Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2018
INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.
Skip to contentAll 2018 papers 





View all



_hlayiso.com_--7454979b-cba2-4b39-a884-69e6b1c0f5c6/v1-3f9dc1675d92ae7768e5/card.webp)
_hlayiso.com_--500d3219-d02f-4c1c-af0e-452a5fe87f3b/v1-bfe5f3f664d3f236ff89/card.webp)
Information Technology Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2018 QP
Grade 12 Information Technology Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2018 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.
Information Technology · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2018 · Afrikaans. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Information Technology
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2018
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 16
- File size
- 303.8 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 16
This exam
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2018)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit SES afdelings:
AFDELING A: Kortvrae (15)
AFDELING B: Stelseltegnologieë (27)
AFDELING C: Kommunikasietegnologie en Netwerktegnologie (24)
AFDELING D: Data- en Inligtingsbestuur (24)
AFDELING E: Oplossingsontwikkeling (33)
AFDELING F: Geïntegreerde Scenario (27)
2. Lees AL die vrae noukeurig deur.
3. Beantwoord AL die vrae.
4. Die puntetoekenning gee oor die algemeen ʼn aanduiding van die aantal
feite/redes wat vereis word.
5. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik word.
6. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 3
AFDELING A: KORTVRAE
VRAAG 1
1.1 Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die
woord/term langs die vraagnommer (1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK
neer.
1.1.1 Om statiese lêers te stoor, gewoonlik na ʼn sekondêre stelsel (1)
1.1.2 Die totale aantal data wat van een punt na ʼn ander in ʼn gegewe
tydperk, oorgedra kan word (1)
1.1.3 Sekuriteit wat op die meet en identifikasie van unieke fisiese
karaktereienskappe van ʼn persoon gebaseer is (1)
1.1.4 ʼn Veld wat gebruik word om ʼn skakel, na ʼn veld in ʼn ander tabel, te
wees (1)
1.1.5 Om gedeeltes van lêers te herorganiseer om die rekenaar vinniger te
laat werk (1)
1.1.6 Sagteware wat verniet versprei word, sonder bronkode, maar kan net
vir ʼn beperkte tyd gebruik word of het beperkte funksies beskikbaar (1)
1.1.7 Om toegang te verkry en iemand anders se internetverbinding te
gebruik sonder om daarvoor te betaal (1)
1.1.8 ʼn Ingeboude konneksie na ʼn ander verwante webblad en word met
teks wat blou onderstreep is, aangedui (1)
1.1.9 Studie van die mens se liggaam met die doel om produkte te ontwerp
wat beter sal werk met die wyse wat ons funksioneer (1)
1.1.10 Oud, gebreekte en weggegooide hardeware wat ons nie meer wil hê
of benodig nie (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2018)
1.2 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies
die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.5)
in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.6 D.
1.2.1 Watter EEN van die volgende verwys na die enkripsieproses wat gebruik
word om die identiteit van die afsender van die eposboodskap eg te
verklaar?
A Digitale handdruk
B Digitale kloof
C Digitale sertifikaat
D Digitale handtekening (1)
1.2.2 Watter term is van toepassing wanneer 'n persoon aanstootlik optree
teenoor ʼn ander persoon, op 'n e-pos nuusgroep, met die doel om ʼn
argument te begin?
A Vlamoorlog (‘Flaming’)
B Uitvissing (‘Phishing’)
C ‘Lurking’
D Gemorspos stuur (‘Spamming’) (1)
1.2.3 Watter EEN van die volgende is NIE deel van die masjiensiklus NIE?
A Haal data
B Dekodeer instruksie
C Enkodeer data
D Voer instruksie uit (1)
1.2.4 ʼn Hardeware-onderbreking …
A is ʼn metode wat deur die randapparatuur gebruik word om die aandag
van die SVE te verkry as hulle moet kommunikeer.
B word gebruik om ʼn drukker te stop as dit aanhou om ʼn ongewenste
drukstuk te druk.
C word deur die geheue van ʼn rekenaar gebruik om ʼn randapparatuur
te onderbreek (of stop) as dit met die SVE kommunikeer.
D die proses wat plaasvind wanneer die kragbroneenheid faal en die
rekenaar ophou werk. (1)
1.2.5 Watter EEN van die volgende Boolese uitdrukkings is korrek?
UITDRUKKING RESULTAAT
A WAAR EN NIE VALS VALS
B VALS EN (WAAR OF NIE VALS) WAAR
C WAAR OF NIE (WAAR OF NIE VALS) WAAR
D WAAR EN NIE (WAAR EN VALS) VALS (1)
TOTAAL AFDELING A: 15
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 5
AFDELING B: STELSELTEGNOLOGIEË
VRAAG 2
Jou broer is ʼn produksiebestuurder by ʼn moderne bakkery wat ʼn bediener,
tafelrekenaars, skootrekenaars, tablette en slimfone gebruik.
2.1 Die toestelle het almal voorafgeïnstalleerde sagteware wat gebruik word,
naamlik Windows 10 Professional, Ubuntu 17, Nougat, Oreo, ens.
2.1.1 Noem die kategorie waaronder hierdie sagteware val. (1)
2.1.2 Beskryf die sagteware-kategorie wat jy in VRAAG 2.1.1 genoem het. (1)
2.1.3 Watter tipe toestel word met Nougat of Oreo sagteware geassosieer? (1)
2.1.4 Mobiele toestelle kan nou multitaakverwerking doen. Verduidelik die
konsep multitaakverwerking. (2)
2.2 Die term konvergensie word gebruik om moderne slimfone en tablette te
beskryf. Waarna verwys die term konvergensie? (1)
2.3 Tablette en slimfone se batterye word vinnig pap en die toestelle is konstant op
oplaaiers.
Adviseer hulle met DRIE maniere waarmee hulle die batterykrag kan bespaar. (3)
2.4 Die rekenaars en toestelle gebruik of ʼn hardeskyf of ʼn vastetoestandaandrywer
(VTA).
Gee TWEE redes waarom ‘HDDs’ nog steeds in rekenaars en skootrekenaar in
plaas van VTAs ('SSDs') verkies word. (2)
2.5 Van die rekenaars is verouderd en het beperkte ETG (‘RAM’). Die programme
werk stadiger, jy kom ook agter dat die hardeskyfaandrywer konstant besig is.
2.5.1 Watter term word gebruik vir die probleem wat hierbo verduidelik is? (1)
2.5.2 Beskryf hoe ʼn rekenaar ʼn aantal toepassings kan oopmaak al is daar
beperkte ETG (‘RAM’). (2)
2.5.3 Gee TWEE aspekte wat in aanmerking geneem moet word wanneer jy
ETG (‘RAM’) op ouer rekenaars wil opgradeer. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2018)
2.6 Twee kwotasies vir nuwe rekenaars in die datavasleggingskantoor met die
volgende spesifikasies, is ontvang.
REKENAAR 1 REKENAAR 2
Intel Core i7 2.6 GHz SVE Intel Celeron 2.6 GHz SVE
2 GB ETG 2 GB ETG
3 TB HDD 3 TB HDD
2.6.1 Watter rekenaar sal verwerp word omdat dit te duur is? (1)
2.6.2 Identifiseer ʼn enkele komponent in die kwotasie waar die spesifikasie-
vlak onnodiglik hoog is. (1)
2.6.3 Een van die SVEs bevat veelvuldige kerne.
Verduidelik kortliks hoe hierdie eienskap die SVE se werkverrigting
verbeter. (2)
2.6.4 Die verwerkingspoed van die SVE word direk beïnvloed deur die
klokspoed. Die klokspoed van die SVE is gewoonlik hoër as die spoed
van die stelselklok.
2.6.4.1 Verduidelik hoe die klokspoed die verwerkingspoed van die
SVE beïnvloed. (2)
2.6.4.2 Verduidelik hoe dit moontlik is dat die SVE teen ʼn hoër spoed
as die stelselklok kan werk. (2)
2.7 Die rekenaar se moederbord gebruik busse en punt-tot-punt konneksies om
data oor te dra.
2.7.1 Wat is die doel van die interne bus op ʼn moederbord? (1)
2.7.2 Noem die komponente wat deur die punt-tot-punt konneksies verbind
word. (2)
TOTAAL AFDELING B: 27
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 7
AFDELING C: KOMMUNIKASIETEGNOLOGIE EN NETWERKTEGNOLOGIE
VRAAG 3
Al die rekenaarhardeware by die bakkery is aan ʼn netwerk gekoppel. Al die toestelle
konnekteer aan die Internet deur die bediener.
3.1 Jy vertel vir jou broer dat die stertopologie die mees algemeenste netwerk-
topologie is.
3.1.1 Teken ʼn skets, met byskrifte, om die uitleg van die toestelle in ʼn
stertopologie voor te stel. (3)
3.1.2 Gee TWEE redes waarom 'n stertopologie die meeste in moderne
LANs gebruik word. (2)
3.1.3 Toe die netwerkadministrateur gevra is, sê hy dat die hibried-topologie
die populêrste topologie is. Wat is die hoofkenmerk van ʼn hibried
netwerktopologie? (1)
3.2 ʼn Toegangspunt is geïnstalleer om ʼn kabellose netwerk (WLAN) te skep.
3.2.1 Wat is die grootste voordeel om van ʼn WLAN in plaas van ʼn gekabelde
LAN gebruik te maak? (1)
3.2.2 Een toegangspunt vir die bakkery is nie genoeg nie.
Gee TWEE redes waarom meer as een toegangspunt nodig mag wees. (2)
3.2.3 ʼn Wagwoord word benodig om toegang tot die WLAN te verkry.
Hoekom waarborg ʼn wagwoord nie die veiligheid van die WLAN nie? (1)
3.3 Baie bestuurders verkies om hul persoonlike mobiele toestelle te gebruik, om
e-posse op die bakkery se kabellose netwerk, te stuur en ontvang.
3.3.1 ‘Push’-tegnologie word gebruik om e-posse op ʼn mobiele toestel te
stuur en ontvang. Verduidelik wat ‘push’-tegnologie is. (2)
3.3.2 E-pos aanhangsels word gewoonlik nie outomaties op mobiele
toestelle afgelaai nie.
Gee TWEE redes waarom dit die geval is. (2)
3.4 Die bemarkingsafdeling netwerk met hul kliënte deur gebruik te maak van
stem, video-konferensies en kitsboodskappe.
3.4.1 Noem die protokol wat vir video-konferensies gebruik word. (1)
3.4.2 Beskryf kortliks TWEE uitdagings van video-konferensies in Suid-Afrika. (2)
3.4.3 Die meeste kitsboodskapprogramme is oor-platform (‘cross-platform’).
Wat beteken oor-platform? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2018)
3.5 Die besturende direkteur verstaan nie waarom hy nie na die besigheid se
webwerf geneem word as hy die bakkery se naam in die webblaaier intik nie.
3.5.1 Verduidelik waarom ʼn webblaaier nie effektief gebruik kan word om
inligting op die Web te vind nie. (1)
3.5.2 Hoe help ʼn soekenjin om die probleem, wat in VRAAG 3.5.1 genoem
is, te vermy? (1)
3.5.3 In die algemeen, wat is die TWEE grootste probleme in terme van die
soekuitslae wat met ʼn tipiese soekenjin verkry word? (2)
3.5.4 Verduidelik hoe ʼn bemiddelde soek (‘mediated search’) met die
probleem soos aangedui in VRAAG 3.5.3 kan help. (2)
TOTAAL AFDELING C: 24
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 9
AFDELING D: DATA- EN INLIGTINGSBESTUUR
VRAAG 4
Inligting van die kliënte, verskaffers en inventaris word by die bakkery gestoor.
4.1 ʼn Bedienerdatabasis word op die oomblik gebruik. Onderskei tussen ʼn
tafeldatabasis (‘desktop database’) en ʼn bedienerdatabasis (‘server database’). (2)
4.2 Die integriteit van die databasis moet behou word. Noem TWEE maniere hoe
die integriteit van 'n databasis verseker kan word. (2)
4.3 Noem en beskryf kortliks DRIE eienskappe van kwaliteit data. (3)
4.4 Toegangsbeheer is ʼn belangrike aspek om data te beskerm. Noem TWEE
metodes hoe om toegang tot data te beheer. (2)
4.5 Instandhouding van data is 'n belangrike deel van die bestuur van data. Wat is
deel van databestuur? (1)
Die volgende inligting moet vasgelê word in ʼn verskaffers-tabel en ʼn bestellings-
tabel om rekord te hou van voorraad wat deur die bakkery verskaf en bestel word.
Veldnaam Datatipe
VerskafferID AutoNumber
VerskafferNaam Text
VerskafferKontaknommer Text
BestelItemnaam Text
BestelItemEenheidprys Number
DatumBestel Date/Time
AantalBestel Number
Afleweringsdatum Date/Time
Afleweringskoste Currency
4.6 Daar is opgelet dat die databasis nie genormaliseer is nie.
4.6.1 Verduidelik die term normalisasie. (2)
4.6.2 Wat is ʼn Primêre Sleutel? (1)
4.6.2 Gebruik ʼn diagram om die databasis in twee tabelle te verdeel. Dui
duidelik die Name van die Tabelle is, Primêre en Vreemde Sleutels
asook die verwantskap tussen die tabelle aan. (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2018)
4.7 Een van die tabelle, tblprodukte, in die bakkery se databasis bevat
beskrywings en pryse van die bakkery se produkte.
P_ID Name Description Price
1 Bread Baked fresh everyday 2.99
2 Strawberry Made with organic strawberries from 9.99
Shortcake our garden
3 Apple Pie Second only to your mom’s pie 12.99
4 Pecan Pe If you like pecans, this is for you 10.99
5 Lemon Pie Made with the best lemons in the 11.99
world
6 Cupcakes Your kids and the kid in you will love 7.99
these
SQL word gebruik om navrae van die tabel, tblprodukte, te maak.
4.7.1 Skryf ʼn stelling om al die inligting in die tabel te vertoon, gesorteer
volgens die prys in toenemende volgorde. (2)
4.7.2 Skryf ʼn stelling wat die spelling van “Pecan Pe” sal korrigeer. Dit moet
“Pecan Pie” wees. (3)
TOTAAL AFDELING D: 24
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 11
AFDELING E: OPLOSSINGSONTWIKKELING
VRAAG 5
5.1 ʼn Toepassing is besig om ontwerp te word, wat Wi-Fi gebruikers toelaat om op
die netwerk aan te teken.
Die eerste letter van elke woord in die teksvelde moet ʼn hoofletter wees
(byvoorbeeld ‘Mr July August’ of ‘Miss Merry September’).
Skryf ʼn algoritme wat die string soos volg sal manipuleer:
- Alle spasies moet verwyder word
- Eerste letter van elke woord moet ʼn hoofletter wees
- Bv. Mr july august MrJulyAugust
LET WEL: Die algoritme MOET in pseudokode geskryf word – MOENIE ʼn
programmeringstaal gebruik NIE. (8)
5.2 ʼn Objekklas is ontwerp om rekord te hou van hoe lank iemand op die rekenaar
gewerk het asook hoe lank hulle op die Internet was.
Bestudeer die klasdiagram hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Die
name van die metodes beskryf wat gedoen moet word.
ATTRIBUTE METODES
• UserCode • changeUserCode
• TotalSessions • toString
• TotalTime • getFrequency
• TotalInternetTime • addSession(TimeIn, TimeOut)
• resetAll
• setInternetTime(InternetTime)
5.2.1 Waarvoor sal die ‘toString’-metode gebruik word? (2)
5.2.2 Verduidelik die doel van die volgende metodes in objek-georïenteerde
programmering:
(a) wysigingsmetode; gee ʼn voorbeeld (2)
(b) toegangsmetode; gee ʼn voorbeeld (2)
5.2.3 Metodes word gewoonlik as publiek (‘public’) en attribute as privaat
(‘private’) verklaar.
(a) Verduidelik waarom metodes gewoonlik as publiek verklaar word en
nie as privaat nie. (1)
(b) Wat is die rede hoekom ʼn attribuut as privaat en nie publiek verklaar
word nie? (1)
5.2.4 Metodes mag verklaar word wanneer die klas geskep word. Onderskei
tussen metodes met parameters en metodes sonder parameters. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2018)
5.3 Ontfouting verg baie programmeringstyd. Sintaksfoute, looptydfoute en logika-
foute moet reggemaak word.
5.3.1 Verduidelik elk van die foute EN gee EEN rede of voorbeeld hoekom die
fout sal plaasvind.
(a) Sintaksfout (2)
(b) Looptydfout ('Runtime error') (2)
(c) Logika-fout (2)
5.3.2 Gee EEN voorbeeld hoe elk van die foute in VRAAG 5.3.1 geidentifiseer
kan word. (3)
5.4 Bestudeer die gegewe kode en beantwoord die vrae.
begin
1 sCardHolder := cmbCardNumbers.items[cmbCardNumbers.ItemIndex];
2 sCellNumber := lblCellNumber.Caption;
3 sLoyaltyPoints := lblLoyaltyPoints.Caption;
4 objCardholder := TCardHolder.create(sCardHolder, sCellNumber,
StrToInt(sLoyaltyPoints));
5 sAccess := edtCode.Text;
6 if objCardholder.isCorrect(sAccess) then
begin
7 showMessage('The access code is correct.');
8 rTotalSpent := 0;
9 rTotalHealth := 0;
10 iVisits := 0;
11 assignFile(myFile, 'DataJanuary2017.txt');
12 reset(myFile);
13 while not eof(myFile) do
begin
14 readln(myFile, sLineOne);
15 readln(myFile, sLineTwo);
16 readln(myFile, sLineThree);
17 if sLineOne = sCardHolder then
begin
18 rTotalSpent := rTotalSpent + StrToFloat(sLineTwo);
19 rTotalHealth := rTotalHealth + StrToFloat(sLineThree);
20 inc(iVisits);
end; // end if
end; // end while
21 closeFile(myFile);
22 objCardholder.increaseLoyaltyPoints(rTotalSpent);
23 objCardholder.setNumVisits(iVisits);
24 objCardholder.updateHealthLevel(rTotalHealth, rTotalSpent);
25 btnQuest222.Enabled := true;
end // end isCorrect
26 else
begin
27 showMessage('Incorrect access code.');
28 edtCode.Clear;
end;
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 13
5.4.1 Wat noem ons die metode wat in reël 4 gebruik word? (1)
5.4.2 Verduidelik reël 4. (1)
5.4.3 Is die metode in reël 6 ʼn prosedure of ʼn funksie? (1)
5.4.4 Wat doen reël 12? (1)
5.4.5 Herskryf reël 20 op ʼn ander manier. (1)
5.4.6 Hoekom is dit belangrik om veranderlikes te inisialiseer (byvoorbeeld
reëls 8, 9 en 10)? (1)
TOTAAL AFDELING E: 33
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2018)
AFDELING F: GEÏNTEGREERDE SCENARIO
VRAAG 6
Onderhoud van die databasis, beskerming van hardeware en sagteware van
bedreigings en om ʼn positiewe Internet en sosiale media teenwoordigheid te hê,
word vereis.
6.1 Parallelle-datalêer (‘parallel data set’) is ʼn term wat met databasisse geassosieer
word.
6.1.1 Verduidelik wat ʼn parallelle-datalêer is en waarvoor dit gebruik word. (2)
6.1.2 Gee die hoofnadeel met die implementering van parallelle-datalêers. (2)
6.1.3 Waarom moet parallelle-datalêers in aparte plekke gestoor word? (1)
6.2 Die bestuur het besluit om die huidige statiese webwerf oor te doen en dit na ʼn
dinamiese webwerf te verander.
6.2.1 Gee TWEE maniere waarop jy kan weet of ʼn webblad staties of
dinamies is, deur eenvoudig die URL te ondersoek. (2)
6.2.2 Gee DRIE voordele van dinamiese webwerwe. (3)
6.3 Die bestuurder is gesê om ʼn daaglikse rugsteun op die eksterne hardeskyf te
maak van haar werk en dit dan na haar huis te neem.
6.3.1 Waarom is dit raadsaam om die eksterne hardeskyf elke aand huis toe
te neem? (1)
6.3.2 Gee DRIE redes waarom dit baie belangrik is om gereelde
rugsteunlêers of kopieë van die lêers te maak. (3)
6.3.3 Die bestuurder bevind dat die eksterne hardeskyf net groot genoeg is
om die inhoud van haar rekenaar se hardeskyf te stoor. Gee DRIE
maniere hoe sy die aantal lêers wat gestoor moet word, kan verminder. (3)
6.4 Kliënte kan goedere en dienste van die bakkery op die webwerf koop. Die
webwerf maak gebruik van enkripsie om die kliënt se inligting te bewaar.
6.4.1 Hoe kan kliënte seker maak dat die bakkery se webwerf veilig is deur
die inligting op die webblaaier te bestudeer? (1)
6.4.2 Beskryf kortliks wat enkripsie is. (2)
6.4.3 Kliënte word aangeraai om ‘sterk’ wagwoorde te gebruik. Gee DRIE
riglyne om sterk wagwoorde te skep. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 15
6.5 Die meeste gebruikers by die werk het ʼn sosiale media-rekening. Die gebruik
van sosiale media gedurende werksure word nie aangeraai nie.
6.5.1 Beskryf TWEE maniere hoe sosiale netwerkhulpmiddels (‘social
networking tools’) konsentrasie kan beïnvloed en mens minder produktief
maak. (2)
6.5.2 Die meeste van die sosiale netwerkhulpmiddels, webwerwe en toeps
(‘apps’) moedig jou aan om inligting te deel. Gee ʼn voordeel en ʼn nadeel
om inligting, in hierdie konteks, te deel. (2)
TOTAAL AFDELING F: 27
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Information Technology Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2018 QP

Question paper
Information Technology Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2022 QP

Question paper
Information Technology Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2020 QP

Memorandum
Information Technology Grade 12 P1 2018 Memo (Afr)

Memorandum
Information Technology Grade 12 P2 2023 Memo (Afr)

Memorandum
Information Technology Grade 12 P2 2017 Memo (Afr)
More from Grade 12 Information Technology

Memorandum
Information Technology Grade 12 P1 2023 Memo (Afr)

Memorandum
Information Technology Grade 12 P1 NSC June 2023 Memo (Eng)

Memorandum
Information Technology Grade 12 P1 2022 Memo (Afr)

Question paper
Information Technology Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2022 QP
_hlayiso.com_--7454979b-cba2-4b39-a884-69e6b1c0f5c6/v1-3f9dc1675d92ae7768e5/card.webp)
Question paper
Information Technology Grade 12 P2 NSC June 2022 QP (Eng)
_hlayiso.com_--500d3219-d02f-4c1c-af0e-452a5fe87f3b/v1-bfe5f3f664d3f236ff89/card.webp)
Question paper