You're offline
Skip to content
Question paper

IT-P2-GR12 QP-Afr-SEP-2025_watermark.pdf

Subject: Information TechnologyGrade 12202512 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2025 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 PUNTE: 150 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye. Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
2 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2025) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit SES afdelings: AFDELING A: Kortvrae (15) AFDELING B: Stelseltegnologieë (25) AFDELING C: Kommunikasie- en Netwerktegnologieë (24) AFDELING D: Data- en Inligtingsbestuur (26) AFDELING E: Oplossingsontwikkeling (24) AFDELING F: Geïntegreerde Scenario (36) 2. Lees AL die vrae sorgvuldig deur. 3. Beantwoord AL die vrae. 4. Die puntetoekenning gee oor die algemeen ʼn aanduiding van die getal feite/redes wat vereis word. 5. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 6. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/SEPTEMBER 2025) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 3 AFDELING A: KORTVRAE VRAAG 1 1.1 Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywing. Skryf slegs die woord/term langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDBOEK neer. 1.1.1 ʼn Toestel wat dataverkeer tussen verskillende netwerke beheer en die beste pad bepaal vir datapakkies om van die bron na die bestemming te reis. (1) 1.1.2 Die tipe geheue op ʼn grafikakaart wat tydelik beelddata stoor wat deur die GVE (‘GPU’) verwerk word. (1) 1.1.3 ʼn Tegnologie wat die bedryfstelsel toelaat om ʼn toestel wat by die rekenaar ingeprop is te identifiseer en outomaties die drywer vir die toestel installeer. (1) 1.1.4 ʼn Hardewaretoestel wat rekenaartoestelle aan ʼn sentrale punt koppel en die data in die netwerk na die regte bestemming stuur sodat kommunikasie kan plaasvind. (1) 1.1.5 ʼn Rekord wat gemaak word om tred te hou wie veranderinge aan ʼn databasis gemaak het en wanneer daardie veranderinge gemaak is. (1) 1.1.6 Elektroniese gemorspos wat jy via e-kommunikasie soos e-pos of SMS ontvang. (1) 1.1.7 Die maksimum hoeveelheid data wat in ʼn netwerk van een punt na die ander oor ʼn sekere tydperk oorgedra kan word. (1) 1.1.8 Versameling onverwerkte en ongeorganiseerde feite. (1) 1.1.9 Nutssagteware wat kwaadwillge sagteware van ʼn rekenaar opspoor en verwyder. (1) 1.1.10 Fouttoestand waar daar nie genoeg bisse in die geheue beskikbaar is om ʼn heelgetalwaarde akkuraat voor te stel nie. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
4 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2025) 1.2 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) neer, byvoorbeeld 1.2.6 D. 1.2.1 Watter een van die volgende beskryf enkapsulering die beste? A Enkapsulering gee direkte toegang tot die objek se attribute. B Enkapsulering is om toegang na die metodes van die objek te beperk. C Enkapsulering vereis dat alle data moet publiek (‘public’) wees D Enkapsulering gaan oor die beperking van direkte toegang na die velde van ʼn objek. (1) 1.2.2 ʼn Diagrammatiese of simboliese visuele voorstelling wat die volgorde van stappe, wat benodig word om ʼn probleem op te los. A Algoritme B Vloeidiagram C Pseudokode D Programmering (1) 1.2.3 Bestudeer die volgende stelling: rResult:= Floor (10.4) +6/2*4/(19 DIV 4) Die waarde van rResult is … A 11 B 14 C 13 D 10 (1) 1.2.4 Die proses van opdatering van die vasteware op ʼn toestel, soos ʼn slimfoon of tablet. A ‘Jailbreaking’ B ‘Refreshing’ C ‘Flooding’ D ‘Flashing the ROM’ (1) 1.2.5 ʼn Toestand waar ʼn stelsel te veel tyd spandeer om data tussen ETG en skyfberging te ruil in plaas daarvan om take doeltreffend uit te voer, wat tot ʼn drastiese afname in werkverrigting lei. A Sparteling (‘Thrashing’) B Rekenaarfaling (‘Crashing’) C Aftyd (‘Downtime’) D Toegangstyd (‘Access time’) (1) TOTAAL AFDELING A: 15 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/SEPTEMBER 2025) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 5 AFDELING B: STELSELTEGNOLOGIEË VRAAG 2 2.1 Skyfskoonmaak (‘Disk clean-up’) is ʼn instandhouding nutsprogram in Windows. Noem DRIE funksies van die skyfskoonmaak-nutsprogram. (3) 2.2 Sommige gespesialiseerde toestelle, byvoorbeeld mediese toestelle gebruik nogsteeds ‘VGA’, maar die meeste is al vervang met ‘HDMI’. Noem TWEE voordele van ‘HDMI’ in vergelyking met ‘VGA’. (2) 2.3 Verduidelik kortliks die verskil tussen POST en selflaai (‘booting’). (2) 2.4 Stelselsagteware word gereeld met regstellings en dienspakkette opdateer. 2.4.1 Noem TWEE voordele van die opdatering van sagteware. (2) 2.4.2 Onderskei tussen ʼn regstelling (‘patch’) en ʼn dienspakket (‘service pack’). (2) 2.5 Bespreek TWEE redes vir die saampersing van lȇers en lêergidse. (2) 2.6 Baie besighede maak staat op bergingsoplossings soos wolkberging om hul data meer doeltreffend te bestuur. 2.6.1 Verduidelik wat wolkberging is. (2) 2.6.2 Noem TWEE voordele van wolkberging. (2) 2.7 Hoë-vlak tale word vertaal na masjienkode deur interpredeers of kompileerders. 2.7.1 Tabuleer DRIE verskille tussen kompileerders en interpreteerders. (3) 2.7.2 Noem TWEE voorbeelde van programmeringstale wat interpreteers gebruik om die kode te vertaal. (2) 2.7.3 Beskryf die rol wat TPK (‘APF’) in hoë-vlak programmeringstale speel. (1) 2.7.4 Noem TWEE voordele van hoë-vlak programmeringstale in vergelyking met lae-vlak programmeringstale. (2) TOTAAL AFDELING B: 25 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
6 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2025) AFDELING C: KOMMUNIKASIE- EN NETWERKTEGNOLOGIEË VRAAG 3 3.1 Tabuleer TWEE verskille tussen veseloptiese kabels en onafgeskermde draadpaar kabels. (2) 3.2 Besighede gebruik WLANs en ekstranette om besigheid met hul kliënte te doen. 3.2.1 Noem TWEE voordele van ʼn WLAN. (2) 3.2.2 Noem TWEE nadele om aan ʼn netwerk deur Wi-Fi te gebruik, te verbind. (2) 3.2.3 Gee TWEE maniere hoe toegang tot ʼn ekstranet beheer kan word. (2) 3.3 Wanneer ʼn netwerk vir ʼn organisasie of maatskappy ontwerp word, is dit belangrik om die twee netwerkontwerpe te verstaan. 3.3.1 Onderskei tussen dun kliёnte (‘thin clients’) en vet kliёnte (‘fat clients’). (2) 3.3.2 Gee TWEE voordele van dun kliёnte. (2) 3.3.3 ʼn Bediener is ʼn rekenaar wat netwerkhulpbronne verskaf. Noem TWEE hulpbronne wat deur ʼn bediener gedeel word. (2) 3.4 Maatskappye gebruik VoIP om kommunikasiekostes te verminder. 3.4.1 Skryf die akroniem VoIP uit. (1) 3.4.2 Verduidelik kortliks wat VoIP is. (1) 3.4.3 Noem TWEE nadele van VoIP. (2) 3.5 Noem TWEE voordele van webgebaseerde eposadresse. (2) 3.6 Netiket kan misverstande en konflik vermy. 3.6.1 Verduidelik kortliks wat netiket is. (1) 3.6.2 Noem DRIE netiket reëls wat gebruikers moet volg. (3) TOTAAL AFDELING C: 24 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/SEPTEMBER 2025) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 7 AFDELING D: DATA- EN INLIGTINGSBESTUUR VRAAG 4 ʼn Maatskappy wat spysenieringstoerusting aan besighede verskaf, moet hul besigheidsdatabasis herontwerp omdat die oorspronklike ontwikkelaar ʼn swak ontwerpte stelsel geskep het wat nie reg werk nie. Die databasis het tans TWEE tabelle soos hieronder getoon: tblClient: tblStock: 4.1 Die ItemCode-veld is die primêre sleutelveld in die tblStock tabel. Verduidelik wat met die term primêre sleutel bedoel word. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
8 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2025) 4.2 Identifiseer die oortollige veld in tblStock en motiveer waarom dit as oortollig beskou word. (2) 4.3 Die tblClient tabel is nie genormaliseer nie sal tot onreëlmatighede lei. 4.3.1 Verduidelik wat bedoel word met normalisering van ʼn databasis. (2) 4.3.2 Gee DRIE redes waarom die tabel nie genormaliseer is nie. (3) 4.3.3 Verduidelik wat met die term onreëlmatigheid bedoel word. (1) 4.3.4 Noem en beskryf TWEE onreëlmatighede wat kan voorkom wanneer die tblClient tabel gebruik word. (4) 4.4 Die Order Date in die tblClient tabel vereis dat dit gevalideer moet word wanneer dit ingesleutel word. Noem en verduidelik EEN tipe valideringstegniek wat op hierdie veld uitgevoer moet word. (2) 4.5 ʼn Relasionele databasis verseker referensiële integriteit. 4.5.1 Definieer ʼn relasionele databasis. (2) 4.5.2 Noem EEN funksie van referensiële integriteit. (1) 4.6 Die databasis moet weer herontwerp word om onreëlmatighede te voorkom. ʼn Derde tabel, tblOrders, moet by die ontwerp van die databasis bygevoeg word. Teken ʼn diagram om die drie tabelle te toon asook die verwantskappe tussen die tabelle. Skenk aandag aan die volgende: • Dui die naam van elke tabel duidelik aan • Teken die tabelle en toon slegs die veldname • Baseer jou ontwerp op die oorspronklike tabelle wat op die vorige bladsy getoon is • Dui die primêre en vreemde sleutels in elke tabel aan • Dui die verwantskappe tussen die tabelle aan (7) TOTAAL AFDELING D: 26 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/SEPTEMBER 2025) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 9 AFDELING E: OPLOSSINGSONTWIKKELING VRAAG 5 5.1 Noem die DRIE algemene tipes foute in programmering. (3) 5.2 Bestudeer die volgende kode-segment om vanaf ʼn lêer te lees: AssignFile(sFile, 'staff.txt'); Reset(sFile); While not eof(sFile) do Begin Readln(sFile, sStaff); redOutput.Lines.Add(sStaff); End; CloseFile(sFile); 5.2.1 Verduidelik die doel van die AssignFile-stelling. (2) 5.2.2 Skryf die Delphi-kode om die veranderlike, sFile, te verklaar. (1) 5.2.3 Motiveer hoekom ʼn voorwaardelike lus NIE met ʼn onvoorwaardelike lus vervang kan word NIE. (1) 5.2.4 Beskryf die effek om Reset(sFile) met Append(sFile) in die gegewe kode te vervang. (1) 5.2.5 Waarom sal daar geen afvoer wees as Reset(sFile) in die gegewe kode met Rewrite(sFile) vervang word? (1) 5.3 Jy word gevra om ʼn algoritme te skryf om ʼn ewekansige onewe getal tussen 45 en 75 (beide ingesluit), te vertoon: 5.3.1 Definieer ʼn algoritme. (1) 5.3.2 Noem EEN instrument/diagram wat gebruik kan word om ʼn algoritme voor te stel. (1) 5.3.3 Voltooi die volgende stelling om die ewekansige getal tussen 45 en 75 (beide ingesluit), te skep: iRandom := ………… (1) 5.3.4 Skryf ʼn If-stelling om te toets of die veranderlike, iRandom, ʼn onewe getal is. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
10 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2025) 5.4 Bestudeer die UML-klasdiagram hieronder en beantwoord die vrae wat volg. TInspection - fFarmName : String + fInspectionDate : String - fFarmSize : Real - fLocustStage : Boolean + Constructor Create (sFarmName, sLocustStage, sInspection: String; rFarmSize:Real) + GetFarmName : String + SetDate (sInspection : String) + DetermineDuration : Real + TreatmentRequired (rInfectedSize:Real) : String + toString : String 5.4.1 Onderskei tussen ʼn toegangsmetode en ʼn wysigingsmetode. (2) 5.4.2 Waarna verwys die positiewe teken (+) en die negatiewe teken (-) in die UML-diagram? (2) 5.4.3 Analiseer krities die volgende verklaring in die klasdiagram: + fInspectionDate: String (1) 5.4.4 Identifiseer TWEE hulpmetodes wat in die klasdiagram gegee word. (2) 5.4.5 Gee ʼn voorbeeld van ʼn toegangsmetode van die klasdiagram. (1) 5.4.6 Gee ʼn voorbeeld van ʼn funksie met parameters van die metodes wat in die klasdiagram gelys word. (1) 5.5 Jy is belas om sagteware te ontwikkel wat mense sal toelaat om sitplekke vir ʼn fliek te bespreek. Die bioskoop het 26 rye, elk bevat 40 sitplekke. 5.5.1 Stel ʼn gepaste datastruktuur voor waarin die sitplekbesprekings gestoor kan word. (1) 5.5.2 Stel ʼn gepaste GGK-komponent voor om die sitplekbesprekings in die Delphi program, te vertoon. (1) TOTAL SECTION D: 24 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/SEPTEMBER 2025) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 11 AFDELING F: GEÏNTEGREERDE SCENARIO VRAAG 6 Die vinnige vooruitgang van Kunsmatige Intelligensie en kantooroutomatisering verander die gig-ekonomie, terwyl dit ook tot die digitale kloof bydra. Soos besighede op kripto-geldeenhede vir transaksies staatmaak, neem kommer toe oor digitale voetspore en GIGO. 6.1 Die digitale kloof (‘digital divide’) beïnvloed digitale burgerskap. 6.1.1 Onderskei tussen digitale kloof en digitale burger (‘citizen’). (2) 6.1.2 Verduidelik hoe die digitale kloof digitale gemeenskap beïnvloed. (2) 6.2 ʼn Beduidende hoeveelheid van wêreldwye maatskappye rapporteer die gebruik van Kunsmatige Intelligensie in hul besighede. 6.2.1 Definieer Kunsmatige Intelligensie. (1) 6.2.2 Noem TWEE nadele van die gebruik van ChatGPT. (2) 6.3 Verduidelik kortliks die konsep digitale voetspoor. (1) 6.4 Die maatskappy het ʼn beleid wat desentralisering van arbeid aanmoedig. Gee DRIE nadele van desentralisering van arbeid. (3) 6.5 Die kantooroutomatiseringbedryf ontwikkel teen ʼn kommerwekkende tempo. 6.5.1 Verduidelik kortliks wat kantooroutomatisering is. (1) 6.5.2 Noem TWEE voorbeelde van kantooroutomatisering. (2) 6.5.3 Gee DRIE voordele van robotte in werkplekke. (3) 6.6 Inligting en Kommunikasie Tegnologie dra by tot die ontwikkeling van die gig- ekonomie. 6.6.1 Definieer die gig-ekonomie. (1) 6.6.2 Noem TWEE nadele van die gig-ekonomie. (2) 6.7 Sommige maatskappye gebruik kripto-geldeenheid vir betalings. 6.7.1 Noem EEN bekende kripto-geldeenheid wat besighede gebruik. (1) 6.7.2 Noem EEN voordeel van kripto-geldeenheid. (1) 6.7.3 Bespreek EEN nadeel van kripto-geldeenheid. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
12 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2025) 6.8 Sommige werknemers ondervind stadige internetverbinding as gevolg van networksmoring en netwerkvorming. 6.8.1 Onderskei tussen netwerksmoring (ʼnetwork throttling’) en netwerkvorming (ʼnetwork shaping’). (2) 6.8.2 Noem TWEE belangrike voordele van netwerkvorming in ʼn groot netwerk. (2) 6.8.3 Die werknemers gebruik e-pos vir interne kommunikasie. Verduidelik kortliks die rol van SMTP en POP3 in hierdie konteks. (2) 6.9 Foute wat deur werknemers gemaak word dra tot GIGO by en dit kan tot dataverlies en skade aan die maatskappy se reputasie lei. 6.9.1 Skryf die akroniem GIGO uit. (1) 6.9.2 Bespreek DRIE algemene menslike foute wat werknemers kan maak wat tot die verlies van data bydra. (3) 6.9.3 Noem DRIE maatreëls wat gevolg kan word om GIGO te voorkom. (3) TOTAAL AFDELING F: 36 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

Published documents with matching subject and grade metadata.

Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

More from Grade 12 Information Technology

Explore more published documents in this catalogue.

View all