Skip to content

Information Technology Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2018 QP

Question paperInformation TechnologyGrade 12201812 pages

Grade 12 Information Technology Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2018 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2018 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 PUNTE: 150 TYD: 3 uur *INFTA1* Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/SEPTEMBER 2018) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel is in DRIE afdelings ingedeel. Kandidate moet AL die vrae in AL DRIE afdelings beantwoord. 2. Die duur van hierdie eksamen is drie uur. As gevolg van die aard van hierdie eksamen is dit belangrik om daarop te let dat jy nie toegelaat sal word om die eksamenlokaal voor die einde van die eksamensessie te verlaat nie. 3. Hierdie vraestel is opgestel met programmeringsterme wat kenmerkend vir Delphi as programmeringstaal is. 4. Maak seker dat jy die vrae beantwoord volgens die spesifikasies wat in elke vraag gegee word. Punte sal volgens die voorgeskrewe vereistes toegeken word. 5. Beantwoord slegs wat in elke vraag gevra word. Byvoorbeeld, indien die vraag nie datavalidering vra nie, sal geen punte vir datavalidering toegeken word nie. 6. Jou programme moet op só 'n manier gekodeer word dat dit met enige data sal werk en nie net met die voorbeelddata wat verskaf is of enige data-uittreksels wat in die vraestel verskyn nie. 7. Roetines, soos soek, sorteer en seleksie, moet vanuit eerste beginsels ontwikkel word. Jy mag NIE die ingeboude funksies van Delphi vir enige van hierdie roetines gebruik NIE. 8. Alle datastrukture moet deur jou, die programmeerder, verklaar word, tensy die datastrukture verskaf word. 9. Jy moet jou werk gereeld stoor op die disket/CD/DVD/geheuestokkie wat aan jou gegee is of op die skyfspasie wat vir hierdie eksamensessie aan jou toegeken is. 10. Maak seker dat jou naam as kommentaar verskyn in elke program wat jy kodeer, asook op elke gebeurtenis wat aangedui word. 11. Indien dit vereis word, druk die programmeringskode van al die programme/ klasse wat jy voltooi het. Jy sal ná die eksamensessie 'n halfuur tyd vir drukwerk gegee word. 12. Aan die einde van hierdie eksamensessie moet jy 'n disket/CD/DVD/ geheuestokkie inlewer met al jou werk daarop gestoor OF jy moet seker maak dat al jou werk op die skyfspasie gestoor is wat vir hierdie eksamensessie aan jou toegeken is. Maak seker dat al die lêers gelees kan word. Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2018) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 3 13. Die lêers wat jy benodig om hierdie vraestel te voltooi, is aan jou gegee op 'n disket/CD/DVD/geheuestokkie of op die skyfspasie wat aan jou toegeken is. Die lêers word in die vorm van wagwoordbeskermde uitvoerbare lêers verskaf. Doen die volgende: x Dubbelklik op die wagwoordbeskermde uitvoerbare lêer. x Klik op die ‘extract’-knoppie. x Sleutel die volgende wagwoord in: ExPo*18@ Nadat dit onttrek (‘extracted’) is, sal die volgende lys met lêers in die lêergids DataSept2018AFR beskikbaar wees: Vraag 1: Vraag1_u.pas Vraag1_u.dfm Vraag1_p.dpr Vraag1_p.res Skole.txt Tersier.txt Vraag 2: clsVenues.pas Vraag2_u.pas Vraag2_u.dfm Vraag2_p.dpr Vraag2_p.res Vraag 3: Vraag3_u.pas Vraag3_u.dfm Vraag3_p.dpr Vraag3_p.res Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Downloaded from hlayiso.com 4 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/SEPTEMBER 2018) VRAAG 1: ALGEMENE PROGRAMMERINGSVAARDIGHEDE Jy moet registreer om deel te neem aan die ‘ICT Expo. Voltooi die kode vir die registrasieproses. Maak die projek, Vraag1_p in die Vraag 1 gidslêer oop. 1.1 Knoppie [REGISTREER] Die gebruiker moet hul inligting in vul om vir die ‘ICT Expo’ te registreer. Die volgende inligting moet ingetik word: x Naam en Van x Kontaknommer x Ouderdom x Selekteer die groep wat verteenwoordig word: Student, Onderwyser of Besigheid Skei die naam en van Die kontaknommer moet uit tien syfers bestaan en moet met ʼn ‘0’ begin. As die kontaknommer verkeerd is, moet die ‘edit’ veld leeggemaak word, die wyser (‘cursor’) moet in die ‘edit’ gesit word en ʼn gepaste boodskap moet vertoon word wat sê dat die kontaknommer weer ingetik moet word. As die kontaknommer korrek is, dan moet die EenmaligeWagwoord knoppie en ʼn boodskap, ‘Inligting Gestoor’, vertoon word. Voorbeeld van afvoer as die kontaknommer NIE korrek is NIE: Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2018) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 5 Voorbeeld van afvoer as die kontaknommer korrek is: (19) 1.2 Knoppie [EENMALIGE WAGWOORD] ʼn Eenmalige wagwoorde moet geskep word, wat die gebruiker benodig om die registrasieproses te voltooi. Die eenmalige wagwoorde sal uit drie ewekansige genereerde letters bestaan. Maak gebruik van die arralfabet skikking, wat alreeds verklaar is, om die ewekansige letters te kry. ʼn Getal tussen 100 en 999 (beide ingesluit) moet by die drie letters gevoeg word. Die laaste karakter van die eenmalige wagwoord sal die eerste letter van die inligting wees, wat in die ‘combobox’ komponent (in Vraag 1.1) ontvang is. Die paneel, pnlEenmaligeWagwoord, moet vertoon word. Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Downloaded from hlayiso.com 6 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/SEPTEMBER 2018) As die gebruiker ʼnStudent of ʼn Onderwyser is, dan moet die pnlRep vertoon word. Op pnlRep moet die gebruiker kies of hy/sy op skool/kollege of universiteit is. As die gebruiker op skool is, moet ʼn tekslêer (Skole.txt) wat die program vir skoolgaande kinders bevat, in die afvoerarea vertoon word. As die gebruiker in kollege of university is, moet die Tersier.txt tekslêer vertoon word. As die gebruiker ʼn Besigheid verteenwoordig, dan moet die volgende boodskap in ʼn‘Showmessage’ vertoon word: Volledige program is op die Facebook bladsy beskikbaar. (25) Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2018) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 7 1.3 Knoppie [OPSOMMING VAN INLIGTING] Vertoon ʼn opsomming van al die inligting wat die gebruiker ingetik het, in die volgende formaat: REGISTRASIE INLIGTING <Voorletter> <Van> <Verteenwoordig>(<Ouderdom>) ʼn Boodskap sal na <kontaknommer> gestuur word, antwoord asseblief met jou eenmalige wagwoord. Voorbeeld van afvoer: (5) x Maak seker dat jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van die programlêer ingesleutel is. x Stoor jou program. x Druk die kode indien dit vereis word. [49] Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Downloaded from hlayiso.com 8 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/SEPTEMBER 2018) VRAAG 2: OBJEK-GEÖRIENTEERDE PROGRAMMERING Al die maatskappye wat ʼn stalletjie by die Expo wil hê, moet hul tafels en stoele vooraf bespreek sodat die personeel by die venue(lokaal) dit kan uit pak in die verskillende uitstallingsareas. Doen die volgende: x Maak die onvoltooide program in die Vraag 2 gidslêer oop. x Maak die onvoltooide objekklas clsVenues.pas oop. x Kompileer en voer die program uit. Die program het huidiglik geen funksionaliteit nie. Die volgende koppelvlak word vertoon: x Voltooi die kode vir die program, soos in VRAAG 2.1 en VRAAG 2.2 vereis word. 2.1 Die onvoltooide objekklas (TVenues) bevat die verklarings van vyf attribute wat die Venues objek beskryf. Die attribute van die Venues objek is soos volg verklaar: NAAM VAN ATTRIBUTE BESKRYWING ftafels Die aantal tafels benodig fstoele Die aantal stoele benodig fkrag Of ʼn kragpunt benodig word farea Die totale area benodig fvenue Die venue (lokaal) wat toegeken word gebaseer op die grootte en kragpunte Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2018) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 9 2.1.1 Skryf die kode vir die konstruktormetode wat die aantal tafels, aantal stoele, of ʼn kragpunt benodig word (‘Yes’ of ‘No’), sal ontvang. Ken die parameters aan die attribute toe. (3) 2.1.2 Skryf die kode vir ʼn metode, wat BerekenArea genome word, wat die konstante waardes sal gebruik om die totale area wat benodig word vir die aantal tafels en stoele wat aangevra is, sal bereken. Konstante waardes: Tafel = 1.2 en Stoel = 0.64 Die area moet na die naaste heelgetal afgerond word, byvoorbeeld, as die area wat benodig word 23.12 vierkante meters is, dan sal die area wat toegeken word 24 vierkante meters wees. Roep die UitstalArea metode. (4) 2.1.3 Skryf ʼn metode, wat UitstalArea genome word, wat die venue wat toegeken is, sal terugstuur. Die venue word toegeken gebaseer op die area wat benodig word en of ʼn kragpunt vereis word of nie. Gebruik die volgende tabel om te bepaal watter venue aan die maatskappy toegeken moet word: Area (in m2) Kragpunt Venue (Lokaal) Nee Uitstallingsarea A 0–10 Ja Uitstallingsarea B Nee Uitstallingsarea B 11–20 Ja Uitstallingsarea B Nee Uitstallingsarea C 21–30 Ja Uitstallingsarea C Nee Uitstallingsarea D Meer as 30 Ja Uitstallingsarea C *die venue (lokaal) is NIE groot genoeg vir die aantal tafels en stoele wat die maatskappy aangevra het nie. Uitstallingsarea C kan slegs ʼn area van 30 vierkante meters bevat. ʼn Tafel en drie stoele moet verwyder word totdat die area 30 vierkante meters of net minder as 30 vierkante meters is. Roep die BerekenArea-metode om die area weer te bereken. (21) 2.1.4 Skryf die kode om die gegewe toString metode wat ʼn string met attribute in die volgende formaat, sal terugstuur: INLIGTING Aantal Tafels <aantal tafels> Aantal Stoele <aantal stoele> Kragpunt Benodig <Ja of Nee> Totale Area benodig <area> vierkante meters <venue> (7) 2.1.5 Skryf ʼn metode GetVenue wat die venue (lokaal) wat aan die maatskappy toegeken is, sal terugstuur. (2) Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Downloaded from hlayiso.com 10 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/SEPTEMBER 2018) 2.2 ʼn Onvolledige eenheid Vraag2_u.pas word verskaf. Die gebruiker moet die volgende inligting in lees: x Naam van die maatskappy x Aantal tafels wat benodig word x Aantal stoele wat benodig word x Of ʼn kragpunt benodig word (Ja of Nee) Doen die volgende: x Instansieër die objVenues objek. x Roep die BerekenArea-metode om die area wat benodig word, te bereken. x Vertoon die inligting in die afvoerarea deur die tostring-metode te gebruik. Die inligting moet na ʼn lêer geskryf sodat dit vir die werkers gegee kan word, sodat hulle die venues kan regmaak vir die Expo. As die lêer, Venues.txt, nie bestaan nie, moet dit geskep word, anders moet die inligting by die bostaande lêer gevoeg word. Die inligting moet in die volgende formaat gestoor word: Naam van maatskappy-Venue Voorbeeld van afvoer: (18) x Maak seker dat jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van die programlêer ingesleutel is. x Stoor jou program. x Druk die kode indien dit vereis word. [55] Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2018) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 11 VRAAG 3: PROBLEEMOPPLOSSINGSPROGRAMMERING Die ‘ICT Expo’ ondersteun verskeie liefdadigheidsorganisasies. Donasies word gedurende die week van die Expo gemaak en die donasies word dan aan die verskillende organisasies by ʼn spesiale funksie oorhandig. 3.1 Verklaar ʼn twee-dimensionele skikking, ar2Donasies, met ‘class scope’. Daar is 6 organisasies en donasies kan op 4 dae gemaak word. Die volgende moet gebeur wanneer die vorm geskep word: x Die ‘richedit’ (redafvoer) moet geformateer word sodat die inligting in netjiese kolomme vertoon word. Gebruik die volgende ‘tab stops’: 70; 100; 130; 160 en 190 x ar2Donasies moet met ewekansige waardes tussen 1000 en 10000 gevul word. (9) 3.2 Skryf ʼn metode wat Vertoon-genome word wat die inhoud van ar2Donasies sal vertoon soos in die voorbeeld van afvoer. Albei ‘richedits’ moet skoongemaak word voordat enige inligting vertoon word. (12) 3.3 Wanneer die Skenk knoppie geklik word, moet die inligting wat die gebruiker ingetik het, verwerk word. Die bedrag wat ingetik is, moet by die korrekte liefdadigheidsorganisasie gevoeg word asook op die regte dag. Vertoon die opdateerde skikking deur die Vertoon-metode te gebruik. Die totale bedrag wat sover ingesamel is moet in die ‘richedit’, redStats vertoon word. Die liefdadigheidsorganisasies moet ook in volgorde geplaas word: die wat die meeste donasies ontvang het, eerste en die wat die minste ontvang het, laaste. (25) Voorbeeld van afvoer: x Maak seker dat jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van die programlêer ingesleutel is. x Stoor jou program. x Druk die kode indien dit vereis word. [46] TOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Downloaded from hlayiso.com

Study this subject

More from Grade 12 Information Technology

View all