Skip to content

Information Technology Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2021 QP

Question paperInformation TechnologyGrade 12202112 pages

Grade 12 Information Technology Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2021 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2021 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 PUNTE: 150 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2021) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit SES afdelings: AFDELING A: Kortvrae (15) AFDELING B: Stelseltegnologieë (25) AFDELING C: Kommunikasie en Netwerktegnologie (22) AFDELING D: Data- en Inligtingsbestuur (24) AFDELING E: Oplossingsontwikkeling (25) AFDELING F: Geïntegreerde Scenario (39) 2. Lees AL die vrae noukeurig deur. 3. Beantwoord AL die vrae. 4. Die puntetoekenning gee oor die algemeen ʼn aanduiding van die getal feite/redes wat vereis word. 5. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik word. 6. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2021) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 3 AFDELING A: KORTVRAE VRAAG 1 1.1 Gee die korrekte rekenaarterm vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs die vraagnommers (1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer. 1.1.1 Die groepering van eienskappe en gedrag van ʼn objek in een entiteit (1) 1.1.2 ʼn Groep verwante velde van ʼn item of persoon wat in ʼn tabel gestoor word (1) 1.1.3 Die tyd wat dit die skyfaandrywer neem om die area op die skyf te vind waar die data, wat gelees moet word, gestoor is (1) 1.1.4 Inisiatiewe om tegnologie op ʼn omgewingsvriendelike of ekovriendelike manier te ontwerp, te gebruik en te vernietig (1) 1.1.5 … is ʼn kunsmatige omgewing wat met sagteware geskep word (1) 1.1.6 ʼn Onderneming of organisasie wat jou met ʼn gekabelde of kabellose internetverbinding voorsien (1) 1.1.7 … is enige iets elektronies of verwant aan elektronika wat weggegooi word (1) 1.1.8 Verwys na toepassings wat in die wolk aangebied word en waar die gebruikers maandeliks ʼn subskripsie betaal om toegang te verkry (1) 1.1.9 ʼn Soort redenasie wat met waarskynlikhede werk om tot ʼn beslissing te kom (1) 1.1.10 Verwys na ʼn toestel wat kommunikasie tussen netwerke oor die internet moontlik maak deur data na die regte bestemming te lei (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2021) 1.2 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.6 D. 1.2.1 Die proses om indrukwekkende sagteware/toepassing in ʼn relatiewe kort tyd te ontwikkel, word … genoem. A ‘object based programming’ B ‘rapid application development (RAD)’ C ‘extensive programming’ D ‘object-oriented application’ (1) 1.2.2 CSV beteken … A ‘Comma Separated Values’. B ‘Comma Solution Values’. C ‘Cine Solution Valves’. D ‘Comma Sifting Values’. (1) 1.2.3 ʼn Enkele verwerker wat tyd tussen verskillende prosesse verdeel, word … genoem. A multiverwerking B aanlynverwerking C multitaakverwerking D multi-inryging (1) 1.2.4 DTP (‘WAP’) beteken … A ‘Wired Access Point’. B ‘Wireless Access Print’. C ‘Wireless Access Point/Protocol’. D ‘Wireless Arm Point’. (1) 1.2.5 Wat sal die waarde van iAntwoord wees as die volgende stelling uitgevoer word? iAntwoord : = 20 DIV (10 - 20 DIV 3); A 6 B 5 C 4 D 3 (1) TOTAAL AFDELING A: 15 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2021) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 5 AFDELING B: STELSELTEGNOLOGIEË VRAAG 2 Sedert die aanbreek van die rekenaartydperk het mense gewonder of ʼn rekenaar ooit sal kan dink. Soos rekenaarverwerkers en sagteware kragtiger geword het, word die vraag meer hartlik gedebatteer. Mense wat glo dat rekenaars kan dink, redeneer dat as ʼn persoon ʼn gesprek met ʼn rekenaar voer en oortuig is dat die rekenaar regtig ʼn mens is, dan is die rekenaar intelligent. 2.1 Die dae van werk vir jouself e-pos sodat jy by die huis kan werk, is verby. Die kopieëring van lêers na en van ʼn geheuestokkie is ook nie meer nodig nie. 2.1.1 Verduidelik kortliks die konsep, wolktoepassing. (1) 2.1.2 Noem TWEE bekende voorbeelde van wolktoepassings. (2) 2.1.3 Verduidelik wat dit beteken as ʼn wolktoepassing ʼn ‘local front end’ het. (1) 2.1.4 Noem enige TWEE voorbeelde van wolk-kantoorsagteware. (2) 2.1.5 Wolkverwerking bied verskeie belangrike voordele vir gebruikers. Noem enige TWEE voordele. (2) 2.1.6 Skryf ‘SLA’ voluit. (1) 2.2 Daar is verskillende wetenskaplike en massa-geleenthede wêreldwyd, sowel as gespesialiseerde opleiding om tegnologieë vir aangepaste realiteit (‘augmented reality’) te bevorder. 2.2.1 Verduidelik kortliks die doel van aangepaste realiteit tegnologie. (1) 2.2.2 Gee enige TWEE gebruike van aangepaste realiteit. (2) 2.2.3 Noem TWEE voordele van aangepaste realiteit. (2) 2.2.4 Noem enige TWEE hardeware vereistes vir aangepaste realiteit. (2) 2.3 Onderskei tussen argivering en rugsteun. (2) 2.4 Virtualisasie is ʼn wonderlike tegnologiese uitvinding. 2.4.1 Verduidelik kortliks die konsep virtualisasie. (1) 2.4.2 Noem TWEE gebruike van virtualisasie. (2) 2.4.3 Noem TWEE voordele van virtualisasie. (2) 2.5 Foute en korrupte rekenaarlêers is moeilik om op te spoor. Dit kan veroorsaak dat videos nie laai nie, toepassings nie reg werk nie of selfs dat die bedryfstelsel nie oopmaak nie. Noem enige TWEE nutsprogramme wat gebruik kan word om korrupte lêers te identifiseer. (2) TOTAAL AFDELING B: 25 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2021) AFDELING C: KOMMUNIKASIE- EN NETWERKTEGNOLOGIEË VRAAG 3 Netwerke help om die lewe makliker te maak, meer aangenaam, maak mense meer produktief, bespaar tyd en geld, vermeerder sosiale geleenthede en kan kennis verbeter. 3.1 Netwerke is ongelooflike kragtige gereedskap waarop die meeste moderne mense en ondernemings daagliks staatmaak. 3.1.1 Noem DRIE noodsaaklike toerusting wat jy benodig om ʼn eenvoudige netwerk op te stel. (3) 3.1.2 Skryf die woord WWW voluit. (1) 3.2 Lêers kan op die internet gedeel word deur dit eenvoudig aflaaibaar vanaf die webwerf te maak. Die probleem hiermee is dat al die verkeer vir ʼn lêer wat op hierdie manier gedeel word, deur een webbediener bestuur moet word. Die bediener kan stadig raak en nie reageer nie wanneer te veel mense toegang tot die lêer probeer verkry. 3.2.1 Verduidelik kortliks die konsep BitTorrent. (1) 3.2.2 Noem DRIE voordele van BitTorrent. (3) 3.2.3 Noem DRIE risiko’s wat met BitTorrent verband hou. (3) 3.3 Afstandstoegang is die modewoord (‘buzzword’) wat deesdae deur IKT- ghoeroes/spesialiste gebruik word. 3.3.1 Verduidelik kortliks wat afstandstoegang is. (1) 3.3.2 Noem DRIE take wat jy kan verrig deur afstandstoegang te gebruik. (3) 3.3.3 Noem en verduidelik kortliks TWEE groepe van afstands- toegangtegnologie (‘firewalls’). (4) 3.4 Op rekenaars word netskanse gebruik om te voorkom dat ongewenste gebruikers en virusse te voorkom om data na jou rekenaar te stuur of om data van jou rekenaar te ontvang. Noem TWEE algemene soorte netskanse. (2) 3.5 Verduidelik kortliks die konsep netwerktopologie. (1) TOTAAL AFDELING C: 22 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2021) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 7 AFDELING D: DATA- EN INLIGTINGBESTUUR VRAAG 4 Die hoeveelheid data en inligting van individue wat oral op die internet gestoor word, neem daagliks toe. Foto’s, finansiële rekords, diensgeskiedenis, persoonlike verhoudingsbesonderhede en aankope is net ʼn paar van die soorte data en inligting wat gratis of teen ʼn fooi vir ander beskikbaar is. 4.1 Noem TWEE eienskappe wat die kwaliteit van data bepaal. (2) 4.2 Databasisse moet teen verskeie bedreigings beskerm word, insluitend verkeerde toevoer van data, korrupsie van data, verlies van data, toevallige skrapping van data, doelgerigte skrapping van data en ongemagtigde toegang. 4.2.1 Verduidelik wat dataverifikasie is. (1) 4.2.2 Noem en verduidelik TWEE hoofmaniere van dataverifikasie. (2) 4.2.3 Noem TWEE take wat deur ʼn ouditspoor uitgevoer word. (2) 4.3 Die bestuur van ʼn onderneming se databasis verg baie koördinasie. Noem TWEE rolle/verantwoordelikhede van ʼn DBA. (2) 4.4 Sleutels word gebruik om verwantskappe tussen tabelle te skep en te identifiseer. 4.4.1 Noem VIER tipes sleutelvelde wat gebruik kan word wanneer ʼn databasis ontwerp word. (4) 4.4.2 Gee ʼn ander naam vir ʼn eienskap in databasisse. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2021) 4.5 Georganiseerde data is die sleutel tot effektiewe databasisontwerp en die normaliseringsproses help om data te struktureer en oortolligheid uit te skakel. tblCustomer tblOrders CustNo OrderNo CustTitle CustNo CustName OrderDate CustSurname ProcessedBy CustSAID IsDeveloped CustPoints CustCell tblPrint PrintNo OrderFormNo PicQuality PicSize PicFileName PicFileSize 4.5.1 In die tblOrders-tabel word die IsDeveloped-veld gebruik om te identifiseer of die prentjie geskep is of nie. Noem die data-tipe wat aan die veld isDeveloped toegeken kan word. (1) 4.5.2 Herteken die tabelle in jou ANTWOORDEBOEK en beantwoord die volgende vrae. (a) Identifiseer die primêre sleutel en vreemde sleutel in elke tabel. Skryf PK vir die primêre sleutel en FK vir die vreemde sleutel langs die gepaste veld. (5) (b) Teken ʼn ‘ERD’-diagram (entiteit-verwantskap-diagram) deur die korrekte ‘ERD’-simbole te gebruik. (4) TOTAAL AFDELING D: 24 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2021) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 9 AFDELING E: OPLOSSINGSONTWIKKELING VRAAG 5 ʼn Algemene probleemoplossingsmetode onder programmeerders is om ʼn groot probleem in ʼn reeks kleiner probleme op te deel en dan elk van die kleiner probleme op te los. 5.1 Programmeringsfoute kom baie voor, ons moet leer hoe om dit vroeg op te los. 5.1.1 Verduideik kortliks die konsep ontfouting. (1) 5.1.2 Die proses om ʼn kode te skryf om foute in ʼn program te hanteer, staan as … bekend. (1) 5.1.3 Noem die stelling/klousule wat gebruik word om foute in ʼn program te hanteer. (1) 5.1.4 Wat is ʼn ander naam vir ʼn fout tydens programmering, behalwe die woord fout (‘bug’). (1) 5.2 UML is ʼn kragtige en komplekse instrument wat gebruik word wanneer klasse en objekte beplan en ontwerp word. Die klasdiagram word in DRIE afdelings verdeel. 5.2.1 Noem die naam van elke afdeling. (3) 5.2.2 Verduidelik die doel van ʼn ToString in klasse en objekte. (1) 5.2.3 Skryf UML voluit. (1) 5.2.4 Gee ʼn ander naam vir die volgende sleutelwoorde/name in klasse en objekte. (a) Toegang (‘Accessor’) (1) (b) Wysiging (‘Mutator’) (1) (c) Hulp (‘Auxiliary’) (1) 5.3 Skryf die resultaat van elk van die volgende funksies neer: sString = ‘Living in a Digital World’; 5.3.1 iPos := Pos(‘a’, sString); (1) 5.3.2 iL := Length(sString); (1) 5.3.3 sWord := Copy(sString, 13,13); (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2021) 5.4 Bestudeer die volgende kode wat geskryf was om die Totale Bedrag Verskuldig te bepaal nadat inkopies gedoen is. Var Num : Integer; Price, Cost, Total : real; Item : string begin 1. Total := 0; 2. Item := ‘Baked beans’; 3. Num := 3; 4. Price := 3.29; 5. Cost := Num * Price; 6. Total := Total + Cost; 7. Item := ‘Kewl Drink’; 8. Num := 5; 9. Price := 1.95; 10. Cost := Num * Price; 11. Total := Cost; 12. redOut.Lines.Add(‘Total amount to pay: R’); 13. redOut.Lines.Add(IntToStr(Total)); end; 5.4.1 Herteken die naspeurtabel hieronder in jou ANTWOORDEBOEK en voltooi dit om die afvoer te bepaal. Reël Item Nom Prys Koste Totaal AFvoer 1 2 3 (14 ÷ 2) (7) 5.4.2 Die program het ʼn programmeringsfout. Noem die tipe fout wat jy ontdek/geïdentifiseer het. (1) 5.4.3 Korrigeer die TWEE programsegmente wat foute bevat. (2) TOTAAL AFDELING E: 25 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2021) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 11 AFDELING F: GEÏNTEGREERDE SCENARIO VRAAG 6 IKT het die manier waarop mense media gebruik om sosiaal te kommunikeer, verander. IKT het die werksplek in terme van indiensnemings-praktyke en die fisiese aard van die ruimte verander. 6.1 Dit is nie net belangrik om op hoogte van die ontwikkelinge en tendense in IT te bly nie, maar ook om sagteware op te dateer. 6.1.1 Noem DRIE redes vir die opdatering van die sagteware. (3) 6.1.2 Onderskei tussen ʼn regstelling (‘patch’) en ʼn dienspakket (‘service pack’). (2) 6.2 Rekenaarmisdadigers is gewone mense wat lang ure aan moeisame werk spandeer – dikwels teen ʼn minimale beloning. Hulle is baie skrikwekkend. Sommige rekenaarmisdadigers werk in die kuberruimte, dus vir die gewone persoon is hulle baie moeilik om te identifiseer en lyk hulle soos ʼn onsigbare mag van die bose. 6.2.1 Verduidelik die konsep rekenaarmisdadiger. (1) 6.2.2 Noem enige DRIE algemene rekenaarverwante soorte diefstal. (3) 6.2.3 Onderskei tussen agterdeur (‘backdoor’) en abba (‘piggybacking’). (2) 6.2.4 Noem enige DRIE voorsorgmaatreëls/beveiliging teen rekenaar- misdaad, dreigemente en kriminele. (3) 6.2.5 Noem en verduidelik kortliks TWEE soorte kuberkrakers. (4) 6.2.6 Noem die aanval wat ʼn webwerf onbeskikbaar maak deur duisende of selfs miljoene rekenaars te gebruik om terselfdertyd data vanaf die webwerf aan te vra. (1) 6.3 Die spoed en akkuraatheid van rekenaars, hul vermoë om groot hoeveelhede data vinnig te analiseer en te verwerk, en om die data in verskeie formate wêreldwyd te kommunikeer, is die belangrikste eienskap van rekenaars. 6.3.1 Verduidelik kortliks die begrip globalisering. (1) 6.3.2 Noem TWEE tegnologieë wat globalisering moontlik gemaak het. (2) 6.3.3 Noem enige DRIE voordele van globale kommunikasie. (3) 6.4 Aanlyn-toepassings word geëvalueer op die manier hoe hulle lyk en voel daarom spandeer webwerf-skeppers baie tyd aan die formatering van hul afvoer. 6.4.1 Verduidelik wat ʼn datalimiet (‘data cap’) is. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 12 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2021) 6.4.2 Noem en verduidelik die doel van die ikoon hieronder. (2) 6.4.3 Skryf KSV (‘CSS’) voluit. (1) 6.4.4 Javaskrif-programmeringsinstruksies kan of as aparte tekslêers met ʼn lêeruitbreiding … gestoor word. (1) 6.5 Kundigestelsels (‘Expert systems’) word nou nie meer kundigestelsels genoem nie, maar staan as … bekend. (1) 6.6 Verduidelik die funksie van skyfskoonmaak (‘disk clean-up’). (1) 6.7 Om tred te hou met die massa-aanneming van slimtoestelle en besigheidsgroei dryf sonder diensonderbrekings, benodig jy die selfverbeterende IoT-tegnologie, wat deur meer as 500 miljoen gebruik word om hul tuisnetwerke, wolke en eindpunte te beveilig. 6.7.1 Skryf IoT voluit. (1) 6.7.2 Verduidelik kortliks die konsep IoT. (1) 6.7.3 Noem TWEE tegnologiese tendense wat die IoT moontlik gemaak het. (2) 6.8 Sosiale netwerke word kragtiger met die toename van interaksie tussen mense op sosiale platforms. Verduidelik kortliks die konsep ‘memes’. (1) 6.9 Rekenaars benodig genoeg onbenutte hardeskyfspasie om te verseker dat die rekenaar effektief funksioneer. Noem TWEE dinge wat gedoen kan word om hardeskyfspasie beskikbaar te stel. (2) TOTAAL AFDELING F: 39 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 12 Information Technology

View all