Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2020
INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 21 bladsye.
Skip to contentAll 2020 papers 





View all


_hlayiso.com_--7454979b-cba2-4b39-a884-69e6b1c0f5c6/v1-3f9dc1675d92ae7768e5/card.webp)
_hlayiso.com_--500d3219-d02f-4c1c-af0e-452a5fe87f3b/v1-bfe5f3f664d3f236ff89/card.webp)

Information Technology Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2020 QP
Grade 12 Information Technology Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2020 (Afrikaans), 21 pages. Read online or download the free PDF.
Information Technology · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2020 · Afrikaans. Question paper, 21 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Information Technology
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2020
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 21
- File size
- 767.6 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 21
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2020
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/SEPTEMBER 2020)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel is in VIER afdelings ingedeel. Kandidate moet AL die vrae in AL
VIER afdelings beantwoord.
2. Die duur van hierdie eksamen is drie uur. As gevolg van die aard van hierdie
eksamen is dit belangrik om daarop te let dat jy nie toegelaat sal word om die
eksamenlokaal voor die einde van die eksamensessie te verlaat nie.
3. Hierdie vraestel is opgestel met programmeringsterme wat kenmerkend van die
Delphi-programmeringstaal is.
4. Maak seker dat jy die vrae beantwoord volgens die spesifikasies wat in elke vraag
gegee word. Punte sal volgens die vasgestelde vereistes toegeken word.
5. Beantwoord slegs wat in elke vraag gevra word. Byvoorbeeld, indien die vraag nie
vir datavalidering vra nie, sal geen punte vir datavalidering toegeken word nie.
6. Jou programme moet op só ʼn manier gekodeer word dat dit met enige data sal werk
en nie net met die voorbeelddata wat verskaf is of enige data-uittreksels wat in die
vraestel verskyn nie.
7. Roetines, soos vind, soek, sorteer en seleksie, moet vanuit eerste beginsels
ontwikkel word. Jy mag NIE die ingeboude funksies van Delphi vir enige van hierdie
roetines gebruik NIE.
8. Alle datastrukture moet deur jou, die programmeerder, verklaar word, tensy die
datastrukture verskaf word.
9. Jy moet jou werk gereeld stoor op die disket/CD/DVD/geheuestokkie wat aan jou
gegee is, of op die skyfspasie wat vir hierdie eksamensessie aan jou toegeken is.
10. Maak seker dat jou naam en van as kommentaar verskyn in elke program wat jy
kodeer, asook op elke gebeurtenis wat aangedui word.
11. Indien dit vereis word, druk die programmeringskode van al die programme/klasse
wat jy voltooi het. Jy sal ná die eksamensessie ʼn halfuur tyd vir drukwerk gegee
word.
12. Aan die einde van hierdie eksamensessie moet jy ʼn disket/CD/DVD/geheuestokkie
inlewer met al jou werk daarop gestoor OF jy moet seker maak dat al jou werk op
die skyfspasie gestoor is wat vir hierdie eksamensessie aan jou toegeken is. Maak
seker dat al die lêers gelees kan word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 3
13. Die lêers wat jy benodig om hierdie vraestel te voltooi, is aan jou gegee op die
disket/CD/DVD/geheuestokkie of op die skyfspasie wat aan jou toegeken is. Die
lêers word in die vorm van wagwoordbeskermde uitvoerbare lêers verskaf.
Doen die volgende:
Dubbelklik op die wagwoordbeskermde uitvoerbare lêer.
Klik op die 'Extract'-knoppie.
Sleutel die volgende wagwoord in: 20%tRiAL#gR12
Nadat dit onttrek is ('extracted'), sal die volgende lys met lêers in die lêergids ('folder')
DataAFRSept2020 beskikbaar wees:
Vraag 1:
Vraag1_u.pas
Vraag1_u.dfm
Vraag1_p.dpr
Vraag1_p.res
Vraag 2:
Bome.jpg
Vraag2Klas.pas
Vraag2_u.pas
Vraag2_u.dfm
Vraag2_p.dpr
Vraag2_p.res
Vraag 3:
dbConnection_u.pas
RommelVerwerking.mdb
RommelVerwerkingRugsteun.mdb
Vraag3_u.pas
Vraag3_u.dfm
Vraag3_p.dpr
Vraag3_p.res
Vraag 4:
rommel.txt
Vraag4_u.pas
Vraag4_u.dfm
Vraag4_p.dpr
Vraag4_p.res
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/SEPTEMBER 2020)
VRAAG 1: ALGEMENE PROGRAMMERINGSVAARDIGHEDE
Doen die volgende:
Maak die onvolledige program in die Vraag 1-lêergids oop.
Sleutel jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van die Vraag1_U.pas-
lêer in.
Kompileer en voer die program uit. Die program het tans geen funksionaliteit nie.
Volg die instruksies hieronder om die kode vir elke afdeling van VRAAG 1 te
beantwoord, soos wat dit in VRAAG 1.1 tot VRAAG 1.4 beskryf word.
Jou skool het ʼn klub gestig wat inligting verskaf asook navorsing oor verskeie
omgewingskwessies doen. Voltooi die program vir die klub deur die instruksies hieronder
te volg.
1.1 Knoppie [1.1 Vertoon Klubnaam]
Skryf kode vir die V1_1 gebeurtenis ('event handler') om die volgende te doen:
Kry die naam van die klub wat in die redigeerblokkie, edtklub, ingetik is.
Die stelseldatum moet aan die einde van die naam van die klub vertoon word.
Die skrifgrootte van die paneel moet gestel word na 24 en die styl moet
vetgedruk wees.
Die naam van die klub en die stelseldatum moet in die paneel, pnlKlub,
vertoon word.
Voorbeeld van afvoer:
(6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 5
1.2 Knoppie [1.2 Prosesseer]
Jou skool het papier, plastiek en glas ingesamel om te herwin. Die program in die
Vraag 1 lêer bevat komponente wat tred hou met die geldwaarde vir elke tipe
rommelproduk wat ingesamel is. Die gebruiker moet ʼn rommelproduk kies en die
gewig van die produk intik. Die terugbetalingswaarde in Rand vir elke
rommelproduk moet bymekaar getel word en op die gegewe panele vir papier,
plastiek en glas, vertoon word.
Skryf kode om die volgende te doen:
Kry die toevoer van die redigeerblokkie, edtGewig. Die getal moet as gram
ingelees word.
Gebruik die keuse wat in die radiogroup, rgpKeuse, gemaak is.
Die eenheidsprys wat vir elke tipe rommelproduk betaal word, word
hieronder gegee:
Papier = R25 per kilogram
Plastiek = R35 per kilogram
Glas = R40 per kilogram
Die totale prys wat vir elke rommelproduk betaal word, moet soos volg bereken
word:
o Skakel die gewig in gram om na kg deur dit met 1000 te deel.
o Slegs heelgetal kilogramme sal vir betaling in ag geneem word en enige
bedrag minder as 1 kg sal nie ingesluit word nie. MOENIE die bedrag afrond
nadat dit deur 1000 gedeel is nie.
o Vermenigvuldig die gewig in kg met die korrekte eenheidsprys wat vir die
rommelproduk betaal word, sodat die bedrag wat betaal moet word, bereken
kan word.
o Tel die bedrag wat betaal moet word by die totaal wat vir daardie tipe
rommelproduk betaal moet word.
o Vertoon die totaal wat vir elke rommelproduk betaal moet word, in die
korrekte gegewe panele (pnlPapier, pnlPlastiek en pnlGlas).
Gebruik die volgende data om jou oplossing te toets:
Materiaal Gewig in g Gewig in kg Geldwaarde
Papier 356 0 R0
Papier 1785 1 R 25
Papier 2356 2 R 50
Plastiek 3500 3 R 105
Plastiek 7854 7 R 245
Glas 1000 1 R 40
Glas 3745 3 R 120
Voorbeeld van afvoer nadat die data in die tabel hierbo ingelees is:
(16)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/SEPTEMBER 2020)
1.3 Knoppie [1.3 Toets vir skrikkeljaar]
ʼn Skrikkeljaar het 366 dae in plaas van 365 dae. Skryf kode vir die 'onclick'
gebeurtenis van V1.3 knoppie om te toets of ʼn jaar wat ingetik is, ʼn skrikkeljaar is.
Om te toets of ʼn jaar ʼn skrikkeljaar is of nie, moet die volgende 3 voorwaardes
getoets word:
1. Enige jaar wat deur 400 gedeel word met geen res, is definitief ʼn skrikkeljaar.
2. As dit nie deur 400 gedeel kan word nie, moet dit getoets word of dit deur 100
gedeel kan word. As dit deur 100 gedeel kan word sonder ʼn res, dan is dit
NIE ʼn skrikkeljaar NIE (selfs al kan dit deur 4 gedeel word sonder ʼn res).
3. As daar aan die bogenoemde twee voorwaardes nie voldoen word nie, dan
moet dit deur 4 gedeel word. As die jaar deur 4 gedeel word sonder ‘n res,
dan is dit ʼn skrikkeljaar.
Doen die volgende:
Kry die toevoer van die redigeerblokkie, edtJaar.
Gebruik die bogenoemde algoritme om te bepaal of die jaar wat ingelees is,
ʼn skrikkeljaar is of nie.
Vertoon ʼn gepaste boodskap in ʼn afvoer-komponent.
Voorbeeld van afvoer:
Data om jou oplossing te toets:
Skrikkeljare van 2004 tot 2044:
2004
2008
2012
2016
2020
2024
2028
2032
2036
2040
2044
(12)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 7
1.4 Knoppie [1.4 Gelukkige letters]
Verrassingspryse (‘lucky prizes’) sal by ʼn vergadering aan lede van die klub
toegeken word.
Elke derde letter van die alfabet sal die eerste letter van die vanne van die
wenners wees. Die eerste letter is ‘A’.
Skryf kode in die 'onclick' gebeurtenis van V1.4 knoppie om die 9 letters van
die alfabet, wat hierbo beskryf is, in die afvoerarea, redVertoon, sal vertoon.
LET WEL: Stringmanipulasie en iterasie (lusse) moet gebruik word.
Voorbeeld van afvoer:
(6)
Tik jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van die programlêer.
Stoor jou program.
ʼn Drukstuk van die kode mag vereis word. [40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/SEPTEMBER 2020)
VRAAG 2: OBJEK-GEORIËNTEERDE PROGRAMMERING
ʼn Wêreldwye organisasie, ‘The Tree Project’, het takke regoor die wêreld.
ʼn Program is in die VRAAG 2-lêergids verskaf wat die aantal bome en werkers, asook die
hoeveelheid geld wat benodig word om ʼn projek in ʼn spesifieke land uit te voer, kan
dokumenteer.
Doen die volgende:
Maak die onvolledige program in die Vraag 2-lêergids oop.
Maak die onvolledige objekklas Vraag2Klas.pas oop.
Sleutel jou naam as kommentaar in die eerste reël van beide die Vraag2Klas.pas-lêer
en Vraag2_u.pas-lêer in.
Kompileer en voer die program uit. Die program het tans geen funksionaliteit nie.
Moet GEEN gegewe kode verander of verwyder NIE.
Die volgende gebruikerskoppelvlak word vertoon:
Voltooi die kode vir hierdie program, soos wat dit in VRAAG 2.1 en VRAAG 2.2 beskryf
word.
2.1 Die onvoltooide klas (TLand) bevat die verklaring van vyf attribute wat die objLand
objek, beskryf.
NAAM VAN ATTRIBUTE BESKRYWING
fLand Die naam van die land
fLeier Die naam van die leier vir die boomprojek in ʼn land
fBome Die aantal bome wat geplant moet word
fFondse Die bedrag wat benodig word om die projek uit te voer
fAssistente Die aantal mense wat aan die projek werk
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 9
Voltooi die kode in die objekklas, soos dit in VRAAG 2.1.1 tot VRAAG 2.1.4
hieronder verduidelik word.
2.1.1 Skryf kode vir ʼn konstruktor-metode, Create, wat die naam van die land en naam
van die leier as parameters sal ontvang.
Ken die parameterwaardes aan die korrekte attribute toe en inisialiseer die aantal
bome en assistente as nul. (5)
2.1.2 Skryf kode vir die metode met die naam BerekenKoste wat die attribute fBome
en fAssistente moet gebruik om die koste van die projek te bereken en terug te
stuur.
Die koste word soos volg bereken:
Die leier moet R250 ontvang
Die koste om een boom te plant is R2
Elke assistent moet R100 ontvang
Voorbeeld:
6 assistente en 100 bome: Koste van projek = R250 + R600 + R200 = R1050 (6)
2.1.3 Skryf kode vir ʼn metode met die naam TelBy wat twee heelgetalle as parameters
sal ontvang. Die heelgetalle is die aantal bome en aantal assistente wat by die
klas se attribute getel moet word.
Stel die waardes van die attribute soos hieronder beskryf:
Gebruik die attribute fbome en fassistente.
Vermeerder hierdie attribute met die waardes van die ooreenstemmende
parameterwaardes.
Gebruik die metode wat alreeds geskryf is met die naam BerekenFondse
om die fFondse attribuut te stel. (7)
2.1.4 Skryf kode vir ʼn metode, tostring, wat ʼn string moet terugstuur.
Die string moet die attribute van klas bymekaar voeg in die volgende formaat:
<landnaam>
<leiernaam> en <aantal assistente > assistente
<aantal bome> bome
Fondse: <bedrag wat benodig word in Rand>
Voorbeeld van afvoer:
(8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/SEPTEMBER 2020)
2.2 Die onvolledige eenheid Vraag2_u.pas is verskaf.
Dit bevat kode vir die objekklas om toeganklik te wees. ʼn Globale
objekveranderlike, objLand, is verklaar.
Moet GEEN gegewe kode verander of verwyder NIE.
Volg die instruksies hieronder om die oplossing te kodeer.
2.2.1 Knoppie V2.2.1
Die gebruiker moet ʼn land se naam en die leier se naam in die gegewe
redigeerblokkies, edtLand en edtLeier, inlees.
Skryf kode om die volgende te doen:
Instansieer die objek, objLand, deur die land se naam en leier se naam te
gebruik.
Stel die pnlQ2-paneel om sigbaar te wees.
Laai die prentjie met die naam Bome.jpg in die 'image' komponent,
imgBome. (6)
2.2.2 Knoppie V2.2.2
Skryf kode om die toevoer van die spin-redigeerblokkies ('spinedits') met die
name sedBome en sedAssistente te kry.
Gebruik die metodes van die klas om die volgende te doen:
Vermeerder die aantal bome en aantal assistente met die waardes wat in die
spin-redigeerblokkies ingesleutel is en bereken die hoeveelheid fondse wat
benodig word.
Vertoon die land en leier, asook die aantal bome, assistente en die
hoeveelheid fondse wat benodig word in die 'label' met die naam lblAfvoer.
Voorbeeld van afvoer:
Joseph Mcuba as leier in Suid-Afrika wat met 30 bome en 5 assistente begin:
5 bome en 1 assistent word by Suid-Afrikaanse span bygevoeg met Joseph
Mcuba as leier:
(8)
Tik jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van die programlêer. (In
die klas en hoofprogram wat die klas gebruik)
Stoor jou programme.
ʼn Drukstuk van die kode van beide eenhede mag vereis word. [40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 11
VRAAG 3: DATABASISPROGRAMMERING
Die databasis RommelVerwerking.mdb bevat inligting oor afvalmateriale en metodes
hoe die afval deur ʼn maatskappy – wat die permanente rommelverwydering van ʼn stad
bestuur – verwerk word. Die databasis bevat twee tabelle, naamlik Materiaal en
Verwerk.
Tabel: Verwerk
Hierdie tabel bevat die metodes hoe die afval verwerk word.
Veldnaam Datatipe Beskrywing
VerwerkKode Number – Long Integer ʼn Unieke nommer wat aan elke profiel
toegeken is
VerwerkMetode Text (50) Die naam van die metode hoe die afval
verwerk word
Werknemers Number – Long Integer Die aantal mense wat nodig is vir die
spesifieke verwerkingsmetode
Voorbeeld van data in die Verwerk-tabel:
Verwerk
VerwerkKode VerwerkMetode Werknemers
1 Recycled 120
2 Reused 320
3 Landfill 11
4 Recoveredforenergy 24
5 Compostedonsite 4
6 Compostedoffsite 10
Tabel: Materiaal
Hierdie tabel bevat inligting van al die afvalprodukte wat deur die maatskappy verwerk
word.
Veldnaam Datatipe Beskrywing
MateriaalID Autonumber ʼn Unieke nommer wat aan ʼn materiaal
toegeken word
TipeMateriaal Text (50) Die verskillende tipes afvalprodukte
DatumVerwerk Date/Time Datum van die laaste verwerking
Hoeveelheid Number (long Gewig in ton wat op die laaste datum,
integer) DatumVerwerk, verwerk is
KweekhuisFaktor Number (Double) Koolstofdioksied-emissies faktor vir
stortingsterreine. Die getal moet met die
hoeveelheid ton vermenigvuldig word wat dan
die totale koolstofdioksied-emissies gee
VerwerkKode Number (long Vreemde sleutel wat met die Verwerk-tabel
integer) verbind
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/SEPTEMBER 2020)
Voorbeeld van data van die eerste tien rekords in Materiaal tabel.
Materiaal
Hoeveel-
MateriaalID TipeMateriaal DatumVerwerk
heid
KweekhuisFaktor VerwerkKode
1 Plasticcontainers 2019/10/02 85 0 1
2 Plasticbags 2019/09/28 26 0 1
3 Polystyrene 2019/07/31 45 1,8 3
4 Glassbottlesbroken 2019/09/18 74 0 1
5 Glassbottlesnotbroken 2019/07/10 25 0 2
6 Aluminiumcanswhole 2019/10/27 22 0 1
7 Aluminiumcansflattened 2019/08/13 14 0 1
8 AluminiumcansBales 2019/10/02 56 0 1
9 Steelcanswhole 2019/08/11 98 0 1
10 Steelcansflattened 2019/10/23 75 0 1
Die volgende een-tot-baie verwantskap, met referensiële integriteit, bestaan tussen die
twee tabelle in die databasis:
Verwerk Materiaal
PK VerwerkKode 1 PK MateriaalID
TipeMateriaal
VerwerkMetode
DatumVerwerk
Werknemers
Hoeveelheid
KweekhuisFaktor
∞ VerwerkKode FK
Doen die volgende:
Maak die onvoltooide projeklêer, Vraag3_p.dpr in die Vraag 3-gidslêer oop.
Tik jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van Vraag3_u.pas lêer in.
Kompileer en voer die program uit. Die program het tans geen funksionaliteit nie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 13
Die gebruikerskoppelvlak word hieronder vertoon:
Voer die volgende instruksies uit om die kode vir elke afdeling, soos in VRAAG 3.1 en
VRAAG 3.2 beskryf word, te voltooi.
Gebruik SQL-stellings om VRAAG 3.1 te beantwoord en Delphi-kode om
VRAAG 3.2 te beantwoord.
LET WEL:
Die [Herstel Databasis]-knoppie word verskaf om die data wat in die databasis
voorkom, na die oorspronklike inhoud te herstel. As jy jou kode op die oorspronklike
data moet toets, mag jy die knoppie klik om die data te herstel.
MOENIE enige van die kode wat verskaf is, verander NIE.
Kode is verskaf om die GGK ('GUI')-komponente aan die databasis te koppel.
TWEE veranderlikes word as globale veranderlikes verklaar, soos in die tabel hieronder
beskryf word.
Gebruik tblVerwerk en tblMateriaal komponente net in Vraag 3.2.
Veranderlike Datatipe Beskrywing
tblVerwerk TADOTable Verwys na die tabel met die naam Verwerk
tblMateriaal TADOTable Verwys na die tabel met die naam Materiaal
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/SEPTEMBER 2020)
3.1 In hierdie afdeling mag SLEGS SQL-stellings gebruik word om VRAAG 3.1.1 tot
VRAAG 3.1.5 te beantwoord.
Kode is verskaf om die SQL-stellings uit te voer en die afvoer van navrae te
vertoon. Die SQL-stellings is onvolledig.
Doen die volgende om die onvoltooide SQL-stellings wat respektiewelik per vraag aan
die veranderlikes sSQL1, sSQL2, sSQL3, sSQL4 en sSQL5 toegeken is, te voltooi.
3.1.1 Knoppie [3.1.1]
Skryf SQL-kode om die TipeMateriaal van al die materiale, in omgekeerde
alfabetiese volgorde, te vertoon.
Voorbeeld van afvoer van die eerste 13 rekords:
(4)
3.1.2 Knoppie [3.1.2]
Die gebruiker moet ʼn naam van ʼn materiaal intik. Kode word gegee vir die
materiaalnaam "wood" wat in ʼn input box ingelees word en in ʼn veranderlike,
sline, gestoor word.
Skryf SQL-kode wat die TipeMateriaal van al die materiale, wat die woord wat in
sline veranderlike gestoor is, sal vertoon.
Voorbeeld van afvoer:
(5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 15
3.1.3 Knoppie [3.1.3]
Skryf ʼn SQL-stelling om die DatumVerwerk en TipeMateriaal van al die
materiale wat in Oktober verwerk is, te vertoon. (Die jaar 2019 is die enigste
jaar wat in die databasis gestoor is.)
Voorbeeld van afvoer:
(5)
3.1.4 Knoppie [3.1.4]
Die besigheid verwag dat hul aantal werknemers met 10% in die volgende jaar
sal toeneem.
Skryf ʼn SQL-stelling om 10% by die aantal Werknemers by te voeg. Afronding is
nie nodig nie.
(Kode is geskryf om die opgedateerde tabel te vertoon nadat die verandering
gemaak is.)
Voorbeeld van afvoer:
(4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
16 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/SEPTEMBER 2020)
3.1.5 Knoppie [3.1.5]
Vertoon die totale van al die hoeveelhede van al die afvalprodukte as
Totale_Hoeveelhede vir elke VerwerkMetode.
Voorbeeld van afvoer:
(7)
3.2 In hierdie afdeling mag slegs Delphi-kode gebruik word om VRAAG 3.2.1. en
VRAAG 3.2.2 te beantwoord.
Gebruik die gegewe globale veranderlikes, tblMateriaal en tblVerwerk.
GEEN punte sal vir SQL-stellings in VRAAG 3.2 toegeken word NIE.
3.2.1 Knoppie [3.2.1]
Skryf kode om die KweekhuisFaktor na 2 te stel van al die materiale wat ʼn
VerwerkKode gelyk aan 6 het.
Voorbeeld van afvoer van die laaste 6 rekords:
(7)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 17
3.2.2 Knoppie [3.2.2]
Skryf kode om die totaal van alle koolstofdioksiedvrystellings te bereken. CO2-
emissies word bereken deur die KweekhuisFaktor met die Hoeveelheid (aantal
ton) van die afvalproduk te vermenigvuldig.
Vertoon die totaal deur dit aan die einde van die string in die edtAfvoer-
redigeerblokkie te voeg.
Voorbeeld van afvoer:
(8)
Tik jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van die programlêer.
Stoor jou program.
ʼn Drukstuk van die kode mag vereis word. [40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
18 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/SEPTEMBER 2020)
VRAAG 4: PROBLEEMOPLOSSINGPROGRAMMERING
Doen die volgende:
Maak die onvolledige program in die Vraag 4-lêergids oop.
Sleutel jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van die Vraag4_u.pas-lêer
in.
Kompileer en voer die program uit. Die program het tans geen funksionaliteit nie.
Gegewe GGK ('GUI'):
Die gegewe GGK verteenwoordig die koppelvlak van die program wat deur die besigheid,
wat rommel verwerk, gebruik word.
ʼn Tekslêer met die naam rommel.txt is ingesluit en bevat al die produkte, metodes van
verwerking (herwinning of stortingsterrein) asook die gewig (in kilogram) van elke produk
wat die herwinningsbesigheid onlangs verwerk het.
Die uitleg van die tekslêer is soos volg:
<Rommelmateriaal><Verwerkingsmetode><gewig van materiaal in kg>
Voorbeeld van ʼn paar reëls in die rommel.txt tekslêer:
Papier;Herwinning#2543
Karton;Herwinning#495
Afval;Stortingsterrein#1885
Karton;Herwinning#398
Afval;Stortingsterrein#1657
Papier;Herwinning#2754
Karton;Herwinning#769
Afval;Stortingsterrein#2025
Hout;Stortingsterrein#2125
Pallets;Herwinning#398
Rubber;Herwinning#4321
Bande;Stortingsterrein#1258
Metaal;Herwinning#541
Kos;Stortingsterrein#774
Gras;Stortingsterrein#1142
Bome;Stortingsterrein#685
Grond;Stortingsterrein#5547
Puin;Herwinning#3984
Klei;Herwinning#547
ʼn Konstante skikking met die naam arrTipes is verklaar en met unieke
herwinningsmateriaal-tipes gevul.
arrTipes: array[1..15] of string =
('Papier','Karton','Afval','Hout','Pallets','Rubber','Bande','Metaal','Kos','Gras','Bome',
'Grond','Puin','Klei','Rekenaars');
Kode word gegee om die items van elke reël in die tekslêer na 2 globale parallelle
skikkings, genaamd arrData en arrGewig, te lees.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 19
arrData: array[1..100] of string;
arrGewig: array[1..100] of integer;
iTeller: integer;
ArrData bevat die naam van elke materiaal asook die woord Herwinning of
Stortingsterrein. ʼn Kommapunt skei die twee woorde.
ArrGewig bevat heelgetalle wat die gewig van die ooreenstemmende materiaal in
kilogram voorstel.
Die veranderlike iTeller bevat die aantal items in die twee parallelle skikkings.
Kode is geskryf vir die OnActivate gebeurtenis van die vorm om die data van die tekslêer
in twee skikkings te stoor en dan die inhoud van die skikking in die afvoerarea te vertoon.
Voltooi die kode vir elke vraag in VRAAG 4.1 en VRAAG 4.2.
LET WEL: Die gebruik van goeie programmeringstegnieke en modulêre ontwerp
moet in jou oplossing toegepas word.
MOENIE die kode wat verskaf is, verander NIE.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
20 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/SEPTEMBER 2020)
Skryf kode in die onchange gebeurtenis van die kombinasieblokkie ('combobox')
met die naam cmbVerslag.
Hieronder is ʼn diagram van die 4 opsies in die kombinasieblokkie ('combobox').
Skryf kode vir elke opsie, VRAAG 4.1 tot VRAAG 4.4, in die kombinasieblokkie.
4.1 Kombinasieblokkie-opsie [Totale gewig van AL die afval]
Bereken en vertoon die totale gewig van al die materiale wat ingesamel is. Die
totaal moet in die paneel, met die naam pnlAfvoer, vertoon word.
Voorbeeld van afvoer:
(4)
4.2 Kombinasieblokkie-opsie [Totale gewig van HERWONNE afval]
Bereken en vertoon die totale gewig van al die herwonne afvalmateriaal. Die totaal
moet in die paneel, met die naam pnlAfvoer, vertoon word.
Voorbeeld van afvoer:
(5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 21
4.3 Kombinasieblokkie-opsie [Persentasie HERWONNE afval]
Om die persentasie herwonne afval te bereken, moet die herwonne gewig deur
die total gewig gedeel word en dan met 100 vermenigvuldig word. Die antwoord
moet na die naaste heelgetal afgerond word.
Vertoon die antwoord op die paneel, pnlAfvoer.
Voorbeeld van afvoer:
(3)
4.4 Kombinasieblokkie-opsie [TOTALE gewig van ELKE produk]
Die skikking, met die naam arrData, bevat afvalmateriaal wat herhaal word, bv.
'Karton;Herwinning' verskyn baie kere in die skikking.
Die globale konstante skikking, arrTipes, bevat die unieke afvalprodukte
waarvan die besigheid ontslae geraak het.
Gebruik die inligting om die totale gewig van elke unieke produk wat ingesamel
is, te bereken. Skryf die resultate na ʼn tekslêer met die naam verslag.txt.
(Let wel: Die tekslêer, verslag.txt, moet met Delphi-kode geskep word).
Voorbeeld van die tekslêer, verslag.txt:
Papier = 13332
Karton = 6669
Afval = 22606
Hout = 5488
Pallets = 1194
Rubber = 5843
Bande = 4643
Metaal = 1624
Kos = 4052
Gras = 5650
Bome = 11801
Grond = 7010
Puin = 4872
Klei = 4986
Rekenaars = 12640 (18)
Tik jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van die programlêer.
Stoor jou program.
ʼn Drukstuk van die kode mag vereis word. [30]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Information Technology Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2020 QP

Question paper
Information Technology Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2020 QP

Question paper
Information Technology Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2022 QP

Question paper
Information Technology Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2018 QP

Memorandum
Information Technology Grade 12 P1 2023 Memo (Afr)

Memorandum
Information Technology Grade 12 P1 2022 Memo (Afr)
More from Grade 12 Information Technology

Memorandum
Information Technology Grade 12 P2 2023 Memo (Afr)

Memorandum
Information Technology Grade 12 P1 NSC June 2023 Memo (Eng)

Question paper
Information Technology Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2022 QP
_hlayiso.com_--7454979b-cba2-4b39-a884-69e6b1c0f5c6/v1-3f9dc1675d92ae7768e5/card.webp)
Question paper
Information Technology Grade 12 P2 NSC June 2022 QP (Eng)
_hlayiso.com_--500d3219-d02f-4c1c-af0e-452a5fe87f3b/v1-bfe5f3f664d3f236ff89/card.webp)
Question paper
Information Technology Grade 12 P2 NSC June 2022 QP (Afr)

Question paper