Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIORSERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2024
INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 25 bladsye.
Hosted by www.ecexams.co.za.
Skip to contentAll 2024 papers 



%20(English%20and%20Afrikaans)%20June%202012%20QP_hlayiso.com_--ed98e0ed-0f4f-4b6d-b186-8bf5442faa15/v1-521c348e09965a6d2288/card.webp)

View all



_hlayiso.com_--7454979b-cba2-4b39-a884-69e6b1c0f5c6/v1-3f9dc1675d92ae7768e5/card.webp)
_hlayiso.com_--500d3219-d02f-4c1c-af0e-452a5fe87f3b/v1-bfe5f3f664d3f236ff89/card.webp)
Information Technology Grade 12 P1 2024 QP (Afr)
Grade 12 Information Technology Paper 1 question paper from the Eastern Cape Prelim Exam 2024 (Afrikaans), 25 pages. Read online or download the free PDF.
Information Technology · Grade 12 · Eastern Cape Prelim Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 25 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Information Technology
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2024
- Exam period
- Eastern Cape Prelim Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 25
- File size
- 987.7 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 25
This exam
Eastern Cape Prelim Exam 2024
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/SEPTEMBER 2024)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel is in VIER vrae ingedeel. Kandidate moet AL die vrae beantwoord.
2. Die duur van hierdie eksamen is drie uur. As gevolg van die aard van hierdie
eksamen is dit belangrik om daarop te let dat jy nie toegelaat sal word om die
eksamenlokaal voor die einde van die eksamensessie te verlaat nie.
3. Hierdie vraestel is opgestel met programmeringsterme wat kenmerkend van die
Delphi-programmeringstaal is. Die Delphi-programmeringstaal moet gebruik word
om die vrae te beantwoord.
4. Maak seker dat jy die vrae beantwoord volgens die spesifikasies wat in elke vraag
gegee word. Punte sal volgens die vasgestelde vereistes toegeken word.
5. Beantwoord slegs wat in elke vraag gevra word. Byvoorbeeld, indien die vraag
nie vir datavalidering vra nie, sal geen punte vir datavalidering toegeken word nie.
6. Jou programme moet op só ʼn manier gekodeer word dat dit met enige data sal
werk en nie net met die voorbeelddata wat verskaf is of enige data-uittreksels wat
in die vraestel verskyn nie.
7. Roetines, soos soek, sorteer en seleksie, moet vanuit eerste beginsels ontwikkel
word. Jy mag NIE die ingeboude funksies van Delphi vir enige van hierdie roetines
gebruik NIE.
8. Alle datastrukture moet deur jou, die programmeerder, verklaar word, tensy die
datastrukture verskaf word.
9. Jy moet jou werk gereeld stoor op die disket/CD/DVD/geheuestokkie wat aan jou
gegee is, of op die skyfspasie wat vir hierdie eksamensessie aan jou toegeken is.
10. Maak seker dat jou naam as kommentaar verskyn in elke program wat jy kodeer,
asook op elke gebeurtenis wat aangedui word.
11. Indien dit vereis word, druk die programmeringskode van al die programme/ klasse
wat jy voltooi het. Jy sal ná die eksamensessie ʼn halfuur tyd vir drukwerk gegee word.
12. Aan die einde van hierdie eksamensessie moet jy ʼn disket/CD/DVD/ geheuestokkie
inlewer met al jou werk daarop gestoor OF jy moet seker maak dat al jou werk op die
skyfspasie gestoor is wat vir hierdie eksamensessie aan jou toegeken is. Maak seker
dat al die lêers gelees kan word.
13. Stoor jou werk gereeld.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 3
14. Die lêers wat jy benodig om hierdie vraestel te voltooi, is aan jou gegee op ʼn
disket/CD/DVD/geheuestokkie of op die skyfspasie wat aan jou toegeken is. Die
lêers word in die vorm van wagwoordbeskermde uitvoerbare lêers verskaf.
Doen die volgende:
• Dubbelklik op die uitvoerbare lêer wat met ʼn wagwoord beskerm is:
• DataAFRAug2024.exe
• Klik op die ‘Extract’-knoppie.
• Sleutel die volgende wagwoord in: #Crypto@Aug2024.
Nadat dit onttrek (‘extracted’) is, sal die volgende lys lêers in die lêergids
DataAFRAug2024 beskikbaar wees:
Vraag 1: Vraag 3:
Vraag1_P.dpr Kripto_U.pas
Vraag1_P.dproj Vraag3_P.dpr
Vraag1_P_Icon.ico Vraag3_P.dproj
Vraag1_U.dfm Vraag3_P_Icon.ico
Vraag1_U.pas Vraag3_U.dfm
Vraag3_U.pas
Vraag 2: Vraag 4:
CryptoExchange.mdb Kripto.txt
CryptoExchangeRugsteun.mdb Vraag4_P.dpr
dbConnection_u.pas Vraag4_P.dproj
Vraag2_P.dpr Vraag4_P_Icon.ico
Vraag2_P.dproj Vraag4_U.dfm
Vraag2_P_Icon.ico Vraag4_U.pas
Vraag2_U.dfm
Vraag2_U.pas
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
4 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/SEPTEMBER 2024)
VRAAG 1: ALGEMENE PROGRAMMERINGSVAARDIGHEDE
SCENARIO:
Kriptogeldeenhede het weereens in gewildheid toegeneem. Gegewe die vinnige
vooruitgang in bestaande en opkomende kriptogeldeenhede-tegnologieë, is dit
noodsaaklik om die grondbeginsels, sekuriteitsprotokolle en praktiese toepassings te
verstaan. Jou taak is om programmeringsoplossings te vind vir die volgende vrae
rakende kriptogeldeenhede.
Doen die volgende:
• Maak die onvoltooide program in die Vraag 1-lêergids oop.
• Sleutel jou naam as kommentaar in die eerste reël van die Vraag1_U.pas lêer.
• Kompileer en voer die program uit. Die program het tans geen funksionaliteit nie.
Voorbeeld van die grafiese gebruikerskoppelvlak (GGK):
Voltooi die kode vir elke afdeling van VRAAG 1, soos dit hieronder in VRAAG 1.1 tot
VRAAG 1.4 beskryf word.
1.1 Knoppie [1.1 – Paneel-eienskappe]
Skryf kode vir knoppie btn1_1 om die eienskappe van paneel pnlAfvoer soos
volg te verander:
1. Stel die fonttipe na Arial.
2. Stel die fontgrootte na 16.
3. Stel die font na ‘Bold’ en ‘Italic’.
4. Stel die teks sodat dit aan die regterkant van die paneel vertoon.
5. Verander die ‘caption’ na ‘Crypto Exchange’.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 5
Voorbeeld van afvoer:
(6)
1.2 Knoppie [1.2 – Deel munte]
Drie vriende Tom, Jerry en Andile het Ethereum munte gekoop toe die prys
nog laag was. Hulle het besluit om nou te ‘cash out’. Jy moet die munte
onderskeidelik in die verhouding 3:4:5 verdeel. Die aantal munte wat gekoop
is, word deur die gebruiker in die redigeerblokkie edtToevoer ingetik. As daar
oorblywende munte is, sal dit nie deur die vriende verdeel word nie, maar
liewers gelos word sodat dit met wisselkoers kan groei.
*****Let wel dat elke munt as ʼn vol munt hanteer moet word en geen desimale
waardes gebruik of vertoon moet word nie.*****
Skryf kode vir die knoppie btn1_2 om te bepaal hoeveel munte elke vriend sal
ontvang asook hoeveel munte oorbly na die verdeling. Afvoer moet in label
lbl1_2 soos in gegewe voorbeelde vertoon word. Verseker die korrekte gebruik
van ʼn apostroof en enterspasieëring.
Afvoer as 56 munte gekoop is. Afvoer as 12 munte gekoop is.
(10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
6 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/SEPTEMBER 2024)
1.3 Knoppie [V1.3 – Wagwoord]
Kriptorekeninge het sterk wagwoorde nodig. Jy word vereis om ʼn algoritme te
skryf wat ʼn sterk wagwoord sal skep.
Skryf kode vir knoppie btn1_3 om die wagwoord te skep volgens die volgende
reëls.
Die wagwoord moet die letters "CRYPTO" bevat.
1. Lus deur elke letter van die woord "CRYPTO".
2. Genereer vir elke letter lukraak karakters van A TO Z totdat jy ʼn karakter
vind wat ooreenstem met die ooreenstemmende letter in "CRYPTO".
3. Tel hoeveel keer ʼn ewekansige getal geskep was totdat die
ooreenstemmende karakter gevind was.
4. Voeg die aantal ewekansige getalle gevolg deur die ooreenstemmende
karakter (as ʼn kleinletter) by die wagwoord.
5. Herhaal stappe 2–4 vir elke letter in "CRYPTO".
6. Vertoon die geskepte wagwoord in label lbl1_3. (12)
Voorbeeld van afvoer (let wel: elke afvoer sal anders wees weens die
ewekansige getal vir elke karakter).
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 7
1.4 Knoppie [V1.4 – ASCII Kuns]
Sommige van die MEME-munte wil hê dat hul handelsmerk ASCII kuns (kuns
wat geskep is deur karakters) insluit.
Skryf kode vir knoppie btn1_4 om die patroon gebaseer op die volgende reëls
te skep:
1. Vra die gebruiker om die lengte van die langste reël van die patroon in te
tik.
2. Bou die patroon deur die karakter ‘&’ te gebruik.
3. Begin met ʼn enkele '&'-karakter op die eerste reël.
4. Vir elke volgende reël, voeg ʼn ‘&’ by aan die einde van die vorige reël.
5. Nadat die maksimum aantal karakters bereik is, verwyder ‘&’ karakters van
die begin van elke reël totdat daar slegs een ‘&’ karakter oor bly op die
laaste reël.
6. Vertoon die gegenereerde patroon in die ‘rich edit’ redAfvoer.
Voorbeeld afvoer:
Afvoer as maksimum lengte 5 is. Afvoer as maksimum lengte 10 is.
(7)
• Sleutel jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van die
programlêer.
• Stoor jou program.
• ʼn Drukstuk van die kode mag vereis word.
TOTAAL VRAAG 1: [35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
8 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/SEPTEMBER 2024)
VRAAG 2: SQL- EN DATABASISPROGRAMMERING
ʼn Toepassing word vereis wat die CryptoExchange.mdb databasis sal gebruik om die
data en navrae van kripto-geldeenheid handelaars sal bestuur.
Die databasis bevat twee tabelle tblLede en tblKripto.
Die bladsye met data aan die einde van hierdie vraestel verskaf inligting oor die ontwerp
van die CryptoExchange.mdb, databasis en sy inhoud.
Doen die volgende:
• Maak die onvoltooide program in die Vraag 2-lêergids oop.
• Sleutel jou naam as kommentaar in die eerste reël van die Vraag2_U.pas-eenheidlêer.
• Kompileer en voer die program uit. Die program het tans geen funksionaliteit nie.
• Die inhoud van die tabelle word vertoon soos wat hieronder oor die seleksie van die
oortjieblad (‘tab sheet’) Vraag 2.2 getoon word.
• Volg die instruksies hieronder om die kode vir elke afdeling te voltooi, soos in
VRAAG 2.1 en VRAAG 2.2 beskryf word.
• Gebruik SQL-stellings om VRAAG 2.1 te beantwoord en Delphikode om vir
VRAAG 2.2 te beantwoord.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 9
LET WEL:
• Die ‘Herstel databasis’-knoppie word verskaf om die data wat in die databasis voorkom,
na die oorspronklike inhoud te herstel.
• Die inhoud van die databasis is met ʼn wagwoord beskerm, met ander woorde jy
sal NIE toegang tot die inhoud van die databasis deur Microsoft Access kry NIE.
• Kode word voorsien om die GGK-komponente met die databasis te koppel. Moet NIE
enige van die kode wat voorsien word, verander NIE.
• DRIE veranderlikes word as publieke veranderlikes verklaar, soos in die tabel hieronder
beskryf word:
Veranderlike Datatipe Beskrywing
tblKripto TADOTable Verwys na die data wat in tabel tblKripto gestoor is
tblLede TADOTable Verwys na die data wat in tabel tblLede gestoor is
qryInfo TADOQuery ‘Query’-komponent wat gebruik gaan word om
navrae op die twee tabelle, tblKripto en tblLede, te
doen
2.1 Oortjieblad (‘Tab Sheet’) [Vraag 2.1]
Voorbeeld van grafiese gebruikerskoppelvlak (GGK) vir VRAAG 2.1.
LET WEL:
• Gebruik SLEGS SQL-kode om VRAAG 2.1.1 tot VRAAG 2.1.6 te beantwoord.
• Kode om die SQL-stellings uit te voer en die resultate van die navraag te
vertoon, is verskaf. Die SQL-stellings wat aan die veranderlikes sSQL1, sSQL2,
sSQL3, sSQL4, sSQL5 en sSQL6 toegeken is, is onvolledig.
Voltooi die SQL-stellings om die vrae te voltooi soos hieronder in VRAAG 2.1.1 tot
VRAAG 2.1.6 beskryf is.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
10 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/SEPTEMBER 2024)
2.1.1 Knoppie [V2.1.1]
Skryf SQL-kode om al die velde van die lede te vertoon, in volgorde
volgens die ouderdom van die lede van jongste tot oudste.
Voorbeeld van afvoer (eerste 15 rekords):
(3)
2.1.2 Knoppie [V2.1.2]
Skryf SQL-kode om die verskillende kripto-tipes wat beskikbaar is
asook die totale bedrag van elke tipe te vertoon.
Voorbeeld van afvoer:
(4)
2.1.3 Knoppie [V2.1.3]
Die gebruiker wil weet hoeveel lede vier ʼn verjaarsdag in ʼn sekere
maand. Kode word voorsien wat die gebruiker toe laat om die maand in
te sleutel.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 11
Skryf SQL-kode om die aantal verjaarsdae wat in die gekose maand gevier
word, te vertoon. Noem die berekende veld met die opskrif “Verjaarsdae in
[korrekte maand]. Jy mag gebruik maak van die gegewe konstante skikking
ARRMAANDE.
Voorbeeld van afvoer:
Toevoer = 1 Toevoer = 6
Toevoer = 10
(6)
2.1.4 Knoppie [V2.1.4]
Jy wil graag sien watter lede het LiteCoin met ʼn waarde van meer as
R5 500. ʼn Veranderlike met Litecoin se wisselkoers is verklaar en
toegeken.
Skryf ʼn SQL-stelling wat die Van, Naam, KriptoTipe, Bedrag en die waarde
van Litecoin vir daardie persoon sal vertoon. Noem die berekende veld
“Waarde” en dit moet in Rand vertoon word.
Voorbeeld van afvoer:
(9)
2.1.5 Knoppie [V2.1.5]
Alle beleggers het besluit om hul Ripple beursies van kant te maak.
Skryf ʼn SQL-stelling om al die Ripple-inskrywings te verwyder.
Let wel: Sedert al die Ripple nou verwyder is, kan jy op btn2.1.2 klik om
die volgende afvoer te sien.
(3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
12 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/SEPTEMBER 2024)
2.1.6 Knoppie [V2.1.6]
Bitcoin het met die halveringsproses begin.
Skryf ʼn SQL-stelling om al die Bitcoin bedrae die helfte van hul huidige
waarde te maak.
Let wel: Sedert Bitcoin se waarde halveer is, kan jy jou afvoer toets deur
btn2.1.2 te klik, wat die volgende afvoer sal vertoon.
(3)
2.2 Oortjieblad (‘Tab Sheet’) [Vraag 2.2]
Voorbeeld van die grafiese gebruikerskoppelvlak (GGK) vir VRAAG 2.2.
LET WEL:
• Gebruik SLEGS Delphi-programmeringskode om VRAAG 2.2.1 en VRAAG 2.2.2 te
beantwoord.
• GEEN punte sal vir SQL-stellings in VRAAG 2.2 toegeken word NIE.
• Gebruik die gegewe globale veranderlikes, tblLede en tblKripto.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 13
2.2.1 Knoppie [V2.2.1]
Wanneer ʼn gebruiker inligting soek van ʼn lid, moet die lid se inligting vertoon
word. Kode word voorsien om die van uit die redigeerblokkie te verkry asook
om deur die Lede-tabel te lus.
Skryf kode om in die lus te soek of die lid bestaan. As die lid gevind is,
vertoon in die ‘rich edit’ redAfvoer soos in die voorbeeld aangedui word
(Naam, Van, E-Pos, Geslag).
Voorbeeld van afvoer:
As “Lightwood” ingetik word. As “Soap” ingetik word.
(5)
2.2.2 Knoppie [V2.2.1]
Huidiglik is 50 lede in the Lede-tabel geregistreer. ʼn Versoek is gemaak om te
vertoon hoeveel van elke geslag kripto-eenhede het. Let wel: Daar is slegs
VIER geslagtipes geregistreer.
Kode word voorsien om die opskrif Totale aantal lede = 50 te vertoon. Skryf
kode om deur die Lede-tabel te lus en die verskeie geslagte bymekaar te tel.
Vertoon in die ‘rich edit’ redAfvoer soos in die voorbeelde aangedui word.
Voeg ʼn toets by om te bepaal of die hoeveelheid geslagte dieselfde of anders
as die oorspronlike aantal is.
Jy mag standaard veranderlikes of skikkings gebruik om die vraag op te los.
Voorbeeld van afvoer:
As al die data korrek is. As data foutief is. In hierdie geval
foutiewe spelling: Females in plaas
van Female
(12)
• Sleutel jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van die programlêer.
• Stoor jou program.
• ʼn Drukstuk van jou kode mag vereis word.
TOTAL QUESTION 2: [45]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
14 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/SEPTEMBER 2024)
VRAAG 3: OBJEK-GEORIËNTEERDE PROGRAMMERING
Handelaars kan ʼn kripto-rekening skep en een van die kripto-eenhede kies: Bitcoin,
Ethereum of Litecoin. Sodra die rekening geskep is, kan hul kripto koop deur die Rand-
waarde wat hul bereid is om te spandeer, in te tik. Die program sal die regte hoeveelheid
kripto bepaal gebaseer op die wisselkoers van die kripto-eenheid. Sedert kripto-eenhede
so baie verander, kan handelaars die huidige waarde in die ‘Live’ gedeelte dop hou. Die
program opdateer elke sekonde en sal vertoon of die handelaar ʼn wins of verlies maak
gebaseer op die oorspronlike aankoopprys.
Doen die volgende:
• Maak die onvoltooide program in die Vraag 3-lêergids oop.
• Maak die onvoltooide objekklas Kripto_U.pas oop.
• Sleute; jou naam as kommentaar in die eerste reël in beide die Kripto_U.pas lêer en
die Vraag3_u.pas lêer in.
• Kompileer en voer die program uit. Die program het tans beperkte funksionaliteit nie.
• MOENIE gegewe kode verwyder of verander NIE.
Voorbeeld van die grafiese gebruikerskoppelvlak (GGK):
Voltooi die kode soos in VRAAG 3.1 en VRAAG 3.2 beskryf word.
***** LET WEL: Jy word NIE toegelaat om enige addisionele attribute of
gebruikersgedefinieerde metodes in te sluit NIE, tensy dit uitdruklik in die vraag genoem
is.*****
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 15
Maak die onvoltooide objekklas Kripto_U.pas oop.
3.1 Die onvoltooide klas (TKripto) wat verskaf is, bevat die verklaring van ses attribute
wat die objKripto-objek beskryf.
Attribuut Beskrywing
fNaam Stringwaarde bevat handelaar se naam
fVan Stringwaarde bevat handelaar se van
fKripto Heelgetal wat die handelaar se keuse van kripto-eenheid bevat
fBedrag Reële waarde wat bedrag kripto-eenheid bevat
fOorspronklike Reële waarde wat die bedrag bevat wat die handelaar oorspronklik
Waarde betaal het
fHuidigeWaarde Reële waarde wast die huidige bedrag in Rand bevat van die
handelaar se kripto-eenheid
Voltooi die kode in die objekklas soos in VRAAG 3.1.1 tot VRAAG 3.1.5 hieronder
beskryf word.
3.1.1 Skryf kode vir ʼn konstruktor metode met die naam Create wat die
volgende parameters sal ontvang:
• Naam
• Van
• Kripto-eenheid (waarde tussen 0 en 2)
Ken die parameterwaardes aan die korrekte attribute toe en stel die
oorblywende attribute na ʼn beginwaarde van 0. (5)
3.1.2 Skryf ʼn toegangsmetode (‘accessor method’) met die naam
getKriptoNaam wat die naam van die kripto-eenheid sal terugstuur,
gebaseer op die fKripto-veld attribuut. Die toekenning is soos volg:
• 0 = Bitcoin
• 1 = Ethereum
• 2 = Litecoin
Verwyder die kommentaarsimbole van die toString metode. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
16 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/SEPTEMBER 2024)
3.1.3 Skryf kode vir ʼn wysigingsmetode (‘mutator method’) met die naam
SetBedrag wat ʼn waarde (aankoopprys van kripto-eenheid) as ʼn parameter
sal ontvang.
Stel die fBedrag-attribuut gebaseer op die volgende reëls en
vermenigvuldig die wisselkoers met die aankoopprys (wat van hoofeenheid
gekry word):
fKripto Omskakelingskoers
0 1 : 1 000 000
1 1 : 50 000
2 1 : 2 500
Wisselkoers Berekening: 1 ÷ 1000000 = 0.000001
Stel die fOorspronklikeWaarde-attribuut na die aankoopprys wat deur die
hoofeenheid ontvang is. Hierdie waarde moet opdateer word soos wat nog
kripto van dieselfde tipe gekoop word. (7)
3.1.4 Skryf kode vir ʼn wysigingsmetode met die naam setWaarde. Die metode
sal die fHuidigeWaarde-attribuut stel na die huidige wisselkoers
afhangende van die kripto-eenheid (fBedrag * wisselkoers). Sedert kripto-
eenhede so baie verander, is die wisselkoerse gebaseer op ewekansige
getalle tussen ʼn sekere reeks.
Stel die fHuidigeWaarde-attribuut gebaseer op die volgende reëls:
fKripto Wisselkoers is ʼn ewekansige getal wat
beide waardes insluit
0 400 000 – 1 600 000
1 25 000 – 75 000
2 500 – 3000 (5)
3.1.5 Skryf ʼn metode met die naam BerekenWinsVerlies wat ʼn stringwaarde,
‘Wins’, ‘Verlies’ of ‘Gelyk’, sal terugstuur.
Die metode moet gebruik maak van die objek se attribute om die afvoer te
bepaal.
• As die huidige waarde groter is as die oorspronklike prys, dan is dit ʼn
wins.
• As die huidige waarde kleiner is as die oorspronklike prys, dan is dit ʼn
verlies.
• As die huidige waarde dieselfde is as die oorspronklike prys, dan is dit
gelyk. (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 17
3.2 ʼn Onvoltooide program word in die Vraag 3-gidslêer voorsien. Die program bevat
kode vir die objekklas en is verklaar as ʼn objekveranderlike met die naam objKripto.
Skryf kode om die take uit te voer soos hieronder in VRAAG 3.2.1 tot VRAAG 3.2.3
beskryf word.
3.2.1 Knoppie [3.2.1 – Instansieer Kripto-Objek]
Skryf kode om die volgende te doen:
• Kry die naam van die redigeerblokke edtNaam, die van uit die
redigeerblokkie edtVan en die getal uit die ‘radio group’ rgpKripto.
• Gebruik die inligting om die nuwe Kripto-objek te instansieer.
• Vertoon ʼn boodskap sodat die gebruiker kan sien dat die Kriptorekening
geskep is. (6)
3.2.2 Knoppie [3.2.2 – Koop Kripto]
Die kriptohandelaar moet hul gekose koopprys in die redigeerblokkie in tik.
Skryf kode om die volgende te doen:
• Kry die prys van die redigeerblokkie edtGeld.
• Roep die setBedrag metode deur die waarde van die redigeerblokkie te
gebruik. (2)
3.2.3 Timer [tmrLive]
Wanneer die ‘Live’ knoppie geklik word, sal die program die huidige waarde
van die kripto-eenheid elke sekonde opdateer en vertoon. Dit sal ook wys of
die handelaar ʼn wins of verlies gemaak het in vergelyking met die
oorspronklike koopsprys.
Skryf kode op die ‘timer’ tmrLive om die volgende te doen:
• Roep die setWaarde metode.
• Gebruik die toString metode om die inligting van die opgedateerde
Kripto-objek in die ‘rich edit’ redAfvoer te vertoon.
• Gebruik die BerekenWinsVerlies metode om die opgedateerde Kripto-
objek in die paneel pnlAfvoer te vertoon.
Voorbeeld van afvoer as Joe Soap R50 000 se Ethereum koop:
Randwaardes sal ewekansig wees
Wins Verlies
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
18 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/SEPTEMBER 2024)
Voorbeeld van afvoer as Lutho Mzi R10 000 se Bitcoin koop:
Wins Verlies
(5)
• Sleutel jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van die
programlêer.
• Stoor jou program.
• ʼn Drukstuk van die kode mag vereis word.
TOTAAL VRAAG 3: [40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 19
VRAAG 4: PROBLEEMOPLOSSINGSPROGRAMMERING
Die kripto-eenheidmark bestaan uit triljoene rande se geld werd. Hierdie toepassing is
geskep om die 20 gewilde kripto-eenhede te vertoon, asook die markkapitalisasie in USD
en huidige prys in ZAR (Suid-Afrikaanse Rand).
Doen die volgende:
• Maak die onvoltooide program in die Vraag 4-lêergids oop.
• Sleutel jou naam as kommentaar in die eerste reël van die Vraag4_U.pas-lêer in.
• Kompileer en voer die program uit. Die program het tans beperkte funksionaliteit nie.
• MOENIE enige kode verwyder of verander NIE.
Voorbeeld van die grafiese gebruikerskoppelvlak (GGK):
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
20 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/SEPTEMBER 2024)
Die volgende is in die program voorsien:
• ʼn Tekslêer met die naam Kripto.txt bevat omtrent 20 verskillende kripto-eenhede in
die volgende formaat:
Naam van Kripto-eenheid, Simbool, Huidige Prys in Rand (ZAR), Markkapitalisasie in Dollars (USD).
• ʼn Tellerveranderlike is geïnstansieer om die aantal kripto-eenhede van die tekslêer te
stoor.
• ʼn Twee-dimensionele skikking met die naam ar2Kripto is vir jou geskep.
• Die skikking sal gebruik word om die data van die tekslêer van die omtrent 20
verskillende kripto-eenhede te stoor.
Voltooi die kode vir elke afdeling van VRAAG 4, soos wat dit in VRAAG 4.1 tot
VRAAG 4.4 beskryf word.
4.1 Knoppie [4.1 – Lees inhoud]
Die data van die tekslêer Kripto.txt moet gelees word en in die twee-
dimensionele skikking, ar2Kripto, gestoor word. Elke ry van die skikking
verteenwoordig ʼn kripto-eenheid en elke kolom bevat die onderskeie datavelde
(Naam, Simbool, HuidigePrysInZAR, MarkKapInUSD).
Skryf kode om die volgende te doen:
• Lees die data van die tekslêer Kripto.txt en vul die twee-dimensionele
skikking ar2Kripto.
• Sluit enige nodige fouthantering vir die oopmaak van die tekslêer in. (12)
4.2 Knoppie [4.2 – Vertoon]
Die inhoud van die twee-dimensionele ar2Kripto moet netjies in tabelformaat
vertoon word.
Skryf kode om die volgende te doen:
• Vertoon die inhoud van die twee-dimensionele skikking in die ‘rich edit’
redAfvoer.
• Maak seker dat die afvoer in lyn is.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 21
Voorbeeld van afvoer:
(5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
22 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/SEPTEMBER 2024)
4.3 Knoppie [4.3 – Sorteer]
Kripto-eenhede word volgens hul markkapitalisasie gesorteer.
Skryf kode om die volgende te doen:
• Sorteer die twee-dimensionele skikking gebaseer op die huidige
markkapitalisasie in dalende volgorde.
• Vertoon die inhoud van die sorteerde twee-dimensionele skikking in die ‘rich
edit’ redAfvoer.
Voorbeeld van afvoer:
(10)
4.4 Knoppie [4.3 – Totale Markkapitalisasie]
Die totale markkapitalisasie is die som van die MarkKap in USD waardes vir al
die kripto-eenhede wat in die twee-dimensionele skikking gestoor is.
Skryf kode om die volgende te doen:
• Bereken die totale markkapitalisasie en verwerk dit na randwaarde (ZAR).
Die wisselkoers is:
1 USD = 18 ZAR
• Vertoon die totale markkapitalisasie in die ‘rich edit’ redAfvoer.
Voorbeeld van afvoer:
(3)
• Sleutel jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van die
programlêer.
• Stoor jou program.
• ʼn Drukstuk van die kode mag vereis word.
TOTAAL VRAAG 4: [30]
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 23
INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1
DATABASISINLIGTING VRAAG 2:
Die databasis CryptoExchange bevat tabelle tblLede en tblKripto.
Die volgende een-tot-baie verwantskap met referensiële integriteit bestaan tussen die
twee tabelle in die databasis:
Die ontwerp van die databasistabelle is soos volg:
Tabel: tblLede – Hierdie tabel bevat inligting van die kriptohandelaars.
VeldNaam Datatipe Beskrywing
LidID Number Unieke ID van die kriptohandelaar
Van Text (30) Die van van die kriptohandelaar
Naam Text (20) Die naam van die kriptohandelaar
Geboortedatum Date/Time Die geboortedatum van die kriptohandelaar
E-Pos Text (255) Die e-posadres van die kriptohandelaar
Geslag Text (20) Die geslag van die kriptohandelaar
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
24 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/SEPTEMBER 2024)
Voorbeeld van die eerste paar rekords in die tblLede-tabel:
Tabel: tblKripto – Hierdie tabel bevat inligting van die kriptotransaksies.
Field Name Data Type Beskrywing
WisselID Number Unieke ID van die wisseltransaksie
LidID Number Die ID van die kriptohandelaar wat transaksie
gemaak het
Wisselnaam Text (20) Die kriptowisselnaam
KriptoTipe Text (30) Die kriptotipe
Bedrag Number Die aantal kripto wat gekoop is
DatumGekoop Date/Time Die datum wanneer kripto gekoop is
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 25
Voorbeeld van die eerste paar rekords in die tblKripto-tabel:
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Information Technology Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2022 QP

Question paper
Information Technology Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2020 QP

Question paper
Information Technology Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2020 QP

Question paper
Information Technology Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2018 QP
%20(English%20and%20Afrikaans)%20June%202012%20QP_hlayiso.com_--ed98e0ed-0f4f-4b6d-b186-8bf5442faa15/v1-521c348e09965a6d2288/card.webp)
Question paper
Information Technology Grade 12 P1 NSC June 2012 QP (Afr)

Memorandum
Information Technology Grade 12 P1 2023 Memo (Afr)
More from Grade 12 Information Technology

Memorandum
Information Technology Grade 12 P2 2023 Memo (Afr)

Memorandum
Information Technology Grade 12 P1 NSC June 2023 Memo (Eng)

Memorandum
Information Technology Grade 12 P1 2022 Memo (Afr)

Question paper
Information Technology Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2022 QP
_hlayiso.com_--7454979b-cba2-4b39-a884-69e6b1c0f5c6/v1-3f9dc1675d92ae7768e5/card.webp)
Question paper
Information Technology Grade 12 P2 NSC June 2022 QP (Eng)
_hlayiso.com_--500d3219-d02f-4c1c-af0e-452a5fe87f3b/v1-bfe5f3f664d3f236ff89/card.webp)
Question paper