Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIORSERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2024
INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye.
Hosted by www.ecexams.co.za.
Skip to contentAll 2024 papers 



_hlayiso.com_--7454979b-cba2-4b39-a884-69e6b1c0f5c6/v1-3f9dc1675d92ae7768e5/card.webp)
_hlayiso.com_--500d3219-d02f-4c1c-af0e-452a5fe87f3b/v1-bfe5f3f664d3f236ff89/card.webp)
View all





Information Technology Grade 12 P2 2024 QP (Afr)
Grade 12 Information Technology Paper 2 question paper from the Eastern Cape Prelim Exam 2024 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.
Information Technology · Grade 12 · Eastern Cape Prelim Exam · 2024. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Information Technology
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2024
- Exam period
- Eastern Cape Prelim Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 13
- File size
- 780.3 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 13
This exam
Eastern Cape Prelim Exam 2024
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2024)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit SES afdelings:
AFDELING A: Kortvrae (15)
AFDELING B: Stelseltegnologieë (25)
AFDELING C: Kommunikasie- en Netwerktegnologieë (24)
AFDELING D: Data- en Inligtingsbestuur (26)
AFDELING E: Oplossingontwikkeling (25)
AFDELING F: Geïntegreerde Scenario (35)
2. Lees AL die vrae sorgvuldig deur.
3. Beantwoord AL die vrae.
4. Die puntetoekenning gee oor die algemeen ʼn aanduiding van die getal
feite/redes wat vereis word.
5. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
6. Beantwoord VRAAG 4.5.1 en 5.3.6 op die aangehegde ANTWOORDBLAD.
7. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 3
AFDELING A: KORTVRAE
VRAAG 1
1.1 Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die
woord/term langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.10).
1.1.1 ʼn Identiteitsdiefstal-bedrogspul waar die gebruiker outomaties na ʼn
ander vals webwerf herlei word, selfs al is die korrekte URL ingevoer. (1)
1.1.2 ʼn Kategorie van sagteware wat spesifiek ontwerp is om verskeie
take en funksies vir gebruikers te verrig. (1)
1.1.3 ʼn Deel van ʼn lêernaam wat die tipe lêer op ʼn unieke wyse identifiseer. (1)
1.1.4 Dit verwys na die hoeveelheid data wat van een punt na ʼn ander in ʼn
gegewe tyd oorgedra kan word. (1)
1.1.5 ʼn Standaardtaal wat gebruik word om data navrae in ʼn databasis te
doen asook om data te manipuleer. (1)
1.1.6 ʼn Eweknie (‘peer-to-peer’) -protokol wat gebruik word om groot lêers
oor die internet op en af te laai. (1)
1.1.7 ʼn Strategie wat gebruik word om ʼn hoër plasing in die soekenjin te
verkry. (1)
1.1.8 ʼn Tegniek waar sekere internetdienste voorkeur gegee word, terwyl
ander laer prioriteit kry, sodat werkverrigting vir meer kritieke dienste
gehandhaaf word. (1)
1.1.9 ʼn Algemene protokol wat deur e-pos kliënte gebruik word om e-pos
van die posbediener te verkry. (1)
1.1.10 ʼn Databasisontwerp-tegniek wat data-oortolligheid en enige probleme
wat deur onreëlmatighede veroorsaak word, verminder. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
4 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2024)
1.2 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
(1.2.1 tot 1.2.5), byvoorbeeld 1.2.6 D.
1.2.1 CSV is ʼn akroniem vir …
A Comma Separated Volume
B Comma Separated Values
C Common Separated Values
D Comma Saturated Values (1)
1.2.2 Die instansiëring van ʼn klas in OOP word ʼn … genoem.
A attribuut
B metode
C objek
D datatipe (1)
1.2.3 Beskou die onderstaande skikkingverklaring:
var myArray: array[0..6] of Integer;
Die korrekte kode om die derde element in die bogenoemde skikking te
kry, is:
A myArray[3]
B Array[3]
C myArray[2]
D myArray{2} (1)
1.2.4 Watter tegnologie maak dit moontlik dat SaaS-verskaffers; ʼn enkele
weergawe van hul sagteware aan baie kliënte kan voorsien?
A Virtualisasie
B Blokkeerketting (‘Blockchain’)
C Masjientaal
D Aangepaste Werklikheid (‘Augmented Reality’) (1)
1.2.5 Bestudeer die volgende stelling:
iValue := CEIL(15/4) + 22 DIV 4 MOD 3;
Die waarde van iValue is …
A 26
B 6
C 5
D 4 (1)
TOTAAL AFDELING A: 15
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 5
AFDELING B: STELSELTEGNOLOGIEË
VRAAG 2
2.1 ʼn Sentrale Verwerkingseenheid (SVE) speel ʼn belangrike rol in die
werkverrigting van ʼn rekenaar.
2.1.1 Noem die sok wat die SVE aan moederbord koppel. (1)
2.1.2 Definieer multiverwerking. (2)
2.1.3 Noem die VIER stappe van die masjiensiklus. (4)
2.2 Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs WAAR of
ONWAAR langs die vraagnommers (2.2.1 tot 2.2.4) in die ANTWOORDBOEK.
2.2.1 Konvergensie is ʼn tendens waar aparte tegnologieë en funksies van baie
toestelle in ʼn enkel multi-funksionele toestel gekombineer word. (1)
2.2.2 ʼn Kern is ʼn enkele volledige werkende ETG-stroombaan
(‘RAM circuit’). (1)
2.2.3 ʼn Interpreteerder is sagteware wat programmeringsinstruksies na
uitvoerbare lêers vertaal. (1)
2.2.4 Die BIOS word op ʼn nie-vlugtige LAG-skyfie (‘ROM’ chip) op die
rekenaar se moederbord gestoor. (1)
2.3 Kasberging bied voordele aan gebruikers, netwerkstelsels en besighede.
2.3.1 Verduidelik kortliks wat kasberging is. (2)
2.3.2 Noem en verduidelik DRIE tipes/vorme van kasberging. (6)
2.4 Besighede raak al hoe meer afhanklik van wolkgebaseerde hulpbronne.
2.4.1 Verduidelik kortliks wat wolkrekenarisering is. (1)
2.4.2 Gee TWEE voordele van wolkrekenarisering. (2)
2.5 ʼn Goeie rugsteunstrategie is belangrik om jou teen dataverlies te beskerm.
Gee DRIE riglyne wat jy kan oorweeg wanneer jy ʼn rugsteunstrategie ontwerp. (3)
TOTAAL AFDELING B: 25
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
6 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2024)
AFDELING C: KOMMUNIKASIE- EN NETWERKTEGNOLOGIEË
VRAAG 3
3.1 Die internet en tegnologieë verander baie vining; en dit het die leefwyse van
waarmee mense en hoe hulle besigheid doen verander.
3.1.1 Onderskei tussen die terme Internet en Wêreldwye Web. (2)
3.1.2 Verduidelik wat semantiese web beteken. (2)
3.2 ʼn Skool se ‘gaming-klub’ het besluit om ʼn tydelike eweknie (‘peer-to-peer’)
LAN op te stel wat aan die skool se kliënt-bediener- (‘client-server’) netwerk
gekoppel gaan word.
3.2.1 Tabuleer TWEE verskille tussen ʼn kliënt-bedienernetwerk en ʼn
eweknie LAN. (4)
3.2.2 Die mees algemeenste kommunikasiemedium wat in ʼn gekabelde
netwerk gebruik word, is ʼn UTP-kabel.
Noem en beskryf DRIE swakhede van UTP-kabels. (3)
3.2.3 Noem TWEE funksies van ʼn netwerkskakelaar (network switch). (2)
3.2.4 Onderskei tussen ʼn bediener en ʼn werkstasie. (2)
3.2.5 Die ‘gaming-klub’ wil graag ʼn WiFi netwerk op stel.
Gee die naam van die additionele netwerktoestel wat gekoop moet om
die LAN na ʼn ‘WLAN’ toe te verander. (1)
3.3 Noem DRIE nadele van ʼn kabellose rekenaarnetwerk. (3)
3.4 Verduidelik die doel van ʼn roeteerder (‘router’). (2)
3.5 Onderskei tussen ʼn HAN en ʼn PAN. (2)
3.6 Wat noem ons die vorm van bedrog, wanneer ʼn groot groep lae-inkomste
werkers betaal word om op advertensieskakels te klik om die verkeer na ʼn
webwerf kunsmatig te verhoog? (1)
TOTAAL AFDELING C: 24
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 7
SECTION D: DATA- EN INLIGTINGSBESTUUR
VRAAG 4
4.1 Goeie databasisontwerp is belangrik vir betroubare en akkurate data.
4.1.1 Verduidelik kortliks wat ʼn databasis onreëlmatigheid is. (1)
4.1.2 Noem DRIE tipe onreëlmatighede wat in ʼn swak ontwerpte databasis
gevind kan word. (3)
4.2 Identifiseer DRIE probleme met die ontwerp van die volgende databasistabel.
Veldnaam Datatipe Beskrywing
Naam Short Text Naam van eienaar
Van Short Text Van van eienaar
Adres Short Text Straatadres, Area en Poskode
Voertuig Registrasie Nr 1 Short Text Eerste voertuig registrasienommer
Voertuig Registrasie Nr 2 Short Text Tweede voertuig registrasienommer
Voertuig Registrasie Nr 3 Short Text Derde voertuig registrasienommer (3)
4.3 Die gebruik van RFID-tegnologie word al hoe meer gewild in databestuur.
4.3.1 Gee TWEE voorbeelde van hoe RFID in besighede gebruik kan word. (2)
4.3.2 Noem DRIE voordele van RFID-tegnologie in vergelyking met
strepieskode (‘barcode’) tegnologie. (3)
4.4 Sosiale media maatskappye gebruik data-ontginning vir verskeie redes.
4.4.1 Definieer data-ontginning (‘data mining’). (3)
4.4.2 Verduidelik hoe data-ontginning op sosiale media webwerwe gebruik
kan word, byvoorbeeld Facebook. (2)
4.4.3 Bespreek TWEE risiko’s betrokke by sosiale media-data-ontginning. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
8 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2024)
4.5 Intelligente toestelle word al hoe meer gewild. ʼn Databasis word gebruik om die
intelligente toestelle in twee tabelle, tblGadgets en tblManufacturers, te stoor.
4.5.1 Beantwoord hierdie vraag op die ANTWOORDBLAD op bladsy 13.
Jy is gevra om ʼn databasis met verwantskappe te ontwerp. Die
onderstaande tabelontwerp is onvolledig.
tblManufacturers tblGadgets
ManufacturerID DeviceID
ManufacturerName DeviceName
ContactNumber Category
OnlineSupport OperatingSystem
Price
NumInStock
ProducerID
(a) Identifiseer die primêre sleutel in elke tabel. Skryf PK langs die
korrekte veldnaam. (2)
(b) Identifiseer ʼn vreemde sleutel (‘foreign key’). Skryf FK langs die
korrekte veldnaam. (1)
(c) Toon hoe die 2 tabelle gekoppel moet word en dui die tipe
verwantskap wat tussen die tabelle bestaan, aan. (2)
4.5.2 Identifiseer die datatipe van die volgende velde:
(a) Price (1)
(b) OnlineSupport (1)
TOTAAL AFDELING D: 26
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 9
AFDELING E: OPLOSSINGSONTWIKKELING
VRAAG 5
5.1 Die gebruikmaking van defensiewe programmering kan help om logiese foute in
programme te voorkom.
5.1.1 Verduidelik wat bedoel word met die term logiese fout. (2)
5.1.2 Verduidelik wat bedoel word met defensiewe programmering. (1)
5.2 Verduidelik hoekom die binêre soekalgoritme nie in die volgende skikking, in sy
huidige toestand, gebruik kan word nie:
arrGetalle
1 2 3 4 5 6 7 8
13 56 78 23 48 89 76 98 (1)
5.3 Bestudeer die Delphi-kode hieronder en beantwoord vrae 5.3.1 tot 5.3.6.
begin
iBeginWaarde := BeginWaarde.Value;
iEindWaarde := EindWaarde.Value;
{1} iSom := 0;
{2} for iLus := iBeginWaarde to iEindWaarde do
{3} iSom := iSom + iLus;
{4} lblSom.Caption := 'Die som is ' + IntToStr(iSom);
{5} lblTeller.Caption := 'Die lus is '+____+ 'kere uitgevoer.';
end;
5.3.1 Identifiseer die Delphi-komponent wat gebruik word, in die bogenoemde
kode, om die toevoer te verkry. (1)
5.3.2 Skryf ʼn alternatiewe reël van Delphi-kode wat dieselfde as die kode in reël
3 sal doen. (2)
5.3.3 Skryf die reëlnommer van die kode wat die volgende implementeer:
(a) Inisialisering (1)
(b) ‘Typecasting’ (1)
5.3.4 Voltooi die ontbrekende kode in rëel 5 wat moet vertoon hoeveel keer die
lus uitgevoer is. (2)
5.3.5 Herskryf reël 2 as ʼn kondisionele lus. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
10 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2024)
5.3.6 Beantwoord hierdie vraag op die ANTWOORDBLAD op bladsy 13.
Gebruik die gegewe kode en voltooi die naspeurtabel stapsgewys.
iBeginWaarde = 4 en iEindWaarde = 6.
Stap Reëlnr iLus iSom Afvoer
1
2
3
.
.
. (4)
5.4 Die volgende UML (‘Unified Modelling Language’)-klasdiagram verteenwoordig
ʼn TSmartSwitch-klas.
TSmartSwitch
- fSwitchID – String
- fDevice – String
- fPowerUsage – String
- fSwitchStatus – Boolean
+ Constructor Create (sSwitchID, sDevice : String;
iPowerUsage:Integer;
bSwitchStatus:Boolean)
+ GetSwitchID : String
+ ComputeEnergyUsed : Real
+ SetSwitchStatus
+ toString : String
+ DetermineSwitchStatus : String
5.4.1 Lys ʼn metode wat gebruik word om ʼn objek te instansieer. (1)
5.4.2 Gee ʼn voorbeeld van elk van die volgede metodes in die gegewe
klasdiagram:
(a) Toegangsmetode (‘Accessor’) (1)
(b) Wysigingsmetode (‘Mutator’) (1)
5.4.3 Wat is die doel van die toString-metode wat in die klasdiagram aangedui
word? (1)
5.4.4 Wat stel die onderskeie minus (-) en plus (+) simbole in ʼn klasdiagram
voor? (2)
TOTAAL AFDELING D: 25
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 11
AFDELING F: GEÏNTEGREERDE SCENARIO
VRAAG 6
ʼn Nuwe winkelsentrum is in die stad gebou. Die projekbestuurders en ontwikkelaars
wil Inligting en Kommunikasie Tegnologieë in baie areas van die sentrum insluit.
6.1 Plekgebaseerde rekenaarverwerking (‘Location-based computing’) bied beide
voordele en nadele vir die gebruikers en besighede in die sentrum aan.
6.1.1 Bespreek TWEE maniere hoe plekgebaseerde rekenaarverwerking
gebruik kan word om die inkopie-ervaring binne die sentrum, te
verbeter. (2)
6.1.2 Gee TWEE nadele of risiko’s wat met plekgebaseerde datainsameling
geassossieer word. (2)
6.2 Die projekbestuurder maak gebruik van ʼn Wiki om projekmateriaal en inligting te
sentraliseer.
Noem TWEE uitdagings/nadele van die gebruik van Wiki’s. (2)
6.3 Projekbestuur maak dikwels gebruik van verspreide rekenarisering.
Verduidelik kortliks die konsep verspreide rekenaarverwerking. (2)
6.4 Die ontwikkelaars maak van ʼn intranet gebruik om toegang te verkry tot interne
databasisse en om saam aan projekte te werk.
6.4.1 Verduidelik wat ʼn intranet is. (1)
6.4.2 Sommige spanlede kla oor inligtingoorlading (‘information overload’).
Verduidelik wat inligtingoorlading is. (1)
6.4.3 Die Internet van Dinge is ʼn moontlike oplossing vir inligtingoorlading.
(2)
Verduidelik kortliks wat die Internet van Dinge is.
6.5 Sommige spanlede het ge-‘cyberslack’.
6.5.1 Verduidelik wat ‘cyberslacking’ beteken. (2)
6.5.2 Stel TWEE maatreëls voor wat die spanlede kan volg om die tyd wat
hulle op sosiale media spandeer, te beperk. (2)
6.5.3 Mense verwar dikwels die terme, sosiale netwerking (social networking)
en sosiale manipulasie (‘social engineering’).
Onderskei tussen sosiale netwerking en sosiale manipulasie. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
12 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2024)
6.6 Die projekbestuurder maak van blokkeerketting (‘blockchain’)-tegnologie
gebruik.
6.6.1 Definieer die konsep blokkeerketting (‘blockchain’)-tegnologie. (2)
6.6.2 Publiekesleutel-enkripsie (‘public key encryption’) speel ʼn belangrike
rol in blokkeerketting-tegnologie.
Verduidelik kortliks wat die publiekesleutel-enkripsie proses behels. (2)
6.7 Die warmkolle (‘hotspots’) in die sentrum word gereeld deur besigheidsmense
gebruik om aan hul maatskappy se VPN te koppel.
6.7.1 Skryf die afkorting VPN uit. (1)
6.7.2 Verduidelik kortliks wat ʼn VPN is. (2)
6.7.3 Verduidelik hoe ʼn VPN gereeld vir onwettige doeleindes gebruik
word. (1)
6.8 Projekbestuurvergaderings vind gereeld via Skype plaas.
6.8.1 Skype gebruik enkripsie.
Definieer enkripsie en verduidelik die doel daarvan. (2)
6.8.2 Noem TWEE indikators wat deur ʼn webblaaier vertoon word wat
aandui dat dit ʼn veilige webtuiste is. (2)
6.9 Die ontwikkelaars waarsku gebruikers en besighede teen kubermisdaad
(‘cybercrime’) en kuberbendes (‘cybergangs’).
6.9.1 Verduidelik wat ʼn kuberbende (‘cybergang’) is. (1)
6.9.2 Gee TWEE voorbeelde van kubermisdaad (‘cybercrime’). (2)
6.9.3 Noem TWEE maniere hoe gebruikers en besighede hulself teen
kubermisdaad kan beveilig. (2)
TOTAAL AFDELING F: 35
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 13
ANTWOORDBLAD
HEG HIERDIE BLADSY AAN JOU ANTWOORDBOEK
NAAM VAN LEERLING:_______________________________________________________
AFDELING D: DATA- EN INLIGTINGBESTUUR
VRAAG 4
4.5.1
tblManufacturers tblGadgets
ManufacturerID DeviceID
ManufacturerName DeviceName
Category
ContactNumber
OperatingSystem
OnlineSupport
Price
NumInStock
ProducerID
AFDELING E: OPLOSSINGSONTWIKKELING
5.3.6 Stap Reëlnr iLus iSom Afvoer
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Information Technology Grade 12 P2 2024 Memo (Eng)

Memorandum
Information Technology Grade 12 P1 2024 Memo (Eng)

Question paper
Information Technology Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2022 QP

Question paper
Information Technology Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2022 QP
_hlayiso.com_--7454979b-cba2-4b39-a884-69e6b1c0f5c6/v1-3f9dc1675d92ae7768e5/card.webp)
Question paper
Information Technology Grade 12 P2 NSC June 2022 QP (Eng)
_hlayiso.com_--500d3219-d02f-4c1c-af0e-452a5fe87f3b/v1-bfe5f3f664d3f236ff89/card.webp)
Question paper
Information Technology Grade 12 P2 NSC June 2022 QP (Afr)
More from Grade 12 Information Technology

Memorandum
Information Technology Grade 12 P1 NSC June 2025 Memo (Eng)

Memorandum
Information Technology Grade 12 P1 2023 Memo (Afr)

Memorandum
Information Technology Grade 12 P2 2023 Memo (Afr)

Memorandum
Information Technology Grade 12 P2 2023 Memo (Eng)

Memorandum
Information Technology Grade 12 P1 NSC June 2023 Memo (Eng)

Memorandum