Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2022
INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 18 bladsye.
Skip to contentAll 2022 papers 





View all

_hlayiso.com_--7454979b-cba2-4b39-a884-69e6b1c0f5c6/v1-3f9dc1675d92ae7768e5/card.webp)
_hlayiso.com_--500d3219-d02f-4c1c-af0e-452a5fe87f3b/v1-bfe5f3f664d3f236ff89/card.webp)


Information Technology Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2022 QP
Grade 12 Information Technology Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2022 (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.
Information Technology · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2022 · Afrikaans. Question paper, 18 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Information Technology
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2022
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 18
- File size
- 798.7 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 18
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2022
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/SEPTEMBER 2022)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel is in VIER afdelings ingedeel. Kandidate moet AL die vrae in
elk van die VIER afdelings beantwoord.
2. Die duur van hierdie eksamen is drie uur. As gevolg van die aard van hierdie
eksamen, is dit belangrik om daarop te let dat jy nie toegelaat sal word om
die eksamenlokaal voor die einde van die eksamensessie te verlaat nie.
3. Hierdie vraestel is opgestel met programmeringsterme wat spesifiek tot die
Delphi-programmeringstaal is.
4. Maak seker dat jy die vrae beantwoord volgens die spesifikasies wat in elke
vraag gegee word. Punte sal volgens die voorgeskrewe vereistes toegeken
word.
5. Beantwoord slegs wat in elke vraag gevra word. Byvoorbeeld, indien die
vraag nie datavalidering vra nie, sal geen punte vir datavalidering toegeken
word nie.
6. Jou programme moet op só ʼn manier gekodeer word dat dit met enige data
sal werk en nie net met die voorbeelddata wat verskaf is of enige data-
uittreksels wat in die vraestel verskyn nie.
7. Roetines, soos vind, soek, sorteer en seleksie, moet vanuit eerste beginsels
ontwikkel word. Jy mag NIE die ingeboude funksies van Delphi vir enige van
hierdie roetines gebruik NIE.
8. Alle datastrukture moet deur jou, die programmeerder, verklaar word, tensy
die datastruksture verskaf word.
9. Jy moet jou werk gereeld stoor op die disket/CD/DVD/geheuestokkie wat aan
jou gegee is, of op die skyfspasie wat vir hierdie eksamensessie aan jou
toegeken is.
10. Maak seker dat jou naam as kommentaar verskyn in elke program wat jy
kodeer, asook op elke gebeurtenis wat aangedui word.
11. Indien dit vereis word, druk die programmeringskode van al die
programme/klasse wat jy voltooi het. Jy sal ná die eksamensessie ʼn halfuur
tyd vir drukwerk gegee word.
12. Aan die einde van hierdie eksamensessie moet jy ʼn disket/CD/
DVD/geheuestokkie inlewer met al jou werk daarop gestoor OF jy moet seker
maak dat al jou werk op die skyfspasie gestoor is wat vir hierdie
eksamensessie aan jou toegeken is. Maak seker dat al die lêers gelees kan
word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 3
13. Die lêers wat jy benodig om hierdie vraestel te voltooi, is aan jou gegee op ʼn
disket/CD/DVD/geheuestokkie of op die skyfspasie wat aan jou toegeken is.
Die lêers word in die vorm van wagwoordbeskermde uitvoerbare lêers verskaf.
Doen die volgende:
• Dubbelklik op die wagwoordbeskermde uitvoerbare lêer.
• Klik op die ‘Extract’-knoppie.
• Sleutel die volgende wagwoord in: Oh%t22
Nadat dit onttrek (‘extracted’) is, sal die volgende lys lêers in die lêergids
(‘folder’) DataSept2022 beskikbaar wees:
Vraag 1:
Vraag1_u.pas
Vraag1_u.dfm
Vraag1_p.dpr
Vraag1_p.res
Vraag 2:
dbConnection_u.pas
Aflewering.mdb
AfleweringRugsteun.mdb
Vraag2_u.pas
Vraag2_u.dfm
Vraag2_p.dpr
Vraag2_p.res
Vraag 3:
Vraag3KlasDefinisie.pas
Vraag3_u.pas
Vraag3_u.dfm
Vraag3_p.dpr
Vraag3_p.res
Vraag 4:
stemme.txt
Vraag4_u.pas
Vraag4_u.dfm
Vraag4_p.dpr
Vraag4_p.res
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/SEPTEMBER 2022)
VRAAG 1: ALGEMENE PROGRAMMERINGSVAARDIGHEDE
Doen die volgende:
• Maak die onvoltooide program in die Vraag 1-lêergids oop.
• Sleutel jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van die
Vraag1_u.pas-lêer in.
• Kompileer en voer die program uit. Die program het tans geen funksionaliteit
nie.
• Volg die instruksies hieronder om die kode vir elke afdeling van VRAAG 1, soos
beskryf in VRAAG 1.1, VRAAG 1.2, VRAAG 1.3 en VRAAG 1.4, te voltooi.
1.1 Knoppie [1.1 Vorm]
Skryf kode om die volgende te doen:
• Verander die vorm van die vorm-komponent, shpToets na ʼn sirkel.
• Verander die kleur van die vorm, shpToets na groen.
• Verander die ‘group box’ gbxVraag12 sodat dit sigbaar is.
• Maak die ‘group box’ gbxVraag13 aktief.
LET WEL: Veranderinge wat in die ‘Object Inspector’ gemaak word, sal nie
gemerk word nie. (4)
1.2 Knoppie [1.2 Ontsyfer]
Die volgende kode is in die redigeerblokkie, edtToevoer, ingetik:
73 84 32 105 115 32 101 97 115 121 33
Elke getal in die string is die ordinale getal van die karakter of simbool en
elke ordinale getal is deur ʼn spasie geskei.
Skryf kode om die sin, nadat die ordinale getalle na die ooreenstemmende
karakters en simbole verwerk is, te vertoon. Maak gebruik van die CHR-
funksie.
LET WEL: ʼn Spasie het ʼn ordinale waarde van 32.
Voorbeeld van afvoer:
(8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 5
1.3 Knoppie [1.3 Toets]
ʼn Priemgetal is ʼn positiewe heelgetal wat presies twee positiewe faktore het.
Die syfer 1 is nie ʼn priemgetal nie.
Die getal 16 kan as die som van twee priemgetalle voorgestel word,
byvoorbeeld 3 + 13 en 5 + 11. Geen ander priemgetalle wat bymekaar getel
word, sal gelyk wees aan 16 nie.
Gebruik die gegewe heelgetal en bepaal die maniere waarop die syfer
voorgestel kan word, deur twee priemgetalle bymekaar te tel. Die som, x + y
en y + x, kan as dieselfde berekening aanvaar word.
Doen die volgende:
• Maak die ‘listbox’, lstAfvoer, skoon.
• Kry die toevoer van die spinredigeerblokkie, sedGetal.
• Vind al die priemfaktore van die toevoer en stoor die faktore in ʼn skikking.
• Bereken en vertoon, in die ‘listbox’ lstAfvoer, al die kombinasies van twee
priemgetalle wat bymekaar getel kan word, wat aan die toevoer gelyk is.
• Vertoon ʼn geskikte boodskap as die toevoer nie bereken kan word deur
twee priemgetalle bymekaar te voeg nie.
Voorbeeld van afvoer:
(21)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/SEPTEMBER 2022)
1.4 Knoppie [1.4 Area]
ʼn Sirkel het ʼn omtrek van 0.9 m en ʼn vierkant met ʼn sy lengte van 0.2 m word
uit ʼn sirkel gesny.
Area van ʼn sirkel = Pi x radius x radius.
Omtrek van ʼn sirkel = 2 x Pi x radius
Radius van ʼn sirkel = omtrek / (2 x Pi)
Gebruik die volgende formules:
Area van ʼn sirkel = Pi x (0.9 / (2 x Pi)) x (0.9 / (2 x Pi)) m2
Area van ʼn vierkant = 0.2 x 0.2 m2
Oorblywende area van die sirkel = area van sirkel – area van vierkant
Skryf kode om die oorblywende area van die sirkel te bereken. Dit moet na
cm2 verwerk word. (1 m2 = 100 cm2)
Vertoon die antwoord afgerond na drie desimale plekke in die lblAfvoer-
komponent.
LET WEL: Voeg die antwoord by die huidige teks wat in die byskrif (‘label’)
vertoon word.
Voorbeeld van afvoer:
(7)
• Sleutel jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van die
programlêer.
• Stoor jou program.
• ʼn Drukstuk van jou kode mag vereis word. [40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 7
VRAAG 2: SQL EN DATABASISPROGRAMMERING
Die databasis Aflwering.mdb bevat inligting van winkels en bestellings wat deur die
kliënte geplaas is en deur ʼn aflweringsbesigheid afgelewer word. Die databasis
bestaan uit twee tabelle, naamlik tblWinkels en tblBestellings.
Tabel: tblWinkels
Hierdie tabel bevat die beskrywings van winkels wat die afleweringsbesigheid gebruik.
Veldnaam Datatipe Beskrywing
WinkelID AutoNumber ʼn Unieke getal wat aan elke winkel toegeken is
WinkelNaam Text (50) Die naam van die winkel
Aanlyn Yes/No Dui aan of die winkel goedere aanlyn verkoop of nie
Voorbeeld van data in die tblWinkels-tabel:
Tabel: tblBestellings
Hierdie tabel bevat inligting van bestellings en afleweringsadresse.
Veldnaam Datatipe Beskrywing
BestellingID Autonumber ʼn Unieke getal wat aan bestelling toegeken is
Afleweringsadres Text (50) Die adres van koper waar die bestelling
afgelewer moet word.
BestellingBedrag Currency Geldwaarde van bestelling
Items Number Aantal items wat bestel is
BestellingDatum Date (short date) Datum wanneer bestelling geplaas is
AfleweringDatum Date (short date) Datum wanneer bestelling afgelewer word
Kollekteer Yes/No Dui aan of die kliënt die bestelling wil afhaal
in plaas van gebruik maak van aflewering
WinkelID Number Vreemde sleutel wat die tblWinkel verbind
Voorbeeld van data van die eerste sewe rekords van die tblBestellings-tabel:
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/SEPTEMBER 2022)
Die verwantskap tussen die twee tabelle word hieronder gewys:
Doen die volgende:
• Maak die onvoltooide projeklêer, Vraag2_p.dpr in die Vraag 2-gidslêer oop.
• Tik jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van die Vraag2_u.pas
lêer in.
• Kompileer en voer die program uit. Die program het tans geen funksionaliteit
nie.
• Volg die instruksies om die kode vir elke vraag te voltooi, soos in VRAAG 2.1 en
VRAAG 2.2 beskryf is.
• Gebruik SQL-kode om VRAAG 2.1 te beantwoord en Delphi-kode om
VRAAG 2.2 te beantwoord.
LET WEL:
• Die [Herstel Databasis]-knoppie word verskaf om die data wat in die databasis
voorkom, na die oorspronklike inhoud te herstel. As jy jou kode op die
oorspronklike data moet toets, mag jy die knoppie klik om die data te herstel.
• MOENIE gegewe kode verander NIE.
• Kode word gegee om die GGK-komponente met die databasis te verbind.
• TWEE veranderlikes is as globale veranderlikes verklaar, soos in die
onderstaande tabel beskryf word.
• Gebruik tblWinkels en tblBestellings komponente net in VRAAG 2.2.
Veranderlike Datatipe Beskrywing
tblWinkels TADOTable Verwys na die tabel met die naam tblWinkels
tblBestellings TADOTable Verwys na die tabel met die naam tblBestellings
2.1 In hierdie afdeling mag jy SLEGS SQL-stellings gebruik om VRAAG 2.1.1 tot
VRAAG 2.1.6 te beantwoord.
Kode word voorsien om die SQL-stellings uit te voer en die resultate van die
navrae te vertoon. Die SQL-stellings is onvolledig.
Doen die volgende om die onvoltooide SQL-stellings wat respektiewelik per vraag
aan die veranderlikes sSQL1, sSQL2, sSQL3, sSQL4, sSQL5 en sSQL6 toegeken
is, te voltooi.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 9
2.1.1 Knoppie [V 2.1.1]
Skryf SQL-kode wat die Afleweringsadres en AfleweringDatum van
al die bestellings vertoon, gesorteer met die mees onlangse
AfleweringDatum eerste.
Voorbeeld van afvoer:
(3)
2.1.2 Knoppie [V 2.1.2]
Skryf SQL-kode om die aantal bestellings waar die aantal Items 20 of
meer is, te vertoon. Vertoon die antwoord as Items20ofMeer.
Voorbeeld van afvoer:
(4)
2.1.3 Knoppie [V 2.1.3]
Die gebruiker moet ʼn straatnaam intik. Kode word verskaf vir
straatnaam “Nxolo Street” om in die toevoerkomponent ingelees te
word en in die veranderlike met die naam sStraat te stoor.
Skryf SQL-kode om al die velde van die bestellings waar die
straatnaam, wat in sStraat gestoor is, in die Afleweringsadres
voorkom, te vertoon.
Voorbeeld van afvoer:
(4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/SEPTEMBER 2022)
2.1.4 Knoppie [V 2.1.4]
Skryf ʼn SQL-stelling om die Kollekteer-veld te verander na ‘True’ vir
al die bestellings waar die AfleweringDatum-veld leeg is.
(Kode is geskryf om die tabel te vertoon nadat die veranderinge
gemaak is.)
Voorbeeld van afvoer van die eerste 7 rekords:
(3)
2.1.5 Knoppie [V 2.1.5]
Skryf SQL-kode om die Afleweringsadres te vertoon asook die
aantal dae wat dit geneem het om die bestelling af te lewer in ʼn
berekende veld met die naam AflewerDae.
LET WEL: Alle bestellings is in 2022 geplaas en die
BestellingDatum en AfleweringDatum vir alle
bestellings vind in dieselfde maand plaas.
Voorbeeld van afvoer van die eerste 10 rekords:
(4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 11
2.1.6 Knoppie [V 2.1.6]
Skryf SQL-kode om die WinkelNaam en die totale verkope, in
geldeenheid, vir elke winkel te vertoon met die opskrif
‘TOTALEVerkope’.
Voorbeeld van afvoer:
(7)
TOTAAL VRAAG 2.1: (25)
2.2 In hierdie afdeling mag slegs Delphi-programmeringskode gebruik word om
VRAAG 2.2.1 en VRAAG 2.2.2 te beantwoord.
Gebruik die globale veranderlikes, tblWinkels en tblBestellings, wat verskaf
is.
GEEN punte sal vir SQL-stellings in VRAAG 2.2 toegeken word NIE.
2.2.1 Knoppie [V2.2.1]
Skryf kode om al die winkelname te vertoon van die winkels wat
aanlynwebwerwe het. Kode word vir die opskrif verskaf.
Voorbeeld van afvoer:
(5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/SEPTEMBER 2022)
2.2.2 Knoppie [V 2.2.2]
• Kode is geskryf om die WinkelNaam van die kombinasieblok,
cmbWinkel, te kry en dit in die veranderlike sWinkel te stoor.
• Kode is geskryf om al die opskrifte in die ‘richedit’, redAfvoer te
vertoon.
• Skryf kode om al die bestellings vir die winkelnaam, wat in die
kombinasieblok gekies is, in die redAfvoer te vertoon, asook die
BestellingDatum en BestellingBedrag van elke bestelling van
die gekose winkel.
• Jy moet die totale bedrag van al die bestellings aan die einde van
die lys vertoon.
Voorbeeld van afvoer:
(10)
TOTAAL VRAAG 2.2: (15)
• Sleutel jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van die
programlêer.
• Stoor jou program.
• ʼn Drukstuk van jou kode mag vereis word. [40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 13
VRAAG 3: OBJEK-GEÖRIENTEERDE PROGRAMMERING
Die besigheid, TLC Car Repair, het ʼn program nodig om rekord te hou van hul
kwotasies om motors te herstel. Die koste van arbeid vir herstelwerk is R70 per uur.
Doen die volgende:
• Maak die onvoltooide program in die Vraag 3-lêergids oop.
• Maak die onvoltooide objekklas Vraag3KlasDefinisie.pas oop.
• Sleutel jou naam en van as kommentaar in beide die Vraag3KlasDefinisie.pas
en Vraag3_u.pas.
• Kompileer en voer die program uit. Tans het die program geen funksionaliteit nie.
• MOENIE gegewe kode verander of verwyder NIE.
Die volgende gebruikerskoppelvlak word vertoon:
Voltooi die kode vir hierdie program, soos wat dit in VRAAG 3.1 en VRAAG 3.2
gespesifiseer is.
3.1 Die onvolledige klas (THerstel) bevat vyf attribute wat die objHerstel-objek
beskryf. Twee metodes, getUre en getTotaleKoste is vir jou geskryf.
NAME VAN ATTRIBUTE BESKRYWING
fHerstelwerk Die beskrywing van die herstelwerk wat nodig is
fUre Die aantal ure wat nodig is om herstelwerk te voltooi
fKoste Die arbeidskoste vir EEN herstel
fTotaleKoste Die totale koste vir alle herstelwerk
Voltooi die kode in die objekklas, soos dit hieronder in VRAAG 3.1.1 tot
VRAAG 3.1.4 beskryf word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/SEPTEMBER 2022)
3.1.1 Skryf kode vir ʼn konstruktor-metode, Create, wat die naam van die
herstelwerk (beskrywing van wat op die motor herstel moet word) en
die aantal ure wat herstelwerk sal neem as ʼn heelgetal, sal ontvang.
Ken die parameterwaardes aan die korrekte attribute toe en stoor die
koste van herstelwerk as 70 * ure in die koste-attribuut (R70
arbeidskoste per uur). (4)
3.1.2 Skryf kode vir ʼn metode met die naam setTotaleKoste wat ʼn heelgetal
wat die aantal ure verteenwoordig, moet ontvang en dit toe ken aan die
attribuut, fTotaleKoste, nadat die parameter met 70 vermenigvuldig is. (4)
3.1.3 Skryf kode vir ʼn metode met die naam BerekenDae wat ʼn heelgetal
parameter ontvang en ʼn heelgetal waarde terugstuur gebaseer op die
volgende reëls:
• Deel die parameter deur 8 en as die antwoord ʼn breuk is, dan moet
die getal na die naaste heelgetal opgerond word.
• Enige herstelwerk wat minder as of gelyk aan 8 ure neem, word
beskou as een dag se werk.
Voorbeelde:
URE DAE
10 2
9 2
23 3
2 1
1 1 (6)
3.1.4 Skryf kode vir ʼn metode met die naam toString wat ʼn string moet
terugstuur.
Die string moet die attribute van die klas in die volgende formaat
bymekaar voeg:
<Naam van herstelwerk>
Ure om te voltooi: <ure>
Arbeidskoste: <koste per eenheid in geldeenheid>
Voorbeeld van afvoer:
Air and Cabin Filter Replacement
Ure om te voltooi: 1
Arbeidskoste: R70.00 (4)
TOTAAL VRAAG 3.1: (18)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 15
3.2 ʼn Onvolledige eenheid Vraag3_u.pas word voorsien.
Dit bevat kode vir die objekklas om toeganklik te wees. ʼn Globale
objekveranderlike, objHerstel, is reeds verklaar.
MOENIE gegewe kode verwyder of verander NIE.
Volg die instruksies hieronder om die kode te voltooi:
3.2.1 Knoppie V 3.2.1 Voeg by kwotasie
Die gebruiker moet ʼn herstelwerk en die aantal ure wat benodig word
vir herstel in die gegewe toevoerkomponente, lstHerstelwerk en
sedUre, kies.
Skryf kode om die volgende te doen:
• Instansieer die objek, objHerstel, deur die naam van herstelwerk
en aantal ure vir herstel te gebruik.
• Gebruik ʼn metode van die klas om die naam van herstelwerk,
aantal ure en herstelkoste te vertoon.
• ʼn Globale veranderlike, iTotaleUre, is reeds geskep en jy moet ʼn
metode van die klas gebruik om die ure by die globale veranderlike
te tel.
Voorbeeld van afvoer:
(11)
3.2.2 Knoppie V 3.2.2 Finaliseer Kwotasie
Doen die volgende:
• Gebruik die globale veranderlike, iTotaleUre en metode van die
klas om die totale koste van herstelwerk te bepaal.
• Kry die totale koste van herstelwerk deur die metode van die klas
te gebruik en stoor dit in ʼn veranderlike.
• Gebruik die ‘checkbox’, cbxParte, en voeg R150 vir vervoer/
afleweringskoste by die totale koste wanneer die parte gekoop moet
word.
• Vertoon die aantal dae wat dit sal neem om al die herstelwerk in die
‘richedit’ redAfvoer te voltooi deur ʼn metode van die klas en die
globale veranderlike iTotaleUre te gebruik.
• Vertoon die totale koste vir herstelwerk in die ‘richedit’ met die naam
redAfvoer.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
16 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/SEPTEMBER 2022)
Voorbeeld van afvoer:
As die keuseblokkie gekies is (Koop Parte), dan is die afvoer soos
hieronder:
(11)
TOTAAL VRAAG 3.2: (22)
• Sleutel jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van die
programlêer. (In albei eenhede – klaseenheid en hoofprogram wat
die klas gebruik)
• Stoor jou programme.
• ʼn Drukstuk van jou kode vir albei eenhede mag vereis word. [40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 17
VRAAG 4: PROBLEEMOPLOSSING PROGRAMMERING
ʼn Verkiesing vind plaas in 10 distrikte van ʼn provinsie en daar is net twee partye, A
en B. Jy moet die program voltooi om te bepaal watter party die verkiesing gewen
het.
Doen die volgende:
• Maak die onvoltooide program in die Vraag 4-lêergids oop.
• Sleutel jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van die
Vraag4_u.pas-lêer in.
• Kompileer en voer die program uit. Die program het tans geen funksionaliteit
nie.
Voorbeeld van die tekslêer met die naam stemme.txt
Voltooi die kode vir elke vraag, VRAAG 4.1 en VRAAG 4.2.
LET WEL:
• Goeie programmeringstegnieke moet toegepas word in die ontwerp en
kodering van jou oplossing.
• Jy mag GEEN gegewe kode verander NIE.
Gegee:
ʼn Globale skikking, ar2Stemme, is verklaar.
ʼn Tekslêer, stemme.txt, is in die Vraag 4-gidslêer en bevat 20 reëls van stemme
vir kandidate A en B vir die 10 distrikte.
4.1 Knoppie V 4.1 Kry stemme
• Die twee-dimensionele skikking met die naam ar2Stemme bestaan uit 10
kolomme vir die 10 distrikte en 2 rye vir die twee kandidate, A en B.
• Ry 1 van die skikking is vir kandidaat A se stemme en ry 2 is kandidaat B
se stemme.
• Die eerste reël in die tekslêer is die aantal stemme vir kandidaat A en die
tweede reël is die aantal stemme vir kandidaat B, ens. (Al die ewegetal rye
in die tekslêer is kandidaat B se stemme en al die ongelyke rye is
kandidaat A se stemme.)
Skryf kode om die volgende te doen:
• Lees die reëls van die tekslêer, stemme.txt en stoor dit in die twee-
dimensionele skikking, ar2Stemme.
• Daar is geen afvoer wat vertoon moet word nie. (12)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
18 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/SEPTEMBER 2022)
4.2 Knoppie V 4.2 Bereken wenners
Jy moet die twee-dimensionele skikking, ar2Stemme, gebruik om kode te
skryf om die wenner vir elke distrik te bepaal en vertoon.
• Vertoon elke distriknaam en wenner vir daardie distrik in die ‘richedit’,
redV4 vir die 10 distrikte.
• Skryf kode om te tel watter kandidaat die meeste distrikte gewen en
vertoon die algehele wenner in redV4.
Voorbeeld van afvoer:
(18)
• Sleutel jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van die
programlêer.
• Stoor jou program.
• ʼn Drukstuk van jou kode mag vereis word. [30]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Information Technology Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2022 QP

Question paper
Information Technology Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2020 QP

Question paper
Information Technology Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2020 QP

Question paper
Information Technology Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2018 QP

Memorandum
Information Technology Grade 12 P1 2023 Memo (Afr)

Memorandum
Information Technology Grade 12 P1 2018 Memo (Afr)
More from Grade 12 Information Technology

Memorandum
Information Technology Grade 12 P2 2023 Memo (Afr)

Memorandum
Information Technology Grade 12 P1 NSC June 2023 Memo (Eng)
_hlayiso.com_--7454979b-cba2-4b39-a884-69e6b1c0f5c6/v1-3f9dc1675d92ae7768e5/card.webp)
Question paper
Information Technology Grade 12 P2 NSC June 2022 QP (Eng)
_hlayiso.com_--500d3219-d02f-4c1c-af0e-452a5fe87f3b/v1-bfe5f3f664d3f236ff89/card.webp)
Question paper
Information Technology Grade 12 P2 NSC June 2022 QP (Afr)

Question paper
Information Technology Grade 12 P1 NSC November 2022 QP

Question paper