Skip to content

Information Technology Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2020 QP

Question paperInformation TechnologyGrade 12202013 pages

Grade 12 Information Technology Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2020 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2020 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 PUNTE: 150 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2020) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit SES afdelings: AFDELING A: Kortvrae (15) AFDELING B: Stelseltegnologieë (23) AFDELING C: Kommunikasietegnologie en Netwerktegnologie (28) AFDELING D: Data- en Inligtingsbestuur (24) AFDELING E: Oplossingsontwikkeling (24) AFDELING F: Geïntegreerde Scenario (36) 2. Lees AL die vrae noukeurig deur. 3. Beantwoord AL die vrae. 4. Die puntetoekenning gee oor die algemeen ʼn aanduiding van die getal feite/redes wat vereis word. 5. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 6. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2020) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 3 AFDELING A: KORTVRAE VRAAG 1 1.1 Gee die korrekte rekenaarterm vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs die vraagnommer (1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer. 1.1.1 ʼn Metode in objek-oriënteerde programmering wat gebruik word om ʼn objek in geheue te skep (1) 1.1.2 Die kombinasie van meer as een veld om 'n rekord uniek te identifiseer (1) 1.1.3 ʼn Stel elektriese paaie wat op die moederbord geëts is, wat gebruik word om data tussen verskillende dele van die rekenaar oor te dra (1) 1.1.4 Die gaping tussen mense wat toegang het tot rekenaars en tegnologie en mense wat nie toegang het nie (1) 1.1.5 Programme wat deel uitmaak van die stelselsagteware en onderhoud en administratiewe take (1) 1.1.6 Totale hoeveelheid data wat binne ʼn gegewe tydperk van een punt na ʼn ander oorgedra kan word (1) 1.1.7 Die tipe misdaad wanneer iemand jou besonderhede steel om voor te gee dat die persoon jy is (1) 1.1.8 ʼn Enkele werkende SVE-stroombaan (1) 1.1.9 Kontraktering van spesialisondernemings om aspekte van jou eie onderneming, wat noodsaaklik vir behoorlike funksionering is, maar wat nie binne jou kundigheidsgebied val nie, te bestuur (1) 1.1.10 ʼn Webtoepassing wat ontwerp is om die funksies en eienskappe van ʼn tradisionele rekenaartoepassing te lewer (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2020) 1.2 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.6 D. 1.2.1 Die omskakeling van die heksadesimale getal A13 na ʼn desimale getal is … A 2579. B 2560. C 2563. D 2576. (1) 1.2.2 Wat sal die waarde van iNum wees as die volgende stelling uitgevoer word? iNum := 7 + 5 * 9 div 3 – sqrt(49); A -7 B 6 C 15 D 9 (1) 1.2.3 Sagteware wat programmeringsinstruksies na masjienkode een reël op ʼn slag vertaal, word … genoem. A kompileerders B kodering C interpreteerders D vertalers (1) 1.2.4 … verwys na besighede wat groepe lae-inkomste werkers gebruik, wat herhaaldelik op skakels moet klik, om hoë webverkeer te vervals. A ‘Mediated searches’ B Klikplase (‘Clickfarms’) C ‘Context-ware searches’ D ‘Customised searching’ (1) 1.2.5 ʼn Reeks van een of meer karakters wat die grens tussen afsonderlike streke in gewone teks aandui, word … genoem. A ‘separator’ B grenssimbool (‘delimiter’) C ‘limiter’ D groepering (‘grouping’) (1) TOTAAL AFDELING A: 15 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2020) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 5 AFDELING B: STELSELTEGNOLOGIEË VRAAG 2 Die realiteit is dat daar nie ʼn enkele spesifikasie bestaan wat die spoed of werkverrigting van ʼn rekenaartoestel bepaal nie. Inteendeel, dit is ʼn aantal verskillende komponente en spesifikasies wat die algehele werkverrigting van die masjien bepaal. 2.1 In vandag se moderne tyd het mobiliteit en draagbaarheid die norm wat tegnologie betref geword. 2.1.1 Mobiele tegnologie word deur gemaklike toegang, gebruikerservaring, die behoefte, die begeerte om altyd aan en altyd gekoppel te wees, aangedryf. (a) Wat beteken die konsep altyd aan in terme van tegnologie? (1) (b) Gee TWEE toestelle wat die altyd aan tegnologie gebruik. (2) (c) Hoekom is altyd aan ʼn voordeel in mobiele toestelle? (1) 2.1.2 As jy verskeie toestelle moes rond dra, maak nie saak hoe kragtig hulle is nie, sou jy geïrriteerd en gefrustreerd raak omdat jy oorlaai is met toestelle en vergeet om die toestel wat jy benodig, saam te neem. (a) Verduidelik kortliks die konsep drabare (‘wearable’) tegnologie. (1) (b) Gee TWEE voorbeelde van drabare toestelle. (2) 2.2 Dinge is geneig om te verval en oor te gaan in chaos as jy dit net aan hulself oorlaat ‒ dit geld ook vir rekenaartoestelle en data. Die eenvoudige antwoord op hierdie probleem is dat ons ons rekenaartoerusting moet bestuur. 2.2.1 Verduidelik kortliks in eenvoudige terme waarom dit belangrik is om rekenaars te bestuur. (1) 2.2.2 Noem die DRIE belangrike faktore wat rekenaarbestuur aandryf of beïnvloed. (3) 2.2.3 Noem DRIE dinge wat jy vinnig en ekonomies kan doen, om ʼn stelsel te herbou indien die hardeskyf gefaal (‘crash’) het. (3) 2.2.4 Dit is noodsaaklik om ʼn netskans te hê wanneer die Internet gebruik word. Verduidelik wat ʼn netskans is en die funksie wat dit verrig. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2020) 2.3 Bestudeer die volgende boodskap en beantwoord die vrae wat volg. 2.3.1 Wat beteken dit as ons sê ʼn skyf is gefragmenteer? (1) 2.3.2 Waarom beïnvloed ʼn fragmenteerde skyf ʼn rekenaar se spoed? (1) 2.3.3 Verduidelik die konsep skyfdefragmentering. (1) 2.4 Daar is baie veldtogte wat deur banke en die regering gedoen word oor verskillende metodes om bedrogspulle (‘scams’) en kwaadwillige sagteware (‘malware’) te hanteer. 2.4.1 Gee TWEE algemene wenke rakende die gebruik van antivirus- sagteware. (2) 2.4.2 Noem TWEE items of punte wat in ʼn goeie wagwoordbeleid moet ingesluit word, behalwe om gereeld wagwoorde te verander. (2) TOTAAL AFDELING B: 23 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2020) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 7 AFDELING C: KOMMUNIKASIE EN NETWERKTEGNOLOGIE VRAAG 3 Die koppeling van toestelle aan ʼn netwerk het 'n nuwe dimensie in die gebruik van rekenaars en tegnologie gebring. 3.1 Die opstel van ʼn netwerk dek ʼn wye verskeidenheid konsepte ‒ van die besluit van watter hardeware en sagteware om te koop, tot die beplanning en implementering van gebruikersregte en toestemmings. 3.1.1 Noem en verduidelik kortliks DRIE verskillende toestemmings (‘permissions’) wat in ʼn netwerk gegee kan word. (3) 3.1.2 Daar is twee hoofgroepe gebruikers in ʼn netwerk. Noem en verduidelik die TWEE hoofgroepe gebruikers in ʼn netwerk en die rol wat elke groep speel. (4) 3.2 BitTorrent is ʼn eweknie- (‘peer-to-peer’) protokol wat gebruik word om groot lêers oor ʼn netwerk, soos die Internet, oor te dra en te deel. Om ʼn BitTorrent te gebruik, moet kliëntsagteware geïnstalleer word. 3.2.1 Gee TWEE voorbeelde van BitTorrent kliëntsagteware. (2) 3.2.2 Verduidelik kortliks die begrip ‘seeders’ en beskryf die rol wat ‘seeders’ in BitTorrent speel. (2) 3.3 Afstandstoegang-tegnologie word in TWEE groepe verdeel. 3.3.1 Noem en beskryf kortliks TWEE groepe van afstandstoegang- tegnologieë. (4) 3.3.2 Noem TWEE derdeparty-sagteware wat deur EEN van die groepe gebruik word. (2) 3.4 Toe die gebruik van die internet uitgebrei word om e-handel in te sluit, het anonimiteit ʼn groot probleem geword. Daar moes oplossings gevind word wat gebruikers in staat stel om ondernemings, banke, ens. te vertrou. Digitale sertifikate en digitale handtekeninge is die oplossings wat tans gebruik word. 3.4.1 Verduidelik kortliks wat ʼn digitale handtekening is en die funksie wat dit verrig. (2) 3.4.2 Gee TWEE voorbeelde van Sertifikaatowerhede (‘Certificate Authorities’ (CAS)) wat getaak is om digitale sertifikate uit te reik. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2020) 3.5 Die gevolg van appifikasie is dat rondblaai en rondblaaiergebaseerde ontdekking van webwerwe afneem en soekenjins sukkel om geld te verdien. 3.5.1 Verduidelik wat appifikasie is. (1) 3.5.2 Gee DRIE redes waarom die toeps so gewild op mobiele toestelle geword het. (3) 3.6 Wat is die term wat gebruik word om die konsep te beskryf dat al hoe meer toestelle, voorwerpe aan die Internet gekoppel word, met die vermoë om met ander toestelle en voorwerpe te kommunikeer en om intelligente besluite te neem gebaseer op die insette wat ontvang is? (1) 3.7 Noem die TWEE modelle vir die stoor van webdata en beskryf kortliks die belangrikste verskil tussen hierdie twee modelle. (2) TOTAAL AFDELING C: 28 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2020) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 9 AFDELING D: DATA- EN INLIGTINGSBESTUUR VRAAG 4 Tradisioneel is data in lêerformate georganiseer. DBBS (‘DBMS’) was toe ʼn nuwe konsep, en al die navorsing is gedoen om die tekortkominge in die tradisionele styl van databestuur te oorkom. 4.1 Verduidelik kortliks wat ʼn DBBS (‘DBMS’) is (die betekenis van die akroniem is nie nodig nie). (1) 4.2 Verduidelik kortliks die konsep transaksie. (1) 4.3 Onderskei tussen ‘Commit/Post’ en ‘Purge/Consolidate’. (2) 4.4 Data-oortolligheid behels twee konsepte. Verduidelik kortliks die twee konsepte. (2) 4.5 Parallelle-datastel is ʼn nuwe (‘buzzword’) woord wat met databasisse geassosieer word. 4.5.1 Verduidelik wat ʼn parallelle-datastel is en waarvoor dit gebruik word. (2) 4.5.2 Gee die hoof nadeel van die toepassing van parallelle-datastelle. (1) 4.5.3 Waarom moet ʼn parallelle-datastel in ʼn aparte plek gestoor word? (1) 4.6 Onderskei tussen ‘overflow’ en ‘truncation’. (2) 4.7 ʼn Databasis tabel is ontwerp wat die inligting van al die flieks en studio’s bevat. 4.7.1 Die tabel is nie genormaliseer nie. Wat is die algemene doel van normalisering in ʼn databasis? (1) 4.7.2 Normaliseer die bogenoemde tabel (Movies). Dui die primêre sleutels en vreemde sleutels vir elke tabel aan. Skep die verwantskap tussen die tabelle. (7) 4.7.3 Gebruik die tabelle in VRAAG 4.7.2 om ʼn ER-diagram te ontwerp en toon die verwantskap wat tussen die entiteite bestaan. (4) TOTAAL AFDELING D: 24 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2020) AFDELING E: OPLOSSINGSONTWIKKELING VRAAG 5 ʼn Algemene probleemoplossingsmetode onder programmeerders is om ʼn groot probleem in ʼn reeks kleiner probleme op te deel en dan elk van die kleiner probleme op te los. 5.1 Rekenaars kan egter nie foute maak nie. Foute word deur mense gemaak. Die gebruiker van die program voer verkeerde of ongeldige data in, óf die programmeerder het nie programme met ingeboude maatreëls geskryf om ongeldige handelinge te hanteer nie, of die regte logika is nie toegepas tydens die skryf van die programmeringskode nie. 5.1.1 Wat word die programmeringsinstrument waarmee die programmeerder kan kontroleer hoe 'n program reageer op abnormale of foutiewe data en die program toelaat om voort te gaan deur 'n kode in te bou om die fout op te los, genoem? (1) 5.1.2 Wat is ʼn ander naam vir ʼn fout in programmering? (1) 5.1.3 Definieer die konsep ‘step-and-watch’ in programmering. (2) 5.1.4 Wat word ʼn instrument wat gebruik word om logiese foute te identifiseer, deur stap vir stap deur die program te werk en die uitslae van elke stap in ʼn tabel neer te skryf, genoem? (1) 5.2 Alle programmeringstale het strukture beskikbaar om data te stoor. 5.2.1 Verduidelik wat ʼn datastruktuur is en gee TWEE voorbeelde van datastrukture. (3) 5.2.2 Watter voorbeeld van datastrukture in VRAAG 5.2.1 word as ʼn tydelike datastruktuur geklassifiseer? (1) 5.2.3 Skryf die afvoer van die volgende programstellings neer: Var Name, sLine : string; Long, iPos : integer; sLine := ‘I just LOVE Delphi’; (a) Long := Length(sLine); (1) (b) iPos := POS(‘O’, sLine); (1) (c) Name := COPY(sLine, 1, iPos-1); (1) (d) DELETE (sLine, 1, iPos); (1) (e) INSERT(‘XTRA’, sLine, 2); (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2020) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 11 5.3 UML is ontwerp om met die beplanning en ontwerp van klasse en objekte te help. Dit is ʼn kragtige en ingewikkelde instrument. ʼn Klasdiagram is een van die UML-instrumente wat in drie afdelings verdeel word (klasnaamafdeling, attribuutafdeling en metodesafdeling). 5.3.1 Verduidelik die doel van ʼn konstruktor in klasse en objekte. (2) 5.3.2 Om ʼn objek uit die geheue te verwyder, moet die volgende sleutelwoorde gebruik word: ObjectName.___________ OF ObjectName.___________. (2) 5.4 Bestudeer die volgende kode en beantwoord die vrae wat volg. procedure TForm1.btnKryWaardesClick(Sender: TObject); var Waarde1, Waarde2, Waarde3, Waarde4, Waarde5 : integer; begin 1 Waarde1 := 9; 2 redOutput.Lines.Add('Oplossing'); 3 Waarde2 := StrToInt(InputBox('Kry Waarde','Tik ‘n heelgetal in.','')); 4 Waarde3 := StrToInt(InputBox(Kry Waarde’,'Tik ‘n heelgetal in.','')); 5 Waarde5 := Waarde1 - (Waarde2 - Waarde3) DIV 2; 6 Waarde4 := 4 * Waarde2; 7 Waarde2 := Waarde4 + Waarde5; 8 Waarde3 := Waarde2 MOD 3; 9 Waarde1 := (Waarde5 DIV 2) + (Waarde3 * Waarde3); 10 redOutput.Lines.Add(IntToStr(Waarde1)); 11 redOutput.Lines.Add(IntToStr(Waarde2)); end; Kopieer die naspeurtabel hieronder in jou ANTWOORDEBOEK en voltooi dit om die afvoer te bepaal. Aanvaar dat 12 en 6 onderskeidelik as Waarde2 en Waarde3 in die toevoerboks ingesleutel is. Reël Waarde1 Waarde2 Waarde3 Waarde4 Waarde5 Afvoer 1 2 3 (12 ÷ 2) (6) TOTAAL AFDELING E: 24 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 12 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2020) AFDELING F: GEÏNTEGREERDE SCENARIO VRAAG 6 IKT het die manier waarop mense media gebruik om sosiaal te kommunikeer, verander. IKT het die werkplek verander in terme van indiensnemingspraktyke en die fisiese aard van die ruimte. 6.1 Elektroniese toestelle word toenemend slim en veelsydig, sekuriteitskameras wat voorheen rou videodata verskaf het, kan nou ook data ontleed. Dit stel jou in staat om jou produkreeks te verander. 6.1.1 Elke menslike aktiwiteit het ʼn impak, groot of klein, op die omgewing. Redelikerwys beteken dit dat IKT ook ʼn impak op die omgewing het. (a) Verduidelik die term e-rommel. (1) (b) Noem DRIE tipiese voorbeelde van e-rommel. (3) (c) Gee TWEE redes waarom e-rommel gevaarlik vir die omgewing is. (2) (d) Wees verantwoordelik en herwin gebruikte toerusting. Verduidelik kortliks wat in die herwinningsproses gebeur. (1) 6.1.2 Besparing van krag is nog ʼn manier om groenrekenarisering aan te moedig. Verduidelik kortliks die term groenrekenarisering (‘green computing’). (1) 6.2 Rekenaarmisdadigers lyk altyd asof hul in misterie gehul is en met ʼn soort kuber-supermag bedek is. In films en op televisie is hulle in staat om ongelooflike dinge te doen met slegs 'n paar reëls kode of muisklikke en dit lyk asof hulle altyd een tree voor die wet is. 6.2.1 (a) Verduidelik wat ʼn spammer is. (1) (b) Verduidelik kortliks waarom spam eerder irriterend as ʼn probleem beskou word. (1) (c) Noem TWEE wenke wat toegepas kan word om spam te vermy. (2) 6.2.2 Kubermisdaad is enige misdaad wat gepleeg word deur IKT as ʼn instrument te gebruik. Noem DRIE voordele vir die misdadigers om IKT as ʼn instrument om misdaad te pleeg, te gebruik. (3) 6.2.3 Wat gebruik kriminele om rekenaartoestelle te beheer om misdaad te pleeg? (1) 6.2.4 Wat is die naam van die rekenaar wat in ʼn netwerk oorgeneem word en gebruik word om misdaad te pleeg? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2020) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 13 6.3 Rekenaars is noodsaaklike instrumente vir die bestuur van projekte van nasionale en internasionale belang vir die owerheid, akademiese navorsing en sakeondernemings. 6.3.1 Noem TWEE rekenaargebaseerde stelsels wat ons kan help om ingeligte besluite te neem. (2) 6.3.2 Noem DRIE algemene toepassings van verspreide rekenaar- verwerking. (3) 6.3.3 Gee ʼn spesifieke voorbeeld van verspreide rekenaarverwerking in praktyk. (1) 6.4 Konsentrasie is ʼn waardevolle bate. Jy het die vermoë om te fokus nodig as jy effektief wil werk, produktief moet wees en jou doelwitte wil bereik. 6.4.1 Verduidelik TWEE wenke wat jy kan toepas om sosiale netwerkvorming, om jou konsentrasie te verbeter en meer produktief te maak, te bestuur. (2) 6.4.2 Byna al die sosiale netwerkvorming-instrumente, webwerwe en toeps moedig jou aan om inligting te deel. Die probleem is dat jy aangemoedig word om te deel, en jy word vertel van die voordele van deel, maar word nie bewus gemaak van die negatiewe gevolge nie. Noem TWEE dinge waarvan jy bewus moet wees voordat jy inligting op die internet publiseer of deel. (2) 6.5 Mense ontdek steeds nuwe maniere om inligting uit databasisse te onttrek en nuwe maniere om data te stoor en te verwerk. Waarvoor staan TVS (‘TPS’)? (1) 6.6 Beskryf die konsep Sagteware as ʼn Diens. (1) 6.7 Outomatiese enkripsie is iets wat gebeur sonder dat jy bewustelik kies om die sagteware te gebruik om data te enkripteer. Noem TWEE plekke waar outomatiese enkripsie gebruik word. (2) 6.8 Kuberkrakers kan data steel omdat hulle dit wil verkoop, óf self wil gebruik of iemand wil afpers. Verduidelik die konsep agterdeur (‘backdoor’) in terme van diefstal van data. (1) 6.9 Misdadigers plaas ʼn ‘skimmer’ en ʼn videokamera op ʼn OTM-masjien. Verduidelik die doel van die ‘skimmer’ en ʼn video-kamera in hierdie konteks. (2) 6.10 Die manier waarop ons optree en die dinge wat ons doen, verander die manier waarop die samelewing funksioneer. Wanneer misdaad ons gedrag en gewoontes verander, het dit ʼn stel gevolge vir die werking van ons samelewing. Noem TWEE gevolge of sosiale gevolge van kubermisdaad. (2) TOTAAL AFDELING F: 36 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 12 Information Technology

View all