Downloaded from hlayiso.com
PUNTETOTAAL
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN
NOVEMBER 2019
INLIGTINGSTEGNOLOGIE: VRAESTEL I
EKSAMENNOMMER
Tyd: 3 uur 180 punte
LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR
1. Hierdie vraestel bestaan uit 31 bladsye en 'n Bylaag van 3 bladsye (i–iii). Maak
asseblief seker dat jou vraestel volledig is.
2. Lees die vrae noukeurig deur en maak seker dat jy al die gedeeltes van elke vraag
beantwoord.
3. Antwoord op die vraestel. Maak asseblief seker dat jy jou eksamennommer in die
blokkies hierbo skryf.
4. Beantwoord AL die vrae – daar is geen opsies in hierdie vraestel nie.
5. Toon alle berekeninge waar toepaslik.
6. 'n Nie-programmeerbare sakrekenaar mag gebruik word.
7. Dit is in jou eie belang om leesbaar te skryf en jou werk netjies aan te bied.
8. Daar is vier blanko bladsye aan die einde van hierdie vraestel. Gebruik hierdie
bladsye indien jou spasie te min is wanneer jy 'n vraag beantwoord. Dui die
nommer van die vraag waaraan jy werk duidelik aan.
SLEGS VIR NASIENER SE GEBRUIK
Vraag 1 2 3 4 5 6 7 8 Totaal
Punte 10 10 40 23 25 16 19 37 180
Behaal
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Skip to contentQuestion paper 











View all





Information Technology Grade 12 IEB P1 2019 Question Paper (Afr)
IEB Grade 12 Information Technology Paper 1 question paper from the 2019 (Afrikaans), 31 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Publisher: IEB
Information Technology · Grade 12 · 2019 · Afrikaans. Question paper, 31 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Information Technology
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2019
- Paper
- 1
- Publisher
- IEB
- Curriculum
- IEB
- Pages
- 31
- File size
- 495.5 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 31
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: INLIGTINGSTEGNOLOGIE: VRAESTEL I Bladsy 2 van 31
AFDELING A KORTVRAE
VRAAG 1 DEFINISIES
Gee die toepaslikste term vir elkeen van die volgende uitdrukkings:
1.1 Permanente sagteware wat in 'n vorm van leesalleen- of flitsgeheue (flash memory)
geprogrammeer is.
1.2 Die proses om die inhoud van 'n hardeskyfaandrywer (hard disk drive) in die
kleinste getal aangrensende (contiguous) gebiede te herorganiseer.
1.3 'n Uitbreiding van 'n privaat netwerk oor 'n openbare netwerk om afstandstoegang
(remote access) moontlik te maak.
1.4 'n Sagtewarekomponent wat 'n spesifieke eienskap by 'n blaaier (browser) byvoeg.
1.5 'n Klein brokkie data wat van 'n webwerf gestuur en op die gebruiker se rekenaar
gestoor word.
1.6 'n Oopbron-, hoëprestasie-, kleinvoetspoor-, SQL-versoenbare transaksionele
databasis.
1.7 'n Soektegniek wat daarop gemik is om soekakkuraatheid te verbeter deur die
soeker se bedoeling en die soekkonteks te verstaan.
1.8 'n Kriptografiese sleutel (cryptographic key) wat deur enigiemand verkry en gebruik
kan word om boodskappe wat vir 'n bepaalde ontvanger bedoel is, te enkripteer.
1.9 'n Sein wat aan 'n verwerker (processor) gestuur word om 'n gebeurtenis (event)
aan te dui wat onmiddellik aandag nodig het.
1.10 Die proses om toestelle in 'n rekenaarstelsel te vervang of by te voeg sonder om
die stelsel te stop of af te skakel.
[10]
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: INLIGTINGSTEGNOLOGIE: VRAESTEL I Bladsy 3 van 31
VRAAG 2 VERBIND KOLOMME
Kies vir elkeen van die terme in kolom A hieronder die mees korrekte definisie in kolom C
deur die letter met die vraagnommer te verbind. Jy moet bloot die toepaslike letter in
kolom B neerskryf. 'n Voorbeeld word as Vraag 2.0 getoon deur "W" as die korrekte
antwoord te gebruik.
Kolom A Kolom B Kolom C
2.0 W
2.1 Biometriese toevoer A 'n Metode om dieselfde data op verskillende
plekke op veelvuldige hardeskywe te stoor
2.2 SaaS B 'n Gebeurtenis (event) wat die normale
programvloei onderbreek
2.3 Topologie C Word gebruik om foute te help opspoor in
data wat met die hand toegevoer word,
byvoorbeeld bankrekeningnommers
2.4 Bluetooth D Datatoevoer deur menslike eienskappe te
gebruik
2.5 Kontrolesyfer E 'n Netwerktoestel (network device) wat die
(Check digit) beste moontlike pad kies
2.6 Roeteerder (Router) F 'n Datarugsteun- (backup) tegniek
2.7 SMTP G Rekenaars wat in 'n bus verbind is
2.8 INSERT H 'n Metode van sagtewarelewering en
-lisensiëring waarin toegang tot sagteware
aanlyn verkry word via 'n intekening
2.9 RAID I 'n Protokol wat gebruik word om e-pos te
stuur
2.10 Uitsondering J 'n Fout in bronkode (source code)
(Exception)
K Die fisiese uitleg van 'n netwerk
L 'n Draadlose tegnologiestandaard om data
oor kort afstande uit te ruil
M 'n SQL-opdrag (command) wat gebruik word
om data in 'n tabel by te voeg
N 'n Protokol wat gebruik word om e-pos te
stuur en te ontvang
O Word gebruik om die getal ewe of onewe
bisse in 'n transmissie te kontroleer
P 'n SQL-opdrag om data in 'n databasis te
verander
[10]
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: INLIGTINGSTEGNOLOGIE: VRAESTEL I Bladsy 4 van 31
AFDELING B STELSELTEGNOLOGIEË
Beskou die volgende scenario wanneer die res van die eksamenvraestel beantwoord
word, tensy die vrae van 'n algemene aard is of anders vermeld word.
MobiHealth is 'n maatskappy wat mobiele gesondheidsdienste voorsien aan verskillende
gemeenskappe wat wissel van dig bevolkte stedelike gemeenskappe met die jongste moderne
tegnologie tot landelike gemeenskappe waar tradisionele oortuigings die gebruik van moderne
tegnologieë verhoed. Mobiele klinieke wat die gemeenskappe besoek, word beman deur 'n
dokter en twee verpleegsters.
VRAAG 3
Mobiele klinieke wat stedelike gebiede besoek, is toegerus met twee skootrekenaars
(laptops): een vir die dokter en een vir 'n verpleegster wat die besonderhede van elke
pasiënt by aankoms afneem.
Aan die einde van die dag word al die data wat op die skootrekenaars versamel is, na die
bedieners (servers) by die MobiHealth-streekkantore opgelaai (uploaded).
Die skootrekenaar het die volgende spesifikasies:
• Intel® i5 7200U processor 2.50Ghz, 3MB cache
• 8GB RAM
• 1TB HDD
• 15.6 inch HD LED display
• 4 USB 3.0 ports
• Optional 6-cell battery pack
3.1 Intel® is 'n vervaardiger van SVE's (CPUs) en grafikakaarte. Noem een ander baie
bekende vervaardiger van SVE's.
(1)
3.2 Die skootrekenaar het 8 GG (GB) RAM. Wat is die doel van RAM in 'n
skootrekenaar?
(2)
3.3 Die maksimum skermresolusie wat deur die vertoon (display) ondersteun word, is
4096 × 2304 beeldelemente (pixels).
3.3.1 Is dit 'n hoë of lae resolusie?
(1)
3.3.2 Noem een ander hardewarekomponent wat nie in die spesifikasielys
genoem word nie, wat nodig sal wees om te verseker dat beelde op die
vertoon besigtig kan word.
(1)
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: INLIGTINGSTEGNOLOGIE: VRAESTEL I Bladsy 5 van 31
3.4 Die opsionele 6-selbatterypak sal die skootrekenaar tot 16 uur gebruik gee.
3.4.1 Motiveer waarom die kliniek gekies het om dit in die spesifikasie in te sluit in
plaas van die standaardbattery. Jy moet TWEE feite in jou antwoord noem
wat met die scenario verband hou.
Feit 1:
Feit 2:
(2)
3.4.2 Een van die verpleegsters het voorgestel dat die SVE (CPU) oorgeklok
(overclocked) kan word om skootrekenaarprestasie te verbeter.
(a) Wat word met oorklok (overclocking) bedoel?
(2)
(b) Gee TWEE redes waarom, indien die SVE oorgeklok word, dit 'n
negatiewe effek op algehele kragverbruik van die skootrekenaar sal
hê.
Rede 1:
Rede 2:
(2)
3.4.3 Die hardeskyfaandrywer (hard disk drive (HDD)) kan deur 'n vastetoestand-
aandrywer (solid state drive (SSD)) vervang word. Gee TWEE redes
waarom dit die kragverbruik van die skootrekenaar sal help verminder
vergeleke met die gebruik van die hardeskyfaandrywer.
Rede 1:
Rede 2:
(2)
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: INLIGTINGSTEGNOLOGIE: VRAESTEL I Bladsy 6 van 31
3.5 Die SVE het 'n 3 MG (MB) cache.
3.5.1 Watter tipe RAM word in 'n verwerker- (processor) cache gebruik? Noem
EEN kenmerk van hierdie tipe RAM wat dit ideaal maak vir die taak.
Tipe RAM:
(1)
Kenmerk:
(1)
3.5.2 Regverdig waarom 3 MG 'n toereikende grootte vir 'n verwerkercache op 'n
skootrekenaar met 8 GG (GB) RAM is. Jou antwoord moet die volgende
insluit:
• 'n verduideliking van watter tipe data in die verwerkercache gestoor
word; en
• waarom 3 MG groot genoeg is vergeleke met 8 GG RAM.
(3)
3.6 Geen bedryfstelsel (operating system) word in die spesifikasies van die
skootrekenaar genoem nie.
3.6.1 Wat is die drie hooffunksies van enige bedryfstelsel?
Funksie 1:
Funksie 2:
Funksie 3:
(3)
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: INLIGTINGSTEGNOLOGIE: VRAESTEL I Bladsy 7 van 31
3.6.2 Watter bedryfstelsel sal jy aanbeveel moet op hierdie skootrekenaar gebruik
word? Regverdig jou antwoord met TWEE redes wat met die scenario
verband hou.
Bedryfstelsel:
Rede 1:
Rede 2:
(3)
3.7 MobiHealth het besluit om die data op die hardeskyfaandrywers (hard drives) op al
hul skootrekenaars te enkripteer.
3.7.1 Gee TWEE moontlike redes waarom MobiHealth sou besluit het om die
hardeskyfaandrywers te enkripteer.
Rede 1:
Rede 2:
(2)
3.7.2 Die enkripsiesagteware wat MobiHealth gebruik, maak van 256-bisenkripsie
(bit encryption) gebruik.
(a) Verduidelik wat met 256-bisenkripsie bedoel word.
(2)
(b) Dink jy 256-bisenkripsie is veilig genoeg vir die data wat deur
MobiHealth gehou word? Regverdig jou antwoord met EEN rede.
(2)
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: INLIGTINGSTEGNOLOGIE: VRAESTEL I Bladsy 8 van 31
3.8 Sommige van die leiers in die landelike gemeenskappe beskou tegnologie met
groot agterdog. Om hierdie rede verkies Mobihealth om die leiers se standpunte te
respekteer en nie die skootrekenaars na die landelike klinieke toe te bring nie.
Wanneer 'n pasiënt die mobiele kliniek in 'n landelike gebied besoek, sal een van
die verpleegsters besonderhede oor die pasiënt op 'n stuk papier neerskryf. Die
dokter gebruik dieselfde stuk papier wanneer hy die pasiënt behandel. Aan die
einde van die dag wanneer die mobiele kliniek na die kantore van MobiHealth
terugkeer, word al die inligting op die stukkies papier in 'n rekenaarstelsel by die
streekkantoor vasgelê (captured).
3.8.1 Gee TWEE voorbeelde van die pasiëntinligting wat moontlik op die stukkie
papier neergeskryf sal word.
Item 1:
Item 2:
(2)
3.8.2 (a) Om pasiëntinligting op papier te hê, hou 'n sekuriteitsrisiko in. Gee
TWEE redes waarom data op papier meer riskant as digitale data is.
Rede 1:
Rede 2:
(2)
(b) Gee TWEE metodes wat enige verlies van vertroulike inligting in
niedigitale vorm sal help voorkom.
Metode 1:
Metode 2:
(2)
3.9 MobiHealth het besluit om al hul skootrekenaars wat in die stedelike gebiede
gebruik word, op te gradeer.
Verduidelik of dit moontlik sal wees om:
3.9.1 na 'n groter skootrekenaarskerm op te gradeer.
(2)
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: INLIGTINGSTEGNOLOGIE: VRAESTEL I Bladsy 9 van 31
3.9.2 die RAM op te gradeer.
(2)
[40]
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: INLIGTINGSTEGNOLOGIE: VRAESTEL I Bladsy 10 van 31
AFDELING C INTERNET EN KOMMUNIKASIETEGNOLOGIEË
VRAAG 4 TEORIE
Die MobiHealth-streekkantoor het 'n netwerk met verskeie toestelle (devices) wat
daarmee verbind is.
'n Netwerkdiagram is as Bylaag A ingesluit. Jy moet hierdie diagram bestudeer voordat jy
Vraag 4 en Vraag 5 beantwoord. Onthou om terselfdertyd die oorkoepelende scenario in
gedagte te hou.
Intydse (real time) filmmateriaal van die HD-CCTV- (video-) kameras word gestoor op die
CCTV-bediener wat met toestel (device) C verbind is. Dieselfde filmmateriaal word
opgelaai, aangesien dit op 'n ander bediener (server) by die hoofkantoor besigtig word en
'n duplikaatkopie van die filmmateriaal hou. Die kantoor word ook as 'n opleidingsfasiliteit
vir die dokters en verpleegsters gebruik en maak gebruik van aanlyn opleidingskursusse
en videoseminare. Alle werknemers het toegang tot die fasiliteite op die netwerk slegs vir
werkdoeleindes.
4.1 A, B en C is almal dieselfde tipe toestel. Wat is die naam wat aan hierdie toestel
gegee word?
(1)
4.2 Die netwerkdiagram toon 'n brandmuur (firewall) en 'n webcache.
4.2.1 Wat is die doel van 'n brandmuur (firewall)?
(2)
4.2.2 Wat is die doel van 'n webcache?
(2)
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: INLIGTINGSTEGNOLOGIE: VRAESTEL I Bladsy 11 van 31
4.2.3 Vir elkeen van die bedreigings wat in die tabel hieronder getoon word, moet
jy aandui of 'n brandmuur (firewall) effektief sal wees of nie in terme van die
bestuur van die bedreiging. Ondersteun jou antwoord met 'n rede.
Bedreiging Ja/ Rede
Nee
URL-blokkering
Hardeware-
diefstal
Weiering van
diens-aanval
(Denial of
service attack)
(6)
4.2.4 Noem EEN ooreenkoms en EEN verskil tussen 'n webcache en 'n skyfcache
wanneer internettoegang oorweeg word. Jou antwoorde mag nie
teenoorgesteldes van mekaar wees nie.
Ooreenkoms:
Verskil:
(2)
4.3 Die netwerkontwerp maak van die stertopologie gebruik.
4.3.1 Noem een voordeel en een nadeel van hierdie topologie. Jou antwoorde
mag nie teenoorgesteldes van mekaar wees nie.
Voordeel:
Nadeel:
(2)
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: INLIGTINGSTEGNOLOGIE: VRAESTEL I Bladsy 12 van 31
4.3.2 Soos die meeste stertopologieë, gebruik hierdie netwerk UTP-bekabeling.
Noem een voordeel en een nadeel van UTP as 'n verbindingsmedium. Jou
antwoorde mag nie teenoorgesteldes van mekaar wees nie.
Voordeel:
Nadeel:
(2)
4.4 Die netwerk het vier verskillende fisiese bedieners (servers) wat met toestel C
verbind is. 'n Moderne tendens in netwerkontwerp is om gebruik te maak van
gevirtualiseerde bedieners wat op die plaaslike netwerk gebaseer is.
4.4.1 Wat word met bedienervirtualisering (server virtualisation) bedoel?
(2)
4.4.2 Noem en verduidelik EEN voordeel en EEN nadeel van bediener-
virtualisering. Jou antwoorde mag nie teenoorgesteldes van mekaar wees
nie en jy moet 'n kort verduideliking insluit van waarom elkeen 'n voordeel of
nadeel is.
Voordeel:
Verduideliking:
Nadeel:
Verduideliking:
(4)
[23]
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: INLIGTINGSTEGNOLOGIE: VRAESTEL I Bladsy 13 van 31
VRAAG 5 TOEPASSING
5.1 Gebruikers van die rekenaars wat met komponent A op die netwerkdiagram
verbind is, kla oor stadige netwerktoegang tot die bedieners wat met toestel C
verbind is.
5.1.1 Verduidelik met verwysing na die scenario en netwerkuitleg deur TWEE
moontlike redes te gee waarom die gebruikers stadige toegang oor die
netwerk ondervind.
Rede 1:
Rede 2:
(2)
5.1.2 Noem en verduidelik TWEE veranderinge wat aan die netwerkontwerp
aangebring kan word om die netwerkspoed te verhoog.
Verandering 1:
Verduideliking:
Verandering 2:
Verduideliking:
(4)
5.2 Die internetverbinding word getoon as 'n skakel van 300 mbps oor vesel (fibre).
MobiHealth het 'n enkele rugsteuninternetverbinding uit die brandmuur (firewall)
nodig ingeval die veselverbinding (fibre connection) faal.
5.2.1 Gee EEN rede waarom 'n veselverbinding (fibre connection), wat gewoonlik
baie betroubaar is, kan faal en verlore konnektiwiteit kan veroorsaak.
(1)
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: INLIGTINGSTEGNOLOGIE: VRAESTEL I Bladsy 14 van 31
5.2.2 Beveel vir MobiHealth TWEE ander moontlike internetverbindings-
tegnologieë aan wat hulle kan gebruik wat hulle in staat sal stel om 'n
verbinding van soortgelyke spoed te hê.
(2)
5.3 Een van die tegniese personeellede by Mobihealth het jou gevra om die volgende
terme te help verduidelik. Jy moet:
• 'n kort definisie van elkeen gee;
• EEN verwagte gebruiker van elkeen voorstel.
5.3.1 Intranet
Definisie:
Verwagte gebruiker:
(2)
5.3.2 Internet
Definisie:
Verwagte gebruiker:
(2)
5.3.3 Ekstranet
Definisie:
Verwagte gebruiker:
(2)
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: INLIGTINGSTEGNOLOGIE: VRAESTEL I Bladsy 15 van 31
5.4 MobiHealth het 'n webwerf om die fasiliteite wat hulle aan die stedelike
gemeenskappe beskikbaar stel, te bevorder. Die tegniese bestuurder het van
Soekenjinoptimalisering (SEO) gehoor. Een van die sleutels tot suksesvolle SEO is
om die sleutelwoordlys ('n lys van woorde wat gereeld gesoek word) wat met die
MobiHealth-webwerf geassosieer word, sorgvuldig te bestuur.
5.4.1 Stel TWEE moontlike sleutelwoorde voor wat in die SEO-proses vir die
MobiHealth-webwerf gekies kan word.
Sleutelwoord 1:
Sleutelwoord 2:
(2)
5.4.2 Waarom sal dit vir MobiHealth nodig wees om die sleutelwoordlys oor tyd te
verander? Regverdig jou antwoord met TWEE verskillende redes.
Rede 1:
Rede 2:
(2)
5.4.3 Die MobiHealth-webwerf word deur gebruikers met tafelrekenaar- en
mobiele blaaiers (browsers) besigtig.
(a) Watter weergawe van die webwerf dink jy sal toenemend meer
verkeer ondervind in die stedelike gebiede waar MobiHealth werk?
Regverdig jou antwoord.
(2)
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: INLIGTINGSTEGNOLOGIE: VRAESTEL I Bladsy 16 van 31
(b) Verduidelik waarom dit nodig is dat die twee weergawes van die
webwerf (die tafelrekenaarweergawe en die mobiele weergawe)
verskillende sleutelwoordlyste moet hê.
(2)
5.4.4 Dink jy dat nuwer soektegnologieë, soos spraaksoek (voice searching),
'n effek sal hê op die manier waarop sleutelwoordlyste afgelei word?
Regverdig jou antwoord.
(2)
[25]
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: INLIGTINGSTEGNOLOGIE: VRAESTEL I Bladsy 17 van 31
AFDELING D SOSIALE IMPLIKASIES
VRAAG 6
Lees die volgende uittreksel uit 'n artikel wat oor mediese aangeleenthede handel. Dit sal
nodig wees om die vrae wat volg te kan beantwoord.
In Februarie 1998 het 'n gerespekteerde mediese vaktydskrif die resultate van 'n klein studie
gepubliseer wat een van die stukke navorsing oor medisyne geword het wat die meeste skade
aangerig het. Die resultate van hierdie studie is op baie webwerwe aangemeld en bespreek.
Die resultate van die studie, wat 12 kinders betrek het, het 'n verband tussen outisme* en die
inenting teen masels, pampoentjies en Duitse masels voorgestel. Hierdie inentings word aan baie
kinders in die meeste lande ter wêreld gegee.
Die studie is sedertdien as vals aangetoon, die dokter wat die navorsing gedoen het, word nie
meer toegelaat om medisyne te praktiseer nie en die vaktydskrif het die artikel teruggetrek. Dit
het aan die lig gekom dat die dokter wat die navorsing gedoen het, kinders wat sy seun se 10de
verjaardagpartytjie bygewoon het, betaal het om hul bloed vir die navorsing te skenk.
Voortgesette navorsing het getoon dat outisme NIE deur inentings veroorsaak word nie.
Selfs al is die navorsing verkeerd bewys, het 'n gevaarlike beweging van die ontkenning van
inentings daartoe gelei dat baie ouers weier om hul kinders te laat inent. Dit het nuwe
uitbrekings van masels veroorsaak wat tot baie sterftes gelei het, van 'n siekte wat voorheen
goed beheer is.
[Aangepas en vertaal uit: <https://www.vox.com/2018/2/27/17057990/andrew-wakefield-vaccines-autism-
study> Besoek 16 Januarie 2019]
*Outisme is 'n mediese steuring. Mense wat aan outisme ly, sukkel om sosiaal te verkeer en te
kommunikeer en het ook herhalende denkpatrone en gedragspatrone.
6.1 Tegnologie het dit moontlik gemaak dat meer mense toegang tot inligting het en
beter ingelig is.
Gee TWEE metodes van digitale kommunikasie wat sou gehelp het om inligting (óf
goed óf sleg) oor die navorsing wat in die artikel genoem word, te versprei.
Metode 1:
Metode 2:
(2)
6.2 Met soveel inligting wat daagliks via die internet vir ons aangebied word, moet ons
vaardig wees om te evalueer of die inligting betroubaar is of nie.
As jy 'n ouer van 'n jong kind was en die resultate van die oorspronklike studie en
die artikel gelees het, watter feite sou jou laat dink het dit is:
6.2.1 eg?
(1)
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: INLIGTINGSTEGNOLOGIE: VRAESTEL I Bladsy 18 van 31
6.2.2 onbetroubaar?
(1)
6.3 MobiHealth het besluit om deel te neem aan soortgelyke mediese navorsing. Hulle
het die besonderhede van al die kinders wat hulle die afgelope 10 jaar behandel
het, geneem en dit aan die navorsers gegee.
6.3.1 Dink jy dit is wettig vir MobiHealth om dit te doen?
(1)
6.3.2 Regverdig jou antwoord op Vraag 6.3.1.
(1)
6.4 Onafhanklik van die data waarna in Vraag 6.3 hierbo verwys word, het dit aan die
lig gekom dat 'n MobiHealth-werknemer e-posse oor pasiënte en hul inentings-
rekords aan die pers aangestuur het in reaksie op 'n navraag.
Watter beleidsdokument sal MobiHealth as basis gebruik om dissiplinêre stappe
teen die werknemer te neem?
(1)
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: INLIGTINGSTEGNOLOGIE: VRAESTEL I Bladsy 19 van 31
6.5 'n Aantal ouers van beide die stedelike en landelike gemeenskappe het na die
MobiHealth-kliniek toe gekom omdat daar kommer is oor die gesondheidsrisiko's
van inentings. Die personeel by MobiHealth het jou gevra om hulle te help om 'n
inligtingsveldtog te ontwikkel om die ouers te help opvoed.
Gee DRIE kommunikasiemetodes wat jy in jou veldtog kan gebruik wat tegnologie
toepaslik sal gebruik vir die gemeenskappe wat MobiHealth bedien en verduidelik
waarom elkeen toepaslik en effektief sal wees om feitelike inligting uit te kry by al
die gemeenskappe wat MobiHealth bedien.
Jou antwoord moet aandui watter gemeenskap (stedelik, landelik of albei) jou
metode van inligting sal voorsien. 'n Voorbeeld word getoon – jy mag nie hierdie
metode in jou antwoorde gebruik nie.
Metode Gemeenskap Regverdiging
Bv. E-pos Stedelik E-pos is 'n vinnige manier om inligting aan mense
te stuur en die meeste mense wat in die stedelike
gebiede behandel word, sal toegang tot e-pos hê.
1
2
3
(6)
6.6 MobiHealth onderneem nog navorsing oor inentings. Hulle het 'n groot databasis
met mediese data gekoop. Die bedieners by die streekkantore is nie kragtig
genoeg om al die berekeninge wat op die data gedoen moet word, te bestuur nie.
6.6.1 Noem die verwerkingstegniek wat gebruik sal moet word om hierdie
verwerking (processing) op veelvuldige masjiene uit te voer.
(1)
6.6.2 Gee TWEE ander voorbeelde of projekname waar hierdie verwerkings-
tegniek dikwels gebruik word.
Voorbeeld 1:
Voorbeeld 2:
(2)
[16]
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: INLIGTINGSTEGNOLOGIE: VRAESTEL I Bladsy 20 van 31
AFDELING E DATA- EN INLIGTINGSBESTUUR EN
OPLOSSINGONTWIKKELING
VRAAG 7
Die MobiHealth-databasis wat besonderhede stoor van die pasiënte wat by elke mobiele
kliniek behandel word, stoor die volgende data in een tabel genaamd tblMedieseData:
Veld Beskrywing
PasientID Unieke ID vir elke pasiënt wat deur die kliniek behandel word
Van Die pasiënt se van
Voornaam Die voornaam van die pasiënt
KonsultID Unieke ID vir elke konsultasie
Datum Die datum van die konsultasie
Duur Die duur van die konsultasie
Opvolg Die getal dae waarna die pasiënt moet terugkeer vir nog 'n konsultasie
'n Pasiënt kan baie verskillende konsultasies hê. Elke konsultasie sal slegs met een
pasiënt wees. Elke konsultasie het 'n sekere getal dae later 'n opvolg nodig.
Voorbeelddata vir tblMedieseData word hieronder getoon:
PasientID Van Voornaam KonsultID Datum Duur Opvolg
1 Bhebhe Mthunzi 234 01/04/18 20 10
2 Hlongwa Kagiso 244 02/04/18 25 90
3 Luthuli Bonginkosi 267 15/10/18 10 30
4 Chonco Uluthando 315 12/07/18 15 0
5 Khoza Langa 337 12/07/18 40 90
6 Zindela Inyoni 219 21/02/18 55 0
7 Luthuli Mthunzi 288 16/04/18 12 90
4 Chonco Uluthando 266 17/06/18 18 10
1 Bhebhe Mthunzi 322 21/03/18 20 90
7.1 Dit is algemene praktyk om databasistabelle te normaliseer.
7.1.1 Noem DRIE redes waarom databasistabelle genormaliseer moet word.
Rede 1:
Rede 2:
Rede 3:
(3)
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: INLIGTINGSTEGNOLOGIE: VRAESTEL I Bladsy 21 van 31
7.1.2 Databasistabelle kan tot 'n aantal normaalvorme genormaliseer word.
Noem die kenmerke van beide die tweede en derde normaalvorm. (2NV en
3NV)
2NV:
(2)
3NV:
(2)
7.2 tblMedieseData gaan in TWEE nuwe tabelle verander word: tblPasiente – vir
pasiëntspesifieke data – en tblKonsultasies – vir konsultasiespesifieke data. In die
vrae wat volg, moet jy jou antwoorde beperk en net met hierdie twee tabelle werk,
d.w.s. jy mag nie enige bykomende tabelle definieer nie en jy hoef nie enige
oorganklike afhanklikhede (transitive dependencies) te verwyder nie.
7.2.1 Definieer die term primêre sleutel (primary key).
(2)
7.2.2 Definieer die term saamgestelde sleutel (composite key).
(1)
7.2.3 Skryf die beste primêre sleutel (primary key) vir tblMedieseData neer.
(2)
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: INLIGTINGSTEGNOLOGIE: VRAESTEL I Bladsy 22 van 31
7.2.4 Voltooi die volgende twee tabelle en toon die velde wat in die twee nuwe
tabelle aanwesig sal wees. Jou primêre sleutels moet as die eerste veld in
elke tabel gelys word. Dui jou keuse van vreemde sleutel (foreign key) onder
die tabelle aan.
tblPasiente tblKonsultasies
Vreemde sleutel:
(5)
7.2.5 Definieer die term vreemde sleutel (foreign key).
(2)
[19]
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: INLIGTINGSTEGNOLOGIE: VRAESTEL I Bladsy 23 van 31
VRAAG 8
'n Sagtewareontwikkelaar is besig om 'n OGP-toepassing (OOP application) vir
MobiHealth te skryf. Een van die klasse in die OGP-toepassing sal gebruik word om
Pasient-objekte te definieer. Daar is ook klasse vir Dokter-objekte en Kliniek-objekte.
Elke Pasient-objek sal die volgende velde hê:
pasientID : heelgetal (integer)
van : string
voorNaam : string
pasientOuderdom : heelgetal
medikasie : skikking (array) [20] string
kliniekNaam : string
opVolg : heelgetal
'n Pasiënt word altyd deur dieselfde dokter behandel en elke dokter werk net in een
mobiele kliniek waarvan elkeen 'n unieke naam het.
Alle velde van Pasient-objekte is privaat.
8.1 Beantwoord die volgende vraag met betrekking tot die objekvelde:
In watter klas(se) sal die velde van elke Pasient-objek direk toeganklik (accessible)
wees? Merk die blokkie langs die korrekte opsie hieronder.
• Die Pasient-, Dokter- en Kliniek-klas
• Die Pasient- en Dokter-klas
• Slegs die Pasient-klas
• Die Pasient- en Kliniek-klas
(1)
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: INLIGTINGSTEGNOLOGIE: VRAESTEL I Bladsy 24 van 31
8.2 Die Pasient-klas sal die volgende metodes hê:
• 'n Geparametriseerde konstruktormetode wat 7 parameters genaamd p
(heelgetal), v (string), vN (string), o (heelgetal), m (stringskikking), k (string) en
oV (string) sal aanvaar;
• Toegangermetodes vir die kliniekNaam-veld;
• Mutatormetode vir die kliniekNaam-veld. Die metode sal 'n parameter,
onderskeidelik kn van die korrekte tipe hê om by die tipe van die
ooreenstemmende veld te pas;
• 'n naString-metode.
8.2.1 Die Dokter-klas het 'n veld wat 'n Pasient-objek is. Beide klasse het
naString-metodes. Is dit 'n voorbeeld van metode-oorlading (overloading),
metode-oorheersing (overriding) of geeneen? Verduidelik jou antwoord.
(3)
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: INLIGTINGSTEGNOLOGIE: VRAESTEL I Bladsy 25 van 31
8.2.2 Jy moet die ontwikkelaars help deur 'n klasdiagram vir die Pasient-klas te
voltooi.
Velde
Metodes
(9)
8.2.3 Tans word die ouderdom van 'n pasiënt as 'n heelgetalveld in die Pasient-
objek gestoor. Wat sal 'n beter datawaarde en ooreenstemmende datatipe
wees om in hierdie veld te stoor wat ons steeds sal toelaat om te weet wat
die pasiënt se ouderdom is?
(1)
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: INLIGTINGSTEGNOLOGIE: VRAESTEL I Bladsy 26 van 31
8.3 Wanneer die ontwikkelaars die Patient-klas vir die toepassing kodeer, sal hulle met
verskillende algoritmes werk. Hulle stel eers die algoritmes visueel voor deur hulle
op stukkies papier te skryf wat hulle dan inmekaarpas om 'n werkende algoritme te
maak. Sommige van die stukkies papier het deurmekaargeraak en jy is gevra om
een van die algoritmes weer inmekaar te pas.
Die betrokke algoritme het ten doel om 'n skikking met medikasie ('n veld in die
Pasient-klas) te sorteer. Die ontwikkelaars gebruik 'n verbeterde borrelsortering
(bubble sort) wat 'n vlaggie gebruik om die sortering te stop indien geen verdere
omruilings nodig is nie.
8.3.1 Ingesluit as Bylaag B is 'n bladsy wat voorstellings van die verskillende
stukkies papier bevat waarop die algoritme beplan is. Elkeen het 'n letter van
die alfabet om hulle te identifiseer. Jy moet hulle in die korrekte volgorde
plaas en die korrekte volgorde neerskryf, d.w.s. die letters van die alfabet
om die algoritme reg te laat werk. NB: Sommige van die stukkies papier het
nie op hierdie algoritme betrekking nie. Daar is presies die korrekte getal
blokkies vir 'n korrekte antwoord. TWEE reëls van die sortering, G en M,
word ook vir jou gegee. Hulle is in die korrekte posisies.
Voorbeeldantwoord: C G F L D S A
Jou antwoord: G M
(10)
8.3.2 Sorteer hierdie algoritme die skikking in stygende of dalende volgorde?
(1)
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: INLIGTINGSTEGNOLOGIE: VRAESTEL I Bladsy 27 van 31
8.4 'n Metode om die gemiddelde ouderdom van 'n pasiënt te bepaal, word gekodeer.
Die algoritme vir die metode word ingesluit as Bylaag C.
Daar is vier waardes in die skikking: 24; 36; 18; en 22.
Die algoritme sal deur 'n skikking van pasiëntouderdomme (genaamd
ouderdomSkik) loop en die gemiddelde ouderdom bereken. Dit sal ook 'n lopende
gemiddelde handhaaf terwyl dit deur die skikking loop. Indien die lopende
gemiddelde 60 oorskry, sal 'n foutboodskap vertoon word.
8.4.1 Hierdie algoritme is gekodeer, maar het onverwagte afvoer tot gevolg. Jy
moet die volgende spoortabel (trace table) voltooi om die programmeerder
te help om die fout in die algoritme te kry.
reël grootte tydelik lopendeGem k telling lopendeGem > 60? VERTOON
1 4
2 0
3 0
4 0
4 0
6 24
7 1
8 24
9 F
5 1
6
7
8
9
5
6
7
8
9
10
5
6
7
8
9
10
11
(9)
8.4.2 Watter reël in die algoritme is verantwoordelik vir die fout?
(1)
8.4.3 Is die veranderlike "telling" in hierdie algoritme nodig soos dit staan? Kan dit
met k vervang word? Regverdig jou antwoord.
(2)
[37]
Totaal: 180 punte
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: INLIGTINGSTEGNOLOGIE: VRAESTEL I Bladsy 28 van 31
ADDISIONELE SPASIE (ALLE vrae)
ONTHOU OM DUIDELIK BY DIE VRAAG AAN TE DUI DAT JY DIE ADDISIONELE
SPASIE GEBRUIK HET OM TE VERSEKER DAT ALLE ANTWOORDE NAGESIEN
WORD.
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: INLIGTINGSTEGNOLOGIE: VRAESTEL I Bladsy 29 van 31
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: INLIGTINGSTEGNOLOGIE: VRAESTEL I Bladsy 30 van 31
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: INLIGTINGSTEGNOLOGIE: VRAESTEL I Bladsy 31 van 31
IEB Copyright © 2019
Study this subject
Revise the topics in this paper, then practise them question by question.
- Grade 12 Information Technology notes
CAPS revision notes with worked examples.
- Information Technology questions by topic
Past exam questions sorted by CAPS topic, with memos where available.
- All Grade 12 Information Technology past papers
Past papers by year, with memos where available.
- Grade 12 IEB past papers
More Information Technology and other subjects in this collection.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.

Question paperIEB
Information Technology Grade 12 IEB Paper 1 2019 Question Paper

Question paperIEB
Information Technology Grade 12 IEB Paper 1 2019 Question Paper

Question paperIEB
Information Technology Grade 12 IEB P1 2019 Question Paper (Afr)

Question paperIEB
Information Technology Grade 12 IEB Paper 2 2019 Question Paper

Question paperIEB
Information Technology Grade 12 IEB P2 2019 Question Paper (Afr)

Question paperIEB
Information Technology Grade 12 IEB Paper 1 2018 Question Paper
Related documents

MemorandumIEB
Information Technology Grade 12 IEB Paper 1 2019 Memo (Afrikaans)

MemorandumIEB
Information Technology Grade 12 IEB Paper 2 2019 Memo (Afrikaans)

MemorandumIEB
Information Technology Grade 12 IEB Paper 1 2019 Memo

Question paperIEB
Information Technology Grade 12 IEB Paper 1 2018 Question Paper

Question paperIEB
Information Technology Grade 12 IEB Paper 1 2017 Question Paper

Question paperIEB
Information Technology Grade 12 IEB Paper 1 2016 Question Paper
More from Grade 12 Information Technology

MemorandumIEB
Information Technology Grade 12 IEB Paper 2 2019 Memo

MemorandumIEB
Information Technology Grade 12 IEB Paper 1 2018 Memo

Question paperIEB
Information Technology Grade 12 IEB Paper 2 2018 Question Paper

MemorandumIEB
Information Technology Grade 12 IEB Paper 2 2018 Memo

MemorandumIEB
Information Technology Grade 12 IEB Paper 1 2017 Memo

Question paperIEB