Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2022
INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.
Skip to contentAll 2022 papers 





View all

_hlayiso.com_--7454979b-cba2-4b39-a884-69e6b1c0f5c6/v1-3f9dc1675d92ae7768e5/card.webp)
_hlayiso.com_--500d3219-d02f-4c1c-af0e-452a5fe87f3b/v1-bfe5f3f664d3f236ff89/card.webp)


Information Technology Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2022 QP
Grade 12 Information Technology Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2022 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.
Information Technology · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2022 · Afrikaans. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Information Technology
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2022
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 14
- File size
- 293.7 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 14
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2022
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2022)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit SES afdelings:
AFDELING A: Kortvrae (15)
AFDELING B: Stelseltegnologieë (24)
AFDELING C: Kommunikasie- en Netwerktegnologieë (29)
AFDELING D: Data- en Inligtingsbestuur (23)
AFDELING E: Oplossingsontwikkeling (24)
AFDELING F: Geïntegreerde Scenario (35)
2. Lees AL die vrae noukeurig deur.
3. Beantwoord AL die vrae.
4. Die puntetoekenning gee oor die algemeen ʼn aanduiding van die getal
feite/redes wat vereis word.
5. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
6. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 3
AFDELING A: KORTVRAE
VRAAG 1
1.1 Gee die korrekte rekenaarterm vir elk van die volgende beskrywings. Skryf
slegs die term langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.10) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
1.1.1 Die kombinasie van verwante velde in ʼn tabel (1)
1.1.2 Die proses om tabelle, sleutels, velde en verwantskappe te
spesifiseer en te definieer om ʼn effektiewe databasis te skep (1)
1.1.3 Die gleuf wat gebruik word om die SVE te koppel (1)
1.1.4 ʼn Persoon wat rekenaars gebruik om ongemagtigde toegang tot data
te verkry (1)
1.1.5 Stelselsagteware wat gebruikers help om hul rekenaars te ontleed, op
te stel, monitor of te help onderhou (1)
1.1.6 ʼn Rekenaartoestel wat aan ʼn netwerk verbind is, word gewoonlik na,
as ʼn … verwys (1)
1.1.7 Die konsep dat meer en meer toestelle en voorwerpe aan die internet
gekoppel is met die vermoë om te kommunikeer en intelligente
besluite te neem (1)
1.1.8 Bergingsarea vir alle lopende programme en data wat deur die
rekenaartoestel verwerk word (1)
1.1.9 ʼn Beeld, videostuk/-greep of teks wat tipies/gewoonlik humoristies/
snaaks van aard is en wat vinnig deur die internetgebruikers
gekopieer en versprei word (1)
1.1.10 … is ʼn geslote private netwerk wat gebruik word om inligting op ʼn
private netwerk te deel (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2022)
1.2 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
(1.2.1 tot 1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.6 D.
1.2.1 ʼn Instansie van ʼn klas word … genoem.
A objek-georiënteerde programmering
B ʼn objek
C ʼn veranderlike
D reikwydte (1)
1.2.2 ʼn Metodenaam gevolg deur parameters:
A Metode-oorlading (‘Method overloading’)
B Gedrag (‘Behaviour’)
C ‘Method signature’
D Argumente (1)
1.2.3 Die tyd wat ʼn skyfstasie neem om die area op die skyf op te spoor
waar die data wat gelees moet word gestoor word, word … genoem.
A opvangtyd
B soektyd
C verwerktyd
D reaksietyd (1)
1.2.4 Die algemene term wat na mense verwys wat hul rekenaars gebruik
om gevorderde take te doen:
A Tuisgebruikers
B ‘Small office’ gebruikers
C Spelers (‘Gamers’)
D Kraggebruikers (1)
1.2.5 Die verlies van seinsterkte oor ʼn afstand word … genoem.
A ‘crosstalk’
B ‘electromagnetic interference (EMI)’
C verswakking (‘attenuation’)
D netwerkonderbreking (1)
TOTAAL AFDELING A: 15
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 5
AFDELING B: STELSELTEGNOLOGIEË
VRAAG 2
2.1 Die bogenoemde prent toon ʼn hardeware-komponent wat in ʼn rekenaarboks
gevind word.
2.1.1 Noem die bogenoemde hardeware-komponent. (1)
2.1.2 Noem TWEE funksies wat deur die bogenoemde hardeware-
komponent uitgevoer word. (2)
2.1.3 Daar is lyne wat op die bogenoemde hardeware-komponent gevind
word, wat busse genoem word.
Wat is die doel van ʼn bus? (1)
2.1.4 Jou vriend stel voor dat jy die BTAS (‘BIOS’) van die komponent in
die bostaande prent opgradeer sodat dit vinniger en kragtiger kan
wees.
Noem die VIER hooftake van die BTAS (‘BIOS’). (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2022)
2.1.5 Noem die gleuwe wat op die bogenoemde hardeware-komponent
gevind word, wat gebruik word om die volgende hardeware
komponente te verbind:
(a) Stoor (1)
(b) ETG (‘RAM’) (1)
2.1.6 Verduidelik kortliks die term KMOH (‘CMOS’) (akroniem is nie nodig
nie). (1)
2.2 ETG (‘RAM’) is noodsaaklik vir die werking van ʼn rekenaar. Noem TWEE
kenmerke van ETG (‘RAM’). (2)
2.3 Verduidelik kortliks die konsep ‘POST’ (akroniem is nie nodig nie). (1)
2.4 Skryf die akroniem ‘PnP’ voluit. (1)
2.5 Gee die funksie van ʼn stelselklok. (1)
2.6 Noem TWEE tipes/kategorieë van geheue en gee EEN voorbeeld van elk. (4)
2.7 Noem TWEE komponente wat data oordra deur ʼn punt-tot-punt-konneksie te
gebruik. (2)
2.8 Onderskei tussen die konsepte kompileerders en interpreteerders. (2)
TOTAAL AFDELING B: 24
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 7
AFDELING C: KOMMUNIKASIE- EN NETWERKTEGNOLOGIEË
VRAAG 3
3.1 Om oorlading van inligting te vermy is moeilik in vandag se wêreld met meer as
80 miljoen regstreekse webwerwe wat ten alle tye van die dag beskikbaar is.
3.1.1 Onderskei tussen oorlading van inligting en digitale kloof (‘digital divide’). (2)
3.1.2 Skryf die akroniem ‘SEO’ voluit. (1)
3.1.3 Noem TWEE aanwysers op die blaaier wat vir jou sê dat jy op ʼn
beveiligde webwerf is. (2)
3.2 Daar is kommer oor ʼn gebrek aan sekuriteitsmaatreëls op maatskappye se
webwerwe as gevolg van voortdurende kuberaanvalle deur rekenaar-
misdadigers.
3.2.1 Verduidelik kortliks BSL (akroniem is nie nodig nie). (1)
3.2.2 Noem die doel van BSL. (1)
3.2.3 Noem TWEE items/inligting wat BSL-sertifikate moet bevat. (2)
3.3 Soms hoef jy nie spesifieke sagteware op ʼn spesifieke rekenaar te laat loop nie,
maar jy het toegang tot die lêers of ander hulpbronne op jou huis- of werknetwerk
nodig.
3.3.1 Verduidelik kortliks die term virtuele privaat netwerk. (1)
3.3.2 Noem TWEE voordele vir die gebruik van VPN. (2)
3.4 Die opstel van ʼn netwerk dek ʼn wye reeks konsepte van die keuse van óf die
aankoop van hardeware, beplanning en implementering van gebruikersregte en
toestemming.
3.4.1 Verduidelik kortliks wat ʼn netwerkkommunikasiekanaal is. (1)
3.4.2 Noem TWEE kategorieë van netwerk kommunikasiekanaal/media en
gee EEN voorbeeld van elk. (4)
3.4.3 Noem TWEE funksies van ʼn netwerkkoppelvlakkaart/(‘NIC’). (2)
3.4.4 Verduidelik die verskil tussen ʼn skakeltoestel (‘switch’) en ʼn roeteerder. (2)
3.5 Verduidelik kortliks die konsep bandwydte. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2022)
3.6 Maatskappye besit privaat netwerke wat gebruik word om netwerkhulpbronne
uit te ruil.
3.6.1 Noem TWEE netwerkhulpbronne wat maatskappye in ʼn netwerk deel. (2)
3.6.2 Noem die verskil tussen ekstranet en intranet. (2)
3.7 Outomatiese enkripsie is iets wat gebeur sonder dat jy bewustelik kies om
sagteware te gebruik om data te enkripteer.
Noem DRIE plekke waar outomatiese enkripsie gebruik word. (3)
TOTAAL AFDELING C: 29
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 9
AFDELING D: DATA- EN INLIGTINGSBESTUUR
VRAAG 4
4.1 Die inligting wat data genereer is ʼn belangrike bate. Mense neem daagliks
besluite deur alle soorte inligting te gebruik wat digitaal gestoor word.
4.1.1 Onderskei tussen data en inligting. (2)
4.1.2 Verduidelik wat ʼn databasis is. (1)
4.2 Datavalidering word deur ʼn programmeerder geskep.
4.2.1 Verduidelik kortliks wat datavalidering is. (1)
4.2.2 Noem TWEE geldigheidskontroles/tegnieke wat gebruik word om
datavalidering uit te voer. (2)
4.3 Databasisontwikkelaars moet by databasisontwerpreëls hou om foute in
databasisse uit te skakel.
4.3.1 ʼn Fout wat in ʼn databasis gevind word, word … genoem. (1)
4.3.2 Onderskei tussen data-oortolligheid en data-integriteit. (2)
4.4 Dit is krities vir groot korporasies om veilige, vinnige en maklike toegang tot
betroubare data te het.
tblEmployees tblHoursLog
EmployeeID LogID
FirstName EmpID
LastName Date
HourlyRate HoursWorked
JobTitle
FirstAidTraining
4.4.1 Identifiseer die primêre sleutel in albei tabelle (tblEmployees en
tblHoursLog). (2)
4.4.2 Noem die tabel wat die vreemde sleutel bevat en noem die vreemde
sleutel-veld. (2)
4.4.3 Noem die datatipe vir die veld FirstAidTraining. (1)
4.4.4 Herteken die tabelle in jou ANTWOORDEBOEK.
Teken ʼn ERD entiteit-verwantskap-diagram (‘ERD’) en maak gebruik
van die gepaste simbole. (4)
4.4.5 Wat is ʼn ander naam van ʼn tabel in ʼn databasis? (1)
4.4.6 ʼn Stel van meer as een primêre sleutel wat elke rekord in ʼn tabel as
uniek identifiseer word, word ʼn … genoem. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2022)
4.5 Noem TWEE rolle/verantwoordelikhede van ʼn databasisanaliseerder. (2)
4.6 Verduidelik kortliks die konsep ‘logging’ in ʼn databasis. (1)
TOTAAL AFDELING D: 23
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 11
AFDELING E: OPLOSSINGSONTWIKKELING
VRAAG 5
5.1 Onderskei tussen fisiese lêernaam en logiese lêernaam. (2)
5.2 Noem die uitbreiding van ʼn tekslêer se lêernaam. (1)
5.3 Verduidelik kortliks die volgende programsegmente:
5.3.1 Append(tPayrollReport); (1)
5.3.2 Writeln(tPayrollReport, ‘Report Date:’+’ ‘+DateToStr(Date()) :15); (1)
5.3.3 Rewrite(tPayrollReport); (1)
5.3.4 Reset(tPayrollReport); (1)
5.4 ʼn Reeks stappe wat die programmeerder volg om ʼn probleem op te los, word …
genoem. (1)
5.5 Bestudeer die volgende klasdiagram en beantwoord die volgende vrae.
TEmployee
− EmpNo
− EmpSurname
− EmpName
− YearsInService
− YearlySalary
+ Constructor Create (sEmpNo, sEmpSurname, sEmpName: String;
iYearsInService: Integer);
+ GiveRaise (rRaisePerc: Real);
+ YearEnd;
+ GetYearly: Real;
+ CalcMonthlySalary: Real;
+ toOutputString: String;
5.5.1 Wat beteken die voorvoegsel T in die klasnaam TEmployee? (1)
5.5.2 Noem die datatipe wat vir die veld, YearlySalary, gebruik kan word. (1)
5.5.3 Die metode wat gebruik word om die objek te skep en die eienskappe van
die objek inisialiseer, word … genoem. (1)
5.5.4 Gee EEN voorbeeld van die volgende metodes wat in die klasdiagram
gevind kan word:
(a) Hulpmetode (1)
(b) Wysigingsmetode (1)
(c) Toegangsmetode (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2022)
5.6 Die groepering van attribute en metodes/gedrag van ʼn klas in een entiteit, word
… genoem. (1)
5.7 Die naam van ʼn fout wat voorkom wanneer die algoritme wat gebruik is om die
probleem op te los, verkeerd is en dus die verkeerde resultate lewer. (1)
5.8 ʼn Datatipe wat slegs twee moontlike waardes kan hê. (1)
5.9 Bestudeer die volgende skikkingsdiagram wat studentepunte voorstel en
beantwoord die vrae wat volg.
60 70 40 80 90 59
5.9.1 Die waardes of items wat in die bogenoemde skikkings gestoor is, word
… genoem. (1)
5.9.2 Skryf kode/pseudokode om die konstante skikking met die naam
arrStudentPunte te verklaar, deur die bogenoemde diagram (VRAAG 5.9)
te gebruik. (3)
5.9.3 Skep ʼn subskrip om die studentepunt 70 te verkry. (1)
5.9.4 Watter tipe datastruktuur is ʼn skikking (Permanent of Tydelik)? (1)
5.9.5 Noem ʼn ander datastruktuur buiten skikkings. (1)
TOTAAL AFDELING D: 24
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 13
AFDELING F: GEÏNTEGREERDE SCENARIO
VRAAG 6
6.1 Dit is van kardinale belang dat gebruikers maatreëls tref om hul rekenaars
en data teen verlies, skade en misbruik te beskerm. Organisasies moet
verseker dat sensitiewe data en inligting soos kredietrekords, werknemer-
en klantdata en aankoopinligting veilig is.
6.1.1 Onderskei tussen ʼn ‘script kiddie’ en ʼn ‘cracker’. (2)
6.1.2 Definieer die term kwaadwillige sagteware (‘malware’). (1)
6.1.3 Noem DRIE maatreëls wat gebruik word om teen rekenaarmisdade,
dreigemente en rekenaarmisdadigers te beskerm. (3)
6.1.4 Gee TWEE goeie wagwoordbeleide wat gevolg moet word wanneer
ʼn wagwoord geskep word. (2)
6.2 Biometriese toestelle bevestig ʼn persoon se identiteit deur persoonlike
eienskappe in digitale kode te vertaal wat in die rekenaar vir verifikasie of
identifikasie gestoor is.
6.2.1 Noem TWEE voorbeelde van biometriese toestelle of stelsels. (2)
6.2.2 Gee TWEE nadele van biometriese stelsels. (2)
6.3 Miljoene mense regoor die wêreld stuur en ontvang verskeie vorme van
boodskappe.
6.3.1 Verduidelik kortliks wat ʼn netwerkprotokol is. (1)
6.3.2 Onderskei tussen EPOP (‘SMTP’) en ‘POP3’ (akronieme is nie nodig
nie). (2)
6.3.3 Noem ʼn netwerkprotokol wat gebruik word om groot lêers oor ʼn
netwerk te stuur. (1)
6.3.4 Wat beteken Bcc wanneer ʼn e-pos geskryf word? (1)
6.4 Inkopies word ʼn virtuele ervaring. Deel van kleinhandel inkopies by ʼn
winkelsentrum of kruidenierswinkel is die vermoë om deur gange te loop,
etikette na te gaan en produkte langs mekaar te vergelyk. Aanlynkopers kan
die inkopie-ervaring in ʼn driedimensionele omgewing ervaar, kompleet met
rakke, tekens, oorhoofse beligting en buite-areas.
6.4.1 Verduidelik kortliks die konsep e-handel. (1)
6.4.2 Gee enige TWEE voordele van e-handel. (2)
6.4.3 ʼn Mandjie word in e-handel gebruik. Wat is die doel van ʼn mandjie? (1)
6.4.4 Noem TWEE betalingsmetodes of opsies wat in e-handel gebruik
kan word om vir dienste te betaal. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2022)
6.5 Die algemene konsensus is dat ʼn persoon ʼn tegnologie-oorladingsprobleem
het wanneer hulle tegnologie negatief gebruik. Dit het ʼn impak op gesondheid,
persoonlike lewe en professionele lewe.
6.5.1 Noem TWEE algemene gesondheidsprobleme wat met gereelde
gebruik van ʼn rekenaar verband hou. (2)
6.5.2 Verduidelik die term digitale kloof. (1)
6.5.3 Noem TWEE goue reëls of aanvaardingskode om te volg wanneer jy
aan aanlynaktiwiteite deelneem. (2)
6.5.4 Verduidelik kortliks die konsep groenrekenarisering. (1)
6.5.5 Die proses om produkte te ontwerp wat gebruikers nie by
werkplekke en by die huis sal benadeel nie, word … genoem. (1)
6.6 Toepassing (‘Appification’) van die web is nou ʼn baie gewilde neiging.
6.6.1 Noem TWEE voordele of redes waarom webwerwe toepassings
ontwikkel het, wat mense gebruik om met inligting op hul webwerwe
te kommunikeer. (2)
6.6.2 Noem TWEE gevolge/nadele van toepassing (‘appification’) op
webwerfblaaiers en soekenjins. (2)
6.7 Verduidelik hoe RIT (‘RIA’) werk. (1)
TOTAAL AFDELING F: 35
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Information Technology Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2022 QP

Question paper
Information Technology Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2020 QP

Memorandum
Information Technology Grade 12 P1 2022 Memo (Afr)

Memorandum
Information Technology Grade 12 P2 2023 Memo (Afr)

Memorandum
Information Technology Grade 12 P2 2017 Memo (Afr)

Question paper
Information Technology Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2020 QP
More from Grade 12 Information Technology

Memorandum
Information Technology Grade 12 P1 2023 Memo (Afr)

Memorandum
Information Technology Grade 12 P1 NSC June 2023 Memo (Eng)
_hlayiso.com_--7454979b-cba2-4b39-a884-69e6b1c0f5c6/v1-3f9dc1675d92ae7768e5/card.webp)
Question paper
Information Technology Grade 12 P2 NSC June 2022 QP (Eng)
_hlayiso.com_--500d3219-d02f-4c1c-af0e-452a5fe87f3b/v1-bfe5f3f664d3f236ff89/card.webp)
Question paper
Information Technology Grade 12 P2 NSC June 2022 QP (Afr)

Question paper
Information Technology Grade 12 P1 NSC November 2022 QP

Question paper