAG 3
Netwerktegnologieë word op baie gebiede in die daaglikse lewe toegepas.
3.1 Rekenaars wat vir administratiewe take gebruik word, is gewoonlik in
'n netwerk gekoppel. 'n Ethernet-LAN kan vir hierdie doel gebruik word.
3.1.1 Noem EEN tipe kabel wat algemeen in 'n Ethernet-netwerk gebruik
word. (1)
3.1.2 Watter topologie stel elke rekenaar in staat om met sy eie kabel aan
'n skakelaar ('switch') gekoppel te wees? (1)
3.1.3 Watter netwerkprotokol sal gebruik word om:
(a) Toegang tot die Internet te kry (1)
(b) Deur webbladsye te blaai (1)
3.2 Wat is die voordeel van die gebruik van 'n virtuele privaat netwerk
(VPN/'virtual private network')? (2)
3.3 Wanneer 'n Internettransaksie gedoen word, kan data sonder die medewete
of toestemming van die gebruiker vasgelê word.
3.3.1 Wat word hierdie tipe datavaslegging genoem? (1)
3.3.2 Gee EEN voorbeeld van 'n werklike situasie waarin hierdie tipe
datavaslegging plaasvind EN noem die tipe inligting wat vasgelê
kan word. (2)
3.3.3 Die data wat vasgelê word, word dikwels vir die doel van
gebruikersprofielsamestelling ('user profiling purposes') gebruik.
Waarvoor word gebruikersprofielsamestelling ('user profiling')
meestal gebruik? (1)
3.4 'n Belangrike deel daarvan om webtuistes interaktief te maak, is om
programmeringskode wat uitgevoer moet word, in te sluit.
Noem DRIE tipes kode wat 'n webtuiste kan implementeer om interaktiwiteit
te verskaf. (3)
3.5 'n Waarskuwing oor die gebruik van koekies ('cookies') word vertoon wanneer
aan 'n webtuiste gekoppel word.
3.5.1 Wat is 'n koekie ('cookie')? (2)
3.5.2 Wat is die uitwerking van die uitvee van koekies vir die gebruiker? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2 8 DBE/November 2017
NSS
3.6 VoIP kan gebruik word om telefoonoproepe oor die Internet te maak.
Noem TWEE nadele van die gebruik van VoIP. (2)
3.7 Die meeste mobiele toestelle sluit 'n GPS in.
Wat is die doel van 'n GPS? (1)
3.8 Die bestuur van digitale regte ('DRM/digital rights management') is 'n
kontroversiële onderwerp in die IT-bedryf.
3.8.1 Verduidelik wat DRM-sagteware is. (2)
3.8.2 Noem EEN toepassingsgebied van DRM-sagteware. (1)
TOTAAL AFDELING C: 22
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2 9 DBE/November 2017
NSS
AFDELING D: DATA- EN INLIGTINGSBESTUUR
VRAAG 4
4.1 Die toesighouer van die instandhoudingspan by die skool het hulp nodig met
'n databasis vir die werknemers. Die twee tabelle hieronder is geskep om die
inligting van die werknemers en die instandhoudingstake wat aan hulle
toegeken is, te stoor.
tblWerknemers tblTaakKaarte
ID TaakKaartNommer
WerknemerNaam DatumBegin
WerknemerVan DatumVoltooi
Geslag GetalDaeGeneem
Ouderdom Beskrywing
4.1.1 In die tblWerknemers-tabel is die ID-veld veronderstel om die
identiteitsnommer van die werknemer, byvoorbeeld 0210255017084
te stoor.
Gee EEN rede waarom dit vir hierdie veld verkeerd sou wees om
'n heelgetal('integer')-datatipe te wees. (1)
4.1.2 Die TaakKaartNommer-veld is as die primêre sleutel in die
tblTaakKaarte-tabel gekies.
Verduidelik waarom nie een van die ander velde in hierdie tabel
'n geskikte primêre sleutel sou wees nie. (1)
4.1.3 Die GetalDaeGeneem-veld dui aan hoeveel dae dit geneem het om
die taak te voltooi. Daar is voorgestel dat die GetalDaeGeneem-
veld in die tblTaakKaarte-tabel verwyder moet word omdat dit
onnodig is.
Motiveer hierdie voorstel. (1)
4.1.4 Die bestuurder wil 'n lys van take wat aan 'n spesifieke werknemer
toegeken is, sien. 'n Verwantskap moet tussen die twee tabelle
geskep word om hierdie lys te kan genereer.
'n Veld moet by een van die tabelle gevoeg word sodat 'n
verwantskap geskep kan word.
Dui die naam aan van:
(a) Die veld wat bygevoeg moet word
(b) Die tabel waarby hierdie veld gevoeg moet word (2)
4.2 Inligting moet altyd geverifieer kan word.
Wat behels verifiëring van inligting? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2 10 DBE/November 2017
NSS
4.3 Die geslag van 'n werknemer is in 'n redigeerblokkie ('edit box') ingesleutel.
Die formaat van die toevoerdata (geslag) is nie gespesifiseer nie, wat tot
gevolg het dat die volgende toevoerdata deur verskillende gebruikers
ingesleutel is:
Manlik; M; Vroulik; V; m; vroulik
Verduidelik hoe die programmeerder kan verseker, deur kode te gebruik, dat
slegs geldige data-items ('M' of 'V') vir gebruik in die res van die program
beskikbaar sal wees.
LET WEL: Geldigheid moet deur die gebruik van kode verseker word; NIE
met gebruik van enige spesifieke GGK('GUI')-komponente NIE. (2)
4.4 Die onderwysers bestel elke jaar skoonmaaktoerusting vir hulle klaskamers.
Die tblToerusting-tabel bevat al die bestellings vir skoonmaaktoerusting wat
die afgelope twee jaar deur onderwysers geplaas is.
Die strukture van die tblToerusting-tabel en die tblKlaskamer-tabel word
hieronder getoon.
Struktuur van tblToerusting:
Field name Data type Size
BestelNom Text 4
Beskrywing Text 50
BestelDatum Date/Time Kort datum in die formaat 'yyyy-mm-dd'
KamerNommer Number Waarde tussen 1 en 50 (insluitend)
Afgelewer Boolean true/false
Struktuur van tblKlaskamer:
Field name Data type Size
KamerNommer Number Waarde tussen 1 en 50 (insluitend)
Onderwyser Text 25
Voorbeelde van rekords van die twee tabelle hierbo word hieronder getoon:
Tabel: tblToerusting
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2 11 DBE/November 2017
NSS
Tabel: tblKlaskamer
Skryf SQL-stellings om ELK van die volgende take uit te voer:
4.4.1 Vertoon die BestelNom, Beskrywing en BestelDatum van al die
bestellings wat in 2016 geplaas is en nog nie afgelewer is nie. (4)
4.4.2 Al die besems wat bestel is, is afgelewer.
Verander die inhoud van die tblToerusting-tabel om aan te dui dat
daar geen uitstaande aflewerings vir besems is nie. (3)
4.4.3 Vertoon die name van die onderwysers wat bestellings geplaas het
EN die totale getal bestellings wat deur elke onderwyser geplaas is.
Stoor die berekende waarde in 'n nuwe veld met die naam
getalBestellings. (5)
TOTAAL AFDELING D: 20
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2 12 DBE/November 2017
NSS
AFDELING E: OPLOSSINGSONTWIKKELING
VRAAG 5
5.1 Prosedures en funksies word gebruik om modulariteit in programme te
verbeter.
5.1.1 Noem TWEE voordele van modulêre programmering. (2)
5.1.2 Onderskei tussen 'n privaat funksie en 'n publieke funksie. (2)
5.2 Die veranderlikes x, y en z is soos volg geïnisialiseer ('initialised'):
x := false;
y := 4;
z := 4;
Bepaal die resultaat van die Boolese veranderlike, bAntwoord, in ELK van
die volgende stellings:
5.2.1 bAntwoord := y = z; (1)
5.2.2 If (NOT (x)) AND (y <> 4) then
bAntwoord := true
else
bAntwoord := false; (2)
5.3 'n Palindroom is 'n woord wat dieselfde van voor na agter en van agter na
voor gelees word, byvoorbeeld anna.
Voltooi die ontbrekende blok van die pseudokode hieronder om die woord
saam te stel wat in omgekeerde formaat in die agteruitWoord-veranderlike
ingesleutel is om te bepaal of die woord 'n palindroom is, of nie.
Sleutel woord in
agteruitWoord leë string
As woord = agteruitWoord dan
Afvoer 'Woord is 'n palindroom'
anders
Afvoer 'Woord is NIE 'n palindroom NIE' (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2 13 DBE/November 2017
NSS
5.4 Die diagram hieronder gebruik 'n 5 x 5- tweedimensionele skikking met die
naam arrGloeilampe om die totale getal gloeilampe te stoor wat elke dag van
die week die afgelope jaar in elke blok van die skoolgebou (A, B, C, D, E)
vervang is.
arrGloeilampe is soos volg verklaar:
arrGloeilampe : array[1..5, 1..5] of integer;
LET WEL: Die opskrifte is NIE deel van die inhoud van die skikking NIE.
5.4.1 Die waardes in die skikking wat in die diagram aangedui word
(linker- diagonale area), moet opgetel word om 'n totale waarde
te kry.
Voorbeeld van korrekte oplossing:
iSom := 0;
iRye:= 5;
iKolomme := 5;
for r := 1 to iRye do
for k := 1 to iKolomme do
if r = k then
iSom := iSom + arrGloeilampe[r,k];
Kopieer en voltooi reël 4 van die volgende alternatiewe oplossing
wat 'n enkele lus gebruik om dieselfde resultaat te bereik.
1 iSom := 0;
2 iRye := 5;
3 for lus := 1 to iRye do
4 iSom := ... (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2 14 DBE/November 2017
NSS
5.4.2 'n Paar van die foute wat tydens kodering gemaak is, word hieronder
gegee.
Dui in ELKE geval die tipe fout (sintaks/looptyd/logiese) aan wat as
gevolg van die foutiewe stelling voorgekom het.
(a) arrGloeilampe(5, 3) := 7; (1)
(b) arrGloeilampe[2, 3] := -2; (1)
(c) arrGloeilampe[6, 5] := 3; (1)
5.4.3 Kode moet bygevoeg word om die data in 'n tekslêer te stoor.
Onderskei tussen die lêerhanteringstake ('file handling tasks') wat
deur die 'Reset'-stelling en die 'Rewrite'-stelling uitgevoer word. (2)
5.5 'n Sagtewareprogram is ontwerp om die klas TSkool, soos in die
UML-diagram hieronder getoon word, te gebruik.
TSkool
-fSkoolNaam
-fGetalLeerders
-fGetalOnderwysers
+konstruktor create(SkoolNaam:String; Leerders:Integer)
5.5.1 Daar is probeer om, as deel van die toetsfase, objSkool-objekte te
instansieer deur foutiewe stellings te gebruik.
Identifiseer EN verduidelik kortliks die fout(e) in ELKE stelling
hieronder.
(a) objSkool.create('MySkool',500); (1)
(b) objSkool:= TSkool.create(805,'MySkool'); (1)
(c) objSkool:= TSkool.create('MySkool','745'); (1)
5.5.2 Metodes moet by die TSkool-klas gevoeg word.
Kies die geskikte metodetipe uit die lys beskikbare metodetipes
(Toegang, Wysiging, Hulp, Konstruktor) ('Accessor', 'Mutator',
'Auxiliary', 'Constructor') om ELK van die volgende take uit te voer:
(a) Verander die getal leerders van 1150 na 1200. (1)
(b) Bereken die verhouding van die getal leerders per
onderwyser. (1)
TOTAAL AFDELING E: 25
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2 15 DBE/November 2017
NSS
AFDELING F: GEÏNTEGREERDE SCENARIO
VRAAG 6
Jou skool stel 'n groot veldtog bekend om tot die digitale era toe te tree. Die uitbreiding
van hulle netwerk, gekoppel aan die verhoogde beskikbaarheid van die Internet, het dit
vir hulle moontlik gemaak om nuwe tegnologieë en IKT ('ICT') beter te benut. Buiten al
die voordele bied die toenemende gebruik van rekenaars en aanlyn dienste uitdagings
ten opsigte van die verskaffing van verbeterde hardeware en die opvoeding van
gebruikers.
6.1 Noem TWEE IT-verwante beroepe wat geskep sal word wanneer die netwerk
opgestel en uitgebrei word. (2)
6.2 Toegang tot die bedienerkamer moet beheer word.
6.2.1 Die administratiewe personeellede gebruik biometrika ('biometrics')
om toegang tot die bedienerkamer te verkry.
(a) Verduidelik die term biometrika ('biometrics'). (1)
(b) Gee 'n geskikte voorbeeld van biometrika wat in hierdie
scenario gebruik kan word. (1)
6.2.2 Daar is voorgestel dat die ander personeellede RFID-kaarte moet
gebruik om toegang tot die bedienerkamer te verkry.
Noem TWEE nadele van die gebruik van RFID-kaarte vir hierdie
toepassing. (2)
6.3 Leerders kla dat hulle rekenaars gou baie stadig word wanneer hulle meer
toepassings oopmaak. Daar is voorgestel dat hulle dalk te veel virtuele
geheue gebruik.
6.3.1 Wat is virtuele geheue? (2)
6.3.2 Watter sagteware implementeer en bestuur virtuele geheue in
'n rekenaarstelsel? (1)
6.3.3 Hoe kan die gebruik van virtuele geheue beperk word? (1)
6.4 Lêersamepersingtegnieke kan gebruik word om lêers te verklein.
Onderskei tussen die resultate as 'n lêer saamgepers word deur verlieslose
kompressie ('lossless compression') en verliesende kompressie ('lossy
compression') te gebruik. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2 16 DBE/November 2017
NSS
6.5 'n Paar onderwysers het gevra dat die EPO('SMT')-protokolinstellings aan
hulle verskaf word.
6.5.1 Verduidelik wat 'n protokol is. (2)
6.5.2 Waarvoor word die EPO('SMT')-protokol gebruik? (1)
6.6 Die skool gebruik 'n skoolbestuurstelsel wat 'n verspreide databasisstelsel
gebruik.
6.6.1 Wat is 'n verspreide databasis? (2)
6.6.2 Noem TWEE voordele van die gebruik van 'n verspreide databasis. (2)
6.7 Die ontwikkeling van die Web van weergawe 1.0 tot verskeie ander
weergawes het die waarde van die Web grootliks verbeter.
6.7.1 Beskryf kortliks die hoofkenmerk van Web 1.0. (2)
6.7.2 Daar word dikwels na Web 3.0 as die Semantiese Web ('Semantic
Web') verwys.
(a) Verduidelik waarom daar na Web 3.0 as die Semantiese Web
verwys word. (2)
(b) Web 3.0 stel 'n reeks interverwante rekenaartoestelle in staat
om met die Internet gekoppel te word, wat hulle in staat stel om
onafhanklik met mekaar te kommunikeer.
Wat word hierdie eienskap genoem? (1)
6.8 'n Personeellid het tydens 'n soektog na onderrigvideo's op die Internet
'n skakel ('link') na 'n webinaar oor onderwys gesien.
6.8.1 Wat is 'n webinaar? (1)
6.8.2 Noem EEN manier waarop die personeellid voordeel kan trek deur
vir die webinaar in te teken. (1)
6.9 'n Logiese gevolg van die verbeteringe by die skool is 'n toename in die
gebruik van wolkrekenarisering ('cloud computing') en SaaS.
6.9.1 Waarvoor staan die akroniem SaaS? (1)
6.9.2 Wolkrekenarisering sluit wolksagtewaredienste, soos Office365, in.
Verduidelik hoe wolktoepassings oor die algemeen werk. (2)
6.9.3 Noem TWEE nadele van die gebruik van aanlyn sagtewaredienste. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2 17 DBE/November 2017
NSS
6.10 Onderwysers kan inteken op webtuistes wat opvoedkundige artikels
publiseer. Hierdie webtuistes verskaf ook RSS-dienste ('really simple
syndication services').
Verduidelik wat 'n RSS-diens is. (2)
6.11 Ouers/Voogde is bekommerd oor leerders se blootstelling aan
sosialenetwerk-webtuistes en kubermisdaad.
6.11.1 Stel TWEE maniere voor waarop sosialenetwerk-webtuistes
verantwoordelik gebruik kan word. (2)
6.11.2 Gee TWEE redes waarom kubermisdaad baie algemeen is. (2)
6.11.3 'n Algemene misdaad wat mense pleeg is om onbeveiligde
Wi-Fi-Internetkonneksies sonder toestemming te gebruik.
Watter term word gebruik om hierdie misdaad te beskryf? (1)
6.12 Die IT-leerders oorweeg dit om 'n hommeltuig ('drone') as deel van 'n
bewusmakingsveldtog vir nuwe tegnologie te bou. 'n 3D-drukker sal gebruik
word om die onderdele van die hommeltuig te druk.
6.12.1 Wat is 'n hommeltuig ('drone')? (1)
6.12.2 Noem TWEE moontlike voordele van die gebruik van 'n 3D-drukker
om die onderdele van die hommeltuig te druk. (2)
TOTAAL AFDELING F: 41
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Information Technology Grade 12 P1 NSC November 2017 QP

Question paper
Information Technology Grade 12 P2 NSC Supplementary 2017 QP

Question paper
Information Technology Grade 12 P2 NSC November 2022 QP

Question paper
Information Technology Grade 12 P2 NSC November 2019 QP

Question paper
Information Technology Grade 12 P2 NSC November 2018 QP
_hlayiso.com_--053b6720-3be0-4739-8737-7f0b610b5f60/v1-3d19c9dfc8e924c4cf55/card.webp)
Question paper
Information Technology Grade 12 P2 NSC November 2015 QP
More from Grade 12 Information Technology

Memorandum
Information Technology Grade 12 P1 NSC June 2025 Memo (Eng)

Memorandum
Information Technology Grade 12 P1 2024 Memo (Eng)

Memorandum
Information Technology Grade 12 P2 2024 Memo (Eng)

Memorandum
Information Technology Grade 12 P1 2023 Memo (Afr)

Memorandum
Information Technology Grade 12 P2 2023 Memo (Afr)

Memorandum