Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2021
INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye.
You're offline
Skip to contentQuestion paper 











View all





IT P1 GR12 QP SEPT 2021 AFR hlayiso.com
Information Technology · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2021. Question paper, 19 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Information Technology
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2021
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 1
- Pages
- 19
- File size
- 498.0 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 19
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/SEPTEMBER 2021)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel is in VIER afdelings ingedeel. Kandidate moet AL die vrae in
elk van die VIER afdelings beantwoord.
2. Die duur van hierdie eksamen is drie uur. As gevolg van die aard van hierdie
eksamen is dit belangrik om daarop te let dat jy nie toegelaat sal word om die
eksamenlokaal voor die einde van die eksamensessie te verlaat nie.
3. Hierdie vraestel is opgestel met programmeringsterme wat spesifiek tot die
Delphi-programmeringstaal is.
4. Maak seker dat jy die vrae beantwoord volgens die spesifikasies wat in elke
vraag gegee word. Punte sal volgens die voorgeskrewe vereistes toegeken
word.
5. Beantwoord slegs wat in elke vraag gevra word. Byvoorbeeld, indien die vraag
nie datavalidering vra nie, sal geen punte vir datavalidering toegeken word nie.
6. Jou programme moet op só ʼn manier gekodeer word dat dit met enige data sal
werk en nie net met die voorbeelddata wat verskaf is of enige data-uittreksels
wat in die vraestel verskyn nie.
7. Roetines, soos vind, soek, sorteer en seleksie, moet vanuit eerste beginsels
ontwikkel word. Jy mag NIE die ingeboude funksies van Delphi vir enige van
hierdie roetines gebruik NIE.
8. Alle datastrukture moet deur jou, die programmeerder, verklaar word, tensy die
datastrukture verskaf word.
9. Jy moet jou werk gereeld stoor op die disket/CD/DVD/geheuestokkie wat aan
jou gegee is, of op die skyfspasie wat vir hierdie eksamensessie aan jou
toegeken is.
10. Maak seker dat jou naam as kommentaar verskyn in elke program wat jy
kodeer, asook op elke gebeurtenis wat aangedui word.
11. Indien dit vereis word, druk die programmeringskode van al die programme/
klasse wat jy voltooi het. Jy sal ná die eksamensessie ʼn halfuur tyd vir
drukwerk gegee word.
12. Aan die einde van hierdie eksamensessie moet jy ʼn disket/CD/DVD/
geheuestokkie inlewer met al jou werk daarop gestoor OF jy moet seker maak
dat al jou werk op die skyfspasie gestoor is wat vir hierdie eksamensessie aan
jou toegeken is. Maak seker dat al die lêers gelees kan word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 3
13. Die lêers wat jy benodig om hierdie vraestel te voltooi, is aan jou gegee op ʼn
disket/CD/DVD/geheuestokkie of op die skyfspasie wat aan jou toegeken is. Die
lêers word in die vorm van wagwoordbeskermde uitvoerbare lêers verskaf.
Doen die volgende:
• Dubbelklik op die wagwoordbeskermde uitvoerbare lêer.
• Klik op die 'Extract'-knoppie.
• Sleutel die volgende wagwoord in: gR12#21sEpt
Nadat dit onttrek ('extracted') is, sal die volgende lys lêers in die lêergids
('folder') DataSept2021 beskikbaar wees:
Vraag 1:
Vraag1_u.pas
Vraag1_u.dfm
Vraag1_p.dpr
Vraag1_p.res
reën.jpg
Vraag 2:
dbConnection_u.pas
Voëls.mdb
VoëlsRugsteun.mdb
Vraag2_u.pas
Vraag2_u.dfm
Vraag2_p.dpr
Vraag2_p.res
Vraag 3:
Vraag3KlasDefinisie.pas
Vraag3_u.pas
Vraag3_u.dfm
Vraag3_p.dpr
Vraag3_p.res
Vraag 4:
water.txt
Vraag4_u.pas
Vraag4_u.dfm
Vraag4_p.dpr
Vraag4_p.res
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/SEPTEMBER 2021)
VRAAG 1: ALGEMENE PROGRAMMERINGSVAARDIGHEDE
Doen die volgende:
• Maak die onvoltooide program in die Vraag 1 lêergids oop.
• Sleutel jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van die Vraag1_u.pas
lêer in.
• Kompileer en voer die program uit. Die program het tans geen funksionaliteit nie.
• Volg die instruksies hieronder om die kode vir elke afdeling van VRAAG 1, soos
beskryf in VRAAG 1.1, VRAAG 1.2, VRAAG 1.3 en VRAAG 1.4, te voltooi.
Jou skool het ʼn klub gestig wat inligting verskaf en navorsing oor die water toevoer
en reënval kwessies doen. Voltooi die program vir die klub deur die instruksies
hieronder te volg.
1.1 Knoppie [1.1 Vertoon]
Skryf kode om die volgende te doen:
Laai die prentjie, reën.jpg, in die prentjie-komponent met die naam imgReën.
Maak die paneel, pnlBad, aktief.
Verander die agtergrondkleur van die paneel, pnlReën, na aqua. (3)
1.2 Knoppie [1.2 Verwerk]
Reënval verwerker.
Hoeveel 150-liter-baddens kan volgemaak word met die reënval wat in ʼn
sekere area in jou tuin of op jou dak geval het?
Skryf kode om die volgende te doen:
Die gebruiker moet die hoogte en wydte in die 'spinedit' komponente met die
name sedWydte en sedHoogte in lees. Die aantal millimeter moet in die
cmbReën-kombinasielys gekies word.
Die aantal 150-liter-baddens is gelyk aan die aantal vierkante meter
vermenigvuldig met die hoeveelheid water in millimeter gedeel deur 150. Rond
die antwoord na 1 desimale plek af.
Voorbeeld: ʼn Area van 20 m by 35 m ontvang 1/2 millimeter (0.5 mm) reën.
20 x 35 x 0.5 /150 = 2.3 baddens (150 liters elk)
Gebruik die volgende data om jou oplossing te toets:
Reënval Hoogte in Wydte in Aantal 150
in mm meters meters liter-baddens
15 9 10 9
1/10 20 20 0.3
1/2 20 35 2.3
30 9 12 22
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 5
Voorbeeld van afvoer:
(11)
1.3 Knoppie [1.3 Vind reënvaltipe]
Ons wil probeer uitvind watter tipe reënval in jou area geval het.
Die volgende beskrywings is van toepassing op die verskillende hoeveelhede
reën wat binne een uur geval het.
Geen reën: Minder as 1 mm per uur
Matige reën: Groter as of gelyk aan 1 mm per uur, maar minder as 4 mm per
uur.
Swaar reën: Groter as of gelyk aan 4 mm per uur, maar minder as 8 mm per
uur.
Baie swaar reën: Groter as of gelyk aan 8 mm per uur, maar minder as 10 mm
per uur.
Stortreën: Groter as of gelyk aan 10 mm per uur, maar minder of gelyk aan
50 mm per uur.
Vloed: Meer as 50 mm per uur.
Skryf kode vir die knoppie om te bepaal watter tipe reën geval het. Die
gebruiker moet die hoeveelheid reënval in millimeter per uur in die
redigeerblokkie, edtReën, in tik. Die program moet dan die tipe reënval
bereken en in die lblReënvalTipe vertoon soos wat hierbo beskryf is.
Jy moet ook toets of ʼn heelgetal (‘integer’) in die redigeerblokkie, edtReën,
ingelees is. As dit nie ʼn heelgetal is nie, moet ʼn foutboodskap vertoon word en
die prosedure moet ge-'exit' word.
Voorbeelde van afvoer:
(13)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/SEPTEMBER 2021)
1.4 Knoppie [1.4 Vertoon Reënval]
Jy word vereis om die aantal kere wat 5 mm of 10 mm reënval in 8 verskillende
areas geval het, te bereken en te vertoon.
Skryf kode om die volgende instruksies 8 keer te herhaal:
• Genereer 2 verskillende ewekansige getalle tussen 5 en 10 (albei ingesluit).
• As die ewekansige getalle 'n 5 of 'n 10 is, dan moet 1 by die hoeveelheid in die
'listbox', LstHoeveelheid bygetel word. Dit moet op die korrekte reël bygetel
word sodat dit met die 5 mm of 10 mm in die LstReën 'listbox' ooreenstem.
• Bereken die som van die twee hoeveelhede en vertoon dit op die derde reël
van die LstHoeveelheid 'listbox'.
Byvoorbeeld: 1 + 2 = 3 en 15 + 10 = 25
• Verander die hoogtes van die vorms ('shapes') met die name shp5mm en
shp10mm, deur die waardes van die ooreenstemmende getalle in
LstHoeveelheid by die huidige hoogte van elke vorm by te tel.
Voorbeeld van afvoer nadat die knoppie een keer uitgevoer is. Dit wys dat 1
area 5 mm reën en 2 areas 10 mm reën gehad het:
Voorbeeld van afvoer nadat die knoppie meer as een keer geklik is:
(13)
• Sleutel jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van die
programlêer.
• Stoor jou program.
• ʼn Drukstuk van jou kode mag vereis word. [40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 7
VRAAG 2: DATABASISPROGRAMMERING
Die databasis Voëls.mdb bevat inligting van voëls en hul status in Suid-Afrika. Die
databasis bestaan uit twee tabelle, naamlik Voël en Status.
Tabel: Status
Hierdie tabel bevat die beskrywings van die moontlike status van ʼn voël.
Veldnaam Datatipe Beskrywing
StatusID Number 'n Unieke nommer is aan elke status toegeken
StatusNaam Text (50) Die beskrywing van die status van ʼn voël
Voorbeeld van data in die Status tabel:
Tabel: Voël
Hierdie tabel bevat inligting van voëls en hul waarnemings in Suid-Afrika.
Veldnaam Datatipe Beskrywing
VoëlID Number ʼn Unieke nommer wat aan ʼn voël toegeken is
VoëlNaam Text (50) Die algemene naam van ʼn voël
Wandelaar Yes/No Voëls dwaal buite die perke van hul natuurlike
gebied — kan enige plek gevind word
Waarnemings Number Totale aantal waarnemings van ʼn voël
Laaste Date (short date) Datum wat die voël laas gesien is
Waarneming
StatusID Number Vreemde sleutel om met die Bird-tabel te
verbind
Voorbeeld van data van die eerste veertien rekords van die Voëls tabel:
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/SEPTEMBER 2021)
Die verwantskap tussen die twee tabelle word hieronder gewys:
Doen die volgende:
• Maak die onvoltooide projeklêer, Vraag2_p.dpr in die Vraag 2 gidslêer oop.
• Tik jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van die Vraag2_u.pas lêer
in.
• Kompileer en voer die program uit. Die program het tans geen funksionaliteit nie.
Die gebruikerskoppelvlak word hieronder vertoon:
• Volg die instruksies om die kode vir elke vraag te voltooi, soos in VRAAG 2.1 en
VRAAG 2.2 beskryf is.
• Gebruik SQL-kode om VRAAG 2.1 te beantwoord en Delphi-kode om
VRAAG 2.2 te beantwoord.
LET WEL:
• Die [Herstel Databasis] knoppie word verskaf om die data wat in die databasis
voorkom, na die oorspronklike inhoud te herstel. As jy jou kode op die
oorspronklike data moet toets, mag jy die knoppie klik om die data te herstel.
• MOENIE gegewe kode verander NIE.
• Kode word gegee om die GGK-komponente met die databasis te verbind.
• TWEE veranderlikes is as globale veranderlikes verklaar, soos in die
onderstaande tabel beskryf word.
• Gebruik tblStatus en tblVoëls komponente net in Vraag 2.2.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 9
Veranderlike Datatipe Beskrywing
tblStatus TADOTable Verwys na die tabel met die naam Status
tblVoëls TADOTable Verwys na die tabel met die naam Voëls
2.1 In hierdie afdeling mag jy SLEGS SQL-stellings gebruik om VRAAG 2.1.1 tot
VRAAG 2.1.5. te beantwoord.
Kode word voorsien om die SQL-stellings uit te voer en die resultate van die
navrae te vertoon. Die SQL-stellings is onvolledig.
Doen die volgende om die onvoltooide SQL-stellings wat respektiewelik per
vraag aan die veranderlikes sSQL1, sSQL2, sSQL3, sSQL4 en sSQL5 toegeken
is, te voltooi.
2.1.1 Knoppie [2.1.1]
Skryf SQL-kode wat al die Status inligting in omgekeerde alfabetiese
volgorde volgens die StatusNaam, sal vertoon.
Voorbeeld van afvoer:
(3)
2.1.2 Knoppie [2.1.2]
Skryf SQL-kode om die VoëlNaam van al die voëls wat minder as 200
Waarnemings gehad het, te vertoon.
Voorbeeld van afvoer:
(3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/SEPTEMBER 2021)
2.1.3 Knoppie [2.1.3]
Die gebruiker moet die naam van ʼn voël intik. Kode word verskaf
wanneer “vulture” in ʼn 'inputbox' ingelees word en in ʼn veranderlike
sToevoer, gestoor word.
Skryf SQL-kode om die VoëlNaam en LaasteWaarneming datum
van al die voëls, wat die woord wat in die sline veranderlike, gestoor
is, sal vertoon.
Voorbeeld van afvoer:
(4)
2.1.4 Knoppie [2.1.4]
Skryf SQL-kode om al die voëls wat nog nie geassesseer is nie of wie
se status 'Least concern' is, te verwyder. Die StatusID vir 'Not
Assessed' is nommer 6 en die StatusID vir 'Least Concern' is
nommer 5.
(Kode is geskryf om die opdateerde tabel te vertoon nadat die
gemaak is.)
Voorbeeld van afvoer van die eerste 9 rekords:
(4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 11
2.1.5 Knoppie [2.1.5]
Skryf SQL-kode om al die voëls se StatusNaam en VoëlNaam te
vertoon.
Voorbeeld van afvoer van die eerste 8 rekords:
(3)
2.1.6 Knoppie [2.1.6]
Skryf SQL-kode om die gemiddelde aantal waarnemings vir elke
StatusID van al die voëls wat laas in die jaar 2007
LaasteWaarneming waargeneem is, sal vertoon. Die beskrywing
moet 'GemiddeldeWaarnemings' wees. Rond die gemiddeld na 2
desimale plekke af.
Voorbeeld van afvoer:
(8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/SEPTEMBER 2021)
2.2 In hierdie afdeling mag slegs Delphi-programmeringskode gebruik word om
VRAAG 2.2.1 en VRAAG 2.2.2 te beantwoord.
Gebruik die globale veranderlikes, tblStatus en tblVoëls, wat verskaf is.
GEEN punte sal vir SQL-stellings in VRAAG 2.2 toegeken word nie.
2.2.1 Knoppie [2.2.1]
Skryf kode wat al die voël name (VoëlNaam) wat die woord ‘EAGLE’
bevat in die 'richedit'-komponent, redVertoon, sal vertoon.
Voorbeeld van afvoer:
(6)
2.2.2 Knoppie [2.2.2]
Alle voëls wat as kwesbaar ('vulnerable') geklassifiseer is, se status
moet na bedreig verander word.
Skryf kode om al die voëls wat 'n StatusID van 3 het, te verander na
'n StatusID van 2.
Tel hoeveel veranderinge gemaak is en vertoon die hoeveelheid in
die redVertoon 'richedit'.
Voorbeeld van afvoer:
(9)
• Sleutel jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van die
programlêer.
• Stoor jou program.
• 'n Drukstuk van jou kode mag vereis word. [40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 13
VRAAG 3: OBJEK-GEÖRIENTEERDE PROGRAMMERING
Voëlkyk word gedefinieer as ʼn ontspanningsaktiwiteit, deur mense wat voëlkykers
genoem word, om wilde voëls in hul natuurlike habitat te identifiseer en waar te
neem. Daar is baie wilde voëls wat deur voëlkykers in verskillende biologiese
gemeenskappe in die Oos-Kaap gesien kan word.
Doen die volgende:
• Maak die onvoltooide program in die Vraag 3-lêergids oop.
• Maak die onvoltooide objekklas Vraag3KlasDefinisie.pas oop.
• Sleutel jou naam en van as kommentaar in beide die Vraag3KlasDefinisie.pas
en Vraag3_u.pas.
• Kompileer en voer die program uit. Tans het die program geen funksionaliteit
nie.
• MOENIE gegewe kode verander or verwyder NIE.
Die volgende gebruikerskoppelvlak word vertoon:
Voltooi die kode vir hierdie program, soos wat dit in VRAAG 3.1 en VRAAG 3.2
gespesifieer is.
3.1 Die onvolledige klas (TWaarneming) bevat vyf attribute wat die
objVoëlkyker-objek beskryf.
NAME VAN ATTRIBUTE BESKRYWING
fNaam Die naam van die persoon wat ʼn voëlkyker is
Die naam van die area waar die voël die eerste
fArea
keer gesien is
fVoëlNaam Die naam van die voël wat gesien is
Die datum wanneer die voël die eerste keer
fDatum
gesien is
fWaarnemings Die totale waarnemings tot dusver
Voltooi die kode in die objekklas, soos dit hieronder in VRAAG 3.1.1 tot
VRAAG 3.1.5 beskryf word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/SEPTEMBER 2021)
3.1.1 Skryf kode vir ʼn konstrukter metode met die naam Create wat die
naam van die voëlkyker, area, voëlnaam en die waarnemingsdatum
as parameters ontvang.
Ken die parameterwaardes aan die korrekte attribute toe en
inisialiseer die attribuut vir die waarnemings na EEN. (4)
3.1.2 Skryf kode vir ʼn metode, getWaarnemings, wat die aantal
waarnemings terug stuur. (2)
3.1.3 Skryf kode vir die VermeerderHoeveelheid-metode wat ʼn een
heelgetal as parameter sal ontvang en dit by die attribuut,
fHoeveelheid, sal by tel. (4)
3.1.4 Skryf kode vir ʼn metode met die naam WaarnemingsGaping wat die
aantal jare moet bereken sedert die eerste waarneming van die voël
plaasgevind het. Gebruik die huidige datum en fDatum-attribuut om
die aantal jare as deel van ʼn string met die woorde 'jaar sedert eerste
waarneming' aan die einde by te voeg.
Voorbeeld van afvoer: ‘23 jaar sedert eerste waarneming.’ (7)
3.1.5 Skryf kode vir ʼn metode, toString, wat ʼn string moet terugstuur.
Die string moet die attribute van die klas bymekaar voeg in die
volgende formaat:
<persoon se naam> het ʼn <voëlnaam>
<aantal jaar sedert eerste waarneming> by <area> op <datum van
eerste waarneming> gesien
Voorbeeld van afvoer:
Joseph Mcina het ʼn Cardinal Woodpecker
11 jaar sedert eerste waarneming by Cape Recife op 4/11/2010
gesien (5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 15
3.2 ʼn Onvoltooide eenheid Vraag3_u.pas is verskaf.
Dit bevat kode vir die objekklas om toeganklik te wees. ʼn Globale
objekveranderlike, objVoëlkyker, is verklaar.
Moet Geen gegewe kode verander of verwyder NIE.
Volg die instruksies hieronder om die oplossing te kodeer:
3.2.1 Knoppie V3.2.1
Die gebruiker moet die voëlkyker se naam in tik, ʼn waarnemingsarea
kies, die voëlnaam en die datum wanneer die voël vir die eerste keer
gesien is in die gegewe komponente, edtVoëlkykerNaam, cmbArea,
rgpVoëls, sedDag, sedMaand en sedJaar, in tik.
Skryf kode om die volgende te doen:
• Die datum moet geskep word deur die jaar, maand en datum in die
formaat 'Dag/Maand/Jaar' bymekaar te voeg. (Byvoorbeeld:
23/9/2012)
• Instansieer die objek, objVoëlkyker, deur die voëlkyker se naam,
die waarnemingsarea, voëlnaam en die datum wanneer dit vir die
eerste keer waargeneem is, te gebruik.
• Maak die 'richedit' skoon.
Gebruik ʼn metode van die klas om die voëlkyker se naam, die voël
se naam, die aantal jare sedert die eerste waarneming, die area van
die waarneming en die datum van die eerste waarneming, te vertoon.
Voorbeeld van afvoer:
(11)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
16 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/SEPTEMBER 2021)
3.2.2 Knoppie V3.2.2
Skryf kode om die toevoer van die spin-redigeerblokkies ('spinedit'),
sedWaarnemings, te kry.
Gebruik die metodes van die klas om die volgende te doen:
• Vermeerder die aantal waarnemings deur die waarde van die spin-
redigeerblokkies te gebruik.
• Vertoon die woorde ‘Totale waarnemings tot dusver’, asook die
aantal waarnemings in die richedit, redVertoon.
Voorbeeld van afvoer as 3 waarnemings by die hoeveelheid gevoeg is:
(5)
• Sleutel jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van
die programlêer. (In beide die klas en hoofprogram wat die klas
gebruik.)
• Stoor jou programme.
• ʼn Drukstuk van die kode van albei eenhede mag vereis word. [38]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 17
VRAAG 4: PROBLEEMOPLOSSINGPROGRAMMERING
Tegnies is daar geen beginpunt van die watersiklus nie, maar op die vraag 'Waar
begin die watersiklus?', het mense verskillende antwoorde. ʼn Opname is gedoen
met baie mense wat hierdie vraag beantwoord het. Gebruik die data uit hierdie
opname om berekeninge uit te voer en die antwoorde te vertoon.
Doen die volgende:
• Maak die onvolledige program in die Vraag 4 lêergids oop.
• Sleutel jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van die Vraag4_u.pas
lêer in.
• Kompileer en voer die program uit. Die program het tans geen funksionaliteit nie.
Voorbeeld van die tekslêer met die naam water.txt:
Voltooi die kode vir elke vraag, VRAAG 4.1 en VRAAG 4.2.
LET WEL:
• Goeie programmeringsbeginsels moet in die ontwerp en kodering van jou
oplossing toegepas word.
• MOENIE die kode wat verskaf is, verander NIE.
Gegee:
ʼn Globale skikking, arrTipes, is verklaar.
ʼn Globale skikking, arrHoeveelheid, is verklaar.
ʼn Globale teller, iTeller, is verklaar.
ʼn Globale veranderlike vir die totaal, iTotaal, is verklaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
18 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/SEPTEMBER 2021)
4.1 Knoppie V4.1
Skryf kode om die volgende te doen:
• Lees die reëls van die tekslêer, water.txt in die twee skikkings arrTipes en
arrHoeveelheid deur die tipe metode te skei en in arrTipes te voeg en die
aantal mense wat die metode gebruik, in arrHoeveelheid te stoor.
• Bereken die totale aantal mense wat ʼn keuse gemaak het en stoor dit in die
globale veranderlike, iTotaal.
• Sorteer die twee skikkings volgens die getalle in arrHoeveelheid van laag
na hoog.
• Vertoon albei skikkings, in netjiese kolomme, in redVertoon asook die
totale aantal mense wat deelgeneem het.
Voorbeeld van afvoer:
(19)
4.2 Knoppie V4.2
Skryf kode om die persentasie van elke hoeveelheid in arrHoeveelheid te
bereken deur die globale veranderlike iTotaal te gebruik. Rond die antwoord
na geen desimale plekke af.
Voorbeeld: persentasie = hoeveelheid van ʼn gekose tipe / totaal van al die
keuses x 100
Vertoon die persentasies as ʼn simbool vir elk van die vier kategorieë.
Die VIER kategorieë bestaan uit die volgende:
Persentasies tussen en gelyk aan 1 en 5.
Persentasies tussen en gelyk aan 6 en 10.
Persentasies tussen en gelyk aan 11 en 20.
Persentasies tussen en gelyk aan 21 en 50.
Vertoon ʼn simbool (x) in ʼn netjiese tabel om die verskillende persentasie vir
elke tipe van arrTipes voor te stel.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 19
Voorbeeld van afvoer:
(13)
• Sleutel jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van die
programlêer.
• Stoor jou program.
• ʼn Drukstuk van jou kode mag vereis word. [32]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.

Question paper
IT P2 GR12 QP Afr SEP 2025

Question paper
IT P2 QP GR12 SEPT 2024 English hlayiso.com

Question paper
Information Technology P1 Nov 2024 Afr

Question paper
Information Technology P1 May June 2023 MG Afr hlayiso.com

Question paper
Information Technology P1 May June 2023 MG Eng hlayiso.com

Question paper
Information Technology P1 May June 2023 Eng hlayiso.com
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

Question paper
IT P1 GR12 QP SEPT 2021 Eng hlayiso.com

Question paper
Information Technology P1 Nov 2021 Eng hlayiso.com

Question paper
IT P1 GR12 QP SEPT 2022 Afrikaans hlayiso.com

Question paper
INFORMATION TECHNOLOGY P1 GR 12 QP SEPT2020 Afrikaans hlayiso.com

Question paper
INFORMATION TECHNOLOGY P1 GR 12 QP SEPT2020 Afrikaans hlayiso.com .docx hlayiso.com

Question paper
INFORMATION TECHNOLOGY P1 GR 12 QP SEPT2020 English hlayiso.com
More from Grade 12 Information Technology
Explore more published documents in this catalogue.

Memorandum
LEWENSWETENSKAPPE V1 MEMO GR12 SEPT 2025

Memorandum
Information Technology P1 May June 2025 MG Eng

Memorandum
IT P1 MEMO GR12 SEPT 2024 English hlayiso.com

Memorandum
IT P2 MEMO GR12 SEPT 2024 English hlayiso.com

Memorandum
IT P1 MEMO GR12 SEPT2023 Afrikaans hlayiso.com

Memorandum