Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2015
INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
*IINFTA*
Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye.
Skip to contentAll 2015 papers _hlayiso.com_--21e7f486-4aff-4856-83b2-01116f1d86f0/v1-f28940f269d004c2728f/card.webp)
_hlayiso.com_--c68dc6c8-b2b9-4674-b572-2b1c71693b3e/v1-c959b90c19f834cb1a74/card.webp)




View all





Information Technology Grade 11 P2 2015 QP (Afr)
Grade 11 Information Technology Paper 2 question paper from the Eastern Cape November 2015 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.
Information Technology · Grade 11 · Eastern Cape November · 2015. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Information Technology
- Grade
- Grade 11
- Document type
- Question paper
- Year
- 2015
- Exam period
- Eastern Cape November
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 13
- File size
- 864.8 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 13
This exam
Eastern Cape November 2015
Questions in this paper
- Question 1.1Electronic communication1 marks
- Question 1.2Social implications1 marks
- Question 1.3Social implications1 marks
- Question 1.4Social implications1 marks
- Question 1.5Internet and WWW1 marks
- Question 1.6Operating systems and processing1 marks
Show all 15 questions
- Question 1.7Networks and communication1 marks
- Question 1.8Operating systems and processing1 marks
- Question 1.9Operating systems and processing1 marks
- Question 1.10Systems technologies1 marks
- Question 2Systems technologies20 marks
- Question 3Networks and communication30 marks
- Question 4Database programming27 marks
- Question 5Text files19 marks
- Question 6Operating systems and processing40 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/NOVEMBER 2015)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit SES afdelings:
AFDELING A: Meervoudigekeuse-vrae (10)
AFDELING B: Stelseltegnologie (20)
AFDELING C: Kommunikasie- en netwerktegnologieë (30)
AFDELING D: Data- en inligtingsbestuur (27)
AFDELING E: Oplossingsontwikkeling (23)
AFDELING F: Geïntegreerde scenario (40)
2. Lees AL die vrae deeglik deur.
3. Beantwoord AL die vrae.
4. Die puntetoekenning dien oor die algemeen as ʼn aanduiding van die
aantal feite/redes wat benodig word.
5. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik word.
6. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 3
AFDELING A: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
VRAAG 1
Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies
die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
(1.1–1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer.
1.1 Hierdie tegnologie konfigureer outomaties ʼn toestel voor dit gebruik kan
word.
A Kasberging (‘Caching’)
B ‘Hot swappable’
C ‘Daisy chaining’
D ‘Inprop-en-speel’ (‘Plug-and-Play’) (1)
1.2 Die tegnologie soos ʼn retina aftaster word … genoem.
A inteligente aftasting
B biometrika
C retinika
D oogaftaster (1)
1.3 Die poging waar mense ʼn e-pos gebruik om iemand te oorreed om
sekuriteitsverwante inligting uit te gee word … genoem.
A strikroof (‘phishing’)
B skimkaping (‘pharming’)
C bedrog (‘scamming’)
D snuffel (‘snooping’) (1)
1.4 ʼn Versameling programme wat ontwerp is om ʼn rekenaar te infiltreer om
administrateursregte te bekom om die beheer van die besmette rekenaar
oor te neem.
A Skimverklikker (Rootkit)
B Trojans
C AdminBug
D Kwaadwillige programmatuur (‘Malware’) (1)
1.5 Kunsmatige intelligensie is ...
A die simulasie van menslike besluitnemingsprosesse deur ʼn
rekenaarsisteem, geprogrammeer om op toevoer vanaf sensors te
reageer.
B wanneer mense dink hulle is slim, maar hulle het eintlik ʼn lae IK.
C die proses waar sekere roetine kantoorprosesse sonder die hulp van
mense uitgevoer word.
D die uitvoer van fisiese take, gewoonlik herhalende of gevaarlike take
deur gerekenariseerde masjiene beheer. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/NOVEMBER 2015)
1.6 Bereken die antwoord van:
2 – 30 + 3 * (20 DIV 3)
A 166
B -150
C 46
D -10 (1)
1.7 Waarmee word die ikoon hieronder geassosieer?
A Tiger-eye
B Spec Savers
C Nvidia
D RSS (1)
1.8 Watter EEN van die volgende terme hoort NIE by die ander NIE?
A Android
B iOS
C Windows RT
D Linux (1)
1.9 ʼn … neem ʼn hele program en vertaal dit na masjienkode.
A Interpreteerder
B Rekenaar
C Kompileerder
D Programmeerder (1)
1.10 Watter EEN van die volgende is NIE waar NIE?
A ʼn Videokaart kan meer as een waaier het om dit koel te hou.
B ʼn Videokaart se werk is om beelde te genereer wat op die monitor
vertoon word.
C Sonder ʼn aparte videokaart, moet die SVE (‘CPU’) die werk van die
videokaart doen.
D Alle rekenaars kom uit met ʼn aparte videokaart. (1)
TOTAAL AFDELING A: 10
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 5
AFDELING B: STELSELTEGNOLOGIEË
VRAAG 2
2.1 Die moederbord is ʼn groot stroombaanbord met ʼn aantal gleuwe, kon-
neksiepunte en verskillende komponente wat duidelik sigbaar daarop is.
2.1.1 Een van hierdie konneksiepunte op jou moederbord is ʼn SATA
(SGTA)-konneksiepunt. Wat sal daaraan gekoppel word? (1)
2.1.2 Met verwysing na die moederbord, wat is ʼn bus? (2)
2.1.3 Waar sal jy die SVE aan die moederbord koppel? (1)
2.2 Die SVE en die ETG (RAM) is twee van die belangrikste komponente in ʼn
rekenaar.
2.2.1 ʼn Punt-tot-punt-konneksie tussen hierdie twee komponente is
beskikbaar op die moederbord. Wat beteken dit? (1)
2.2.2 Hierdie twee komponente kan nie een optimaal sonder die ander
een funksioneer nie. Waarom sal dit so wees? (2)
2.2.3 Lys die VIER stappe wat deur die SVE in die masjiensiklus
uitgevoer word. (4)
2.2.4 Jy opgradeer jou ETG (RAM) na 8 GB ETG (RAM). Die rekenaar
sien net 4 GB ETG (RAM) raak. Dit is korrek geïnstalleer en die
ETG (RAM) is nie foutief nie. Wat kan die probleem wees? (1)
2.3 Jy benodig meer geheue en besluit om van virtuele geheue gebruik te
maak.
2.3.1 Wat is virtuele geheue? (2)
2.3.2 Hoe maak die rekenaar van virtuele geheue gebruik? (2)
2.4 Kyk na die onderstaande skermafdruk en beantwoord die vrae wat daarop
volg.
2.4.1 Wat is firmware? (1)
2.4.2 Lys TWEE redes hoekom jy jou fimware sal wil opgradeer. (2)
2.4.3 Waarna verwys partisie? (1)
TOTAAL AFDELING B: 20
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/NOVEMBER 2015)
AFDELING C: KOMMUNIKASIE- EN NETWERKTEGNOLOGIEË
VRAAG 3
Bestudeer die volgende voorstellings van ʼn netwerk (van Google images) en
beantwoord die vrae.
3.1 Definieer ʼn netwerk. (3)
3.2 In die voorstelling word daar aangedui dat die netwerk gebruik word om ʼn
drukker (printer) te deel (apparatuur) en vir Internet. Lys DRIE ander
redes vir die gebruik van ʼn netwerk. (3)
3.3 Behalwe vir kommunikasie, wat is die funksie van ʼn NKK (Netwerkkoppel-
vlakkaart/NIC)? (2)
3.4 ʼn Stertopologie word in die voorstelling van ʼn netwerk gebruik.
3.4.1 Definieer die term topologie. (1)
3.4.2 Verduidelik hoekom die stertopologie oor die algemeen ʼn
populêre keuse is. (2)
3.5 Bekabeling is deel van ʼn netwerk. UTP en optiese veselkabels is die
twee hooftipes kabels.
3.5.1 Differensieer tussen hierdie twee tipes kabels deur te beskryf
hoe data oor die kabels oorgedra word. (2)
3.5.2 Watter kabel word meestal in hierdie tipe netwerk gebruik? (1)
3.6 ADSL word as Internetkonneksie gebruik. Noem TWEE voordele
verbonde aan die gebruik van ʼn toegewyde lyn soos ADSL teenoor ʼn
draagbare konneksie. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 7
3.7 Onderskei tussen ʼn roteerder en ʼn skakel (switch). (2)
3.8 Verduidelik kortliks die funksie van ʼn modem in datakommunikasie. (2)
3.9 ʼn Belangrike deel van ʼn netwerk is ʼn netskans (‘firewall’). Noem TWEE
maniere hoe ʼn netskans (‘firewall’) jou rekenaar beskerm. (2)
3.10 Die manier waarop inligting in ʼn netwerk beheer word, klassifiseer LAN’s
in twee formate. Watter soort LAN-formaat word in hierdie prent
voorgestel? (1)
3.11 Protokol is nodig om datatransmissie oor ʼn netwerk of die Internet
moontlik te maak. Verduidelik kortliks waar elk van die volgende gebruik
sal word.
3.11.1 SMTP (1)
3.11.2 POP3 (1)
3.12 SSL is ʼn protokol wat gebruik word om die sekuriteit van kommunikasie
en transaksies oor die Internet te verseker. Beskryf kortliks hoe SSL
werk. (3)
3.13 Gee TWEE verskille tussen ʼn normale werkstasie en ʼn bediener. (2)
TOTAAL AFDELING C: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/NOVEMBER 2015)
AFDELING D: DATA- EN INLIGTINGSBESTUUR
VRAAG 4
4.1 Verduidelik die verskil tussen data en inligting. Maak gebruik van
voorbeelde as deel van jou antwoord. (3)
4.2 Waarna verwys die huidigheid van data? (1)
4.3 Verduidelik kortliks die verskil tussen data warehousing en data mining. (2)
4.4 ʼn Databasis kan beskryf word as ʼn versameling van data of feite oor ʼn
sekere onderwerp.
4.4.1 Lys DRIE voordele van die gebruik van databasissagteware. (3)
4.4.2 Tabuleer TWEE van die hoof verskille tussen die funksionering
van ʼn tafelblad-databasis teenoor ʼn bediener DBMS. (4)
4.4.3 ʼn Verspreide databasis is baie meer kompleks om te bestuur as
ʼn databasis wat op ʼn enkele rekenaar gestoor is. Lys TWEE
probleme wat by ʼn verspreide databasis kan voorkom. (2)
4.5 Die onderstaande tabelle word gebruik vir leerders wat vir die IT-Expo
inskryf. Die tabelname word boaan vertoon, gevolg deur die velde binne
elke tabel.
sID tblExpo
sNaam eID
sSkool eNaam
sSkoolNommer eTipe
sSkoolEpos
sGraad
sGeslag
ExpoID
sID
4.5.1 Wat is die doel van ʼn primêre sleutel in ʼn tabel? (1)
4.5.2 Identifiseer die primêre sleutel in elk van die tabelle. (2)
4.5.3 Met verwysing na verwantskappe in ʼn databasis, wat is ʼn
vreemde sleutel? (2)
4.5.4 Identifiseer die vreemde sleutel in die bostaande voorbeeld. (1)
4.5.5 Teken die bostaande tabelle in jou ANTWOORDEBOEK oor.
Skep ʼn verwantskap tussen die twee tabelle en dui aan watter
tipe verwantskap tussen die twee tabelle bestaan. (2)
4.5.6 Die databasisontwerp is swak. Dit kan oorspoel in potensiële
probleme of foute wanneer jy aanpassings in die databasis wil
maak. Lys TWEE potensiële foute of probleme wat kan
voorkom. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 9
4.5.7 Verdeel die twee tabelle in DRIE tabelle om sodoende die
probleme wat in VRAAG 4.5.6 gelys is, te voorkom. (2)
TOTAAL AFDELING D: 27
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/NOVEMBER 2015)
AFDELING E: OPLOSSINGSONTWIKKELING
VRAAG 5
5.1 Bestudeer die onderstaande algoritme wat in pseudokode geskryf is.
Reël
1. Totaal 0
2. Lus_var 1 tot 10
3. As lus_var MOD 2 = 0 dan
4. Totaal Totaal + Lus_var
5. End lus
6. Vertoon Totaal
5.1.1 Noem die lus wat die beste keuse sal wees wanneer hierdie
algoritme in Delphi geprogrammeer word. (1)
5.1.2 Maak gebruik van die volgende opskrifte om ʼn naspeurtabel in jou
ANTWOORDEBOEK te teken en te voltooi sodat die verandering
van die inhoud van die veranderlikes gesien kan word wanneer die
stappe van die algoritme uitgevoer word. Maak gebruik van soveel
lyne as wat jy benodig.
Reël Totaal Lus_var Lus_Var Lus_var Lus_var > Vertoon
MOD 2 MOD 2 10?
= 0?
(4)
5.1.3 Wat is die doel van hierdie program? (2)
5.2 Bestudeer die volgende voorbeeld van ʼn tekslêer wat die name van
studente voorstel, gevolg deur die aantal kaartjies verkoop vir ʼn kunstefees
wat by ʼn skool gehou word:
ANDRIES, 43
ETIENNE, 44
COBUS, 53
RUTH, 12
DIHAN, 46
SHANNON, 87
ZAZA, 34
CHAD, 56
JAN HENDRIK, 35
LARNESE, 75
TANDO, 74
MARIE-LOUISE, 34
MICHAELA, 22
BIANCA, 64
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 11
Oorweeg die volgende algoritme in Delphi programmeerkode wat die
gemiddelde aantal kaartjies wat verkoop is bepaal.
N0
Maak die tekslêer oop
Herhaal
Lees lyn vanuit tekslêer
Onttrek die numeriese waarde vanuit die lyn //5.2.1
Verander teks na ’n numeriese waarde en stoor in skikking arrNom
Tot Tot + arrNom[N]
Gem Tot / N
N N+1
Tot einde van tekslêer
Vertoon die waarde van die gemiddeld
5.2.1 Skryf ʼn algoritme neer wat gebruik kan word om die numeriese
waarde uit ʼn enkele lyn te kan onttrek. (3)
5.2.2 Skryf die verklaring van ʼn skikking neer. (3)
5.2.3 Wanneer hierdie algoritme geprogrammeer word, sal ʼn
uitvoerfout voorkom. Verduidelik waarom hierdie fout sal
voorkom en gee ʼn moontlike oplossing vir die probleem. (2)
5.2.4 ʼn Logiese fout sal ook voorkom met die uitvoer van die
algoritme. Verduidelik waarom hierdie probleem sal voorkom en
gee ook ʼn moontlike oplossing vir die probleem. (2)
5.2.5 Waarom sal die algoritme nie werk nie indien die tekslêer
bestaan, maar leeg is? (2)
5.3 Bestudeer die volgende uittreksel van ʼn funksie wat ʼn stringwaarde
ontvang om die aantal vokale in die string te tel. Die programmeerkode is
in Delphi geskryf. Voltooi die verklaring vir die funksie.
Function {5.3}
Var
K : integer;
Begin
Result := 0;
For K := 1 to length(sString) do
If sString[K] in [‘A’, ‘E’, ‘I’, ‘O’, ‘U’] then result := result + 1;
End; (4)
TOTAAL AFDELING E: 23
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/NOVEMBER 2015)
AFDELING F: GEÏNTEGREERDE SCENARIO
VRAAG 6
Deur die Internet wat so algemeen gebruik word deesdae, het jy die wêreld aan
jou vingerpunte. Jy en jou neef besluit om jul entrepreneursbesigheid na ʼn
nuwe vlak te neem.
6.1 In die proses om jul besigheid daar buite te kry, besef jy julle het ʼn
webtuiste nodig. Julle staan voor die uitdaging om te kies tussen Web 1.0
en Web 2.0.
6.1.1 Gee die definisie vir ʼn webtuiste. (2)
6.1.2 Verduidelik die verskil tussen hierdie twee webweergawes deur
TWEE karaktereienskappe van elk te lys. (4)
6.1.3 Jy besluit dit sal ʼn besigheids- of bemarkingswebtuiste wees.
Lys DRIE ander tipe webtuistes. (3)
6.2 ʼn Vriend stel jou bekend aan KickStarter en stel voor julle maak gebruik
van skarebefondsing (‘crowd-funding’) om jul besigheid van die grond af
te kry. Verduidelik wat skarebefondsing (‘crowd-funding’) is. (2)
6.3 Met jou neef wat nie in dieselfde dorp as jy bly nie, moet dit moontlik wees
om met mekaar te kommunikeer. Jy besluit om FaceTime te gebruik.
6.3.1 Noem die bedryfstelsel wat sal jy nodig het om FaceTime te kan
gebruik. (1)
6.3.2 Watter protokol word gebruik om FaceTime moontlik te maak? (1)
6.4 Die stuur van groot lêers aan jou neef kan ʼn probleem wees. Jy het
somtyds nodig om van saamgeperste lêers gebruik te maak. Jou keuse
lê tussen verliesende- en nie-verliesende kompressie (lossy en lossless
compression). In watter situasies sal dit die beste wees om elk van die
twee kompressiemetodes te gebruik? (2)
6.5 Jy gebruik meestal jou tablet.
6.5.1 ʼn Tablet gebruik VTA (‘SSD’) vir berging. Tabuleer DRIE
vergelykbare verskille tussen ʼn VTA (‘SSD’) en ʼn HDD. (3)
6.5.2 Dit wil voorkom asof die batterylewe van jou tablet baie kort is.
Lys DRIE dinge wat jy kan doen om die batterylewe te verleng. (3)
6.5.3 Jy verbind jou tablet, selfoon en rekenaar aan ʼn netwerk. Wat
noem ons hierdie tipe netwerk? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 13
6.6 Jou tablet en rekenaar maak gebruik van twee verskillende soorte
bedryfstelsels.
6.6.1 Lys DRIE funksies van ʼn bedryfstelsel. (3)
6.6.2 Van watter tegnologie kan jy gebruik maak om twee verskillende
soorte bedryfstelsels en sagteware op een rekenaar te
installeer? (1)
6.7 Jou rekenaar het ʼn enkelkern SVE. Sê of die volgende
verwerkingstegnieke sal kan plaasvind. Motiveer jou antwoorde.
6.7.1 Multitaakverwerking (2)
6.7.2 Multiverwerking (2)
6.8 Met ʼn besigheid is rugsteun en die maak van argief uiters belangrik.
6.8.1 Verduidelik die verskil tussen rugsteun en argief deur gepaste
voorbeelde in elke geval te gebruik. (2)
6.8.2 Jy stel die gebruik van aanlynstoor-leêrsinkronisering voor. Wat
is aanlynstoor-leêrsinkronisering? (2)
6.9 Jy besluit om van PayPal gebruik te maak as ʼn aanlyn betaalmetode vir
kliënte.
6.9.1 In watte land/lande sal jy van PayPal gebruik kan maak? (1)
6.9.2 Lys TWEE sekuriteitskenmerke wat teenwoordig moet wees op
die webtuiste wanneer iets soos PayPal gebruik word. (2)
6.9.3 Wanneer jy met PayPal betaal, word jou finansiële inligting nooit
met die verkoper gedeel nie. Enkripsie word gebruik om dit te
verseker. Wat is enkripsie? (1)
6.9.4 Met die opstel van betalings word jy deurmekaar tussen
datavalidasie en dataverifikasie. Verduidelik die verskil tussen
datavalidasie en dataverifikasie met verwysing na ʼn gepaste
voorbeeld. (2)
TOTAAL AFDELING F: 40
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject
_hlayiso.com_--21e7f486-4aff-4856-83b2-01116f1d86f0/v1-f28940f269d004c2728f/card.webp)
Question paper
Information Technology Grade 11 P2 2015 QP (Eng)
_hlayiso.com_--c68dc6c8-b2b9-4674-b572-2b1c71693b3e/v1-c959b90c19f834cb1a74/card.webp)
Memorandum
Information Technology Grade 11 P2 2015 Memo (Eng)

Memorandum
Information Technology Grade 11 P2 2015 Memo (Afr)

Question paper
Information Technology Grade 11 P1 2015 QP (Afr)

Question paper
Information Technology Grade 11 P2 2020 QP (Afr)

Question paper
Information Technology Grade 11 P2 2020 QP (Afr)
More from Grade 11 Information Technology

Memorandum
Information Technology Grade 11 P1 November Mock 2026 Memo

Annual teaching plan
Gr 11 Info Tech ATP 2023 24

Memorandum
Information Technology Grade 11 P1 2022 Memo (Eng)

Memorandum
Information Technology Grade 11 P1 2022 Memo (Afr)

Memorandum
Information Technology Grade 11 P2 2022 Memo (Afr)

Memorandum