Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2022
INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2
NASIENRIGLYN
PUNTE: 150
Hierdie nasienriglyn bestaan uit 14 bladsye.
Skip to contentAll 2022 papers 





View all




_hlayiso.com_--7454979b-cba2-4b39-a884-69e6b1c0f5c6/v1-3f9dc1675d92ae7768e5/card.webp)
Information Technology Grade 12 P2 2022 Memo (Afr)
Grade 12 Information Technology Paper 2 memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2022 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.
Information Technology · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2022 · Afrikaans. Memorandum, 14 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Information Technology
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2022
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 14
- File size
- 211.1 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 14
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2022
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2022)
AFDELING A: KORTVRAE
VRAAG 1
1.1 1.1.1 Rekord ✓ (1)
1.1.2 Normalisasie ✓ (1)
1.1.3 Nul-inlassing-krag/ZIF/SVE-gleuf ✓ (1)
1.1.4 Kuberkraker ✓ (1)
1.1.5 Nutsprogramme/Nutssagteware ✓ (1)
1.1.6 Nodus ✓ (1)
1.1.7 Internet van Dinge/IvD ✓ (1)
1.1.8 ETG ✓ (1)
1.1.9 Memes ✓ (1)
1.1.10 Intranet ✓ (1)
1.2 1.2.1 B ✓ – (objek) ✓ (1)
1.2.2 C ✓ – (‘Method signature’) (1)
1.2.3 B ✓ – (soektyd) (1)
1.2.4 D ✓ – (Kraggebruikers) (1)
1.2.5 C ✓ – (verswakking) (1)
TOTAAL AFDELING A: 15
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 3
AFDELING B: STELSELTEGNOLOGIEË
VRAAG 2
2.1 2.1.1 Enige EEN: ✓
• Moederbord
• Hoofbord
• Stroombaanbord (1)
2.1.2 Enige TWEE: ✓✓
• Verskaf fisiese struktuur vir ander hardeware.
• Verbind die hardeware.
• Verskaf krag aan die hardeware.
• Stuur seine tussen die hardeware. (2)
2.1.3 Enige EEN: ✓
• ʼn Moederbordbus verbind een gedeelte van die moederbord om met
ander gedeeltes van die moerderbord te kommunikeer.
• Dit dien as ʼn koppelvlak tussen die SVE en verskeie eksterne
toestelle. (1)
2.1.4 • Toets dat alle belangrike hardeware (ETG, hardeskyf, sleutelbord)
teenwoordig is, en werk. ✓
• Verskaf gebruikers met ʼn keuse of stel opsies om die rekenaar op
die laagste vlak te konfigureer of die instellings wat in die KMOH
(‘CMOS’) gestoor is, te verander. ✓
• Vind en laai die bedryfstelsel. ✓
• Beheer die hardeware op ʼn laer vlak. ✓ (4)
2.1.5 (a) SGTA (‘SATA’) ✓ (1)
(b) ‘Dual Inline Memory Module/DIMM’ ✓ (1)
2.1.6 KMOH (‘CMOS’) is ʼn tipe geheue wat die BTAS (‘BIOS’) instellings
stoor wat opdateer of verander kan word. ✓ (1)
2.2 Enige TWEE: ✓✓
• Elektronies (ETG het geen beweegbare dele nie)
• Vinnig (ETG is vinnig omdat dit elektronies is)
• Onstabiel (Dit verloor inhoud as die kragtoevoer onderbreek of verwyder
is.)
• Betreklik duur (RAM is duurder per gigagreep as berging.)
• Beperk (Die aantal gleuwe wat die moerderbord het. Die aantal geheue
wat die bedryfstelsel kan aanspreek of gebruik.) (2)
2.3 ‘Power On Self-Test (POST)’ verwys na ʼn begintoets wat plaasvind as die
rekenaar aangeskakel word om te verseker dat al die hardeware (ETG,
sleutelbord, stoor) aanwesig en in werkende toestand is. ✓ (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2022)
2.4 Plug-and-Play ✓ (1)
2.5 Stelselklok koördineer aktiwiteite op die moederbord. ✓ (1)
2.6 • Onstabiele geheue/Tydelike stoor/Primêre Geheue ✓
Voorbeeld: ETG ✓
• Stabiele geheue/Sekondêre geheue/Permanente stoor ✓
Voorbeeld: Enige EEN: ✓
o Hardeskyf/HDD
o Vaste toestandskyf/SSD
o Optiese skyf
o Geheuekaart
o Sim-kaart
o Geheuestokkie
o Kassette (4)
2.7 Enige TWEE: ✓✓
• ETG
• SVE
• Videokaart (2)
2.8 • Kompileerders verwys na sagteware wat programinstruksies wat in hoë-
vlak taal geskryf is, na ʼn onafhanklike uitvoerbare lêer vertaal
(met ʼn exe. uitbreiding) wat afsonderlik van die programtaal laat uitvoer.
OF
• Kompileerder neem ʼn hele program en vertaal dit na masjienkode. ✓
Interpreteerders verwys na sagteware wat programinstruksies een reël
op ʼn slag na masjienkode vertaal. ✓ (2)
TOTAAL AFDELING B: 24
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 5
AFDELING C: KOMMUNIKASIE- EN NETWERKTEGNOLOGIEË
VRAAG 3
3.1 3.1.1 Oorlading van inligting verwys na oormaat/te veel inligting beskikbaar
vir ʼn persoon wat daarop gemik is om ʼn taak te voltooi of ʼn besluit te
neem. ✓
Digitale kloof verwys na ʼn gaping tussen diegene wat voordeel trek uit
die digitale era en diegene wat nie. ✓ (2)
3.1.2 ‘Search Engine Optimisation’ ✓ (1)
3.1.3 • URL begin met HTTPS ✓
• Daar is ʼn geslote slot/slot ✓ iewers op die bladsy of langs die URL. (2)
3.2 3.2.1 Beveiligde Soklaag (BSL) is ʼn enkripsieprotokol wat die data oor die
internet enkripteer. ✓ (1)
3.2.2 BSL word deur webwerwe gebruik om sensitiewe inligting te
kommunikeer. ✓ (1)
3.2.3 Enige TWEE: ✓✓
• Die domeinnaam of vak waarvoor die sertifikaat geldig is
• Die sertifikaatowerheid wat die sertifikaat geskep/uitgereik het
• Die datums waarvoor die sertifikaat geldig is
• Eienaar se publieke sleutel
• Eienaar se naam
• Vervaldatum van die publieke sleutel
• Reeksnommer van die digitale sertifikaat
• Digitale handtekening van die uitreiker (2)
3.3 3.3.1 Virtuele Privaat Netwerk/VPN is ʼn netwerk wat geskep word via ʼn
publieke netwerk soos die internet. ✓ (1)
3.3.2 Enige TWEE: ✓✓
• Dit laat die gebruiker toe om vanaf ʼn afgeleë ligging by ʼn netwerk
aan te meld met dieselfde voordele van privaatheid en sekuriteit as
ʼn LAN.
• Dit is nuttig wanneer ʼn persoon by ʼn organisasie se netwerk moet
aanmeld en toegang tot lêers wat op die lêerbediener gestoor is,
moet kry wanneer hulle by die huis of op reis is.
• Dit laat jou toe om te werk asof jou rekenaar aan alle hulpbronne op
die netwerk gekoppel is en al die lêers waartoe jy toegang het op
daardie netwerk.
• Jy kan al jou kommunikasie deur die afgeleë netwerk stuur. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2022)
3.4 3.4.1 Enige EEN: ✓
• Netwerkkommunikasiekanaal is ʼn transmissiemedia waarop data,
instruksies of inligting (seine) vanaf die stuurtoestel/bron na die
ontvangtoestel/bestemming beweeg.
• Netwerkkommunikasiekanaal is ʼn pad of ʼn manier wat seine van
die stuurtoestel/bron na die ontvangtoestel/bestemming vervoer
word. (1)
3.4.2 • Gekabelde kommunikasiekanaal ✓
Voorbeeld: Enige EEN: ✓
o Draadpaar (Onafgeskermde draadpaar-kabels/UTP)
o Veseloptiese kabels
• Kabellose kommunikasiekanaal ✓
Voorbeeld: Enige EEN: ✓
o Satelliete
o Mikrogolfstasies (4)
3.4.3 • Netwerkkoppelvlakkaart/NKK kry data van die res van die
rekenaarstelsel en kodeer die data sodat dit oor ʼn spesifieke
medium gestuur kan word. ✓
• NKK ontvang data oor ʼn medium en dekodeer dit sodat dit deur die
res van die rekenaarstelsel verstaan kan word. ✓ (2)
3.4.4 • Skakeltoestel is hardeware wat gebruik word om toestelle in ʼn
sentrale ligging aan ʼn netwerk te koppel sodat kommunikasie kan
plaasvind. ✓
• Roeteerder is hardeware wat kommunikasie tussen netwerke oor
die internet moontlik maak deur data na die korrekte bestemming te
stuur. ✓ (2)
3.5 Bandwydte verwys na die totale hoeveelheid data wat in ʼn gegewe tydperk van
een punt na ʼn ander punt oorgedra kan word. ✓ (1)
3.6 3.6.1 Enige TWEE: ✓✓
• Deel van hardeware
• Deel van sagteware
• Deel van data en inligting (2)
3.6.2 • Intranet is ʼn organisasie se private netwerk en is ʼn internetagtige
omgewing wat bestaan uit webblaaie wat met die organisasie se
besigheid verband hou. ✓
• Ekstranet is ʼn organisasie se intranet (of deel daarvan) wat
beskikbaar is vir ander gebruikers buite die organisasie. ✓ (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 7
3.7 Enige DRIE: ✓ ✓ ✓
• ‘DRM’ (‘Digital Rights Management’)
• ‘ATM’
• Internet webblaaier
• Skype-oproepe
• Aanlyn-stoordienste (3)
TOTAAL AFDELING C: 29
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2022)
AFDELING D: DATA- EN INLIGTINGBESTUUR
VRAAG 4
4.1 4.1.1 Data is ʼn versameling items/feite wat nie geprosesseer is nie. ✓
Inligting verwys na geprosesseerde data wat akkuraat georganiseerd,
betyds, betekenisvol en bruikbaar is. ✓ (2)
4.1.2 Enige EEN: ✓
• Databasis is ʼn versameling data wat op ʼn wyse georganiseer is wat
toegang, herwinning en gebruik van data toelaat.
• Databasis is ʼn versameling van data of feite oor ʼn spesifieke
onderwerp. (1)
4.2 4.2.1 Enige EEN: ✓
• Datavalidering is ʼn tegniek wat gebruik word om die aantal foute
wat gemaak kan word tydens die invoer van data te verminder deur
te verseker dat data aan ʼn stel gespesifiseerde vereistes/reëls
voldoen.
• Datavalidering verwys na die proses om data wat in ʼn stelsel
ingevoer is, te vergelyk met ʼn stel reëls om die korrektheid of
akkuraatheid daarvan te bepaal. (1)
4.2.2 Enige TWEE: ✓✓
• Formaattoets
• Datatipe-toets
• Intervaltoets
• Kontrolesyfer (2)
4.3 4.3.1 Onreëlmatigheid ✓ (1)
4.3.2 Data-oortolligheid verwys na onnodige herhaling/duplisering van data
in ʼn databasis. ✓
Data-integriteit verwys na die algehele volledigheid, akkuraatheid en
konsekwentheid van data. ✓ (2)
4.4 4.4.1 tblEmployees – EmployeeID ✓
tblHoursLog – LogID ✓ (2)
4.4.2 tblHoursLog ✓ en EmpID ✓ (2)
4.4.3 Ja/Nee ✓ (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 9
4.4.4
tblEmployees ✓ tblHoursLog
EmployeeID ✓ ✓ LogID
FirstName EmpID ✓
LastName Date
HourlyRate HoursWorked
JobTitle
FirstAidTraining
(4)
4.4.5 Entiteit ✓ (1)
4.4.6 Saamgestelde sleutel (‘Composite/Combined/Concatenated key’) ✓ (1)
4.5 Enige TWEE: ✓✓
• Beplan en ontwerp die databasis
• Voeg by of verwyder velde van bestaande databasis
• Ontwerp die tegniese vereistes van die databasis
• Beplan hoe die inligting in die databasis sal vloei (2)
4.6 Logging is die proses om al die veranderinge wat deur gebruikers van die
databasis gemaak is, op te teken. ✓ (1)
TOTAAL AFDELING D: 23
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2022)
AFDELING E: OPLOSSINGSONTWIKKELING
VRAAG 5
5.1 Fisiese lêernaam verwys na die eksterne lêernaam wat op ʼn stoortoestel gevind
word en bevat die werklike data. ✓
Logiese lêernaam is ʼn veranderlike (in ETG) wat na die fisiese lêer op jou
stoormedium wys. ✓ (2)
5.2 txt ✓ (1)
5.3 5.3.1 Enige EEN: ✓
• Maak die lêer, tPayrollReport, oop sodat inligting aan die lêer geskryf
kan word.
• Dit maak dit slegs moontlik om data aan die einde van die lêer
tPayrollReport te voeg. (1)
5.3.2 Skryf die huidige datum langs die opskrif, Report Date, na die logiese lêer,
tPayrollReport, 15 spasies is beskikbaar vir die huidige datum en die
datum is regs inlyn gestel. ✓ (1)
5.3.3 Skep ʼn nuwe lêer tPayrollReport met slegs skryftoegang (skryf) en stel
die lêerwyser aan die begin van die lêer en as die lêer reeds bestaan, is
die inhoud van die lêer verlore. ✓ (1)
5.3.4 Maak ʼn bestaande lêer (tPayrollReport) oop vir leesalleentoegang en stel
die lêerwyser aan die begin van die lêer sodat teks vanaf die begin van
die tekslêer gelees kan word. ✓ (1)
5.4 Algoritme ✓ (1)
5.5 5.5.1 Type ✓ (1)
5.5.2 Real ✓ (1)
5.5.3 Konstruktor ✓ (1)
5.5.4 (a) Enige EEN: ✓
• CalcMonthlySalary
• toOutputString (1)
(b) Enige EEN: ✓
• GiveRaise(rRaisePerc : Real);
• YearEnd; (1)
(c) GetYearly : Real; ✓ (1)
5.6 Enkapsulasie ✓ (1)
5.7 Logika-fout ✓ (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 11
5.8 Boolean ✓ (1)
5.9 5.9.1 Elemente ✓ (1)
5.9.2 const ✓
arrStudentePunte : array[1..6] of Integer ✓ = (60,70,40,80,90,59) ✓; (3)
5.9.3 arrStudentePunte[2]; ✓ (1)
5.9.4 Tydelik ✓ (1)
5.9.5 Tekslêers ✓ (1)
TOTAAL AFDELING D: 24
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2022)
AFDELING F: GEÏNTEGREERDE SCENARIO
VRAAG 6
6.1 6.1.1 Skriptiener is ʼn term wat gebruik word vir mense wat virusprofielvorme
of vooraf geskepte skrif te verkry wat hulle dan verander en vrystel. ✓
Enige EEN:✓
• Kuberkrakers breek by rekenaarstelsels in vir ʼn verskeidenheid
redes, van diefstal van data tot die toets van hul vaardighede tot die
maak van politieke uitsprake.
• Die woord kraker kan ook gebruik word om te verwys na mense wat
sagteware krake skryf (nutsmiddels wat toelaat dat sagteware
geroof en onwettig gebruik word). (2)
6.1.2 Kwaadwillige sagteware is sagteware wat spesifiek ontwerp word om
sonder die gebruiker se kennis die rekenaarstel negatief te beïnvloed
of beskadig. ✓ (1)
6.1.3 Enige DRIE: ✓✓✓
• Installering en opdatering van anti-virus sagteware
• Gebruik ʼn netskans
• Hou al jou sagteware op datum
• Wees bewus van huidige neigings in rekenaarmisdaad
• Toepassing van gesonde verstand
• Volg ʼn goeie wagwoordbeleid (3)
6.1.4 Enige TWEE: ✓✓
• Gebruik verskillende wagwoorde vir verskillende rekeninge
• Maak jou wagwoorde lank
• Vermy woorde wat in ʼn woordeboek gevind kan word
• Verander gereeld jou wagwoord
• Vermy die gebruik van persoonlike inligting van jouself of familie
wat maklik verkry kan word. (2)
6.2 6.2.1 Enige TWEE: ✓✓
• Vingerafdrukleser
• Handgeometriese-stelsels
• Gesigherkenningstelsels
• Handtekeningverifikasie
• Iris-herkenningstelsels
• Retina-skandeerders (2)
6.2.2 Enige TWEE: ✓✓
• Handgeometriese-lesers kan kieme versprei
• In gevalle van keelseer, kan ʼn stemherkenningstelsel jou toelating
belet
• Mense is nie gemaklik om iris-herkenningstelsels te gebruik nie
• Elektrisiteitprobleme kan veroorsaak dat die toestelle nie werk nie
• As jy jou vinger sny, kan ʼn vingerafdrukleser jou dalk nie beskou as
ʼn wettige gebruiker nie (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 13
6.3 6.3.1 Protokol is ʼn stel reëls vir die enkodering en dekodering van data vir
oordrag oor ʼn netwerk. ✓ (1)
6.3.2 Eenvoudige Posoordragprotokol (EPOP) (‘SMTP’) is die algemeenste
protokol vir die stuur van e-posse oor die Internet. ✓
Post Office Protocol 3 (POP3) is die protokol wat gebruik word om
e-posse van die POP3-bedieners oor die Internet, af te laai. ✓ (2)
6.3.3 Lêeroordragprotokol (‘File Transfer Protocol/FTP’) ✓ (1)
6.3.4 ‘Blind Carbon Copy’ ✓ (1)
6.4 6.4.1 E-handel verwys na ʼn besigheidstransaksie wat oor ʼn elektroniese
netwerk soos internet plaasvind. ✓ (1)
6.4.2 Enige TWEE: ✓✓
• Koop van goedere/produkte
• Besprekings
• Vermaak
• Aanlynhandel
• Bankdienste
• Aanlynleer
• Skarebefondsing
• Betaling van rekeninge
• Spoordienste
• Media-dienste (2)
6.4.3 Mandjie is ʼn elektroniese trollie wat die koper toelaat om inkopies te
kollekteer. ✓ (1)
6.4.4 Enige TWEE: ✓✓
• Pay-pal/Google checkout
• Bankkaarte (Debiet/Kredietkaarte)
• Direkte deposito
• Bit coin
• Punte (2)
6.5 6.5.1 Enige TWEE: ✓✓
• Rug en nekpyn
• Hand of armpyn
• Oogstremming
• Oorgewig
• Rekenaarstres
• Herhalende ooreisingsbeserings ‘Repetitive Strain Injury (RSI)’
• Carpal Tunnel Syndrome (CTS) (2)
6.5.2 Digitale kloof is ʼn gaping tussen mense wat toegang tot rekenaars en
tegnologie het en mense wat dit nie het nie. ✓ (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2022)
6.5.3 Enige TWEE: ✓✓
• Hou boodskappe bondig/kort.
• Gebruik korrekte taal, spelling en leestekens.
• Pasop om sarkasme en humor te gebruik want dit kan verkeerd
geïnterpreteer word.
• Wees hoflik. Vermy aanstootlike taal.
• Lees die boodskap voor jy dit stuur.
• Gebruik betekenisvolle onderwerpe in opskrif.
• Moenie gemorspos stuur nie.
• Moenie hoofletters gebruik nie. Dit is dieselfde as SKREE!
• Gebruik afkortings en akronieme vir frases.
• Moenie aan flamoorloë deelneem nie OF Vermy die stuur of
plaas van flame wat beledigende boodskappe is. (2)
6.5.4 Enige EEN: ✓
• Groenrekenarisering verwys na inisiatiewe om tegnologie op ʼn
omgewingsvriendelike manier te ontwerp, gebruik en te
verwyder.
• Groenrekenarisering behels die vermindering van elektrisiteit en
omgewingsvermorsing terwyl rekenaars gebruik word OF Groen
rekenaars verminder die omgewingsimpak van die daaglikse
gebruik van rekenaars. (1)
6.5.5 Ergonomie ✓ (1)
6.6 6.6.1 Enige TWEE: ✓✓
• ʼn Toep se koppelvlak is makliker om te gebruik.
• ʼn Toep het ʼn spesifieke doel en resulteer nie in afwyking of
verlies aan fokus nie.
• Jy hoef nie URL’s te onthou nie of die bestuur van keuselyste of
boekmerke, om te onthou waarheen jy wil gaan.
• Toeps kan gestel word om data in die agtergrond te kry selfs al
gebruik jy dit nie en dan jou te laat weet as daar enige
veranderinge plaasgevind het.
• All die koppelvlak data is alreeds op die toestel as deel van die
toep geïnstalleer en hoef nie afgelaai te word nie.
• Toepassings kan met gesinkroniseerde dienste werk.
• Toeps kan addisionele sensors van jou mobiele toestel gebruik. (2)
6.6.2 Enige TWEE: ✓✓
• Blaai en blaaier-ontdekking van werwe neem af.
• Soekenjins sukkel om geld uit die mobiele web te maak omdat
minder mobiele gebruikers die web en soekenjins gebruik.
• Baie gebruikers kan ly aan toepassingsoorlading waar hulle
bladsye en bladsye van toepassings op hul toestel geïnstalleer het
en uiteindelik vergeet watter toepassing om te gebruik. (2)
6.7 Ryk Internettoegang is ʼn webtoepassing wat ontwerp is om die funksies en
kenmerke van ʼn tradisionele rekenaartoepassing te lewer. ✓ (1)
TOTAAL AFDELING F: 35
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Information Technology Grade 12 P2 2017 Memo (Afr)

Question paper
Information Technology Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2022 QP

Question paper
Information Technology Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2025 QP

Question paper
Information Technology Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2020 QP

Memorandum
Information Technology Grade 12 P1 2018 Memo (Afr)

Memorandum
Information Technology Grade 12 P2 2019 Memo (Eng)
More from Grade 12 Information Technology

Question paper
Information Technology Grade 12 P2 2024 QP (Afr)

Question paper
Information Technology Grade 12 P1 November 2024 NSC QP

Question paper
Information Technology Grade 12 P2 November 2024 NSC QP

Question paper
Information Technology Grade 12 P1 NSC June 2023 QP (Eng)

Question paper
Information Technology Grade 12 P1 NSC November 2023 QP
_hlayiso.com_--7454979b-cba2-4b39-a884-69e6b1c0f5c6/v1-3f9dc1675d92ae7768e5/card.webp)
Question paper