Skip to content

Information Technology Grade 12 P1 NSC June 2022 QP (Afr)

Question paperInformation TechnologyGrade 12202226 pages

Grade 12 Information Technology Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2022 (Afrikaans), 26 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/ NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 2022(2) PUNTE: 150 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 24 bladsye en 2 bladsye met data. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 2 DBE/2022(2) SS/NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel is in VIER afdelings ingedeel. Kandidate moet AL die vrae in AL VIER afdelings beantwoord. 2. Die duur van hierdie eksamen is drie uur. As gevolg van die aard van hierdie eksamen is dit belangrik om daarop te let dat jy nie toegelaat sal word om die eksamenlokaal voor die einde van die eksamensessie te verlaat nie. 3. Hierdie vraestel is opgestel met programmeringsterme wat kenmerkend van die Delphi-programmeringstaal is. Die Delphi-programmeringstaal moet gebruik word om die vrae te beantwoord. 4. Maak seker dat jy die vrae beantwoord volgens die spesifikasies wat in elke vraag gegee word. Punte sal volgens die vasgestelde vereistes toegeken word. 5. Beantwoord slegs wat in elke vraag gevra word. Byvoorbeeld, indien die vraag nie vir datavalidering vra nie, sal geen punte vir datavalidering toegeken word nie. 6. Jou programme moet op só 'n manier gekodeer word dat dit met enige data sal werk en nie net met die voorbeelddata wat verskaf is of enige data-uittreksels wat in die vraestel verskyn nie. 7. Roetines, soos soek, sorteer en seleksie, moet vanuit eerste beginsels ontwikkel word. Jy mag NIE die ingeboude funksies van Delphi vir enige van hierdie roetines gebruik NIE. 8. Alle datastrukture moet deur jou, die programmeerder, verklaar word, tensy die datastrukture verskaf word. 9. Jy moet jou werk gereeld stoor op die disket/CD/DVD/geheuestokkie wat aan jou gegee is, of op die skyfspasie wat vir hierdie eksamensessie aan jou toegeken is. 10. Maak seker dat jou eksamennommer as kommentaar verskyn in elke program wat jy kodeer, asook op elke gebeurtenis wat aangedui word. 11. Indien dit vereis word, druk die programmeringskode van al die programme/ klasse wat jy voltooi het. Jou eksamennommer moet op alle drukstukke verskyn. Jy sal ná die eksamensessie 'n halfuur tyd vir drukwerk gegee word. 12. Aan die einde van hierdie eksamensessie moet jy 'n disket/CD/DVD/ geheuestokkie inlewer met al jou werk daarop gestoor OF jy moet seker maak dat al jou werk op die skyfspasie gestoor is wat vir hierdie eksamensessie aan jou toegeken is. Maak seker dat al die lêers gelees kan word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 3 DBE/2022(2) SS/NSS 13. Die lêers wat jy benodig om hierdie vraestel te voltooi, is aan jou gegee op 'n disket/CD/DVD/geheuestokkie of op die skyfspasie wat aan jou toegeken is. Die lêers word in die vorm van wagwoordbeskermde uitvoerbare lêers verskaf. Doen die volgende:  Dubbelklik op die volgende uitvoerbare lêer wat met 'n wagwoord beskerm is: DataAFRJunieRugSteun2022.exe.  Klik op die 'Extract'-knoppie.  Sleutel die volgende wagwoord in: #locust*1 Nadat dit onttrek ('extracted') is, sal die volgende lys lêers in die lêergids ('folder') DataAFRJunieRugSteun2022 beskikbaar wees: Vraag 1: By.txt Vraag1_P.dpr Vraag1_P.dproj Vraag1_P.res Vraag1_U.dfm Vraag1_U.pas Vraag 2: ConnectDB_U.pas InsekMuseum.mdb InsekMuseum - Copy.mdb Vraag2_P.dpr Vraag2_P.dproj Vraag2_P.res Vraag2_U.dfm Vraag2_U.pas Vraag 3: Inspeksie_U.pas Resultate.txt Vraag3_P.dpr Vraag3_P.dproj Vraag3_P.res Vraag3_U.dfm Vraag3_U.pas Vraag 4: butterfly.jpg caterpillar.jpg dragonfly.jpg ladybug.jpg Vraag4_P.dpr Vraag4_P.dproj Vraag4_P.res Vraag4_U.dfm Vraag4_U.pas Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 4 DBE/2022(2) SS/NSS AFDELING A VRAAG 1: ALGEMENE PROGRAMMERINGSVAARDIGHEDE Doen die volgende:  Maak die onvolledige program in die Vraag 1-lêergids oop.  Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die Vraag1_U.pas-lêer in.  Kompileer en voer die program uit. Die program het tans geen funksionaliteit nie. Voorbeeld van grafiese gebruikerskoppelvlak (GGK ('GUI')):  Voltooi die kode vir elke afdeling van VRAAG 1, soos in VRAAG 1.1 tot VRAAG 1.5 wat volg, beskryf is. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 5 DBE/2022(2) SS/NSS 1.1 Knoppie [1.1 – Deel bestuur] 'n Groep universiteitsvriende wil beurte maak om 'n afstand van 2 356,85 km na hulle bestemming te bestuur. 'n Konstante veranderlike rAFSTAND is verklaar om die waarde van 2356.85 te stoor. Die gebruiker moet die getal vriende in die spnV1_1-spin-redigeer('spin edit')- komponent selekteer. Skryf kode om die volgende te doen:  Onttrek die getal vriende wat uit die spnV1_1-spin-redigeer('spin edit')- komponent geselekteer is.  Bereken die getal kilometer wat elke vriend sal bestuur indien die getal kilometer wat afgelê gaan word, gelykop tussen die vriende verdeel word. Gebruik die konstante veranderlike rAFSTAND wat verskaf is, in die berekening.  Gebruik die etiket ('label') lblV1_1 om die getal kilometer te vertoon wat elke vriend sal bestuur, tot die naaste heelgetal afgerond. Voorbeeld van afvoer as die getal vriende wat geselekteer is, 4 is: (4) 1.2 Knoppie [1.2 – Gelukkige nommer] 'n Persoon kan gratis toegang tot 'n uitstalling kry as hulle kaartjienommer 'n perfekte vierkant is. 'n Nommer is 'n perfekte vierkant as die vierkantswortel van die nommer 'n heelgetal is. Skryf kode om die volgende te doen:  Ken 'n ewekansige waarde binne die reikwydte van 1 tot 20 (ingesluit) as die kaartjienommer aan die veranderlike iKaartjieNommer wat verskaf is toe.  Vertoon die kaartjienommer in die redigeerblokkie ('edit box') edtV1_2.  Toets of die kaartjienommer 'n perfekte vierkant is of nie. As die nommer 'n perfekte vierkant is, doen die volgende: o Verander die kleur van die redigeerblokkie edtV1_2 na groen. o Vertoon die boodskap 'Gratis kaartjie' in die edtV1_2Kaartjie- redigeerblokkie. As die nommer NIE 'n perfekte vierkant is NIE, doen die volgende: o Verander die kleur van die redigeerblokkie edtV1_2 na wit. o Vertoon die boodskap 'Nie gratis nie' in die edtV1_2Kaartjie- redigeerblokkie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 6 DBE/2022(2) SS/NSS Voorbeeld van afvoer as die waarde van 9 as die kaartjienommer gegenereer is: Voorbeeld van afvoer as die waarde van 15 as die kaartjienommer gegenereer is: (8) 1.3 Knoppie [1.3 – Vertoon insek] 'n Prentjie is met gebruik van verskillende karakters saamgestel om 'n byagtige figuur te vorm. Die reëls met karakters is in die tekslêer By.txt wat verskaf is, gestoor. Skryf kode om die inhoud van die tekslêer By.txt in die redV1_3-'rich edit', met 'n huts('hash')-karakter (#) aan die begin van elke reël te vertoon. LET WEL: GEEN punte sal vir die gebruik van die 'LoadFromFile'-funksie toegeken word NIE. Voorbeeld van afvoer: (8) 1.4 Knoppie [1.4 – Skakel om] Suid-Afrikaners wat oorsee reis, moet gewoonlik Suid-Afrikaanse rand na ander buitelandse geldeenhede omskakel. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 7 DBE/2022(2) SS/NSS Die gebruiker moet die volgende doen:  Gebruik die redigeerblokkie edtV1_4_1 om die bedrag in te sleutel wat in Suid-Afrikaanse rand omgeskakel moet word.  Gebruik die radiogroep ('radio group') rgpV1_4 om die buitelandse geldeenheid te selekteer waarin die bedrag omgeskakel moet word. Skryf kode om die volgende te doen:  Verklaar geskikte veranderlikes om die bedrag wat ingesleutel is, die wisselkoers en die bedrag wat omgeskakel is, te stoor.  Onttrek die bedrag wat ingesleutel is, uit die redigeerblokkie edtV1_4_1.  Bepaal die wisselkoers deur die volgende tabel te gebruik: BUITELANDSE WISSELKOERS VAN GELDEENHEID EEN SUID-AFRIKAANSE RAND Euro 16.90 Dollar 15.35 Pond 20.42 Jen 0.13 Roepee 0.20  Skakel die bedrag wat ingesleutel is, om na die buitelandse geldeenheid wat geselekteer is.  Vertoon die omgeskakelde bedrag op die paneel pnlV1_4, tot twee desimale plekke geformatteer.  Die vertoon moet die geldeenheid van die opsie wat in die radiogroep ('radio group') geselekteer is, insluit. Voorbeeld van afvoer as 'n bedrag van 100 Suid-Afrikaanse rand ingesleutel is en dollar ($) geselekteer is (linkerkant) en roepee geselekteer is (regter- kant). (10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 8 DBE/2022(2) SS/NSS 1.5 Knoppie [1.5 – Wagwoord] 'n Sterk wagwoord moet ten minste een spesiale karakter (! @ # $ %) insluit en moet uit meer as agt karakters bestaan. 'n Toevoerblokkie ('input box') moet gebruik word om 'n wagwoord in te sleutel. Skryf kode om die volgende te doen:  Stoor die wagwoord wat in die toevoerblokkie ingesleutel is, in 'n veranderlike.  Toets of die wagwoord 'n sterk wagwoord is of nie.  As die wagwoord nie 'n sterk wagwoord is nie, vertoon 'n geskikte boodskap en hou aan om die gebruiker te vra om 'n ander wagwoord in te sleutel totdat 'n sterk wagwoord ingesleutel is. Voorbeeld van toevoer en afvoer as 'n swak wagwoord ingesleutel is: Voorbeeld van toevoer en afvoer as 'n sterk wagwoord ingesleutel is: (10)  Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die programlêer in.  Stoor jou program.  Druk die kode indien dit vereis word. TOTAAL AFDELING A: 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 9 DBE/2022(2) SS/NSS AFDELING B VRAAG 2: SQL EN DATABASISPROGRAMMERING 'n Insektarium is 'n plek waar 'n versameling insekte aangehou en uitgestal word. Die insektarium by 'n plaaslike museum het 'n databasis met die naam InsekMuseum.mdb ontwikkel, wat inligting oor verskillende insekte bevat en ook die kamers waarin hulle uitgestal word. Die databasis bevat twee tabelle met die name tblUitstalKamers en tblInsekte. Die bestuurder by die insektarium het jou hulp nodig met die onttrek van inligting uit die databasis en die onderhoud daarvan. Die bladsye met data aan die einde van die vraestel verskaf inligting oor die ontwerp van die InsekMuseum.mdb-databasis en die inhoud daarvan. Doen die volgende:  Maak die onvolledige projeklêer met die naam Vraag2_P.dpr in die Vraag 2- lêergids oop.  Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die Vraag2_U.pas-eenheidlêer in.  Kompileer en voer die program uit. Die program het tans geen funksionaliteit nie. Die inhoud van die tabelle word vertoon soos wat hieronder met die seleksie van Oortjieblad ('Tab sheet') Vraag 2.2 – Delphi-kode getoon word.  Volg die instruksies hieronder om die kode vir elke afdeling wat in VRAAG 2.1 en VRAAG 2.2 beskryf word, te voltooi.  Gebruik SQL-stellings om VRAAG 2.1 te beantwoord en Delphi-kode om VRAAG 2.2 te beantwoord. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 10 DBE/2022(2) SS/NSS LET WEL:  Die 'Herstel databasis'-knoppie ('Restore database') word verskaf om die data wat in die databasis voorkom, na die oorspronklike inhoud te herstel.  Kode word verskaf om die GGK('GUI')-komponente met die databasis te koppel. Moet NIE enige van die kode wat verskaf is, verander NIE.  TWEE veranderlikes word as publieke veranderlikes verklaar, soos in die tabel hieronder beskryf word. Veranderlike Datatipe Beskrywing tblUitstalKamers TADOTable Verwys na die tabel tblUitstalKamers tblInsekte TADOTable Verwys na die tabel tblInsekte 2.1 Oortjieblad ('Tab sheet') [Vraag 2.1 – SQL] Voorbeeld van grafiese gebruikerskoppelvlak (GGK) vir VRAAG 2.1: LET WEL: Kode om die SQL-stellings uit te voer en die resultate van die navrae te vertoon, word verskaf. Die SQL-stellings wat aan die veranderlikes sSQL1, sSQL2, sSQL3, sSQL4 en sSQL5 toegeken is, is onvolledig. Voltooi die SQL-stellings om die take wat in VRAAG 2.1.1 tot VRAAG 2.1.5 hieronder beskryf word, uit te voer. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 11 DBE/2022(2) SS/NSS 2.1.1 Knoppie [2.1.1 – Lys van insekte] Vertoon al die besonderhede van die insekte in die tblInsekte-tabel, in stygende ('ascending') volgorde volgens habitat en in dalende ('descending') volgorde volgens die gewig van die insekte gesorteer. Voorbeeld van afvoer van die eerste vyf rekords: (3) 2.1.2 Knoppie [2.1.2 – Giftige soutwater-insekte] Vertoon die insekkode en wetenskaplike naam van al die giftige insekte wat in sout water lewe, in die tblInsekte-tabel. Voorbeeld van afvoer: (4) 2.1.3 Knoppie [2.1.3 – Insekte vir geselekteerde habitat] Die gebruiker moet 'n habitat uit die cmbV2_1_3-kombinasielys ('combo box') selekteer. Vertoon die InsekKode-veld en WetenskaplikeNaam-veld van al die insekte in die habitat wat deur die gebruiker geselekteer is. Kode is verskaf om die geselekteerde habitat te onttrek ('extract') en in 'n veranderlike met die naam sHabitat te stoor. Voorbeeld van afvoer as 'Woestyn' as habitat geselekteer is: (4) 2.1.4 Knoppie [2.1.4 – Totale gewig van insekte] Vertoon die UitstalKamerID en die totale gewig van die insekte in elke kamer slegs as die totale gewig meer as een kilogram is. Gebruik Totale Gewig as die naam van die berekende veld vir die totale gewig van die insekte. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 12 DBE/2022(2) SS/NSS Voorbeeld van afvoer: (9) 2.1.5 Knoppie [2.1.5 – Verwyder insekte] Uitstalkamer EX08 gaan opgeknap word en al die insek-uitstallings moet uit hierdie kamer na 'n stoorplek verskuif word. Verwyder al die rekords in die tblInsekte-tabel waar die ExhibitRoomID EX08 is. Kode is verskaf om 'n boodskap te vertoon wat aandui dat die inhoud van die databasis verander is. (3) 2.2 Oortjieblad ('Tab sheet') [Vraag 2.2 – Delphi-kode] Voorbeeld van grafiese gebruikerskoppelvlak (GGK) vir VRAAG 2.2: LET WEL:  Gebruik slegs Delphi-programmeringskode om VRAAG 2.2.1 en VRAAG 2.2.2 te beantwoord.  GEEN punte sal vir SQL-stellings in VRAAG 2.2 toegeken word nie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 13 DBE/2022(2) SS/NSS 2.2.1 Knoppie [2.2.1 – Maksimum uitstallings] Uitstallings word soms na ander kamers verskuif wat beteken dat die maksimum getal uitstallings wat in 'n uitstalkamer toegelaat word, kan verander. In hierdie geval moet die gebruiker die UitstalKamerID van die kamer uit die tblUitstalKamers-tabel in die dbgrid (dbgKamers) selekteer en die aangepaste maksimum getal uitstallings in die edtV2_2_1-redigeerblokkie ('edit box') insleutel. Kode is verskaf om die aangepaste maksimum getal uitstallings uit die edtV2_2_1-komponent te onttrek ('extract') en te stoor. Skryf kode om die maksimum getal uitstallings in die geselekteerde uitstalkamer te verander na die waarde wat ingesleutel is. Voorbeeld van die resultaat as die uitstalkamer met die kode EX01 geselekteer is en 'n waarde van 60 ingesleutel is: Die maksimum getal uitstallings wat voor die verandering in kamer EX01 toegelaat word: Die maksimum getal uitstallings wat na die verandering in kamer EX01 toegelaat word: (4) 2.2.2 Knoppie [2.2.2 – Lewendige uitstallings] 'n Verslag wat die kode en gewig vertoon van die insekte in elke kamer wat lewendige uitstallings akkommodeer, is aangevra. Die totale getal insekte tans in elk van hierdie kamers en die getal plekke wat nog vir meer insekte oor is, moet ook bereken en vertoon word. Skryf kode om die volgende te doen: Doen die volgende vir elke kamer met lewendige uitstallings:  Vertoon die UitstalKamerID van die kamer as 'n opskrif in die 'rich edit'-komponent redV2_2_2.  Vertoon die InsekKode en Gewig van al die insekte in die kamer.  Bepaal en vertoon die totale getal insekte in die kamer.  Bepaal en vertoon die getal plekke wat nog oor is om meer insekte in die kamer te akkommodeer. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 14 DBE/2022(2) SS/NSS Voorbeeld van afvoer van die eerste kamer in die tblInsekte-tabel wat lewendige insek-uitstallings akkommodeer: (13)  Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die programlêer in.  Stoor jou program.  Druk die kode indien dit vereis word. TOTAAL AFDELING B: 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 15 DBE/2022(2) SS/NSS AFDELING C VRAAG 3: OBJEK-GEORIËNTEERDE PROGRAMMERING Suid-Afrika is die tuiste van sprinkaanspesies wat gereeld swerms vorm en skade aan oeste aanrig. 'n Betroubare inspeksiestelsel is opgestel om te bepaal of dit nodig is dat 'n plaas waar 'n uitbreking van sprinkane aangemeld is, onmiddellik behandel moet word of nie. Die onvolledige program wat verskaf is, moet voltooi word en gebruik word om te bepaal of 'n geïdentifiseerde swerm sprinkane 'n gevaar inhou en behandeling vereis, of nie. Doen die volgende:  Maak die onvolledige program in die Vraag 3-lêergids oop.  Maak die onvolledige objekklas Inspeksie_U.pas oop.  Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van beide die Vraag3_U.pas-lêer en die Inspeksie_U.pas-lêer in.  Kompileer en voer die program uit. Die program het tans beperkte funksionaliteit. Voorbeeld van grafiese gebruikerskoppelvlak (GGK):  Voltooi die kode soos gespesifiseer in VRAAG 3.1 en VRAAG 3.2 wat volg. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 16 DBE/2022(2) SS/NSS 3.1 Die onvolledige objekklas (TInspeksie) wat verskaf is, bevat kode vir die verklaring van vier attribute wat gebruik word om 'n Inspeksie-objek en -metodes te beskryf. Die volgende is in die objekklas verskaf:  Die verklaring van die volgende attribute vir 'n TInspection-objek: Attribuut Beskrywing fPlaasNaam Die naam van 'n plaas fInspeksieDatum Die datum van die inspeksie (dd/mm/jjjj) fPlaasGrootte Die totale grootte van die plaas in hektaar gemeet fSprinkaanStadium Die huidige ontwikkelingstadium van 'n sprinkaan (eier, nimf, voetganger of volwasse sprinkaan)  'n Voltooide konstruktor met die naam 'Create'  'n Voltooide toString-metode wat die besonderhede van 'n inspeksie in die volgende formaat vertoon: Naam van plaas: <Plaasnaam> Inspeksiedatum: <Inspeksiedatum> Grootte van plaas: <Plaasgrootte> hektaar Sprinkaanstadium: <Ontwikkelingstadium van sprinkaan> Voltooi die kode in die objekklas soos in VRAAG 3.1.1 tot VRAAG 3.1.4 hieronder beskryf word. 3.1.1 Skryf 'n toegangsmetode ('accessor method') met die naam getPlaasNaam wat die naam van die plaas sal terugstuur. (2) 3.1.2 Skryf 'n metode met die naam berekenPDoderBenodig om die hoeveelheid plaagdoder wat nodig is om die plaas te behandel, in liter te bereken en terug te stuur. Die terugstuurwaarde moet tot die naaste heelgetalwaarde afgerond word. LET WEL: 'n Liter plaagdoder word gebruik om 'n maksimum van 0,85 hektaar te behandel. (3) 3.1.3 Die ontwikkelingstadium van die sprinkaan dui die tydsduur van die uitbreking in weke aan. Gebruik die inligting in die tabel hieronder en skryf 'n metode met die naam bepaalTydsduur om die tydsduur van die uitbreking te bepaal en 'n string terugstuur wat die tydsduur van die uitbreking beskryf. Sprinkaan se stadium Tydsduur van ontwikkeling van die uitbreking Nimf Minder as 2 weke Voetganger 2 tot 8 weke Volwassene Meer as 8 weke (7) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 17 DBE/2022(2) SS/NSS 3.1.4 Skryf 'n metode met die naam behandelingBenodig wat die grootte van die area op die plaas wat besmet is, in hektaar as 'n parameter ontvang. Stuur die string 'Behandeling benodig' terug as EEN van die volgende voorwaardes nagekom is:  Die ontwikkelingstadium van die sprinkaan is 'Volwasse'. OF  Die area wat besmet is, is meer as 25% van die totale grootte van die plaas. Stuur die string 'Behandeling nie benodig nie' terug as geen van die voorwaardes hierbo nagekom is nie. (7) 3.2 'n Onvolledige program, Vraag3_P, is in die Vraag 3-lêergids verskaf. Die program bevat kode vir die objekklas om toeganklik te wees en verklaar 'n objekveranderlike met die naam objInspeksie. Skryf kode om die take wat in VRAAG 3.2.1 tot VRAAG 3.2.4 beskryf word, uit te voer. 3.2.1 Knoppie [3.2.1 – Instansieer en vertoon besonderhede van objek] Kode is verskaf om die naam van die plaas, inspeksiedatum en die grootte van die plaas uit die relevante redigeerblokkies te onttrek ('extract'). Skryf kode om die volgende te doen:  Onttrek die ontwikkelingstadium van die sprinkane uit die kombinasielys ('combo box') cmbV3_1.  Instansieer 'n nuwe inspeksie-objek ('inspection object').  Gebruik die toString-metode om die besonderhede van die objek in die 'rich edit' redV3 te vertoon. Voorbeeld van toevoer: (5) 3.2.2 Knoppie [3.2.2 – Tydsduur van uitbreking] Skryf kode om die relevante metode te roep om die tydsduur van die uitbreking te bepaal en die resultaat in die 'rich edit' redQ3 te vertoon. Voorbeeld van afvoer as die ontwikkelingstadium van die sprinkane 'voetganger' is: (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 18 DBE/2022(2) SS/NSS 3.2.3 Knoppie [3.2.3 – Hoeveelheid plaagdoder] Skryf kode om die relevante metode te roep om die liter plaagdoder te bepaal wat benodig word om die besmette area te behandel en die resultaat in die 'rich edit' redV3 te vertoon. Voorbeeld van afvoer met die besonderhede van die plaas, die uitbreking en die hoeveelheid plaagdoder wat benodig word: (4) 3.2.4 Knoppie [3.2.4 – Skryf na lêer] Die gebruiker moet die grootte van die besmette area op die plaas in hektaar in die edtV3_2_4-redigeerblokkie insleutel. Die grootte van die besmette area van die plaas sal gebruik word om te bepaal of die plaas behandeling benodig of nie. Die uitslag van die inspeksie moet in die volgende formaat by die data gevoeg word wat in die tekslêer Resultate.txt wat verskaf is, gestoor is: <Naam van plaas> <Behandeling benodig/nie benodig nie> Inhoud van die tekslêer Resultate.txt wat verskaf is: Nottingham Behandeling benodig Clarens-plaas Behandeling nie benodig nie Kode is verskaf om die grootte van die besmette area van die plaas in hektaar uit die edt V3_2_4-redigeerblokkie te onttrek. Skryf kode om die volgende te doen:  Maak die tekslêer Resultate.txt oop om nuwe inligting by te voeg.  Roep die behandelingBenodig-metode en gebruik die grootte van die besmette area as 'n argument om te bepaal of die plaas behandeling benodig of nie.  Skryf die volgende inligting na die tekslêer: o Die naam van die plaas o Of behandeling benodig word of nie  Gebruik 'n dialoogblokkie om aan te dui dat die inligting na die lêer geskryf is. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 19 DBE/2022(2) SS/NSS Voorbeeld van boodskap wat vertoon moet word: Voorbeeld van die inhoud van die tekslêer Resultate.txt nadat die inligting by die lêer gevoeg is: Voorbeeld van 'n ander inspeksie wat met die volgende inligting uitgevoer is: Voorbeeld van die inhoud van die tekslêer Resultate.txt nadat die inspeksie voltooi is en 5 hektaar as die besmette area ingesleutel is: (9)  Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die objekklas en die vormklas in.  Stoor jou program.  Druk die kode in die objekklas en vormklas indien dit vereis word. TOTAAL AFDELING C: 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 20 DBE/2022(2) SS/NSS AFDELING D VRAAG 4: PROBLEEMOPLOSSINGPROGRAMMERING Die Insek-lo-pedia hou hulle jaarlikse vasvrakompetisie. Jy is gevra om die organisasie te help deur 'n elektroniese meervoudigekeuse-program te ontwikkel. Doen die volgende:  Maak die onvolledige program in die Vraag 4-lêergids oop.  Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die Vraag4_U.pas-lêer in.  Kompileer en voer die program uit. Die program het tans geen funksionaliteit nie. Voorbeeld van grafiese gebruikerskoppelvlak (GGK): Die volgende kode is verskaf:  'n Skikking arrVraagAntw wat uit tien vrae met vier meervoudigekeuse-antwoorde elk bestaan Die formaat van die elemente in die skikking word hieronder gegee. ((<Vraag1>, <antwoord1>, <*antwoord2>, <antwoord3>, <antwoord4>), ((<Vraag2>, <*antwoord1>, <antwoord2>, <antwoord3>, <antwoord4>), ...) Die korrekte antwoord op 'n vraag word met 'n asterisk (*) as die eerste karakter aangedui. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 21 DBE/2022(2) SS/NSS Voorbeeld van die gegewe kode vir die eerste drie vrae en moontlike antwoorde word hieronder gegee. arrVraagAntw: array [1..10, 1..5] of String = ( (''n Ruspe is die .......... stadium van ''n skoenlapper.', 'papie-', '*larwe-', 'volwasse', 'baba-'), ('Een van die ontwikkelingstadiums van ''n sprinkaan is ''n ..........', '*voetganger', 'larwe', 'stapper', 'vlieër'), ('Die meeste insekte haal deur hulle .......... asem.', 'vel', 'kieue', 'longe', '*lugbuisies'), ..........  Twee globale veranderlikes iTel en iTelling is verklaar en na nul geïnisialiseer: iTel: Integer = 0; iTelling: Integer = 0; Voltooi die kode vir elke afdeling van VRAAG 4 soos beskryf in VRAAG 4.1 tot VRAAG 4.3 word. 4.1 Knoppie [4.1 – Vertoon vraag] Vrae en antwoorde uit die arrVraagAntw-skikking moet in volgorde van Vraag 1 tot Vraag 10 vertoon word, een vraag op 'n slag met die klik van btnV4_1. Skryf kode om die volgende te doen:  Gebruik die iTel-veranderlike om die nommer van die vraag in die paneel pnlV4 te vertoon.  Vertoon die ooreenstemmende vraag uit die skikking arrVraagAntw in die 'rich edit' redV4.  Vertoon die vier moontlike antwoorde in die lysblokkie ('list box') lsbV4. Die asterisk-karakter wat die korrekte antwoord aandui, moet NIE vertoon word NIE. Kode is verskaf om die volgende te doen:  Maak die lysblokkie lsbV4 aktief nadat die 'Vertoon vraag'-knoppie geklik is.  Maak die btnV4_1-knoppie onaktief nadat al tien die vrae vertoon is. Voorbeeld van afvoer vir die eerste vraag in die arrVraagAntw-skikking: (7) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 22 DBE/2022(2) SS/NSS 4.2 Knoppie [4.2 – Verskaf antwoord] Daar word van die gebruiker verwag om 'n antwoord uit die lysblokkie lsbV4 te selekteer sodra 'n vraag en moontlike antwoorde vertoon word. Skryf kode om die volgende te doen:  As die Dien antwoord in-knoppie geklik word sonder dat 'n antwoord uit die lsbV4-lysblokkie geselekteer is, doen die volgende: o Gebruik 'n ShowMessage-dialoogblokkie om die boodskap te vertoon: 'Geen antwoord is verskaf nie! Geen punte nie.' o Ken die waarde van 5 aan die 'ItemIndex' van die lsbV4-lysblokkie toe.  As 'n antwoord geselekteer en ingedien is, doen die volgende: o Verkry die geselekteerde antwoord uit die lysblokkie lsbV4. o Toets of die geselekteerde antwoord korrek is of nie. o Gebruik 'n vertoon boodskap-dialoogblokkie om 'n geskikte boodskap te vertoon. o As die antwoord korrek is, inkrementeer die telling deur die waarde van 1.  Nadat al die vrae beantwoord is, gebruik 'n ShowMessage-dialoogblokkie om die finale telling te vertoon. Kode is verskaf om die lysblokkie lsbV4 onaktief te maak nadat 'n antwoord geselekteer is. Voorbeeld van afvoer as die eerste vraag korrek beantwoord is: Voorbeeld van afvoer as die eerste vraag nie korrek beantwoord is nie: Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 23 DBE/2022(2) SS/NSS Voorbeeld van afvoer as die Verskaf antwoord-knoppie geklik is sonder dat 'n antwoord geselekteer is: Voorbeeld van afvoer van die finale telling sodra al die vrae beantwoord is: (10) 4.3 Knoppie [4.3 – Skommel antwoorde] Die skommel van antwoorde is nodig om deelnemers toe te laat om dieselfde vrae weer te probeer beantwoord. Kode is verskaf om die knoppie btnV4_1 aktief te maak om toe te laat dat die vrae weer vertoon word nadat die antwoorde geskommel is. Skryf kode om die volgende te doen:  Ruil die opsies wat as antwoorde op elke vraag voorsien is ewekansig om in die skikking arrVraagAntw.  Stel die iTel-veranderlike op nul.  Gebruik 'n ShowMessage-dialoogblokkie om 'n boodskap te vertoon wat aandui dat die antwoorde geskommel is. Voorbeeld van afvoer van die oorspronklike antwoorde vir Vraag 1: Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 24 DBE/2022(2) SS/NSS Voorbeeld van afvoer van moontlike antwoorde vir Vraag 1 nadat die antwoorde geskommel is: (12)  Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die programlêer in.  Stoor jou program.  Druk die kode indien dit vereis word. TOTAAL AFDELING D: 30 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 1 DBE/2022(2) SS/NSS INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 DATABASISINLIGTING VIR VRAAG 2: Die ontwerp van die databasistabelle is soos volg: Tabel: tblUitstalKamers Hierdie tabel bevat die besonderhede van die kamers waar die insekte uitgestal word. Veldnaam Datatipe Beskrywing UitstalKamerID Text (5) Unieke ID vir elke uitstalkamer MaksUitstallings Number Die maksimum getal insekte wat in 'n kamer geakkommodeer kan word Kategorie Text (30) Die kategorie van insekte in die kamer LewendeVoorbeelde Boolean 'n Waarde van 'true' wat aandui of die voorbeeld in die kamer lewendig is of nie Voorbeeld van die eerste agt rekords van die tblUitstalKamers-tabel: Tabel: tblInsekte Hierdie tabel bevat die inligting van die insekte. Veldnaam Datatipe Beskrywing InsekKode Text (5) Unieke kode vir elke insek WetenskaplikeNaam Text (24) Wetenskaplike naam van die insek Giftig Boolean Boolese waarde wat aandui of die insek giftig is of nie Gewig Number Gewig van die insek in gram Habitat Text (11) Die habitat van elke insek (sand, vars water, woestyn, berg, sout water, boswêreld, boord) UitstalKamerID Text (5) Unieke ID wat die kamer aandui waarin die insek uitgestal sal word Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 2 DBE/2022(2) SS/NSS Voorbeeld van die eerste tien rekords van die tblInsekte-tabel: LET WEL:  Konneksiekode is verskaf.  Die databasis is met 'n wagwoord beskerm, dus sal jy nie direkte toegang tot die databasis kan verkry nie. Die volgende een-tot-baie-verwantskap met referensiële integriteit ('referential integrity') bestaan tussen die twee tabelle in die databasis: Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Information Technology

View all