Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2015
INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
*IINFTDM1*
Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye.
Skip to contentAll 2015 papers 

_hlayiso.com_--21e7f486-4aff-4856-83b2-01116f1d86f0/v1-f28940f269d004c2728f/card.webp)



View all





Information Technology Grade 11 P1 2015 QP (Afr)
Grade 11 Information Technology Paper 1 question paper from the Eastern Cape November 2015 (Afrikaans), 11 pages. Read online or download the free PDF.
Information Technology · Grade 11 · Eastern Cape November · 2015. Question paper, 11 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Information Technology
- Grade
- Grade 11
- Document type
- Question paper
- Year
- 2015
- Exam period
- Eastern Cape November
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 11
- File size
- 1.1 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 11
This exam
Eastern Cape November 2015
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/NOVEMBER 2015)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie is ʼn drie-uur eksamen. Weens die aard van hierdie eksamen sal jy nie
toegelaat word om die eksamenlokaal te verlaat voor die eksamensessie voltooi is nie.
2. Jy benodig die lêers hieronder gespesifiseer om die vrae te kan beantwoord. Dit sal of
op ʼn CD aan jou verskaf word, of die toesighouer/onderwyser sal vir jou sê waar jy dit
op die hardeskyf van die werkstasie waarop jy werk of in ʼn netwerkgids kan vind.
Vraag1 Lêer
Vraag1_p.dpr
Vraag1_u.dfm
Vraag1_u.pas
Vraag2 Lêer
Vraag2.dpr
Vraag2.dfm
Vraag2.pas
Veld.txt
Vraag3 Lêer
Vraag3.dpr
Vraag3.dfm
Vraag3.pas
Vraag4 Lêer
Vraag4_p.dpr
Vraag4_u.dfm
dmResultsData_u.dfm
dmResultsData_u.pas
Vraag4_u.pas
Medaljes.mdb
3. Indien ʼn CD met die lêers aan jou verskaf is, skryf jou naam en van op die etiket van
die CD.
4. Stoor jou werk gereeld as ʼn voorsorg indien daar ʼn kragonderbreking plaasvind.
5. Herbenoem die Datalêers lêergids na jou Naam en Van.
6. Tik jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van elke program.
7. Lees AL die vrae noukeurig en doen net wat gevra word.
8. Teen die einde van die eksamensessie sal daar van jou verwag word om die CD met
al jou gestoorde werk in te handig, of jy moet seker maak dat AL die lêers met jou
antwoorde korrek gestoor is in die netwerkgids wat deur jou toesighouer/onderwyser
aangewys is.
9. Maak seker ALLE lêers oopgemaak kan word.
10. Gedurende die eksamen mag jy gebruik maak van die hulp funksie van die
programmatuur wat jy mee besig is. Jy mag NIE van addisionele notas of hulpbronne
gebruik maak NIE.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 3
SCENARIO:
ʼn Atletiekbyeenkoms vind plaas waar atlete van drie koshuise meeding. ʼn Atleet kan
deur ses verskillende borge, geborg word.
VRAAG 1: DELPHI-PROGRAMMERING
Maak lêer Vraag1_p.dpr oop.
1.1 Voltooi die programmeringskode vir vraag 1.1 tabsheet wat ʼn ewekansige getal
tussen een en drie genereer wat sal bepaal in watter baan elke koshuis tydens
die byeenkoms se baan-items, sal deelneem.
Ses bane is beskikbaar. Indien twee atlete van dieselfde koshuis deelneem
sal die atlete van dieselfde span in baan 1 en 4, baan 2 en 5 en ook 3 en 6
hardloop.
Maak seker geen getalle word herhaal nie.
Voorbeeld van afvoer (afvoer sal verskil weens die ewekansige getalle):
(10)
1.2 Vraag 1.2 tabsheet:
1.2.1 Voer die afstand wat ʼn atleet gegooi het in, as die ‘Tik Afstande In’
knoppie gedruk word. Maak van ʼn Inputbox gebruik.
Hou ʼn rekord van die verste afstand wat gegooi is, asook die
hoeveelheid gooie wat die atleet gegooi het. (7)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/NOVEMBER 2015)
1.2.2 Wanneer die ‘Vertoon Uitslae’ knoppie gedruk word, moet die
gemiddelde afstand wat gegooi is bereken word. Vertoon die totale
aantal gooie, die gemiddelde afstand en die verste afstand (albei
afgerond tot twee desimale).
(6)
1.3 Op Vraag 1.3 Tabsheet het elke atleet die geleentheid om te toets of hul ID-
nommer ʼn gelyke of ongelyke getal is.
Die 13 syfer ID-nommer is gelyk, indien die som van die syfers ʼn gelyke getal is
en ongelyk as die som van die syfers ongelyk is. Indien die atleet se ID-
nommer gelyk is, mag hul nog ʼn gooi kry.
Bv. Vir die ID-nommer 6903121156648 is die som
6+9+0+3+1+2+1+1+5+6+6+4+8=52, wat gelyk is.
Die ID-nommer moet eers getoets word om seker te maak dit bevat 13
karakters en dat dit net syfers bevat. Toepaslike foutboodskappe moet vertoon
word indien daar foute opgetel word.
Indien die ID-nommer korrek is moet die som van die syfers bereken word en ʼn
boodskap moet die atleet in kennis stel of hul kwalifiseer vir nog ʼn gooi.
(24)
Voeg jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van die Vraag1_u.pas
lêer.
Stoor die program.
Druk die kode van die lêer Vraag1_u.pas. [47]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 5
VRAAG 2: DELPHI-PROGRAMMERING
Jy word gevra om die inhoud van ʼn tekslêer genoem veld.txt wat in Vraag 2-gids
gestoor is. Die lêer bevat data wat verwys na die beskrywing van die deelname van
die atlete wat vir die items ingeskryf het.
Gedurende die registrasie van die atlete word ʼn kode vir elke atleet gegenereer.
Die kode word in die veld.txt tekslêer gestoor en het die volgende formaat:
DHJ14412SAS
Pos 1,2,3: verwys na die drie moontlike items: J=Javelin(spiesgooi), S=Shot
put(gewigstoot), D=Discus(skyfwerp), H=High jump(hoogspring), L=Long
jump(verspring)
Pos 4,5: verwys na die ouderdom
Pos 6: Verwys na die geslag van die atleet: 0-4 vroulik, 5-9 manlik
Pos 7,8 : verwys na die atleetnommer tussen 10 en 99
Pos 9,10,11: verwys na die atleet se borg. Borgkodes: SAS = Sasol, CAL =
Caltex, SPA = Spar, BID=Bidvest, FNB=FNB, TOT=Total
2.1 Verklaar ʼn skikking met klasomvang (‘class scope’), naamlik arrAtlete, wat ʼn
maksimum van 20 elemente kan bevat. Die atleetkodes sal in die skikking
arrAtlete gestoor word; maak gebruik van ʼn toepaslike veranderlike wat die
getal atlete wat geldige atleetkodes het, sal stoor. (3)
2.2 Skryf ʼn metode naamlik GeldigeKode wat ʼn string met die kode van die
atleet sal ontvang. Die metode moet dan terugrapporteer of die atleetkode
geldig is of nie.
Die volgende reëls is van toepassing:
Die kode moet 11 karakters in lengte wees.
Die eerste drie karakters moet hoofletters wees.
Die volgende vyf karakters moet syfers wees.
Die laaste drie karakters moet hoofletters wees (15)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/NOVEMBER 2015)
2.3 Voltooi die kode vir die Lees Geldige Data In Event Handler wat die data
van die tekslêer, veld.txt, inlees.
ʼn Metode moet toets of die tekslêer bestaan. Indien dit nie bestaan nie,
moet ʼn toepaslike foutboodskap vertoon word en die program moet
beëindig word.
Indien die tekslêer bestaan moet dit oopgemaak word en ʼn lus moet
geïnisialiseer word wat die inhoud van die tekslêer inlees. Verdere kode
moet geskep word wat elke reël van die tekslêer inlees en dit in die skikking
arrAtlete stoor. Net geldige atleetkodes moet in die skikking ingelees word.
Ongeldige kodes moet vertoon word soos hieronder aangetoon.
Die totale hoeveelheid geldige en ongeldige atleetkodes moet vertoon word
na die ongeldige atleetkodes vertoon is.
Voorbeeld afvoer:
(19)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 7
2.4 Skryf programmeringskode vir die Lys van Borge event handler. Die laaste
drie karakters van die atleetkode bevat die kode van die atleet se borg.
Byvoorbeeld, al die atlete wat deur FNB geborg word het die kode ‘FNB’ as
die laaste drie karakters en die atlete wat deur Spar geborg is, se laaste drie
karakters bevat ‘SPA’.
Die prosedure moet ʼn lys van al die borge vertoon as ook die totale
hoeveelheid borgskappe. (Geen duplikate nie)
Voorbeeld van afvoer:
(11)
Voeg jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van die Vraag2_u.pas
lêer.
Stoor die program.
Druk die kode van die lêer Vraag2_u.pas.
[48]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/NOVEMBER 2015)
VRAAG 3: DELPHI-PROGRAMMERING
Sodra die atleet ʼn wedloop voltooi het, word ʼn unieke kode gegenereer wat die
atleet se tyd in millisekondes, voorletters en geslag saamstel.
’n Voorbeeld van die kode lyk soos volg: 10102GH6.
Die eerste vyf syfers stel die tyd in millisekondes voor. Indien die tyd deelbaar deur
1000 is, word die tyd in sekondes gegee. In hierdie geval sal die atleet se tyd soos
volg lyk: 10.102 sekondes.
Die atleet se voorletters is GH.
6 stel die atleet se geslag voor: 0-4 vroulik en 5-9 manlik.
Maak Vraag3_p.dpr oop.
3.1 Skryf ʼn prosedure naamlik SorteerUitslae wat die gegewe skikking
arrResults in stygende volgorde sal sorteer. (8)
3.2 Skryf programmeringskode vir die event handler van die VindVinnigste
knoppie. Die afvoer moet die kode van die vinnigste atleet wees en die tyd
(sekondes) wat dit die atleet gevat het om die wedloop te voltooi.
(Wenk: Maak gebruik van die sorteringsprosedure in VRAAG 3.1.)
Voorbeeld van afvoer:
(5)
3.3 Skryf programmeringskode vir die event handler van die Geslag knoppie.
Hierdie knoppie moet die totale vroulike en manlike atlete vertoon. Die
geslag word deur die 8ste syfer aangedui. Indien die syfer tussen 5 en 9
val, is die persoon manlik, anders is die persoon vroulik.
Voorbeeld afvoer:
(9)
Goeie programmeringstegnieke, inkeping en die gebruik van modulêre
ontwerp in Vraag 2 en Vraag 3. (3)
Voeg jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van die Vraag3_u.pas
lêer.
Stoor die program.
Druk die kode van die lêer Vraag3_u.pas.
[25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 9
VRAAG 4: DELPHI-PROGRAMMERING EN DATABASIS
Die databasis, medaljes.mdb in die Vraag4 gids word aan jou verskaf en bevat die
resultate van sommige van die uitslae van die baan-items wat tydens die interhuis-
atletiekbyeenkoms aangeteken is.
Veld Tipe Beskrywing Voorbeeld
AthleteID Autonumber AutoID
Name Text Atleet se naam Thato
Surname Text Atleet se van Mhlauli
Event Text Item aan deelgeneem 100M
Position Number Die posisie behaal 2
AgeGroup Text Die ouderdomsgroep van die atleet U/13
Gender Text Geslag F
House Text Die huis waaraan die atleet gekoppel is Rhino
Earning Number Die hoeveelheid geld deur borg betaal 20
Die volgende is ʼn voorbeeld van die data wat in die tabel saamgestel is:
Die program moet tot die databasis medaljes.mdb konnekteer. Indien jy vind dat die
konneksie nie werk nie kan jy die volgende stappe volg om die konneksie tot die
databasis weer op te stel:
Klik op die ADOConnection komponent in die ‘Data Module’.
Klik op die ‘Ellipse’ knoppie (drie kolletjies) aan die regterkant van die
‘ConnectionString property’ in die ‘Object Inspector’.
Klik op die ‘Build’ knoppie wat jou sal neem na die ‘Data Link Properties dialogue
box’.
Kies ‘Microsoft Jet 4.0 OLE DB Provider’ en klik op ‘Next’.
Die eerste opsie op die ‘Connection tabsheet’ sal jou toelaat om na die
electric.mdb lêer te navigeer.
Verwyder die gebruikersnaam Admin.
Klik op ‘Test Connection’ button. Klik OK op elk van die geopende dialooghokkies.
LET WEL: Indien jy nie tot die databasis kan konnekteer wanneer jou program
hardloop nie moet jy nog steeds die vrae beantwoord en die
programmeringskode inhandig om gemerk te word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/NOVEMBER 2015)
4.1 Opsie A: Skep ʼn filter wat die data van al die atlete en items van Koshuis1
vertoon. Vertoon ʼn showmessage dialoogvenstertjie wat sal wys hoeveel
inskrywings die databasis bevat.
Voorbeeld van afvoer:
(4)
4.2 Opsie B: Die borge betaal elke atleet ʼn sekere bedrag indien hulle in die top 3
posisie van hul item eindig. Die bedrag wissel van atleet tot atleet. Bereken
die totale bedrag wat aan al die atlete saam uitbetaal sal word.
Voorbeeld van afvoer:
(6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 11
4.3 Opsie C: Skryf programmeringskode wat die data sal sorteer in die volgende
orde: die Koshuis-veld gesorteer in dalende volgorde en die Item-veld in
stygende volgorde.
Voorbeeld van afvoer:
(3)
4.4 Opsie D: Skryf programmeringskode wat sal vasstel of ʼn atleet met ʼn
spesifieke van, in die databasis bestaan. Maak gebruik van ʼn ‘inputbox’ om die
van in te sleutel. Vertoon die atleet se volle naam soos hieronder aangetoon.
Indien die atleet nie in die databasis gevind kan word nie moet ʼn toepaslike
foutboodskap gewys word.
Voorbeeld van afvoer:
(7)
4.5 Byvoeging van ʼn nuwe atleet:
4.5.1 Opsie E: Skryf programmeringskode in Button E se event handler, wat
al die ‘Label Edits’ vir die gebruiker ‘visible’ sal maak.
(3)
4.5.2 Option F: Gebruik die gegewe data wat vir die rekord ingevul is en
skryf programmeringskode om die data in die databasis te sit. (7)
Voeg jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van die Vraag4_u.pas
lêer.
Stoor die program.
Druk die kode van die leer, Vraag4_u.pas.
[30]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Information Technology Grade 11 P1 2015 Memo (Eng)

Memorandum
Information Technology Grade 11 P1 2015 Memo (Afr)
_hlayiso.com_--21e7f486-4aff-4856-83b2-01116f1d86f0/v1-f28940f269d004c2728f/card.webp)
Question paper
Information Technology Grade 11 P2 2015 QP (Eng)

Question paper
Information Technology Grade 11 P2 2015 QP (Afr)

Question paper
Information Technology Grade 11 P1 2020 QP (Afr)

Question paper
Information Technology Grade 11 P1 2020 QP (Afr)
More from Grade 11 Information Technology

Memorandum
Information Technology Grade 11 P1 November Mock 2026 Memo

Annual teaching plan
Gr 11 Info Tech ATP 2023 24

Memorandum
Information Technology Grade 11 P1 2022 Memo (Eng)

Memorandum
Information Technology Grade 11 P1 2022 Memo (Afr)

Memorandum
Information Technology Grade 11 P2 2022 Memo (Afr)

Memorandum