Skip to content

Information Technology Grade 12 P2 NSC June 2022 QP (Afr)

Question paperInformation TechnologyGrade 12202218 pages

Grade 12 Information Technology Paper 2 question paper from the NSC June Exam 2022 (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/ NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 2021 PUNTE: 150 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 18 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V2 2 DBE/2021 SS/NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit SES afdelings: AFDELING A: Kortvrae (15) AFDELING B: Stelseltegnologieë (25) AFDELING C: Kommunikasie- en Netwerktegnologieë (24) AFDELING D: Data- en Inligtingsbestuur (27) AFDELING E: Oplossingsontwikkeling (25) AFDELING F: Geïntegreerde Scenario (34) 2. Lees AL die vrae sorgvuldig deur. 3. Beantwoord AL die vrae. 4. Die puntetoekenning gee oor die algemeen 'n aanduiding van die getal feite/ redes wat vereis word. 5. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 6. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V2 3 DBE/2021 SS/NSS AFDELING A: KORTVRAE VRAAG 1 1.1 Kies 'n term uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–R) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.11 S. KOLOM A KOLOM B 1.1.1 Iemand wat 'n verskeidenheid A internet-slenter ('hoax') instrumente gebruik om webblad- inhoud te beplan, struktureer, skep en B intranet in stand te hou C Bluetooth 1.1.2 'n Opdatering wat afgelaai kan word om 'n spesifieke programfout in D spam sagteware reg te maak 1.1.3 Die gebruik van sosiale media om E advertensieprogramme vals inligting, wat voorkom of dit die ('adware') waarheid is, te versprei F dienspakket ('service 1.1.4 'n Sekere hoeveelheid hoëspoed- pack') geheue wat op elke hardeskyf ingebou word om die toegangspoed G web-outeur tot data op 'n skyf te versnel H RFID 1.1.5 Sagteware wat opskiet('pop-up')- advertensies aflaai en jou rekenaar I regstelling ('patch') daarmee bombardeer terwyl die rekenaar aan die internet gekoppel is J skimverklikker ('rootkit') 1.1.6 'n Standaardtaal wat gebruik word vir navrae en om data in 'n databasis te K extranet manipuleer L SQL 1.1.7 Datavasleggingstegnologie wat ontwerp is om meer data te stoor en M dekripsie ('decryption') om meer doeltreffend as strepieskode-stelsels ('barcode N skyfkas ('disc cache') systems') te werk O HTML 1.1.8 'n Organisasie se netwerk wat vir gebruikers buite die organisasie P WiMAX toeganklik is 1.1.9 'n Versameling programme wat Q stelselontleder ('system ontwerp is om administrateursregte te analyst') bekom om 'n rekenaar vir kwaadwillige doeleindes te beheer R VPN 1.1.10 Kabellose ('Wireless') tegnologie wat toestelle toelaat om oor 'n kort afstand met mekaar te kommunikeer (10 x 1) (10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V2 4 DBE/2021 SS/NSS 1.2 Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die woord/term langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. 1.2.1 'n Hoëkapasiteit-bergingstoestel wat flitsgeheueskywe ('flash memory chips') in plaas van magnetiese metaalhardeskywe gebruik (1) 1.2.2 Sagteware wat 'n bedryfstelsel in staat stel om met 'n spesifieke hardewaretoestel te kommunikeer (1) 1.2.3 Die konsep van die 'huur' van sagteware in plaas daarvan om 'n lisensie te koop om vir altyd te gebruik (1) 1.2.4 'n Tendens waardeur aparte tegnologieë en funksies van veelvuldige toestelle in 'n enkele veeldoelige toestel gekombineer word (1) 1.2.5 'n Tekslêer (maks. 4 Kb) wat gebruik word om doelgemaakte ('customised') verstellings vir 'n webtuiste op jou plaaslike rekenaar te stoor (1) TOTAAL AFDELING A: 15 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V2 5 DBE/2021 SS/NSS AFDELING B: STELSELTEGNOLOGIEË VRAAG 2 2.1 Verduidelik waarom punt-tot-punt-konneksies ('point-to-point connections') tussen komponente gebruik word wat groot hoeveelhede data uitruil. (2) 2.2 'n SVE ('CPU') word as die 'hart' van 'n rekenaar beskou. 2.2.1 Wat word 'n SVE met vier kerne ('cores') genoem? (1) 2.2.2 Verduidelik waarom 'n SVE met meer as een kern 'n taak vinniger as 'n enkelkern-verwerker kan verwerk. (2) 2.2.3 Gee TWEE redes waarom die kasgeheue ('cache memory') op die SVE verwerking versnel. (2) 2.3 Wat word die elektroniese paadjies genoem wat data tussen komponente op die moederbord oordra? (1) 2.4 Bespreek TWEE eienskappe van ETG ('RAM'). (4) 2.5 Noem waarom ontwikkelaars ('developers') uit die gebruik van virtualisasie kan voordeel trek. (2) 2.6 Vasteware ('Firmware') is sagteware wat in verskillende toestelle gevind word. 2.6.1 Noem die doel van vasteware. (1) 2.6.2 Waar word vasteware op 'n toestel aangetref? (1) 2.7 Verduidelik die verwantskap tussen KMOH ('CMOS') en die BTAS ('BIOS') deur na die doel van ELK te verwys. (2) 2.8 Jy moet voorbereid wees op 'n situasie waar jou primêre hardeskyf faal en niks op jou hardeskyf herwin kan word nie. Maak 'n lys van DRIE noodsaaklike dinge wat jy moet doen om te verseker dat jy voorbereid sal wees om jou stelsel te herbou nadat 'n nuwe primêre hardeskyf geïnstalleer is. (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V2 6 DBE/2021 SS/NSS 2.9 Bestudeer die volgende skermkopie ('screenshot'): 2.9.1 Die kapasiteit van die skyf word in terme van gigagrepe ('gigabytes') getoon. Die kleinste bergingseenheid is 'n bis ('bit'). Hoeveel bisse is daar in EEN greep? (1) 2.9.2 Verduidelik waarom dit 'n goeie idee is om te verseker dat die inhoud van 'n skyf geïndekseer ('indexed') is. (2) 2.9.3 Gee EEN rede waarom jy 'n skyfskoonmaak-nutsprogram ('disc clean-up utility') sal laat uitvoer. (1) TOTAAL AFDELING B: 25 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V2 7 DBE/2021 SS/NSS AFDELING C: KOMMUNIKASIE- EN NETWERKTEGNOLOGIEË VRAAG 3 3.1 'n Netwerk word gevorm wanneer twee of meer toestelle gekonnekteer word om kommunikasie tussen die toestelle moontlik te maak. 3.1.1 Watter LAN-standaard word algemeen in 'n kabelnetwerk ('cabled network') gebruik? (1) 3.1.2 Gee TWEE redes waarom 'n stertopologie in netwerke gewild is. (2) 3.1.3 Verduidelik waarom die gebruik van 'n skakelaar ('switch') 'n voordeel in 'n netwerk sal wees. (2) 3.2 Netwerke maak dit moontlik om data, inligting en sagteware oor te dra. 3.2.1 Wie is 'n saaier ('seeder') wanneer lêers van die internet afgelaai word wanneer BitTorrent gebruik word? (1) 3.2.2 Noem die verskil tussen die internet en 'n intranet. (2) 3.3 'n Maatskappy besluit dat sy werknemers weens gesondheidsredes eerder vanaf die huis moet werk. 3.3.1 Werknemers sal toegang moet hê tot hulle dokumente wat op die bediener ('server') by die kantoor gestoor word. Noem die tipe netwerk waarmee hulle toegang tot hierdie dokumente deur die internet kan verkry. (1) 3.3.2 Wat is 'n agterdeur ('back door') wanneer daar na netwerkveiligheid verwys word? (2) 3.3.3 Een spanlid het genoem dat die lêers outomaties sal sinkroniseer ('synchronise automatically') wanneer dit in aanlyn berging gestoor word. Verduidelik wat daarmee bedoel word dat lêers gesinkroniseer word wanneer dit in hierdie konteks gestoor word. (2) 3.4 Soekenjins, soos Google, word elke dag deur baie gebruikers gebruik. 3.4.1 Verduidelik die verskil tussen 'n doelgemaakte soektog ('customised search') en 'n konteksbewuste soektog ('context-aware search'). (2) 3.4.2 Waarom beïnvloed 'n geborgde skakel ('sponsored link') die resultate wat van 'n soekenjin verkry word? (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V2 8 DBE/2021 SS/NSS 3.5 Vir 'n webblad om interaktief te kan wees, moet die webblad spesifieke programmeringsinstruksies insluit. 3.5.1 Noem TWEE verskillende skripteringstale ('scripting languages'). (2) 3.5.2 Verduidelik kortliks hoe bedienerkant-skriptering ('server-side scripting') geïmplementeer word om 'n interaktiewe webblad te skep. (2) 3.6 Die bestuur van baie groothandelmaatskappye moet elke dag ingeligte besluite neem. Noem TWEE voordele van die gebruik van 'n VOS ('DSS'). (2) 3.7 Gee EEN rede waarom die gehalte van inligting wat op wiki's, soos Wikipedia, aangebied word, NIE altyd betroubaar is NIE. (1) TOTAAL AFDELING C: 24 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V2 9 DBE/2021 SS/NSS AFDELING D: DATA- EN INLIGTINGBESTUUR VRAAG 4 'n Databasis word by 'n inkopiesentrum ('mall') gebruik om die besonderhede van winkels, personeel, kliënte en ander inligting te stoor. 'n Personeellid kan slegs by een winkel werk. Een van die tabelle se naam is tblWinkels en het die volgende tabelontwerp: Tabel: tblWinkels Veldnaam Datatipe Beskrywing Winkelnaam Short Text (30) Die naam van die winkel by die inkopiesentrum AantalVierkanteMeter Number (Double) Die aantal vierkante meter wat die winkel beslaan HuurBedrag Number (Double) Die maandelikse huur vir die winkel DatumGeopen Date/Time Die datum waarop die winkel die eerste maal oopgemaak het AantalJareOop Number (Integer) Die aantal voltooide jare wat die winkel by die inkopiesentrum besigheid doen 4.1 Die DatumGeopen-veld is as 'n primêresleutel-veld ('primary key field') gekies. 4.1.1 Verduidelik die doel van 'n primêre sleutel. (1) 4.1.2 Gee 'n rede waarom die gebruik van die DatumGeopen-veld as 'n primêre sleutel nie gepas sal wees nie. (1) 4.1.3 Beveel 'n meer geskikte primêre sleutel vir die tabel tblWinkels aan wat in die tblWinkels-tabel ingesluit kon gewees het. (1) 4.2 Normalisering is 'n term wat algemeen in die konteks van relasionele databasisse ('relational databases') gebruik word. 4.2.1 Verduidelik die term normalisering. (2) 4.2.2 Waarom oortree die insluiting van die AantalJareOop-veld normaliseringsreëls? (2) 4.3 Data moet gevalideer word om te verseker dat ons kwaliteitdata het. Noem TWEE valideringstoetse wat op die DatumGeopen-veld uitgevoer kan word wanneer data in die veld ingesleutel word. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V2 10 DBE/2021 SS/NSS 4.4 'n Tabel, tblPersoneel, is geskep om die inligting van die personeel van elke winkel te stoor. Gebruik die EVD('ERD')-diagram hieronder om VRAAG 4.4.1 en VRAAG 4.4.2 te beantwoord. WINKEL PERSONEEL 4.4.1 Beskryf die verwantskap ('relationship') tussen die tabelle met gebruik van 'n geskikte werkwoord ('action verb'). (1) 4.4.2 Wat is die tipe verwantskap tussen die WINKEL-entiteit en die PERSONEEL-entiteit? Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–C) langs die vraagnommer neer, bv. 4.4.2 D. A. Baie-tot-een-verwantskap B. Een-tot-baie-verwantskap C. Baie-tot-baie-verwantskap (1) 4.5 Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs 'waar' of 'onwaar' langs die vraagnommers (4.5.1 tot 4.5.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. 4.5.1 'n Primêre sleutel en 'n vreemde sleutel ('foreign key') wat gebruik word om 'n verwantskap tussen twee tabelle te skep, moet presies dieselfde veldnaam in beide tabelle hê. (1) 4.5.2 Data wat in 'n vreemdesleutel-veld in 'n tabel gestoor word, kan duplikate bevat. (1) 4.5.3 Referensiële integriteit ('referential integrity') kan in 'n enkele tabel toegepas word. (1) 4.5.4 Databasis-oortolligheid ('database redundancy') kan tot databasis- onreëlmatighede ('anomalies') lei. (1) 4.5.5 'n Voordeel van data-onafhanklikheid is dat veelvuldige toepassings dieselfde data van 'n koppelvlak kan voorsien aangesien die fisiese struktuur van die databasis onafhanklik van die toepassing is. (1) 4.6 Die meeste kettingwinkels in inkopiesentrums gebruik datapakhuising ('data warehousing') wat berging vir groot hoeveelhede data verskaf. Rekords wat in die huidige databasis verouderd ('outdated') is, moet na die datapakhuis geskuif word. Gee TWEE redes waarom die verouderde rekords verander moet word voordat dit met die data in die datapakhuis gekombineer word. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V2 11 DBE/2021 SS/NSS 4.7 Transaksies in 'n databasisbestuurstelsel ('database management system') sluit die uitvee van rekords in. Wanneer 'n rekord uitgevee word, word dit slegs as uitgevee gemerk. Waarom word hierdie rekords as uitgevee gemerk en nie uit die databasis verwyder nie? (1) 4.8 Noem TWEE potensiële probleme wanneer 'n enkele gesentraliseerde databasis gebruik word wat 'n groot aantal gekonnekteerde gebruikers en navrae bedien. (2) 4.9 Die inkopiesentrum moet maatreëls instel om te verseker dat die inligting wat in die databasis gestoor word, nie in gevaar gestel ('compromised') word nie. Noem TWEE maniere waarop 'n SQL-inspuiting-aanval ('injection attack') deur kuberkrakers ('hackers') op die databasis voorkom kan word. (2) 4.10 Aanlyn data-insameling ('online data collection') vind by die betaalpunt in 'n supermark plaas. 4.10.1 Definieer die term aanlyn data-insameling. (2) 4.10.2 Gee EEN voorbeeld van aanlyn data-insameling by die betaalpunt in 'n supermark EN verduidelik hoe die data tot voordeel van die supermark gebruik kan word. (2) TOTAAL AFDELING D: 27 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V2 12 DBE/2021 SS/NSS AFDELING E: OPLOSSINGSONTWIKKELING VRAAG 5 5.1 'n Algoritme is 'n stapsgewyse ontleding om 'n probleem op te los. 5.1.1 Noem EEN tegniek/instrument/diagram wat gebruik kan word om 'n algoritme voor te stel. (1) 5.1.2 Gee EEN rede waarom algoritmes NIE taalspesifiek moet wees NIE. (1) 5.2 Bestudeer die volgende Delphi-kode en beantwoord die vrae wat volg: 5 Procedure TForm1.btnBerekenClick(Sender: TObject); 6 Var 7 iSom:integer; 8 begin 9 iSom := 5+7; 10 vertoonAntwoord; 11 end; 12 13 Procedure TForm1.vertoonAntwoord; 14 Var 15 iSom:integer; 16 begin 17 ShowMessage('Die somtotaal is: '+ intToStr(iSom)); 18 end; 5.2.1 Wat kan gedoen word om die kode in die voorbeeld hierbo meer leesbaar te maak? (1) 5.2.2 Wanneer die program uitgevoer word, sal die afvoer wat in reël 17 vertoon word, 0 wees. (a) Water tipe fout is dit? (1) (b) Gee TWEE redes waarom die somtotaal as 0 vertoon word, al is die somtotaal in reël 9 korrek bereken. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V2 13 DBE/2021 SS/NSS 5.3 Die volgende onvolledige Delphi-oplossing word verskaf vir 'n probleem wat 15 onewe getalle, wat lukraak ('random') in die reeks 10 tot 40 (inklusief) gegenereer is, moet vertoon: 1 iTelOnewe := 0; 2 While iTelOnewe < 15 do 3 Begin 4 5 iLukraak := ………… 6 if (………) then 7 Begin 8 9 showMessage(IntToStr(iLukraak)); 10 End; 11 End; 12 5.3.1 Reël 5 moet voltooi word. Skryf Delphi-kode om 'n lukrake getal in die reeks 10 tot 40 te genereer. (1) 5.3.2 Kies die korrekte opsie vir ELK van die volgende vrae en skryf slegs die KORREKTE antwoord/opsie in die ANTWOORDEBOEK neer: (a) Die IF-stelling om te bepaal of die getal wat lukraak gegenereer is, 'n onewe getal is, sal wees ... (i) if (iLukraak DIV 2 = 1) then (ii) if (iLukraak MOD 2 = 0) then (iii) if (iLukraak MOD 2 <> 0) then (1) (b) Die stelling inc(iTelOnewe) moet by die kode hierbo gevoeg word. Kies die reëlnommer vir die korrekte posisie van die stelling: (i) 4 (ii) 8 (iii) 12 (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V2 14 DBE/2021 SS/NSS (c) Watter EEN van die volgende sal die korrekte oplossing verskaf indien die While-stelling in die gegewe kode op die vorige bladsy deur 'n Repeat..Until-stelling vervang moet word: (i) Repeat … Until iTelOnewe > 15; (ii) Repeat … Until iTelOnewe >= 14; (iii) Repeat … Until iTelOnewe = 15; (1) 5.4 Skryf die mees geskikte datatipes vir veranderlikes X en Y in die volgende stellings neer waar die datatipe van die Getal-veranderlike onbekend is: 5.4.1 X := Floor(80/12*2); (1) 5.4.2 Y := Sqr(Sqrt(Getal)); (1) 5.5 Beskou die volgende UML-diagram en beantwoord die vrae wat volg: TPersoneel - PersoneelID - PersoneelNaam - PersoneelVan + Kontaknommer + DatumAangestel + create; + getPersoneelID:String; + setKontaknommer(sKontaknommer:String); + isGeldigeDatum (iDag, iMaand, iJaar:integer): boolean; + berekenJareErvaring:integer; 5.5.1 Onderskei tussen 'n toegangsmetode ('accessor method') en 'n wysigingsmetode ('mutator method'). (2) 5.5.2 (a) Waarna verwys die positiewe teken (+) en die negatiewe teken (-) in die UML-diagram? (1) (b) Verwys na die antwoord op VRAAG 5.5.2(a) en motiveer waarom instansie-velde/-attribute ('instance fields/attributes') eerder met die negatiewe teken (-) verklaar moet word as met die positiewe teken (+). (1) 5.5.3 Identifiseer EEN prosedure in die UML-diagram hierbo. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V2 15 DBE/2021 SS/NSS 5.6 Die Fibonacci-reeks is 'n reeks getalle: 1, 1, 2, 3, 5, 8, 13, 21, 34, ... Die volgende getal in die reeks word bereken deur die vorige twee getalle by mekaar te tel. Die volgende onvolledige algoritme word verskaf: Die getal terme/getalle in die reeks moet ingesleutel word en die reeks moet vertoon word. input iGetalTerme //getal terme in reeks iTerm1 1; iTerm2 1; if iGetalTerme = 1 then sReel  iTerm1 vertoon sReel else if iGetalTerme = 2 then sReel  iTerm1 + ' ' + iTerm2 vertoon sReel else ... ... ... ... ... ... Voltooi die algoritme hierbo om die vereiste afvoer te vertoon. (8) TOTAAL AFDELING E: 25 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V2 16 DBE/2021 SS/NSS AFDELING F: GEÏNTEGREERDE SCENARIO VRAAG 6 'n Nuwe winkelsentrum is in jou omgewing gebou. Die beskikbaarheid van rekenaardienste en Wi-Fi vir besighede en besoekers is een van die belangrikste kwessies wat oorweeg moet word. 6.1 Die diagram hieronder is 'n voorbeeld van 'n WLAN. Wi-Fi-toegangspunte ('access points') is op verskillende plekke in die winkelsentrum geplaas. 6.1.1 Watter medium word gebruik om Wi-Fi-data oor te dra? (1) 6.1.2 Gee TWEE redes waarom daar 'n behoefte kan wees vir baie toegangspunte in die netwerk-omgewing van die winkelsentrum. (2) 6.2 Die plaaslike winkelsentrum laat jou toe om 'n toep ('app') af te laai om dit maklik te maak om deur die winkelsentrum te navigeer en dit kan klante help om 'n meer genotvolle besoek aan die winkelsentrum te hê. 6.2.1 Watter tipe toestel sal die waarskynlikste gebruik word om hierdie toep te laat uitvoer ('run')? (1) 6.2.2 Waarna verwys die term toepifikasie van die Web ('appification of the Web')? (2) 6.2.3 Jy word gevra om die toep te verbeter deur defensiewe programmering toe te pas. Wat is defensiewe programmering? (2) 6.2.4 Beskryf kortliks TWEE voorbeelde van defensiewe programmeringstegnieke. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V2 17 DBE/2021 SS/NSS 6.3 Transaksies word meestal elektronies gedoen. Enige data wat oor 'n netwerk gestuur word, beweeg deur verskillende nodes. Enkripsie is nodig om te verseker dat al die transaksies veilig is. 6.3.1 Noem 'n enkripsieprotokol wat algemeen gebruik word om privaat data wat oor die internet gestuur word, te enkripteer. (1) 6.3.2 Verduidelik kortliks hoe publiekesleutel-enkripsie ('public key encryption') werk. (3) 6.4 GPS en plekgebaseerde rekenaarverwerking ('location-based computing') is terme wat dikwels saam gebruik word. 6.4.1 Definieer plekgebaseerde rekenaarverwerking. (2) 6.4.1 6.4.2 Gee 'n voorbeeld van die gebruik van plekgebaseerde rekenaar- verwerking in 'n winkelsentrum-omgewing. (1) 6.5 Personeel in verskillende winkels moet van kubermisdaad, soos kuberkraking ('hacking') en VDoS('DDoS')-aanvalle bewus gemaak word. 6.5.1 Verduidelik die verskil tussen 'n withoedkraker ('white hat hacker') en 'n swarthoedkraker ('black hat hacker'). (2) 6.5.2 Verduidelik die uitwerking van 'n VDoS('DDoS')-aanval. (1) 6.5.3 Die uitwerking van kubermisdaad is grotendeels dieselfde as dié van gewone misdaad. Noem TWEE negatiewe uitwerkings wat kubermisdaad op besighede kan hê. (2) 6.6 MyVSpace is 'n virtuele kantoorruimte in die winkelsentrum. Definieer die term virtuele kantoor. (2) 6.7 Gedurende die Covid-19-pandemie is werknemers van 'n regsfirma gevra om van die huis af te werk. Die werknemers moet om 09:00 elke werksdag 'n Google Meet-sessie hê. Hierdie vergaderings moet opgeneem word. 6.7.1 Wat is die term wat gebruik word om aan te dui dat 'n werknemer tegnologie gebruik om van die huis af te werk? (1) 6.7.2 Alle werknemers is van 'n skootrekenaar, data en sagteware- toepassings voorsien om die vergaderings by te woon. Watter ander hardewaretoestel sal jy aanbeveel om in 'n huisomgewing tydens hierdie vergaderings gebruik te word, en waarom? (2) 6.7.3 Noem EEN videokonferensieplatform, buiten Google Meet, wat vir die vergaderings gebruik kan word. (1) 6.7.4 Gee EEN voorbeeld van 'n wolkberging('cloud storage')-ruimte/diens wat gebruik kan word om die vergaderings se opnames te stoor. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V2 18 DBE/2021 SS/NSS 6.8 Aangepaste realiteit ('augmented reality') en virtuele realiteit ('virtual reality') is twee van die belowendste tegnologieë wat aan mobiele toep-ontwikkelaars beskikbaar is. 6.8.1 Verduidelik die verskil tussen virtuele realiteit en aangepaste realiteit. (2) 6.8.2 Hoe kan die toep die inkopie-ervaring by die winkel verbeter deur aangepaste realiteit te gebruik? (1) 6.8.3 Aangepaste realiteit word moontlik gemaak deur data van veelvuldige sensors saam te voeg. Noem TWEE toepaslike sensors wat op 'n mobiele toestel beskikbaar is. (2) TOTAAL AFDELING F: 34 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Information Technology

View all