Vertroulik
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1
NOVEMBER 2024
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 25 bladsye, 2 bladsye met data,
2 bladsye vir beplanning en ꞌn aparte inligtingsblad.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
You're offline
Skip to contentQuestion paper 






View all





Information Technology P1 Nov 2024 Afr.pdf
Information Technology · Grade 12 · November 2024 NSC · 2024. Question paper, 30 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Information Technology
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2024
- Exam period
- November 2024 NSC
- Paper
- 1
- Pages
- 30
- File size
- 1.1 MB
Loading document…
Loading document…
1 of 30
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Inligtingstegnologie/V1 2 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel is in VIER afdelings ingedeel. Kandidate moet AL die vrae in
AL VIER afdelings beantwoord.
2. Twee leë bladsye wat vir beplanningsdoeleindes gebruik kan word, is aan die
einde van die vraestel ingesluit.
3. Die duur van hierdie eksamen is drie uur. As gevolg van die aard van hierdie
eksamen is dit belangrik om daarop te let dat jy nie toegelaat sal word om die
eksamenlokaal voor die einde van die eksamensessie te verlaat nie.
4. Hierdie vraestel is opgestel met programmeringsterme wat spesifiek is tot
Delphi as programmeringstaal. Die Delphi-programmeringstaal moet gebruik
word om die vrae te beantwoord.
5. Maak seker dat jy die vrae beantwoord volgens die spesifikasies wat in elke
vraag gegee word. Punte sal volgens die voorgeskrewe vereistes toegeken
word.
6. Beantwoord slegs wat in elke vraag gevra word. Byvoorbeeld, indien die
vraag nie vir datavalidering vra nie, sal geen punte vir datavalidering
toegeken word nie.
7. Jou programme moet op só ꞌn manier gekodeer word dat dit met enige data
sal werk en nie net met die voorbeelddata wat voorsien is of enige data-
uittreksels wat in die vraestel verskyn nie.
8. Roetines, soos soek, sorteer en seleksie, moet vanuit eerste beginsels
ontwikkel word. Jy mag NIE die ingeboude funksies van die
Delphi-programmeringstaal vir enige van hierdie roetines gebruik NIE.
9. Alle datastrukture moet deur jou, die programmeerder, verklaar word, tensy
die datastrukture verskaf word.
10. Jy moet jou werk gereeld stoor op die disket/CD/DVD/geheuestokkie wat aan
jou gegee is of op die skyfspasie wat vir hierdie eksamensessie aan jou
toegeken is.
11. Maak seker dat jou eksamennommer as kommentaar verskyn in elke program
wat jy kodeer, asook op elke gebeurtenis wat aangedui word.
12. Indien dit vereis word, druk die programmeringskode van al die programme/
klasse wat jy voltooi het. Jou eksamennommer moet op alle drukstukke
voorkom. Jy sal ná die eksamensessie ꞌn halfuur tyd vir drukwerk gegee
word.
13. Aan die einde van hierdie eksamensessie moet jy ꞌn disket/CD/DVD/
geheuestokkie inlewer met al jou werk daarop gestoor OF jy moet seker maak
dat al jou werk op die skyfspasie gestoor is wat vir hierdie eksamensessie
aan jou toegeken is. Maak seker dat al die lêers gelees kan word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Inligtingstegnologie/V1 3 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
14. Die lêers wat jy benodig om hierdie vraestel te voltooi, is aan jou gegee op ꞌn
disket/CD/DVD/geheuestokkie of op die skyfspasie wat aan jou toegeken is.
Die lêers word in die vorm van wagwoordbeskermde uitvoerbare lêers
verskaf. Nov
Doen die volgende:
Dubbelklik op die volgende uitvoerbare lêer wat met ꞌn wagwoord
beskerm is: DataNOV2024.exe
Klik op die ꞌExtractꞌ-knoppie.
Sleutel die volgende wagwoord in: #RUN4@New
Nadat dit onttrek (ꞌextractedꞌ) is, sal die volgende lys lêers in die lêergids
(ꞌfolderꞌ) DataNOV2024 beskikbaar wees:
Question 1: Question 3:
Houses.txt MRecord_U.pas
Question1_P.dpr Question3_P.dpr
Question1_P.dproj Question3_P.dproj
Question1_P.res Question3_P.res
Question1_U.dfm Question3_U.dfm
Question1_U.pas Question3_U.pas
Question 2: Question 4:
ConnectDB_U.pas Question4_P.dpr
MarathonsDB - Copy.mdb Question4_P.dproj
MarathonsDB.mdb Question4_P.res
Question2_P.dpr Question4_U.dfm
Question2_P.dproj Question4_U.pas
Question2_P.res
Question2_U.dfm
Question2_U.pas
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Inligtingstegnologie/V1 4 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
AFDELING A
VRAAG 1: ALGEMENE PROGRAMMERINGSVAARDIGHEDE
Doen die volgende:
Maak die onvolledige program in die Question 1-lêergids oop.
Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die
Question1_U.pas-lêer in.
Kompileer en voer die program uit. Die program het tans beperkte funksionaliteit.
Voorbeeld van die grafiese gebruikerskoppelvlak (GGK (ꞌGUIꞌ)):
Voltooi die kode vir elke afdeling van VRAAG 1, soos wat beskryf is in VRAAG 1.1
tot VRAAG 1.5 op die volgende bladsy.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Inligtingstegnologie/V1 5 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
1.1 Skryf kode vir knoppies btnQ1_1_1 en btnQ1_1_2 soos hieronder
gespesifiseer word.
1.1.1 Knoppie [1.1.1 - Random]
Skryf kode om die volgende te doen:
Genereer ꞌn ewekansige getal van 5 tot 10, beide getalle ingesluit.
Vertoon die ewekansige getal in die edtQ1_1_1-redigeerblokkie
(ꞌedit boxꞌ).
Voorbeeld van afvoer indien die getal 5 ewekansig gegenereer is:
LET WEL: Die afvoer kan verskil as gevolg van die aard van
ewekansige getalle. (4)
1.1.2 Knoppie [1.1.2 - Round up]
Jy is van ꞌn konstante NUMBER = 5.23247 voorsien.
Skryf kode wat ꞌn wiskundige funksie gebruik om die waarde van die
konstante te vertoon, afgerond tot die naaste heelgetal in die
spinredigeerder (ꞌspin editꞌ) spnQ1_1_2.
Voorbeeld van afvoer:
(3)
1.2 Knoppie [1.2 - Surface area]
ꞌn Reghoekige soliede keël word in die prentjie hieronder getoon.
Die buite-oppervlakte van die keël word bereken deur die volgende formule te
gebruik:
𝐴 = 𝜋𝑟(𝑟 + √ℎ2 + 𝑟 2 )
Skryf kode om die volgende te doen:
Onttrek die waardes van r en h uit die onderskeie redigeerblokkies
edtQ1_2_r en edtQ1_2_h wat voorsien is.
Gebruik die waardes van r en h en geskikte wiskundige funksies om die
buite-oppervlakte van die keël wat deur A verteenwoordig word, te
bereken.
Vertoon die waarde van A in die etiket (ꞌlabelꞌ) lblQ1_2, afgerond tot
TWEE desimale plekke.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Inligtingstegnologie/V1 6 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
Voorbeeld van toevoer en afvoer waar r = 5 en h = 10:
Voorbeeld van toevoer en afvoer waar r = 7.9 en h = 22.4:
(8)
1.3 Knoppie [1.3 - Read file]
ꞌn Tekslêer met die naam Houses.txt bevat die straatadres en die getal
slaapkamers vir elke huis in ꞌn voorstedelike gebied.
Die formaat van die inhoud van die tekslêer is soos volg:
<straatadres>
<getal slaapkamers>
Voorbeeld van die eerste vier reëls van die Houses.txt-tekslêer:
61 Loop street
4
83 Church street
2
Kode is voorsien vir die verklaring van die tekslêerveranderlike tFile.
Skryf kode om die volgende te doen:
Ken die tekslêer Houses.txt aan die veranderlike tFile toe.
Maak seker dat lees uit die tekslêer vanaf die eerste reël in die tekslêer
begin.
Lees met ꞌn lus deur die tekslêer en stoor die straatadres en getal
slaapkamers in verskillende veranderlikes.
Vertoon die straatadres en die getal slaapkamers in die redigeerblokkie
(ꞌrich editꞌ) redQ1_3 in die formaat hieronder.
<straatadres> - <getal slaapkamers> -bedroom house
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Inligtingstegnologie/V1 7 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
Voorbeeld van afvoer:
(9)
1.4 Knoppie [1.4 - Add name]
Leerders van ꞌn skool gaan op ꞌn uitstappie. Twee ꞌrich editꞌ-komponente
redQ1_4_P en redQ1_4_NP is voorsien om onderskeidelik die name van die
leerders te vertoon wat hulle fooie betaal het en dié wat nie hulle fooie betaal
het nie.
Die kombinasieblokkie (ꞌcombo boxꞌ) cmbQ1_4 bevat die name van al die
leerders wat op die uitstappie gaan.
Skryf kode om die volgende te doen:
Onttrek die naam wat uit die kombinasieblokkie (ꞌcombo boxꞌ) cmbQ1_4
geselekteer is.
Indien die ꞌPaidꞌ-kontroleblokkie (ꞌcheck boxꞌ) chbQ1_4 gemerk is, voeg
die naam van die leerder by die redQ1_4_P-komponent, andersins moet
die naam by die redQ1_4_NP-komponent gevoeg word.
Verwyder die naam wat geselekteer is uit die kombinasieblokkie
cmbQ1_4.
Voorbeeld van toevoer en afvoer indien Bianca geselekteer is en haar
uitstappiefooi reeds betaal is:
Voorbeeld van toevoer en afvoer indien Godfrey geselekteer is en sy
uitstappiefooi nog nie betaal is nie:
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Inligtingstegnologie/V1 8 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
Voorbeeld van die inhoud van cmbQ1_4 nadat Bianca en Godfrey
geselekteer is en hulle name uit die kombinasieblokkie verwyder is:
(7)
1.5 Knoppie [1.5 - Replace]
ꞌn Wagwoord moet vir elke leerder wat die uitstappie bywoon, saamgestel
word.
Die gebruiker moet die naam en van van die leerder in die redigeerblokkie
(ꞌedit boxꞌ) edtQ1_5 insleutel.
Die volgende kode is voorsien:
Die inhoud van die redigeerblokkie edtQ1_5 is in die veranderlike
sNameSurname gestoor.
ꞌn String, sCharacters, wat ses spesiale karakters bevat
sCharacters := ꞌ@#$%^&ꞌ;
Skryf kode om die volgende te doen om die wagwoord te skep:
Keer die volgorde van die karakters in die string sNameSurname om en
verwyder alle spasies uit die string.
Vertoon die omgekeerde string, sonder spasies, in die memQ1_5-
afvoerarea.
Vervang elke derde karakter in die omgekeerde string met ꞌn spesiale
karakter wat ewekansig uit die gegewe sCharacter-string verkry word.
Vertoon die wagwoord in die memQ1_5-afvoerarea.
Voorbeeld van toevoer en afvoer:
(9)
Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die programlêer
in.
Stoor jou program.
Druk die kode indien dit vereis word.
TOTAAL AFDELING A: 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Inligtingstegnologie/V1 9 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
AFDELING B
VRAAG 2: DATABASISPROGRAMMERING
Die organiseerders van atletiekbyeenkomste benodig ꞌn toepassing (ꞌappꞌ) wat aan
hardloopentoesiaste inligting oor marathons en waar dit plaasvind, voorsien.
ꞌn Databasis met die naam MarathonsDB.mdb, wat inligting bevat oor marathonname
en die stede waar dit plaasvind, is ontwikkel. Dit stel gebruikers in staat om marathons
in die stede van hulle voorkeur te vind.
Die databasis bevat twee tabelle met die name tblLocations en tblMarathons.
LET WEL: Die bladsye met data aan die einde van die vraestel verskaf inligting oor
die ontwerp van die MarathonsDB.mdb-databasis en die inhoud
daarvan.
Doen die volgende:
Maak die onvolledige projeklêer met die naam Question2_P.dpr in die
Question 2-lêergids oop.
Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die
Question2_U.pas-eenheidlêer in.
Kompileer en voer die program uit. Die program het tans geen funksionaliteit nie.
Die inhoud van die tabelle word vertoon, soos wat hieronder op die seleksie van
die oortjieblad (ꞌtab sheetꞌ) 2.2 - Delphi code getoon word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Inligtingstegnologie/V1 10 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
Volg die instruksies hieronder om die kode vir elke afdeling wat in VRAAG 2.1 en
VRAAG 2.2 beskryf word, te voltooi.
Gebruik SQL-stellings om VRAAG 2.1 te beantwoord en Delphi-kode om
VRAAG 2.2 te beantwoord.
LET WEL:
Die ꞌRestore databaseꞌ-knoppie word voorsien om die data wat in die databasis
voorkom, na die oorspronklike inhoud te herstel.
Die inhoud van die databasis is met ꞌn wagwoord beskerm, m.a.w. jy sal NIE
toegang tot die inhoud van die databasis kan verkry deur Microsoft Access te
gebruik NIE.
Kode word voorsien om die GGK(ꞌGUIꞌ)-komponente met die databasis te koppel.
MOENIE enige van die kode wat voorsien is, verander NIE.
TWEE veranderlikes is as publieke veranderlikes verklaar, soos in die tabel
hieronder beskryf word.
Veranderlike Datatipe Beskrywing
tblLocations TADOTable Verwys na die tabel tblLocations
tblMarathons TADOTable Verwys na die tabel tblMarathons
2.1 Oortjieblad (ꞌTab sheetꞌ) [2.1 - SQL]
Voorbeeld van die grafiese gebruikerskoppelvlak (GGK) vir VRAAG 2.1:
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Inligtingstegnologie/V1 11 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
LET WEL:
Gebruik SLEGS SQL-stellings om VRAAG 2.1.1 tot VRAAG 2.1.5 te
beantwoord.
Kode om die SQL-stellings uit te voer en die resultate van die navrae te
vertoon, is voorsien. Die SQL-stellings wat aan die veranderlikes sSQL1,
sSQL2, sSQL3, sSQL4 en sSQL5 toegeken is, is onvolledig.
Voltooi die SQL-stellings om die take wat in VRAAG 2.1.1 tot VRAAG 2.1.5
hieronder beskryf word, uit te voer.
2.1.1 Knoppie [2.1.1 - Low population]
Vertoon al die velde van die rekords in die tblLocations-tabel met ꞌn
ꞌpopulationꞌ (bevolking) van minder as 200 000 mense.
Voorbeeld van afvoer:
(3)
2.1.2 Knoppie [2.1.2 - Runners United September runs]
Vertoon die MarathonID, MarathonDate en Distance van al die
marathons wat deur Runners United georganiseer is en wat in
September plaasvind.
Voorbeeld van afvoer:
(4)
2.1.3 Knoppie [2.1.3 - Marathon locations]
Die plek waar elke marathon plaasvind, word deur die organiseerders
benodig.
Las die City-veld en die eerste drie letters van die Province-veld van
al die plekke in die tblLocations-tabel aan mekaar in ꞌn nuwe veld
met die naam Location.
Die inhoud van die nuwe Location-veld moet in die volgende formaat
wees:
<Stad> - <Eerste drie letters van provinsie>
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Inligtingstegnologie/V1 12 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
Voorbeeld van afvoer van die eerste vyf rekords:
(4)
2.1.4 Knoppie [2.1.4 - Add city]
ꞌn Stad moet in die tblLocations-tabel bygevoeg word. Die
besonderhede is in die tabel hieronder voorsien.
Veld Waarde
LocationID 19
City Welkom
Province Free State
Altitude 1198
Population 423016
Voorbeeld van afvoer van die laaste vyf rekords nadat die stad
bygevoeg is:
(4)
2.1.5 Knoppie [2.1.5 - High prize money]
Vertoon die stad, die getal marathons en die totale prysgeld van al
die marathons wat in die stad gehou word, slegs as die totale
prysgeld meer as R50 000 is.
Die nuwe veld vir die getal marathons is NumMarathons en die nuwe
veld vir die totale prysgeld is Total Prize Money.
Voorbeeld van afvoer:
(7)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Inligtingstegnologie/V1 13 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
2.2 Oortjieblad (ꞌTab sheetꞌ) [2.2 - Delphi code]
LET WEL:
Gebruik SLEGS Delphi-programmeringskode om VRAAG 2.2.1 en
VRAAG 2.2.2 te beantwoord.
GEEN punte sal vir SQL-stellings in VRAAG 2.2 toegeken word nie.
Voorbeeld van die grafiese gebruikerskoppelvlak (GGK (ꞌGUIꞌ)) vir
VRAAG 2.2:
2.2.1 Knoppie [2.2.1 - Remove marathons]
Sommige organiseerders het van die marathons onttrek en die
rekords van hierdie marathons moet verwyder word aangesien hulle
nie meer gaan plaasvind nie.
Die organiseerder se naam moet deur die gebruiker ingesleutel word.
Kode is voorsien om die naam van die organiseerder te onttrek
(ꞌextractꞌ) en te stoor deur ꞌn toevoerdialoogblokkie (ꞌinput dialog boxꞌ)
te gebruik. Die naam van die organiseerder word in die veranderlike
sOrganiser gestoor.
Skryf kode om die rekords uit die tblMarathons-tabel te verwyder,
waar die naam van die organiseerder dieselfde is as die naam van
die organiseerder wat ingesleutel is.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Inligtingstegnologie/V1 14 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
Voorbeeld van die eerste vier rekords in die tblMarathons-tabel
voordat die organiseerder, Active Events, uitgevee is:
Voorbeeld van die eerste vier rekords in die tblMarathons-tabel
nadat die organiseerder, Active Events, uitgevee is:
(5)
2.2.2 Knoppie [2.2.2 - Qualifying marathons]
Die hardlopers wat vir langafstand-marathons oefen, moet aan
kwalifiserende marathons deelneem om vir inskrywing in
aanmerking te kom. ꞌn Kwalifiserende marathon is enige marathon
wat oor ꞌn afstand van 40 km of meer afgelê word.
ꞌn Stad se naam moet ingesleutel word deur ꞌn toevoer-
dialoogblokkie (ꞌinput dialogue boxꞌ) te gebruik en dan moet al die
kwalifiserende marathons in daardie stad vertoon word.
Kode is voorsien om:
Die inhoud van die redQ2_2_2-komponent skoon te maak
Die naam van die stad wat ingesleutel is, te onttrek en in die
veranderlike sCity te stoor
Gebruik die redQ2_2_2-komponent om die afvoer te vertoon.
Skryf kode om die volgende te doen:
Vertoon die naam van die marathon en die afstand van al die
kwalifiserende marathons uit die tblMarathons-tabel vir die
naam van die stad wat ingelees is, deur die gegewe toevoer-
dialoogblokkie te gebruik.
Vertoon ꞌn geskikte boodskap as die naam van die stad wat
ingesleutel is, nie in die tblLocations-tabel opgespoor kon word
nie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Inligtingstegnologie/V1 15 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
Voorbeeld van afvoer indien Paarl as toevoer ingesleutel is:
Voorbeeld van afvoer indien Sasolburg as toevoer ingesleutel is:
(13)
Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die programlêer
in.
Stoor jou program.
Druk die kode indien dit vereis word.
TOTAAL AFDELING B: 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Inligtingstegnologie/V1 16 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
AFDELING C
VRAAG 3: OBJEK-GEORIËNTEERDE PROGRAMMERING
Die Wêreld Marathon Assosiasie het jou gevra om hulle met die bestuur van die
inligting oor rekordhouers van marathons by te staan.
Doen die volgende:
Maak die onvolledige program in die Question 3-lêergids oop.
Maak die onvolledige objekklas MRecord_U.pas oop.
Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van beide die
Question3_U.pas-lêer en die MRecord_U.pas-lêer in.
Kompileer en voer die program uit. Die program het tans beperkte funksionaliteit.
Voorbeeld van die grafiese gebruikerskoppelvlak (GGK (ꞌGUIꞌ)):
Voltooi die kode soos gespesifiseer in VRAAG 3.1 en VRAAG 3.2 wat volg.
LET WEL: Jy mag NIE enige addisionele attribute of gebruikergedefinieerde metodes
byvoeg NIE, tensy dit uitdruklik in die vraag genoem word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Inligtingstegnologie/V1 17 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
3.1 Die onvoltooide objekklas (MRecord) wat voorsien is, bevat die verklaring van
vyf attribute wat ꞌn Marathon Record-objek beskryf.
Die attribute van ꞌn Marathon Record-objek is soos volg verklaar:
Attribuut Tipe Beskrywing
fMarathonName String Die naam van die marathon
fRecordHolder String Die naam van die persoon wat tans die
rekordhouer is
fRecordDate String Die datum van die rekord in die formaat
jjjj/MM/dd
fRecordTime String Die rekordtyd in die formaat hh:mm:ss
fDistance Real Die afstand van die marathon
Die volgende metodes is ook voorsien:
ꞌn Gedeeltelik voltooide konstruktor-metode
Die wysigingsmetodes (ꞌmutator methodsꞌ) setRecordHolder,
setRecordDate en setRecordTime
ꞌn Hulpmetode (ꞌauxiliary methodꞌ) toMinutes wat die tyd van ꞌn hardloper
as ꞌn stringparameter in die formaat hh:mm:ss ontvang en die rekordtyd in
minute as ꞌn reële datatipe terugstuur
Voltooi die kode in die objekklas soos wat in VRAAG 3.1.1 tot VRAAG 3.1.5
hieronder beskryf word.
3.1.1 Die onvoltooide konstruktor-metode ontvang vyf parameters.
Skryf kode om die parameters aan die fMarathonName-,
fRecordHolder-, fRecordDate-, fRecordTime- en fDistance-
attribute onderskeidelik toe te ken. (3)
3.1.2 Skryf kode vir ꞌn toegangsmetode (ꞌaccessor methodꞌ) met die naam
getRecordTime om die fRecordTime-attribuut terug te stuur. (2)
3.1.3 Skryf kode vir ꞌn metode met die naam checkRecord wat ꞌn
hardloper se tyd as ꞌn stringparameter ontvang en ꞌn Boolese
waarde terugstuur.
Die metode moet die huidige rekordtyd wat in die fRecordTime-
attribuut gestoor is, vergelyk met die tyd wat as ꞌn parameter
ontvang is. Stuur ꞌTrueꞌ terug indien die tyd van die hardloper wat as
ꞌn parameter ontvang is, minder is as die waarde in die
fRecordTime-attribuut en ꞌFalseꞌ indien nie. (5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Inligtingstegnologie/V1 18 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
3.1.4 Die hardloper se pas (ꞌpaceꞌ) is die spoed waarteen ꞌn hardloper 'n
marathon voltooi, gemeet in minute per kilometer.
Die volgende formule kan gebruik word om ꞌn hardloper se pas te
bereken:
𝑚𝑖𝑛𝑢𝑡𝑒𝑠
𝑝𝑎𝑐𝑒 =
𝑑𝑖𝑠𝑡𝑎𝑛𝑐𝑒
Skryf kode vir ꞌn metode met die naam calcPace wat die gegewe
toMinutes-metode en die gegewe formule gebruik om die hardloper
se pas te bereken en as ʹn reële waarde terug te stuur. (4)
3.1.5 Skryf kode vir ꞌn metode met die naam toString om ꞌn string in die
volgende formaat terug te stuur:
<fMarathonName> - <fDistance> km: <fRecordHolder>
(<fRecordTime> on <fRecordDate>)
Voorbeeld:
Karoo Marathon - 42.2 km: Sam Peterson (02:08:38 on
2024/06/13) (5)
3.2 ꞌn Onvolledige program is in die Question 3-lêergids voorsien. Die program
bevat kode vir die objekklas om toeganklik te wees en verklaar ꞌn
objek-veranderlike met die naam objMRecord.
Kode om die afvoerarea skoon te maak, is in btnQ3_2_1, btnQ3_2_2 en
btnQ3_3_3 voorsien.
Skryf kode om die take wat beskryf word in VRAAG 3.2.1 tot
VRAAG 3.2.3 wat volg, uit te voer.
3.2.1 Knoppie [3.2.1 - Instantiate object]
Sam Peterson is die huidige rekordhouer van die Karoo Marathon.
Die huidige rekordinligting vir die Karoo Marathon is soos volg
aangeteken:
Marathonnaam Karoo Marathon
Rekordhouer Sam Peterson
Datum waarop rekord opgestel is 2024/06/13
Marathon-rekordtyd 02:08:38
Afstand van marathon 42.2 km
Kode is voorsien om die naam van die marathon, die rekordhouer se
naam, die datum waarop die rekord opgestel is en die tyd wat vir die
rekord aangeteken is, uit die relevante redigeerblokkies te onttrek.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Inligtingstegnologie/V1 19 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
Skryf kode om die volgende te doen:
Onttrek die afstand van die marathon as ꞌn reële waarde uit die
radiogroep (ꞌradio groupꞌ) rgpQ3_2_1. Die eenheid ꞌkmꞌ moet nie
as deel van die afstand se waarde gestoor word nie.
Gebruik die inligting wat onttrek is om ꞌn objMRecord-objek te
instansieer.
Gebruik die toString-metode om die besonderhede van die
objek in die redQ3-afvoerarea te vertoon.
Voorbeeld van toevoer en afvoer:
(8)
3.2.2 Knoppie [3.2.2 - Pace]
Die rekordhouer se pas moet bereken word.
Skryf kode om die calcPace-metode te roep en die resultaat in die
redQ3-komponent te vertoon, afgerond tot DRIE desimale plekke, in
die volgende formaat:
Record holderꞌs pace: <Pas van die rekordhouer> min/km
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Inligtingstegnologie/V1 20 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
Voorbeeld van toevoer en afvoer:
(4)
3.2.3 Knoppie [3.2.3 - Check record]
Die inligting van die huidige rekordhouer-objek moet vervang word
indien ꞌn ander hardloper die marathon in ꞌn korter tyd voltooi.
Die gebruiker moet die naam en tyd wat dit die nuwe hardloper
geneem het om die marathon te voltooi, in die onderskeie
redigeerblokkies edtQ3_2_3_Name en edtQ3_2_3_Time insleutel.
Skryf kode om die volgende te doen:
Roep die checkRecord-metode met die nuwe hardloper se tyd
as ꞌn argument om te bepaal of die tyd wat vir die nuwe
hardloper ingesleutel is, minder as die huidige rekordtyd van die
objek is.
Indien die nuwe hardloper se tyd minder as die huidige
rekordtyd is:
o Dateer die huidige rekordobjek op deur die volgende
metodes en argumente te gebruik:
Metodes Argumente
setRecordHolder Nuwe hardloper se naam
setRecordTime Nuwe hardloper se tyd
setRecordDate Stelseldatum
o Vertoon die opgedateerde objek-inligting in die redQ3-
afvoerarea deur die toString-metode te gebruik.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Inligtingstegnologie/V1 21 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
Indien die tyd van die nuwe hardloper meer is as die huidige tyd
van die objek, vertoon die huidige rekordtyd in die redQ3-
komponent in die volgende formaat:
The current record time remains: <Huidige rekordtyd>
Voorbeeld van toevoer en afvoer indien die nuwe hardloper se tyd
meer as die huidige rekordtyd is:
Voorbeeld van toevoer en afvoer indien die nuwe hardloper se tyd
minder as die huidige rekordtyd is:
(9)
Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die objekklas en
die vormklas in.
Stoor jou program.
Druk die kode in die objekklas en die vormklas indien dit vereis word.
TOTAAL AFDELING C: 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Inligtingstegnologie/V1 22 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
AFDELING D
VRAAG 4: PROBLEEMOPLOSSINGPROGRAMMERING
Doen die volgende:
Maak die onvolledige program in die Question 4-lêergids oop.
Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die
Question4_U.pas-lêer in.
Kompileer en voer die program uit. Die program het tans beperkte funksionaliteit.
Voorbeeld van die grafiese gebruikerskoppelvlak (GGK (ꞌGUIꞌ)):
Die volgende skikkings (ꞌarraysꞌ) is in die program voorsien:
ꞌn Skikking, arrMarathons, wat die name van tien marathons wat in die verlede
deur ꞌn deelnemer voltooi is, bevat. Let daarop dat ꞌn deelnemer dalk meer as een
keer aan ꞌn marathon deelgeneem het.
arrMarathons: array [1 .. 10] of String = ('Wally Hayward',
'Sasol','Soweto','Jacaranda City','Sasol','Durban City','Soweto',
'Soweto','Wally Hayward','Soweto');
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Inligtingstegnologie/V1 23 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
ꞌn Tweedimensionele skikking, arrChar, wat alfabetiese karakters stoor. Die name
van nege verskillende marathons is tussen die ander karakters in die rye van
hierdie skikking versteek.
arrChar: array [1 .. 14, 1 .. 14] of char = (
('u', 'x', 'v', 'm', 's', 'a', 's', 'o', 'l', 'f', 'k', 'j', 't', 'r'),
('u', 'm', 'g', 'e', 'n', 'i', 'w', 'a', 't', 'e', 'r', 'd', 's', 'e'),
('g', 'v', 'o', 'e', 't', 'v', 'a', 'n', 'a', 'f', 'r', 'i', 'k', 'a'),
('e', 'p', 'o', 'y', 'i', 'l', 'c', 'k', 'h', 'j', 's', 'd', 'f', 'd'),
('n', 'k', 'n', 'y', 's', 'n', 'a', 'f', 'o', 'r', 'e', 's', 't', 'u'),
('i', 's', 'y', 'd', 'b', 'c', 'r', 'g', 'h', 'k', 'c', 's', 'a', 'r'),
('w', 'a', 'l', 'l', 'y', 'h', 'a', 'y', 'w', 'a', 'r', 'd', 's', 'b'),
('a', 's', 'q', 'r', 't', 'n', 'n', 'j', 'h', 'e', 'r', 't', 'h', 'a'),
('t', 'o', 'e', 'r', 'y', 'b', 'd', 'r', 'h', 'k', 'l', 'g', 'd', 'n'),
('e', 'j', 'a', 'c', 'a', 'r', 'a', 'n', 'd', 'a', 'c', 'i', 't', 'y'),
('r', 'y', 'j', 'f', 'g', 'f', 'c', 'f', 'g', 'u', 'h', 'v', 'c', 'i'),
('k', 'h', 'h', 'l', 'p', 'h', 'i', 'l', 'l', 'c', 'r', 'e', 's', 't'),
('a', 'd', 'e', 'v', 'd', 's', 'o', 'w', 'e', 't', 'o', 'm', 'k', 'y'),
('p', 'd', 'u', 'r', 'b', 'a', 'n', 'c', 'i', 't', 'y', 'z', 'c',
'l'));
Voltooi die kode vir elke afdeling van VRAAG 4, soos in VRAAG 4.1 en VRAAG 4.2
hieronder beskryf word.
4.1 Knoppie [4.1 - Count marathons]
Gebruik die gegewe skikking met die naam arrMarathons wat die name van
tien marathons, waaraan ꞌn hardloper die afgelope vyf jaar deelgeneem het,
bevat. Daar is ꞌn herhaling van marathonname in die skikking aangesien die
hardloper meer as een keer aan sommige van die marathons deelgeneem het.
Kode is voorsien vir die inlynstelling en om die opskrifte in die redQ4_1
ꞌrich editꞌ-komponent te voltooi.
Skryf kode om die volgende te doen:
Vertoon die marathon se naam en die getal kere wat die hardloper aan elke
marathon deelgeneem het in die redQ4_1-komponent, soos in die afvoer
hieronder getoon.
Voorbeeld van afvoer vir die inhoud in die skikking arrMarathons:
(11)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Inligtingstegnologie/V1 24 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
4.2 ꞌn Raaiselwoordspeletjie is ontwikkel om bewustheid van die verskillende
marathons te skep.
Voorbeeld van die grafiese gebruikerskoppelvlak (GGK (ꞌGUIꞌ)):
LET WEL: Kode is voorsien vir ꞌn metode met die naam display2D wat die
skikking arrChar in die ꞌrich editꞌ redQ4_2 vertoon.
Kombinasieblokkie [cmbQ4_2]
Die raaiselwoordspeletjie gebruik karakters wat in die gegewe
tweedimensionele skikking met die naam arrChar gestoor word en wat 14 rye
en 14 kolomme bevat. Nege marathonname is in die kombinasieblokkie
cmbQ4_2 voorsien en hierdie name is ook tussen die karakters in die rye van
die skikking arrChar weggesteek. Die versteekte marathonname is
horisontaal van links na regs in die rye van die skikking arrChar geplaas.
Skryf kode om die volgende te doen:
Onttrek die geselekteerde marathonnaam uit die kombinasieblokkie
cmbQ4_2.
Vind die geselekteerde marathonnaam wat in die skikking arrChar
versteek is.
Gebruik die memQ4_2 om die ry- en kolomwaardes van die
geselekteerde woord in die volgende formaat te vertoon:
Row <Ry-indeks> @ column <Begin-kolomindeks> to <Einde-kolomindeks>
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Inligtingstegnologie/V1 25 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
Verander die karakters van die geselekteerde marathonnaam in die
skikking arrChar na hoofletters.
Roep die display2D-metode om die arrChar-skikking te vertoon om die
geselekteerde woord in hoofletters te toon.
Voorbeeld van toevoer en afvoer indien die marathonnaam ꞌknysnaforestꞌ in
die kombinasieblokkie cmbQ4_2 geselekteer is:
(19)
LET WEL: ꞌn Reset-knoppie is voorsien om die karakters in die
tweedimensionele skikking na kleinletters terug te stel.
Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die
programlêer in.
Stoor jou program.
Druk die kode indien dit vereis word.
TOTAAL AFDELING D: 30
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Inligtingstegnologie/V1 1 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1
DATABASIS-INLIGTING VIR VRAAG 2:
Die ontwerp van die databasistabelle is soos volg:
Tabel: tblLocations
Hierdie tabel bevat die besonderhede van elke plek.
Veldnaam Datatipe Beskrywing
LocationID (PK) Number ꞌn Unieke ID wat ꞌn plek identifiseer
City Text (20) Die naam van die stad waar die plek is
Province Text (15) Die naam van die provinsie waar die stad geleë is
Altitude Number Die hoogte bo seespieël van die plek
Population Number Die bevolking van die stad
Voorbeeld van die eerste tien rekords van die tblLocations-tabel:
Tabel: tblMarathons
Hierdie tabel bevat inligting oor beskikbare marathons in elke plek.
Veldnaam Datatipe Beskrywing
MarathonID (PK) Number ꞌn Unieke ID wat die marathon identifiseer
MarathonName Text (30) Die naam van die marathon
MarathonDate Date/Time Die datum waarop die marathon plaasvind
Distance Number Die afstand van elke marathon
PrizeMoney Currency Die prysgeld wat aan die wenner van die marathon
toegeken word
Organiser Text (25) Die naam van die organiseerder van die marathon
LocationID (FK) Number Die ID van die plek waar die marathon plaasvind
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Inligtingstegnologie/V1 2 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
Voorbeeld van die eerste tien rekords van die tblMarathons-tabel:
LET WEL:
Konneksiekode is voorsien.
Die databasis word met ꞌn wagwoord beskerm, dus sal jy nie direkte toegang tot die
databasis kan verkry nie.
Die volgende een-tot-baie-verwantskap met referensiële integriteit (ꞌreferential integrityꞌ)
bestaan tussen die twee tabelle in die databasis:
Kopiereg voorbehou
Inligtingstegnologie/V1 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
BEPLANNINGSBLADSY 1
Kopiereg voorbehou
Inligtingstegnologie/V1 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
BEPLANNINGSBLADSY 2
Kopiereg voorbehou
Inligtingstegnologie/V1 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
Eksamenplakker
_______
150
INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 – NOVEMBER 2024
INLIGTINGSBLAD (moet NÁ die 3 uur-sessie deur die kandidaat ingevul word)
SENTRUMNOMMER _____________________________________________________
EKSAMENNOMMER _____________________________________________________
WERKSTASIENOMMER __________________________________________________
Weergawe van Delphi wat tydens die INLIGTINGSTEGNOLOGIE NSS NOV 2024-eksamen gebruik is:
Maak ꞌn kruisie in Ander:
Delphi Delphi Delphi Delphi Delphi Delphi
die toepaslike (Spesifiseer)
10 XE 10.3 Community 11 12
blokkie (X) ________
NAAM VAN LÊERGIDS (ꞌFOLDERꞌ) __________________________________________
Kandidaat moet die lêernaam/-name vir elke antwoord invul. Maak ꞌn regmerkie indien
gestoor en/of gepoog.
Nasiener
Vraag- Lêernaam Gestoor Gepoog Maksimum Punt
Voorletters/
nommer () () Punt Verdien
Kode
Question1_P.
1 dproj 40
Question2_P.
2 dproj 40
MRecord_U. 19
pas
3
Question3_P. 21
dproj
Question4_P.
4 dproj 30
TOTAAL 150
Kommentaar: (slegs vir kantoor/nasiener se gebruik)
__________________________________________________________________________
__________________________________________________________________________
Kopiereg voorbehou
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.

Question paper
IT-P2-GR12 QP-Afr-SEP-2025_watermark.pdf

Question paper
IT P2 QP GR12 SEPT 2024_English_hlayiso.com_.pdf
Question paper
Information Technology P1 Nov 2024 Eng.pdf
Question paper
Gr 12 Information Technology P1 (English and Afrikaans) June 2024 Question Paper_hlayiso.com_.pdf
Question paper
Information Technology P1 May-June 2023 MG Eng_hlayiso.com_.pdf
Question paper
Information Technology P1 May-June 2023 MG Afr_hlayiso.com_.pdf
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

Memorandum
IT P1 MEMO GR12 SEPT 2024_English_hlayiso.com_.pdf

Question paper
Information Technology P1 May-June 2023 Eng_hlayiso.com_.pdf

Question paper
Information Technology P1 Nov 2023 Eng_hlayiso.com_.pdf
Question paper
Information Technology P1 May June 2022 Eng (2)_hlayiso.com_.pdf

Question paper
Information Technology P1 May June 2022 MG Eng_hlayiso.com_.pdf

Question paper
Information Technology P1 Nov 2022 MG Afr_hlayiso.com_.pdf
More from Grade 12 Information Technology
Explore more published documents in this catalogue.

Memorandum
LEWENSWETENSKAPPE V1 MEMO GR12 SEPT 2025_watermark.pdf

Memorandum
Information Technology P1 May-June 2025 MG Eng.pdf

Memorandum
IT P2 MEMO GR12 SEPT 2024_English_hlayiso.com_.pdf

Memorandum
IT P1 MEMO GR12 SEPT2023_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf

Memorandum
IT P2 GR12 MEMO SEPT2023_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf

Memorandum